Skip to main content

Langenhoven Gim vs Punt - AWSUM Special Edition 2025

Page 1


22 & 23 AUGUSTUS 2025

LANGENHOVEN GIMNASIUM VS HOËRSKOOL PUNT

OUR TEAM

Editor Meinette van Zyl

Layout & Design

Rowan Engledoe

Lukhanyo Siko

Phillip Samuels

Distribution Charl Paulse

Schools Coordinator

Melinda Huysamen

Advertising Coordinator

Willandie Havenga

Printed by Paarl Coldset.

Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd

HEAD OFFICE

The AWSUM Newspaper is published by

TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646

Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl

Managing Director: Meinette van Zyl

Financial Manager: Christelle van Wyk

Admin Manager: Carina Pio

Sales Manager: Quintus Brand

Follow us on Facebook! @Suid-Kaap Skoolnuus

Gimmie - Dirigente

Hoërskool Punt - Dirigente

Building communities by piecing together school stories – One achievement at a time.

Together with local schools, we create memories families cherish forever.

SKOOLHOOF AAN DIE WOORD

Speel hard. Speel regverdig. Speel met trots.

Dit is vir my ’n groot eer en voorreg om hierdie, my eerste, interskole tussen Langenhoven Gimnasium en Hoërskool Punt by te woon. Vandag is veel meer as net ’n sportbyeenkoms – dit is ’n viering van tradisie, trots, en die onbreekbare band wat sport tussen skole kan bou. Dit is die geleentheid vir twee van die beste skole in die Suid-Kaap om mekaar die stryd aan te sê, en dit op ’n manier wat getuig van karakter, respek en deursettingsvermoë.

Elke jaar sien ons met groot verwagting uit na hierdie dag, want dit is die perfekte afsluiting van die winterseisoen – ’n dag waar herinneringe gemaak word, waar oorwinnings gevier word, en waar nederlae met waardigheid aanvaar word. Die skouspel op die veld en baan is net die begin; die ware oorwinning lê in die gees van samehorigheid en sportmangees wat ons saam ervaar.

Dit is ’n groot voorreg om die personeel, ouers en leerders van Hoërskool Punt hier in Oudtshoorn te verwelkom. Mag julle tyd hier gevul wees met gasvryheid, vriendskap en warm herinneringe aan ons pragtige dorp.

Aan elke deelnemer wil ek sê: speel hard, maar regverdig. Onthou, dit is nie net die telling aan die einde van die wedstryd wat tel nie – dit is hoe jy speel, hoe jy jou span ondersteun, en hoe jy jou skool verteenwoordig wat die langste sal onthou word. Vandag kry elkeen van ons die geleentheid om nie net ons skool nie, maar onsself trots te maak.

Aan ons ondersteuners: julle is die kloppende hart van vandag se interskole. Moedig ons spelers met trots en passie aan, maar doen dit altyd met respek vir al die deelnemers, afrigters en skeidsregters. Onthou dat elke persoon wat vandag op die baan of veld is, hul uiterste gee vir hul span en skool. Laat ons gees, ons gesindheid en ons woorde bydra tot ’n dag wat nie net sport behels nie, maar ook waardig en vol trots in herinnering sal bly.

Mag hierdie interskole vir ons almal ’n dag wees wat nog lank in ons harte sal leef.

Sterkte, geniet dit, en laat die gees van Gimmies en Punt helder skyn!

Vriendelike groete

Carl Snyman

Skoolhoof

Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?

Al het ons baie terugslae gehad hierdie jaar, het ons aanhou veg.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?

Dit is vir my die grootste eer om my skool op die veld uit te lei.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Ons speel vir Jesus, vir die mense wat nie kan speel nie, vir ons skool en vir mekaar.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Om vir Hoërskool Oudtshoorn en Hoërskool Punt te wen.

Watter wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit?

Interskole.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Akker van der Merwe – hy speel baie soos ek.

HISTORIESE

Watter spesifieke sterkpunte glo jy dat hierdie jaar se span het wat julle van die opposisie sal onderskei?

Ons deursettingsvermoë en die broederskap wat in die span is.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop sal jy as leier fokus?

Dit is werklik ’n eer en voorreg. Ek fokus op die doel en wat ons wil bereik, en maak seker dat ons almal op dieselfde “wavelength” is sodat daar geen onsekerheid in die span is nie.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Die sing van die skoollied aan die einde van elke wedstryd laat my altyd trots voel om ’n Vis te wees.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Om onoorwonne die AJ Sportweek af te sluit, om met elke oefening in ten minste een aspek van ons spel te verbeter, en natuurlik ook om Interskole weer te wen.

Watter wedstryde of toernooi sien julle die meeste na uit?

Verseker Interskole en Nico Malan.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Pieter-Steph du Toit, want hy gee 100% van die begin af tot die eindfluitjie blaas.

1993 - 2024

Ruben
Steven Terblanche (k) Rayzanro
Devandre
Huzeekhial
Langenhoven Gimnasium - o.19B
Langenhoven Gimnasium - o.16A
Hoërskool Punt - o.19B
Hoërskool Punt - o.16A

Other recruiters make you sign on the dotted line. We just help you fill the empty chair.

No upfront contracts required - send us the vacancy, and only sign when we find your perfect match!

Langenhoven Gimnasium - o.15A
Langenhoven Gimnasium - o.14A
Hoërskool Punt - o.15A
Hoërskool Punt - o.14A

DLANGENHOVEN GIMNASIUM NETBAL EERSTESPAN XV

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?

Vir meeste van ons is dit nou die tweede jaar wat ons saam speel. Ons het as span baie gegroei, en die verhouding wat ons tussen mekaar het, is iets wat ek nooit gedink het ’n realiteit sou word nie. Ons verstaan mekaar en dit maak ons nog sterker. ’n Span kan hoe goed wees, maar sonder kommunikasie en vertroue is die span net so sterk soos sy swakste speler.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Die voorreg om die eerstespan te verteenwoordig, beteken vir my baie. Ek weet hoe baie ek opgekyk het na die eerstespan toe ek in graad 8 by die skool gekom het. Om ’n rolmodel te wees vir jonger speelsters en vir hulle te wys dat jy jou drome kan bereik as jy regtig hard werk, is een van die grootste voorregte wat ek het.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?

Ons doelwitte vir die seisoen was om aan Topskole deel te neem en interskole te wen. Alhoewel ons nie aan Topskole deelgeneem het nie, het ons steeds gekwalifiseer daarvoor, en ons is steeds baie trots op onsself en ons span dat ons daardie doelwit kon bereik.

Esti Huggett

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?

Punt is ons grootste uitdaging.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?

Sanmari Visser. Sy het vir NWU gespeel en was deel van Suid-Afrika se Fast Five-span nadat sy van ’n besering herstel het. Sy het haarself weer heeltemal opgebou, en ek kyk baie op na haar. Sy kan van drievoet af ’n bal afspring, en ek probeer al die hele jaar om dit reg te kry.

Anri Fourie Mia van der Westhuysen
Esti Huggett (k)
VV
Nika Potgieter(o.k) S
Keisha Oliphant
Lienke Ungerer
Caitlin Hendriks V VV AV HV
Alaina Sowden HD
Annamé du Plessis HD

HOËRSKOOL PUNT

NETBAL EERSTESPAN XV

Nadia Wentzel

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?

My span is mededingend omdat ons sterk spanwerk en uitstekende samewerking toon – elke speler verstaan haar rol en werk goed saam met ander. Ons spel is strategies en slim; ons pas aan volgens die teenstander en benut hul swakpunte. Ons is vinnig en hou vol tot die laaste minuut, met goeie tegniek en akkuraatheid. Onder druk bly ons gefokus en laat ons nie foute ons onderkry nie. Wat ons regtig laat uitstaan, is die passie waarmee ons speel – ons ondersteun mekaar, gee nooit moed op nie en speel elke wedstryd met hart en trots.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Dit is ’n groot voorreg om vir die eerste span te speel, en ek voel geëerd. Ek speel nie net vir myself nie, maar ook vir diegene wat dit nie gemaak het nie. Ek wil my skool trots maak en bewys dat ek streef van hoog na hoër. My doel is om ’n voorbeeld te wees vir ander, veral jonger spelers, en te wys dat harde werk werklik beloon word.

Watter doelwitte het julle span vir die komende seisoen gestel?

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?

Ons grootste toernooi was Topskole en die Outeniqua-toernooi. Vir Interskole mik ons daarna om uitstekend te presteer en die trofee terug te bring na die Visse, want ons is wenners!

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy?

Daar is baie netbalspelers na wie ek opkyk, maar as ek dit moet beperk, sou ek beslis sê Karla Pretorius en Shamera Sterling. Beide hierdie spelers is verdedigers en is talentvol. Karla, wat dieselfde posisie as ek speel, het ’n uitstekende spelbegrip en kommunikeer baie goed met haar spanmaat (GD). Sy is beslis een van my gunsteling Suid-Afrikaanse spelers. Shamera Sterling is egter my grootste inspirasie en rolmodel. Haar veerkragtigheid en vermoë om ’n wedstryd te lees, asook haar uitsonderlike talent om die bal op te spoor, maak haar ’n speler waarna ek opkyk. Sy besit al die eienskappe wat ’n verdediger begeer, en dit is my droom om eendag soos sy te wees.

Ons doelwit is natuurlik om al ons wedstryde te wen en goed te presteer in toernooie. Ons streef daarna om ons beste te lewer, foute te minimaliseer en gefokus te bly op wat voorlê. Ons wil ook ons skool se naam met trots uitdra – en natuurlik ook Interskole wen!

Megan Atkinson VV
Gracey Johnson AV
Liané Pretorius (o.k)
S
Nadia Wentzel (k) HV
Megan Enslin VV
Mieke Botha V
Shani Meyer V
Suzaan le Roux AV
Zarah Herselman D
Zoë Valentyn HD
o.17A
o.17A
o.16A
o.16A
o.15A
o.15A
o.14A
o.14A
Evah Smith
Ryan Kuhn
Athan Koukakis
Leanie Vermeulen
Ruhann Goets
Mialese Westenraad Burger Fouchee
Suanne Steyn
AJ van Tonder
Melanie van Rensburg
Lochner
Chenelle Bester
Christiaan Stover Andrea van der Linde Marius Griebenow
Rensburg
Minushca
Quré Roets
Johanique
Megan Pretorius
Lana Davies
Lincin Stevens
Rinelle vd Westhuizen
Billy-Joe Gouws
Chardonay Roux (k)
Rensburg
(k)

Langenhoven Gimnasium - o.19B Hokkieseuns

Langenhoven Gimnasium - o.19B Hokkiedogters

o.16A
o.16A
o.14A
o.14A
Hoërskool Punt - o.19B Hokkieseuns
Hoërskool Punt - o.19B Hokkiedogters
o.16A
o.14A
o.16A
o.14A

Langenhoven Gimnasium - Ander Sport

Gholfspan

Skaak
Junior Debatspan
Senior Debatspan
Muurbal
Junior Debatspan
Senior Debatspan
Muurbal
Eerstespan Gholf
Skaak

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook