Skip to main content

DF Akademie vs Bellville - AWSUM Special Edition 2026

Page 1

OUR TEAM

HEAD OFFICE

Editor Meinette van Zyl

The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646 Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Layout & Design Rowan Engledoe Lukhanyo Siko Phillip Samuels

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl Managing Director: Meinette van Zyl Financial Manager: Christelle van Wyk Admin Manager: Carina Pio Sales Manager: Quintus Brand

Distribution Charl Paulse Schools Coordinator Melinda Huysamen Advertising Coordinator Myola Walters Printed by Paarl Coldset. Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd

Read the latest school news online at www.awsumnews.co.za

Lees alles ook aanlyn op awsumnews.co.za

VOORWOORD INTERSKOLE 2026 Elke jaar bly die interskole teen Bellville een van die hoogtepunte op ons kalender. Dit is voorwaar weer ‘n week van glorie en genade om na uit te sien: ‘n tyd vol opwinding en energie waartydens elke leerder, hetsy as deelnemer of ondersteuner, die waarde van deelname mag beleef. As gasheerskool sien ons ook daarna uit om die Leeus te verwelkom op ons kampus. Mag ons tussendeur al die glorie en prag van die week, ook vir ‘n wyle stilstaan en God se oorvloedige seën aanskou en Sy lig kies. Hierdie unieke geleentheid dien ook as bewys dat ons as gemeenskap, met al ons verskille, sáám kan aantree en mag beleef hoe dit voel om weer jonk te wees. Ons weet ook dat daar wonderlike oomblikke van sukses sal wees, maar tussenin ook hartseer en teleurstelling. Mag elke deelnemer net weer besef dat ‘n oorwinning soos ‘n goue medalje is. As jy nie tevrede en vervuld is daarsonder nie, sal jy ook nooit tevrede wees met dit nie! Ek vertrou dat elke ondersteuner die week van aksie sal geniet en nie teleurgesteld sal wees in die gees waarmee ons leerders hulself gedra nie. Onthou altyd dat so ‘n geleentheid gepaard gaan met groot verwagtinge en druk. Onthou ook dat elke deelnemer bereid is om sy of haar beste te gee. Ons doen dus ‘n beroep op u as ondersteuners om nie te dink dat u verhewe bo die spel is nie. Baie dankie aan elke Dee-Effer en lid van die Bellville-gemeenskap wat hierdie week moontlik maak. Ons weet dat afrigters en assistente baie ure spandeer het ter voorbereiding van ons spanne. Dankie vir u bereidwilligheid om te deel in ons leerders se opvoeding en te skaaf aan hul menswees. Ek wil ook elke noodhulpleerder, skeidsregter en beampte wat die dag gaan diens doen, bedank. Sonder julle onbaatsugtige opoffering is ‘n dag soos vandag nie moontlik nie. Aan mev. Mc Geer en die leerders van Hoërskool Bellville, dankie vir die geleentheid om teen jul te mag meeding. Ons gemeenskap se toekoms en sukses is ‘n gevolg van die samewerking wat daar tans tussen ons twee skole plaasvind. Ons glo dat hierdie tradisieryke week lank deel van ons vennootskap sal wees. Mag hierdie jaar se verhaal vir ewig vir ons herinneringe geskryf wees. Mag elke ouer met blydskap aanskou hoe jou kind met trots en toewyding deelneem. Mag ons weer begryp hoe harde werk áltyd beloon word en dat ons almal eintlik nietig en klein is. Mag ons ook die getroue leiers bly wat die wêreld nodig het. Hannes Oosthuizen - Skoolhoof

DF AKADEMIE

KAPTEIN VAN DF AKADEMIE SE EERSTE RUGBYSPAN

Meyer Brits

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons het vroeg in die jaar met voorbereiding begin en ’n nuwe speelstyl aangeleer. Aanvanklik het ons gesukkel om daarby aan te pas en was dit vir ons moeilik. Met verloop van tyd het die spel egter al hoe makliker geword. Dit het gewys hoe aanpasbaar en veerkragtig ons as span is, en dat ons as die seniors van die skool bereid was om in ons laaste skooljaar iets te verander en uit ons gemaksone te beweeg. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Eerstens is daar slegs drie spelers in vanjaar se span wat verlede jaar Interskole vir die eerstespan gespeel het, en daarom gaan daar baie nuwe gesigte wees. Tweedens speel ons, soos ek reeds genoem het, ’n ander styl rugby as in vorige jare. Ondersteuners gaan op die punt van hul stoele wees, aangesien ons daarvan hou om wedstryde teen ’n hoë tempo te speel. Ons het ook ’n baie fisieke pak voorspelers, en dit gaan beslis iets wees om van die kantlyn af dop te hou. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek fokus daarop om die ondersteuners en geraas te ignoreer en slegs aan die wedstryd te dink. Ek stel gewoonlik vir myself doelwitte oor wat ek wil bereik en dink voor die wedstryd daaroor. Elke naweek is dit vir my ’n groot voorreg om my skool te verteenwoordig. Vandat ek in graad 4 was, wou ek nog altyd vir die eerstespan speel, en daarom beteken dit vir my die wêreld om nou dié geleentheid te hê. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons hou daarvan om wedstryde teen ’n hoë tempo te speel en die bal vinnig te versprei, maar ons is ook nie bang vir kontak nie. Die hele o.19-groep kom goed met mekaar oor die weg, en niemand gaan ooit ná ’n oefening huis toe sonder dat hulle gelag het nie.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Eerstens wil ons dit geniet om rugby te speel en elke naweek verbeter. Tweedens wil ons eendag op ons skooljare kan terugkyk en sê hoeveel ons dit geniet het en hoe trots ons is om Dee-Effers te wees. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole staan natuurlik baie vir my uit, maar ’n ander belangrike wedstryd is dié teen Hoërskool Charlie Hofmeyr. Hulle bied elke jaar goeie mededinging en dit is die wedstryd wat ons net voor die seisoen speel. Dit gee ons die geleentheid om te sien hoe goed ons vir die seisoen voorberei het en waaraan ons nog voor die ligawedstryde moet werk. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ons heelagter, Pieter Delport, is beslis iemand om dop te hou. Hy is baie goed onder die hoë balle en vind altyd ’n manier om vir ons veldgebied te wen. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Rugby leer ’n mens beslis uithouvermoë. Daar is baie tye gedurende ’n oefening of wedstryd wanneer jy moeg voel en dink dat jy geen krag oor het nie. Dan kyk jy na jou spanmaat en besef dat hy net so moeg soos jy is. Dit motiveer jou om aan te hou en buite jou gemaksone te beweeg. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek streef daarna om ’n kaptein te wees wat goed met almal oor die weg kom en nie kant kies wanneer konflik ontstaan nie. Ek lei deur my voorbeeld en sal nie iets van iemand vra of verwag wat ek nie self bereid is om te doen nie. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop hulle sal sê dat ons ’n geesgedrewe span was wat vir mekaar gespeel het; dat elke speler sy deel gedoen het en dat ons mekaar ondersteun het, ongeag die uitslag.


KAPTEIN VAN HOËRSKOOL BELLVILLE SE EERSTE RUGBYSPAN

Corne Smit

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen het ons as o.19-groep behoorlik getoets. Dit was soms moeilik en ons moes moeilike vrae beantwoord. Ons is baie dankbaar vir ons afrigters, wat die tyd geneem het om te identifiseer wat gewerk het en waar ons kon verbeter. As groep het ons die seisoen met ’n nuwe ingesteldheid en positiewe karakter aangepak, en dit is elke naweek deur ons verbeterde resultate bevestig. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hoewel die seisoen amper verby is, moet ondersteuners steeds opgewonde wees om ons in die laaste paar wedstryde te sien speel. In die twee jaar wat ek in die eerstespan speel en die vyf jaar wat ek by Hoërskool Bellville is, het ek nog nooit ’n groep gesien wat só weier om op te gee nie. Ons werk hard vir ons resultate en fokus tydens elke oefening op die klein besonderhede wat ondersteuners uiteindelik op ’n Saterdag kan sien. Hierdie groep se deursettingsvermoë staan vir my kop en skouers uit. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Ek probeer aan niks anders as die wedstryd dink nie. Ek bly kalm sodat die situasie my nie oorheers nie, en ek probeer dieselfde voorbeeld aan die juniors stel. My fokus is op die doelwit wat ons as span daardie spesifieke Saterdag wil bereik. Ek voel ook ongelooflik bevoorreg om my skool as kaptein te verteenwoordig en die beste moontlike voorbeeld te stel. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Dit is moeilik om van vanjaar se span ’n enkele, spesifieke identiteit te gee. Soms is ons spel los en soms is die spangees laag. Een ding wat egter deurlopend prominent is, is ons vasbyt-ingesteldheid. Wat ons van ander spanne onderskei, is dat ons nie noodwendig vol gees hoef te wees of ’n vaste speelstyl hoef te hê om alles te gee nie. Tydens elke fiksheidsessie, elke vaardigheidsoefening waar detail belangrik is, elke opwarming en elke wedstryd is die groep gereed om alles te gee, alles op die veld te los en die teenstanders met volgehoue druk af te breek.

Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard was om alles te gee vir elke minuut wat ons op die veld is. Ons wou speel met die besef dat dit ’n voorreg is om hierdie trui te dra. Ons moes daardie standaard stel om die respek van die jonger spelers te verdien en vir toekomstige eerstespanne iets te gee waarna hulle kan streef. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? As groep werk ons van die begin van die seisoen af na Interskole toe. Interskole is vir ons die grootste en belangrikste wedstryd van die jaar, en elke ander wedstryd is ’n tree nader daaraan en help om momentum vir die finale wedstryd te bou. As matriekgroep het ons nog nooit vir DF Akademie op hul tuisveld gewen nie. Dit maak dit nie net vir ons belangrik om die wedstryd te wen nie, maar ook persoonlik om ons hoërskoolrugbyloopbaan af te sluit met ’n wedstryd wat ons vir die res van ons lewens sal onthou en waarop ons sal terugkyk. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink baie mense het dit reeds agtergekom, maar Zandro Stramrood is iemand om dop te hou. Hy werk elke naweek ongelooflik hard en speel asof die ander span hom iets skuld. Hy het ’n groot passie vir rugby, en dit is duidelik in die manier waarop hy sy hart uitspeel. Hy is dalk een van die kleinste ouens op die veld, maar hy speel met ongelooflike vasberadenheid en verdien sy erkenning. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Rugby leer jou dissipline, harde werk en deursettingsvermoë. Die meeste van ons spelers gaan eendag verskillende beroepe volg, maar die grondslag wat rugby lê, bly altyd by jou. Die waardes wat jy in ’n spansport aanleer, sal jou in enige beroep bevoordeel. Rugby leer jou ook respek – om na ouer mense te luister, betyds op te daag wanneer daar op jou gereken word en daar te wees vir die mense om jou.


ORK NETW OF

GamePlan secures sponsors for your school. No upfront cost. Grow your sponsorship income.

gameplan

SCHOOL SPONSORSHIPS

Contact us!

NETWORK

www.gameplansa.com

DF AKADEMIE

EERSTE XV

2

Meyer Brits (k)

7

Juan le Roux (o.k)

1

Alu Joko

3

Cor Hoving

4

Christo Fourie

5

Sebastian Botha

6

Christiaan Coetzee

8

Gerhard Groenewald

9

Sinalo Kethelo

10

Nicholas Barker

11

Tarquin Newman

12

Melt Naudé

13

Dylan Thomson

14

Jayden Plaatjies

15

Pieter Delport


HOËRSKOOL BELLVILLE

EERSTE XV

5

Corne Smit (k)

9

Juvan Rousseau (o.k)

1

Alex Cronje

2

Ryno Higgs

3

Zander Van Wyk

4

Steven Steyl

6

Zandro Stramrood

7

Liam Genis

8

Cade Mong

10

Marno Botes

11

Liam Kuyk

12

Xandru Büter

13

Caylem Du Plessis

14

Marlon Claasen

15

Devanté Vlotman

After all these years in the industry, we are STIHL your partner in quality outdoor power equipment!

6 Pioneer Street, Bellville | 021 948 5506

www.lawnmowermecca.co.za


DF AKADEMIE - RUGBY

o.19B - Rugby

o.16A - Rugby

o.15A - Rugby

o.14A - Rugby


HOËRSKOOL BELLVILLE - RUGBY

o.19B - Rugby

o.16A - Rugby

o.15A - Rugby

o.14A - Rugby


DF AKADEMIE

EERSTE NETBALSPAN

Kayla Veer (k)

Mienke Lombard (o.k)

Mila Scholtz

Lizé Bester

Marina de Villiers

Mieke Havenga

Nicole Talljaard

Gaby Mulder

Mia Richter

Nia Nortjé

KAPTEIN VAN DF AKADEMIE SE EERSTE NETBALSPAN

Kayla Veer

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen het uit ure se harde werk en saamwees op die baan bestaan, maar dit was baie waardevol. Ons het as ’n span saam deur moeilike oefeninge gekom en mekaar ondersteun waar ons kon. Dit het vir my gewys dat die span deursettingsvermoë het en gereed is vir die seisoen wat voorlê.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole is beslis ’n wedstryd wat vir ons uitstaan. Die gees is altyd hoog en lekker, en dit is die matriekspelers in die span se laaste wedstryd. Dit is die laaste keer dat die hele span saam op die baan sal wees en altyd ’n wedstryd vir die boeke.

Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Wat hierdie span besonders maak, is die band wat ons met mekaar het. Ons speel nie net langs mekaar nie, maar vir mekaar, en ons werk saam om sukses te behaal. Ondersteuners langs die baan sal dit geniet om na ’n span te kyk wat met passie en hart vir mekaar speel.

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek glo dat elke speler die vermoë het om mense te verras. Ons het spelers wat baie hard werk en hulself elke week verbeter. Ek is trots op elke persoon in die span en glo dat almal die moeite werd is om dop te hou.

Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Voordat ek die baan saam met my span betree, bid ek altyd eers. Dit maak my kop en hart onmiddellik rustig. Ek herinner myself ook aan die voorreg wat dit is om die span te kan lei. Aangesien ek as doel die punte moet aanteken, herinner ek myself daaraan om asem te haal en die ure se oefening toe te pas. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons span toon baie dissipline op én van die baan af. Ongeag die telling behandel ons ons teenstanders met respek, maar ons veg ook totdat die laaste fluitjie blaas. Ons afrigter sê altyd: “Hoe jy opwarm, is hoe jy speel.” Daarom doen ons altyd ’n deeglike opwarming, sodat ons van die eerste fluitjie af ons beste kan gee. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Buiten om wedstryde te speel en te wen, was dit vir ons belangrik om die sport steeds te geniet. Ons wou tydens elke oefening lag én hard werk. Ons wou mekaar opbou en ondersteun, en saam mekaar se suksesse en prestasies vier. Aan die einde van die jaar wil ons kan sê dat ons trots is op wat ons gedurende die seisoen gedoen en bereik het.

Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Netbal het ons geleer dat sukses nie net oor talent en die wen van wedstryde gaan nie, maar ook oor die opofferings wat jy bereid is om te maak en die werk wat jy insit wanneer niemand dit noodwendig raaksien nie. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n leier wees wat ander opbou en hulle nie sleg laat voel wanneer iets verkeerd loop nie. Ek wil ook hê my span moet ’n leier hê op wie hulle kan staatmaak. Ek hoop om deur nederigheid, goeie sportmanskap en positiwiteit ’n voorbeeld te stel. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sien nie net ’n span nie, maar ’n span wat met passie en liefde speel. Hulle moet kan sien hoeveel ons vir mekaar omgee. Ons het goeie en moeilike tye saam beleef, en elke oefening, wedstryd en gesprek het ons nader aan mekaar gebring. Ek hoop mense onthou nie net ons uitslae nie, maar ook die manier waarop ons mekaar ondersteun het, saam na ’n doelwit gewerk het, sukses behaal het en ons foute saam reggestel het. Hierdie span sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê, en dit is ’n voorreg om hulle my spanmaats te kan noem.


HOËRSKOOL BELLVILLE

EERSTE NETBALSPAN

Minay Olivier (k)

Danelle Ross (o.k)

Elri Vorster

Layla Fouche

Danica Fourie

Danielle Schultz

Dané Ackerman

Robyn Bresler

Emma Johnson

Alexa van Lill

Tara Geldenhuys

KAPTEIN VAN HOËRSKOOL BELLVILLE SE EERSTE NETBALSPAN

Minay Olivier

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Hierdie voorseisoen was een van die moeilikste, maar ook een van die betekenisvolste tydperke vir ons span. Ons het uitdagings, teleurstellings en beserings beleef, en vir my persoonlik was my ACL-besering iets wat my wêreld vir ’n rukkie omgekeer het. As kaptein was dit moeilik om nie saam met my span op die baan te kon wees nie, maar dit het my geleer dat leierskap nie net gaan oor wat jy op die baan doen nie – dit gaan oor hoe jy jou span ondersteun, motiveer en opbou, selfs van die kantlyn af. Hierdie voorseisoen het gewys dat ons ongelooflike karakter het. Ons gee nie maklik op nie, ons staan vir mekaar in en ons werk hard vir dieselfde doel. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Hierdie span het iets besonders. Ons is ongelooflik na aan mekaar en speel nie net as spanmaats nie, maar as familie. Elke speler is bereid om daardie ekstra moeite vir die ander te doen. Ondersteuners kan verwag om ’n span te sien wat met passie, trots en hart speel. Ons gee nooit op nie, ongeag hoe moeilik die wedstryd raak, en ek glo ons het alles wat nodig is om vanjaar iets besonders te bereik. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die baan in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Elke keer voordat ek die baan betree het, het ek myself daaraan herinner hoe groot ’n voorreg dit is om my skool te verteenwoordig. Ná my ACL-besering besef ek dit selfs meer. ’n Mens neem daardie oomblikke maklik as vanselfsprekend totdat dit skielik van jou weggeneem word. Om hierdie span te lei en deel daarvan te wees, beteken ongelooflik baie vir my. Dit vul my met trots, dankbaarheid en motivering om altyd my beste te gee. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons speel met hart. Ons identiteit is dat ons nooit ophou veg nie. Ons vertrou mekaar, kommunikeer goed en bly positief, selfs wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Ons gee onsself vir iets groter as onsself: ons speel vir mekaar en vir ons skool. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Vir ons gaan sukses oor baie meer as net die eindtelling. Ons wil bekend wees

as ’n span wat altyd respek toon, hard werk, nederig bly en nooit opgee nie. Ons wil elke wedstryd verlaat met die wete dat ons alles gegee en mekaar trots gemaak het. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Elke wedstryd is vir ons belangrik, maar Interskole staan beslis uit. Dit is meer as net ’n wedstryd – dit gaan oor trots, tradisie en die geleentheid om ons skool op die grootste verhoog te verteenwoordig. Dit is ’n wedstryd waarvoor ons hard werk en waarna ons elke seisoen uitsien. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink veral ons matriekspelers is mense om dop te hou: Minay Olivier, Emma Johnson, Danelle Ross, Robyn Bresler en Dane Ackerman. Ons gaan ons harte uitspeel in ons laaste wedstryd ooit in Hoërskool Bellville se kleure. Dit gaan op 15 Augustus ’n spesiale oomblik wees, en ek is doodseker dat elkeen van ons alles op daardie baan gaan los. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Hierdie sport leer ons dissipline, deursettingsvermoë en verantwoordelikheid. Dit leer ons hoe om mekaar op te tel wanneer dinge moeilik raak en hoe belangrik spanwerk is. My ACL-besering het my geleer dat karakter nie gebou word wanneer alles goed gaan nie, maar wanneer jy uitdagings moet oorkom. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n kaptein wees wat deur my voorbeeld lei – iemand wat altyd hard werk, positief bly en vir elke speler daar is. Ek wil hê my span moet weet dat hulle altyd op my kan staatmaak, of dit nou op of langs die baan is. Ek hoop om hulle te inspireer om in hulself te glo en nooit moed op te gee nie. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons met ongelooflike trots, passie en respek gespeel het; dat hulle kon sien hoe na aan mekaar ons as span is en hoe ons nooit opgegee het nie, ongeag die omstandighede. Ek hoop hulle onthou ons nie net vir die uitslae nie, maar vir ons karakter, veggees en die liefde waarmee ons vir mekaar en ons skool speel.


DF AKADEMIE

HOËRSKOOL BELLVILLE

o.19B - Netbal

o.19B - Netbal

o.17A - Netbal

o.17A - Netbal

o.16A - Netbal

o.16A - Netbal

o.15A - Netbal

o.15A - Netbal

o.14A - Netbal

o.14A - Netbal


Program 10 AUGUSTUS 2026

13 AUGUSTUS 2026

TYD

AKTIWITEIT

PLEK

TYD

AKTIWITEIT

PLEK

15:30

Gholf

Parow gholfbaan

17:15

Leerderleierete

DF Trein

19:00

Musiekkonsert en voorstel van kapteine

DF Aktiwiteitsentrum

19:00

Personeelete

DF Saal

19:30

Toneel

Hoërskool Bellville, Saal

HOKKIE 11 AUGUSTUS 2026

VRYDAG, 14 AUG 2026

SATERDAG, 15 AUG 2026

TYD

AKTIWITEIT

PLEK

TYD

SPAN

AFDELING

TYD

14:30

Kookkompetisie

DF Akademie, Verbruikerstudielokaal

12:50 o.14A

DOGTERS

08:00 o.14B

SEUNS

15:00

Skaak

DF Aktiwiteitsentrum

13:40 o.14A

SEUNS

08:50 o.14B

DOGTERS

15:00

Spelathon

DF Personeelkamer 14:40 o.16A

DOGTERS

09:40 o.16B

SEUNS

18:00

Debat

DF Saal 15:40 o.16A

SEUNS

10:30 o.16B

DOGTERS

16:40 2de Span

DOGTERS

11:20 3de Span

DOGTERS

17:40 2de Span

SEUNS

12:10 o.16C

SEUNS

13:00 o.16C

DOGTERS

12 AUGUSTUS 2026 TYD

AKTIWITEIT

PLEK

15:45

Landloop

Willowbridge

18:40

15:00

E-sport

Hoërskool Bellville, IT-klas en E5

18:50 1ste Span

16:30

Old Girls: Netbal

Hoërskool Bellville

19:50

17:00

Old Boys: Rugby

Hoërskool Bellville

19:00

Praise & Worship

DF Saal

rugby

Voorstelling DOGTERS van 1ste span

SPAN

AFDELING

DOGTERS

Voorstelling SEUNS van 1ste span

20:00 1ste Span

SEUNS

Netbal

SATERDAG, 15 AUG 2026

TYD

A-VELD

TYD

B-VELD

TYD

BINNE

BAAN 1

BAAN 2

BAAN 4

BAAN 5

BAAN 6

08:30

o. 14A

08:00

o.19C

08:30

o. 14A

o. 16B

o. 14C

o. 19C

o.16 D

o.14 F

09:40

o. 15A

09:10

o.16B o. 14E

10:50

o.19 B

10:20

o.14B

o. 16E (DF) vs. o. 15E (Bell)

12:00

o.16 A

11:20

o.15 B

13:35

Voorstelling van die 1 Span

13:45

o.19A

09:10

o. 15A

o. 17B

o. 15C

09:50

o. 16A

o. 19B

o. 14B

o. 14D

o. 14G (DF) vs. o. 15F (Bell)

10:30

o. 17A

o. 15B

o. 16C

o. 17C

o.15 D

11:20

Voorstelling van die 1ste Span

11:40

o. 19A


DF AKADEMIE

EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS

Amelie Retief (k)

Gemma Daniels (k)

Lea Oosthuizen

Sarah du Buisson

Magdel Badenhorst

Mari Barnard

Anya Malan

Lisa Jansen van Rensburg

Karla Willemse

Lia Assad

Cari Klüsmann

Luamé Lombard

Nina Wolstenholme

Jennifer van Schalkwyk

Elsabe Dippenaar

Twee kapteins, een span: DF se hokkiedogters speel met hart AMELIE RETIEF EN GEMMA DANIELS OOR ’N JONG MAAR ERVARE SPAN, AANPASBARE HOKKIE EN DIE KRAG VAN WARE SPANGEES Wanneer DF se hokkiedogters die veld betree, speel hulle nie net vir ’n uitslag nie. Hulle speel vir hul skool, vir die spanmaat langs hulle en vir iets groter as hulself. Vir kapteins Amelie Retief en Gemma Daniels is dit juis hierdie verbondenheid wat vanjaar se premierspan besonders maak. Die twee kapteins beskryf die voorseisoen as anders, uitdagend en besonder waardevol. Onder leiding van hul nuwe afrigter, afrigter Olu, is verskillende kombinasies getoets en het elke speler die geleentheid gekry om haar vermoë op én van die veld te wys. Amelie meen elke speler het haar plek deur harde werk en deursettingsvermoë verdien, terwyl Gemma sê sy het nog nooit só voorbereid gevoel voordat ’n seisoen begin het nie. Hoewel die groep relatief jonk is, beskik die spelers reeds oor waardevolle ervaring. Baie van hulle het verlede jaar saam gespeel en het vanjaar hul plek nie net as spanmaats nie, maar ook as susters gevind. Volgens Gemma veg hulle tot die eindfluitjie blaas en speel hulle altyd vir die skool waarop hulle trots is en vir die speler langs hulle. Hierdie hegte band vorm die grondslag van hul spel. Die span speel kreatiewe en intelligente hokkie, benut hul sterkpunte en pas hul benadering by die teenstander en situasie aan. Gemma meen die spelers verstaan ook hoe om die verloop van ’n wedstryd in hul guns te beïnvloed. Die positiewe ingesteldheid is net so belangrik soos die wedstrydplan. Selfs tydens moeilike wedstryde probeer die spelers mekaar opbou en ondersteun. Oor die spangees is albei kapteins dit eens: dit is op ’n ander vlak. Amelie beskryf die span as die “GEESREUS” – ’n groep wat ook moeite doen om ander sportspanne te ondersteun. Die oomblikke voordat ’n wedstryd begin, bring steeds opgewondenheid en senuwees. Gemma fokus daarop om kalm te bly en aanvaar dat senuwees natuurlik is, solank dit nie die oorhand kry nie. Amelie dink aan hoe sy haar span

trots kan maak en die vaardighede uit hul oefensessies kan toepas. Voor elke wedstryd bid die span saam – ’n tradisie wat kalmte bring en hul vertroue in God en mekaar versterk. Vanjaar se doelwitte strek verder as oorwinnings. Die span wil as hokkiespelers én as mense groei, by mekaar leer en hul spel voortdurend ontwikkel. Gemma beklemtoon dat hulle ’n sterk grondslag vir die 2027-seisoen en die toekoms van DF se dogtershokkie wil lê. Onder die spelers om dop te hou, noem Amelie die hardwerkende Lea Oosthuizen, terwyl Gemma Sarah du Buisson eenvoudig as “’n vegter” beskryf. Op die wedstrydkalender bly Interskole teen Hoërskool Bellville ’n groot hoogtepunt. Vir Amelie is die spanontbyt, die opbou deur die week en die emosie van een van die laaste wedstryde van die seisoen herinneringe wat sy altyd sal koester. Gemma sien ook uit na die laaste ligawedstryd, omdat ’n span die seisoen graag met ’n oorwinning en op ’n hoogtepunt wil afsluit. Die grootste lesse wat hokkie hulle leer, eindig nie by die kantlyn nie. Vir Gemma staan dissipline bo alles uit. Amelie voeg spanwerk, geduld, probleemoplossing en die vermoë om onder druk besluite te neem by. As kapteins wil Amelie en Gemma nie bloot die hardste stemme op die veld wees nie. Gemma wil as mentor optree, maar ook bereid wees om by haar spanmaats te leer. Amelie wil ’n liefdevolle en positiewe leier wees – iemand wat haar spanmaats veilig laat voel en hulle aanmoedig om die beste weergawe van hulself te word. Wanneer ondersteuners hierdie span sien speel, hoop Amelie dat hulle die groep se karakter, groei en positiewe ingesteldheid sal onthou – en die sogenaamde agterosse wat almal verras het. Gemma se gewenste reaksie vat dit eenvoudig saam: “Sjoe! Wat ’n span.”


HOËRSKOOL BELLVILLE

EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS

Carla Hattingh (k)

Lilly Swart (k)

Miekie Muller

Adilé Boettger

Diané Cloete

Mila Toua

Anke Breyl

Kaylin Fabricius

Juanine Nel

Lemae Sobey

Lumé Botha

Tara Ellis

Luché Everts

Anke Kotze

Kristi Van Der Westhuyzen

Abiah Louw

KAPTEIN VAN BELLVILLE SE EERSTE SPAN HOKKIEDOGTERS

Carla Hattingh

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Voorseisoenwedstryde is vir ons span altyd opwindend, omdat dit reeds vroeg ’n aanduiding gee van wat die span se ingesteldheid vir die jaar gaan wees. Reeds teen die einde van verlede jaar kon ’n mens sien dat ons span werklik gemotiveerd is en ’n vuur in ons harte dra – nie net om Interskole te wen nie, maar ook om ons liga te wen. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Een ding wat volgens my uniek is aan vanjaar se span, is die manier waarop ons speel. Enige ondersteuner wat deur die jaar na ons kom kyk het, sal sien dat ons nie wedstryde wen omdat ons sestien WP-spelers op die veld het nie. Ons wen omdat ons sestien spelers het wat in elke wedstryd hul harte op die veld los. Ons speel met passie, trots en ’n ongelooflik sterk ingesteldheid. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? My reis saam met die eerstespanmeisies het nege jaar gelede begin, toe ek as ondersteuner langs die veld gestaan en kyk het hoe my suster vir die eerstespan speel. Van daardie oomblik af was dit my grootste droom om eendag daardie wedstrydklere te dra en my skool op so ’n hoë vlak te verteenwoordig. Nou, in my matriekjaar, het ek die ongelooflike voorreg om nie net reeds vyf jaar lank die eerstespanuitrusting te dra nie, maar ook om die kapteinsband vir die afgelope twee jaar te dra. Voordat ek op die veld stap, brand my hart van trots – trots op myself, my span en my skool. Dit is die grootste eer om Bellville se wapen op my bors te dra en te weet dat ek vir iets groter as myself speel. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? ’n Mens sê altyd daar is ’n tyd om te speel en ’n tyd om te werk. Buiten die harde werk wat ons span insit en die bloed, sweet en opoffering wat daarmee saamgaan, weet ons ook hoe om net lekker mense te wees en die oomblikke saam te geniet. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Van die begin van die jaar af was dit vir ons ’n doelwit om as een eenheid te speel. Dit is maklik om iemand anders vir ’n fout te blameer of kwaad te raak wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. Daardie paar sekondes waarin jy

jou fokus verloor omdat jy gefrustreerd raak met ’n spanmaat, kan moontlik ’n wedstryd kos. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Daar is nie een spesifieke wedstryd wat vir my uitstaan nie, maar daar is beslis een toernooi wat besonders was: die CTIH-toernooi aan die begin van die derde kwartaal. Hierdie toernooi bied vir ons die beste moontlike voorbereiding vir Interskole, omdat ons teen skole speel wat onder die top tien in die land tel en in sterker ligas as ons deelneem. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Kristi van der Westhuizen. Sy is ons klein pakkie dinamiet in die span! Sy is een van ons jonger spelers, maar haar hart en talent is van die grootstes in die span. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Moet nooit ophou nie. Dit is so maklik om in ’n hokkiewedstryd op te gee. Jy raak moeg, jou bene begin seer word of jy raak moedeloos omdat jou teenstander beter as jy lyk. Wat baie mense egter nie besef nie, is dat iets besonders kan gebeur as jy net nog ’n bietjie langer vasbyt en aanhou speel. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? As kaptein het ek geweet dat dit nie my rol of verantwoordelikheid is om die beste speler op die veld te wees nie. My rol is eerder om die beste moontlike weergawe van elke speler in my span na vore te bring deur hulle te motiveer, te dissiplineer en seker te maak dat almal voor ’n wedstryd gefokus is. Ek wil ’n kaptein wees na wie my spanmaats, asook enige hokkiespeler in die skool, kan opkyk vir my karakter en die manier waarop ek myself en ander op die veld hanteer. Ek hoop dat my optrede hulle sal inspireer om ook elke wedstryd met passie, trots en toewyding aan te pak. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek wil hê mense moet van ons kan sê dat hulle kon sien hoe ons ons harte op die veld gelos het. Dit is uiteindelik al wat saak maak. Daar is nie ’n beter gevoel as om ná ’n wedstryd van die veld af te stap en te weet dat jy absoluut alles gegee het nie.


DF AKADEMIE

EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Thomas van der Merwe (k)

Tian Colyn (o.k)

Christopher Brink

Jean Boshoff

Aiden Brooks

David de Villiers

Nico du Raan

Nicholas Ellis

Dylan Joerning

Eduard Malan

Theuns Olivier

Pascal Scheltens

Aden Snijman

De Waal Southey

Justin van Rensburg

Andro van Taak

William Herbst

KAPTEIN VAN DF AKADEMIE SE EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Thomas van der Merwe

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Ons het reeds in November met die voorseisoen begin, wat my baie opgewonde oor die jaar gemaak het. Ons het geweet dat ons nie meer in die Premierliga sou wees nie, maar dit het ons net nog meer gemotiveer om vanjaar ons beste te gee, sodat ons kan terugkeer na waar ons behoort. Die span het goeie karakter, almal kom goed met mekaar oor die weg en wil mekaar altyd help om te verbeter. Ons het ’n baie jong span. Hoewel die jonger spelers aanvanklik bekommerd was oor hul gebrek aan ervaring, het hulle gou hul voete gevind. Ons het aan die Belgotex-voorseisoentoernooi deelgeneem en 13de uit 64 spanne geëindig – die beste uitslag wat DF nog ooit daar behaal het. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Elke span is spesiaal, maar wat hierdie span onderskei, is die spelers se bereidwilligheid om alles op die veld te gee. Die hart, toewyding en moeite wat hulle elke keer toon wanneer hulle speel, is waarvan elke afrigter droom. Ons speel vir iets groter as onsself. Om ons ondersteuners in die pawiljoen te hê, beteken alles vir ons. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Wanneer ek die veld betree, ervaar ek ’n mengsel van dankbaarheid en trots. Ek dink aan al die ure se harde werk en voorbereiding wat ons as ’n span ingesit het om daar te wees. Ek dink ook aan DF se wedstrydtrui, wat ’n enorme eer is om te dra. Dit verteenwoordig nie net my en my spanmaats nie, maar ook almal wat die trui voor ons gedra het en die hele skool wat agter ons staan. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons speel vloeiende hokkie teen ’n hoë tempo. Ons speel met intensiteit, staan nooit terug vir ’n uitdaging nie en veg vir mekaar. Elke speler neem verantwoordelikheid vir sy rol in die span. Ons pas by elke situasie en by die formasie van ons teenstanders aan. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Aan die begin van die jaar het ons die doelwit gestel om die skool terug in die Premierliga te kry. Ons wou ook oefeninge en wedstryde geniet en nie altyd negatief raak wanneer dinge nie verloop soos ons gehoop het nie.

Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Groot wedstryde teen skole wat onder die top tien in die land tel, staan altyd uit, maar Interskole bly die hoogtepunt. Dit is waar talle toeskouers en oudskoliere agter ons kom staan om te sien hoe ons die oorwinning vir die skool huis toe bring. Vanjaar is dit ook ’n ligawedstryd, wat dit selfs meer opwindend maak. Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Nommer 10, David de Villiers. Hy het reeds op o.16-vlak vir my uitgestaan toe ek langs die veld gestaan en kyk het. Hy beskik oor baie goeie vaardighede, wil voortdurend verbeter en weet altyd presies waaraan hy ná elke wedstryd moet werk. Hy is baie afrigbaar en leef die skool se waardes uit. Ek glo hy kan sy vlerke in die hokkiewêreld nog verder sprei gedurende die twee jaar wat vir hom by DF voorlê. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die baan of veld gebeur? Die sport leer ons dissipline, soos om betyds te wees, getrou te oefen en deur te druk, selfs wanneer dit moeilik gaan. Daar is ook ander aspekte, soos om altyd DF-klere te dra en netjies voor te kom, al is dit slegs vir ’n oefening. Een van die belangrikste lesse is om die span se behoeftes bo jou eie te stel en te leer hoe om met verskillende soorte mense saam te werk. Dit leer ons ook om daar te wees vir ’n spanmaat of vriend wat deur ’n moeilike tyd gaan, of dit nou weens ’n ernstige besering of bloot ’n moeilike dag is. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n toeganklike leier wees na wie spanmaats maklik kan kom vir raad of ondersteuning. Die doel is om mekaar te help om ons hokkie te verbeter en as ’n eenheid sterk te staan gedurende moeilike tye. Ek wil graag op én van die veld af ’n goeie voorbeeld stel, sodat ons jonger leerders geïnspireer kan word om hokkie te kies en al die geleenthede aan te gryp wat die sport bied. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Wanneer mense ons sien speel, hoop ek hulle sal sê dat ons ’n span was wat nooit moed opgegee het nie. Ek wil hê hulle moet ons passie en trots op die veld sien en ons onthou vir ons harde werk, integriteit en goeie sportmanskap.


HOËRSKOOL BELLVILLE

EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Tiaan Hartman (k)

Ruben Botha (o.k)

Jesse Botha

Rudolph Jacobs

Devan Jeppe

Benjamin Westraadt

Aldo Botha

Wehan Liebenberg

Divan Horn

Cobus Schreuder

Hein Slabbert

Grewar Malherbe

Lourens Oliphant

Jauno Joubert

Andrew Russouw

Jurgens Steyn

Jay-C Dikella

KAPTEIN VAN BELLVILLE SE EERSTE SPAN HOKKIESEUNS

Tiaan Hartman

Hoe was die voorseisoen vir hierdie span, en wat het dit vir julle gewys oor die groep se karakter, ingesteldheid en toewyding? Die voorseisoen was hard, maar op die regte manier. Ons het vanjaar tien nuwe spelers in die span gekry wat dadelik ingeskakel het. Die ervare spelers het hulle tuis laat voel en daar was van die begin af ’n goeie spangees. Ons het saam gesweet tydens fiksheids- en gimnasiumsessies (sommige meer as ander!), en tog het die gees lekker gebly. Dit het vir my gewys dat ons as span gereed is vir die uitdagings wat die seisoen inhou. Wat maak vanjaar se eerstespan anders as vorige spanne, en hoekom moet ondersteuners opgewonde wees om julle hierdie seisoen te sien speel? Ons het ná verlede jaar heelwat ervare spelers verloor, maar die nuwe groep het sy eie identiteit begin vorm. Ons werk goed saam en daar is altyd energie in die span. Ondersteuners kan opgewonde wees, want hierdie span speel met passie, energie en trots. Wat gaan deur jou kop in die oomblikke voordat jy die veld in jou skoolkleure betree, en wat beteken daardie geleentheid vir jou persoonlik? Net voordat ek die veld opstap, dink ek aan die voorreg wat ek het om my skool te verteenwoordig en deel van hierdie span te wees. Dit maak my trots en motiveer my om alles vir my spanmaats, afrigters en skool te gee. Elke sterk span het sy eie identiteit – hoe sal jy julle span se speelstyl, ingesteldheid en gees beskryf? Ons speel met baie energie en vertrou op mekaar. Ons probeer positief bly, selfs wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. As een speler ’n fout maak, is daar tien ander wat gereed is om hom te help om dit reg te stel. Ons het ’n lekker gees, maar wanneer dinge moeilik raak, gee ons beslis nie maklik op nie. Watter standaard het jy en jou span vir julself hierdie seisoen gestel, buiten net om wedstryde te wen? Ons standaard is om konsekwent te wees: goeie dissipline, ’n sterk oefenetiek en die bereidheid om mekaar tydens moeilike wedstryde op te lig. Watter wedstryd staan vir jou die meeste uit op die kalender, en wat maak daardie wedstryd so belangrik vir die span? Interskole teen DF Akademie staan beslis vir my uit. Die atmosfeer, ondersteuning en geskiedenis maak dit iets besonders. Dit is die tipe wedstryd waarin almal daardie ekstra tien persent gee – selfs die ondersteuners in die pawiljoen!

Wie in hierdie span dink jy gaan mense hierdie seisoen verras, en wat maak daardie speler iemand om dop te hou? Ek dink daar gaan heelwat spelers wees wat mense verras. Wat hierdie groep egter besonders maak, is dat elke speler ’n belangrike bydrae lewer. Daar is nie net een speler om dop te hou nie; dit is die span as geheel wat mense gaan laat regop sit en verras. Wat leer hierdie sport by jou skool vir spelers wat verder gaan as net wat op die veld gebeur? Hokkie leer ons belangrike lewensvaardighede soos dissipline, verantwoordelikheid, deursettingsvermoë en spanwerk. Jy leer ook om kalm te bly wanneer dinge nie volgens plan verloop nie. As kaptein, watter tipe leier wil jy hierdie seisoen vir jou span wees, en watter voorbeeld wil jy stel? Ek wil ’n leier wees wat deur my optrede lei. Ek wil iemand wees wat hard werk, positief bly en altyd die span eerste stel. Ek hoop om ’n voorbeeld van respek, dissipline en toewyding te wees waarop my spanmaats kan staatmaak. Wanneer mense julle span hierdie jaar sien speel, wat hoop jy sal hulle ná die tyd oor die groep sê? Ek hoop mense sal sê dat ons ’n span is wat altyd tot die einde toe veg, mekaar ondersteun en met trots vir Hoërskool Bellville speel. Ek hoop ook hulle sal sê dat dit moeilik is om net een speler uit te sonder, omdat die hele span saam speel.


DF Akademie - 2de Span Hokkiedogters

Bellville - o.19B - Hokkiedogters

DF Akademie - o.16A - Hokkiedogters

Bellville - o.16A - Hokkiedogters


DF Akademie - 2de Span Hokkieseuns

Bellville - o.19B - Hokkieseuns

DF Akademie - o.16A - Hokkieseuns

Bellville - o.16A - Hokkieseuns


DF Akademie - o.14A - Hokkiedogters

Bellville - o.14A - Hokkiedogters

DF Akademie - o.14A - Hokkieseuns

Bellville - o.14A - Hokkieseuns


DF Akademie - Dirigente

DF Akademie - Orkesbestuur

Bellville - Dirigente

Bellville - Blaasorkes bestuur


DF AKADEMIE - ANDER SPORT

Debat

Gholf

E-Sport

Landloop


DF AKADEMIE - ANDER SPORT

Koor

Kookspan

Skaak

Spelathon


HOËRSKOOL BELLVILLE - ANDER SPORT

Afrikaans Snr Debat

English Snr Debate

English Jnr Debate

Afrikaans Jnr Debat

Kookspan

Koor


HOËRSKOOL BELLVILLE - ANDER SPORT

Gholf

E-Sport

Landloop

Skaak

Spelathon


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
DF Akademie vs Bellville - AWSUM Special Edition 2026 by AWSUM News - Issuu