Skip to main content

Goudveld vs Welkom Gim - AWSUM Special Edition 2025

Page 1


OUR TEAM

Editor

Meinette van Zyl

Sub-editor

Aniena Venter

Layout & Design

Rowan Engledoe

Enrico Theart

Bryan Meyer

Lukhanyo Siko

Distribution

Charl Paulse

Schools Coordinator

Melinda Huysamen

Advertising Coordinator

Willandie Havenga

Printed by Paarl Coldset.

Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd

HEAD OFFICE

The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646

Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl

Managing Director: Meinette van Zyl

Financial Manager: Christelle van Wyk

Admin Manager: Carina Pio

Sales Manager: Quintus Brand

Read the latest school news online at www.awsumnews.co.za

Volg ons op Facebook!

@Vrystaat Skole Nuus

Other recruiters make you sign on the dotted line. We just help you fill the empty chair.

No upfront contracts required - send us the vacancy, and only sign when we find your perfect match!

Website: www.futurefitstaff.co.za

Email: info@futurefitstaff.co.za

Contact: 061 538 6461

Goudveld-Hoerskool aan die woord

Met groot trots en opgewondenheid verwelkom ons almal by die Goud-Gim Derby 2025 ! Hierdie Derby is nie net ‘n geleentheid vir mededinging nie, maar ‘n viering van sportmangees, respek en die diep verbondenheid tussen ons skole.

Ons heet mnr. Johan Slabbert en sy personeel, asook elke speler, ondersteuner en besoeker hartlik welkom. Dit is ‘n eer om hierdie historiese geleentheid aan te bied en om ons velde en gemeenskap met julle te deel.

Nog altyd was die Derby gekenmerk deur ‘n onwrikbare sportmangees, ‘n gesonde mededinging waar spelers mekaar met respek ontmoet en waarin ware sportmanskap die kern bly. Hierdie waardes het van geslag tot geslag voortgeleef, en vandag staan ons trots in die tradisie wat ons skole gevorm het.

Aan die personeel van FNB wat jaarliks die “FNB Classic Clashes” aanbied en optree as ons hoofborg, wil ons hartlik bedank vir die bemarkingwaarde wat hierdie geleentheid vir ons as skole skep. Dankie vir u bereidheid om in ons jeug te belê. Dit bly vir ons Gouties ‘n voorreg om met u geassosieer te word.

Vir die spelers: vandag is julle kans om deel te wees van hierdie ryk erfenis. Speel met moed, passie, en integriteit, en onthou dat dit nie net oor oorwinning gaan nie, maar oor hoe jy jouself as ‘n sportman of -vrou uitleef.

Vir die ondersteuners: julle lojaliteit en geesdrif is die hartklop van hierdie Derby. Elke aanmoediging, elke toejuiging, elke handeklap bou voort op die wonderlike atmosfeer wat hierdie wedstryde so besonders maak.

Vir die gemeenskap: die Goud-Gim Derby is ons geskiedenis, ons trots, en ons toekoms. Ons weet dat die gees van wedersydse respek en vriendskap wat hierdie Derby oor die jare heen gekenmerk het, vir altyd sal voortleef. STREEF, WERK, OORWIN!

Empower your students with vibrant, personalised study materials. From textbooks to study guides we help you create engaging, cost-effective resources tailored to your curriculum – it’s easier than ever before!

Diaan Jonker

KAPTEIN VAN DIE EERSTE RUGBYSPAN

Watter spesifieke sterkpunte glo jy het hierdie jaar se span wat julle van die opposisie onderskei?

Hierdie jaar se span toon sterk spanwerk, goeie kommunikasie en ’n nooit-sê-sterf-houding. Ons is gefokus, vasberade en ondersteun mekaar – dit gee ons ’n voorsprong bo die opposisie.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei, en waarop sal jy as leier fokus?

Dit is ’n groot eer en voorreg om my skool se eerstespan te lei. As leier sal ek fokus op sterk spanbinding, positiewe motivering en om ’n voorbeeld te stel – op, én van die veld af.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Ons rugbykultuur is gebou op trots, respek en deursettingsvermoë. Tradisies soos die dra van die eerstespan-baadjie en die sing van ons oorwinningslied versterk die gevoel van eenheid en trots om deel van iets groter te wees.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Ons hoofdoel is om konsekwent goed te presteer en elke wedstryd met toewyding aan te pak. Ons streef daarna om as ’n eenheid te groei, elke speler se sterkpunte te benut en trots ons skool se naam te dra.

