AWSUM March Edition - Southern Cape 2022

Page 1

SOUTHERN CAPE

PRIMARY SCHOOLS & HIGH SCHOOLS | LAERSKOLE & HOËRSKOLE

MAART 2022 www.awsumnews.co.za

FRESH EGGS NOURISH THE MIND

AW S U M

EERSTE KWARTAAL HOOGTEPUNTE FIRST QUARTER HIGHLIGHTS

N E WS


Is jou kind dalk die boelie? Dit is nie altyd maklik om te erken dat jou kind dalk ‘n boelie is nie. As ‘n ouer wil jy nie hê jou kind moet ‘n boelie bly vir die res van sy lewe nie, want situasies kan vererger soos ‘n kind ouer word. Dit is daarom belangrik om op te let of daar enige van die bogenoemde tekens by jou kind verskyn en om deurlopend hul gedrag te moniteer. Kinders weet dat dit verkeerd is om ander af te knou en dit is juis waarom hulle kies om dit te doen wanneer ouers nie in die omtrek is nie. Dit lei tot ‘n toename in kuberafknouery, want die internet word gesien as ‘n ouervrye omgewing. Omdat ouers in die duister gehou word oor wat die kinders daagliks aanvang op die internet en op hul selfone, het hulle geen beheer oor die situasie en die negatiewe gevolge wat kuberafknouery vir kinders het nie. Ouertoesig is noodsaaklik om afknouery te stop. ‘n Kind wat self ‘n boelie is:

Jou kind is moontlik `n boelie wanneer hy:

Het vriende wat ander afknou;

ander vriende by hul groep uitsluit;

Word gereeld na die hoof se kantoor gestuur, of moet bly vir detensie ná skool;

Blameer ander mense of kinders vir hul probleme;

aanhou met onaanvaarbare en onaangename gedrag wanneer jy reeds vir hom gesê het om daarmee op te hou;

Is behep met sy populariteit en reputasie onder leerders;

onverdraagsaamheid en minagting toon teenoor kinders wat as anders of vreemd beskou word;

gereeld ander kinders spot of tart;

deurlopende aggressiewe en wrede videospeletjies speel;

diere seermaak; of

skinder of ander kinders seermaak.

Is baie kompeterend;

Raak betrokke by fisiese of verbale bakleiery;

Word vinnig kwaad of aggressief;

Het skielik nuwe besittings of ekstra geld wat nie verduidelik kan word nie; of

Neem geen verantwoordelikheid vir sy optrede nie.

Dogters of seuns kan boelies wees of gedrag van afknouery toon. Seuns is meer geneig om ander direk af te knou met fisiese aksie soos om te slaan of te skop, terwyl dogters eerder indirek betrokke raak deur skinderstories te versprei of deur ‘n kind uit die groep te sluit. Afknouery by kinders begin al so vroeg as kleuterskool of die eerste paar jare van laerskool.

BOELIEPOLISIE

Behandel ander soos jý graag behandel wil word (Matteus 7:12).

1. WAARHEID AS GORDEL

Beskerm jou teen ’n tong wat jok en om in waarheid te wandel.

2. BORSHARNAS VAN GEREGTIGHEID Beskerm ons harte teen beskuldigings en aanvalle.

3. SKOENE VAN VREDE

FRESH EGGS

Om oor gevaarlike struikelblokke te kan loop en die boodskap van Jesus aan ander oor te dra.

NOURISH THE BODY

4. SKILD VAN GELOOF

Help ons om nie te twyfel nie en om te glo in God se getrouheid van sy Woord.

5. HELM VAN VERLOSSING

Om ons denke te bewaar, want sonde begin by ons denke. Help ons om tussen goed en kwaad te onderskei.

6. SWAARD VAN DIE GEES

Die Woord van God (die Bybel) wat ons teen die vyand beskerm, maar wat ook gebruik word om wonde te genees.

OUR TEAM Editor

ONTVANG DIE AWSUM KOERANT OP JOU FOON WhatsApp jou naam na 073 187 9539

Meinette van Zyl Layout & Design Aniena Venter Rowan Engledoe Ruveix Venter Heleen Etsebeth Alex van Kerwel Enrico Theart Anzèl Heyns Sales Team Quintus Brandt: quintus@tiemedia.co.za Samantha Coetzee: samantha@tiemedia.co.za Leanne Kuhn: leanne@tiemedia.co.za Schools Coordinator Melinda Huysamen | awsumnews@tiemedia.co.za

HEAD OFFICE The AWSUM After School Guide is another AWSUM product by TieMedia Group (Pty) Ltd, 376 Main Rd, Lemoenkloof, Paarl, 7646 awsum@tiemedia.co.za Chief Executive Officer: Durandt van Zyl Managing Director: Meinette van Zyl Financial Manager: Christelle van Wyk Sales Manager: Quintus Brand Printed by Paarl Coldset. Copyright: TieMedia Group (Pty) Ltd 021 000 1705 www.awsumnews.co.za

Advertising Coordinator Adrienne Martin: awsumads1@tiemedia.co.za

29 Regional pages: Find us

Distribution Charl Paulse: charl@tiemedia.co.za

Awsum School News


Per grade Per subject www.awsumnews.co.za Download past exam papers Per grade Per subject www.awsumnews.co.za AW S U M

NEWS

The biggest school news platform in S.A | Die grootste skole nuus platform in S.A

Boelies – Help so jou kinders AWS U M

N EWS

The biggest school news platform in S.A | Die grootste skole nuus platform in S.A

Baie ouers is nie bewus daarvan dat hul kind moontlik ‘n slagoffer van afknouery in die skoolomgewing kan wees nie – totdat dit te laat is. Kinders wil nie altyd hul ouers vertel dat hulle afgeknou word nie, uit vrees vir wat die boelie aan hulle sal doen as hulle uitpraat, of omdat hulle skaam of verleë is daaroor. Daar kan baie redes wees waarom jou kind jou nie wil vertel dat hy afgeknou word nie: daarom is dit jou werk as ouer om ‘n oog (en ‘n oor) op jou kind te hou. Wees bewus! Afknouery is ‘n wêreldwye probleem en Suid- Afrika is beslis geen uitsondering nie. Volgens ‘n Unesco-verslag1 word bykans 250 miljoen kinders en jongmense jaarliks op ‘n globale skaal afgeknou. Navorsing toon dat boelies daarop uit is om sekere kinders te treiter en af te knou weens verskeie redes, soos verskille in etniese en kultuurgroepe, liggaamlike voorkoms, of seksuele of geslagsoriëntasie. ‘n Boelie situasie word gekenmerk deur 6 definiërende faktore7, nl.: •

Intensie om iemand skade te berokken – Die oortreder vind genot daarin om die slagoffer te domineer en uit te tart.

Intensiteit en die duur van die situasie – Die boelie hou aan met sy gedrag oor ‘n lang periode en die afknouery veroorsaak dat die slagoffer se selfbeeld ‘n knou kry.

Mag oor die slagoffer – Die boelie het mag oor die slagoffer a.g.v. ouderdom, fisiese krag, grootte of geslag.

Kwesbaarheid van die slagoffer – Die slagoffer is meer sensitief vir ‘n getergery, kan himself nie voldoende verdedig nie en het fisiese of sielkundige eienskappe wat hom meer kwesbaar maak vir boelies en viktimisering.

Gebrek aan ondersteuning – Die slagoffer voel geïsoleerd en blootgestel. Soms is die slagoffer bang om afknouery te rapporteer uit vrees vir vergelding. Gevolge – Die skade wat die slagoffer se selfbeeld opdoen, kan lank voortduur en kan daartoe lei dat die slagoffer homself van skoolaktiwiteite onttrek, of ook aggressief begin raak.

Afknouery kan verskeie vorme aanneem, naamlik: •

Fisies (skop, slaan of boks);

Verbaal (noem kinders name, dryf die spot met hulle of maak dreigemente);

Emosioneel (sosiale uitsluiting, intimidasie deur gebare of dreigemente);

Rassistiese afknouery;

Seksueel; en

Kuberafknouery (deur die internet op sosiale media soos Facebook; of deur selfone met haatboodskappe of afdreiging)

Vyf tekens wat kan aandui dat jou kind ‘n slagoffer van afknouery is 1. Ongewillig om skool toe te gaan As jou kind dit normaalweg geniet om skool toe te gaan en ewe skielik nie meer wil gaan nie, kan dit daarop dui dat hy by die skool afgeknou word.

3. Verandering in geaardheid As ‘n ouer moet jy jouself afvra of jou kind se geaardheid verander het en of hy buierig is terwyl hy voorheen gelukkig of toeganklik was. Só ‘n verandering kan die gevolg wees van hormonale veranderinge, veral by tieners, maar dit kan ook ‘n teken wees dat iets of iemand jou kind seermaak. 4. Vriendverskuiwings Hou jou kind se vriendegroep dop, want só kan jy agterkom wie hy ignoreer. Jou kind kan homself van ‘n vorige vriendegroep distansieer. 5. Punte wat daal Akademiese prestasies of punte wat daal, kan die gevolg wees van kinders wat bang is om skool toe te gaan, juis omdat hulle afgeknou word. Die skool word ‘n omgewing van vrees en angstigheid, eerder as ‘n omgewing waar daar geleer en genot ervaar word. Ander waarskuwingstekens van afknouery sluit die volgende in: •

Onverklaarbare beserings soos kneusplekke, snye en krapmerke;

2. Veranderinge in slaappatrone

Verlies aan eetlus of verandering in eetgewoontes;

Studies toon dat 36% van kinders wat slagoffers van afknouery is, slaapprobleme het. Kinders wat afgeknou word, kan soms parasomnia of nagmerries ervaar. Afknouery kan ook tot depressie by kinders lei, wat dan kan veroorsaak dat kinders sukkel om te slap of dat hulle te veel slaap.

Vernielde of verlore skoolboeke, klere, of elektroniese toestelle; of

Gereelde klagtes oor maagpyn, hoofpyn, naarheid of dat hy siek voel.

Besoek gerus www.teenboelie.co.za vir meer inligting.


HOËRSKOOL LANGENHOVEN Kleure-atletiekbyeenkoms

Atlete presteer puik

Die skool is baie trots op die volgende leerders wat na afloop van die kleure-atletiekbyeenkoms, pragtig presteer het.

Drie Das-atlete van Hoërskool Langenhoven verteenwoordig die Wes-Kaap, by die SAkampioenskappe, vanaf 15 – 18 Maart 2022, te Germiston.

Die Senior Victor Ludorum is Lambert Johnson (heel regs) en die Senior Victrix Ludorum is Lee-Ann Matthee (tweede van regs). Die Junior Victor Ludorum is Walt Pretorius (links) en die Junior Victrix Ludorum is Liandrie Gemürr (tweede van links). Baie geluk Dassies!

Mienke Doubell het op die Wes-Kaap Hoërskole Atletiekkampioenskappe die goue medalje in diskus verwerf. Danville Willemse het tweede in die 3000m gekom en Jo-Waine Bush behaal ‘n derde plek in die 400m. Vir hierdie prestasies verwerf al drie Dasse hulle Wes-Kaapkleure. Die skool is baie trots op hierdie uitsonderlike prestasies.

Walt Pretorius, Liandrie Germürr, Lee-Ann Matthee, Lambert Johnson.

Jo-Waine Bush, Mienke Doubel, Danville Willemse.

LAERSKOOL VOLSCHENK Atletiek Vollies spog met Licka Jordaan, en Joben Kruger, wat puik presteer het tydens die Eden-atletiekbyeenkoms te Oudtshoorn, op Saterdag, 5 Maart. Hulle is die beste twee junior atlete in Vollieland.

Die volgende Vollies het hulle Eden-kleure ontvang in atletiek. Ons sien uit wat hulle tydens die Wes-kaap byeenkoms in die Paarl, gaan maak.

Licka Jordaan en Joben Kruger

Gian Silva, Adriaan Coetzer, Ghite Silva, Ulrich van Dyk, Lienka de Kock, Carla Botha, Lize Retief, Erin Hardnick.

Eerstespanne

Eerste tennisspan

Eerste Krieketspan


LAERSKOOL BERTIE BARNARD Tweekamp Willem-Daniël Matthee en Jay-Dee de Jager het op Dinsdag 22 Februarie 2022 aan die Tweekamp liga-byeenkoms deelgeneem wat op Oudtshoorn plaasgevind het. Willem-Daniël het 3de plek behaal en Jay-Dee het 7de plek behaal. Op Dinsdag 1 Maart neem hulle deel aan die Eden Champs wat op Oudtshoorn sal plaasvind. By die byeenkoms word die Eden-span gekies om SA’s toe te gaan. Willem-Daniël is gekies vir die Highgate Eden-span.

Joshua nog ‘n keer ‘n wenner Joshua Helmand, het in die Eden Mini 2 TSA toernooi deelgeneem, wat 18 – 20 Feb 2022 plaasgevind het op George. Joshua het die toekenning van o/14 enkelwenner behaal. Joshua het ook die o/14 dubbelswenner toekenning geneem. Baie geluk Joshua. Ons is baie trots op jou. Berties Bo!!

Atletiek Baie geluk aan die volgende leerders wat hulle SWD klere in atletiek verwerf het. Die atlete het aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in Paarl deelgeneem. Luan Faber en Zak Olivier het hulle Wes-Kaap klere by die byeenkoms verwerf. • Luan Faber • Jason Nel • Zak Olivier • Johan Janse van Rensburg

Perdry Katrien van Wyk het deelgeneem aan die Jeugskou Perd kampioenskappe wat op Heidelberg 12/2/2022 plaasgevind het. Sy het weggestap met die titel Junior Junior wenner. Op Riversdal het sy ook met die louere weggestap op 17/02/2022 en as Junior Junior 1ste plek wenner uit die styd getree. Baie geluk Katrien. Ons Berties is baie trots op jou. Berties Bo!!

Hessequa Biblioteke Skryfkompetisie Hessequa Biblioteke het ‘n skryfkompetisie aangebied. 10 stories in die hele Hesseque-streek is gekies en gepubliseer in ‘n pragboek vir ons jeug. Bertie Barnard het 4 publikasies in hierdie mooi boek. Baie geluk aan hierdie jong outeurs. • Benjamin Buys (Voldraad Marmeldade) • Ludwig Mare (Boekman en Boekmerk) • Stefan Botes (Die Boomhuis) • Ben Fouché (Speurder Bezuidenhout)

Benjamin Buys

Ben Fouché

Ludwig Mare

Stefan Botes

* New Aluminium Doors & Windows * Service of Aluminium Doors & Windows * Showers - Framed & Frameless * Glass * Mirrors * Balustrades * Tinting * Burglar Bars - Clear & Aluminium 028 754 2202 | www.stilbaaiglas.co.za

BLOMBOS & RIVERSDALE

Education is the most powerful weapon we can use to change the world. Trading hours: Monday - Friday: 08:30 - 17:30 Saturday: 08:30 - 13:00 Sunday & Public Holidays: 11:00 - 12:00 BLOMBOS Tel: 028 754 1057 15B Voortrekker Street, Still Bay Email: blombos@thelocalchoice.co.za

RIVERSDALE Tel: 028 713 1089 44 Church Street, Riversdale Email: riversdale@thelocalchoice.co.za


HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE Oakdale-Atlete kompeteer teen bestes in Wes-Kaap

Oakdalers staan uit in Jeugskou Tydens die Riversdal skou het leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale aan die Jeugskoukompetisie in die klasse wol- en vleisskaap, suiwel- en vleisbees, angorabokke en boerbokke deelgeneem.

Hoër Landbouskool Oakdale spog met vyftien atlete wat in die EDEN atletiekspan opgeneem is. Hulle het op 3 & 4 Maart aan die Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl deelgeneem.

Die Oakdalers verwerf 7 eerste-, 6 tweede-, 7 derde-, 5 vierdeen 1 vyfde plek. Hanteringsvaardighede met diere, asook die sinchronisasie daarvan in spanverband word beoordeel - verseker ‘n vaardigheid wat slegs met baie en gereelde oefening verkry word. Oakdale is landwyd toonaangewend in Jeugskou prestasies. Die WP Jeugskou kampioenskappe vind vanjaar plaas vanaf 30 Maart te Augsburg in Clanwilliam. 31 leerders gaan die skool daar verteenwoordig.

Atlete is as volg: Kai Pratt, CT Vosloo, Christof Crous, Lian Otto, EW Maritz, Shaylon Lombard, Rayline Alberts, Wayne Ganniwa, Frederik van Dyk, Tyler Loock, Louis Fourie, De La Rey Terblanche, Wandré Groenewald, HP Coetzee en Righardt Stander.

Oakdale krieketspanne beste in SWD Superliga Die Hoër Landbouskool Oakdale het reeds vroeg in die jaar hul staal gewys deurdat drie krieketspanne met die louere weggestap het as SWD Superliga Krieketwenners.

Die o.15A span het hul liga oorheers en het die seisoen op ‘n hoë noot afgesluit deurdat hul Hoërskool Outeniqua met 1 paaltjie tydens hul laaste liga-wedstryd geklop het.

Die o/19A span het in totaal 10 wedstryde in die liga gespeel waarvan hulle 8 gewen het en sodoende bo-aan die punteleer geeïndig het. Die span het ook vanjaar se Interskole teen Boland Landbou met 5 paaltjies gewen. Twee spelers is in die SWD provinsiale spanne ingesluit nl: Arend Blom (o.19 span) en Zandré Conradie (o.16 span).

Die o.15B span se 7 oorwinnings tydens ligawedstryde het ook aan hul ‘n plek bo-aan die punteleer verseker.

Righardt Stander het goud in beide spiesgooi en diskus seuns o.19 behaal asook ‘n bronsmedalje in gewigstoot. Hy is opgeneem in die Wes-Kaap se span vir al drie items wat vanaf 15 Maart aan die SA Kampioenskappe in Germiston gaan deelneem.

Righardt Stander

Oakdale krieket is tans ‘n krag in die Wes-Kaap waarmee rekening gehou kan word.

Oakdalers bobaas in tweekamp Met die dissiplines van swem en hardloop wat gekombineer word, is 10 atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale vir onderskeidelik die o.15, o.17 en o.18 Eden-tweekampspanne gekies. Die atlete sal dié span by die SA-kampioenskappe op 2 en 3 April 2022 in Port Elizabeth verteenwoordig.

Eerste Krieketspan Voor: Tiaan Ferreira, Corne Kennedy, Erick Steyn, Francois Labuschagne, Pienie Pienaar, Zandré Conradie. Agter: Mnr. Pine Marais, Marco Steyn, Arend Blom, Gerhard Elert, Bian van As, Pieter Marais, Duan Roberts (Kapt.), Adriaan van der Merwe, Mnr. Gerhard Holtzhausen.

Baie geluk aan Jaco de Wet, Ical van der Merwe, Hanro Kuun, Kéan Enslin, Adriaan Albertyn, Zian Windt, Hägen Reinstrorf, Wilhelm Kuun, Dieter Kotze en Luke Steenkamp. HW de Waal is ingesluit om as lid van die Oakdale-skolespan deel te neem.


LAERSKOOL HARTENBOS Tennispresteerders Tamerè Stewart met haar eerste plek vir o.12 dogters, enkels sowel as dubbels.

Tameré Stewart

Ons eerstespan tennis meisies het die Reef Hudson toernooi gewen.

Tameré Stewart, Landi Kirstein, Miike Scholtz, Nika Kirstein.

Atletiek

o.13A Rugby

Hierdie Dolfyn-atlete is opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan en gaan deelneem aan die SASA Skole Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom vanaf 24-26 Maart 2022.

Veertien laerskole is verteenwoordig by die Oakdale Rugbynaweek. Die Dolfyne wen 2 uit hulle 3 wedstryde. Hulle wen teen Laerskool Brackenfell en Laerskool Panorama en verloor ongelukkig net-net teen Laerskool Stellenbosch.

LAERSKOOL VORENTOE PRIMARY SCHOOL Atlete kwalifiseer vir verskeie Kampioenskappe

Wes-Kaap Kampioenskappe in die Paarl Eden-kleure ontvang Voor: Minay Botha en Hanja Gildenhuys. Agter: Anke Boshoff en Cayden Williams.

Eden Kampioenskappe in Oudtshoorn. Voor: Chante Marais, Emma Gildenhuys, Farrow Buys, Hanja Gildenhuys, Minay Botha, Melissa Barnard, Zaylia Ferreira, Jaydee Jansen, Klare Terblanche, Millir Potgieter en Carmiah Piedts. Agter: Cayden Williams, Ame Sinclair, Anika Du Plessis, Hanrie Duits, Anke Boshoff, Mika Agenbag, Earlando Lourens en Neham Roelfse. Afwesig: Joshua Esau.

Skolierpatrollie-span 2022

Skolierpatrollie-span 2022 Voor: Jessica Frezenburg, Rayne Ollier, Sebastian Russouw en Helana Van Wyk. Agter: Baldt Greyling, Mika Agenbag, Tarren Borchards, Leanie Bresler, Cayleigh Ries en Alexis Boshoff.

Muurbal

Skolierpatrollie-leiers 2022 Helana Van Wyk (dogter) Sebastian Russouw (Seun)

Hanrie Duits 9de gekeurde o/13-dogter in Suid-Afrika in Muurbal.


LAERSKOOL PARK Atletiek Atletiek Streekbyeenkoms (Seniors) wenners Voor: Tokkie Kasselman, Riaan Nel, Sias Poggenpoel, Zian Lange, Jaywin Scholtz, Lienka Pretorius. Middel: Chanelle Lombard, Livia Gericke, Dormari Caistens, Kristy-Lee v.d. Schyff, Lara Brown, Jana Pretorius, Karli-Louise Weston, Nelani Malan, Jana Cilliers, Megan Swanepoel, Mila Smit, Annabelle Schoevers,Wikus Smit, Niél Conradie, Nikki Grobler, Ricardo van Eck, Janie Laubscher, CB Strydom, Sadie Quinton, Milan Kotze. Agter: Liam Herps, Juann Muller, Edward Swanepoel, Logon Boshoff, Cole Geradus, Olof Poggenpoel, Alex Maartins, Zack Westraadt, Juan Claassen.

Atletiek Streeksbyeenkoms (Juniors) wenners Voor: Lian Roos, Cruden Briesies, Janco de Villiers, Tamil Roberts, Aaron Mondo, Nel van Jaarsveld. Agter: Jane Brits, JC le Clus, Miane Schutte, Mia Rossouw, Leah Brown, Martin Kriek, Ella Schoeman.

Nashua Atletiekbyeenkoms-atlete Milan Kotzé, Jaywin Scholtz, Lara Brown, Jana Pretorius, Livia Gericke, CB Strydom, Lienka Pretorius.

HOËRSKOOL PUNT Interskole Atletiek 2022 Op 9 Februarie het die Hartloop Interskole Atletiek in Oudtshoorn plaasgevind. Skole wat deelgeneem het was, Hoërskool Punt, Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium. HS Punt Rekordbrekers: Atleet Item Vorige Rekord Nuwe Rekord Mia Herselman Dogters o.14 Verspring 5.18m 5.38m Mia Herselman Dogters o.14 100m 13.4s 12.7s Chrizanne Swart Dogters o.14 Diskusgooi 29.22m 30.73m Mieke Coetzee Dogters o.15 Hamergooi 35.56m 44.32m Anika Beukes Dogters o.19 200m 26.2s 25.5sek. Jandri Snyders Dogters o.19 800m 2m 23.00s 2m 20.60s

• • • • • •

Ons dogters het in alle ouderdomsgroepe behalwe een die top prestasie ontvang!

Weskaap Atletiek 22 Atlete van HS Punt het aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Ons atlete het ‘n totaal van 12 medaljes verower waarvan 4 goue medaljes.

Mia Herselman o.14 Dogtersatleet van die dag

Mieke Coetzee o.15 Dogtersatleet van die dag en Algehele Dogtersatleet van die dag

Anika Beukes o.19 Dogtersatleet van die dag

Walter van Rensburg o.14 Seunsatleet van die dag

Uitslae Wes-Kaap Skole Atletiek • • • • • • • • • • • •

Mia Herselman - D o.14 Verspring 2de Walter van Rensburg - S o.14 Discus 1ste Gewigstoot 2de Andreas Badenhorst - S o.14 Spiesgooi 1ste Mieke Coetzee - D o.015 Hamergooi 3de, Gewigstoot 3de, Discus-2de Jandri Snyders - D o.19 800m 1ste Anika Beukes - D o.19 200m 1ste, 100m 2de, Driesprong 3de Anika Snyders - D o.19 Spiesgooi 2de Amone Billing - D o.15 200m 7de, 100m 6de, 300mH 6de Joalize Steyn - D o.17 200m 6de, 100m 6de Anika Fourie - D o.17 100m 10de Christin Du Plessis - D 0/14 - Spiesgooi 7de Mia Herselman - D o.14100m 7de

• • • • • • • • • • •

Dylan Boshoff - S o.19 Discus 6de, Gewigstoot 6de Andreas Badenhorst - S o.14 300m H 6de Antorien Alberts - D o.19 Verspring 7de Zhandre Hatting - S o.17 2000m Hindernis 5de, 500m 6de Qure Roets - D o.14 5000m stap 4de Henco Swanepoel - S o.15 Hamergooi 6de Lara Lubbe - D o.17 300m H 6de Lee Wildemans - S o.17 100m 6de Kunene Gadu - S o.15 Driesprong 8ste Chrizanne Swart - D o.14 Gewigstoot 4de Dian Barkhuizen - S o.15 3000m 10de

Baie geluk aan die volgende atlete wat verkies is tot die Wes-Kaap Skole atletiekspan om aan die SA Skolekampioenskappe te gaan deelneem: Anika Beukes, Mieke Coetzee, Jandri Snyders.


CURRO MOSSEL BAY Atletiek

Chess

Baie geluk aan Xinell Wolvaardt, AW Verwey en Lema Duncan, wat gekies is om die Eden Distrikspan te gaan verteenwoordig by die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe in Paarl. Baie sterkte, julle maak ons trots.

Congratulations to the following primary school learners for being selected to be part of the Mossel Bay Regional Chess Team. Minenhle Mkize, Myburgh Du Toit, Wybrandt Hurter, Xinyu Weng, Jayden Pizzini, Mia Burger, Zoe Burger, Phillip Du Plessis. The 1st Regional tournament took place on 12 March at Curro Mossel Bay.

Lema Duncan

AW Verwey

Sportpresteerders

Victrix and Victor Ludorum

Linél en Ricardi finaliste by die Weskaap Sport Toekennings by die Cape Sun Hotel.

On Thursday athletes departed to participate in the Curro Interschools Athletics meeting in Stellenbosch. Our athletes participated in 48 events. Of the 48 events, we placed 1st in 12 events, 2nd in 11 events and 3rd in 4 events.

Linél is aangewys as die algehele wenner, Junior Sportvrou van die jaar. Linél Engelbrecht en Ricardi Matthee was uitgenooi as finaliste na die Wes-Kaapse Sport Toekennings by die Cape Sun Hotel.

Vian Cupido was awarded the Victor Ludorum for his exceptional performance at the Curro Interschools. Chanelle Barnard with her 3 1st places, a 2nd, and a 3rd place, was also announced as the Victrix Ludorum of the meeting. Chanelle went on to participate in the Western Cape meeting and obtained a 5th place. Well done!

Linél Engelbrecht is aangewys as die algehele wenner, Junior Sportvrou van die jaar. Baie geluk ons is baie trots op julle!

Voor: Mia Burger, Zoe Burger, Phillip du Plessis. Agter: Minenhle Mkize, Xinyu Weng, Myburgh du Toit, Wybrandt Hurter, Jayden Pizzini.

Xinell Wolvaardt

Linél Engelbrecht & Ricardi Matthee

Vian Cupido

Chanelle Barnard

Hoërskool Punt vervolg: Krieket Punt se o.19A krieket span het geskiedenis gemaak deur die B liga van die SWD Superliga vir skole oortuigend te klop. Dit beteken Punt HS se eerstespan sal volgende jaar in die A-seksie van die SUPERLIGA speel.

o.19A

o.15A

We work with schools across S.A printing school diaries, yearbooks, workbooks and more.

Let’s discuss your next project Phone 072 460 8243 or email info@theprintoffice.co.za

ThePrintOffice www.theprintoffice.co.za


LAERSKOOL OUTENIQUA Atletiekprestasies Laerskool Outeniqua leerders verkies tot die Eden-laerskolespan.

Ben de Waal

Karlien Oelofse

Izania van Sandwyk

Lenka Viljoen

Jac du Plessis

Lila Koen

Jamie Swanepoel

Megan Botha

Milan de Villiers

JP Immelman

SJ Petersen

LAERSKOOL GEORGE-SUID Swem

Atletiek

Hiermee die wenners van ons Interhuis Swemgala:

LGS is trots op 2022 se wenners van ons Kleure-atletiek:

Senior Victrix Lodorum - Caitlyn Cawood en Deruschka Grobbelaar. Junior Victor Lodorum - Luke Visser. Victor Lodorum - Marco Lesch. Junior Victrix Lodorum - Katelyn Lourens.

Junior Victor Lodorum - Llewelyn Viljoen, Victrix Lodorum - Iané Joubert. Senior Victor Lodorum - Johannes Brink, Victrix Lodorum - Katelyn Boonzaaier. Fondasiefase wenners: Dogter - Anje Coleman, Seun - Daniël v Wyngaard.

Tweekamp

Tennis

Negentien van ons atlete sal die Eden Tweekamp span die jaar gaan verteenwoordig by SA’s. LGS neem ook deel as skool.

Agt skole het onlangs deelgeneem aan die Reef Hudson tennistoernooi. LGS se seuns en meisie A-spanne speel beide in die finaal en wen die trofee vir die beste algehele skool.

Voor: Bernard Lambrecht. Middel: Gihard Grütter, Gerhard Hattingh, Ivan Roux, Annabel vd Merwe, Alexa Stahmer, Mieke Buitendag, Edrich Meyer, Llewelyn Viljoen, Martin Roux. Agter: Dehan Meyer, Megan Stahmer, Kara van der Merwe, Marno Meyer, Caitlyn Cawood, Arabelle Grutter, Iane Joubert, Johannes Brink. Afwesig: Marcus Dippenaar.

Kaylen Coertzen, Suané Koegelenberg, Lara Rörich, Diani van Niekerk, Luhan van Niekerk, Arnu Visser, Déhan Meyer, Christiano Veldkornet.


YORK HIGH SCHOOL Tel: 044 873 2100 • Fax: 044 873 2118 26 Hibernia Steet, P.O. Box 975, George, 6530 WE ARE SUPPLIERS OF: • Abrasives • Bronze • Engineering • Plumbing • Fasteners • Hardware • Irrigation • Tools • Protective Clothing • Welding

IMPO RTERS & EXPO RTERS O F QUALITY TO O LS & HARDWARE STOCKIST & AGENTS FOR: Stanley, Webco, Omega Tools, Will Tools, Wller, Irwin, Record Somta, FEW, Stabilla, Crescent, Gedore, Fascor, Lasher, Wera, Pratley, Alcolin, Pferd, Spanjaard, Den Braven, Tangit, Metabo, Festool, DeWalt, Gunnebo Lifting, Iscar, Lukas, Pedrollo Pumps, Microjet, Henkel, TVL Press Bolt and Nuts, Loctite & Academy Brush.

Grade 12 Achievers York was very much in evidence at the Eden and Central Karoo Awards Ceremony for 2021. Ludolph Pedro and Sam Leggatt blew the audience away with their piano solos while artworks from our Matric learners featured prominently in the foyer. York received a Certificate of Excellence while 3 of our learners were in the top 12 in the entire district: • David Yon, Deputy Head boy 2021 is York’s top achiever with a 93,4% average. This result placed him 3rd in the district • Johannn Wahl achieved an average of 92,4% which placed him 4th in the district • Johannn also achieved the best result in Mathematics in the district and the top results in CAT in the Western Cape. • Cayla Botes achieved 8th place in the district. • Liyema Nyobole was the top achiever in Dance Studies in the district. • Lien-Cheng Lan was the top achiever in Mandarin in the district. We also recently received the results of the National Research Foundation’s Physical Science Olympiad. David Yon achieved 2nd place in the Western Cape and 4th in the Country. We are extremely proud of these learners!

Johannn Wahl

David Yon

19 Learners achieved an A-aggregate

WE MAKE MEMORIES OF GOLD

Andrew Stoffels

Cayla Botes

CJ Jeneker

David Yon

Durr Koen

Melinn Koopman

Eli Whittle

Ilse-Maree Pretorius

Jenna Margrate

Jodi Orban

Johann Wahl

Michelle vd Berg

Tyolor Alberts

Liam Galvin

Liyema Nyobale

Luane Meyer

Marisha Roberts

Matthew Graaff

Nicholas Scholtz


HOËRSKOOL OUTENIQUA Attakwas Half Maraton

Tennis

Vroeër die jaar het die Kwaggas deelgeneem aan die mini Attakwas wat ‘n half maraton van 52km behels. Alhoewel dit baie warm was het die Kwaggas baie goed presteer. Al drie poduim posisies vir seuns is deur drie graad 11 leerders verwerf.

Met bloedige temperature en uitdagende omstandighede het die eerstespan seuns in Stellenbosch aan die Zest Fruit Gerrie Bernertoernooi deelgeneem. Die tweedespan seuns en eerstespan meisies het aan die Tjaart Vorster-toernooi in Cradock deelgeneem. Die Gerrie Berner-toernooi word deur Paul Roos aangebied en word gesien as een van die sterkste skoletennis-toernooie in die land. Deelnemers sluit in Paul Roos, Affies, Waterkloof, Paarl Boishaai, Grey College, Saints, KES, Oakdale, Kearsney, Clifton, Stellenbosch Hoërskool en Hoërskool Outeniqua. In die rondtomtalie-gedeelte het die Kwaggas teen Paarl Boishaai verloor 7-0, Clifton gewen 6-1, Grey College verloor 4-3, Saints gewen 5-2 en teen Stellenbosch Hoërskool gewen 7-0. Dit maak dat ons derde in ons groep geëindig het en dat ons moes uitspeel vir posisies 5-8. Ons het eerste teen KES gespeel en hulle gewen. Ons laaste wedstryde was teen Affies. Dit het soos ‘n herhaling van die toernooi in 2021 gevoel, maar hierdie keer klop ons hulle met 4-3 en eindig vyfde in die toernooi. Baie geluk aan die seuns met hulle prestasie. By die Tjaart Vorster-tennistoernooi wat jaarliks in Cradock deur Marlow aangebied word, het ons seuns uitstekend gevaar. Hulle wen teen Sentraal, Cradock Hoërskool en Oakdale. Dit plaas hulle eerste in hulle groep. In die kwartuitrondte het hulle vir Marlow gewen. Ongelukkig het hulle teen Paarl Boishaai verloor en speel toe vir possisies 3-4 uit. Hulle het vir Merriefield geklop en derde in die toernooi geëindig. Die Meisies het ook, onder omstandighede, goed gedoen. Hulle verloor teen Voortrekker, wen vir Merriefield, wen teen Framesby en verloor teen Oranje. Hulle het uit vir posisies 5-6 uitgespeel en verloor ongelukkig teen Cradock Hoërskool. Dit plaas hulle sesde in die toernooi.

Jaydan Durandt (2de), Cronje Beukes (1ste), Jaco Jacobs (3de).

Sportman van die Jaar Baie geluk aan Drikus de Jager, uitmuntende tennisspeler van die Kwaggas, wat as die WesKaap Skole Sportman van die jaar aangewys is. Hoërskool Outeniqua is baie trots op jou, Drikus!

Drikus de Jager

Nuwe VRL Baie geluk aan die volgende drie Graad 8 leerders wat verkies is tot die VRL.

Gerard Bekker, Ludwig Lõtter, Quntus Lutsch.

Cradock dogters: Shane Buitendag, Mariedine Venter, Kristin vd Spuy, Mariesa Du Plessis, Lisa Smit, Anja Bezuidenhout.

Gerry Berner: Ivan Koen, Drikus de Jager, Martin Mostert, Ivan Beukes, Willem Breytenbach, Micheal Mostert.

Cradock Seuns Voor: Devilliers Lamprecht, Louw de Bruyn. Agter: Louis Fourie, George Maraba, Phillip Erasmus, Wihan Cloete.

Dramaleerders Presteer

We sell bicycles & all related accessories year-round. Quality, serviceable products with emphasis on the ability to repair the major items & we service what we sell. Our full-service bike repair shop is dedicated to keeping your bike in tip-top shape! 044 873 6386 | downhillfanatics@gmail.com 113 Mitchell Street, George, 6530

Tyres • Mags • Towbars • Shocks • Brakes • Exhausts God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? Romeine 8:31

Die Wes-Kaap Departement van Kultuur in samewerking met die Baxter Teater in Kaapstad, bied jaarliks ‘n kompetisie aan om dramaaanbiedings in die verskillende distrikte te bevorder. Die kompetisie het met die inskryf van ‘n oorspronklike teks begin. Monicke van der Walt (gr. 12) se teks “OUD” het na die semifinaal deurgedring. Onder leiding van Monicke, het drie dramaleerders, David Smith en Lica Botes (gr. 12), asook Anja Goosen (gr. 11), die stuk by die semi-finaal opgevoer en na die finaal deurgedring. Die beoordeelaars was Abduragman Adams, skrywer/akteur wat in Suidooster speel en Bulelani Mabutyana, regisseur van die Baxter Teater. Die ses groepe in die Edendistrik wat tot die finaal deurgedring het, het die naweek van 14-16 Januarie 2022 by die Kultuursentrum in Oudstshoorn opleiding ontvang. Die fasiliteerders was die twee beoordeelaars, asook Kanya Viljoen dramaskrywer en regisseur wat ook in Afgrond speel en Mdu Kweyama, kurator van die Zabalaza Teater Fees. Die dramas is weer opgevoer en die fasiliteerders het vir elke groep terugvoer

en raad om te verbeter gegee. Sondag moes die groepe weer hul stukke opvoer om te wys hoe hulle verbeter het. Die naweek van 21-23 Januarie reis drie leerders, Monicke (regisseur), David (verhoogbestuur) en Aiden Kotze (klank en beligting) na die Baxter teater om opleiding in die teater te kry. Die finaal vind op 5 Maart in die George Arts Theatre plaas en die wenners word genooi om hul drama by die Baxter se Zabalaza Teater Fees, op te voer. Baie geluk aan ons talentvolle Kwagga dramaleerders!

Monicke van der Walt, Anja Goosen, Lica Botes en David Smith.


ONTVANG DIE AWSUM KOERANT OP JOU FOON WhatsApp jou naam na 073 187 9539

ART, CRAFT & HO BBY Su pplies; DIY CRAFT KITS; Sc hool Projec t Su pplies: CREATIVE GIFTS

GLENWOOD HOUSE SCHOOL George Team Athletics

George Regional Athletics

Glenwood House is extremely proud of the brilliant performances made by our young athletes at the Prestige trials. They have been included into the George team for the Eden Championships.

Our GWH College athletes excelled at the annual George Regional Athletics meeting by winning 7 gold, 5 silver and 3 bronze medals on the 12th of February. They progressed to the EDEN Schools Provincial championships held on the 19th of February. The individual medal winners were Samantha Hyde, Gisele Young, Carmi Lewis, Megan Hyde, Kyla Hamilton, Nicolas Vrey, Wido Rudolph and Gunther Young.

Front: Morgan Campbell, Mirka Bekker, Matthaus von Gruter. In the middle: Wanru Haasbroek, Kristen Dick, Carla Buitendag, Duné Haasbroek, Alec van der Merwe, Kyle Harris, Lex Nortje. Back: Morgan Maritz, Liana Saayman, Joshua Struwig, Frank Barnard, Julia Painter, Chanah Gerber.

Chukka Water Polo Festival

College Inter-House Cycling

Glenwood House Preparatory recently participated in the very popular Chukka Water Polo Festival at the Knysna Quays.

The College hosted their first Inter-House Cycling meeting. Congratulations to Joshua Osner who finished 1st on the day with a time of 9 minutes and 33 seconds, 2nd was Mathew Tindall with a time of 9 minutes and 37 seconds and 3rd place Daniel le Roux with a time of 9 minutes and 43 seconds.

The u.19 girls also travelled to Knysna to participate in the 10th annual Oakhill Waterfront Chukka Festival (u19). Currently ranked 12th in the country, the Glenwood Girls First Team won all their games.

u.13 Boys

u.13 Girls

u.19 Girls

Mathew Tindall, Joshua Osner, Daniel le Roux


LAERSKOOL WESBANK Tweekamp Die volgende leerders is opgeneem in die span en verteenwoordig Eden by SA’s in Port Elizabeth. Baie geluk, hou ons naam hoog!

Rudolf Smith verwerf ‘n goue medalje tydens die byeenkoms.

De Wet Botes, Callan du Plessis, Callie Wannenburg, Juf. Danelle du Toit (Skool-verteenwoordiger), Lily Marais, Lheané du Plessis.

Wes-Kaap atletiek

Tennis

Baie geluk aan ons atlete wat aan die Wes-Kaap Atletiekbyeenkoms gaan deelneem in Kaapstad op Saterdag 12 Maart 2022.

Zerwich Westraad wen ‘n goue medalje in die Nelson Mandela Mini Series 1 Seuns o.12 Enkelspel wat in PE gehou is. Baie geluk!

Zerwich Westraad

Voor: Amanda Joubert, Suzaan van der Westhuizen, Zoey Syster, Zeaton Hattingh. Middel: Mikayla Beets, Erich Falch, Lika Schoeman, Burger Fouchee. Agter: Mnr Chris Opperman (afrigter), Chris Opperman, Fagon Hendricks, Lian Verwey, Lucan Scholtz, Ruan Hattingh.

LANGENHOVEN GIMNASIUM Atletiek 2022 Vyf van Gimmies se atlete het aan die Wes-Kaap atletiek byeenkoms in Paarl deelgeneem vanaf 3 – 5 Maart 2022. Die byeenkoms het slegs die top atlete van die 3 unies in die Wes-Kaap uitgenooi om teen die beste atlete van SWD, Boland en Westelike Provinsie meet te ding. Ons skool se atlete het besonders goed gevaar. • • • • •

Amé Pretorius – 3de plek (brons medalje), 800m. Gekies om deel te neem aan SA Skolekampioenskappe Mari Pretorius – 3de plek (brons medalje), Hoogspring Mia van der Westhuisen – 5de plek, 100m Hekkies William van Tonder – 6de plek, 3000m Marlie Ellis – 7de, 8ste en ‘n 9deplek; diskusgooi, gewigstoot en hammergooi.

Tennistoer na Bredasdorp Gimmies se eerste tennisspan het 17-19 Februarie aan die Bredasdorp-dubbelstoernooi deelgeneem. Na ‘n naweek van sterk kompetisie het ons 2 van die 5 wedstryde gewen. Die spelers het dit vreeslik geniet en baie goeie ondervinding opgedoen. Die span: Seuns: • Zander Petzer • Bernard Smit • Gert Beukes • Roux Delport • Zack Botha Meisies: • Liebe Oosthuizen • Nika Potgieter • Jodi Potgieter • Francis Beukes Nicolize Keller •

Muurbal Die volgende leerlinge het onlangs aan die Edenmuurbalproewe deelgeneem en puik presteer: Joshlynn Pretorius dogters o.14 en Wian Espach seuns o.16. Hulle is beide in die Eden-span wat vanaf 29 April tot 2 Mei in Bloemfontein by die SACF-toernooi gaan deelneem, opgeneem.

Tweekamp Mia Huggett, Elizma Huyser en Emma van der Westhuyzen is gekies vir die Eden Tweekampspan wat op 1 en 2 April aan die SA-Tweekampbyeenkoms in Port-Elizabeth gaan deelneem.

Rolbal Schalk de Jager is gekies as “skip” vir die o.15 span, wat Eden Rolbal by Rolbal SA Nasionale Junior-kampioenskappe in Bloemfontein vanaf 29 Maart tot 1 April 2022 verteenwoordig Ané Fourie is gekies as reserwe vir die o. 15 span, wat Eden Rolbal by Rolbal SA Nasionale Juniorkampioenskappe sal verteenwoordig

Mia Huggett, Elizma Huyser en Emma van der Westhuyzen Joshlynn Pretorius

Wian Espach

Ané Fourie

Schalk de Jager


HOËRSKOOL OUDTSHOORN 2022 Hoofleiers

Cricket o.19 Oudtshoorn vs Outeniqua u.19B. Outeniqua won the toss and chose to bowl first. Struisies scored 151 runs. Struisies bowled the Kwaggas out for 91 runs and won the match with 60 runs. Best batsman: Ke-Owen Meyer 54 runs and Sachin Wagenaar 33 runs. Best bowler: Ke-Owen Meyer 9/4 in 4 overs. Well done!

Die personeel en hoofleiers van 2022 saam met (middel voor van links) mnr Gerrit Rudolph (skoolhoof) en mnr Ferdie Human (adjunkhoof).

Ke-Owen Meyer

Athletics Athletics: Hartloop event (Outeniqua High School, Punt High School, Oudtshoorn High School & Langenhoven Gimnasium) Well done to our singsong group who came third in the Hartloop event. A special congratulations to the following learners: • Junior Victor Ludorum – Ludwig Meyer • Junior Victrix Ludorum – Simone Esau • Senior Victor Ludorum – Andreas Nieuwoudt • Senior Victrix Ludorum – Mikayla van Deventer

Ludwig Meyer

Simone Esau

Andreas Nieuwoudt

Mikayla van Deventer

Sachin Wagenaar


BOELIEPOLISIE

Behandel ander soos jý graag behandel wil word (Matteus 7:12).

Download past exam papers Per grade Per subject

1. WAARHEID AS GORDEL

Beskerm jou teen ’n tong wat jok en om in waarheid te wandel.

2. BORSHARNAS VAN GEREGTIGHEID Beskerm ons harte teen beskuldigings en aanvalle.

3. SKOENE VAN VREDE

Om oor gevaarlike struikelblokke te kan loop en die boodskap van Jesus aan ander oor te dra.

www.awsumnews.co.za

4. SKILD VAN GELOOF

Help ons om nie te twyfel nie en om te glo in God se getrouheid van sy Woord.

5. HELM VAN VERLOSSING

Om ons denke te bewaar, want sonde begin by ons denke. Help ons om tussen goed en kwaad te onderskei.

6. SWAARD VAN DIE GEES

Die Woord van God (die Bybel) wat ons teen die vyand beskerm, maar wat ook gebruik word om wonde te genees.

AW S U M

DIE VOLLE WAPENRUSTING VAN GOD (EFESIËRS 6:11-18)

NE W S

The biggest school news platform in S.A | Die grootste skole nuus platform in S.A

South Africa’s greatest selection of

ADVENTURE

GEAR

hiking • camping • off-road apparel • cooking • storage furniture • tents • watersports fridges and coolers

Visit any one of 29 stores nationwide

For your nearest store call toll-free 0800 007 261 Go to outdoorwarehouse.co.za to learn more and shop online OutdoorW

Outdoorwarehouseza


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.