Skip to main content

13 Oktober 2021 Swartland Joernaal Uitgawe 90

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

13 Oktober 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 90

13 Oktober 2021

bl 2

Manie Jackson by Plaasmol

bl 3

Van Zyl verf 'n storm los

bl 8

bl 5 R34 miljoen, 60 strate herseël

Edas maak skoonskip in klas

1


2

Nuus • News

13 Oktober 2021

So lyk die damvlakke

Rol-rol in Saketoernooi

Die Malmesbury Rolbalklub se seisoen het die afgelope naweek afgeskop. Alle belangstellendes wat dit oorweeg om die sport te beoefen is steeds welkom om aan te sluit. Die klub beskik oor genoeg balle van verskillende groottes wat beskikbaar is vir gaste en nuwe lede. Die klub het tans 23 lede, en is vol vertroue dat die ledetal sal uitbrei. Belangstellendes kan die volgende lede kontak: Roux Vermeulen 0834789616, Daniël Griebenauw 0723989041, Jeff Petersen 0728074545 of June Rickett 0606939226. Die immer gewilde Sakemanne-toernooi be-

gin op 2 November, met spel wat oor 7 dae sal plaasvind, met die finaal Woensdag 17 November vir elke aand se twee top-spanne. Kennisgewings sal binnekort uitgestuur word, en inskrywingsgeld beloop R320 per span van vier spelers. Op Vrydag 26 November en 3 Desember is enigiemand welkom vir sosiale bringen-rol saam @ R30 per persoon met jou vriende van 18:00-20:00. Kole sal beskikbaar wees vir braai en 'n kontantkroeg is beskikbaar. "Dit sal 'n goeie geleentheid bied om wraak te neem teen die spelers wat jou afgestof het tydens die Sakemanne-toernooi."

Big success for K9-unit Another successful operation was conducted by our municipal K9-unit in cooperation with SAPS and the Provincial Traffic Department on 7 October 2021. This was the second operation of its kind this week and was conducted on the N7 between the R311-turnoff and the Koringberg-turnoff. Four suspects were apprehended in two separate incidents and arrested for the possession and the suspected distribution of illegal narcotics. In the first incident, a vehicle, traveling from Cape Town to Moorreesburg was pulled over for standard stop and search procedure. Officers found Tik to the estimated street value of R23 320 in the vehicle and one person was arrested. In a second incident, a vehicle on its way to

Graafwater was stopped at the N7 Weighbridge. The vehicle was searched and Mandrax tables to the value of R50 000 was found. The three occupants were arrested. These four suspects are set to appear before the Moorreesburg Magistrate Court. Our sincere gratitude goes out to all the safety and security role-players that are working with us to ensure the safety of our communities, and helping to prevent the scourge of drugs destroying the lives of our residents. We will continue to work with all our partners to create a safer environment for all. We also urge our residents to report suspicious activities to SAPS or our Municipal Law Enforcement.

Malmesbury Sakekamer vergader weer

Malmesbury Sakekamer hou 'n ledebyeenkoms op 21 Oktober in die Freek Standersaal (Oloksaal) om 18:00. Alle lede en belangstellendes word aangemoedig om hierdie geleentheid by te woon, veral omdat die pandemie keer dat ons elke maand sulke byeenkomste kan aanbied. Tydens hierdie vergadering sal Sakekamerlede kortliks terugvoer gee oor die aktiwiteite van die laaste paar maande. Die Ondersteun Plaaslik-borde wat by die dorp se ingange geplant gaan word, word ook bekendstel. Die groot vraag op almal se lippe is wie die wenners van die Sakekamer se skoolkompetisie is. Hierdie aankondiging en die oorhandiging van pryse aan die wenners en die betrokke skoolhoofde sal die aand se verrigtinge afsluit. Dus: Dagboek solank die datum; en bespreek solank u plek vir daardie geleentheid by info@sakekamer.co.za, aangesien covid-protokol en -getalle steeds geld.

Sanger: Manie Jackson het Saterdag 'n draai in die streek gemaak en by die Plaasmol-padstal buite Hopefield opgetree. Mnr Henry en Mev Yvonne Ollen het ook die geleentheid bygewoon. Die egpaar het onlangs na die Swartland verhuis en Mnr Ollen het verlede week sy 90ste verjaarsdag gevier.


Nuus • News

Teken en verf 'n plek van toevlug vir Van Zyl Maritza van Zyl se kunswerke hang in huise regoor die wêreld… Plekke soos Engeland, Brussels en Italië - en tog is sy baie beskeie oor dit wat sy reeds vermag het. Haar verftegniek, bekend as ‘Naive’, lyk kinderlik, maar is gesofistikeerd en weerspieël ondervinding asook talent. Só talentvol dat van haar kunswerke al saamgevat is in ‘n Franse kunsboek van Naive-kunstenaars regoor die wêreld, ‘Sachet Mixte Themes: Naive Art’ deur Simon O’Corra. Sy glimlag breed wanneer sy hierdie styl van skilder beskryf en noem dat dit aanklank vind by haar persoonlikheid en denkwyse. Deur hierdie tegniek van skilder kan sy haar verbeelding vrye teuels gee en ter selfder tyd bring dit ook goeie geestesgesondheid vir haar mee. Maritza noem dat teken en verf vanaf ‘n jong ouderdom vir haar ‘n plek van toevlug was. Op laerskool het sy reeds met verskillende mediums begin eksperimenteer en het ook kuns as vak op hoërskool in Worcester gehad, maar dit is waar haar formele opleiding eindig. Haar tegniek het sy bemeester deur lang ure agter haar esel te spandeer en ook weens navorsing wat sy moes doen om haarself te bemagtig.

ADVERTERING IN SWARTLAND JOERNAAL Alle advertensies en reklame rakende politieke partye, hul kandidate en hul missie, tot aanloop en na die verkiesing op 1 November 2021, word betaal deur die betrokke politieke party. Dit weerspieël op geen manier die opinie van die Swartland Joernaal of Swartland Media nie. Wil jy adverteer? Stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal. co.za of accounts@swartlandjoernaal om jou advertensiespasie te bespreek.

Harde werk en opoffering was altyd aan die orde van die dag. Soveel so, dat sy op 30-jarige ouderdom deur Woolworths genader was om ‘n voorlegging te doen vir een van hulle lansdwye herwinngingsveldtogte. Die voorlegging was ‘n wenner en een van haar kunswerke was op ‘n half miljoen Woolworths-sakke gedruk. Ongeveer vyf jaar gelede het sy ook ‘n inkleurboek vrygestel. Die fokus op dié wat daarvan hou om te speel met kleur as ook om hul kreatiewe gees ‘n bietjie te voed. Maritza noem dat sy met baie idees in haar agter kop rondspeel en een van hulle is om kuns klasse aan te bied of selfs ‘n kunsskool te begin. Hierdie idee lê baie na aan haar hart, aangesien sy voel dat daar nie genoeg gefokus en klem gelê word op die kunste nie. Sy glimlag breed en sluit af deur te noem dat skilder en kuns vir haar soos suurstof is en nie slegs ‘n vorm van ontspanning of ‘n inkomste is nie. Indien mense met Maritza in aanraking wil kom kan hulle haar kontak by 084 015 4287 of ‘n e-pos stuur na: art@maritza.co.za Haar skilderye kan ook besigtig word op haar Facebook blad: Naive art by Maritza van Zyl

13 Oktober 2021

3


4

13 Oktober 2021

Nuus • News

Caring for your skin in the African sun Here’s how you can make small changes to your skincare routine to get your skin summer ready. 1. Lighten Up You know how in summer the days start to get lighter? Well, take your cue from nature when transitioning your skincare routine between seasons. This means ditching your thicker, heavier moisturiser and cleanser for gentler, more lightweight elixirs. Our pro tip is to switch to a dual-purpose moisturiser, especially if you’re prone to oily skin and blemishes. By lightening the load, a combination moisturiser and sunscreen can help keep your skin clear in the hot, heavy summer. Heavier cleansers tend to be cream or oil based. We recommend shelving these and opting for a soap-free foaming cleanser instead. 2. Consider Using Retinol As long as you’re diligent about using sunscreen and limiting your exposure to UV, then using retinol in the evening can help with pretty

much every summer skin problem—from uneven skin tone to clogged pores. In fact, oily skin tolerates retinol the best. So, if you suffer from excess oil in summer, it’s actually a great time to take the leap and finally introduce retinol into your skincare routine. 3. Get Your Vitamin C If your biggest skin concern come summer is dark spots, then we can’t wait for you to meet your new go-to ingredient: vitamin C. When used topically, vitamin C acts as an antioxidant. Serums containing vitamin C target and lighten hyperpigmentation, including acne scars, sunspots, and melasma. Brightening serums also fight pollution and dehydration, and help with collagen production—hello plump, dewy skin! 4. Bring Back Self Tan When we say “self-tan” do you get horrible flashbacks? Streaky, patchy skin, orange hands and feet, strong smells, and stains all over your sheets? You’re not alone. Self-tan gets a bad rap. That said, it’s come a long way! Plus, it’s safer than traditional methods. The new buzzwords around fake tan are “tint,” “gradual,” and “sun kissed”. As long as you’re prepared, you shouldn’t run into any problems. By being prepared we mean exfoliating the night before, using an applicator mitt, and moisturising daily. 5. Exfoliate… But Not Too Much Exfoliating is especially important during the summer. Exfoliating regularly prevents acne by opening pores and removing dead skin cells and excess oils. Overdoing exfoliation, however, can leave your skin irritated. Incorporating a gentle exfoliator into your skincare routine once a week should do the trick. Our preferred exfoliators are products that use gentle acids to help remove dead skin like glycolic, citric, salicylic and lactic acid. Source: www. skinmiles.com


Nuus • News

13 Oktober 2021

5

Meerhof slaan slag by 60 strate in CK en CEA teen Michelangelo-toekennings Desember herseël Verskeie Swartlandse wynkelders se wyne het verlede week gepronk by die jaarlike Michelangelo-toekennings. Meerhof Kelder het veral geskitter met sy Meerhof Mooistrooi Strawwine 2020 wat 'n platinum medalje ontvang het. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet 'n wyn 'n minimum van 96 punte uit 100 ontvang. Slegs 14 deelnemers wêreldwyd het vanjaar hierdie kon vermag en hierdie 14 val in die top 0.74% van die totale inskrywings ontvang in 2021. Groote Post Vineyards het vir sy Seasalter Sauvignon Blanc 2020 'n dubbelgoud ontvang, terwyl Ormonde ook dubbelgoud met sy Ondine Cabernet Franc 2018 ingepalm het. Pulpit Rock se Brink Family Vineyards Shiraz 2019 het ook 'n dubbelgoud ontvang.

Kelders wat goue toekennings ontvang het, is die volgende: Blake Family Wines - Amethyst 2018 Meerhof Wines - Chenin Blanc 2021, Arbeidsgenot Grenache Blanc 2020, Meerhof Shiraz 2019, Arbeidsgenot Shiraz 2020, Meerhof Shiraz 2020, Meerhof Premium Shiraz/Grenache Noir 2020, Arbeidsgenot Grenache Noir 2019, Meerhof Pino,Grenache, Cab, Shiraz, Durif 2020, Meerhof Pinotage 2020, Meerhof Premium Shiraz/Grenach 2019 Org De Rac Landgoed - Org De Rac Sauvignon Blanc 2021, Org De Rac La Verne Methode Cap Classique 2018 Pulpit Rock Wines - Brink Family Vineyards

Chardonnay Barrel Fermented 2020, Brink Family Vineyards Cabernet Sauvignon 2019, Brink Family Vineyards Sauvignon Blanc 2021, Brink Family Vineyards Merlot 2019, Louisa Cape Blend 2017, Louisa Fortitied 2019, Brink Family Vineyards Pinotage 2019 Riebeek Valley Wine Company - Riebeek Cellars Collection Chardonnay 2020, Riebeek Cellars Collection Cabernet Sauvignon 2020, Riebeek Cellars Collection Chenin blanc 2021, Riebeek Cellars Collection Merlot 2019, Riebeek Cellars Collection Shiraz 2020, Klein Kasteelberg Granche Noir & Mourvedre 2020.

Oktobermaand is Vervoermaand in SuidAfrika en in die Swartland is dit ook glad nie anders nie. Die Swartland Munisipaliteit belê nou R34 miljoen om paaie in en rondom die dorpe in die streek in stand te hou. Swartland Munisipaliteit se padnetwerk beslaan 'n totaal van 401km. Dit sluit 'n kombinasie van 331km teerstrate en 70km grondstrate in. Binne die munisipale grense is daar ook 23km provinsiale paaie wat gereguleer word deur die Paaie Ordinansie, Ordinansie 19 van 1979. Die ordinansie bepaal onder andere dat die eienaarskap en verantwoordelikheid vir onderhoud van hierdie paaie by die Wes-Kaapse Provinsiale Regering berus. Oor die afgelope vyf jaar, is die volgende instandhouding voltooi: • 80.69 km munisipale paaie is herseël teen 'n koste van R 71 miljoen • 4.5km is opgradeer teen R 19.860 miljoen • 14km nuwe paaie is gebou in behuisingsprojekte met die hulp van departement van Menslike Nedersettings • 5198 slaggate is herstel Volgens woordvoerder Mart-Marie Haas-

broek, is die munisipaliteit bewus van inwoners se ontevredenheid met die toestand van sekere provinsiale paaie binne die ruimte van die munisipaliteit. "Piet Retiefstraat in Riebeek-Kasteel is veral vir ons 'n uitdaging en ons het op meer as een geleentheid met die Provinsie hieroor vergader. Provinsiale paaie se onderhoud en bestuur berus by die Provinsiale Regering. Die onderhoudskoste word op 'n 80/20 basis gedeel met die Munisipaliteit. Met ander woorde, die Provinsie moet 80% van hierdie onderhoudskoste betaal en die munisipaliteit 20%. Dit is belangrik om te let dat die toekenning wat ontvang word vir provinsiale paaie versprei moet word oor die hele 23 kilometer van Provinsiale Paaie. Vir die huidige finansiële jaar het ons slegs R175 000 van die provinsie ontvang vir werk aan provinsiale paaie en ons het onderneem om die grootste deel hiervan aan Piet Retiefstraat op Riebeek-Kasteel te spandeer. Intussen bly ons druk uitoefen op die Provinsie om dringend aandag te gee aan die paaie waarvoor hulle verantwoordelik is." As alles volgens plan verloop, sal daar tussen Moorreesburg en Malmesbury teen Desembermaand 60 strate herseël wees.

MICHELANGELO GOLD

www.riebeekcellarscollection.com


6

13 Oktober 2021

Nuus • News


Nuus • News

13 Oktober 2021

Kleintjies Bite Size

Wil jy adverteer? Stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal. co.za of accounts@swartlandjoernaal om jou advertensiespasie te bespreek.

TE HUUR To let "Bachelor” woonstel in die middedorp – R2 900,00 per maand. Beskikbaar 1 November 2021. Kontak Marlene Visser by 022-4821101. GELUKWENSING Congratulations

Geluk broer met jou 21ste verjaardag. Van: Gammie, Luke en Fiena Raai wie is 21 op 11 Oktober - Geluk met jou geboortedag. Mag net goedheid en guns jou volg al di dae van jou lewe. Liefde - Ma, Pa, PJ, Antie Jen en Pappie Veels geluk met jou 21ste verjaardag, en mag ons nog altyd kan opkyk na jou Boeta. “Much love” - Markie, Matty, Mason en Mishaan

15 Oktober Geseënde 40ste verjaardag LEE-ANN SAMSON. Vriendin, mag daar nog vele jare volg. Baie lief vir jou. Geniet elke oomblik. Van: Rochelle, Taylor en Amanda

VOLTYDSE STUDIEBEURSE VIR 2022 Swartland Munisipaliteit bied beurse vir voltydse studies by goedgekeurde tersiêre instellings aan jongmense wat in die groter Swartland munisipale gebied woon. Kandidate wat reeds vir ’n voorgraadse graad/diploma in 2022, in een van die goedgekeurde studierigtings geregistreer het, word aangemoedig om aansoek te doen.

Goedgekeurde studierigtings: • Finansies • Ekonomie • Rekeningkunde • Voorsieningskanaalbestuur • Interne Oudit • Risikobestuur. Beurse sal vir registrasie-, eksamen- en klasgelde voorsiening maak. Minimum vereistes vir beurs: • Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees, tussen 17 en 35 jaar oud • ’n Minimum slaagsyfer van 60% vir Wiskunde en Rekeningkunde op hoërskoolvlak • Mag oor geen ander beurse beskik nie • Kandidate uit histories-benadeelde gemeenskappe en/of persone met gestremdhede sal voorkeur geniet. Slegs aansoeke wat per hand afgelewer of pos gestuur word, sal oorweeg word. Indien u binne drie maande na die sluitingsdatum vir aansoeke nog geen terugvoer ontvang het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was. Telefoniese navrae kan aan Gaynor April by 022 487 9400 gerig word. Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Ontvangs van aansoeke sal nie skriftelik bevestig word nie en afskrifte van ondersteunende dokumente sal nie teruggestuur word nie. Slegs suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word. Die Raad behou die reg voor om beurse nie toe te ken nie. Sluitingsdatum: 29 Oktober 2021 Voltooide aansoekvorms, insluitend gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, kan aan die Afdeling Menslike Hulpbronne, Privaatsak X52, Malmesbury 7299, gerig word. Aansoeke wat per faks, e-pos ontvang word, sal nie aanvaar word nie. Swartland Munisipaliteit is verbind tot Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word daarom aangemoedig om aansoek te doen. www.ayandambanga.co.za

