Skip to main content

Punt vs Langenhoven - AWSUM Special Edition 2026

Page 1

Something Exciting Underway Cnr. Louis Fourie & Melkhout Road, Heiderand, Mossel Bay

TRUSTED BY SCHOOLS ALL OVER SA

SCHOOLS: NEED PRINT? Stop stapling and filing — we print, bind and deliver.

info@theprintoffice.co.za | 066 538 4102


SKOOLHOOF AAN DIE WOORD Interskole is veel meer as net ‘n dag van sport. Dit is ‘n viering van trots, tradisie en karakter – ‘n geleentheid waar twee skole met ‘n ryke geskiedenis mekaar op die sportveld ontmoet in die gees van gesonde mededinging en wedersydse respek. Vir spelers, afrigters, personeel, ouers en oudskoliere is dit ‘n hoogtepunt waarna maande lank uitgesien word. Dit is vir Hoërskool Punt ‘n besondere voorreg om die hoof, personeel, leerders, ouers en ondersteuners van Langenhoven Gimnasium hartlik welkom te heet. Mag hierdie dag die besondere band tussen ons twee skole verder versterk. Alhoewel ons teenstanders op die veld is, deel ons dieselfde passie vir die ontwikkeling van jongmense en die waardes wat sport in hulle lewens vestig. Interskole word nie slegs deur die eindtelling bepaal nie. Die ware sukses van hierdie dag word gemeet aan die respek wat spelers vir mekaar toon, die gees waarin ondersteuners hul skole aanmoedig en die karakter wat elke deelnemer openbaar ongeag die uitslag. Die grootste oorwinning is wanneer elke speler die veld verlaat met die wete dat hy of sy alles gegee het. Ons is besonder opgewonde om benewens rugby, netbal en hokkie, asook debat en verskeie ander sport- en kultuuraktiwiteite en akademiese vermoë ewe belangrik is. Mag Interskole 2026 nog lank onthou word vir sport van uitstaande gehalte, eerlike deelname, ware sportmangees en herinneringe wat ‘n leeftyd sal hou. Ons gee uiteindelik alle eer aan ons Hemelse Vader, van wie elke talent, geleentheid en seëning kom. Mag alles wat vandag op en langs die sportveld gebeur, tot Sy eer geskied. No Interschools event would be possible without the unwavering support of our sponsors, staff, coaches, parents and volunteers. We extend our sincere appreciation to everyone who has invested their time, energy and dedication to ensure the success of this occasion. We

also acknowledge our loyal alumni, whose continued support and pride in their alma mater strengthen the enduring legacy of Point High School. To every player, we offer this challenge: compete with passion, play with integrity, and wear your school’s colour with pride. Victory should always be celebrated with humility, while defeat should be accepted with dignity and grace. True champions are remembered but also for what they achieve, but for the character they display when the final whistle has blown. As Nelson Mandela so aptly said, “Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does.” Likewise, the legendary John Wooden reminded us, “Success is peace of mind, which is a direct result of knowing you did your best to become the best you are capable of becoming.”

OUR TEAM

HEAD OFFICE

Editor Meinette van Zyl

The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646 Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Layout & Design Rowan Engledoe Lukhanyo Siko Phillip Samuels Distribution Charl Paulse Schools Coordinator Melinda Huysamen

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl Managing Director: Meinette van Zyl Financial Manager: Christelle van Wyk Admin Manager: Carina Pio Sales Manager: Quintus Brand

Advertising Coordinator Myola Walters Printed by Paarl Coldset. Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd

Read the latest school news online at www.awsumnews.co.za

Hoërskool Punt - Dirigente Voor: Rossouw Gericke, Stefan Heyneke, Madison janse van Rensburg, Miëtte Steenkamp, Siyanelisa Manyhonta. Agter: Linathi Fundakubi, Liam Bennett, Khangelani Sotshantsha.

Langenhoven Gim - Dirigente Voor: Anja Bronkhorst, Suanne Steyn, Alvaro Hendricks, Yana Fouchee, Mari Pretorius. Agter: Zander van der Westhuizen, Hannes Schoeman, Christiaan Esterhuyse.


WHATSAPP US

Knysna Road, Opposite the Garden Route Mall Entrance, George | www.patiowarehouse.co.za | Tel: 044 010 0102

HOËRSKOOL PUNT

EERSTESPAN RUGBY

Jaydee Jansen (k)

Abrie Sutherland

Aidan Bancroft

Avenathi Sambokwe

Darem Amsterdam

De Wet Heyneke

El-Jay Andrews

Elijah Erasmus

Jayden Steyn

Jeandre Pieterse

Liyabona Tutu

Luan Jv Rensburg

Markus Prinsloo

Matthew Hermanus

Pieter Jv Rensburg

Randy Steenberg

Ray-Zandro Hendriks

Rueben Daniels

Solayman Moos

Verno Seconds

Willie de Beer

York Fredricks

Zane Briesies

Shagon Kiewiet

SINGLE VISION DEAL 2 Pairs + Eye Test

READY TO SEE BETTER? BOOK AT YOUR NEAREST STORE BY SCANNING THE QR CODE OR CALLING US

ONLY

R1490 NEOVISION KLEIN KAROO MARKT OUDTSHOORN 044 050 3805

NEOVISION GARDEN WALK MALL HARTENBOS 044 868 0482

WWW.NEOVISION.CO.ZA


gameplan

ORK NETW OF

GamePlan secures sponsors for your school. No upfront cost. Grow your sponsorship income.

SCHOOL SPONSORSHIPS

Contact us!

NETWORK

www.gameplansa.com

LANGENHOVEN GIMNASIUM

EERSTESPAN RUGBY

Alzo Pika

Cameron Williams

Caylib September

Christiaan van Biljon

Cobus Esterhuyse

Divan Botha

Arthur Muller (o.k)

Matt Jansen (k)

Dominick Kruger

Ethan Windwaai

Gerick Mathee

Johannes Scholtz

Kevin Kennedy

Laythum Murphy

DJ Oktober

Muller Kotzé

Rikus Cooper

Ruan Fourie

Ruben Tromp

Wernig Oberholster

Wikus Storm

Xander Victor

Zuriel Buys

Need Reliable Plant Hire in the Garden Route or Klein Karoo? 066 254 6136 | 066 296 0897


HOËRSKOOL PUNT - RUGBY

Voor: Matthew Karelse, Matthew Hermanus, Morgan Floors, Pieter Janse van Rensburg (k), Zane Briesies, Daren Amsterdam, Randy Steenberg. Agter: Lachlin Harriss, Lukhe Muller, Jayden Steyn, Xavier Mayo, Markus Prinsloo, Aidan Bancroft.

o.19B - Rugby

Voor: Dylan Stander, Herman Kruger, Jacques Louis Jansen van Vuuren, Arno Smit, Xian Nortje, Kanu Potgieter, Luke Page, Zack Westraat, Janco Pieters. Agter: Jadan Lakay, Evan Raubenheimer, Tyric Steaks, Jivandre Links, Damien Andriens, Hennie Claasen, Nico Pace, Lucion Davids, Hendre Marais, Johonay Soman, Dylon van Rensburg, Quade Fortuin.

o.16A - Rugby

Voor: Jenavan September, Tiaan Kruger, Liam Oosthuysen, Logan da Silva (k), Leaven Matthee,Joshua Speelman, Rajesh Meyer. Agter: Shane Sinkfontein, Kwagga van Eck, Hannes Nel, Thando Mvunge, Limi Ngqengqeza, Tristen Arendse, Ishrael Louw, Chad Groenewald, Jared Johnson, Cole Sumner, Reace Prinsloo, Tyron Fortuin (o.k), Junaid Messier.

o.15A - Rugby

Voor: Ntsika Bhanisi, Heinco Landman, Dieter de Necker, Nathan Rodrigues, Dian Steyn, Tiaan Werth, Arden Kammies, Liam la Grange, Chicarian Crowley. Middel: Dueran van Wyk, Denley Nortje, Iminanthi Khovana, Maison du Buisson, Elih Cloete, Ri-Caden Gelderbloem, Dhanté Cloete. Agter: Asher Johnston, Tyler Bloem, Sean Groenewald, Tyler Boesak, Lukas van der Merwe, Streicher Marais.

o.14A - Rugby


LANGENHOVEN GIMNASIUM - RUGBY

o.19B - Rugby

o.16A - Rugby

o.15A - Rugby

o.14A - Rugby


KAPTEIN VAN HOËRSKOOL PUNT SE EERSTE RUGBYSPAN

Jaydee Jansen

KAPTEIN VAN LANGENHOVEN GIMNASIUM SE EERSTE RUGBYSPAN

Matthew Jansen & Arthur Muller

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons skool het ’n tradisie van ’n intense voorseisoen, maar ten spyte daarvan het hierdie span getrou by elke oefensessie opgedaag. Dit het vir ons duidelik gewys dat dit ’n span is wat toegewyd en gedissiplineerd is, en bereid is om die nodige opofferings vir die span te maak.

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoenvoorbereiding was baie uitdagend, omdat dit gedurende die eerste kwartaal en ook die afgelope tyd baie warm was. Dit het gewys dat my medespelers karakter toon én bou, dat hulle die regte ingesteldheid het en toegewyd is aan die span en die sport.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons is ’n span met groot diversiteit – nie net kultureel en wat geloof betref nie, maar ook in ons individuele spel. Ten spyte van ons verskille maak ons die beste daarvan en wys ons dat ons as span baie sterker is as individue. Ondersteuners kan opgewonde wees om ons hierdie seisoen te sien speel, want ons is nie ’n span wat maklik opgee wanneer ’n wedstryd moeilik raak nie; ons veg tot die laaste minuut.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ek sou sê dat al die spelers in die span verskeie posisies kan speel en dat ons mekaar nou beter verstaan as voorheen en ’n sterk band gevorm het. Ons ondersteuners kan opgewonde wees, omdat ons Saterdag met ’n goeie atmosfeer en verbeterde spel rugby gaan speel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Die Here God speel ’n baie groot rol in my lewe, en ek probeer om Hom in elke wedstryd wat ek speel te vereer deur die manier waarop ek speel. In die laaste oomblikke voordat ek die voorreg het om die veld in my skoolkleure te betree, herinner ek myself daaraan dat alles in God se hande is en dat ek alles wat ek doen tot eer van Sy Naam moet doen. Dit sal altyd vir my ’n groot eer wees om die voorreg te hê om die trui van Hoërskool Punt oor my kop te trek en die veld te betree. Daar is ’n ryk geskiedenis van vorige generasies se rugbyspelers en rolmodelle in ons skool, en dit is vir my ’n groot eer om dieselfde wapen te kan dra. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se speelstyl kan as veelsydig beskryf word. Ons het voorspelers met die balverspreidingsvaardighede van agterspelers, maar wat steeds bo-oor jou kan hardloop, en agterspelers met “flair” vir dae. Baie mense sê dat ons ’n baie fisieke span is, en ek stem honderd persent saam. Ek kan met trots sê dat die energieke gees nie net tot ons span beperk is nie; dit is ’n tradisie wat deur die hele skool versprei. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons is dankbaar om afrigters te hê wat ons voortdurend herinner om die “standaard te stel”. Ons wil as span die standaard op én van die veld af stel. Dit behels dissipline op die veld en in die klas. Dit gaan alles saam met die missie om die skool se trots te herstel – om trots te wees om ’n Vis te wees. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole staan beslis vir my die meeste uit op die kalender. Vir my is dit ’n opsomming en weerspieëling van die jaar se harde werk en die opofferings wat gemaak is. Dit bied vir ons die geleentheid om alles wat ons deur die jaar geleer het, op die veld toe te pas. Interskole was nog altyd die belangrikste wedstryd vir ons span. Dit is die wedstryd waarin ons uiteindelik die geleentheid kry om teen die span te speel waarvan daar regdeur die jaar die meeste gepraat word. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Dit sal beslis Solayman “Laymie” Moos wees. Hy is iemand wat selfs ons ná sy eerste wedstryd vir die eerstespan verras het. Baie teenstanders het die fout gemaak om hom weens sy grootte te onderskat, maar hulle het daardie les op die harde manier geleer. Hy is ’n speler met die spoed van Grant Williams, die voetwerk van Kolbe en die krag van Ox. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Rugby is deur ’n sekere afrigter vir my beskryf as ’n sport wat van seuns mans maak. Hierdie sport het my dissipline en respek vir ander geleer, asook om verantwoordelikheid vir my dade te aanvaar en te besef dat die besluite wat ek neem nie net myself nie, maar ook ander kan beïnvloed. Ek het al verskeie sportsoorte in my lewe beoefen, maar vir my kan geen ander sport met rugby vergelyk nie. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As leier wil ek deur my voorbeeld lei. Ek wil nie die tipe leier wees wat vir ander sê wat om te doen en dan self die teenoorgestelde doen nie. Ek wil ’n leier wees wat my span kan vertrou, en ’n inspirasie vir my spanmaats wees. Ek wil ’n voorbeeld van dissipline stel. Of daar vyf of vyftig mense in die gimnasium is, jy weet wat gedoen moet word en watter opofferings gemaak moet word om op jou beste te presteer. Ek wil ook altyd respekvol teenoor ander wees. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons ’n goed gedissiplineerde span is; dat ons hart en karakter wys; dat dit duidelik is dat ons vir mekaar speel; en dat daar ’n ware broederskap in die span sigbaar is.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Die feit dat ek nie net vir myself speel nie – dit gaan oor iets baie dieper. Ek dink eerstens aan die Hemelse Vader wat vir my die talent gegee het, dan aan die skoolwapen op my bors wat ek hoog moet hou, en natuurlik aan my broers langs my op die veld vir wie ek speel. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? As ’n span is ons glad nie spelers wat onsself hoog ag nie. Ons beweeg stil en doen ons werk op die veld tydens ’n wedstryd. Ons ingesteldheid voor ’n wedstryd is altyd koel en kalm, maar gefokus op die doel. Daar heers altyd ’n goeie gees onder ons, ongeag of dit by ’n oefening of ’n wedstryd is. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Een standaard wat ons vir onsself gestel het, is om in albei helftes ons beste vertoning te lewer en dit waaraan ons geoefen het, vir 70 minute op die veld toe te pas. Ons wil mekaar ondersteun, almal respekteer en mekaar op ’n dieper vlak leer ken as net deur rugby. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Dit is beslis Interskole teen Hoërskool Punt. Dit is vir ons belangrik, omdat ons ons skool trots wil maak. Ons glo en vertrou dat vanjaar ons jaar gaan wees om die beker te lig en ons span se naam hoog te hou. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Verseker Arthur Muller, ons onderkaptein, omdat hy verlede jaar die hele jaar weens ’n kniebesering uit was en vanjaar weer sy hand opgesteek en gewys het waarom hy nie uit die span gelaat kan word nie. Hy is ’n fisieke speler, maar sy vaardighede is ook uitstekend en hy bring ’n ander dimensie na die span. Dit is ook waarom hy as onderkaptein aangewys is. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Dit leer jou om vertroue met mense te bou en respek te hê vir jou medespelers sowel as jou teenstanders. Dit leer jou om hard te werk en altyd jou beste te gee. Dit bou selfvertroue sowel as uithouvermoë, wat nie net op die veld toegepas kan word nie, maar ook later in jou lewe. Rugby is vir my die sport wat karakter die beste bou en wys. Daarom dra dit wat jy op die veld leer altyd verder saam met jou deur die lewe. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein voel ek dat ek ’n leier is wat my span altyd eerste stel. Ek neem hul menings en gevoelens in ag. Ek wil ’n voorbeeld vir die manne stel wat hulle altyd sal onthou en sal voortsit wanneer ek nie meer deel van die span is nie. Ek wil hê my eerlikheid, ingesteldheid en die visie wat ek vir die span het, moet na die volgende generasie oorgedra word. My leierskap moet weerspieël word in my spanmaats se gesindheid en die manier waarop hulle hulself gedra. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê mense moet nie net sê dat ons ’n groep seuns is wat op ’n Saterdag bymekaarkom en speel nie, maar dat hulle ons as broers sien wat vir mekaar uitkyk, altyd positief bly en die beste rugby speel. Ons moet gesien word as ’n groep wat hard werk en alles vir ons skool en span doen. Dit moet duidelik wees dat elkeen sy hart uitspeel vir die wapen op sy bors.


Hoërskool Punt - Cheerleaders Voor: Kayla Alkers, Anley Duthie, Danelle Marks, Katelyn Taljaard, Caitlin Smith, Lameez Otto, Imbo Ngcizela. Agter: Runeilla Fredericks, Kelsey Minnaar, Alison Hermanus, Mika Oosthuizen, Izelke Conradie, Niané Smith, Chloé-Layne Mynhardt, René Sansom, Logan Hendricks, Caron Taylor, Tawananyasha Bandason.

Langenhoven Gim - Cheerleaders Mieke de Bruin, Jani van Tonder, Matthy Swart, Ankia Marais, Owam Banda, Charlotte vd Heever, Noa Hancke, Simoné Serfontein, Enyah Cremer, Dané van Zyl, Lené de Kock (k), Lea de Kock (k), Gena Claassen (k), Zoé Binedell (k), Anique Olivier, Cameron Jacobs, Mienke Hiscock, Makayla Jv Rensburg, Marli de Jongh, Lindré Potgieter, Suhé Human-Steyn, Zylandri van Zyl, Danielle Malan, Suné Blignaut.

XT R EEM CLEANI NG & HYGI ENE 2 0 2 6 ED I T I ON · P R I CES I NCL. VAT

EverythingBusiness S T O P B UY I N G L I KE A H O US E H O L D

Your business isn’t a kitchen cupboard. Don’t shop like one. Every 750ml spray bottle you buy is mostly water, plastic and retail markup. The smart money buys the concentrate by the drum, decants into reusable trigger bottles, and pays a fraction per clean. Same surfaces, same shine — a lot less rand.

Six drums that pay for themselves

BU L K PRIC E PER L ITRE V S TH E NA M E BRA ND S

A IR C A RE

H A N D H Y G IEN E

G L A SS C A RE

R14.70/litre

R23.00/litre

R14.80/litre

Air Freshener Linen Soft 5L drum

Hand Wash 5L & 25L

≈ 92% less per litre than Glade

≈ 82% less per litre than Dettol

Window Cleaner 5L & 25L

≈ 80% less per litre than Windolene

Buy the drum → decant → save up to 80% per litre 7 2 PRO DU C TS · 1 3 DE PA RTM E N TS

Ready to stop overpaying for clean?

F L O O R C A RE

WA SH RO O M

R16.90/litre

R23.50/litre

R33.50/litre

Disinfectant Cleaner 5L & 25L

Open a trade account hello@everythingbusiness.co.za www.everythingbusiness.co.za

A L L -PU RPO SE

≈ 75% less per litre than Dettol SC A N TO V IEW C A TA L OG U E A ND ORD ER

E V E RY TH IN G BU SIN E SS · X TRE E M C A TA L O G U E 2026

Tile Cleaner Citrus Lemon 5L drum

≈ 73% less per litre than Mr Muscle

Toilet Cleaner 5L & 25L

≈ 52% less per litre than Toilet Duck

Per-litre comparison, VAT included. Name-brand prices from South African retail June 2026. Buying a 5-litre Xtreem drum and decanting is what unlocks these savings — the small bottle never does. Full range: 72 products · 131 pack sizes · 13 departments.

A D IV ISIO N O F E V E RY TH IN G & C O ( PTY ) L TD


HOËRSKOOL PUNT

EERSTESPAN NETBAL

Suzaan le Roux (k)

Nelani Malan (o.k)

