Skip to main content

HTS Drostdy vs HS Outeniqua - AWSUM Special Edition 2026

Page 1

SNACKOO Snack shelves, sorted.

snackoo.co.za


skoolhoof aan die woord Welkom by die Donkies! Die hoogtepunt van ons wintersportseisoen het aangebreek met die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Hoërskool Outeniqua. Baie welkom aan mnr. Christo Vorster, sy personeel, afrigters en spesifiek die leerders wat die Kwaggas op die sportveld gaan verteenwoordig. Ons weet die kompetisie gaan fel wees, maar ons sien ook dat die verhouding tussen die twee skole elke jaar sterker word. ‘n Hartlike welkom ook aan die ondersteuners van beide skole wat vandag verder gaan inkleur. Baie dankie vir julle opoffering en ondersteuning dwarsdeur die lang seisoen. Baie dankie aan First National Bank vir hulle groot belegging in skolesport. Mag die naweek ‘n fantastiese advertensie vir julle ook wees. Ondersteun asseblief die naweek die Drostdy-OOV, die Donkie Republiek en ons ander plaaslike besighede. ‘n Groot woord van waardering aan die Donkies se borge, personeel en werkers vir hul reuse bydrae tot die naweek se sukses. Geniet u dag!

HTS Drostdy - Gholfspan

Hoërskool Outeniqua - Gholfspan

Voor: Geo Ellis, Juan Dippenaar, mnr. Hannes Beeslaar, Stephan Steyn, Reghardt Esterhuyse. Agter: Francois van Beljon, Kristoff du Plessis, Stefanus Bronkhorst, Phillip Human, Jeremiah Nel, Shaun Beets.

Dandré Karstens

Ernest Wessels

Gabriel Malgas

Waldo Nienaber

OUR TEAM

HEAD OFFICE

Editor Meinette van Zyl

The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646 Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Layout & Design Rowan Engledoe Lukhanyo Siko Phillip Samuels Distribution Charl Paulse Schools Coordinator Melinda Huysamen

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl Managing Director: Meinette van Zyl Financial Manager: Christelle van Wyk Admin Manager: Carina Pio Sales Manager: Quintus Brand

Advertising Coordinator Myola Walters Printed by Paarl Coldset. Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd

Read the latest school news online at www.awsumnews.co.za


KAPTEIN VAN HTS DROSTDY SE EERSTE RUGBYSPAN

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA SE EERSTE RUGBYSPAN

Werno Ramsauer

Gerrit Janse van Rensburg

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was intens. Party weke moes ons omtrent elke dag om vyfuur opstaan om te gaan oefen. Die hoeveelheid manne wat elke keer daar was, was ’n goeie teken en het gewys dat ons gemotiveerd en gedissiplineerd is. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Meestal word daar nie tussen senior en junior spelers onderskei nie. Almal is ewe belangrik op die veld en elkeen het sy rol. Ons het baie veggees en sal nooit gaan lê nie. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Vir my is dit ’n baie stresvolle tyd. Ek weet watter verantwoordelikheid ek op my skouers dra, maar ek vind vrede in die wete dat die Here, die span en die afrigters in my glo. Vir my is dit ’n baie groot eer, en ek sal dit vir min dinge in die lewe verruil. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se identiteit word opgesom deur ANT. ’n Mier doen meer as wat van hom verwag word, bly binne sy struktuur en gooi al sy wins op een hoop vir die span. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons wil ’n nalatenskap los waarin jonger spanne kan sien hoeveel respek ons vir ons afrigters en vir mekaar het. Respek gaan ’n lang pad.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd wat vir my uitstaan, is die een wat reeds teen Oakdale gespeel is. Dit is amper die Interskole voor Interskole – die Donkies en Oakdale kom nie juis goed oor die weg nie. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Tristin Syster. Hy is ’n nuweling in die eerstespan, maar hy het baie spoed en ’n besondere aanvoeling vir die druk van drieë. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Harde werk, dissipline en die besef dat jy kry waarvoor jy werk, nie waarvoor jy wens nie. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As leier wil ek deur my voorbeeld lei, op én van die veld af. Ek wil ’n voorbeeld stel van wat ek glo ’n goeie mens behoort te wees. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons saam as ’n span speel en mekaar in moeilike tye ophelp.

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons voorseisoen het reeds verlede jaar goed begin. Al die manne het groot opofferings gemaak om by oefeninge uit te kom en het selfs van hul vakansietyd opgeoffer om saam met die span aan toernooie deel te neem. Dit wys net hoeveel liefde hulle vir die span en die spel het. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons is ’n baie jong span, en van die begin van die jaar af was daar glad nie iets soos senior en junior spelers nie. Ons het geoefen, gespeel en mekaar soos ’n span en ’n familie hanteer. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? In my kop sê ek net vir myself: Ek het so hard gewerk toe mense dit nie gesien het nie, en nou is dit my tyd om daardie harde werk op die veld uit te leef. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ek sal sê ons ingesteldheid is “next job”. Dit is iets wat ons tydens elke oefening en wedstryd vir mekaar sê. As ons ’n fout maak, of selfs ’n drie druk, fokus ons net op die volgende taak, want die drie of die fout is reeds in die verlede en ons kan niks meer daaraan verander nie. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons wil groei in die mense wat ons is en ’n voorbeeld wees vir die jonger spelers wat na ons opkyk en in ons glo.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Boys’ High. Dit was ons eerste groot wedstryd van die jaar en die wedstryd waarin mense kon sien waartoe Outeniqua in staat is. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Franco Pienaar. Mense sien hom nie altyd raak nie en hy speel nie “flashy” rugby nie, maar ná elke wedstryd wys die statistieke hoe briljant hy was. Hy werk ongelooflik hard, sy duikslae is uitstekend en hy dra die bal baie. Hy kry nie altyd die erkenning wat hy daarvoor verdien nie. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Rugby bring mense bymekaar. By elke wedstryd kom mense saam om ons te ondersteun, en dit bou eenheid in ons skool en ons land. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil die leier wees wat sy persoonlike waardes reg uitleef. Ek wil hê my span moet my respekteer vir die mens wat ek is. Ek probeer altyd my beste gee, en ek hoop en glo dat hulle dit sal raaksien en daardeur gemotiveer sal word om nóg harder te werk. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sien ons as ’n nederige span met die regte waardes. Ek wil hê hulle moet kan sien dat ons rugby speel omdat ons dit geniet en nie vir die roem nie.


RIEBEECKSTRAAT 78 023 004 1503

MOUNTAIN MILL 023 004 1556

HTS DROSTDY

EERSTE RUGBYSPAN

Werno Ramsauer (k)

Juann Jansen van Vuuren

Jano van Deventer

Darren Makeza

Willvino Paultin

Brent-Leigh Exstraal

Tristin Syster

Anwill Jacobs

Mattias Nell

Ewan Alberts

Jaden Stewart

Stehan le Roux

JP Lotriet

Ryk van Zyl

Zayden Roman

Ruan Nortje

Dawson Hofmeester

Jurick van der Berg

Hanré Liebenberg

Jean-Louis Matthee

Joniel Claasen

Siya Lahlekile

Wernard de Villiers


HOËRSKOOL OUTENIQUA

EERSTE RUGBYSPAN

AJ Botha

Aldo Gouws

Andreas Gouws

Bradley Steyl

Christie Tolken

Gerrit Jv Rensburg (k)

Chunks Olivier

Darnell Delport

Franco Pienaar

Heilano Beukes

Jean Capes

Jeandre August

JG Benade

Keenan Jv Rensburg

Logan Jacobs

Lourens Earlando

Migael Nel

Ray-Jordan Schoeman

Ruben Pienaar

Sam Augustyn

Tylor Marais

Wernich Cassel

Wiaan Baard


HTS DROSTDY - RUGBY

Voor: Mnr. Didier Nigrini, ds. Stefaans Burden, mnr. Tobie Botes, Dawson Hofmeester, Ryk van Zyl, mnr. Jeff Fransman, mnr. Peet van der Walt, Zayden Roman. Middel: Morné Barnardo, FG Kloppers, JT Paulse, Mattias Nell, Jordan Timm, Ruan Nortjé, Adriaan Booysen, Raeden Schamboua, Bryan Cochrane. Agter: Hein Kessell, Richard van Eeden, Jaden Stewart, Stehan le Roux, Hanré Liebenberg, Kevin Laubscher, Anayo Egbujor, Ewan Alberts.

o.19B - Rugbyspan

Voor: Kyle Juries, Hein Matthee, Melan Swart, Ruan Schoeman, Daniël Geldenhuys, Brend Geldenhuys, Samian Olivier. Middel: Arinne Smith, Deayogan Williams, Naseer America, Quintus Groenewald, Jaco Bosman, Jamonn Jacobs, Rossouw Cillie, Shaye Schwartz, Ray-Jean Carroll. Agter: M-Jay van Reenen, Janco le Roux, Frans van Dyk, Zanry Kleynhans, Dries Keyser, Liam Cloete, Derik Burgess, Wemer van der Merwe, Kurtley Alkaster.

o.16A - Rugbyspan

Voor: Skye le Wack, Leathon Johannes, mnr. Bernito McPherson, Christiaan Visser, mnr. JS Fourie, Matthew Rossouw, C-Jay Jansen. Middel: Leonaydio Mackenzie, HW Anthonissen, Heath Pretorius, Chelkano Coetzee, Daniel Jordaan, Iwan van der Merwe, Ziaan Traut, Bjorn le Roux, Darren Gwayi. Agter: Wynand Stofberg, Roelof Botes, Divan Ellis, Dawid Kamfer, Andro van Deventer, Heinie Griessel, Rigter de Koning, Corne Brits.

o.15A - Rugbyspan

Voor: Logan Pietersen, mnr W. Kleynhans, Juan-Rique le Roux, mnr P. Compton, Erhardt Smith. 2de ry: Caleb Geisenburg, John Helfrich, Victor Lategan, Neil de Kock, Rivaan Maarman, Markie Uithaler. 3de ry: Joshua Jordaan, Gideon Meisenheimer, Lehan Burger, Alexander Swan, Janco Burger, Granville Pienaar, Trishaan Gouws.

o.14A - Rugbyspan

4de ry: Gerdus Marais, Antonie Botha, AJ Towsen, Luhan Rossouw, Axel Kock, Reghardt Esterhuyse, Coenie Brandt.


HOËRSKOOL OUTENIQUA Voor: Mnr. J. De Lange, Dewald Gerber, Mnr. D. Femboes, Ruben Pienaar, Mnr. J. Els. 2de ry: Wernich Cassel, Reese Lewaa, Waldimar Valentyn, Charl Swartz, Claude Richardson, Christo van Wyk, Zander Swart. 3de ry: Jechaan Oosthuizen, Janko Steenekamp, Jandré August, Migael Nel, Ruben Ferreira. 4de ry: Christie Tolken, Matthew Coleman, Johan May, Bernard Kleinbooi, Skyler van der Merwe, Xander Mulder.

19B - Rugbyspan

Agter: JG Benade, Cronje Hendrikz, Walter van Rensburg, Sebastiaan Augustyn, Ruan Stopforth, Adriaan Boshofff, Keenen Janse van Rensburg.

Voor: Juan Swem, Jaco Jacobs, Mnr J J v Rensburg, Rowan Fouche, Keadon Daniels. Middel: Sean Ruiters, Cornay Fourie, Aviwe Kalo, Aiden van Wyk, Zerwich Westraad, L-Shaan Titus. Agter: Arjen Erasmus, Kruger Steenkamp, Jordan Larson, Wian Stroebel, Arno Kleinhans, Stefan Freeman, Kihandre Liebenberg.

o.16A - Rugbyspan

Voor: Jordan Fortuin (o.k), Chris Nelson (Afrigter), Asie Mbalekwa (k), Jhanco Botha (Afrigter), Linus Petersen. 2de ry: Whelan Maxim, Stefan Nel, Aquila Julies, Hubert Baard, George Slater. 3de ry: Asalinto Pasiya, Tyler Gelderbloem, Hansie de Bruin, Joverne Fortuin, Reese Plaaitjies, Washe Louw.

o.15A - Rugbyspan

4de ry: Lwazi Mathenjwa, Johnry Grimes, Henru Swart, Jacquin Juries, Christiaan Swart.

Voor: Warren Grootboom, Mnr Jacques Wolvaart, Gideon Boshoff (k), Mnr Martin Maree, Lucan Scholtz (o.k). 2de ry: Ashwin Seconds, Sean Veale, Lithala Booysen, Cayden Mapoli, Stefan ferreira, Zanru Langenhoven. 3de ry: Liam Joshua, Josh Quiens, Conner Lourens, Wicus Venter, Nathan van der Merwe.

o.14A - Rugbyspan

4de ry: Elrique Smith, Ruan Share, Dean Mac Donald, Aaron Fortuin, Aiden Bennet, Deo Gelderbloem.


HTS DROSTDY

EERSTE NETBALSPAN

Danielle Kruger (k)

Alizmi van der Vyver

Danika Fourie

Elaine Palvie

Jané le Roux

Kady Matthee

Lara van Zyl

Lené le Grange

Madeli du Toit

Sophia de Wet

KAPTEIN VAN HTS DROSTDY SE EERSTE NETBALSPAN

Danielle Kruger Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was uitdagend, maar waardevol vir ons span. Six Gun, Bredasdorp & Affies Toernooi, om te noem. Dit het ons geleer om hard te werk, mekaar te ondersteun & te aanhou “fight” tot die eindfluitjie en net eenvoudig nooit op te gee nie. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Vanjaar se span maak nie net op talent staat nie, maar op vertroue, harde werk & eenheid as n groep. Ons speel vir mekaar & geniet dit saam op die baan. Ondersteuners kan uitsien na n span met hope gees en energie (en sommer baie) ons het passie, trots en vasberadenheid ongeag die telling of situasie. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Dit is vir my n groot voorreg om die baan te betree, ek dink aan die harde werk wat ons as span ingesit het & dat dit n voorreg is om my skool te verteenwoordig. Dit beteken vir my ongelooflik baie om met my Drostdy netbal klere te kan uitdraf. Dit was my droom om eerste span te speel en ook kaptein te wees.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span is energiek & doelgerig. Ons probeer positief bly & gee nie op nie. Die grootste kenmerk van ons span, is die vertroue & ondersteuning vir mekaar en die vriendskappe wat ons het en natuurlik die gees. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons doel is om elke dag te verbeter & ons potensiaal na te jaag. Ons wil bekend staan as n span wat respek, harde werk & goeie sportmangees uitleef, ongeag die die uitslae. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd waarna ek die meeste uitsien is teen Worcester Gimnasium & natuurlik die Interskole teen Kwaggas. Dit is 2 baie spesiale geleentheide op ons skool se kalender, ons speel vir trots.

Lees die volledige onderhoud aanlyn!

Voor: Leonine Louw, me. Suzanne le Roux, Mienke Ellis. Agter: Imaan Laatoe, Isabel Griessel, Lisa de Wet, Mia-Lize van der Vyver, Rehanca Louw, Shanique van Wyk

o.19B - Netbalspan


HOËRSKOOL OUTENIQUA

EERSTE NETBALSPAN

Alisha de Kock (k)

Lianka Louw (o.k)

Anje Tredoux

Inge Robertson

Shanique Opperman

Lea Prinsloo

Megan Enslin

Miike Scholtz

Katryn van Reenen

Isabelle Venter

Izania van Sandwyk

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA SE EERSTE NETBALSPAN

Alisha de Kock Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was vir ons ’n tyd van harde werk, groei en voorbereiding. Dit het vir my gewys dat hierdie groep nooit opgee nie en altyd bereid is om ekstra moeite te doen om beter te word. Ons het mekaar deur moeilike oefeninge ondersteun en as span sterker geword. Elkeen het met ’n positiewe ingesteldheid opgedaag en was toegewyd om haar beste vir die span te gee. Die voorseisoen het bewys dat ons nie net talent het nie, maar ook karakter, dissipline en deursettingsvermoë. As kaptein maak dit my trots om ’n span te lei wat bereid is om vir mekaar te veg en altyd alles op die baan te los. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ek glo hierdie span is anders omdat ons mekaar ten volle vertrou en altyd vir mekaar speel. Ons het ’n sterk band op én van die baan af, en ons gee nooit op nie. Ondersteuners kan uitsien na ’n span wat elke wedstryd met passie, energie en trots aanpak. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voordat ek die baan betree, dink ek aan hoe bevoorreg ek is om my skool te verteenwoordig.

Ek herinner myself daaraan om elke oomblik te geniet en alles te gee. Dit is vir my ’n groot eer om die eerstespan se kaptein te wees. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons speel met intensiteit, selfvertroue en dissipline. Ons ondersteun mekaar deurentyd en bly positief, selfs wanneer dinge moeilik raak. Ons span se gees en eenheid is van ons grootste sterkpunte. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons doel is om elke dag beter te wees as die vorige dag. Ons wil met respek, integriteit en trots speel en altyd ons beste gee, ongeag die uitslag. Lees die volledige onderhoud aanlyn!

Voor: Mnr. Stears, Ja-lize Louw, Zahn Westerhuis, Mev. C. Nel. Agter: Sane Schlebusch, Le-Anke Koen, Roché Blanckenberg, Madison O’Connell, Larika van der Mescht.

o.19B - Netbalspan


HTS DROSTDY

o.17A - Netbalspan Voor: Kehara Kariem, me. Lana du Toit, Kaeme Wehr, Chelsey Jacobs. Agter: Liani Nieuwoudt, Danielle Whitehead, Helette du Plessis, Tammy Oersen.

o.16A - Netbalspan Voor: Tara Fowler, me. Megan Mac Kenzie, Mia Smit. Agter: Jani Viljoen, Lizé Koch, Chrismarie Dippenaar, Liza Coetzee, Kirsten Hills.

o.15A - Netbalspan Voor: Ené Kriel, me. Helena du Toit, Janke Jooste. Agter: Thia du Plessis, Emma Augustyn, Glynné Nasson, Laetitia Jordaan, Lisa van Zyl.

o.14A - Netbalspan Voor: Cara Bothma, me. Suanne Redelinghuys, Loïs Swart. Agter: Glenlynn Steyn, Mia Koch, Hanna Rossouw, Dhané Whoodland.

HOËRSKOOL OUTENIQUA

o.17A - Netbalspan Voor: Mnr. Stears, Shadé Canary (k), Zoe Dixon (o.k), Mev. H. van Rooyen. Agter: Zané Jansen van Vuuren, Landi Kirstein, Annabella Wolfaardt, Marinelle Barnard, Jané Tredoux, Kiani Louw. Afwesig: Dunay Pretorius – INLAS.

o.16A - Netbalspan Voor: Mnr. Stears, Reese Reyneke (o.k), Kayla Burger (k), Mev. Louw. Agter: Ashlynne Smith, Mischa Venter, Kara-May Smith, Tokara Avis, Jazé vd Walt, Milan vd Westhuyzen.

o.15A - Netbalspan Voor: Mnr. Stears (kondisioneerder), Nelbi Slabbert (k), Amé Strydom (o.k), Mev. Stronach (Afrigter) Agter: Kara v. d. Merwe, Zani Swanepoel, Sammy de Kock, Leané Koen, Rushmiya Juries. Afwesig: Nika Kirstein - INLAS.

o.14A - Netbalspan Voor: Mnr. Stears, Christebell Ras (o.k), Alana Lubbe, Vicky Lowe (Afrigter). Agter: Mienke Gerber, Janie Kasselman, Isabelle Nagel, Anja Steenekamp, Engela Hugo. Afwesig: Ané Marais (k) - INLAS.


PROGRAM

Vrydag, 14 Aug 2026

Saterdag, 15 Aug 2026

HOKKIEPROGRAM TYD

FORMAAT

ASTRO

TYD

FORMAAT

ASTRO

13:30

2 x 20 min

o.14A Dogters

08:00

4 x 12 min

o.19B Dogters

14:15

2 x 20 min

o.14A Seuns

09:00

4 x 12 min

o.19B Seuns

15:00

4 x 12 min

o.16A Dogters

10:00

16:00

4 x 12 min

o.16A Seuns

10:10

17:00

4 x 12 min

o.16B (15A) S vs Outeniqua o.16B

11:15

18:00

2 x 20 min

o.14B Dogters

11:25

4 x 15 min

o.19A Seuns

18:45

2 x 20 min

o.14B Seuns

12:45

2 x 20 min

o.16C Dogters

19:30

4 x 12 min

o.16B (15A) D vs Outeniqua o.16B

13:30

2 x 20 min

o.16C Seuns

Seremonie 4 x 15 min

o.19A Dogters

Seremonie

15 Augustus 2026

Hoërskool Outeniqua - Dirigente

NETBALPROGRAM TYD

HOOFBAAN

BAAN 3

BAAN 4

BAAN 5

BAAN 6

09:00

o.14A

o.19C

o.16C vs Outeniqua o.15C

o.15D

o.15E

09:40

o.15A

o.17B

o.14C

o.16B

o.14F

10:20

o.16A

o.14B

o.15C

o.14E

o.18D

11:00

o.18B

o.14D

o.15B

o.16D vs Outeniqua o.18C

o.17A

11:40

Izelle Conradie, Jechaan Oosthuizen, Steffie Syce, Keane Avis, Wernich Cassell, Jua Swanepoel, Keesha Lindoor.

o.14G

11:50

Seremonie

12:05

o.18A

15 Augustus 2026 RUGBYPROGRAM TRAPPESPARK

STEELKANT

KNERSVLAKTE

BLOEKOMBOS

08:30

o.15A

o.16B

o.14B

o.15D vs Roodezandt o.15A

09:90

o.19C

o.19E

o.14D

o.16C

10:40

o.19B

o.14A

o.14C

o.15B

11:50

o.16A

o.19D

o.15C

13:10

Seremonie

13:30

o.19A

HARDEPAD

Opwarmings-area

TYD

Hoër Tegniese Skool Drostdy - Dirigente Voor: Tharien Naude, Maria de Wet, me. Shamim Gallie, Shanique van Wyk, Imaan Laatoe. Agter: Calib Krotz, Elijah Burger, Christopher du Toit, Hennie de Wet, Arno Basson, Elaine Palvie.


HTS DROSTDY

EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS

Maria de Wet (k)

Aneri Rabie

Anke Britz

Carli Erasmus

Daneli Boshoff

Dell-Maree Nortje

Hannah de Wet

Heleen Lotz

Joané Swanepoel

Juleen Abrahams

Larissa le Roux

Megan Kennedy

Mia de Wet

Ninke Olivier

Peyton de Kock

Suné Snyman

Zoë Theron

HOËRSKOOL OUTENIQUA

EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS

Maija Badenhorst (k)

Abigail Swart

Carlien Oosthuizen

Danika Theron

Danielle Joubert

Danika Du Plessis

Emma Raubenheimer

Emma Terblanche

Klara Venter

Almiré de Villiers

Miané Groenewald

Mieke Burger

Miekela Terblanche

Mikela vd Spuy

Suané Koegelenberg

Mila Bergh


Voor: Christina Grobbelaar, me. Suné Oosthuizen, Lizé de Waal, mnr. Daniël Roothman, Junica Loubser. Middel: Dané Britz, Tharien Naude, Zeeke Brown, Ancha Groenewald. Agter: Ilé Snyders, Maiya Malan, Danica Botha, Zeanné Hanekom.

Hoër Tegniese Skool Drostdy - o.19B - Hokkiedogters

Voor: Lizandri Koen, Walter Lutsch, Marné van der Westhuizen (k), Frieda Lategan, Amika Reubenheimer. Middel: Danika Theron, Dané Jonck, Rachelle Botha, Logan Terblanche, Annelize Koen, Danika du Plessis. Agter: Ané Vreken, Crisna Strydom, Livia de Bruyn, Izelle Conradie (o.k), Ané Bester. Afwesig: Jessica Louw - INLAS.

Hoërskool Outeniqua - o.19B - Hokkiedogters KAPTEIN VAN HOËR TEGNIESE SKOOL DROSTDY SE EERSTE HOKKIEDOGTERS

Maria de Wet

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was moeilik en ons het laat in die aande hard geoefen. Die laat oefensessies het gewys dat die span toegewyd is om sy beste te gee en homself uit te daag.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole staan vir ons as span die meeste uit. Verlede jaar se uitslae was nie so goed nie, en ons weet en vertrou dat ons in hierdie wedstryd baie goed kan vaar as ons alles gee.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span het ’n baie sterk band gevorm en ons voel soos familie. Ons vertrou mekaar en ken elkeen se sterk- en swakpunte. Ondersteuners kan opgewonde wees om ons te sien speel, want ons hou nooit op veg nie en verras onsself soms met wat ons kan regkry.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Anke Britz. Sodra sy die bal het, gaan die skare mal oor al die vaardighede wat sy wys en die doele wat sy aanteken.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voordat ek op die veld gaan, herinner ek myself daaraan om elke oomblik te geniet. Soms klop my hart ’n bietjie vinniger, en dan probeer ek daardie spanning gebruik om my span op te vuur. Ek voel trots wanneer ek met my skoolwapen op die veld uitdraf en belowe myself om alles vir my skool, my span en myself te gee en nooit moed op te gee nie. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ek sal ons speelstyl as verdedigend beskryf, maar sodra die bal deur die middel kom, is die ander span in die moeilikheid. Ons speel ook baie goed saam as ’n span. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons doelwit vir die seisoen was om goed te vaar by die Cape Town International-hokkietoernooi en die Evolve-groep te wen, sodat volgende jaar se span in die Elite-groep kan speel. Kort voor die toernooi het die organiseerders ons egter laat weet dat hulle ons talent raakgesien het en ons na die Elite-groep verskuif. Daar het ons goeie hokkie gespeel en baie ervaring opgedoen. Ons het ook ’n sêding: “Be better.” Dit is ons motivering in elke wedstryd – om beter as in die vorige een te wees.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Dit leer jou om jou medemens te respekteer en elkeen te aanvaar vir wie hulle is. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil iemand wees na wie my span en jonger spelers kan opkyk, en ek wil deur my voorbeeld lei. Ek wil goeie sportmanskap aan my span wys en hulle laat onthou dat die belangrikste is om die sport te geniet. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons span nooit ons koppe laat sak het nie en tot die einde toe geveg het.

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA SE EERSTE HOKKIEDOGTERS

Maija Badenhorst

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was baie belowend. Van die eerste oefeninge af het die spelers baie potensiaal gewys en was hulle bereid om hard te werk. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Wat vanjaar se eerstespan anders gemaak het, was dat ons ’n baie jong span was. Ten spyte daarvan dat baie spelers onervare was, was daar tye waarin ons uitstekende hokkie gespeel het. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek dink aan die groot voorreg wat dit is om my skool te verteenwoordig en hoe bevoorreg ek is om te kan speel. Dit beteken vir my baie, want ek speel nie net vir myself nie, maar ook vir al die meisies wat voor my die trui met trots gedra het. Ek hoop om ’n voorbeeld te wees vir die meisies wat ná my kom – om hulle te wys dat ’n mens nooit moed moet opgee nie, altyd tot die eindfluitjie moet aanhou veg en alles vir jou span en skool moet gee. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span se identiteit was een van deursettingsvermoë en groei. As ’n jong span het ons deur die seisoen baie geleer. Ons speelstyl was energiek en hardwerkend. Ons het probeer om mekaar te ondersteun en as ’n eenheid op te tree. Soos enige span het ons uitdagings ervaar, maar dit het ons geleer om aan te pas, sterker te word en aan te hou veg. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Buiten om te wen, was die standaard wat ek gestel het dat ons die “willehonde” sal wees – ’n span wat nooit opgee nie en aanhou veg. Ek wou hê die woorde “Don’t give up on me” moes weerspieël hoe ons mekaar behandel: om nie op mekaar op te gee nie, om in mekaar te bly glo en saam deur elke uitdaging te werk.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die wedstryd waarna ek die meeste uitgesien het, was York. Dit was ’n wedstryd waarvoor ons die hele jaar lank gewerk en voorberei het. Vir baie van ons was dit die laaste tuiswedstryd en ’n geleentheid om alles op die veld te gee, vir mekaar te speel en ons hoërskoolloopbaan op ’n onvergeetlike manier af te sluit. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Mikela vd Spuy. Sy het eers onlangs met hokkie begin en is ’n ware voorbeeld van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Sy maak ongelooflike vordering omdat sy elke dag die werk insit. Wat haar besonders maak, is nie net haar talent nie, maar veral haar houding. Sy gee altyd 100%, daag haarself uit om beter te word en inspireer die res van die span met haar uithouvermoë. Sy bewys dat toewyding en vasberadenheid jou baie ver kan neem. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Hokkie leer ons dissipline, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid – om aan te hou werk, selfs wanneer dit moeilik raak. Dit leer ons ook hoe belangrik spanwerk, vertroue en respek is, want geen speler wen ooit alleen nie. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek my span inspireer om altyd in hulself en in mekaar te glo en nooit moed te verloor nie. Ek glo karakter wys wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Ek wil hê my span moet onthou dat elke speler waarde het, dat ons altyd vir mekaar speel en dat ons elke keer die veld verlaat met die wete dat ons alles gegee het – sonder berou. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons ’n span is wat nie opgee nie; dat ons, ten spyte van al die uitdagings wat ons hierdie seisoen in die gesig gestaar het, steeds vir elke wedstryd opgedaag en aangehou veg het.


HTS DROSTDY

EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Albert Nel (k)

Adriaan Krynauw

Christopher du Toit

Conrad Nortje

Corné Retief

Henré Swatton

Hugo Rautenbach

Jean-Pierre Theron

Johan Oosthuizen

Leequin Fortuin

Marko Meyer

Michael Theron

Richard Pendle

Rihan Cilliers

Steaan de Lange

HOËRSKOOL OUTENIQUA

EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Danny Busse (k)

Adrian Cronje

Daniël du Plessis

Dehan Meyer

Hanko Scholtz

Jac du Plessis

Jens Jv Vuuren

Johnny Behrens

Len Liddell

Quintus Lutsch

Ruben Barnard

Rubin Barnard

Stef Victor

Bernard du Toit


Voor: SJ Cloete, Delano Julie, mnr. Andri Marais, Zander Kock, mnr. Daniël Roothman, Janu Nel, Zak Coetzee. Middel: Benrich Strydom, Byron White, JP Schaap, Stephan Conradie, Matthew Fischer, Anton Joubert, Kristoff du Plessis, Stephan Venter. Agter: Christiaan Joubert, Tehan Jonck, Newton Balie, Malan Liebenberg, Gilliam Swiegers, Jannes Snyders, Phillip Human.

Hoër Tegniese Skool Drostdy - o.19B - Hokkieseuns

Voor: Daniël Roodt, Walter Lutch (kondisioneerder), Ludwig Lotter (k), Dreyer Rall (Afrigter), Matthew Fourie (o.k). 2de ry: Liam Haasbroek, Rikus Human, Zander Viljoen, Jonothan Behrens. 3de ry: Ruben Marais, Ethan Dilley, Christian Swanepoel, Neil Hattingh, Daniël van Zyl, Olivier Heyns. 4de ry: Kaydon Howles, Matthys Young, Juan Steenhuizen, Daniël Swart, Zivan Vermaak.

Hoërskool Outeniqua - o.19B - Hokkieseuns KAPTEIN VAN HOËR TEGNIESE SKOOL DROSTDY SE EERSTE HOKKIESEUNS

Albert Nel

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was baie suksesvol. Ons span het groot verrassings veroorsaak en ’n paar groot skole geklop. Daardie wedstryde het ons karakter getoets en was baie uitdagend. Ons span het deursettingsvermoë gewys, en dit het ons as groep nader aan mekaar gebring. Ons het ’n uitstekende ingesteldheid en het deur die jaar hard gewerk om die fantastiese uitslae te behaal. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Vanjaar se span is baie meer toegewyd, en elke speler bring sy kant om dieselfde doelwit te bereik. Ons het ’n heeltemal nuwe formaat gekry waarvolgens ons speel, en dit werk perfek vir die span. Ons speel vanjaar baie meer as ’n eenheid saam en elke speler probeer nie net vir homself speel nie. Ondersteuners kan baie opgewonde wees oor vanjaar se Interskole, want ons gaan goeie mededinging vir mekaar wees. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek voel dit is ’n groot eer om die skool se wapen op my bors te dra. Ek sien elke wedstryd as ’n geleentheid om die sport wat ek van kleins af geniet, te speel asof dit my laaste wedstryd is. Ek raak soms gespanne voor groot wedstryde, maar die ondersteuning van my span help my om rustig te raak. Ons bid ook voor elke wedstryd, wat kalmte in die span bring. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span bestaan uit ’n groep sterk individuele spelers wat geleer het om goed saam te speel. Elke speler gee sy beste vir die span en gebruik sy vaardighede om die span te verbeter. Ons is ’n baie aanvallende span wat vir niemand terugstaan nie. Daar is ook ’n baie goeie atmosfeer in die groep. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het die standaard gestel om altyd betyds vir

oefening op te daag en ons beste te gee, op én van die veld af. Ons missie vir die jaar is om die Kwaggas te klop, en ons het die standaard só hoog gestel dat ons niks anders as ’n oorwinning van onsself verwag nie. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Outeniqua is beslis die belangrikste wedstryd vir ons. Dit gaan ’n bewys wees van alles wat ons deur die jaar ingesit het. Outeniqua was nog altyd vir ons ’n moeilike wedstryd, en ek glo ons het dit in ons om hulle vanjaar te klop. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Daar is ’n graad 9-speler in ons span wat ongelooflik is. Sy naam gaan julle nog baie in die toekoms hoor. Hy het homself vanjaar werklik in die eerstespan bewys. Daar is byna niemand wat verby hom kan dribbel nie, en hy staan ook nie terug wanneer hy ’n verdediger moet klop nie. Sy naam is Steaan de Lange. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Dit leer spelers om as ’n span saam te werk en op ’n ander vlak te kommunikeer. Dit leer jou ook integriteit – om te oefen selfs wanneer niemand kyk nie – en help jou om deursettingsvermoë te ontwikkel. Respek is nog ’n waarde wat hokkie jou leer, soos om jou teenstanders en skeidsregters op die regte manier te hanteer. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein wil ek ’n ondersteunende en positiewe leier wees wat my span motiveer om altyd hul beste te gee. Ek wil deur my eie werksetiek en houding ’n voorbeeld stel en wys dat ons as ’n span saam sterk staan, veral wanneer dinge moeilik raak. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê mense moet sê dat ons span ’n groot veggees het en in elke wedstryd tot die einde toe veg. Ons staan nooit terug vir enige span nie, maak nie saak hoe groot of klein die skool se naam is nie.

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA SE EERSTE HOKKIESEUNS

Danny Busse

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen het die grondslag vir ons hele jaar gelê. Dit was uitdagend, maar dit het gewys dat ons ’n groep is wat bereid is om hard te werk en opofferings te maak. Van die eerste oefening af was daar ’n goeie ingesteldheid en almal het dieselfde doel voor oë gehad. As ek nou terugkyk, kan ek sien hoe daardie harde werk ons deur die seisoen gedra het.

gehandhaaf.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Wat hierdie span besonders gemaak het, was ons eenheid. Ons het mekaar vertrou en vir mekaar gespeel. Elke speler het sy rol verstaan en niemand was groter as die span nie. Ek dink ondersteuners kon sien dat ons altyd met trots, passie en deursettingsvermoë gespeel het, ongeag die uitslag.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink die hele span het mense verras. Elke speler het deur die jaar gegroei en belangrike bydraes gelewer. Ons sukses was nie afhanklik van een speler nie, maar van almal wat bereid was om vir mekaar te werk.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voor elke wedstryd het ek myself daaraan herinner hoe bevoorreg ek is om Hoërskool Outeniqua te verteenwoordig. Om die eerstespan se kaptein te wees, was vir my ’n groot eer en verantwoordelikheid. Ek wou elke keer seker maak dat ek my span trots maak en alles gee wanneer ek daardie veld betree. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ek dink ons identiteit was dat ons nooit opgegee het nie. Ons het met intensiteit gespeel, hard gewerk en altyd as ’n span saamgestaan. Ons het mekaar in moeilike tye ondersteun en die goeie oomblikke saam geniet. Dit is iets waarop ek baie trots is. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons het besluit dat ons nie net aan resultate gemeet wil word nie, maar ook aan die manier waarop ons onsself gedra. Ons wou elke wedstryd met respek, dissipline en trots speel. Ek glo ons het daardie standaard deur die seisoen

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Die Interskolewedstryd sal altyd uitstaan. Dit is een van die grootste geleenthede van die jaar en beteken baie vir die spelers, die skool en die ondersteuners. Die atmosfeer en trots waarmee almal daarby betrokke is, maak dit ’n wedstryd wat niemand maklik vergeet nie.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Hokkie leer jou verantwoordelikheid, dissipline en respek. Dit leer jou hoe om onder druk besluite te neem, hoe om as deel van ’n span te funksioneer en hoe belangrik harde werk is. Dit is lesse wat ek lank ná skool saam met my sal dra. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek het probeer om deur my optrede leiding te gee eerder as net deur woorde. Ek wou altyd hard werk, positief bly en my span ondersteun, ongeag die situasie. Ek hoop ek het ’n voorbeeld gestel van respek, nederigheid en toewyding. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal onthou dat ons ’n span was wat karakter gewys het; dat ons altyd vir mekaar geveg het, trots was om Outeniqua te verteenwoordig en nooit opgegee het nie. Meer as enigiets anders hoop ek hulle onthou ons as ’n groep wat mekaar ondersteun en die skool met trots verteenwoordig het.


HTS DROSTDY

o.16A - Hokkieseuns Voor: Alex Matthee, me. Tess Marais, Efan Horné, mnr. Daniël Roothman, Divan Nel. Middel: Colin Mitchell, Anro Nel, Geo Ellis, Tyler Leisa, Christo Greyling. Agter: Christian Mulder, Alewyn Kriel, Zayaan Ismail, James Mollentze, Luaan van Rensburg, Zandré Maritz.

o.16A - Hokkiedogters Voor: Carli du Toit, me. Lize Prins, Zoë Bothma, mnr. Daniël Roothman, Jani Naude. Middel: Karlien Zeelie, Samantha Keyser, Karla-Mari Munnik, Marunei Malan, Adele Smit, Kayla van Wyk, Charné Johansen. Agter: Isabel de Wet, Carli Smith, Iva du Toit, Anja du Toit, Lisa Fourie, Lehandri Havenga.

o.14A - Hokkieseuns Voor: James Goldswain, AJ Cronje, Daniel Kriel, mnr. Daniël Roothman, Jovan de Bod, Carlo Nel, Jano van Zyl. Agter: Liam Colling, Janlu Swatton, Ivan Mostert, Hannes Nel, Rabie Joubert, Dennis de Lange, Brean Kolwer, Ruben de Kock.

o.14A - Hokkiedogters Voor: Nicole Nel, mnr. Morgan Furley, Zelmari Malan, mnr. Daniël Roothman, Zanri le Roux. Middel: Caro Jordaan, Marli Maritz, Jana de Kock, Karia Strydom, Dané Human. Agter: Minke van der Walt, Miané Venter, Mija Rautenbach, Jana Lerm, Ingemari Koch, Lienke van Coller.

HOËRSKOOL OUTENIQUA

o.16A - Hokkieseuns Voor: HJ Joubert (o.k), Mnr. Divan Snyman (mede-afrigter), Nico Pretorius (k), Mnr. Pieter Jooste (afrigter), Ardou van der Colff (o.k). 2de ry: Henno Honeyborne, Hanrú van der Merwe, Mnr. Walter Lutsch (kondisioneerder), Cruiden Claasen, Markus Botha. 3de ry: Retief Sharp, Kuaan van Tonder, Chris Botha, Hanroe Joubert (doelwagter). Agter: Ruan Erasmus, James Hewitt, Joa Victor, Reinhart Prins, Ruan Hugo, Luke Liebenberg. Afwesig: Miro Jamneck – INLAS

o.16A - Hokkiedogters Voor: Mia Potgieter (afrigter), Erin Terblanche, Kayla Rabe (k), Carla Raubenheimer, Leandri Greeff (afrigter). Middel: Sydney Michaels, Lylah Anker, Helena Neethling, Walter Lutsch (kondis), Mi-Jeanne Botha, Keila Blom, Liyah Theron. Agter: Milla Koekemoer, Donay Botes, Danielle Bond, Anita van den Heever, Lea Muller, Liela Opperman.

o.14A - Hokkieseuns Voor: Eon Liddell, Mnr. Lutsch, Hugo Stark (k), Mnr. N. Smit, Dries Marx. Middel: Marcus Dippenaar, Frans de Jager, Bismark Potgieter, Lukas Pelser, Marco du Plessis. Agter: Jurie Prins, Tokkie Kasselman, Eddie Prins, Ewan Philpott, Gert de Kock. Afwesig: Jean van der Merwe - INLAS.

o.14A - Hokkiedogters Voor: Mev Benita Gibson (afrigter), Delaney du Toit, Kylie Cronje, Bella Coetzer, Retha van der Merwe (spanbestuurder). Agter: Ellie Lamprecht, Miahlize Kamener, Hailey Ellman, Emma van Zyl, Leamé Gerber, Lexi de Bruin, Anri Jansen van Rensburg. Afwesig: Imke Potgieter, Jasmijn Pretorius, Mienke Koegelenberg - INLAS.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
HTS Drostdy vs HS Outeniqua - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu