Skip to main content

Uitgawe 99 Swartland Joernaal 15 Desember 2021

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

15 Desember 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 061 555 0344 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 99

Die leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het hulle onlangs oorgegee aan die skouspel van kleure in die skool se 'colour run' wat verlede week aangebied is. Foto: Ghida Visser

Kleurvol!

15 Desember 2021

1


2

15 Desember 2021

‘Kletskous’ wen spraak kompetisie Viola Augustus,’n 17 jarige leerder aan Wesbank Sekondêr, is onlangs as die beste spreker in die Wes-Kaap bekroon in die ‘FSCA Financial Literacy Speech Competition’ vir graad 11 leerders. Viola, woonagtig in Riverlands, noem dat sy geen formele onderrig in voordrag of redenaarskuns ontvang nie. Sy is egter ‘n ekstrovert en toe sy hoor dat daar kandidate vir die kompetisie gesoek word, het sy haarself beskikbaar gestel. Die feit dat sy ‘n belangstelling het vir finansiële aangeleenthede het beslis ook gehelp om die uitdaging makliker gemaak. Viola is gemotiveerd om eendag groot hoogtes te bereik. Sy noem dat die gemeenskap waar sy woon daagliks uitdagings moet trotseer weens armoede en ongeletterdheid. Daar is geen vooruitgang en hartseer om te aanskou. Alhoewel sy beskou word as ‘n ‘kletskous’, sien sy dit as ‘n sterk punt en wil sy daarop fokus om haar spraak te verbeter. Sy glo dat dit belangrik is om goed geartikuleer te wees. In die loop van die nuwe jaar gaan Viola die Wes-Kaap verteenwoordig op nasionale vlak in die volgende been van die kompetisie. Sy is senuweeagtig, maar ook opgewonde, en beoog om goed voorbereid te wees.

Nuus • News


Nuus • News

15 Desember 2021

3

Weerkaatsing van haar ‘siel’ op papier Carla Jonkers het jare gelede ook die lief en leed van Malmesbury ervaar. As tiener, na matriek, het sy haar voete hier in die Swartland kom vind, maar kort daarna het sy terug Botrivier toe verhuis. Om te dig was egter vanaf jongs deel van haar lewe en met verloop van tyd het sy dit ontwikkel en gekoester. Nou, 20 jaar later, het Carla haar debuutbundel, ‘n Kykie in my siel, gepubliseer. Sy glo dat daar krag in woorde lê en dus was dit vir haar ‘n geleentheid om haar emosies, positief en negatief, met ander te deel. Omdat haar gedigte gebaseer is op persoonlike ervaringe en gebeurtenisse probeer sy ‘n boodskap van hoop en moed oordra. Carla noem dat hierdie bundel ‘n samevatting is van jare se werk, maar dat dit slegs ‘n seleksie van haar gedigte bevat. Sy het in Oktober 2020 met haar uitgewer, Kreatio, begin gesels en sodoende, die wiel aan die rol gesit om hierdie bundel te laat publiseer. Befaamde digter en skrywer, Hendry Kortjè, het Carla gementor en sy noem dat hy ‘n belangrike skakel in die hele proses was. Sy het aanvanklik hierdie projek baie stil gehou want sy wou nie hê dat enige negatiewe faktore haar visie en haar doelwit moes beïnvloed en haar van stryk af moes bring nie. Alhoewel die publikasie van haar eerste digbundel steeds onwerklik voel, noem Carla dat dit beslis nie die laaste sal wees nie. Maar vir nou fokus sy eers net op dit wat aan haar daagliks genot en vreugde verskaf … haar familie, honde en die liefdadigheidswerk wat sy in die gemeenskap verrig.

Sang en dans vir jeug: Karel Welkom se liefde vir musiek en sang is wel-

Carla se debuutbundel, ‘n Kykie in my siel, kan direk by haar bestel word by carlajonkers@ gmail.com of via Kreatio se aanlyn boekwinkel.

From all of us at Brito’s

we would like to thank all our loyal customers for their continued support in 2021! We wish all our customers a very happy festive season and prosperity in 2022!

bekend in Malmesbury, en daar is geen twyfel dat hy musikaal aangelê is nie. Baie van die plaaslike kerk kore ken hom deur sy toewyding om handjie by te sit met afrigting. Ander ken hom weer deur hulle gou te leer hoe om ‘n klawerbord of die ‘Bass’ Guitar te speel. Die koor ‘New Voices’ was deur hom gestig, maar hulle het intussen die naam verander na ‘Swartland Community Choir’, wat onlangs hulle eie CD vrygestel het. Karel wil egter nou fokus op die jeug en beoog om vroeg in die nuwe jaar sy jeugprogram van stapel te stuur. Die idee is om jongmense te betrek en musiek en dans te gebruik om ‘n positiewe impak op hulle lewens te maak. Werkswinkels sal gebruik word om die jeug te motiveer, maar ook aan hulle te wys dat iets waarvoor hulle ‘n passie het kan gebruik word om verandering te bring. Hy het al met die projek begin, maar weens ‘n tekort aan ruimte kan hulle nie elke week bymekaar kom nie. Indien enige iemand die groep tegemoet kan kom met betrekking tot ruimte waar hulle hul musiek en dans kan beoefen, kan u Karel kontak op: 062 570 3456

BONELESS GAMMON

CORNED TONGUE

p/kg

p/kg

CHRISTMAS STAMPS ARE NOW REDEEMABLE AT YOUR LOCAL BRITO’S PRICES VALID AT ALL BRITO’S STORES FROM 15TH - 21ST DECEMBER 2021.

@britosmeatcentre

GRABOUW BOEREWORS CORNED BEEF + BONELESS GAMMON + CORNED TONGUE

p/kg

While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za


4

Nuus • News

15 Desember 2021

Tip Trans vereer diensjare

Nuwe Lions: Die

Malmesbury Lionsklub het Vrydagaand nog lede tot die klub verwelkom. Links is Michelle en Mark Turnbull, Maria Augullas, Shanette Pienaar, Anet de Beer, Gerhard Vermeulen en agter is Willie de Kock.

Diens:

Die personeellede van Tip Trans is onlangs vereer vir hulle jare diens aan die maatskappy. Hulle is bedank vir hul onbaatsugtige diens en lojaliteit teenoor die maatskappy. Agter is Benjamin Raman (5 jaar), Johannes Lambrechts (15 jaar), Ernst Scheepers (5 jaar), Daniel Mentoor (5 jaar), Courtney Frans (5 jaar), Renco Basson (5 jaar), Ramatlali Chetsane en (5 jaar). In die middel is Augus September (5 jaar) en Niklaas Adonis (5 jaar). Voor is Marius Struis (5 jaar), Tsoanelo Shokhoa (5 jaar), Gernick Esau (5 jaar), Elmin Jantjies (5 jaar) en Jonas Mokoena (5 jaar).

Die admin-personeel wat vereer is vir hul diensjare is Ryan Cloete (5 jaar), Tameron Kok (5 jaar), PJ Olckers (25 jaar), Courtney Liedeman (5 jaar) en Cathrine Lovember (5 jaar).


Nuus • News

15 Desember 2021

Welcome to the West Coast: West Coast Tourism in partnership

with various other stakeholders held its annual festive season welcome campaign on 10 December at the Winkelshoek complex just off the N7 highway in Piketberg. The campaign aims to market the West Coast region and its offerings to visitors and locals. This year Bergrivier Tourism was the host and GCIS, Department of Transport and Public Works and Bergrivier Municipality formed part of the outreach. The delegation was joined by the newly appointed Executive Mayor of West Coast District Municipality, Boffie Strydom and councillors of Bergrivier Municipality. The public were reminded to stay safe and adhere to COVID–19 protocols while receiving safe travel tips from the Road Safety Mascot, Danny Cat. The campaign coincided with the last day of 16 Days of Activism and the municipality also used this opportunity to create awareness about gender-based violence. WCDM thank all role players for their participation and support. Above is Esmarelda Mckay (GCIS), Danny Cat (Road Safety Mascot), Melonice Blankenberg (WCDM), Patrick Cornett (WCDM) and Alderman Boffie Strydom (Executive Mayor of WCDM).

Swartland Weer Woensdag, 15 Desember'21 - Dinsdag, 21 Desember'21

12/20 11/18 12/21 14/26 16/26 Gedeeltelik bewolk met 'n 75% kans op reën

Gedeeltelik bewolk met 'n 70% kans op reën

Gedeeltelik bewolk met 'n 70% kans op reën

Lieflike sonskyn dag

Gedeeltelik bewolk

Gedeeltelik bewolk

Lieflike sonskyn dag

Garth Fransman 076 125 1186 gfransman@pytbyte.co.za

5


6

15 Desember 2021

Nuus • News


Nuus • News GELUKWENSING Congratulations

Raai wie word 21 op 26 Desember? Baie geluk met jou verjaarsdag Boeta. Lekker dag en geniet dit! Mag die Here jou seën!! Van: Ouma Mickey en die hele Huysamen familie

18Desember...Tonsie Baie geluk met jou verjaarsdag hoop jyt n

15 Desember 2021 gatskop dagie...Van die Poustr se mense

20 Desember – ZAYRON (Junior) DYASON. Baie geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is en mag Liewe Jesus jou nog vele jare spaar. Jy moet jou dag geniet. Van: ouma Tessa en almal op die yard Veels geluk Zayron met jou verjaarsdag. God se rykste seëninge. Alle voorspoed en sukses vir jou toekoms vorentoe. Van: Mammie, Tess-Lee en pa Zayron Baie geluk Zayron met jou verjaarsdag. Mag

God jou nog baie jare spaar en dankie vir die wonderlike kleinkind wat jy is. Geniet jou dag. Van: mamma Sharon, Deonay en Luke

22 December – LINDA NOVEMBER – Happy birthday to you. Word can’t describe what you means to us and how thankful we are for having you in our lives. Today we just thank God for adding another year to your life. We pray for good health, happiness and joy over your life. Enjoy your day, From: your sister Tessa, Mi-

chael and children Veels geluk met Mammie se verjaardag. Mag die Here u nog vele jaar spaar. Ons is baie lief vir Mammie. U moet u dag baie geniet. Mag goedheid en guns u volg. Van: Tania, Allistine, Adrian en al jou kleinkinders

23 Desember – BRIONÉ ZILKE SKIPPERS. Baie geluk met jou 8ste verjaarsdag. Mag God se rykste seëninge op jou rus. Altyd vol energie en my slim kekkelbekkie. Onthou jy bly altyd ons klein happie. Liefde – Mammie,

Justine, Boeta, Otavia, Otalia en Decolene ----------------------------23 Desember – Raai wie se huweliksherdenking – Oupa SAMUEL en Ouma SYSIE. Baie geluk op julle huweliksherdenking. Mag God julle twee ryklik seen en baie dankie vir julle se liefde en opoffering en Geduld. Mag julle dag gestrooid word vol vreugde en liefde. Liefde julle kleinkind, Brioné Zilke Skippers

Baie geluk Kirsty met jou verjaarsdag op Di 25ste desember mag God Jo ryklik seen mammie is bja lief vi Jo van Mamie ,broers,sisters n ouma

MEMORIUM In Memoriam

Pappa Jesus het anders besluit. Ons mis jou verskriklik baie. Van: jou vroulief Jennifer, kinders en kleinkinders STERFGEVAL OBITUARY

SERIE FRANCIS (Beziek) - 2 years in heaven. Our hearts still ache in sadness and secret tears still flow, what it meant to lose you, no one will ever know. Love - Hennetjie and Wildon

17 Desember – HENRY OWIES - Vandag is dit jou eerste verjaarsdag in die Hemel. Alles voel nog so onwerklik maar

URSULA FORTUIN (DANIELS) - 26/08/1968 - 08/12/2021. Sag en stil het jy heengegaan. Was voorberei en gereed vir die hemelse kroon. Veilig by jou ewige tuiste. Liefde Bettie (Ma) & Familie

7


8

Nuus • News

15 Desember 2021

Tel: 061 555 0344 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 99 • 15 Desember 2021

Sokker:

Die Berg River FC Acadamy van Porterville het onlangs op Pellapark deelgeneem aan sokkerwedstryde teen die spanne van Gouda Universal FC. Ongeveer 70 junior sokkerspelers het hier hul vernuf ten toon gestel. Die klub wil hul dank uitspreek teenoor die uitvoerende burgemeester van die Bergrivier, Ray van Rooy, Jackie Sass, Jo-Anne Adriaanse en Helen Isaacs wat die dag moontlik gemaak het. Kontak die stigter Jonathan Ruiters by 078 493 7438 of sekretaresse Jo-Anne Adriaanse by 063 990 1995.

Kids holiday fun at !Khwa ttu BUSH SURVIVOR COURSE

Don’t miss out!

WHERE: !Khwa ttu San Heritage Centre, R27 near Yzerfontein WHEN: Every day during the December school holiday PRICE: R100 DURATION: 60 minutes AGE: For boys and girls 6 to 12 years INCLUDED: Refreshments, self-made crafts and a special certificate !Khwa ttu • Open daily 09:00 to 17:00 Tel. +27 (0)22 492 2998 • info@khwattu.org • www.khwattu.org

210x148_Khwattu.indd 2

Tracking Making fire Digging out roots Shooting bow & arrow Village games and dancing Finding & tasting edible plants Finding and storing water How to set a snare Craft making

COME & JOIN IN THE FUN! 2021/11/05 09:21


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Uitgawe 99 Swartland Joernaal 15 Desember 2021 by Swartland Joernaal - Issuu