Chrizanne Swart

Jacelyn Prinsloo

Mieke Botha

Nelmari Laubscher

Nikayla Bezuidenhout

Tonique Lukas

Megan Atkinson

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL PUNT SE EERSTE NETBALSPAN

Suzaan le Roux Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons het reeds in Oktober begin voorberei en in Desember aan die Six Gun Grilltoernooi in Wellington deelgeneem. Dit was nie maklik om as ’n nuwe groep – met graad 11- en graad 12-spelers saam – mekaar op die baan te vind nie. Wat my egter werklik beïndruk het, is hoe bereid die meisies was om ekstra ure in te sit, opofferings te maak en hard te werk om as ’n span te groei. Die voorseisoen het gewys dat ons sterk karakter het: ons gee nie maklik op nie. Dit het vir my gewys dat hierdie span nie net talent het nie, maar ook hart, en dit het my opgewonde gemaak om te sien wat ons hierdie seisoen saam kan bereik.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard vir hierdie seisoen gaan verder as net om wedstryde te wen. Ons het besluit dat ons elke keer wanneer ons die baan betree, dit met harde werk, spanwerk en ’n sterk gees sal doen – ongeag die uitslag. Van die begin af was ons vasbeslote om herinneringe te bou wat langer as enige telling sal hou. Dit het gemaak dat ons bande verder as netbal gegroei het. Ons grootste doelwit is om nie net beter spelers te wees nie, maar ook beter mense. Oefentye het ’n plek geword waar ons nie net pendellopies (“shuttles”) hardloop en sweet nie, maar ook mekaar beter leer ken en vriendskappe bou wat lank sal hou.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Wat ons vanjaar anders maak, is nie net ons vaardigheid nie, maar die hart waarmee ons speel. Elke speler bring haar eie sterkpunte, maar dit is ons liefde vir die sport wat ons as ’n span saambind. Ondersteuners kan uitsien na opwindende netbal, ’n sterk spangees en ’n groep spelers wat alles op die baan vir ons skool en vir mekaar sal gee.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Sonder twyfel is ons Interskolewedstryd teen Langenhoven Gimnasium die hoogtepunt van ons seisoen. Dit is nie net ’n wedstryd nie – dit is ’n geleentheid waar ons hele skool agter ons staan en waar ons as span kan wys waarvoor ons geoefen het. Vir ons beteken dit die laaste kans om alles te gee: vir mekaar, vir ons afrigters en vir ons skool. Dit is nie net die laaste wedstryd nie, maar die afsluiting van ’n seisoen vol harde werk en trots. Ons wil die baan verlaat met die wete dat ons elke druppel energie en elke oomblik van passie ingesit het. Dit is die laaste wedstryd wat ons saam speel, en dit maak dit emosioneel en besonders.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Die klein kring wat ons span voor die wedstryd vir vinnige motivering vorm, herinner my aan ons liefde vir mekaar en ons trots op die skool. Die hoogtepunt van my week is wanneer ek Saterdag op die baan uitdraf en besef dat ek nie net vir myself, my spanmaats en afrigters speel nie, maar ook vir elke jong leerder wat ons langs die baan ondersteun en na ons opkyk. Vir my beteken dit om ’n rolmodel te wees – om te wys dat selfs jou grootste drome haalbaar is as jy hard werk en in jouself glo. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span het beslis ’n gesonde balans tussen hard oefen en rus – soos hulle sê: “work hard, play hard”. Ons hou daarvan om voor die opwarming ’n bietjie spangees te bou, of dit nou ’n nuwe TikTok is wat Bee ons leer of om ons junior spanne te ondersteun. Sodra ons na die opwarmingsbaan beweeg, weet ons dat dit die belangrikste tyd is om te fokus, want ons glo dat die manier waarop ons opwarm, bepaal hoe ons gaan speel.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek sien regtig uit om Megan by Interskole te sien speel. Sy het ’n moeilike tyd gehad toe sy vir byna tien weke beseer was, maar wat my die meeste beïndruk het, is dat sy nooit moed opgegee het nie. Sy het met ongelooflike deursettingsvermoë en vasberadenheid teruggekom en by elke oefening gewys dat sy steeds haar vonk het. Wat Megan besonders maak, is dat sy nie net vir haarself speel nie, maar vir die span – sy bring energie, selfvertroue en ’n gees wat almal rondom haar ophef. Vir my is sy ’n inspirasie, want sy wys dat jy, ongeag die terugslae, altyd kan terugveg as jy in jouself en jou span glo. Lees die volledige onderhoud aanlyn!


LANGENHOVEN GIMNASIUM

EERSTESPAN NETBAL

Elmé Spies

Gena Claassen

Kari Griffieon

Keisha Oliphant (o.k)

Alaina Sowden (k)

Lana Delport

Lana-Maré Hayes

Lené de Kock

Lienke Ungerer

Pippa Coetzee

KAPTEIN VAN LANGENHOVEN GIMNASIUM SE EERSTE NETBALSPAN

Alaina Sowden Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons span se seisoen was werklik een om te onthou. Ons het baie goed presteer. Een ding van ons span is dat ons nooit opgee nie en altyd tot die laaste fluitjie veg. Ons het ook ’n ongelooflike band met mekaar gevorm en motiveer mekaar wanneer ons sien iemand se moed sak. Dit is iets waarop ons baie fokus. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ek sal sê wat ons eerstespan van vorige eerstespanne onderskei, is beslis ons liefde vir mekaar en die manier waarop ons mekaar altyd motiveer. Ek sal ook sê ons dryfkrag om nooit op te gee nie, ongeag die telling of omstandighede, maak ons besonders. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voordat ek speel, probeer ek my kop heeltemal skoonmaak. Ek dink altyd oor wat ek gaan doen en visualiseer hoe ek my doelwitte bereik. Ek maak seker dat ek voor ’n wedstryd bid om vir die Here dankie te sê dat ek kan speel en vir die talent wat Hy my gegee het. Ek bid ook vir my span en vir beskerming oor elkeen van ons. Daarna fokus ek net op die wedstryd en my doelwitte. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span is altyd ten volle gefokus tydens ons opwarming, en ons motiveer mekaar wanneer iemand iets goed doen om seker te maak dat ons positief bly en ons koppe op die regte plek is. Ons span het ongelooflik baie gees. Elkeen van ons het ’n groot liefde vir netbal en vir mekaar, en dit is wat ons so sterk maak. Ons afrigters maak ook ’n groot verskil, omdat hulle ons altyd motiveer, ongeag die omstandighede. Hulle glo in elkeen van ons, wat baie help, veral wanneer ons nie in onsself glo nie. Ons speelstyl is nie noodwendig spesifiek nie, maar ons motiveer mekaar voortdurend en lees die wedstryd baie goed. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard vanjaar was om uit ons foute te leer en elke wedstryd op ’n skoon bladsy te begin.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Ons belangrikste wedstryd is beslis ons laaste Interskole teen Hoërskool Punt. Dit is ’n wedstryd waarna elke eerstespan in ons skool uitsien. Ek sal dus beslis sê Interskole. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Die speler wat ons as span gekies het en wat almal hierdie seisoen gaan verras, is Kari Griffioen. Sy speel GD/HV of GK/V. Sy is ’n baie goeie en sterk speler wat die spel en haar teenstander besonder goed lees. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan gebeur? Netbal leer jou beslis om in ’n span te werk. Dit help jou om vriendskappe te vorm wat nog jare ná skool sal hou. Netbal is ’n sport waarin jy nie net vriende maak nie, maar susters wat deur dik en dun daar sal wees vir mekaar. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek graag ’n leier wees met wie my spanmaats oor enigiets kan praat. Ek wil daar wees vir hulle, nie net op die baan nie, maar ook van die baan af. Die voorbeeld wat ek wil stel, is om nooit op te gee nie, maar tot heel aan die einde te veg. Ek wil ook hê hulle moet weet dat dit oukei is om ’n afdag te hê; almal is geregtig daarop. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal van ons span sê dat hulle kan sien ons het ’n goeie verhouding en dat ons werklik as ’n span saam speel. Ek hoop hulle sal sê dat ons ’n goeie gees en goeie sportmanskap het, dat ons mooi, skoon netbal speel en dat hulle kan sien ons veg tot die heel einde.


HOËRSKOOL PUNT - NETBAL

Voor: Thriston London, Tyra Brandt, Envo Beukes, Athandwe Dyabaza, Siya Manyhonta. Agter: Elon Kiewiet, Hayle Vallentyn, Shekinah Weaver, Tamzin Fillies, Jayden Thys, Rujilique Booysen, Chanté Marais.

o.19B Netbalspan

Voor: Mieke van Dorp, Chanelle Lombard, Cara Bosman, Lisa Pretorius, Anke van der Westhuizen. Agter: Franell Maritz, Karli-Louise Weston, Lizelle Claassens.

o.16A Netbalspan

Voor: Iminam Mbunjelwa, Elri van Wyk, Hayley-Rose Erasmus. Agter: Danique Burger, Kayla Neaves, Roshelle van Niekerk, Alandi van Zyl.

o.15A Netbalspan

Voor: Mia Groenewald, Milan Kotze, Nina Marais, Nina Olivier. Agter: Latavia Seconds, Mila Smit (k), Mia Pheiffer.

o.14A Netbalspan


LANGENHOVEN GIMNASIUM - NETBAL

o.19B - Netbalspan

o.16A - Netbalspan

o.15A - Netbalspan

o.14A - Netbalspan


HOËRSKOOL PUNT

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Catherine-Lee Gouws (k)

Danica Brönn (o.k)

Rinelle vd Westhuizen

Sulise Kloppers

Megan Pretorius

Kara Barnard

Houston-McMillan

Tayla

Louise du Pisani

Anoux Karsten

Lana Davies

Jana Cilliers

Mienke Vorster

Miecke Nel

Miancke Moolman

HOËRSKOOL PUNT

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Linathi Fundakubi (k)

Edrich Smuts (o.k)

Evan Fourie (o.k)

Stefan Heyneke

Danie Lodewyk

Deoneil Sneyders

Timothy Figland

Wian Gildenhuys

Billy Joe Gouws

Eduan Lubbe

Johnny Lee Gouws

Mulder Viljoen

Kian Kellerman

Muhammad Kajee

Lincin Stevens

Rossouw Gericke


LANGENHOVEN GIMNASIUM

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Imke Mulder (k)

Andrea van der Linde (o.k)

Andrea van Vuuren

Anke van Rensburg

Caitlyn Cawood

Dunay Jonck

Ilze Stegmann

Liebe ungerer

Lika Hugo

Melanie van Rensburg

Mialese Westenraad

Suanne Steyn

Ellene Schoeman

LANGENHOVEN GIMNASIUM

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Tiaan Janse van Rensburg (k)

Keandré Thysse (o.k)

Albert Jacobs

Burger Fouchee

Dian Potgieter

Duncan Meyer

Ethan Voight

Jovandré Pietersen

Krige Theron

Leon Le Roux

Michal Moolman

Ruan Janse van Rensburg

Stiaan van Wyk

William Deck

Franco Meyer


HOËRSKOOL PUNT - HOKKIEDOGTERS

Voor: Logan Fortuin, Kayla Kempen, La-Rochelle Nel, Monique van Aswegen, Denevé Nienaber. Agter: Charlize Arts, Iman Dick, Caylynn van der Watt, Mienke Pienaar, Lee-Ann Pretorius, Leandri Kotze! Hannah Carr, Hannalize Theron.

o.19B - Hokkiedogters

Voor: Cecilia Visagie, Karlien Kruger (o.k), Monique Bonner, Kemike van Zyl, Annabelle Schoevers (k), Livia Gericke, Johane Swart, Lienka Pretorius. Agter: Melise Moolman, Anshe de Jager, Cara Bronn, Chame Strydom, Anri Smuts.

o.16A - Hokkiedogters

Voor: Karli Munnik, Mila Borka, Zimi Oliphant, Kaylee Van Rensburg, Kira Geldenhuis, Limarie Gildenhys, Jannecke Lind. Agter: Leigh-Ché Nortjie, Leigh Tshawe, Mienke Booth, Leahné Kellerman, Casey-Rose Jaftha, Caleigh Muller, Faith Livhalani.

o.14A - Hokkiedogters

SINGLE VISION DEAL 2 Pairs + Eye Test

READY TO SEE BETTER? BOOK AT YOUR NEAREST STORE BY SCANNING THE QR CODE OR CALLING US

ONLY

R1490 NEOVISION KLEIN KAROO MARKT OUDTSHOORN 044 050 3805

NEOVISION GARDEN WALK MALL HARTENBOS 044 868 0482

WWW.NEOVISION.CO.ZA


LANGENHOVEN GIMNASIUM - HOKKIEDOGTERS

o.19B - Hokkiedogters

o.16A - Hokkiedogters

o.14A - Hokkiedogters

Need Reliable Plant Hire in the Garden Route or Klein Karoo? 066 254 6136 | 066 296 0897


WHATSAPP US

Knysna Road, Opposite the Garden Route Mall Entrance, George | www.patiowarehouse.co.za | Tel: 044 010 0102

HOËRSKOOL PUNT - HOKKIESEUNS

Voor: Jayden Booth, Ikho Beyi, Jaco Botha, Zihaad Erasmus (k), Mel Roos, Keaun Peterson, Liam Dreyer. Agter: Richard Owen, Cohan Nell, Matthew Steyn, Jean Schoeman, Enoch Roos, Waldo Crous, Elijah Apollis, MJ Haskin.

o.18B - Hokkieseuns

Voor: Lian Cilliers, William Pullinger, Jordan Steenberg (o.k), Kwezi Minnie (k), Endinako Fundakubi, Devlin Diesel, Luke Constance. Agter: Adrian Marx, Kungawo Shumani, Ruben Alkers, Joe Alberts, Drehan Coetzee, Nicky Grobler, Rashiek Swapon, Fred Kobi.

o.16A - Hokkieseuns

Voor: Tiaan Opperman, Hanno Diedericks, Liam Carse, Liyakuma Tshantshana, Alexander Schoevers, Milan de Vos, Simon Naudé. Agter: Jayden van Wyk, Rehann Nel, Luke Venter, Iwan Matthee, Lohan Kellerman, Bernard van Biljon, Liam Delport.

o.14A - Hokkieseuns


LANGENHOVEN GIMNASIUM - HOKKIESEUNS

o.18B - Hokkieseuns

o.16A - Hokkieseuns

o.14A - Hokkieseuns


KAPTEIN VAN HOËRSKOOL PUNT SE EERSTE DOGTERSHOKKIE

Catherine-Lee Gouws

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Aan die begin het ons ’n bietjie gesukkel. Ons was aanvanklik effens onseker, want dit was ’n nuwe span vir die juniors en ons moes aan ’n nuwe struktuur gewoond raak. Ons intensiteit was goed, maar dit kon beter. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Die juniors en seniors word nie geskei nie. Daar is ook baie minder drama en ons kom beter met mekaar oor die weg. Ondersteuners kan opgewonde wees, want ons het nog net een wedstryd verloor. Ons het ook ’n beter struktuur as gewoonlik en as verlede jaar. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Moet nooit ophou nie; hou net aan werk. Ek bid gewoonlik dat die Here ons krag sal gee om tot die einde toe te veg. Dit is ongelooflik om vir my skool te speel, en nog meer om hokkie te speel. Ek voel geëerd, want ek kry die geleentheid om my skool se naam hoog te hou.

KAPTEIN VAN LANGENHOVEN GIMNASIUM SE EERSTE DOGTERSHOKKIE

Imke Mulder

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen vir hierdie span het hoofsaaklik uit fiksheid bestaan. Dit is belangrik om individueel aan jou fiksheid te werk sodat, wanneer die span weer saam begin oefen, daar op struktuur en hoe die span saam speel gefokus kan word. Vanjaar was ek baie trots op hoe elke meisie in die span haar toewyding gewys het deur hard te werk gedurende die Desembervakansie. Dit wys vir my dat hulle werklik passievol is en verantwoordelikheid vir hul rol in die span neem. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? In my vier jaar in die eerstespan is vanjaar se span beslis die naaste aan my hart. Wat dit so spesiaal maak, is hoe goed ons mekaar ken. Dit voel soms asof ons mekaar se gedagtes kan lees, op én van die veld af. Ondersteuners kan uitsien daarna om ons span se chemie eerstehands te ervaar.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons is ’n prettige, toegewyde en entoesiastiese span.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Daar is steeds ’n knoop op my maag voor elke wedstryd. Vanjaar dink ek veral daaraan om elke wedstryd te koester, omdat dit my laaste seisoen in wit en blou is. Ek is ongelooflik dankbaar dat ek saam met so ’n ongelooflike span my hokkieloopbaan kan afsluit. Ek herinner myself gereeld daaraan dat dit ’n voorreg is om my skool te verteenwoordig en my span te lei.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het nie ’n spesifieke standaard buiten wedstryde wen gestel nie.

Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se speelstyl is beslis gebaseer op die beginsel van “saam is ons beter”.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole. Dit is my laaste Interskolewedstryd en my laaste wedstryd vir die skool. Dit sal ook my 100ste eerstespanwedstryd wees.

Ons afrigters herinner ons gereeld daaraan dat hokkie ’n spansport is en dat ons mekaar moet gebruik en waardeer. Ons span is oor die algemeen baie positief en gemaklik met mekaar. Een woord wat ons goed beskryf, is beslis persoonlikheid – jy kan ons hoor aankom voordat jy ons sien.

Lees die volledige onderhoud aanlyn!

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL PUNT SE EERSTE HOKKIESEUNS

Linathi Fundakubi

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude and commitment of the squad? Pre-season has been a vital period for our team because it always reveals the team’s strengths and weaknesses, as well as how different players work with teammates they have not played with before. The team was very excited for the season and performed well during pre-season. They showed commitment and determination. What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season? Definitely the type of juniors we have this year. It feels as though this year’s juniors do not back themselves enough on the field. At times, they seem to play with the purpose of proving why they deserve to be in the team, rather than simply playing for the team to win. Every one of those juniors is capable and deserves to be in the team, but it is time for them to back themselves, keep things simple and play with greater maturity. What goes through your mind in the moments before you step onto the field wearing your school colours, and what does that opportunity mean to you personally? A lot goes through my mind: “I need to lead by example today”, “Are we ready for this game?”, “Let’s keep it simple and try to draw them in”, and “I hope everyone gives their all today.” The opportunity means a lot more than people may think. A great deal of hard work has gone into getting me to where I am and allowing me to represent my school at the highest level of hockey for so long. It is a privilege that you do not simply receive; you work hard for it. I am very proud of it and grateful to all the coaches who have contributed to my career. Every strong team has its own identity – how would you describe your team’s playing style, attitude and overall spirit? I would say that our team has a lot of team spirit, but it is sometimes split into groups – seniors and juniors – which is normal, although it can work against us during a game.