Watter opkomende wedstryde of toernooie sien julle die meeste na uit?

Ons sien baie uit na die Derby-wedstryde teen ons tradisionele mededingers – dit bring altyd groot gees en spanbinding. Ons is ook opgewonde oor die komende toernooie, waar ons onsself teen sterk spanne kan meet en verder kan groei.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom? Ja, ek kyk op na Siya Kolisi. Sy leierskap, nederigheid en vasberadenheid – op en van die veld – inspireer my. Hy wys dat met harde werk en span-gees, enige iets moontlik is.

Diederik Beuken

KAPTEIN VAN DIE EERSTE RUGBYSPAN

Hoe uitdagend was die voorbereiding vir die seisoen?

Ons voorseisoenprogram was uitdagend, maar dit het baie bygedra tot die spelers se kondisionering vir die komende seisoen. Ons sukses op die sportveld het begin met harde werk en toewyding – iets wat reeds in die voorseisoen duidelik was.

Watter spesifieke sterkpunte glo jy het hierdie jaar se span wat julle van die opposisie onderskei?

Hierdie jaar se span het iets besonders – ons speel nie net vir onsself nie, maar vir mekaar. Een van ons grootste sterkpunte is ons spangees en samehorigheid. Ons is nie net ‘n groep spelers nie; ons is ’n broederskap wat mekaar op en van die veld ondersteun. Verder is ons fiksheid en spelstruktuur op ’n baie hoë vlak. Ons het hard gewerk aan dissipline en kommunikasie, wat beteken ons bly kalm en gefokus onder druk. Elke speler weet presies wat van hom verwag word en ons vertrou mekaar om daardie rolle te vervul. Laastens glo ek ons intensiteit en trots om ons skool se kleure te dra gee ons daardie ekstra rand. Ons speel met hart – iets wat nie maklik gebreek kan word nie.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei, en waarop sal jy as leier fokus?

Dit is vir my ’n groot voorreg om die span te lei. My fokus is om die span te motiveer en te help fokus op ons gemeenskaplike doelwit. Bo alles wil ek hulle inspireer om elke wedstryd hul beste te gee. Ek is ongelooflik trots om as kaptein saam die span uit te draf op Saterdag. My span se positiewe gesindheid maak dit maklik om hulle te lei. My Hemelse Vader help my om te lei – sonder Sy genade is niks moontlik nie.

Watter tradisies of waardes maak jou skool se rugbykultuur uniek?

Hierdie legendariese skool is uniek – veral met ons swart trui. Ons passie lê by ons mense. Dit is ons verskillende agtergronde en perspektiewe wat ons sterker maak. Elke leerder dra by tot ons kultuur, en Gimmies het ’n kultuur soos geen ander. Ons diversiteit ís ons krag.

Watter doelwitte het julle as span vir die seisoen gestel?

Elke oefensessie, spandag, toer en saamwees het ons een stap nader gebring aan ons doelwitte. Ons mik daarna om sterker te eindig as waar ons begin het – om die beste te wees, vir jou span én vir jou skool.

Watter opkomende wedstryde of toernooie sien julle die meeste na uit?

Sonder twyfel: Gim en Goud. Dit is daardie een dag per jaar waar alles in Welkom tot stilstand kom. Families en vriende word verdeeld, en almal kies kant – alles in goeie gees. Oral waar jy kyk is dit rooi en blou. Dis daardie spesiale dag wanneer ons almal besef: ons is verskillend, maar tog dieselfde.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Ja, my rolmodel is my neef, Tiaan Fourie, wat tans vir die Sharks speel. Ek kyk geweldig op na hom. Hy is nie net ’n uitmuntende sportman nie, maar ook ’n man van karakter – iemand wat alles gee, nie net vir homself nie, maar ook vir die sport. Bo alles staan sy nederigheid uit.

GOUDVELD-HOËRSKOOL
DIEDERIK BEUKEN

GOUDVELD-HOËRSKOOL EERSTE RUGBYSPAN

o.19A Rugby

Ondersteun die Eerste Rugbyspanne, Saterdag 31 Mei om 15:00.

Diaan Jonker (k)
Joshua van Heerden
Rynard Albertyn
Lorenzo Martins
Keagan Frankenfeld
Thomas Bothma
Anrich v.d. Merwe
Kamahelo Moloke
Ru-Bran Kock
Malan Marx
Tian Harmse
Ethan Swartz
Nale Kwena
Tshepo Manenye
Arno Vosloo
KB Sonopo
Thabiso Phafudi
Ryan Rowett
Christiaan Swart
Motsitsi Mototo
Toka Khoee
GJ Wessels
o.19B Rugby
o.16A Rugby
o.15A Rugby
o.14A Rugby
Voor: Keyano Snyders, Motsitsi Mototo, Neelius du Raan, Eben von Gericke, Nale Kwena, Lerato Sompane, Luhan de Jager. Agter: J.D. Knepscheld, Danté Leteane, Tian Harmse, Rynard Albertyn, Juan v. Heerden, Thomas Bothma, Xander v. Niekerk, Tequan Tafel.
Voor: Jano Sandt, Sipho Bhiya, Johann v.d. Berg, Renaldo Agrella, Vian Boardman, Paul Sauer, Bruce Belling, Ogone Mocwane. Middel: Rapelang Leseba, Petrus Moalusi, Janco van Wyk, Vandré Gouws, Christopher du Plessis, Justin Liebenberg, Itumeleng Duiker. Agter: Ettienne Pretorius, Britz Reinders, Unathi Sijam, Arno Vogel, Jaylone Kruger, Délan van Zyl.
Voor: Kamahelo Molefi, NJ Riley, Dawie Schoeman, Juan Human, Elrico Weideman, Michiel Human, Sheldré v. Heerden, Geraldo Olifant, Tumi Itebogeng. Middel: Jonathan Jacobs, Jayden Gusti, Mzeki Tsoai, Luthando Howard, Hannes Taljaard, Lebohang Leeu, Herman van Niekerk, Zandro Engelbrecht, Ruan Terblanche. Agter: Estiaan Nel, Arian Botes, Leeland Ashmore, Henrico v.d. Berg, Ruben Engelbrecht, Miguel Farinha, Joandré Gates.
Voor: FJ Taljaard, Modise Mochaile, Kellann Kleynhans, Johnathan Olivier, Tumi Motsumi, Jazzaine Comet, Waldo v.d. Westhuizen. Agter: Nathan J.v. Vuuren, Zane Delate, Jordan Williams, Shaquille Brown, Micheal Coetzee, Stephan du Toit, Ki v.d. Berg, Dylan v. Schalkwyk.

Ons gesels met die afrigters van al die eerstespanne. Lees die onderhoude aanlyn!

Voor: Manru Buys, Junior Masiu, Gimo Naftal, Byron Klaasin, Jughon Juries, Ruchen Syster, Ruchen Daniels. Middel: Tumelo Masukela, Tshepang Maloka, Lyle Afrikaner, Ashwell Makepan, Zak le Roux, Desire Mkomanzi. Agter: Tiaan Venter, Bryan Haywood, Tumelo Sekoere, Cole Brown, Kyle Smith, Thabiso Molifi, Hlombe Mamani.
Voor: Thabang Sitoe, Matthew Venter, Dyllan Coetzer, Lesedi Tsibulane, Jan-Franco du Plessis, Henrico Welman, Karabo Ntseane, Juandre Williams. Agter: Caleb Botha, Oustin Tities, Liam Marais, Bull Rademeyer, Ethan Lory, Hlalefo Mavundla, Mpho Manyeli.
Voor: Bino Lekgetho, Wetsie Moloi, Ghian le Roux, Hloni Chauntsane, Lorenzo Victor (k), Luchiano Thokoa, Carl Willemse, Atlehang Moloi, Hloni Galeboye. Middel: Mziwakhe Mbongo, Divan Booyens, Tlhako Lesibe, Henre Rossouw, Tsigofatso Gwala, Jayden Moahludie, Atlehang Mahlatsi. Agter: Mpho Mokau, Marnus Maritz, Tumelo Makwayi, Thabiso Morabe, Oratiloe Matlokotsi. Afwesig: Bughle Mbethe, Dian Bisschoff.
Voor: Cyril Long, CJ Swart, Rico Schoeman, Luan Botha, Lindolhuhle Ncube, Kaderin Nel. Middel: Nathan Swart, Marco Pieterse, Batsi Sabeela, Petri Van De Merwe, Leeto Machago, Eduan Goss, Mpilo Martins. Agter: Khumo Mogoaladi, Jay-cee Fitzgerald, Oarabile Mavundla, Kabelo Mabitla, Mbono Myemane, Driekus Greyling, Wico Grové, Deliverance Mkhomanzi, Carl Van Vuuren.

Nyrette Steenkamp

KAPTEIN VAN DIE EERSTE NETBALSPAN

GOUDVELD-HOËRSKOOL EERSTE NETBALSPAN

Hoe het die span hulle vir die seisoen voorberei en op watter aspekte van die spel het julle gefokus?

Ons span het spesifiek gefokus op die doelsirkel en ons aanvallende spel, ook aan die verdedigende kant en daaraan gewerk dat elke speler weet waar sy haar op die baan moet bevind. Nadat ons die legkaartstukkies bymekaar gepas het, het ons begin saam speel en mekaar vinnig op die baan leer ken.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Dit is vir my ’n groot eer en voorreg om my skool te verteenwoordig. Ek voel ’n sterk verantwoordelikheid om altyd my beste te gee – nie net vir myself nie, maar ook vir my span, afrigters en die skool. Ek is baie trots daarop, en elke dag dankbaar dat die Here my die gawe gegee het om dit te doen.

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen? Die derby teen ons buurskool, Welkom Gimnasium, is altyd ’n groot uitdaging weens die lang geskiedenis van mededinging tussen die skole. Ons mik ook daarna om aan die Lejweleputswa-uitspele deel te neem en so goed moontlik te presteer.

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy? Ek bewonder Karla Pretorius vir haar ongelooflike spelintelligensie, vasberadenheid en nederigheid. Sy is ’n ware rolmodel – op en van die baan af – en bewys dat harde werk en volharding tot sukses lei.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend? Ons span het ’n sterk band en vertroue in mekaar – dit is beslis ’n voordeel op die baan. Elke speler verstaan haar rol en weet presies wat van haar verwag word. Ons harde werk en toewyding gee ons die selfvertroue om teen enige teenstander te staan.

Madri Harmse, Elba Stolk en Marie de Wet.

AFRIGTERS VAN DIE EERSTE NETBALSPAN

Wat kan die skool en ouers hierdie naweek van julle span verwag? Ons wil hê die ouers en die skool moet weet dat ons ons heel beste gaan gee. Ons gaan nie moed opgee nie en ons sal aanhou veg tot die eindfluitjie blaas.

Hoe berei julle span in die week voor Interskole voor? (Fisies en geestelik) Ons het reeds vroeg in die jaar begin voorberei vir hierdie dag. Ons sorg dat die regte spelers op die regte posisies speel en dat hulle fiks en vaardig genoeg is om elke wedstryd aan te pak. Die week voor die Derby verander niks – ons bly by die basiese beginsels van netbal en rond net af in die laaste week.

Waar sou julle sê lê julle krag hierdie jaar? Ons krag lê in ons Hemelse Vader. Ons speel vir Hom. Ons wil Sy Naam verheerlik deur die talente wat Hy aan ons gegee het ten volle te gebruik.

Wie het die grootste invloed as afrigter op julle lewens gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?

As dit by netbal kom, het ek drie rolmodelle:

• Tannie Marie de Wet het vir my alles geleer wat

ek van netbal weet. Sy het my geleer hoe om af te rig, hoe om te skeidsreg, en sy is steeds my onuitputbare bron van kennis.

• My ma is ook ’n groot rolmodel. Sy het my geleer om nooit op te gee nie. Van kleins af het haar woorde by my vasgesteek: “Iemand wat altyd aanhou, wen.” En as ek moedeloos raak, hoor ek haar stem: “Waar ’n wil is, is ’n weg.”

• Juffrou Elba Stolk het my geleer om kalm te bly in spanningsvolle tye. Sy ondersteun my altyd –selfs in al my wilde planne – en sy het my laat glo dat “Dr. Lee” enige besering kan beter maak. Ek kyk op na al drie hierdie vroue. Ek sal baie bevoorreg voel as ek net ’n bietjie soos elkeen van hulle kan wees.

Watter boodskap dra julle aan die span oor net voor hulle op die baan hardloop? Gee net jou beste. Moet nie ophou voordat die eindfluitjie blaas nie. Geniet elke oomblik en glimlag – as jy dit geniet, sal jy op jou beste speel. Kolossense 3:17 – “Ons doen dit nie vir mense nie, maar vir die Here.”

Voor: Marie de Wet, Runecia Langzurie, Madri Harmse, Nadia Prinsloo, Elba Stolk. Agter: Rethabile Moseau, Katleho Mofokeng, Mpho Khumani, Kaylee Botha, Zelney Meintjes.
Nyrette Steenkamp (k)
Naledi Tadi
Carli Taljaard
Vanessa Wasyliszyn
Annabelle Rheeder
Olwethu Xalabile
Lynn-Mari Louw
Michelle v.d. Westhuizen (o.k)
Nadia Prinsloo

WELKOM GIMNASIUM FIRST TEAM NETBALL

Watter netbalster of sportpersoonlikheid bewonder jy en hoekom juis hy of sy? Sanmarie Visser. Sy studeer by NWU en was daar toe ons in 2024 in Potchefstroom was vir ’n netbaltoer. Sy speel nou vir die Proteas en inspireer jong netbalspelers elke dag om hul drome na te jaag. Sy het my geleer om nooit op te gee op wat ek wil bereik nie.

Wat dink jy maak julle span hierdie jaar mededingend?

Ons het ’n relatief jong span waarvan die meeste spelers verlede jaar nog o.16 gespeel het. Ons het verlede jaar die Lejweleputswa-liga gewen, en die meeste van daardie spelers is nou in die eerstespan. Ons ken mekaar goed, bou voort op verlede jaar se suksesse, en skaaf steeds om nóg beter te presteer.

Wat beteken dit vir jou om jou skool as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig?

Ek en my sussie verskil ses jaar, so ek het sedert graad 4 elke jaar die eerstespan-wedstryde bygewoon en altyd gedroom om ook eendag my kans te kry om Gimmies as ’n eerstespan-speler te verteenwoordig.

Watter span of toernooi beskou jy as julle grootste uitdaging hierdie seisoen?

Oranje Meisieskool, want hulle het al verskeie Vrystaatbekers gewen. En natuurlik bly die jaarlikse Derby teen Goudveld ’n rooiletterdag op ons netbalkalender.

Hoe het die span hulle vir die seisoen voorberei en op watter aspekte van die spel het julle gefokus?

Ons het gekonsentreer op balvaardighede, behendigheid, aanval, verdediging en veral op spanbou en spangees.

Simone Cloete, Chante Walker en Marlene Groenewald , ,

AFRIGTERS VAN DIE EERSTE NETBALSPAN ,

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag? Soos elke jaar, beloof hierdie jaar se Derby om ’n vertoning te wees van uitmuntende talent en goeie sportmangees. Ons streef voortdurend daarna om aanskoulike en kompeterende netbal te speel.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Beslis in die veelsydigheid van ons spelers. Elkeen kan verskeie posisies speel en pas maklik aan by veranderinge tydens die wedstryd. Hulle aanpasbaarheid tot verskillende spelstyle is ’n groot bate. Ons belangrikste bron van krag lê egter in ons Hemelse Vader. Ons geloof in Hom, en in mekaar as medesussies op die baan, maak ons span besonders sterk en bekwaam.

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (Fisies en geestelik) Roetine is vir ons belangrik, daarom wyk ons nie te veel daarvan af nie. Ná elke wedstryd doen ons ’n deeglike analise van die statistieke en fokus ons op foutontleding om enige probleemareas te identifiseer en daaraan te werk. Derbyweek is altyd baie besig, maar ons fokus bly deurentyd op die wedstryd. Tydens die week berei ons ook emosioneel voor op die strawwe

kompetisie wat voorlê – ons lig die moraal, neem deel aan verskeie aktiwiteite, en werk voortdurend aan ons spangees.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk? Ek is bevoorreg om al by baie ervare en inspirerende afrigters te kon leer – onder andere Lesley Hale en Lizelle Janse van Rensburg. Elkeen van hulle het my iets uniek geleer oor die spel. Hulle het my onder hul vlerk geneem en my alles geleer wat ek vandag weet. Dit was ’n eer om van sulke mentors te leer, en ek sal altyd dankbaar wees vir die invloed wat hulle op my afrigtersreis gehad het.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan gaan? Ek vra hulle om daardie klein dogtertjie in hulle te onthou – die een wat op sewe of agt jaar oud net opgewonde was om netbal te kon speel. Die enigste ding wat ek van hulle verwag, is om hul beste te gee en die spel sáám met hul spanmaats te geniet. Die liefde vir God, en vir die talente wat Hy vir hulle gegee het, is een van die belangrikste aspekte van spansport – iets wat dikwels oor die hoof gesien word.

Neo Molupe, Katlego Molikeng, Tlotliso Makeka, Lindiwe Mgabadeli, Mamojaki Kumalo, Samira Rooibaardt, Blessings Chivogo.
o.16A Netbal
Voor: Ilze Coetzee, Linelldi Minnie, Liané Erasmus, Chanté Michau. Agter: Jozanel Strydom, Geraldene Ferreira, René Steenberg, Kaela-Mari Keyser, Melincke Pienaar, Bontlé Mokhele.
Nozi Radebe, Tenieke van Aswegen, Oratilwe Tsoaela, Megan Koen, Cameron Kotze, Kathleho Khatoane, Rose Njoku.
Voor: Lezil Bothma, Bokamoso Semela, Mosa Sephula, Anri Cox, Megan Nel. Agter: Juanique van Zyl, Shynette Odendaal, Kaylee Groenewald, Chenike v.d. Merwe, Lienkhe Meintjes, Deanté Berry, Nada Pikela.
Janeke van Aswegen, Marshanique Goodman, Kay-Lee Jansen, Pelonomi Mokoddutlo (c), Tshepi Letsie (v/c), Kaitlyn Swart, Lerato Pule.
Voor: Lezil Bothma, Geraldine Breytenbach, Phenyo Dimpane, Megan Nel. Agter: Priscilla Molaqa, Mené Breytenbach, Akilah Oerson, Duané Vorster, Kylie Schönfeldt. Afwesig: Daniëlle de Meillon.
Lusanele Bahlekazi, Botshelo Ramanamane, Mapuleng Mangojane, Denise Odendaal, Molemo Bosiu, Pelo Mavundla, Shamika Lewies.
o.17A Netbal
Voor: Ilze Coetzee, Nigella Siebert, Melindy Steyn, Chanté Michau. Agter: Amo Twapa, Siyanda Williams, Anika Reinders, Dianthe Fouche, Annique de Villiers, Shakira Mokhele.
Isabella Maritz, Katleho Mokolutlo, Shelby Gouws, Karisna van Rooyen, Oleratho Serathi, Buhle Blom, Rethabile Tsotetsi, Roshane Douths.

KAPTEIN VAN DIE EERSTESPAN

GOUDVELD-HOËRSKOOL EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?

Hierdie jaar is ons span se sterkpunte beslis hoe ons as ’n eenheid funksioneer en ons vasberadenheid. Almal verstaan hul rol op die veld en vertrou mekaar, wat maak dat ons soos ’n goed geoliede span saamwerk.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?

Omdat ons skool so ’n ryk hokkiekultuur het, weet ek hoe belangrik hierdie posisie is, en ek gee my alles om ’n voorbeeld te stel in dissipline, toewyding en passie vir die spel.

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?

Ons doelwit is om onoorwonne deur die seisoen te gaan, asook om stelselmatig hoër op die Suid-Afrikaanse Skolehokkieranglys te klim. Ons wil ook groei as individue én as ’n span, en ’n nalatenskap los waarop toekomstige spanne kan voortbou. Ons wil die Here eerste stel, want ons weet niks is moontlik sonder Hom nie.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?

Ja, ons skool het ’n baie groot hokkiekultuur – dit is meer as net ’n sport, dit is deel van ons identiteit.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste en hoekom?

Die Derby is vir ons die spesiaalste wedstryd van die jaar. Die gees, die voorbereiding en die geskiedenis agter hierdie wedstryd maak dit besonders.

Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?

Ek kyk op na Michael Phelps, die swemmer. Sy ongelooflike werksetiek, fokus en die manier waarop hy telkens ná terugslae teruggekom het, inspireer my om nooit op te gee nie.

Agter:

Afwesig:

o.19B Hokkie
Voor: Tahlia Botha, Caitlyn van Kraayenburg, Ineke Bouwer, Daneské du Toit, Lana Odendaal, Chimlee Botes, Anschen Landman.
Bongi Malunga, Bianca Pieterse, Kaelin Harrison, Micke Stroebel, Jessy Dreyer, Kimora-Lee Ouman, Lana Venter, Anri Cox, Larisse Steyn.
Dimpho Thekisho, Nicole Anagnostou.
Voor: Omphile Kula, Bernice Steyl, Brenda-Lee Neethling, Paiton Steyn, Mickayla de Meillon, Clariska Wattel, Shamonay Bantom, Audrey Hodgson.
Agter: Tanya de Lange, Xandri Brits, Chanelle de Beer, Paula Hamel, Kaydi Fourie, Christie Prinsloo, Larissa Vogel, Tshire Thekiso.
Mianique Lombard (k)
Elizabeth Mabena
Kayla Pretorius
Bianca Earle (o.k)
Lin-Mari Kruger
Carla de Jonge
Rihané Liebenberg
Grace Khumalo
Leané van Rooyen
Cara Claassen
Nia-Mari Joubert
Dintle Lichakane
Weré Joubert (o.k)
Alicia Viljoen
Aimeé O’Brien
Bella Kruger

WELKOM GIMNASIUM EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Tamsin Parsons

KAPTEIN VAN DIE EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoefening gefokus? Ons het gefokus op die verbetering van spelers se algemene stamina sodat hulle die tempo van ’n wedstryd kan volhou.

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar? Definitief ons kommunikasie saam met ons afrigter. Ons hoor net “one-two” en die span val onmiddellik in plek! Ons span self is ’n sterkpunt!

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik? Om met trots die liga en die Derby te wen! Ons wil ’n span wees wat ’n voorbeeld stel – sodat ander na ons kan opkyk.

Watter wedstryd en/of toernooi is vir julle die spesiaalste, en hoekom? Die Derby, omdat dit al jare lank deel is van Welkom. Dit dra die geskiedenis van twee skole wat uitmuntend presteer in akademie en sport.

Voor: Aimee Stoltz, Caylen van Schalkwyk, Tiisetso machecheoane, Lu-Keisha Farmer, Gabriella Mohoje. Middel: Leandri Pienaar, Reatile Khantsie, Ayola Xhame, Tezmea van Rooyen. Agter: Qeto Mohlomi, Kayla Kotze, Jaydene Swanepoel, Simone Parsons, Kristen Long.
Voor: Juan-Mari Graaff, Oratilwe Mzizi, Michelle Koen, Vene Steyn, Barbra Myburg. Middel: Omphile Matlaletsa, Marizaan Combrink, Chane Marais. Agter: Christi Naude, Aizeanosa Zabayo, Dominique Joubert, Onalenna Lepathi, Tsgepiso Nkoko, vanessa Thipe. Afwesig: Mbali Jacobs.

GOUDVELD-HOËRSKOOL EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Op watter aspekte van fiksheid en strategie het die span tydens voorseisoenoefening gefokus?

Ons het aan die begin van die jaar ’n nuwe formasie aangeleer en gewerk aan hoe om dit effektief toe te pas. Ons moes ook meer op ons fiksheid fokus as gewoonlik, aangesien die nuwe formasie meer vereis van die spelers in die middelveld.

Wat is julle span se sterkpunte hierdie jaar?

Ons het beslis meer doele aangeteken teen groot spanne hierdie jaar as verlede jaar. Vorige seisoene was dit vir ons moeilik om gemaklik in elke wedstryd doele aan te teken, maar dit het dié jaar baie verbeter met die nuwe span. Ons verstaan mekaar ook baie goed, en dit wys elke keer as ons uitdraf op die veld om ons skool se naam hoog te hou.

Wat beteken dit vir jou om die skool se eerste hokkiespan te lei?

Ek is nederig dankbaar vir Jesus se genade vir die voorreg. Dit beteken vir my baie om te weet dat die skool, ons afrigters en my spanmaats my ten volle vertrou.

Het julle skool ’n groot hokkiekultuur, en hoe belangrik is sukses vir julle span om dit te volhou?

Ja, ons skool het beslis ’n sterk hokkiekultuur, veral sedert ons die nuwe Astro gebou het. Sukses gaan vir ons oor meer as net wen – dit gaan oor om ons skool se naam hoog te hou en om toekomstige generasies Goudveld-hokkiespelers te inspireer.

Wat wil julle as ’n span in 2025 bereik?

Ons wil graag die liga wen – dit sal die eerste keer in die geskiedenis van Goudveld Hoërskool wees dat die eerste seuns hokkiespan dié mylpaal bereik. Dit gaan nie maklik wees nie, maar ek glo in ons span, en met Jesus se genade is enigiets moontlik.

Is daar ’n hokkiespeler of sportfiguur na wie jy opkyk, en hoe het hulle loopbaan jou benadering tot die spel beïnvloed?

Vir my is Rafael Nadal my grootste sportheld. Hy het my geleer om nooit moed op te gee nie – maak nie saak hoe moeilik ’n wedstryd is nie.

Voor: Jaydon van Zyl, Tshepo Masheshemane, Reaoleboha Phakoe, Haylon Fourie, Tania Ballot, Themba Moabeli.

Middel: Geraldo Pelser, Hloni Davids, Tebello Mokoena, Eben v.d. Berg, Gerco Janse van Rensburg, Tiaan Strauss.

Agter: Jade Wangra, Dietloff Basson, Ruan Hall, Jevanho Motaung, Sello Ngwane, Jayden J.v. Rensburg, Khotso Karabelo.

Waldo Barreto (k)
Henco Kleinhans
Piet le Roux (o.k)
Jivan van Eck
Tiaan Strauss
Siya Mazingi
Katleho Motseki
Wijan Oberholzer
Vihan Geldenhuys (o.k)
Gerald Jacobs
Molemo Moletsane
Jaydon Meintjies
Themba Moabelo
Juah J.v. Rensburg
Damian Dalhouzie
o.19B Hokkie

WELKOM GIMNASIUM EERSTESPAN HOKKIESEUNS

What aspects of fitness and strategy has the team focused on during pre-season training? It was a challenging pre-season, especially since 30% of the team picked up a hockey stick for the first time this year. Our main focus was on building team chemistry and understanding each other’s strengths and weaknesses. The goal was to push ourselves to meet the standard of being truly “hockey-fit.”

Which hockey player or sports figure do you look up to, and how has their career influenced your approach to the game? In hockey, I look up to Melrick Maddocks. In sport generally, it’s Cristiano Ronaldo. Both come from tough backgrounds and have pushed through to become worldclass athletes. Their stories inspire me to be the best version of myself—through hard work, determination, and the right mindset.

What are your team’s biggest strengths, and how do you plan to capitalise on them this season? Our biggest strength this year is our ability to score goals. The moment we score, our mindset shifts -- it instantly lifts the team’s energy and drives us forward.

What does it mean to you to lead your school’s hockey first team? It’s a great privilege to lead the team, especially knowing that not long ago, I was a

follower. But leadership doesn’t mean I can relax. It takes courage and responsibility, and I’m fully aware that what I do on the field isn’t just for me - it’s about setting an example for those who are watching.

How would you describe your school’s hockey culture, and what makes it unique? Our school’s hockey culture may not be as big as we’d like, but the heritage behind it carries great value. Success in hockey is significant because it upholds that tradition, which is deeply rooted and meaningful to our school. That said, things are evolving, and we’re excited to be part of that change.

What are your main goals as a team for this season?

We’ve made it clear among ourselves - we want to be the number one ranked team in the 2025 season, and we’re aiming for an undefeated run. Reaching this goal will require sacrifice, discipline, and consistent self-reflection from each player. Which upcoming fixture excites you most, and why is it significant? The Goudveld match is the most anticipated game, not just for me, but for the entire team, our coach, and the school. As part of the annual Derby, the atmosphere is intense, and everyone knows what’s at stake: proving we are the better school.

Voor: Andile Mboyana, Breyton Oss, Dane Barnes, Eddie Sithole, Hlonofatso Matli.
Agter: Bokang Pulumo, Lucky Lethoko, Tshepo Moru, Ruben du Preez, Teboho Motlatla, Hendre Maree.
KAPTEIN VAN DIE EERSTESPAN HOKKIESEUNS
Lorenzo Sardinha

o.14A Hokkiedogters

o.14A Hokkieseuns

Voor: Owami Seliane, Jano Meyer, Bernard Mol, Jayden Viljoen, Nathan Osborn, Daphne de Beer, Ezra Langzurie, Nathan Homan. Agter: Divan van Zyl, Prince Masobe, Paballo Dalamba, Kamo Davids, Hendré Wentink, Bentley Hancke, Nathan Lourens, Lu-Juan Koch, Siya Nado.
Voor: Keke Dlhangisa, Hope Coetzer, Kaitlyn Maasdorp, Lize-Mari Coetzee, Kaydene Keyser, Mpho Mokhathi, Janke Rowett. Agter: Bella Cronje, Lunay Smit, Chenique Viljoen, Alexis van Staden, Liezel du Plessis, Jessica Krynen, Bernice v.d. Walt, Rilane Wadmore, Tiffany Viljoen.
Voor: Zonika van der Berg, Onalerona Ranthako, Michelle Moloi, Bohlokoa Mafanya, Vene Roodt, Carike du Toit. Agter: Kiara le Roux, Anke Britz, Kendall Rayners, Mieke Groenewald, Keira Naidu, Bohlokoa Lethoko, Masechaba Lesole, Mieke Lotter (v/c), Karlien van Jaarsveld (c), Reanike Maritz.
Voor: Alex Lombaard, Dean Wepener, Semoné v.d. Walt, Tebello Mokoena, Zanrich de Beer, Jeandré Pieterse, Jaydon v. Zyl, Owen Bekker. Agter: Geraldo Pelser, Gerco J.v. Rensburg, Lesedi Toko, Dewald v. Staden, Logan Jacobs, Dietloff Basson, Eben v.d. Berg, Hloni Davids.
o.16A Hokkie

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook