Skip to main content

Bellville vs DF Malan - AWSUM Special Edition 2025

Page 1


14 - 16 Augustus 2025

OUR TEAM

Editor Meinette van Zyl

HEAD OFFICE

The AWSUM Newspaper is published by TieMedia Group (Pty) Ltd, 28 Fabriek street, Paarl, 7646

Email: awsumnews@tiemedia.co.za

Chief Executive Officer: Durandt van Zyl

Managing Director: Meinette van Zyl

Financial Manager: Christelle van Wyk

Admin Manager: Carina Pio

Sales Manager: Quintus Brand

Printed by Paarl Coldset.

Read

Building communities by piecing together school stories – One achievement at a time.

Together with local schools, we create memories families cherish forever.

For school news, go to awsumnews.co.za

Dit is vir Hoërskool Bellville ’n groot voorreg om in 2025 weer deel te wees van hierdie opwindende deelname tussen twee trotse skole. Hierdie interskole is nie net ’n viering van talent nie, maar ook van die harde werk, opoffering en toewyding van elke leerder, personeellid, ouer en organiseerder. Sonder julle lojaliteit en deursettingsvermoë sou die interskole-verrigtinge eenvoudig nie moontlik gewees het nie – baie dankie!

Vir ons matrikulante is dit ’n besondere geleentheid – hul laaste deelname in skoolverband. Mag dit ’n dag van herinneringe wees wat vir altyd sal saamreis op jul toekomspad. Die interskole dien natuurlik ook as ’n geleentheid om bande van vriendskap en respek tussen ons twee skole te versterk – iets wat sport, kultuur (en selfs kook) op unieke wyse kan doen. Ons neem ook afskeid van die hoof van DF Malan met hierdie laaste geleentheid in sy amp. Dankie vir u leiding, u voorbeeld en u nalatenskap – mag u volgende hoofstuk net so vervullend wees.

Ek sluit graag af met ’n aanhaling van Jesse Owens, wat ek vry vertaal in Afrikaans: “Uiteindelik is dit ekstra moeite wat ‘n wenner van die tweede plek skei. Maar wen verg ook baie meer. Dit begin met volledige beheersing van die grondbeginsels, dan verg dit begeerte, vasberadenheid, dissipline en selfopoffering.”

Mag elke dag tydens hierdie interskole gevul wees met al die bogenoemde, maar ook beslis propvol sportmangees, pret, prestasie en positiewe herinneringe.

Paratus ad Omnia

Me. Thea Mc Geer Skoolhoof

Me.
Thea Mc Geer
Hoërskool Bellville

Watter spesifieke sterkpunte glo jy onderskei hierdie jaar se span?

Ons fisiese teenwoordigheid op die veld is ’n groot bate.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop fokus jy as leier?

Dit is ’n groot voorreg om as eerstespan-kaptein uit te draf. My fokus is om die span kalm te hou in moeilike situasies — ek glo dat om terug te gaan na die basiese beginsels belangrik is wanneer dinge moeilik raak.

Watter tradisies of waardes maak julle rugbykultuur uniek?

Ons rugbytradisie is dat as jy vyf wedstryde begin vir die eerstespan, kan jy ’n baaidjie kry. Jy mag ook slegs die baaidjie dra as jy die volgende Saterdag speel.

Watter doelwitte het julle vir die seisoen gestel?

Van die begin af was ons doel om vir Interskole te bou en dit te wen.

Carlo Aucamp

Watter wedstryde sien julle die meeste na uit?

Beslis Interskole! Ons het min wedstryde oor vir die jaar, maar almal is opgewonde vir dié een.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Grant Williams - ek hou van die manier waarop hy speel en die wedstryd lees.

Colin Burger

Watter spesifieke sterkpunte onderskei hierdie jaar se span van die opposisie?

Ons aanval is beslis ons sterkpunt. Ons het spelers wat hard en sterk met die bal hardloop en dit skep baie geleenthede om punte aan te teken. Daarby kom die hart waarmee ons speel – die manne hou nooit op werk nie en byt vas tot die laaste fluitjie.

Hoe voel dit om jou skool se eerstespan te lei en waarop fokus jy as leier?

Dit is ’n ongelooflike eer, maar ook ’n groot verantwoordelikheid. As kaptein moet ek ’n voorbeeld stel, die span kalm hou wanneer dinge moeilik raak, en almal motiveer om hul harte uit te speel.

HOËRSKOOL BELLVILLE

Watter tradisies of waardes maak julle rugbykultuur uniek?

’n Spesiale tradisie vir ons (die Pumas) is om voor elke wedstryd in die kleedkamer die Puma-kreet te sing. Dit is nie net ’n liedjie nie – dit is ’n erfenis wat deur generasies oorgedra is en gee vir ons ekstra trots en motivering.

Watter doelwitte het julle vir die seisoen gestel?

Ons grootste doel is om Interskole te wen, maar ons wil ook DF se rugby beter laat as wat ons dit gekry het en die sport ’n stap vorentoe vat van laasjaar af.

Watter wedstryde sien julle die meeste na uit?

Beslis Interskole – ons grootste en laaste wedstryd van die jaar. Vir die matrieks is dit die laaste keer wat ons vir ons skool uitdraf en ons wil dit op ’n hoë noot afsluit.

Is daar ’n professionele rugbyspeler na wie jy opkyk, en hoekom?

Cheslin Kolbe – hy bewys dat dit nie oor grootte gaan nie, maar oor die hart waarmee jy speel. Ten spyte van sy kleiner gestalte is hy een van die beste, wys altyd moed op die veld en gee nooit moed op nie. ’n Ware rolmodel.

HOËRSKOOL

Johan

Joubert

AFRIGTER VAN DIE

EERSTESPAN RUGBY:

HOËRSKOOL BELLVILLE

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?

Elke speler sal sy hart uitspeel en alles gee! Die seuns sal Hoërskool Bellville en hul ouers met trots verteenwoordig.

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor?

Die harde werk is reeds gedurende die seisoen gedoen. Die week van Interskole word die afronding gedoen. Ons probeer alles so normaal as moontlik hou.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?

Ons is ’n goed gebalanseerde span wat elke Saterdag vir mekaar speel.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?

Ek het baie respek vir Ian McIntosh gehad. Hy het die Natal/Sharks afgerig en na sy sukses by die unie ’n geleentheid gekry om die Springbokke af te rig. Sy passie en kennis van die spel was legendaries.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die veld hardloop?

Speel met groot harte en met passie. Die belangrikste is om dit te gaan geniet, want dit is so vinnig verby.

HOËRSKOOL BELLVILLE EERSTESPAN RUGBY

Roan
Robbertze
Sean Von Wielligh
Carlo Aucamp (k)
Alvino Loggenberg
Rouxan Sparks
James Parker
Marno Botes
Ayden Olivier Liam Kuyk
Ruhan Smuts
David Jordaan Christian De Wet
Steven Steyl
Stiaan Kotzé
Divan Swanepoel

HOËRSKOOL DF MALAN EERSTESPAN RUGBY

Conrad Schultz

AFRIGTER VAN DIE EERSTESPAN RUGBY: HOËRSKOOL DF MALAN

Wat kan die skool en ouers hierdie Interskole van julle span verwag?

Ons gaan speel met passie, trots en vasberadenheid. Respek sal te alle tye aan die teenstanders en wedstrydbeamptes betoon word, en ons spel sal altyd skoon en regverdig wees. Ons sal egter nie tou opgooi of maklik oorrompel word nie. As die teenstanders ons wil klop, sal hulle op wedstryddag meer vasberade en beter voorberei moet wees as ons.

Hoe berei julle span in die week tot aanloop van Interskole voor? (physically and mentally)

Ons gaan nie té veel fokus op fisieke voorbereiding in die week voor die wedstryd nie. Daardie werk is reeds deur die seisoen gedoen. Ons sal hoogstens ‘n ligte sessie doen om ons prosesse vars in ons gedagtes te hou. Geesteslik gaan ons probeer om elke aspek van die week en die geleentheid te geniet. Dit is die hoogtepunt van die kalender en ons gaan dit soveel as moontlik deur die week geniet.

Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons is ‘n span wat ontwikkel het tot ‘n krag op en van die veld af. Buiten ons sterk punte op die veld, glo ek die diepte wat ons in 2025 het, sal ‘n bate wees, sowel as die samehorigheid van die spelers buite die speelveld.

Wie het die grootste invloed op jou as afrigter in jou lewe al gehad? Is daar iemand na wie jy opkyk?

Ek sou sê dat my ouers van die begin af ‘n groot invloed op my gehad het. Hulle het albei provinsiaal en nasionaal gespeel en my ’n goeie grondslag as speler gegee, en later ook as afrigter. Professioneel sou ek afrigters soos Phil Jackson (Chicago Bulls), Graham Henry (All Blacks), Jake White (Springbokke) en Jürgen Klopp (Liverpool) noem as afrigters wie se ideologie en benadering tot afrigting en hul behandeling van spelers ’n groot invloed op my ontwikkeling as afrigter gehad het.

Watter boodskap dra jy aan jou span oor net voor hulle op die baan/veld hardloop?

Dis nie die grootte van die hond in die geveg wat saak maak nie, maar die grootte van die geveg in die hond!! Geniet dit, maak die meeste van elke oomblik, toon altyd respek aan jou teenstanders en gee alles vir jou span, jou skool en jou familie – dan sal die uitslag gebeur soos God dit beplan het.

Eben Bester (o.k)
Daniël
Réhan Palvie 1
Korné Drifjthout 2
Heinrich Jacobsz 3
Ruan Krügel 4
Colin Burger (k) 9
Bellville - o.19B Rugbyspan
DF Malan - o.19B Rugbyspan
Bellville - o.16A Rugbyspan
DF Malan - o.16A Rugbyspan
Bellville - o.15A Rugbyspan
DF Malan - o.15A Rugbyspan
Bellville - o.14A Rugbyspan
DF Malan - o.14A Rugbyspan
Kayla Veer
Mieke Havenga
Mia Richter
Mila Scholtz Mienke Lombard
Nelia de Villiers
Nicole Taljaard
Mia Kellerman (k)
Marina de Villiers
Emma Johnson
Danelle Ross
Danielle Schultz
Minay Olivier
Robyn Bresler
Carli van Dyk
Alexa van Lill
Jacqueline Roux (k)
Micha van Dyk
Danica Fourie
Lianel Lotriet (o.k)
o.19B Netbalspan
o.18B Netbalspan
o.16A Netbalspan
o.16A Netbalspan
o.17A Netbalspan
o.17A Netbalspan
o.15A Netbalspan
o.15A Netbalspan
o.14A Netbalspan
o.14A Netbalspan
Hoërskool Bellville
Hoërskool DF Malan
Lilly Swart (k)
Carla Hattingh (k)
Abiah Louw
Anke Breyl
Anke Kotze
Tara Ellis
Mila Toua
Nicole Meyer
Miekie Muller
Lumé Botha
Luandri Engelbrecht (k)
Luche Everts
Lemae Sobey
Lise van Renssen
Juanine Nel
Diané Cloete
Katrien Barnard (k)
Amelie Retief
Anya Malan
Gemma Daniels
Saskia Briers Zoë Ludick
Rozell Badenhorst Sarah du Buisson
Mari de Vries
Mari Barnard
Lynn-Mari le Roux Magdel Badenhorst
Lea Oosthuizen Lea Schoeman (o.k)
Karla Willemse
Jennifer van Schalkwyk
Aimée Nel (o.k)

HOËRSKOOL BELLVILLE

HOËRSKOOL DF MALAN EERSTESPAN HOKKIESEUNS

Dihan van Taak (k)
Zak Grobbelaar (k)
Adriaan Steytler
Aldo Botha
Aiden Brooks
Andrew Russouw
Benjamin Love
Christiaan Oosthuizen
Jean Coetzee (k)
Jano Fabricius (o.k)
Tiaan Hartman
Walter du Buisson
Tiaan van Zyl
William Herbst
Nathan Koster
Tian Colyn
Ruben Botha
Wahl Rademan
Lourens Oliphant
Thomas van der Merwe
Jurgens Steyn
Theuns Olivier
Ethan Kondowe
Jesse Botha
Justin van Rensburg
Jowan Janse Van Vuuren
Dylan Joerning
Gideon Lotz
Eduard Malan
Ian van der Vinne
Daniël du Plessis
Corbin de Jager
Bellville - o.19B Hokkiedogters
DF Malan - o.18B Hokkiedogters
Bellville - o.16A Hokkiedogters
DF Malan - o.16A Hokkiedogters
Bellville - o.19B Hokkieseuns
DF Malan - o.18B Hokkieseuns
Bellville - o.16A Hokkieseuns
DF Malan - o.16A Hokkieseuns
Bellville - o.14A Hokkiedogters
DF Malan - o.14A Hokkiedogters
Bellville - o.14A Hokkieseuns
DF Malan - o.14A Hokkieseuns

Ongelukkkig beperk gedrukte uitgawes mens om al die foto’s te plaas. Skandeer die QR-kode om na al die spanfoto’s aanlyn te kyk!

Bellville - Debatspan (Engels)
DF Malan - Tennisspan seuns
DF Malan - Tennisspan dogters
DF Malan - Senior debatspan
Bellville - Gholfspan
DF Malan - Gholfspan
Bellville - Koor
Bellville - Kookspan

We supply affordable, brand-name stationery packs through a simple WhatsApp Pay platform - secure, fast, and stress-free for parents. Schools earn rewards on every order while we handle all payments, packing, and admin. Email us at info@everythingschool.co.za

Hoërskool Bellville
Hoërskool DF Malan

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Bellville vs DF Malan - AWSUM Special Edition 2025 by AWSUM News - Issuu