Skip to main content

Diamantveld vs Noord-Kaap - AWSUM Special Edition 2026

Page 1


VOORWOORD VAN DIE HOOF

HOËRSKOOL DIAMANTVELD

Baie welkom aan die skoolhoof van Hoërskool Noord-Kaap, Mnr Owen du Plooy, asook al die personeel, afrigters, ouers, oudskoliere en leerders van die skool. As gasheerskool van die interskole verwelkom ons ook graag al die lojale Diamantveld ouers, ondersteuners, oudskoliere en leerders by die geleentheid.

‘n Spesiale woord van dank aan ons borge wat dit moontlik maak vir ons leerders om te kan deelneem en kompeteer gedurende hierdie dag, ons waardeer een en elk van julle. Sport is ‘n onlosmaaklike deel van die samelewing en ‘n kragtige hulpmiddel in die opvoedingstaak. Dit is ons doelwit, as verantwoordelike opvoeders, om deur middel van sport nie net die individu se talente te onwikkel nie, maar ook om vir hom of haar lewensvaardighede aan te leer, wat ‘n impak op die gemeenskap waarin hy of sy funksioneer gaan hê.

Mag die strawwe mededinging te alle tye in goeie gees geskied en mag ons positiewe ondersteuning langs die baan of veld bydra tot die skep van positiewe sportmanskap tussen deelnemers en ondersteuners. Dankie aan die mediese personeel en die skeidsregters wat vandag se wedstryde moontlik maak. Ek wil graag die afrigters van alle spanne bedank, vir hul toewyding gedurende die seisoen.

Mag die dag gekenmerk word deur leerders wat hul beste gee op die baan en veld, om sodoende ten spyte van die uitslag, steeds trots kan wees dat hul die talente wat hul van ons Vader ontvang het gebruik, ontwikkel en ten toon gestel het tot Sy eer.

Geniet Clashes 2026!

Vriendelike groete

Mnr Francois de Kock

Mnr Francois de Kock

MG van Greuning

HOËRSKOOL DIAMANTVELD SE EERSTESPAN RUGBYKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Ons voorseisoen het verlede jaar Oktober al begin. Ons het verskriklik hard gewerk in daardie tyd en selfs op ’n toer na Wellington gegaan, wat gewys het hoe toegewyd en gedissiplineerd die span is.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Wat hierdie span anders maak, is die hoeveelheid talent wat ons onder mekaar het en dat ons met meer selfvertroue speel as in vorige jare.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Oomblikke voor ’n wedstryd tref die vlinders en stresgevoel my altyd, maar sodra ek saam met my span deur daardie tonneltjie hardloop, gaan alles weg en voel ek trots en opgewonde.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speel baie vinnige rugby en wanneer tye moeilik raak, gee ons nooit op nie.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Alhoewel ons nie by ons mikpunte uitgekom het om twee uit twee op toere te wen nie, is ons grootste mikpunt steeds om die SSR-liga te wen en te oorheers.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die wedstryd teen Stellenberg het die meeste op ons kalender uitgestaan.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

JG van Heerden gaan mense verras met sy goeie vermoë om spelgeleenthede te skep en sy uitstekende werksetiek.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Sport leer ons dissipline, respek en spanwerk. Buiten dit maak rugby ons nie net goeie mense nie, maar ook goeie mans.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n leier wees wat leiding neem deur die manier waarop ek speel, ’n voorbeeld stel, positief bly en altyd my span ondersteun.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop dat mense kan sê dat ons ’n span is wat met trots speel en dat hulle van buite af kan sien hoe spesiaal hierdie groep van ons is.

HOËRSKOOL DIAMANTVELD

EERSTESPAN

RUGBY

MG van Greuning (k)
Wian Maritz
Hennie Swanepoel
VJ Davids
Mikyle Muller
JG van Heerden (o.k)
Francois de Boer
Heinrich Swart
Victor Greeff
LJ Buys
Clinton Brits Senter
Franklin Stevens
Tyler Campher
Keanu Mettler
CJ Meiring

HOËRSKOOL NOORD-KAAP

EERSTESPAN RUGBY

HOËRSKOOL NOORD-KAAP SE EERSTESPAN RUGBYKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was taai, maar dit het gewys ons span gee nooit op nie. Ons het vroegoggend begin oefen en selfs op dae wat dit gereën het, het almal opgedaag. Dit wys ons karakter en dat ons regtig wil verbeter hierdie jaar.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Wat ons anders maak, is die eenheid in die span. Ons is nie net ’n groep individue nie; ons speel vir mekaar. Ondersteuners kan uitsien na vinnige, aanvallende rugby en ’n span wat 80 minute lank veg.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Ek dink aan al die ure se harde werk en aan my spanmaats langs my. Om die veld in my skoolkleure te betree, is ’n groot eer. Dit beteken ek verteenwoordig nie net myself nie, maar ook my skool en almal wat ons ondersteun.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons speelstyl is vinnig en aggressief. Ons ingesteldheid is: moenie terugstaan nie. Die gees in die span is positief, en ons lag baie saam, maar wanneer dit tyd is om te werk, skakel almal in.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons standaard is om altyd 100% te gee, respek vir skeidsregters en teenstanders te wys, en om ná elke wedstryd te kan sê ons het niks teruggehou nie. Wen is belangrik, maar karakter tel meer.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die derby teen Hoërskool Diamantveld staan vir my die meeste uit. Dit is ’n tradisiewedstryd, en albei skole wil wen. Vir ons beteken dit baie om ons skool trots te maak in so ’n groot wedstryd.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek sal nie regtig sê daar is ’n spesifieke speler in die span wat mense moet dophou nie, want almal in ons span speel op dieselfde vlak.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Rugby leer jou dissipline, spanwerk en hoe om dit te hanteer wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Daardie lesse help jou in die klaskamer en later in die lewe.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil ’n kaptein wees wat deur voorbeeld lei. Ek wil eerste by oefening wees en laaste weggaan. Ek wil wys dat harde werk en respek vir almal die belangrikste is.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop hulle sê: “Daardie span het nie opgegee nie. Hulle het met hart gespeel en mekaar ondersteun.” As hulle dit sê, het ons ons doel bereik.

Austin Cloete
Geraldo Steyn
JP Fredericks
Myrim Meerka
Azania Lekwhi
Gift Kok
Kitso Lephoi
PJ Koopman
Calvin Secongela
Jadon Jansen
Kyle Atkins
Liam Botha
Retuma Lebogang
Eldrin De Koker
Jordan Fortuin
Ettienne Brittian (k)
Lance Louw
London Kopa
Viano Erasmus
Sibusio Mabusa
Sherwin Feder
o.16A - Rugbyspan
o.15A - Rugbyspan
o.14A - Rugbyspan
o.16A - Rugbyspan
o.15A - Rugbyspan
o.14A - Rugbyspan

Johandri de Wet

HOËRSKOOL DIAMANTVELD SE EERSTESPAN NETBALKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen het ons as ’n span baie gehelp om mekaar beter as mense te leer ken, asook om te leer hoe om as ’n span saam te speel en mekaar deur die jaar te motiveer. Ons het almal hard saamgewerk en vertroue in mekaar gekry.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ek dink ons is hierdie jaar nie net ’n baie lekker span nie, maar ook ’n lekker groep kinders met baie gees en passie vir die jaar. Ons is ’n jong span en ek dink dit sal lekker wees om te sien hoe elkeen deur die jaar groei en ontwikkel.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Ek besef elke dag dat dit ’n baie groot voorreg is om kaptein te wees en om die span met passie en trots te lei en ’n goeie voorbeeld vir ander rondom my te stel, ten alle tye. Wanneer ek my skoolkleure dra, beteken dit vir my meer as net netbal; dit is om iets groter as myself te verteenwoordig.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons is ’n groep met baie goeie gees, en dit help ons om mekaar positief te hou sodat ons tot die einde ons beste kan gee. Omdat die span nog jonk is, het elkeen ’n goeie ingesteldheid om in hul posisies te groei.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ek dink dit is vir ons belangrik om die sport te geniet, al gaan dit nie altyd so goed nie. Omdat ons nog ’n jong span is, wil ons graag ’n goeie gees en passie vir die jonger spanne ook skep.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Ek sal sê Affies is ’n baie lekker wedstryd om na uit te sien, want dit is gewoonlik die eerste wedstryd van die seisoen en die atmosfeer is elektries. Dit is ook ’n lekker manier om jouself teen een van die beste skole te toets.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek sal sê Liané. Sy is nog baie jonk, het ’n groot passie vir die sport en is bereid om haar alles te gee en meer te leer.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Dit is baie belangrik om jou spanmaats ten volle te vertrou en bereid te wees om alles vir jou span te gee. Dit leer jou om nie sommer moed op te gee wanneer dinge moeilik raak nie, maar tot die einde aan te hou. Jy moenie net op jou eie insigte staatmaak nie, maar ook ander toelaat om jou te ondersteun.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Ek wil graag iemand wees wat ’n goeie voorbeeld vir my span stel deur hard te werk, respek te wys en ook altyd positief te bly om die atmosfeer goed te hou. Ek wil hê my spanmaats moet weet dat hulle altyd op my kan staatmaak, op en van die baan af. Vir my gaan leierskap nie net oor wen nie, maar ook oor hoe ons mekaar opbou om saam te groei. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Dit sal vir my lekker wees as mense sien dat ons die sport ten volle geniet en bereid is om ons alles te gee.

HOËRSKOOL DIAMANTVELD

EER STE SPAN NETBAL

Carli van Niekerk
Liane Prinsloo
Micke Muller (o.k)
Minet Cilliers
Kylie du Raan
Lize Wiid
Mieke Smal
Johandri de Wet (k)
Nelmarie Hanekom
Mienke van Niekerk

HOËRSKOOL NOORD-KAAP

EERSTESPAN NETBAL

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was baie intens, maar dit het vir ons gewys hoe toegewyd en hardwerkend hierdie groep spelers is. Ons het as span nader aan mekaar gegroei en geleer om mekaar deur moeilike oomblikke te ondersteun.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Hierdie eerstespan is anders omdat ons ’n sterk band, goeie spanchemie en goeie gees het. Ondersteuners kan opgewonde wees omdat ons met passie, energie en trots speel, en nooit maklik opgee nie.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Voordat ek die baan betree, dink ek aan hoe bevoorreg ek is om my skool te verteenwoordig. Dit gee my trots en motiveer my om alles vir my span en skool te gee.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span se identiteit is gebaseer op harde werk, dissipline en spanwerk. Ons speel met baie energie en probeer altyd positief bly, selfs onder druk.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Buiten om wedstryde te wen, het ons vir onsself die standaard gestel om altyd respek, dissipline en goeie sportmanskap te wys. Ons wil in elke wedstryd verbeter en as span groei.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Die wedstryd wat vir my die meeste uitstaan, is teen ons grootste mededingers. Dit is belangrik omdat daar altyd baie trots en emosie by daardie wedstryd betrokke is, en dit wys hoe sterk ons as span is.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink daar is ’n paar spelers wat mense hierdie seisoen gaan verras omdat hulle baie hard werk en groot potensiaal het. Hulle toewyding en houding maak hulle spelers om dop te hou.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hierdie sport leer spelers belangrike lewensvaardighede soos dissipline, spanwerk, verantwoordelikheid en deursettingsvermoë. Dit help ons ook om beter mense buite die sportveld te wees.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein wil ek ’n leier wees wat my span motiveer en ondersteun. Ek wil ’n voorbeeld stel deur hard te werk, respek te wys en altyd positief te bly, ongeag die situasie.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sal ná ons wedstryde sê dat ons ’n span is wat met trots, passie en goeie spanwerk speel, en dat ons nooit ophou veg vir mekaar nie.

Shandrè Swartz (k)
o.16A - Netbalspan
o.15A - Netbalspan
o.14A - Netbalspan
o.15A - Netbalspan

Tanya Janse

HOËRSKOOL DIAMANTVELD SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen het gewys hoe sterk ons band as span regtig is. Ons werk hard vir mekaar en gee nooit op nie, selfs wanneer dinge moeilik raak.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span speel met baie hart en passie. Ons ondersteun mekaar deur alles en ons gee altyd alles op die veld, maak nie saak wat die telling sê nie.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Dit beteken baie om die baan in Diamantveld se kleure te betree. Dit maak my trots om deel van so ’n hegte span en skool te wees.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Ons span se identiteit is dat ons nooit ophou veg nie. Ons speel hard, staan saam en probeer altyd ons beste gee vir mekaar.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

Ons standaard hierdie seisoen is om altyd 100%-inspanning te gee en as ’n span saam te speel, ongeag die uitkoms van die wedstryd.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Elke wedstryd is belangrik vir ons, maar veral die groot derby-wedstryde omdat dit vir die span en skool baie beteken.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Ek dink baie van ons spelers gaan mense verras hierdie jaar, omdat almal hard werk en konstant verbeter. Ons het baie talent en deursettingsvermoë in die span.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Hokkie leer ons dissipline, respek en hoe om saam met ander te werk. Dit leer ons ook om sterk te bly wanneer dinge nie altyd volgens plan verloop nie.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

As kaptein wil ek hê my span moet altyd positief bly en mekaar ondersteun. Ek wil ’n voorbeeld stel deur hard te werk en nooit op te gee nie.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Ek hoop mense sien ’n span wat trots speel vir Diamantveld, wat sterk saamstaan en altyd alles op die veld los.

HOËRSKOOL DIAMANTVELD

EERSTESPAN HOKKIEDOGTERS

Carla Ellis
Elizabeth Opperman
Angelique du Plessis
Tanya Janse (k)
Elani Pretorius
Lauretta Myburgh
Kaylin Celliers
Kaelyn Murray
Simone Steyn
Elri van Tonder
Shailee Goldschmidt
Mieke Smit
Leilah Snyman

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?

During this pre-season, our team did not start off well. We were not where we were supposed to be, but pre-season has shown that this team is focused, hardworking and ready to compete for each other in every single game.

What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?

Our team is filled with exciting young players who bring energy, confidence and fight. Supporters should expect exciting hockey and a team that never gives up.

What goes through your mind in the moments before you step onto the court or field wearing your school colours, and what does that opportunity mean to you personally?

Before every game, I think about what it means to be “Proud to be Green”. I think about making Northern Cape High proud and giving everything for my teammates and school. Every game is an opportunity to grow, to give it our all, and to show everyone around us our pride.

Every strong team has its own identity — how would you describe your team’s playing style, attitude, and overall spirit?

Our team plays with intensity, discipline and teamwork. We trust each other and always play for the badge.

What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?

We want to set a standard of discipline, respect, commitment and consistency on and off the field. We want to work towards excellence at all times, and we strive to achieve that.

Which fixture stands out most on the calendar for you, and what makes that match especially important to the team?

The Diamantveld Classic Clashes fixture stands out the most. We have beaten them three times in a row, and we want to keep that standard this season. The atmosphere for this fixture is always exhilarating and vibrant!

Who in this squad do you think could surprise people this season, and what makes them a player to watch?

I think there are a few players who will surprise people this season because of how much work they have put in and how confident they have become. Therefore, it is difficult for me to identify only one player.

Aedon Daries
Brandy Martin
Madison Joseph (o.k)
Sabiha Boraine
Alreese Maasdorp
Brooklyn van Wyk
Misha Brooker
Tayden Damons
Azra Benjamin
Caitlyn Bosch
Nazia Boraine Tenisha Petrus
Nikita Du Plooy (k)
Geraldine Appie
Reyaoboka Maishane
Thameeka Valentine

De Wet Fourie

HOËRSKOOL DIAMANTVELD SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding?

Die voorseisoen was baie goed. Ons het ’n goeie voorseisoentoernooi gehad en met bronsmedaljes weggestap, waarmee ons tevrede was. Ons het egter nog baie werk gehad wat voorlê, maar vir ’n jong span het die toekoms belowend gelyk.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel?

Ons is ’n ongelooflike jong span, met net twee matrieks wat hierdie jaar hokkie speel.

Ondersteuners kan dus opgewonde wees om die positiewe, jong energie van die jonger manne te sien, asook hul opgewondenheid vir die wedstryd soos min ander.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan of veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik?

Vir my is dit die grootste voorreg om Hoërskool Diamantveld in ons pragtige ligblou truie te verteenwoordig. Voor ’n wedstryd is ek saam met die manne opgewonde, maar steeds rustig en doelgerig om die wedstryd voluit van die begin af aan te pak.

Elke sterk span het sy eie identiteit — hoe

sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf?

Een woord: ONVERWAGS

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen?

’n Standaard van respek op en van die veld af vir ons eie spanmaats, personeel, afrigters, skeidsregters en ondersteuners, want sonder hulle kan ons nie die sport speel waarvoor ons lief is nie.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span?

Definitief ons Interskole teen Hoërskool Noord-Kaap. Die gees en atmosfeer op die dag van die wedstryd is ongelooflik om te beleef, en die wedstryd is altyd van so ’n aard dat niemand tot in die laaste sekondes weet wie gaan wen nie. Dit is ’n ervaring wat ek altyd sal koester.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur?

Die waardevolste aspek wat enigeen deur sport kan leer, is om die ingesteldheid van aanpasbaarheid te hê en om konstant te ontwikkel in jou huidige situasie, al beteken dit dat jy buite jou gemaksone moet beweeg.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou?

Luke Joseph is ’n nuwe doelwag wat vanjaar sy eerste jaar hokkie vir ons speel en tot dusver uitstekende resultate vir die span verseker het. Hy lewer resultate wat mens van ’n ervare doelwag kan verwag, sonder om twee keer daaroor te dink, en hy het ’n duidelike passie vir ’n nuwe uitdaging en leergeleentheid op die veld.

As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel?

Vir my is die belangrikste aspek van ’n leier om die res van jou span onder jou vlerk te neem en ondersteuning vir almal te bied deur dik en dun. Ek wil ’n voorbeeld van standvastigheid vir hulle stel deur goeie en berekende besluite te neem en nie op emosies te reageer nie, maar eerder op helder denke.

Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê?

Definitief dat ons ’n span is wat saamstaan tot die eindfluitjie blaas, en wat, ongeag die resultaat, met trots tot die einde veg.

HOËRSKOOL DIAMANTVELD

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

De Wet Fourie (k)
Cayden le Roux
Estienne Rossouw
Cobus Fourie
Francois Hattingh
Diwan Rost
Kian Croukamp
Kruger Hendriks
Luke Joseph Ronald Graven
Motheo Kwenampe
Ruan Streak
Niel Steynberg
Waldo Kotze
Ricardo Louw
Zirk Spangenberg

HOËRSKOOL NOORD-KAAP

EERSTESPAN HOKKIESEUNS

HOËRSKOOL NOORD-KAAP SE EERSTESPAN HOKKIEKAPTEIN

What has pre-season been like for this team, and what has it revealed about the character, attitude, and commitment of the squad?

During pre-season, our team started off on a low note. We were not where we were supposed to be, and every player’s confidence was low. However, our commitment was strong, and this is how we grew as a team. With that strong commitment, the rest followed.

What makes this year’s first team different from previous teams, and why should supporters be excited to watch you play this season?

Our team is filled with exciting young talent. Even though they possess skill, they manage to play as a team. The senior players provide leadership and help motivate players when their heads drop. The seniors know the pressure this game holds and know how to support the junior players, regardless of the pressure they feel themselves.

What goes through your mind in the moments before you step onto the court or field wearing your school colours, and what does that opportunity mean to you personally?

Before every game, I think about keeping the school’s name to a high standard. I think about how I will fight for my brothers on the field, tired or not. I step onto the field with confidence every game, and I ensure my team does the same. Every game is an opportunity to grow, to give it our all, and to show everyone around us our pride.

Every strong team has its own identity — how would you describe your team’s playing style, attitude, and overall spirit?

In the Boys’ Hockey First Team, we all have a strong bond. We all connect with one another on a deeper level beyond hockey. This helps keep our attitude positive, our heads held high, and helps us play the way we do: strong, passionate, and all for the love of hockey.

What standard have you and your team set for yourselves this season, beyond simply winning matches?

The standard I have set for my team is to strive for excellence not only on the field, but off the field too, and to show pride in their character and academics. We want to represent the Boys’ Hockey First Team in the best way possible and show everyone that we are more than just hockey boys.

Which fixture stands out most on the calendar for you, and what makes that match especially important to the team?

The fixture that stands out the most is our annual Classic Clashes fixture. This fixture stands out because of the weight it carries and the fierce rivalry between Northern Cape High School and Hoërskool Diamantveld. During this fixture, the atmosphere feels different, and this year I have a good feeling that we will take the win.

Who in this squad do you think could surprise people this season, and what makes them a player to watch?

The player who could surprise people is LeeIrvin Apolis. He is innovative on the field, a bright young talent and one of our most reliable players. He has been working hard, which makes him stand out every single game.

What does being part of this sport at your school teach players that goes beyond the game itself?

This sport teaches players how to work with others, how to be more patient, and how to respect their peers.

As captain, what kind of leader do you want to be for your team this season, and what example do you hope to set?

As captain of such a prestigious team, I set very high standards for myself and for this team. I do not only want to be a captain, but also a friend and a mentor for the younger players. I believe a good captain leads on the field, but a great captain leads off the field as well.

Jadon Ruiters (k)
Christian Mlangetya
Damian Webb
Cayllum Thomas
Abdul-Latif Kau
Blaine Calvert
Blane King
Joshua Adams
Landon Titus
Lemar Mintor
Thato Ntshoe
Warrick Wilkinson (o.k)
Jaedon Jarvis
Tristan Booysen
Omolemo Seakeco
Tyrique Mokallee
Yanga Daka

HOËRSKOOL NOORD-KAAP - HOKKIE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook