Nuus • News
Gratis • Free
25 Augustus 2021
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 83
25 Augustus 2021
Pulpit Rock, Darling maak skoonskip
Die jaarlikse Swartland Jongwynskou is Dinsdag op Allesverloren in die Riebeekvallei aangebied. Hier het die wyne van die Swartland meegeding om talle trofeë. Sien volledige berig en uitslae binne. Foto: Karin Neethling
1
2
Nuus • News
25 Augustus 2021
Entstowwe, maskers, teorië en Covid-19 in 2021 Wat is ’n entstof? ’n Entstof word gebruik om jou immuunstelsel te op lei om in die toekoms ’n
infeksie te kan hanteer en dit te beveg. Wat is bevolkingsimmuniteit?
WITH A CUSTARD MALVA PUDDING & YOUR CHOICE OF 4 OUT OF 6 FLAVOURS
199
Bevolkingsimmuniteit word bereik wanneer baie mense ingeënt is en ’n infeksie dan sukkel om iemand te vind wat kan siek word. Wanneer ’n siekte baie vinnig kan versprei, moet meer mense ingeënt word om bevolkingsimmuniteit moontlik te maak. Is daar ’n entstof vir COVID-19? Ja. In Suid-Afrika is die eerste twee entstowwe wat beskikbaar sal wees die Johnson & Johnson-entstof en die Pfizer/ BioNTech-entstof. Ander entstowwe kan ook gebruik word soos meer bevindinge beskikbaar word. Alle entstowwe is deeglik getoets vir veiligheid. Oor die entstof Hoe sal die entstof gegee word? Jy sal ’n inspuiting in jou boarm kry. Sommige entstowwe het twee dosisse nodig wat ten minste drie tot vier weke uitmekaar gegee word vir die beste beskerming (bv. een inspuiting in September en nog een in Oktober). Die Johnson & Johnsonentstof word net in een dosis gegee. Is COVID-19entstowwe veilig? Alle COVID-19-entstowwe wat gebruik word, is verskeie kere getoets om veiligheid te verseker en is spesiaal geskep om te kyk vir enige algemene neweeffekte en veiligheidskwessies, insluitend die dominante COVID-19-variant in SuidAfrika, genaamd 501Y.V2. Hierdie toetse het mense ingesluit wat ’n hoë risiko vir COVID-19 het, maar die entstof is nog nie genoeg getoets om veiligheid in swanger vroue en kinders te verseker nie. Meer studies word uitgevoer om uit te vind of die entstowwe veilig is vir swanger vroue en kinders.
Wat is die newe-effekte? Die newe-effekte is pyn en rooiheid in die boarm waar jy ingespuit is, hoofpyn, en om siek, moeg en koorsig te voel. Dit beteken net dat jou liggaam voorberei word om die virus in die toekoms te beveg. Hierdie neweeffekte is gewoonlik erger na een dag en verdwyn binne vier tot vyf dae. Jy kan parasetamol of ’n antiinflammatoriese middel gebruik as jy moet. Hoe is die entstof so gou gemaak? Ondervinding met die SARS- en MERSuitbreking (albei deur koronavirusse veroorsaak), vinniger vervaardiging, befondsing vir veelvuldige proewe en reguleerders wat vinniger as voorheen beweeg, het die proses baie vinniger laat geskied. Niks is afgeskeep nie, en die proewe wat veiligheid en doeltreffendheid toets, is net so streng soos dit voorheen was vir ander. Het ek die entstof nodig as ek al COVID-19 gehad het? Ja, jy moet steeds ingeënt word as jy reeds COVID-19 gehad het of as jy ’n positiewe teenliggaamtoets gehad het. Ons weet tot dusver dat die natuurlike immuniteit wat jy kry as jy COVID-19 gehad het dalk nie sal aanhou nie. Die inenting sal enige reaksie versterk wat jou immuunstelsel in plek stel na ’n vorige koronavirusinfeksie. Dit is belangrik dat diegene wat wel ingeënt is teen die virus, steeds onderhewig is aan die landswette wat bepaal dat jy in die publiek 'n masker moet dra wat jou mond en neus bedek. Al is jy ten volle ingeënt, kan deurbraak infeksies steeds plaasvind. (Bron: westerncape.gov.za)
Choose 4 flavours from: Meaty Grill; Hawaiian; Original Veg; Chicken Mayo; Mexican Chicken; Chicken & Feta
90
Malmesbury (Smuts & Koch) 022 482 1915 Awesome Foursome® Treat conditions apply. *Delivery conditions apply.
113135 Debonairs Pizza Awesome Foursome Treat 2021_FBLSM 3x1 Banner_Generic V3.indd 1
2021/06/29 13:06
Nuus • News
25 Augustus 2021
Met die maan gepla Maandagaand het die maan vir 'n wyle soos 'n gloeiende bal oor Malmesbury gehang en talle uit hul huise gelok om hierdie gesig te aanskou.
Forum:
Die Gemeenskapspolisiëringsforum van Malmesbury het geborgde hempde van HSP (High Speed Projects) ontvang. Hier is Henfre Brand (voorsitter) Gert de Jager (HSP) en Delian van Schalkwyk (ondervoorsitter) met hul nuwe uitrustings.
3
4
Nuus • News
25 Augustus 2021
Stand van die damme in die Wes-Kaap-netwerk Die vlak van die damme in die watervoorsieningsnetwerk van die Wes-Kaap staan nou op 98.9% van die kapasiteit. Dit is 'n verandering van 0.8% teenoor verlede week. Die Bergrivierdam was Maandag 100.4% vol in vergelyking met verlede week se 100.2%. In 2017, tydens die droogte wat die Wes-Kaap ervaar het, was die dam 53% vol. Die Laer-Steenbrasdam was Maandag 91.4% vol, in vergelyking met verlede week se 90.5% en 2017 se 30.3%.
Die Theewaterskloofdam het Maandag die 102.1%-kerf bereik, in vergelyking met verlede week se 101.8% en 2017 se 25.6%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandag 92% vol. Dit is 'n 0.3% styging vanaf verlede week. In 2017 was die dam 23.6% vol op dieselfde tydstip. Weerkenners voorspel dat 'n kouefront teen Donderdag die Wes-Kaap sal bereik wat swaar neerslae en moontlike sneeu sal bring. Bron: www.capetown.gov.za
So lyk die week se weer Swartland Weer
Woensdag, 25 Augustus 2021 - Dinsdag, 31 Augustus 2021
09/19 07/18 13/17 06/17 06/11 07/17 08/16 Lieflike sonskyn dag
Gedeeltelik bewolk met 'n 55% kans op reën
Gedeeltelik bewolk
Gedeeltelik bewolk met 'n 90% kans op reën
Gedeeltelik bewolk met 'n 80% kans op reën
Gedeeltelik bewolk met 'n 70% kans op reën
Gedeeltelik bewolk
Garth Fransman 076 125 1186 gfransman@pytbyte.co.za
Nuus • News
25 Augustus 2021
Dr Marx gee raad oor vakkeuses vir leerders
‘n Vraag wat met die eerste oogopslag heel eenvoudig klink, is eintlik nie so eenvoudig nie, want wanneer ons na vakkeuses kyk, moet ons in ag neem watter beroep die leerder eendag wil volg sodat hulle vakkeuses in lyn is met ‘n toekomstige beroep. Daarom raak die vraag dikwels: “In watter rigting wil my kind eendag studeer sodat hy/sy die regte vakke kies vir Graad 10 om sodoende ‘n beroep waarin hy/sy belangstel in die toekoms te kan volg?”. Om hierdie vraag te antwoord, kyk ons in praktyk na die volgende vier faktore: (1) Aanleg - kan beskou word as die potensiaal wat 'n persoon het, en wat hom/haar in staat stel om 'n spesifieke vaardigheidsvlak te bereik met 'n gegewe hoeveelheid opleiding en/of oefening. Aanlegte, tesame met ander persoonlikheidskenmerke, soos belangstellings, houding en motivering, sowel as opleiding en onderrig, bepaal die vaardigheidsvlak. (2) Belangstelling – Watter beroepsverwante belangstellings het my kind? Hierdie inligting word versamel, want dikwels is ‘n leerder goed in sekere vakke, maar die belangstelling is nie noodwendig daar nie. Stel dus jou kind
bloot aan inligting oor verskeie beroepe en om blootstelling in die werksomgewing te kry. Daar moet ook onderskeid getref word tussen belangstellings wat die leerder as deel van hul beroep wil uitoefen, en wat as stokperdjie uitgeoefen kan word. (3) Persoonlikheidstipe - Watter beroep sal by my kind se persoonlikheid pas (4) Laastens, wat ek graag in my praktyk ook ondersoek, verwys na die waardes wat 'n persoon as belangrik beskou in die keuse van 'n toekomstige loopbaan. Ten slotte, word ‘n beroepskeuse gemaak na ‘n intensiewe periode wat spandeer word om soveel as moontlik inligting oor die onderskeie loopbane in te win deur met mense in die loopbaan te praat, aktiwiteite by die onderskeie werkplekke waar te neem (werkskaduwee), deeltydse werk (prakties), internetinligting en die verkryging van relevante leesstof. ‘n Finale besluit moet gebaseer wees op al die betrokke faktore, en dit behels ook selfkennis. Kontak Dr Melanie Marx (PhD), geregistreerde berader by 065 979 6686 of stuur 'n epos na melanie@marxcounselling.co.za.
DSC prokureurs kan u adviseer of u 'n moontlike eis het. Ons onderneem persoonlike beseringseise van alle soorte, insluitend:
P RO KU R EU RS
• Padongelukkefonds-eise • Mediese wanpraktyke • Spoor- en lugvaartongelukke • Gly-en-val insidente • Professionele wanpraktyk • Ander algemene reg en versekeringseise.
0861 465 879
www.dsclaw.co.za
info@dsclaw.co.za
10de Vloer, Touchstone House, Breëstraat 7, Kaapstad, Suid-Afrika
Keep your furry friends safe in the cold “You are probably aware of the risks posed by warm weather and leaving pets in hot cars, but did you know that cold weather also poses serious threats to your pet’s health?” says Elsa Daniels, spokesperson for SPCA Tshwane. Companion animals aren’t the only animals in need of protection during the winter months. Livestock, including horses and donkeys, have their own unique considerations and needs when the weather gets cold. SPCA Tshwane Veterinarian, Dr Floris Kruger, would like to give the following tips to pet owners: Make sure your dog is vaccinated against Kennel Cough and the normal 5 in 1 vaccine as cold air into the lungs will predispose them to getting bronchitis. Cold weather will exacerbate arthritis in all joints and this will be evident by your pet getting up slowly after lying down for a while, not being able to jump on couches and beds and struggling to walk up the stairs. Please consult your veterinarian if you think your pet has arthritis as it is a painful condition that can be treated by a veterinarian. Gauteng can get very cold at night in the win-
5
ter and all animals should have access to proper shelter. All animals regardless of breed younger than 1 year of age should be inside a house at night. Breeds with thick coats such as Huskies, St. Bernards, Chow’s and German Shepard dogs might prefer to stay outside during the night but they should always have the option to come inside if they want to. Small breeds with short hair such as Yorkies, Pekingese, Doberman Pinchers and Toy Poms should definitely be protected from the cold. Even though the animals are inside a house at night the floor might be very cold so it’s a good idea to put a couple of newspapers under the dog’s blanket to insulate against the cold. Make sure that your cat has a clean litter box that is inside the house because if it’s too cold cats won’t go outside to use a litter box and it will lead to bladder infections. In a multi cat household there should always be one more litter box than the amount of cats in the house and the litter boxes should be in different rooms and not close to the cat food as cats are very territorial and can feel threatened if all the litter boxes are in the same place.
6
25 Augustus 2021
Nuus • News
Nuus • News
25 Augustus 2021
7
Kwekery-kundiges gee Why should you replace raad oor Boomplantmaand old glass in your home? Dit is alweer September en tradisioneel vir ons Boomplantmaand. Vir vanjaar (2021) is die volgende bome gekies as boom van die jaar: 1) Vachellia Karroo “Soet Doringboom” 2) Portulacaria Afra “Spekboom” Indien jy nie een van hierdie spesies kan vind nie, plant enige boom van jou keuse en wat aan jou spesifieke omstandighede en behoeftes kan voldoen. Ons moet onthou die hoofdoel van bome plant is om ‘n groen fabriek daar te skep wat die baie koolsuurgas kan omsit in suurstof en sodoende laat ons ‘n groen voetspoor na. Wanneer jy ‘n boom (of selfs ‘n groot struik) moet kies om te plant, is daar ‘n paar dinge waarna jy moet kyk: Hoe groot gaan die boom word. Het ek genoeg plek? Daar is baie bome om van te kies, party groei; • dun en piramidaal, • groot en rond • hoog mat ‘n plat kroon (bv. Doringbome). Is die boom immergroen of bladwisselend want dit gaan ook bepaal of dit aan jou behoeftes sal voldoen. Indien jy skaduwee in die somer soek en son in die winter (soos bv. voor ‘n venster of skuifdeur wat Noord front) dan sal ‘n bladwisselende boom perfek wees. Op ‘n grasperk is ‘n bladwisselende boom ook ‘n beter keuse, sodat dit die meeste winterson kan deurlaat, omdat die meeste grasperke nie in skaduwee suksesvol groei nie.
Hoe gaan die boom se wortels die onmiddellike omgewing beïnvloed? Daar bestaan ongelukkig geen waarborg vir enige boom se wortel-groei nie. Boomwortels groei eerstens agter water aan. Begin deur die plantgat van die boom reg voor te berei, want dit is die boom se fondament (kom kry by die kwekery ‘n pamflet met al die inligting). Gee die boom genoeg water waar dit geplant is, anders gaan hy dit elders met sy wortels soek. Voorspoed met die uitsoek van jou spesiale boom, lekker tuinmaak. Ons gesels weer 29 September 2021. Tuingroete en geniet Lentedag!! George Retief
At Glasfit, you will find all the glass options you need. They will replace your old glass, with shiney new ones! Not only will replacing old glass windows or doors increase the value of your home, it will also improve the aesthetics and your living comfort. Value for money solutions By supplying a range of quality brands we are able to provide the right style to suit your home and pocket. All come standard with the Glasfit national fitment guarantee and the product warranty. Save on energy bills With the rising cost of living, now is the time to make your home energy efficient. By adding single or double glazing you will improve insulation and reduce the cost of heating or cooling. Quick turnaround times Our expert technicians are trained to deliver the highest standard of work. We will quickly and meticulously install your windows and doors,
keeping any disturbance to your daily routine to a minimum. Enhanced performance Every day apartment blocks are shooting up and homes are being extended up to boundary walls. As we begin to live on top of each other more and more, you need to soundproof your home. Laminates and double glazing reduce outside noise and improve privacy. Adding tinted or double glazed glass helps reduce UV radiation whilst promoting high natural light transmission. All products within our range are low maintenance, ensuring they are easy to clean and keep clean. Crime is always a problem. Beat it. From inner steel or aluminium frames to solid locks and handles and strengthened glass, our windows and doors improve the safety and security of your home. Source: www.glasfit.com
8
25 Augustus 2021
Nuus • News 2021- SWARTLAND JONGWYNSKOU TROFEE WENNERS CJP Chemicals Trofee Kampioen Chenin Blanc Darling Cellars Klas 08:11 Vinventions Trofee Kampioen Sauvignon Blanc Darling Cellars Klas 14:72 Enartis Trofee Kampioen Ander Wit Kultivar Pulpit Rock Wines Klas 12:08 Nouvelle EN Darling Cellar Klas 17:04 Sémillon Malmesbury Toyota Trofee Kampioen Droë Wit Versnit Pulpit Rock Wines Klas 01:07 Sauvignon Blanc/Chenin Blanc/Nouvelle WPK/KAAP AGRI Trofee Kampioen Natuurlike Soetwyn Darling Cellars Klas 29:02 Sauvignon Blanc/Grenache
Die span van Pulpit Rock met hul trofeë.
Kobus Basson Trofee Kampioen Pinotage Pulpit Rock Wines Klas 70:22 Kotzé/Steyn Trofee Kampioen Shiraz Darling Cellars Klas 74:19 Porex SA Trofee Kampioen Merlot Pulpit Rock Wines Klas 63:29 Wine Machinery Trofee Kampioen Cabernet Sauvignon Darling Cellars Klas 56:25 Séan Nieuwoudt Trofee Kampioen Cinsaut Pulpit Rock Wines Klas 58:01 Santam Landbou Trofee Kampioen Ander Rooi Kultivar Babylon's Peak Klas 77:13 Carignan (gehout) Nexus Trofee Kampioen Droë Rooi Versnit Pulpit Rock Wines Klas 49:09 Cabernet Sauvignon/Merlot/Shiraz SAIL Trofee Kampioen Versterkte Wyn Allesverloren Estate Wines Klas 84:03 Cape Vintage ABSA Trofee Groot Kampioen Pulpit Rock Wines Klas 63:29 Merlot (gehout) Vinochem Trofee vir die 5 Beste Inskrywings Darling Cellars
Darling Cellars se gunstelinge nou in 2 liter beskikbaar
Darling Cellars bied nou ook hul bekroonde wyne aan in 'n gerieflike nuwe 2L slimline-boks. Die nuwe 2L BiB's (Bag in Box) van Darling Cellars is om tred te hou met die verbruikers se behoefte aan waarde vir geld sonder om afbreuk te doen aan smaak of kwaliteit, teen bekostigbare pryse. Die nuwe slimline-boks pas ook maklik in die syrakkie van die yskasdeur en die wyn bly ook langer vars (tot 4 weke in die yskas). Hierdie nuwe 2L BiB's is beskikbaar by Darling Cellars se proelokaal, Makro, PnP, Spar/ Tops en ander onafhanklike drankwinkels teen mededingende pryse.
Nuus • News
25 Augustus 2021
9
Wyne van Swartland en Darling skitter by Jongwynskou Nege kelders afkomstig uit die Darling en Swartland Wyn van Oorsprong-areas het vanjaar deelgeneem aan die Jongwynskou-kompetisie en het beïndruk met 8 goue, 52 silwer en 24 brons toekennings. Daarbewenens is 'n groottotaal van 32 klaswenners aangewys vanuit die goue en silwer toekennings. Hierdie besonderse wyne staan as toonbeeld in hul kategorieë en het in aanmerking gekom vir die onderskeie streekstrofeë, buiten die Groot Kampioen-trofee waarvoor slegs wyne met goue toekennings verkiesbaar gestel is. Drie nuwe trofee is hierdie jaar tot
Al die wenners en borge met hul trofeë.
die plaaslike kompetisie bygevoeg en die Vinventions Kampioen Sauvignon Blanc, Wine Machinery Kampioen Cabernet Sauvignon en Porex SA Kampioen Merlot trofeë is vir die eerste keer uitgedeel. Volgens Pieter-Niel Rossouw, voorsitter van die Swartland Jongwynkou, word daar vanjaar 'n klompie veranderinge gemaak om die trofeë wat plaaslik uitgedeel word in lyn te bring met dié trofeë wat by die SA Nasionale Jongwynskou kompetisie gewen kan word. Dit beteken dat daar buiten vir die 3 nuwe trofeë ook 'n klompie trofeë is wat nuwe name gekry het. Die Kampioen Droë Wit-trofee en Kampioen
Droë Rooi-trofee sal voortaan bekendstaan as die Malmesbury Toyotal Kampioen Droë Wit Versnit-trofee en die Nexus Kampioen Droë Rooi Versnit-trofee. Die Kampioen Skaars Wit en Kampioen Skaars Rooi trofee het ook beide 'n naamsverandering ondergaan en staan nou bekend as die Enartis Kampioen Ander Wit Kultivar en Santam Landbou Kampioen Ander Rooi Kultivar trofeë. Die streekskompetisie word deur die Swartland Wyn- & Olyfroete gekoördineer en vorm deel van die plaaslike aanloop tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Jongwynskou. Die Jongwynskou word beskou as 'n tegniese kompetisie en platform wat aan wingerdboukundiges en wynmakers die geleentheid bied om hul wyne van die nuutste oesjaar teen die van hul eweknieë te meet, en ook die gehalte van nuwe wyne en wynstyle op 'n groter platform te toets. Die resultate van
nuwe tegnieke in die wingerd sowel as in die kelder word so ook gemeet. "Die wynbedryf is die afgelope tyd deur diep waters, eers 'n droogte en toe 'n wêreldwye pandemie wat elkeen sy bepaalde uitdagings meegebring het. Ten spyte van moeilik omstandighede wat daagliks oorbrug moet word, slaag die produsente steeds jaar-op-jaar om spog wyne in die Swartland te produseeer," sê Pieter-Niel Rossouw, voorsitter van die Swartland Jongwynskou. Hy skryf dit toe aan die diversiteit van die streek wat strek van die Paardeberg in die Suide, Riebeekvallei in die Ooste, Darling in die Weste en die voet van Piekenierskloof in die Noorde. Volgens Pieter-Niel is die Swartland 'n gewilde wynproduserende area en betree al hoe meer jong wingerdboukundiges en wynmakers die area op soek na daardie spesiale wingerd en uiteindelik daardie spesiale wyn.
10
Nuus • News
25 Augustus 2021
Octavoscene gee raad oor Knopvelsiekte wat uitbreek
Octavoscene Pty Ltd verskaf landswyd gespesialiseerde Dieregesondheids advies aan voerkrale, melkerye en diereproduksie-boerderye. Hulle verskaf ook bekostigbare
dieregesondheidsprogramme met die produkte aan hul kliënte. Daar is op die oomblik 'n groot Knopvelsiekte uitbraak in die Swartland en boere word
aanbeveel om hulle beeste daarteen te ent. "Die siekte veroorsaak groot verliese. Ons lê voor die lente en dit is 'n baie nat jaar vanjaar, Bloutong gaan die somer 'n groot probleem
wees, en skape moet voor die dekseisoen ingeënt word. Maak seker die inentings is gedoen voor strooptyd.Kontak Octavoscene vandag by 022 482 2467 met navrae.
Na twee bevestigde gevalle van hondsdolheid in Kaapstad wil Dr NJ Heyns van Groenkloof graag meer inligting oor hierdie gevreesde siekte gee: ‘n Diagnose wat geweldig moeilik is om aan honde of kat liefhebbers oor te dra is hondsdolheid (Rabies). Die rede hiervoor is dat sodra hierdie siekte gediagnoseer word is die
dood van daardie dier onvermydelik. Hondsdolheid is 'n geweldige ernstige virussiekte wat voorkom by soogdiere en deur die sentrale senuweestelsel versprei. Hondsdolheid is 'n ‘zoönotiese siekte’ wat beteken dat oordrag kan plaasvind van dier na mens. Dit word deur die speeksel van die besmette dier of gasheer
oorgedra. 'n Byt deur die gasheer-dier is die mees waarskynlike en algemene manier vir 'n dier of mens om hondsdolheid te kry. Hierdie besmette speeksel beweeg deur die senuwees en rugmurg na die brein. Kontak met die oë, neus of mond kan ook tegnies die virus oordra, maar hierdie gevalle is skaars. Hondsdolheid word gekenmerk deur drie stadiums van infeksie, breedweg beskryf as die inkubasietydperk, die prodromale tydperk en die akute neurologiese tydperk. Afhangend van die spesie, inkubeer die virus in die liggaam vir weke tot maande, sonder simptome. Wanneer simptome wel verskyn kan mens oplet na die volgende tekens ;‘n dier sal geneig wees om die teenoorgestelde van normale gedrag te toon. Byvoorbeeld, `n vredeliewende hond kan aggressief word en `n aggressiewe hond kan stil en slaperig word. Daar is egter nie slegs een spesifieke reaksie op hondsdolheid nie, ander tekens om voor op te let is die onvermoë om te sluk en erge speekselvloei. Sodra die brein deur hondsdolheid besmet is, versprei die virus na die speekselkliere en verskyn die simptome van hondsdolheid. Die virus, ook bekend as die lyssavirus, beweeg
dan verder deur die netwerk van senuweeselle. Simptome vererger progressief soos die virus geleidelik die brein en sentrale senuweestelsel binnedring. Aangesien die inkubasie periode so lank kan neem kan jy onder geen omstandighede wag vir tekens van die siekte om te verskyn nie. Onmiddellike behandeling is noodsaaklik sodra jy gebyt of gekrap word deur 'n dier wat vermoedelik hondsdolheid het. Belangrik om ook in ag te neem is dat daar n wanpersepsie is dat hondsdolheid geneig is om by honde veel meer algemeen te wees as by ander diere. Katte het gewoonlik ‘n hoër blootstellings moontlikheid. Daar is egter die mening dat katte dikwels onder-gediagnoseer word en dat hierdie getalle nie altyd beskikbaar is nie. Onthou, sodra hondsdolheid simptome begin verskyn, is die infeksie altyd noodlottig. Die enigste voorkomende behandeling is inenting.
Dr NJ Heyns van Groenkloof gee raad oor hondsdolheid
Kontak gerus Groenkloof Dierekliniek indien u verdere inligting benodig. Groenkloof Malmesbury 022 4871157 Groenkloof Riebeek 082 089 1234 Groenkloof Piketberg 071 590 8064
Statistieke van Swartland Veeboereveiling van 2020 GWK het op 17 September 2020 die 35ste Swartland Veeboereveiling op die plaas Bossiesvlei, Moorreesburg aangebied met 'n omset van R3 048 000.00.
‘n Nuwe SA Rekordprys van R480 000 is vir ‘n Hereford-bul behaal. Lodewyk Fourie van Schweizer-Reneke het Babilon aangekoop. Hierdie bul was deel van Lot 4, WDW 170083.
SWARTLAND LENTEVEILING
Baie geluk aan die verkopers en kopers met ‘n baie goeie veiling.
Riaan Myburgh (OVK), Ters Marais (afslaer), Dean Smit (vashouer), Stephanus du Toit (verkoper).
Nuus • News GELUKWENSING Congratulations
TYRON ROEMS – 23 Augustus - Geluk met jou 3de verjaarsdag woelwater. Mag daar nog vele jare wees. Liefde – Mammie, Ouma, Oupa, Gilly en Fredeline
Baie geluk antie MARLENE met u geboortedag vieringe op 27 Augustus. Nog ‘n jaar ouer, mag God u ryklik seën. Van: Chantal en familie
LENA MARCELLI - Baie geluk buurvrou met jou verjaardag op 24 Augustus. Geseënde dag. Baie liefde Lallas
24 Augustus - SARAH APRIL - Baie geluk sus met jou 50ste verjaarsdag. Alle seënwense. Liefde – Gina, Ste, Burt en Elias Baie geluk Atta met die groot 50! – Lief vir jou – Donavan, Stasha, Adelaide en Adonise
25 Augustus 2021
11
12
Nuus • News
25 Augustus 2021
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 83 • 25 Augustus 2021
SPORTUITSLAE • RESULTS
Wedvlugduiwe
Eudrich Huysamen van Malmesbury is onlangs as die 300cc-klubkampioen van die Swartland Oval Karting-klub gekroon. Hy is ook aangewys as die Junior Sportman van die Jaar. Hy het daarna aan die Formule V op Killarney-renbaan deelgeneem en het as die jongste drywer die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel. Eudrich is 'n graad 9-leerder aan die Hoërskool Swartland.
MALMESBURY POSDUIF VERENIGING Bloemfontein Ope 1 – 21 Augustus 1 LF van Dalen 1248.7392; 2 Kotze Familie Hokke 1120.3137; 3 J.A. Lombaard Jnr 1088.4710; 4 Kotze Familie Hokke 1086.5643; 5 Bordeaux A 1077.6726; 6 G Williams 1075.9580; 7 J.A. Lombaard Jnr 1075.7527; 8 J Steenkamp 1053.3856; 9 Kotze Familie Hokke 1052.5994; 10 J Steenkamp 1051.4818; 11 Bordeaux A 1049.1350; 12 Limbardi 1048.8600; 13 J Steenkamp 1048.5101; 14 J Steenkamp 1046.0251; 15 J Steenkamp 1045.3204; 16 J Steenkamp 1045.2350; 17 Kotze Familie Hokke 1041.4058; 18 J.A. Lombaard Jnr 1039.1134; 19 Limbardi 1038.0784; 20 Lewisham Lofts 1036.9516 Bloemfontein Ope 2 1 Lewisham Lofts 1244.7440; 2 J Steenkamp 1244.5052; 3 Team Neo Vision 1230.4392; 4 Kotze Familie Hokke 1218.6780; 5 J.A. Lombaard Jnr 1113.9975; 6 Lewisham Lofts 1097.3657; 7 G Williams 1096.1113; 8 J Steenkamp 1087.8084; 9 Team Neo Vision 1080.9105; 10 Limbardi 1079.6755; 11 Kotze Familie Hokke 1068.8324; 12 Lewisham Lofts 1065.1134; 13 Lewisham Lofts 1064.3504; 14 J Steenkamp 1053.3206; 15 G Williams 1052.9909; 16 J Steenkamp 1049.2837; 17 Bordeaux A 1049.1563; 18 Limbardi 1043.5876; 19 J.A. Lombaard Jnr 1042.4185; 20 Lewisham Lofts 1038.7951 MOORREESBURG Bloemfontein - Ope 1 1 Charles & John 06:48:00; 2 Cloete Hokke 07:31:14; 3 Henna & Melt Smit 07:46:16; 4 Charles & John 08:06:57; 5 Singleton Hokke 08:12:28; 6 Charles & John 08:15:58; 7 KB en Seun 08:24:43; 8 Charles & John 08:26:34; 9 Frikkie Bester 08:35:42; 10 Charles & John 08:38:31; 11 Charles & John 08:39:03; 12 Charles & John 08:40:08; 13 Yt & Tuis 08:41:33; 14 Frikkie Bester 08:44:34; 15 Charles & John 08:47:15; 16 Charles & John 08:47:21; 17 Singleton Hokke 08:49:16; 18 Yt & Tuis 08:52:21; 19 Frikkie Bester 08:59:05; 20 Henna & Melt Smit 08:59:25 Ope 2 1 Cloete Hokke 07:19:24; 2 Charles & John
07:44:05; 3 Charles & John 07:51:35; 4 Frikkie Bester 07:55:29; 5 KB en Seun 08:00:45; 6 Frikkie Bester 08:12:31; 7 Singleton Hokke 08:17:51; 8 MBA Lofts 08:42:29; 9 Henna & Melt Smit 08:26:24; 10 KB en Seun 08:26:44; 11 Henna & Melt Smit 08:38:16; 12 Charles & John 08:39:03; 13 Henna & Melt Smit 08:39:30; 14 Frikkie Bester 08:41:39; 15 Singleton Hokke 08:43:51; 16 Singleton Hokke 08:44:11; 17 Charles & John 09:01:53; 18 Singleton Hokke 09:04:05; 19 Boetie & Baron Hokke 09:33:46; 20 Boetie & Baron Hokke 09:37:28 RIEBEEK VAKLLEY Hopetown Board – 21 Augustus 1 Mentoor Hokke 16.06.05; 2 Kuiler Hokke 16.11.53; 3 Daniels Hokke 16.21.07; 4 Mentoor Hokke 16.28.59; 5 Mentoor Hokke 16.54.25; 6 Daniels Hokke 16.55.07; 7 MJ Hokke 16.55.37; 8 Alex Family Loft 17.04.12; 9 Alex Family Loft 17.06.11; 10 Daniels Hokke 17.05.00; 11 Dawid Loft 17.20.56; 12 Alex Family Loft 17.21.17; 13 Alex Family Loft 17.23.01; 14 MJ Hokke 17.30.25; 15 Pigeons Nest 42 17.32.29; 16 James Hokke 17.34.20; 17 Daniels Hokke 17.49.57; 18 Daniels Hokke 17.56.07; 19 Alex Family Loft 18.00.21; 20 Abrahams Hokke 17.58.13 Strydenburg – 15 Augustus 1 MJ Hokke 13.40.01; 2 MJ Hokke 13.47.02; 3 Daniels Hokke 13.57.14; 4 Mentoor Hokke 13.57.34; 5 Mentoor Hokke 14.01.11; 6 Daniels Hokke 14.07.25; 7 Pigeons Nest 42 14.12.34; 8 Kuiler Hokke 14.12.13; 10 James hokke 14.13.03; 11 Daniels Hokke 14.15.56; 12 Kuiler Hokke 14.18.18; 13 Kuiler Hokke 14.18.35; 14 Abrahams Hokke 14.20.48; 15 Alex Family Loft 14.23.54; 16 Mentoor Hokke 14.36.47; 17 Alex Family Loft 14.38.23; 18 Daniels Hokke 14.40.11; 19 MJ Hokke 14.41.32; 20 Alex Family Loft 14.43.00 14:12:26; 15 Kasu Family 14:14:47