143774

7


8

Nuus • News

13 Oktober 2021

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 89 • 13 Oktober 2021

SPORTUITSLAE • RESULTS

Wedvlugduiwe OMEGA Racing Pigeon Club

Leeu Gamka 4 – 9 Oktober 1 D Daniels & Son 11:59:41; 2 Shane Arendse 12:05:30; 3 Shane Arendse 12:05:34; 4 Team Neo Vision 12:15:15; 5 S Zimiri 12:14:51; 6 Kasu Family 12:17:14; 7 Kasu Family 12:21:07; 8 Manuel Lofts 12:21:28; 9 Stan The Man 12:21:55; 10 Shane Arendse 12:24:24; 11 Shane Arendse 12:25:29; 12 Shane Arendse 12:27:45; 13 Shane Arendse 12:28:32; 14 Shane Arendse 12:28:32; 15 Leukes &Garth Loft 12:28:34

RIEBEEK VALLEY

Leeu-Gamka 4 – 9 Oktober 1 Mentoor Hokke 12.31.38; 2 Mentoor Hokke 12.31.42; 3 Mentoor Hokke 12.33.29; 4 Abrahams Hokke 12.29.36; 5 Mentoor Hokke 12.33.32; 6 Mentoor Hokke 12.34.54; 7 Dawid Loft 12.34.33; 8 Alex Family Loft 12.39.37; 9 Mentoor Hokke 12.37.35; 10 Alex Family Loft 12.44.19; 11 MJ Hokke 12.46.3; 12 Mentoor Hokke 12.49.25; 13 Alex Family Loft 12.56.39; 14 Daniels Hokke 12.54.39; 15 Mentoor Hokke 12.54.29; 16 Amen Hokke 12.50.15; 17 Mentoor Hokke 12.55.37; 18 Alex Family Loft 12.58.50; 19 Alex Family Loft 13.05.13; 20 Daniels Hokke 13.03.04; 21 Alex Family Loft 13.06.02; 22 Amen Hokke 13.01.07; 23 Dawid Loft 13.05.36; 24 Dawid Loft 13.05.36; 25 MJ Hokke 13.06.20; 26 Kuiler Hokke 13.00.19; 27 Alex Family Loft 13.11.14; 28 MJ Hokke 13.09.02; 29 Mentoor Hokke 13.09.25; 30 Alex Family Loft 13.12.54

MALMESBURY Posduif Vereniging

Regstelling:

Juneyed Edas, plaaslike tydren-entoesias, het by verlede week se Riebeek Valley-ren 'n eerste plek in sy klas, S3, en 'n vyfde algehele plek behaal. Edas is ondersteun deur sy suster, Reyanah, wat as navigator opgetree het. Regs is die duo in aksie in die naweek se tydren.

Kimberley Ope 1 – 9 Oktober 2021 1 Kotze Familie Hokke 1006.8544; 2 Bordeaux A 962.2634; 3 LF van Dalen 903.5926; 4 Lewisham Lofts 886.9375; 5 Lewisham Lofts 886.8368; 6 Kotze Familie Hokke 863.0261; 7 Lewisham Lofts 852.5118; 8 J Steenkamp 851.4956; 9 Lewisham Lofts 847.4714; 10 J Steenkamp 846.4662; 11 Limbardi 840.1643; 12 Kotze Familie Hokke 833.1702; 13 Lewisham Lofts 832.0658; 14 Limbardi 823.9254; 15 Kotze Familie Hokke 823.6573; 16 Bordeaux A 821.3996; 17 Lewisham Lofts 819.7831; 18 J.A. Lombaard Jnr 816.3584; 19 J Steenkamp 808.8564; 20 Bordeaux A 804.2342 Kimberley Ope 2 1 Kotze Familie Hokke 1002.0099; 2 J.A. Lombaard Jnr 907.1508; 3 Limbardi 900.2083; 4 J Steenkamp 864.6999; 5 Kotze Familie Hokke 859.2398; 6 J Steenkamp 856.9840; 7 J Steenkamp 852.6635; 8 Bordeaux A 840.1474; 9 G Williams 839.7635; 10 Kotze Familie Hokke 836.4712; 11 J.A. Lombaard Jnr 834.6362; 12 Bordeaux A 822.5323; 13 Bordeaux A 812.0525; 14 Limbardi 809.8364; 15 Bordeaux A 805.2921; 16 LF van Dalen 802.0492; 17 J Steenkamp

798.0518; 18 J Steenkamp 797.3879; 19 J Steenkamp 797.0977; 20 Limbardi 796.3563

MOORREESBURG

Kimberley Ope 1 – 9 Oktober 1 Frikkie Bester 18:49:35; 2 Frikkie Bester 06:32:06; 3 Singleton Hokke 06:59:59; 4 Charles & John 07:00:41; 5 Yt & Tuis 07:30:32; 6 Joseph Lofts 07:40:57; 7 Boetie & Baron Hokke 08:14:14; 8 Singleton Hokke 07:55:16; 9 Boetie & Baron Hokke 08:17:47; 10 Boetie & Baron Hokke 08:56:30; 11 Frikkie Bester 09:05:46; 12 Charles & John 09:13:42; 13 Frikkie Bester 09:26:03; 14 Frikkie Bester 09:28:50; 15 Charles & John 09:28:22; 16 Frikkie Bester 09:30:41; 17 Frikkie Bester 09:36:35; 18 Henna & Melt Smit 09:44:45; 19 Singleton Hokke 09:47:56; 20 Singleton Hokke 09:48:30 Kimberley Ope 2 1 Frikkie Bester Moor 18:35:51; 2 Frikkie Bester 05:52:36; 3 Boetie & Baron Hokke 07:36:11; 4 Charles & John 07:18:32; 5 Charles & John 07:24:33; 6 Charles & John 07:24:38; 7 Yt & Tuis 07:26:00; 8 Boetie & Baron Hokke 08:07:54; 9 Singleton Hokke 07:50:31; 10 Boetie & Baron Hokke 08:21:30; 11 Charles & John 07:59:38; 12 Boetie & Baron Hokke 09:06:46; 13 Boetie & Baron Hokke 09:09:16; 14 Boetie & Baron Hokke 09:14:57; 15 Boetie & Baron Hokke 09:21:33; 16 Charles & John 09:07:01; 17 Boetie & Baron Hokke 09:40:17; 18 Charles & John 09:23:02; 19 Frikkie Bester 09:29:18; 20 Singleton Hokke 09:47:54

MOORREESBURG

Kimberley JO 2 – 3 Oktober 1 Charles & John 12:05:20; 2 Henna & Melt Smit 12:18:33; 3 Singleton Hokke 12:18:53; 4 Charles & John 12:18:50; 5 Charles & John 12:18:53; 6 Charles & John 12:18:59; 7 Singleton Hokke 12:19:49; 8 Frikkie Bester 12:20:07; 9 Frikkie Bester 12:20:37; 10 Henna & Melt Smit 12:21:05; 11 Frikkie Bester 12:22:19; 12 Die Saunderse 12:21:50; 13 Singleton Hokke 12:25:55; 14 Die Saunderse 12:24:58; 15 Frikkie Bester 12:26:28; 16 Cloete Hokke 12:45:13; 17 Henna & Melt Smit 12:26:31; 18 Boetie & Baron Hokke 12:49:30; 19 Henna & Melt Smit 12:30:56; 20 Frikkie Bester 12:31:15 Victoria Wes Ope 2 1 Henna & Melt Smit 12:40:03; 2 Henna & Melt Smit 12:40:07; 3 Charles & John 12:39:57; 4 Henna & Melt Smit 12:40:25; 5 Frikkie Bester 12:41:29; 6 Charles & John 12:50:31; 7 Frikkie Bester 12:51:18; 8 Charles & John 12:51:08; 9 Charles & John 12:51:14; 10 Henna & Melt Smit 12:51:42; 11 Frikkie Bester 12:52:04; 12 Frikkie Bester 12:52:12; 13 Singleton Hokke 12:52:03; 14 Charles & John 12:51:56; 15 Charles & John 12:51:58; 16 Charles & John 12:51:59; 17 Yt & Tuis 12:52:05; 18 Henna & Melt Smit 12:53:56; 19 Cloete Hokke; 20 Cloete Hokke 13:13:31


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
13 Oktober 2021 Swartland Joernaal Uitgawe 90 by Swartland Joernaal - Issuu