Skip to main content

Swartland Joernaal 1 Desember 2021

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

1 Desember 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 061 555 0344 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 97

1 Desember 2021

Superspar Malmesbury doen dit weer

Superspar Malmesbury is Saterdagaand by die jaarlikse Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie van die Malmesbury Sakekamer, vereer vir hul uitnemende diens. Hiervoor het hulle die toekenning in die Groot Besighede-afdeling ingepalm. Hierdie konsessie op Malmesbury is geen nuweling tot die kompetisie nie en het die toekenning voorheen ook ontvang. Die span, onder leiding van eienaar Des Moller, streef daarna om aanhoudend te verbeter in hul dienslewering en dit wat die winkel aan verbruikers bied. Hulle is trots en dankbaar vir die toekenning en bedank al hul getroue ondersteuners wat dit moontlik gemaak het. Foto: David Howburgh

1


2

Nuus • News

1 Desember 2021

Dancing in Abbotsdale:

On Saturday the community of Abbotsdale was entertained by a group of talented young people. Omarion, founder of the label, ‘Masive Music’, in collaboration with ‘Passion Music Productions’ hosted a concert where various young artists got the opportunity to display their talents. Moheigurn Cleophas (‘Little Mo’ dreams big), and finally, together with his friends, showed off their dancing skills. The concert was a success and was concluded on Sunday, when Omarion shot his latest video with this group of youngsters in the streets of Abbotsdale.

So lyk die damvlakke in die Wes-Kaap

1 2 0 2 R A E Y E H T F O E R O T S R SPA YZERFONTEIN

! in te n o f r e z Y u o y k n a Th Our store has won the SPAR Western Cape STORE OF THE YEAR. We couldn’t have done it without the support of our community. We’re proud to accept this award, but even more proud to be of service to you. From left, Eugene Van Wyngaard: SPAR Western Cape, Jason and Ashleigh Nel from SPAR Yzerfontein, Alison Zweers: MD SPAR Western Cape and Namibia and Aqeehl Najaar: Regional Operations Director SPAR Western Cape.


Nuus • News

1 Desember 2021

3

Bouer staak aftrede om oprit te bou, sodat kleinseun die see kan geniet Inwoners van Yzerfontein en Darling is nou druk besig om die strand op Yzerfontein meer rolstoelvriendelik te maak. Die inspirasie agter hierdie projek? Niemand anders as die streek se eie Annika en Chené Venter, asook Charlie McNeil Wheatley. Die projek skop amptelik vroeg in 2022 af, onder die toesig van Cecil en Douglas van McNeil Construction. Die projek sal ongeveer 6 weke neem om te voltooi. Hier sal die bestaande oprit opgeknap en verleng word. Hierdie projek word ondersteun deur die Swartland Munisipaliteit en besighede en individue gooi tans hulle gewig agter die projek, sodat die bestaande trap en oprit na die strand opgeknap kan word, sodat dit vir diegene wat van 'n rolstoel, loopraam of ander ondersteunende toestel afhanklik is, moontlik is om die terapeutiese effek van die see te kan geniet. Die gemeenskapsprojek was die afgelope ses maande druk besig met beplanning. Die projek steun totaal en al op die betrokkenheid van die gemeenskap om dit te laat realiseer en hiervoor moet sowat R140 000 ingesamel word. Dit sal die konstruksiemateriaal en verpligte uitgawes rondom die perseel dek. Dus, rig die organiseerders en rolspelers 'n pleidooi op individue en ondernemings om 'n donasie te maak, of betrokke te raak. Cecil McNeil Wheatley, kontrakteur, het be-

sluit om die gemak van sy aftree-stoel te verlaat om by hierdie projek betrokke te raak, want dit lê hom na aan die hart. Hierdie oprit sal sy kleinseun, Charlie, asook ander persone met gebreke, die moontlikheid bied om hul tone in die see te dompel. Indien jy betrokke wil raak, kontak Jeanette

Kruger-Hibbins by 083 541 4533. Raak ook deel van die gevolg op sosiale media by Yzerfontein Disability Beach Ramp Community Project op Facebook en op Instagram onder Yzer Beach Ramp. Diegene wat 'n finansiële bydrae wil lewer kan 'n inbetaling maak by Nedbank, Rekeningnommer: 12850541801 met die

verwysing YZER02 (BAIE BELANGRIK). Die bewys van betaling kan gestuur word na nadia@mcneil. co.za. Alle donasies word nagegaan deur geregistreerde ouditeurs. Alle fondse wat na afloop van die projek oorbly, word aan die Yzerfontein ACVV geskenk.


4

Nuus • News

1 Desember 2021

10 Jaar Een van Swartland Investments se grootste bates, is sy lojale werknemerskorps. Wanneer mylpaal-jare van toewyding diens bereik word, wil die maatskappy graag van so 'n geleentheid gebruik maak om ook sy dank en waardering uit te spreek teenoor die aantal toegewyde diensjare en daarom word daar jaarliks erkenning gegee aan werknemers wie 10, 15, 20, 25 en 30 voltydse diensjare voltooi het.

Sergio Swigelaar

Clinton le Roux

Gurshwin Abrahams

Christo Simon

Ashley Isaacs

Jessica Ruhl

Eugeny Manuel

Shane Geduld

Eben Davids

Gerome Moses

Cheslin Davids

Heidi Marais

Elmarie Fortuin

Wilfred Valentine

Elma Hanekom

Duane Swart

Justus Roscher

Marilyn van der Vent

Nigel Matthyse

Llewellyn Farao

Izanne Hendricks

Clyde Cleophas

Denolene Coetzee

Justin Booysen

Patricia Dawson

Clifton Manewil

15 Jaar

Melody Gordon

Andriëtte Mentoor

Eric Bejana

Tanya Engelbrecht

Donovan Harker

Samuel Kapank

Chaston Davids

Shean May


Nuus • News

Etienne Terblanche

1 Desember 2021

Storm Regester

Adriaan van Niekerk

Annaline Nandgo

Maresa Treurnicht

Zelda Thomas

Sharoldine Morris

Lesita Lehlohla

20 Jaar

Steward Alexander

Catherine Januarie

Garith Maarman

Sally Delport

Ashley Adonis

Cecelia Links

Estelle Bester

Juanita Williams

Eben September

David Wagenaar

Jerome Isaacs

Brenda April

Cobus Lourens

Paul Hendricks

Brin Petersen

Shawn Koopman

Adriaan Olifant

Andrecia Fredericks

Jacobus Louw

Ernest Blouw

Anna Tieties

Cheryl Anthony

Leonora van Rooyen

Lydia Appollis

Levona Hanekom

Suzette Scott

Elana Swarts

25 Jaar

Ivan Adams

Christiaan Marcus

30 Jaar

Imanuel Mannetjies Coenraad

Yolanda Ruiters

Matthews Adams

5


Nuus • News

1 Desember 2021

•WERK DEUR LAPA UITGEGEE

Skryfgogga byt Heléne behoorlik

Mambo’s New Homeware Range

Die Swartland word geken aan sy koring, kanola en goeie wyn, maar hierdie streek is ook die tuiste van talle kunstenaars en skrywers. Een van hierdie talentvolle kunstenaars is skrywer, Heléne de Clercq. ‘n Trotse Noord-Kapenaar, wat nog steeds in haar geestesoog, die ongelooflike kinderjare sien wat sy ervaar het op die plaas, waar haar ouers in die Brandvlei-distrik in die Noord-Kaap geboer het. Heléne matrikuleer aan Hoërskool Calvinia en studeer onderwys, maar besluit om daarna vir ‘n jaar te au pair in Salzburg, Oostenryk, voor sy begin skoolhou. Haar liefde vir skryf het reeds op hoërskool al begin. Sy noem dat sy bevoorreg was om uitstekende leermeesters reg deur haar skoolloopbaan en jare as student te hê. Hulle het haar ook geïnspireer om ‘n passievolle taalonderwyseres te word. Die ‘skryfgogga’ het Heléne egter drie jaar gelede met mening gebyt, nadat sy ‘n skryfkursus voltooi het by Janie Oosthuyzen se ‘Skryfgeheime’. Soveel so, dat haar kinderboek, ‘‘n Vreeslike Gevloekery’ onlangs sy verskyning op die rak

20% OFF ALL SCATTER CUSHIONS & SCENTED CANDLES 30 NOVEMBER - 15 DECEMBER

Your home is your sanctuary of peace for your mind, body and soul. Make it even more beautiful with our new homeware range, affordably priced and fashionably chosen

luxurious towels

Ideal for Birthdays, Anniversaries & Christmas gifts

ambo s

STORAGE & HOME

Shop online: mambos.store

D N

OWER PR AL I

CE

PRICE

MATCH W

E’

LL

IT

WESTERN CAPE: RETREAT - GREEN POINT - PARKLANDS - TABLE VIEW - KENILWORTH CAPE GATE - BELLVILLE - PAARL - SOMERSET WEST - GEORGE EASTERN CAPE: BEACON BAY - BAYWEST - VINCENT BLOEMFONTEIN: VALUE MART - LANGENHOVEN PARK

FI

6

M AT C

H

gemaak het. Sy noem dat die titel aanvanklik net tydelik was, maar Naledi-uitgewers was mal daaroor en het besluit om dit so te hou. Met hierdie boek het Heléne gepoog om vir kleintjies kindervriendelike knope te leer, sodat hulle hul emosies op ‘n gepaste manier kan uitdruk wanneer hulle byvoorbeeld seerkry of kwaad is, sonder om vir mamma óf pappa te laat bloos. Foeftenjorts, skotteljons, fiedeldons en allamapstieks is voorbeelde van hierdie oulike ‘vloekwoorde’ wat in die boek gevind kan word. Sy het al verskeie kortverhale geskryf en laat publiseer. Een van hierdie verhale, ‘Die Smaak van Oorwinning’, gaan in Mei 2022 in een van die Penguin-Lapa-bundels opgeneem word en in ‘n skolebundel vir graad 4 tot 7-leerders verskyn. Dié kortverhaal gaan eintlik oor ‘n Nutella-toebroodjie, maar die tema van puberteit, word aangespreek. Heléne noem dat sy ‘n hele paar projekte in die pyplyn het, maar sy is glad nie haastig nie, en is doodgelukkig, terwyl sy kan fokus op haar ander liefde, as taalonderwyseres by CPM in Malmesbury. Sy sluit af deur te noem dat skryf vir haar terapeuties is, maar dat sy ook die tyd wil gebruik om haar talent uit te leef en te ontwikkel en hopelik ander deur die proses sal inspireer. ‘‘n Vreeslike Gevloekery’ is beskikbaar by boekwinkels soos PNA, Bargain books en Exclusive books of kan bestel word by Tertia Swart (Naledi) 0786488616 teen R140 per kopie.


Nuus • News

1 Desember 2021

7

Growing Paper on top again

Christmas Concert:

Nedank Malmesbury recently hosted a Christmas concert in conjunction with Elkana Childcare. The residential and after school care children received gifts that was donated by various organisations and individuals from Malmesbury.

Lulalend and CapeTownMagazine say they could not have anticipated the overwhelming interest from across the country when they launched the Small Business Spotlight initiative in August this year. Of the collaboration, Marcus Zandhuis, founder of CapeTownMagazine had this to say, "Working with Lulalend on this initiative has given us such joy and faith in the future of SMEs in South Africa, we're proud to collaborate with a business funder responsible for helping small businesses grow." Even though the competition was fierce, and the nominees were all deserving of the R100 000 interest-free business loan, there could be only one winner. "The Small Business Spotlight initiative has shown how much passion there is for SMEs to succeed, as well as highlighting the many ways they positively impact society. We received thousands of nominations from all over South Africa and from all sectors of the economy. Selecting just one SME to receive the R100 000 inter-

est-free loan was incredibly difficult. "After much deliberation, though, we felt Growing Paper were worthy winners due to an impressive combination of strong business performance and inspirational work helping to uplift the community in which they operate. We hope this prize helps them continue their amazing work,'' says Tom Stewart, Marketing Manager of Lulalend. Growing Paper from Malmesbury is a female-led and proudly South African business that produces 100% recycled and biodegradable paper products that grow into beautiful living herbs, vegetables or flowers when planted. The Founder of Growing Paper, Roxanne Schumann, said of the win, ‘We are grateful for being nominated as the winner of the interest-free loan from Lulalend. ‘This prize will assist us in our path of growth and gives us the freedom to focus on the important facets of our business, such as serving our clients, environment and livelihoods of our employees.’


8

1 Desember 2021

Nuus • News

Superspar Malmesbury, Geard Apteek, Bergzicht Dierehospitaal, Henrit Agri vat voor met dienslewering

Groot besighede

Medium besighede

Klein besighede Die Malmesbury Sakekamer het Saterdagaand die wenners in die jaarlikse Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie bekend gemaak. In die afdeling vir groot besighede het Malmesbury Superspar met die louere weggestap. Hulle is gevolg deur Postnet in die tweede plek en Swartland Wynkelder in die derde plek. Die ander finaliste in die afdeling was AR24 en RSA Makelaars. In die afdeling vir medium besighede het Geard Apteek as die wenner uit die stryd getree. Gevolg deur Jo Dolphin Swartland APD en Swartland Apteek in die derde plek. Henks Vleismark en Ocean Food Processors was die ander finaliste in hierdie afdeling. Bergzicht Dierehospitaal het die afdeling vir klein besighede gewen. Beyond Beauty was in die tweede plek, met Malmesbury Dierehospitaal derde. Ander finaliste hier was Nuweplaas Padstal en Cherry Lane. In die afdeling vir uitstaande diens gelewer deur individue, het Dr Sanel Lourens van Bergzicht Dierehospitaal vir die tweede agtereenvolgende jaar hierdie toekenning ontvang. In die tweede plek was Manny de Fontes asook Ters Marais, altwee van Malmesbury Veiligheid. Sr Hannie Steyn het die derde plek behaal, met Ilza le Minnie en Abduraghmaan Allie as ander finaliste.


Nuus • News

Heel bo: Vanjaar het Agri Malmesbury ingeskakel by die geleentheid en so die ondernemings wat die landbou rugsteen, vereer vir hul diens. InteliGro was derde, JHL Ingenieursverskaffers tweede en Henrit Agri in die eerste plek. Bo: In die afdeling vir individue het Dr Sanel Lourens die tweede agtereenvolgende jaar die toekenning ontvang. Foto's: Dottie Nothnagel

1 Desember 2021

9


10

1 Desember 2021

Nuus • News


Nuus • News TE HUUR To Let “Bachelor” woonstel beskikbaar 1 Desember 2021 – R2800,00 per maand 2 kamer woonstel beskikbaar 1 Desember 2021 - R3850,00 per maand. Kontak Marlene – 022 48 21101. ---------------------------“Bachelor” woonstel in middedorp onmiddellik beskikbaar – R3 000,00 per maand. Kontak: Marlene – 022 48 21101

GELUKWENSING Congratulations

29 November - ZARAH MOUTON. Geluk met jou verjaarsdag en alles wat mooi is en mag liewe Jesus jou nog vele jare vir ons spaar. Baie liefde - Paulus en Mouton huisgesinne

30 November - EUNICE ABRAHAMS. Baie

1 Desember 2021 geluk met jou verjaarsdag en mag daar nog vele goue jare vir jou wees. Baie lief vir jou - Audra Paulus

1 Desember. NIGEL COETZEE – Ek is so dankbaar om jou in my lewe te hê. Geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog 30 jaar spaar. Ons is baie life vir jou. Lekker verjaar, liefde van my lewe. Van: Rolene, kinders, skoonmense en Tesnick

Kyk wie word 10 op 2 Desember? Baie geluk met jou verjaardag ANASTACIA. Jy moet lekker verjaar. Van: Mammie, Marlon en peetma Giena

2 Desember – NAZRA NOVEMBER – Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Aan God al die eer vir Sy genade. Baie seëninge op jou lewenspad. Bly die voorbeeldige mens wat jy is. Liefde – ant Tessa en huisgesin Geseënde verjaardag aan my kleinkind Nazra. Mag goedheid en guns jou volg. Mag God jou deurdra vir nog vele jare. Jy moet jou dag geniet. Van: Ouma Linda en almal op die “jaart”

4 Desember - AJAY JULIUS - Geluk met jou verjaarsdag. Van: Daddy, Mammie, Nicki, Ane, ons is baie lief vir jou

4 Desember - Baie geluk my man met jou geboortedag vieringe. Mag God jou nog baie jare spaar en dankie vir die wonderlike mens wat jy is. Van: jou vrou Lita, dogters, seuns en kleinseun

MEMORIUM In Memoriam

4 December - Happy heavenly birthday JOHANNES PAPIER. We miss you very much. Love - your wife, children and grandchildren Baie geluk my Pa met jou eerste verjaarsdag in die hemel. Ons mis Pa baie. Van: jou dogter, seun, skondogter en skoonseun Ons mis Oupa baie. Baie liefde - kleinkinders

11


12

Nuus • News

1 Desember 2021

Tel: 061 555 0344 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 97 • 1 Desember 2021

New fuel prices for December

Sosiale rolbal-wedstryd wag op familie, vriende Die rolbalklub bied op 3 en 10 Desember ‘n geleentheid aan vir enige belangstellendes om van 18:00-20:30 saam met hul familie, vriende, kollegas en vreemdelinge te kom balle rol. Drie wedstryde van 5 skofte elk. Toegang is gratis en balle word voorsien. 'n Kontant kroeg met wye verskeidenheid van keuse en kole is

beskikbaar vir ‘n lekker kuier rondom die braaivleisvuur. Dit sal ‘n goeie geleentheid bied om wraak te neem teen die spelers wat jou afgestof het tydens die sakemanne-toernooi. Streng Covid-protokol sal gevolg word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Swartland Joernaal 1 Desember 2021 by Swartland Joernaal - Issuu