'n Droom bewaarheid
Atletiek en die bemagtiging van die jeug is sy passie.
Hierdie twee elemente kon Ralph Cuttings ten volle begin uitleef toe hy by die personeel van St Thomas Primêr op Malmesbury aangesluit het as onderwyser en as atletieksameroeper.
Vir Cuttings was die bevordering van atletiek en die geriewe waar atlete deelneem, vir jare 'n teerpunt.
Cuttings het in 2004 in 'n plaaslike koerant sy ideaal gedeel: 'n Atletiekbaan waar al die plaaslike skole se leerders kan meeding. Waar byeenkomste gehou kan word, sodat die plaaslike atlete kan kompeteer en die beste van hulle ten toon gestel sal kan word.
Dit het alles bewaarheid met die Malmesbury Cares Board se nuwe veeldoelige sportkompleks.
"Waar is die dae toe ek saam met leerders en kollegas atletieklyne op die C-veld in die warm son moes gooi. Kalk in jou hare. Net 'n bietjie yswater vir die lafenis," onthou Cuttings.
Die Swartland Laerskole-sportunie bied vanjaar talle atletiekbyeenkomste op hierdie tartan-baan aan, insluitend die afgelope Sone 1 waar Vooruitsig Primêr, Laerskool Darling, Riebeek-Wes, Weltevreden, Riverlands en Chatsworth deelgeneem het.
Volgende op die agenda is Sone 2 waar Liebenberg, Anne Pienaar Gedenk, St Michaels Primêr, OJ Erasmus, Welgemeend en Goedehoop sal meeding op 11 Februarie.
Op 14 Februarie kom Sone 3 aan die beurt. Hier sal St Thomas Primêr, Naphakade, Swartland, Meiring Primêr, Morningstar en Darling College hul slag wys.
Op 18 Februarie vind die Swartland Sone plaas en op 25 Februarie die Wes-Boland Sone.
"Daar is nog baie uitdagings, maar dit kan oorkom word deur 'n positiewe ingesteldheid, samewerking en die wil om dinge te verander," sê Cuttings.
1 8 Februarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 153 Gratis • Free
KragDag maak 'n draai in die Swartland
Eskom se probleme is onomkeerbaar en mense is keelvol om deur dié kragmonopolie gyselaar gehou te word.
Daar is vir elkeen van ons oorgenoeg redes om van Eskom ontslae te raak, maar vir baie lyk die kapitaalbedrag om energievryheid te smaak (of altans Eskom-vry te word), steeds buite bereik.
Dink weer! Die terugbetalings op kapitaalfinansiering wat in alternatiewe krag belê word, raak by die dag meer bekostigbaar. Inteendeel, dit is heeltemaal moontlik om bloot dieselfde bedrag wat jy aan die munisipaliteit vir krag sou betaal aan die finansiering van jou nuwe kragsisteem te bestee.
Danksy beurtkrag en munisipale verval is waterprobleme aan die toeneem en die kans dat onluste weer kan opvlam, neem by die dag toe. Om in staatsbestandheid, oftewel selfstandigheid te belê is nie meer 'n luukse nie, maar 'n noodsaaklikheid.
Elkeen wat vanjaar in selfstandigheid belê, ongeag die grootte van die tree wat hy gee, sê saam met ons: "Kom ons bou 'n kragstasie"
KragDag, Sakeliga en Solidariteit het reeds besluit om onder hierdie slagspreuk afsonderlike, maar komplimentêre aksies te loods om huishoudings en besighede te help om van Eskom-afhanklikheid te ontsnap.
Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, die hoofborg van KragDag, het genoem dat Sakeliga KragDag reeds ʼn kragstasie is met ʼn besondere (en onderbroke) energie.
Energie om anders te dink oor selfstandigheid.
Hy voer aan dat staatsbestande ondernemings staatsbestande sakegemeenskappe met veerkragtigheid toerus om ondanks staatsverval voorspoedige gemeenskappe op te rig en in stand te hou.
Na verskeie versoeke vanuit die Kaap het die KragDag-span besluit om die KragDag-ekspo ook
vanjaar na die Kaap te neem.
Volgens HP Steyn, bestuurshoof van KragDag, is KragDag die plek waar entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.
Die KragDag-ekspo, bied ʼn leersame dag met ʼn karnavalatmosfeer. Hier is jy egter nie 'n blote vermaaklikheidstoeskouer nie, maar ʼn deelnemer in interaksie met dinge wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.
Kom skakel met mense wat in selfstandigheid belangstel en kry raad by die kundiges wat by die ekspo uitstal, vir jou eie selfstandigheidsplanne. .
KragDag 2023 bied iets vir elke lid van die gesin. Met 100 uitstallers, praktiese demonstrasies, ʼn biertuin, helikopterritte, ʼn pretpark, kuns en kou mark, heerlike kos, landbou uitstallings en selfs ʼn biogas-aanleg waar jy kan sien hoe die aanleg werk. Kom kry 'n koppie boeretroos wat op ʼn
biogasstofie berei is.
Waar vind Sakeliga KragDag Wes-Kaap plaas?
Die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap vind op die Môreson plaas, ongeveer 11km buite Malmesbury.
Wat beloop die kostes?
KragDag Wes-Kaap se toegangskaartjie kos slegs R50 per volwassene. Dit is 50%-afslag op die normale hekfooi van R100. Die kaartjie gee jou toegang vir een of beide dae om die ekspo by te woon.
Toegang vir kinders tot 18 jaar bly steeds gratis. Vooraf kaartjieverkope sluit op 16 Februarie 2023.
Volg gerus die skakel om jou kaartjie te koop: KragDag 2023
Ons sien daarna uit om jou by die eerste WesKaap KragDag-ekspo te verwelkom!
2 Tema Landbou Opvoedkunde Junior Entrepreneurs Kou- en Kunsmark Verversings Borge, media en organisasies UITSTALRUIMTESLEUTEL 100 m 98 4 100 102 103 112 108 107 116 23 20 18 17 16 14 105 128 127 126 125 123 121 120 119 24 26 27 28 32 137 41 139 149 143 146 44 47 48 49 52 148 144 152 157 63 62 57 56 53 159 162 163 164 165 166 167 169 75 73 71 70 69 68 67 66 65 64 79 80 83 84 85 89 91 95 96 192 182 183 185 191 174 173 172 179 180 177 503 501 505 506 508 511 509 513 514 516 524 522 520 518 526 527 546 545 530 532 533 543 536 537 538 550 549 548 552 560 559 558 557 555 wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad Pretpark Helikoperritte Besoeker Parkering Ingang Uitstaller Parkering Kroeg Kuierarea
Ons is besig om op te gradeer!
Rola VW Malmesbury is steeds OOP vir besigheid.
Vir al jou Volkswagen benodigdhede, besoek ons by rolavw.co.za
022 482 1474 | www.rolavw.co.za
Werk-vir-Water projek beskerm bronne
Book your seat for opening of provincial parliament
The 2023 Official Opening of the Western Cape Provincial Parliament (WCPP) and Premier Alan Winde’s State of the Province Address (SOPA) will be held on 16 February 2023 at 10:45.
Swartland residents are invited to attend a live stream of the Provincial Opening at the Swartland Municipality. There are no costs involved. Residents who are interested must reserve a seat as space is limited.
Date: 16 February 2023
Venue: Swartland Municipality, 1 Church Street, Malmesbury
Time: 10:15 to start 10:45
Please RSVP on or before 13 February 2023. RSVP's can be sent to Mart-Marie Haasbroek at haasbroekm@swartland.org.za
Die Weskus Distriksmunisipaliteit koordineer en bestuur jaarliks die Werk vir Water projek in die Weskusstreek. Die program is daarop gemik om indringende- en uitheemse plante te verwyder wat baie meer water as inheemse plantegroei gebruik. In uiterste gevalle ontgroei hierdie uitheemse plante ons inheemse plante. Met die toelae wat deur die Departement van Omgewingsake aan die munisipaliteit toegeken is, het WDM gedurende die 2022/2023 finansiële jaar 18 voltydse werksgeleenthede vir individue van die Weskus-area geskep.
Tans is die Werk vir Water span werksaam op die Bergrivier waar hul uitheemse plantegroei verwyder tussen Hermon en Velddrif. Die
Bergrivier is 'n groot waterbron in die streek en speel 'n sleutelrol met betrekking tot toerisme in die Weskus.
Die jaarlikse Bergrivier-kanomarathon vind op die rivier plaas en die skoonmaak van hierdie uitheemse plantegroei verseker dat die kanomarathon sonder voorval kan plaasvind. Bykomende opleiding soos Waterveiligheid, Gesondheid, Noodhulp en OnkruiddoderToepassingsopleiding vorm deel van hierdie program.
Die Weskus Distriksmunisipaliteit administreer en bestuur die Werk vir Waterprogram in die Weskusstreek deur ‘n ooreenkoms en vennootskap met die Departement Bosbou
Visserye en Omgewingsake (DFFE). Die program is daarop gemik om indringer- en uitheemse waterplante (veral waterhiasinte) te verwyder. Hierdie waterhiasinte, wat met inheemse spesies meeding, skep hindernisse vir ontspanning en gebruik baie meer water as inheemse plantspesies.
Indringerplante hou nie net 'n direkte bedreiging in vir Suid-Afrika se biologiese diversiteit nie, maar ook vir watersekerheid, die ekologiese funksionering van natuurlike stelsels en die produktiewe gebruik van grond. Hulle verhoog die impak van brande en vloede en verhoog ook gronderosie.
8 Februarie 2023 3
Die Werk vir Water werkers wat tans op die Bergrivier werksaam is.
kykNET Buite-ekspo: Bekendes en nuwelinge in 2023
Die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap vind binnekort plaas by Môreson Plaas net buite Malmesbury van 24 tot 26 Maart 2023.
Die ekspo beloof om oudergewoonte iets vir almal te bied.
Die fokus is weer op die talle buitelewe uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4x4 mark.
Onthou die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik gebruik sou word deur die koper.
Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo.
Vanjaar is Action Ford Malmesbury weer aanboord met die splinternuwe Ford Raptor Ervaring en ook Maniac 4x4, waar die publiek gratis saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.
Kom ervaar ook die gewilde helikopter ritte en bekyk die Swartland uit die lug.
Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET-akteurs en moenie vergeet van die Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Irene-Louise van Wyk, West, Tasché, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Rooies, Sone Joubert, Rooiwyn Profeet, Nicky de Kock en Riaan Grobler wat ook die MC vir die naweek sal wees.
Kom ry ook gratis saam die immergewilde ‘Mnr 4x4’ – André de Villiers van André 4x4 en aanbieder van Safari 4x4 Roetes op kykNET.
Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie en hierdie jaar sal André die publiek op ritte neem in verskillende voertuie op die kykNET baan, saam met kykNET sepie akteurs!
Nog iets nuut die jaar is pret rofstoei vertonings deur Mother City Wrestling, wat beloof om tonne vermaak te verskaf.
Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ‘n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunsteling drankies en nog vele meer.
Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.
Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.
Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffer vertonings, Skattejag.
Onthou alhoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top-klas buitelewe-produk uitstallings.
Beperkte kampering is beskikbaar op terrein –stuur asb ‘n epos aan admin@moresonmalmesbury.co.za en dan kan ons puik ‘glamping’ tente bespreek word by ryno@you2camp.com.
Dagbesoeker kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo.
Probeer asb aanlyn kaartjies koop deur TicketPro indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal!
Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo. co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.
4 8 Februarie 2023
Bidbeertjies: Die Graad R-juffrouens het die inisiatief geneem om mammas, oumas en teddie-tannies te kry om vir die nuwe Graad 1’s van 2023 elkeen ‘n Bidbeertjie in CPM se skoolkleure te brei. Die Bidbeertjie is ‘n herinnering dat Jesus, Mamma, Pappa en Ouma en Oupa vir hulle baie lief is en vir hulle bid. Die breiers bid vir die leerders soos wat hulle die beertjies brei en onderneem om ook aan te hou bid vir die kleinspan. Dis amper twee weke nadat die skool begin het en die Bidbeertjies kom nog elke dag saam in die skooltas. Op die speelterrein word hulle opgemerk, tydens klastyd en sommer ook wanneer ‘n leesboek vir die eerste gelees word. Ons wil beslis die projek weer aanpak om 2024 se graad 1’s ook te seën met Bidbeertjies. Daar is nie ‘n beter manier om 'n nuwe skoolloopbaan mee te begin as die wete dat Jesus en jou gesin jou liefhet en dat daar iemand is wat vir jou bid.
Nog 'n wen vir Malmesbury se rolbalspan
Malmesbury se mansrolbalspan het die afgelope Saterdag op sy tuisperk gemengde welslae behaal teen Pinelands en skuif op tot die derde plek op die punteleer.
So goed soos die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Peter Hall die vorige wedstryd gevaar het, so wankelrig was hulle poging hierdie keer.
Hulle staan met die aanvang 5 skote af, min wetende dat dieselfde ramp hulle ook op die 5de skof sou tref. Hulle verloor die stel 6-12.
Net om in die 2de stel 'n 6 af te staan.
Die stel verloor hulle 8-9.
Hulle word in die laaste stel steeds uitoorlê en
hulle pyn word beëindig deur 3-8 te verloor en die wedstryd 17-29.
Die span van Daniël Griebenauw , Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl het 'n taai eerste stel waar hulle net-net hulle neuse voor hou met 8-7, maar daarna maak hulle amok deur die volgende 2 stelle 12-1 en 9-3 te wen en wen dus die wedstryd 29-11.
Malmesbury verdien dus 7 punte en Pinelands 5.
Die span wat deelneem aan die WP Trips-liga verloor 2-10. Paul Rossouw, June Rickett en Tia Petersen wen hulle eerste stel 6-2 en is ongelukkig om op die eerste skof van die tweede stel 5
skote af te staan. Die versengende hitte eis egter sy tol en Paul onttrek hom weens ongesteldheid.
Sy plek word ingeneem deur Johan de Kock, met June wat gaan skip.
Met die verandering in span tel hulle geen verdere skote op nie en verloor die tweede en derde stelle 5-8 en 1-7. Die wedstrydtelling was 12-17.
Die span van Marius Huysamen, Cobus Vermeulen en Elrika Lesch verloor 14-20.
Hulle begin swak en gee twee keer 4 af om die eerste stel 5-9 te verloor, met die probleme wat nie ophou nie om die tweede 1-10 te verloor.
In die finale stel trek hulle 'n haas uit die hoed
en wen 8-1. Saterdag speel die WP Vlag en WP Trips-spanne tuis teen die voorlopers Durbanville, wat 5 punte meer op die punteleer het, asook Sunningdale onderskeidelik. Die pare-kampioenskap se halfeindstryde vind op 13 Februarie plaas, met Dawie Horn en Rainier van Zyl teen Altus Myburgh en Cobus Vermeulen asook Brian Howell en Rainier van Zyl teen Daniël Griebenauw en Zelda Jordaan. Persone wat belangstel om rolbal te speel kan vir Roux 083 478 9616, Daniël 072 398 9041 of June 060 693 9226 kontak. Spel vind Dinsdae en Donderdae om 18:00, en Saterdae om 14:00 plaas.
8 Februarie 2023 5
Stand van die damme
Kavaliers: Hierdie leerders van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die onderskeie Boland Kavaliersspannetennisspanne opgeneem: A-span o.19: Alicia Bester, Franco Rust, Anesce du Toit en Liebe van Schalkwyk (o.15), Gert an Schalkwyk (o.19)
6 8 Februarie 2023 BEEF, BBQ CHICKEN, HAM, MUSHROOM MARGHERITA, PEPPERONI, SWEETELICIOUS CHICKEN OFFER ENDS: 28 FEB 2023 AVAILABLE FLAVOURS: DOWNLOAD OUR APP ORDER ONLINE OR WE DELIVER* OR YOU COLLECT FROM THE SAVA FLAVA RANGE LARGE PIZZAS 2 ONLY139.90 Imagesmaydifferfromactualproducts RP Jan/Feb Campaign A1 2023 Blue.indd
Alicia Bester
Anesce du Toit
Franco Rust
Gert an Schalkwyk
Liebe van Schalkwyk
GELUKWENSING
Congratulations
4 February - There's nothing more special than the day you were born—because that's the day the whole world became brighter! Happy 8th birthday GUILERMO. Love – Mamma, Pappa and Tyron
met u geboortedag vieringe op 10
Februarie. Mag God u ryklik seën en nog baie jare spaar. Van: vriendin, Chantal
10 Februarie - Raai wie verjaar? Nana se oudste - MYRE ZAYTOON. Slamat met jou verjaardag liefie pop. Geniet jou dag. Van: nana Abieda
5 Februarie - Baie geluk met jou verjaarsdag PJ. Mag die Here jou nog vele jare uitspaar, Baie lief vir jou. Van: Damonse en Cupido familie
Geluk CAROLINE MATYEKA met jou verjaarsdag op 10
Februarie. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Geniet jou dag. Van: jou vriende – Shelene, Jackie, Valencia, Turkey, Lange en Matyeka famile
10 Februarie –SANDRA NELL – Baie geluk met jou verjaardag. Ons gebed en wens vir jou is geluk, vrede, liefde, goeie gesondheid en seëninge. Lekker verjaar – Mammie, Nicky, Leona, Chrizaan, Christopher, Liezel en ons kinders
6 Februarie – JAMES
EDAS – Een jaar van my af weg die hartseer is nog daar en die vermisting. Soms val daar ‘n traan. Ek mis jou my man. Rus in vrede. Van: vroulief Emerenzia Edas, Lacracia en Lorenzo - Tot ons weer gaan ontmoet
Baie geluk antie ROOS
8 Februarie 2023 7
IN MEMORIUM In Memoriam
Wesbank RVK bou voort op sukses
Dankie Thank You
8 8 Februarie 2023 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 153 • 8 Februarie 2023
Hoofborg: Malmesbury SuperSpar Swartland Begrafnisdienste Welkom Elektries Malmesbury Fisheries Wimpy Steers en Debonairs Roman's Pizza Malmesbury Sabino Canyon Spur Swartland Joernaal Swartland Munisipaliteit vir hul voorbereiding van die veld Aan alle ondersteuners en lede vir hul bydra tot die suksesvolle toernooi