Read the full interview online!

Lees die volledige onderhoud aanlyn!

KAPTEIN VAN LANGENHOVEN GIMNASIUM SE EERSTE HOKKIESEUNS

Tiaan Janse van Rensburg

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die span het groot skoene gehad om vol te staan, aangesien 2025 ons skool se beste hokkiejaar was. Die span het egter soveel talent en toewyding gewys dat ek baie uitsien na Interskole. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons het vanjaar ’n jong span, maar ek is ongelooflik trots op hulle, want hulle het by elke oefening 100% samewerking getoon en in elke wedstryd as ’n eenheid saamgespeel. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek voel baie trots. Ek sluit die jaar af met 124 wedstryde vir die eerstespan in hokkie. Dit is vir my ’n groot persoonlike mylpaal. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons is so ’n hegte eenheid dat elkeen steeds sy eie spel kan speel, en dit pas perfek by ons wedstrydplan in. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard is om elke wedstryd met die regte ingesteldheid aan te pak en in onsself te glo. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd teen Paul Roos by die Belgotex-toernooi staan vir my uit. Ons is tot die uiterste getoets, maar my spanmaats het nooit opgehou speel nie. Ek was baie trots op elkeen.

Lees die volledige onderhoud aanlyn!


Something Exciting Underway Cnr. Louis Fourie & Melkhout Road, Heiderand, Mossel Bay

ander sport

RUGBY

TYD

DATUM

SPORT

13:00

12 Augusuts 2026

Gholf

Mosselbaai Gholfbaan

TYD

SPAN

TYD

SPAN

14:00

12 Augusuts 2026

Padel

Mosselbaai Padel (Salt & Copper)

08:00

o.14A

08:00

o.16B

15:00

14 Augusuts 2026

Skaak

Hoërskool Punt Biblioteek

09:00

o.15A

09:00

o.19C

15:00

14 Augusuts 2026

Debat

Klaskamer 30

10:15

o.19B

10:15

o.14B

15:00

14 Augusuts 2026

Muurbal

Mosselbaai Gholfklub

11:30

o.16A

11:30

o.15B

Vrydag, 14 Augustus

PLEK

A-VELD

Saterdag, 15 Augustus

Hokkie PUNT ASTRO

TYD

SPAN

TYD

SPAN

15:00

o.14A Seuns

08:00

o.19B Dogters

15:55

o.14A Dogters

08:50

o.19B Seuns

16:50

o.16A Dogters

09:40

o.16A Seuns

17:50

Voorstelling: Eerstespan Dogters

10:40

o.16B Dogters

18:00

o.19A Dogters

11:30

o.16B Seuns

19:10

Voorstelling: Eerstespan Seuns

12:20

o.14B Dogters

19:20

o.19A Seuns

PUNT VS LANGENHOVEN

B-VELD

13:00

Middagete: Huis Pepler

13:45

Cheerleaders

14:00

Optog en voorstelling: Eerstespan Rugby

14:30

Dirigente

14:45

o.19A

16:00

Prysuitdeling & Skoollied

Saterdag, 15 Augustus 2026

Netbal

RONDTE

TYD

BAAN A

BAAN B

BAAN C

1

08:00

o.19B

o.14B

o.16B

2

08:40

o.15A

o.14D

o.17A

3

09:20

o.19C

o.15B

o.16C

4

10:00

o.14A

o.15C

Hokkie

5

10:40

o.16A

o.14C

o.19D

11:30 6

11:45

Voorstelling: Eerste Netbalspannne o.19A


Hoërskool Punt - Ander Sport

Erich von Mansberg, Evan Fourie, Stefan Heyneke, Rossouw Gericke.

Gholf

Voor: Raynique Claassen, Shekhinah Weaver, Johnathan Van Wyk, Chris De Jager, Dyllan Felix, Luke Bosman. Agter: Neith - Lynn Moos, Zander Walters, James McCreedy, Phillip Scholtz, GJ Venter, Willem Boshoff, Christian Bartie; Hebsibah Roos.

Skaak

Wichardo Stevens, Livia Gericke, Mika Oosthuizen.

Debat

Voor: Alessandro van Boom, Dehan van der Merwe, Ryder Norris, Louis de Kock, Leandri Fevrier. Agter: Hanno de Villiers, Janco Oosthuizen, Kacey de Vos, Ruan van den Berg.

Muurbal


Hoërskool Punt - Padel

Langenhoven Gimnasium - Padel Hannes Schoeman, Lienke Murray, Christiaan Esterhuyse, Anke Lamprecht (afwesig).

Suzaan le roux, Jean Schoeman, Wian Gildenhuys, Megan Pretorius.

Langenhoven Gimnasium - Ander Sport

Jurie Kritzinger, Albert Jacobs, Jan Hendrik Schoeman, Jan Diesel Burger, Roelof Laubscher.

Gholf

Johan Augustyn, Dante Stuurman, Jack Stander, Keiran Julies, Reineco Mlandu, Giovanni Koopman.

Skaak

Junior Debat Sarah Saayman, Charlu Erasmus, Damon Viviers (afwesig).

Senior Debat Inke Mulder, Jean Joubert, Anke Matthee.

Wihan du Preeze, Wian Gerrytz, Ansu Kroukamp, Abri Espach, Tianie Stander, Johan Arndt, Charl du Plessis.

Muurbal


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Punt vs Langenhoven - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu