Nuus • News
Gratis • Free
18 Augustus 2021
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 82
18 Augustus 2021
Kelder klink 'n glasie Die voorloper van die Riebeek Valley Wine Co, Die Van Riebeek Wynboere Kooperatiewe Maatskappy Ltd, later ook bekend as Riebeek Cellars, het op 12 Augustus hul 80ste bestaan gevier. Die maatskappy is op 12 Augustus 1940 gestig deur nege wynboere van die omgewing, met Jakob Stephanus Naudé Bruwer en later met PJ Venter aan die stuur van sake. Die eerste algemene jaarvergadering is op 9 Desember 1942 gehou en gedurende Oktober van 1943 is die stoor vergroot om sowat 1.5 miljoen liter wyn te kan berg. Foto: FB - Riebeek Cellars Collection
1
2
18 Augustus 2021
•HAAR HART KLOP WARM VIR SWARTLANDERS EN HUL UITDAGINGS
Nuus • News
Booysen vir talle 'n kampvegter Amber Booysen het reeds vanaf 12-jarige ouderdom ‘n passie gehad om van diens te wees aan ander. Sy het as jongeling aangesluit by die ‘Girl Guides’ en eerbiedig vandag nog die eed wat sy toe afgelê het. As boorling van Malmesbury, is Amber bekend onder die inwoners, grotendeels weens die onbaatsugtige opoffering van haar tyd om probleme in die gemeenskap, asook geregtelike kwessies, op te los. Amber noem dat sy gebore is om ‘n aktivis en spreekbuis vir ander te wees. Sy het reeds vanaf haar tienerjare ‘n belangstelling gehad in menseregte en het daarvan gehou om regsnavorsing te doen. Sy het Malmesbury op 19-jarige ouderdom verlaat toe sy by Metrorail in Kaapstad begin werk het. Sonder matriek was die uitdagings groot, maar sy het nie toegelaat dat dit haar onderkry nie. Sy is trots op die feit dat die kennis en ondervinding wat sy met ander deel toegeskryf kan word aan toewyding, asook die magdom ure wat sy alleen moes deurbring in biblioteke en argiewe om navorsing te doen. Alles het egter in 1999 begin, toe sy deur haar ouers en familie gevra was om hulle te help
met aansoeke, aangaande grondeise, wat hulle destyds moes inhandig. Vir drie jaar het Amber navorsing gedoen oor die uitleg van Malmesbury, voordat eise fisies ingedien was. Vyf jaar later het sy presies geweet hoe om elke regsdokument te lees, asook op te stel. In 2005 het sy haar terug in Malmesbury bevind, nadat dit onder haar aandag gebring was dat 90 pensionarisse, nie hulle Sassa uitbetalings ontvang het nie, en sodoende nie hul rekeninge kon betaal. Dít het haar bewus gemaak van hoe groot die behoefte in die plaaslike gemeenskap was om mense by te staan asook te bemagtig, wanneer dit by hulle regte kom. Alhoewel sy toe nog in Kaapstad gebly het, het sy gereeld advies verleen aan mense van Malmesbury en het sy hulle dikwels op die treinstasie in Kaapstad ontmoet. In 2018 was daar egter ‘n keerpunt in Amber se lewe, nadat ‘n beroep op haar gedoen was om ondersoek in te stel oor die heffing van plaaslike nutsdienste. Sy het vir drie weke aan hierdie ondersoek gewerk en het daarna, nie weer teruggegaan Kaapstad toe nie. Van daar, het die liefde en passie om haar gemeenskap te dien, net gegroei en met haar
spontaniteit en sterk persoonlikheid, is dit ‘n wen kombinasie. Sy het destyds ook ‘n organisasie, die Swartland Aksie Groep, gestig wat daarop fokus om swak dienslewering en ander plaaslike ongeruimdhede op te volg en aan te spreek. Hierdie organisasie is ‘n spreekbuis vir baie, veral dié uit voorheen benadeelde gemeenskappe, maar sy noem dat almal welkom is om haar te nader vir hulp. Amber het oor die afgelope 10 jaar baie goeie verhoudings met plaaslike owerhede, asook rolspelers van verskillende politieke partye opgebou. Sy noem dat die prentjie en wanopvatting wat mense het dat sy met plaaslike owerhede baklei, heeltemal verkeerd en buitensporig is. Met ‘n glimlag vra sy of dit dan logies sou wees om met mense te baklei, as jy ‘n oplossing soek of graag wil hê dat hulle jou tegemoet moet kom. Haar benadering is dat niks deur ‘n bakleiery opgelos sal word nie. Dit is ooglopend dat haar aktivisme werk oor die afgelope tien jaar uiteindelik begin vrugte afwerp. Amber is ‘n aktiewe lid van die CapeXit Groep wat daarna strewe om die Wes-Kaap onafhanklik te verklaar. Sy is onlangs deur haar mentor genader asook aangemoedig om die politieke wêreld te betree. Sodoende het sy vir drie maande met ‘n politieke party se leier ontmoet en onderhandel. Amber is as lid opgeteken en ‘n tak van die Vryheidsfront Plus is onlangs hier op Malmesbury geopen. Die Swartland Aksie Groep sal egter nie ontbind nie, en sal nog steeds aktief in die gemeenskap betrokke wees. Sy noem dat dit nog altyd vir haar gegaan het oor die bediening van die gemeenskap en dus was dit vir haar belangrik om by ‘n politieke party aan te sluit wat fokus op 70% selfbeskikking en 30% politiek.
‘n Besige en uitdagende pad lê vir Amber Booysen voor, nié dat dit nog nooit was nie. Daarom gee sy ook erkenning aan al haar aktiviste, wat verskriklik hard werk en haar daagliks ondersteun. Asook die gemeenskap wat gereeld bydraes en hulp verleen. Sy sluit af deur te noem dat sy altyd sal glo in regverdigheid en die feit dat elkeen ‘n plekkie in die son verdien en terwyl sy haar passie kan uitleef deur haar gemeenskap te dien, is sy geseënd. Vir enige navrae kan mense Amber kontak by 071 445 2121 en e-posse kan gerig word aan: Swartlandaksiegroep@outlook.com.
Nuus • News
18 Augustus 2021
•SUSTERS 'N GEDUGTE SPAN
‘n Klein begin met groot potensiaal
Theresa Beukes en Elizabeth Goemas het hul eie klein besigheid begin. Dit het begin met ‘n gedagte, maar toe die twee susters uiteindelik hulle koppe bymekaar sit, het dit ‘n werklikheid geword. So vertel Theresa Beukes, nadat sy lank geworstel het met die idee om ‘n besigheid te begin. Aangesien haar suster, Elizabeth Goemas, 30 jaar se ondervinding in die kleremaakbedryf het, was dit vir haar logies om op iets soortgelyks te fokus. En dit is hoe die twee susters uiteindelik begin het om skoolklere te maak. Die besigheid, bekend as ’Kleinbegin’, het in November 2020 die lig gesien. Aan die begin was dit maar stresvol, aangesien nie een van hulle twee enige besigheidsondervinding gehad het nie. Dit was egter ‘n nuwe uitdaging, waarvoor hul kans gesien het en was dus bereid om te leer. Elizabeth (Libba) noem dat dit ook ‘n seën is dat hulle twee mekaar so goed aanvul. Terwyl Theresa fokus op bemarking, fokus sy op die produksie, en elke dag leer hulle iets nuuts by mekaar.
Die susters spreek ook dankbaarheid uit oor die merkwaardige groep mense wat vir hulle werk. Tans word skoolklere gemaak op aanvraag deur ouers en sluit dit meeste van die plaaslike skole in, maar hulle het ook onlangs ‘n kontrak los geslaan met ‘n skool in Darling. Die dames is trots wanneer met verwysing na skoolklere dit alles vanaf rokke, sweetpakke, blazers tot en met reënbaadjies insluit. En alhoewel skoolklere hulle primêre fokus is, is hul nie tot dit gebonde, en het hulle reeds vir ‘n hele paar plaaslike besighede items gemaak. Elizabeth noem dat kwaliteit vir hulle uiters belangrik is, sowel as bekostigbaarheid. Die doel is om kliënte tegemoet te kom, veral gedurende hierdie uiters moeilike ekonomiese tydperk. Daar is nog baie ruimte vir groei, maar vir eers vat hulle dit net een tree op ‘n slag. Vir enige navrae kan hulle vir Theresa Beukes of Elizabeth Goemas onderskeidelik kontak by 073 140 0440 of 074 658 5155.
3
4
Nuus • News
18 Augustus 2021
Motorists with expired vehicle discs and driving licences are warned that the grace period for renewals stops at the end of August. And, the Automobile Association (AA) warns, government has indicated that no further extensions will be considered, putting even more pressure on motorists who haven't yet renewed these documents. But, says the AA, while time is up for motorists to renew these documents, time is also up for government to fix the renewal system. It again calls on government to find lasting solutions to the renewal problems, noting that the failure of people to renew these documents is mainly due to the broken system they are forced to use, instead of their unwillingness to do so. The extensions that end on 31 August cover two periods. The first extension covers the period from 26 March to 31 May 2021 and covers the following documents which expired during that time: Vehicle licence discs Temporary permits Roadworthy certificates. The second extension covers the period 26 March 2020 to 31 December 2020 and covers the following documents which expired during that time: Learner’s licences Driver’s licences Professional Driving Permits The AA says that despite the grace periods granted for the renewal of licences and discs, many people have failed to renew these documents, through no fault of their own. “Government acknowledges that there are problems at the Driving Licence Testing Centres (DLTCs) which renew these documents. Yet, de-
Time's up for Brotherhood sien om na renewals Malmesbury-veiligheid spite this, no further extensions will be considered, meaning people are at the mercy of a broken system. These problems persist and will continue to persist until government takes a bold decision to replace ‘not repair or revamp’ the current IT systems along with increased human resources at DTLCs,” says the AA. The AA notes that even though people have a willingness to renew their licences or discs, many are faced with excessively long queues caused by reduced staff at DLTCs, who often work with limited resources. “We have received many emails and calls from the public complaining that computers, printers and eye machines are not working at the DLTCs. Reduced staff numbers makes the situation worse. In Gauteng the inability of many to access booking slots via the online booking system exacerbates their frustration,” says the AA. The Association says the inability of many to renew their documents will, sadly, force many to drive with expired and invalid discs and licences because they don’t have choice. “People need to be mobile for a number of reasons ‘work, children, emergencies. If people can’t renew their documents because the system isn’t working, they will not stop using their vehicles, they’ll use them with invalid documents. It’s as simple as that. “We have said time and again that the current operations of the DLTCs need to be expanded, that the private sector must be roped in to assist, and that all current system across the country must be replaced. Failure to implement even one of these recommendations will result in continued poor service delivery to the motoring public,” concludes the AA.
Die Brotherhood-buurtwag sien om na Malmesbury se veiligheid. Die Brotherhood-buurtwag op Malmesbury is een sekuriteitsmaatskappy en ander buurtwagte van die eerste oorde na wie persone in 'n penarie asook die gemeenskap, saam gewerk om 68 ontsnapte gevangenes binne 48 uur weer veilig hul wend as hulle die slagoffers van misdaad is. Hierdie buurtwag het 'n nederige ontstaan agter tralies te sit. Dit was vir ons 'n groot eer en gehad en die drie aanvanklike lede het voorreg om so te kon omsien na die veiligheid van gegroei na 'n groot groep wat hulle bywer vir Malmesbury en sy mense." Volgens Allie poog Brotherhood om gesinne misdaadvoorkoming op dié Swartlandse dorp. "Ons is gewone mense met 'n passie vir in nood te help, om verlore kinders by hul ouers misdaadvoorkoming. Daar was 'n toename in terug te besorg en om hawelose mense 'n "warm die misdaadsyfers van die dorp en ons kon nie kossie" te kan gee. Hierdie is net 'n paar van die net terugsit en sien hoe dit gebeur en groei nie," aspekte wat hulle aanraak. Volgens hom is die buurtwag afhanklik van die vertel Manie Allie, oftewel Manie 006, soos hy in hulp en ondersteuning van die gemeenskap. die gemeenskap bekend staan. "Indien jy enige ongerymdhede opmerk, meld Om die inwoners van Malmesbury en ook die plaaslike polisiekantoor by te staan, is nie aldag dit dadelik aan. Ons het ook altyd skenkings vir die 'n maklike taak nie en die buurtwag het talle buurtwag se liefdadigheidsprojek nodig en ons as buurtwag self het die finansiële ondersteuning uitdagings wat hulle daagliks in die gesig staar. Een van die grootste struikelblokke, is vervoer. van ons gemeenskap broodnodig." Brotherhood is 'n vrywillige organisasie wat "Met die petrolprys wat so hoog is, is dit baie moeilik vir ons om daagliks patrollie te kan bestaan uit mense van Malmesbury, vir die mense doen," vertel hy. Volgens Allie is die veiligheid van van Malmesbury. Indien jy 'n helpende hand wil uitreik, kontak die dorp en sy mense vir Brotherhood geweldig belangrik. Die buurtwag beskik ook oor 'n enige van die volgende bestuurslede: Moegamat van Schalkwyk (voorsitter) - 061 liefdadigheidskomponent waar hulle omsien na 466 1687, Morne Daniëls (onder-voorsitter) - 073 behoeftige persone se pleidooie. Die buurtwag werk hand aan hand met 213 3477 Abduraghman Allie (media-beampte) - 083 die Malmesbury-polisiediens, so ook die MPS-sekuriteitsmaatskappy, asook die breër 559 3792 of Christolene Filander (sekretaresse) - 074 090 gemeenskap en hulle het talle suksesse ervaar, maar een hiervan staan kop en skouers uit bo die 2971. Raak deel van die WhatsApp-groep of die res. "Op Vrydag 24 Julie 2020, toe die groot Facebook-blad, as jy meer wil weet van die ontsnapping vanuit die Malmesbury-gevangenis veiligheid van Malmesbury en Brotherhood se plaasgevind het, het ons, saam met die polisie, werksaamhede.
Nuus • News
18 Augustus 2021
5
Die voorloper van die Riebeek Valley Wine Co, Die Van Riebeek Wynboere Kooperatiewe Maatskappy Ltd, later ook bekend as Riebeek Cellars, het op 12 Augustus hul 80ste bestaan gevier. Die maatskappy is op 12 Augustus 1940 gestig deur nege wynboere van die omgewing, met Jakob Stephanus Naudé Bruwer en later met PJ Venter aan die stuur van sake. Die eerste algemene jaarvergadering is op 9 Desember 1942 gehou en gedurende Oktober van 1943 is die stoor vergroot om sowat 1.5 miljoen liter wyn te kan berg. Foto: FB - Riebeek Cellars Collection
Riebeek Valley Wine Co vier 80 jaar
G
een besoek aan die Riebeekvallei is voltooi sonder ’n stop by die Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium in Shortstraat, Riebeek-Kasteel, nie. Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium bied aan besoekers ’n uitgesoekte keuse van handgemaakte Swart-landwyne uit hul kern- en uitgesoekte reekse. Gestig in 1941 deur familieboere van die Riebeekvallei, is Rie-beek Valley Wine Co ’n familiebesigheid wat fokus op gehaltewyne met ’n sin van plek. Jy sal ook plaaslike Riebeekvallei-olyfprodukte, vlytbier, jene-wer en vele meer hier kry. As die perfekte metgesel vir ’n glas wyn, kan jy jou eie kaas- en olyfbord bou met hul keuse van plaaslik vervaardigde kaas, olywe en kouevleise. Op die eerste Sondag van elke maand word jy genooi om saam met hul wynma-ker jou eie versnit te skep tydens die Wine Blendingsessie. Byna al die wyne uit die kelder is ver-snitte Z sommige is van verskillende vate, wingerde of blokke van ’n enkelvariëteit, terwyl
Jy kan ’n Wine Blending-sessie by Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium in Riebeek-Kasteel gaan geniet. Foto: Verskaf
ander ’n mengsel van verskillende variëteite is. Die kuns van ’n goeie versnit is om individuele dele te neem en die somtotaal beter as die individuele dele te maak. Besoek Riebeek Valley Wine Co en ervaar ware Swartlandgasvryheid. Hulle is normaalweg oop Maandag tot Donderdag vanaf
09:00 tot 17:00, Vrydag van 10:00 tot 18:00, Saterdag van 10:00 tot 16:00 en Son-dag vanaf 10:00 tot 15:00.
Besprekings is noodsaaklik. Stuur gerus e-pos na tastingroom@riebeekwineco.co.za om jou tafel te bespreek.
6
Nuus • News
18 Augustus 2021
Stand van die damme in die Wes-Kaap Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, is nou 89.7% vol. Foto: Samuel Walters
Die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk se gemiddelde damvlakke staan op 98.1% met reën wat voorspel word vir hierdie week, asook volgende week. Dit is 'n styging van 0.4% vanaf verlede week. Die totale gemiddelde waterverbruik vir hierdie gebied, is 756 megaliter per dag. Die Bergrivierdam was Maandagmiddag 100.2% vol in vergelyking met verlede week se 100.9%. Gedurende die droogte van 2017 was die dam op dieselfde tydstip 49.9% vol.
Die Laer-Steenbras se vlak staan nou op 90.5% in vergelyking met verlede week se 89% en 2017 se 28.8%. Die Theewaterskloofdam, met 'n kapasiteit van 480 188 megaliter, is nou 101.8% vol. Dit is 'n styging van 0.2% sedert verlede week. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, is nou 89.7% vol in vergelyking met verlede week se 87.7% en 2017 se 22.6%.
Swartland Weer
Bron: www.capetown.gov.za
Woensdag, 18 Augustus 2021 - Dinsdag, 24 Augustus 2021
08/16 Gedeeltelik bewolk met 'n 80% kans op reën
05/15 04/17 05/17 Gedeeltelik bewolk
Gedeeltelik bewolk
Gedeeltelik bewolk
08/18 09/18 08/18 Gedeeltelik bewolk
Lieflike sonskyn dag
Gedeeltelik bewolk
Middelpos programme receives funding Garth Fransman 076 125 1186 gfransman@pytbyte.co.za
Chief Director, Hlami Ngwenya Middelpos Project Manager Ingrid Lestrade Minister Meyer and Executive Mayor Tijen van Essen With much excitement, the Greenhands Community Food Garden project in Stompneus Bay on the West Coast and Middelpos Farm near Malmesbury received the news that the Western Cape Government will be funding their respective projects in this current financial year. Petronella Ponie of the Greenhands Community Food Garden Project says that the project will provide Stompneus Bay with an affordable, nutritious and sustainable food source. Ponie says: “It has been hard work to get the garden established. Our volunteers are mostly women. They have been fantastic. Through their hard work, we have been able to plant our first vegetables and take the first step towards food security.” Minister Meyer, who handed over seedlings, and gardening equipment to the project, said: “This partnership between the Western Cape Government and the community of Stompneus Bay improves access to nutritious food and improved food security. In addition, the Greenhands Community Food Garden Project will provide a sustainable source of food to the community.” The grant funding provides for irrigation, fencing, water tanks, garden tools and production inputs such as seedlings, fertilizer compost and a container for storage purposes. The Middelpos Farm is 60ha in size and has 13 families who are the direct beneficiaries of the produce on this farm. Current farming activities include olives, Shiraz grapes, vegetables, agro-processing, and other arts and crafts aimed at project sustainability and skills transfer. Grant funding from the Western Cape Department of Agriculture allows for establishing an agro-processing plant, improved mechanization and production inputs for vegetables. “Ultimately, both these projects are about providing sustainable livelihoods and dignity through agriculture to the participants,” says Meyer.
Nuus • News GELUKWENSING Congratulations
19 Augustus - MARCO JUAN, baie geluk met jou 11de verjaarsdag. Baie liefde Pappa, Mamma en Boeta. Happy Birthday ons skat geniet jou verjaarsdag. Baie lief jou. Tannie Karin & Chrizaan. Baie geluk MJ. Mooi jaar. Liefde – Lientjie Baie geluk ons Skattebol - Oom Johan en Tannie Deadrè
18 Augustus 2021
20 Augustus - Baie geluk met Mammie se 60ste verjaarsdag. Mag mammie ‘n “gatskop” dag hê. Van: u seuns Skap & Baps
Happy birthday to our babygirl CASEY. May God bless you with good health and wealth, may your future be filled with success and happiness. Keep on making us proud and stay humble, we love you. From: your George Family - Yolanda, Cyril, Chesnay, Carmen, Chante, Fernando, Leroy and lil Noah
Happy 5th birthday ZAYLEIGH on 17 August – Mommy and Dadda loves you very much
Happy 30th birthday CARMEN. May God bless u abundantly. We pray for happiness
MEMORIUM In Memoriam
and success over your life, May you always remain that humble person. We are very proud of you and love you, from your George Family - Yolanda, Cyril, Chesnay, Casey, Chante, Fernando, Leroy and lil Noah
Baie geluk oom KOSIE met u verjaarsdag op 18 Augustus en ook baie geluk met julle huweliksherdenking op 18 Augustus. Mag God ryklik die verjaardag en ook die huwelik seën. Van: Samson- en Papier familie
Geluk COBY met jou verjaarsdag op 20 Augustus. Mag jy ‘n wonderlike en geseënde dag hê. Van: dier personeel by die die Visfabriek
MARIE JOAN ROEMS – 11 Augustus - Ma vier u 80ste verjaardag in die hemel. Ons stuur klomp liefde en drukkies al is dit met soveel hartseer en verlange in ons harte. Baie liefde – Jacob, Nan, Michaela, Jayden en DeLeagan Ons wou groot makietie hou, maar die Here het anders besluit. Ons mis Ma, maar Koester die mooi herinneringe. Liefde – Tilla, Christie, Jean, Jacques, Chriswill, Chriszaan en Dévone Ons harte is seer, maar on sweet Ma is
deel van Liewe Jesus se blomtuin. Ons stuur bosse blomme en baie drukkies en liefde op u verjaardag. Baie verlange – Sandra, Rodney, Moneeb, Marco, Jacques, Nastasha en agterkleinkinders
7
8
Nuus • News
18 Augustus 2021
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 82 • 18 Augustus 2021
SPORTUITSLAE • RESULTS
Wedvlugduiwe
MALMESBURY POSDUIF VERENIGING Leeu Gamka Jo 3 – 15 Augustus 2021 1 Marais Hokke (Ksd) 1511.1065; 2 G Williams 1497.6309; 3 J.A. Lombaard Jnr 1494.5601; 4 J.A. Lombaard Jnr 1493.7607; 5 J.A. Lombaard Jnr 1493.3043; 6 Limbardi 1493.1903; 7 J Steenkamp 1493.0481; 8 Bordeaux A 1492.0230; 9 Kotze Familie Hokke 1488.5497; 10 Team Neo Vision 1485.9079; 11 J Steenkamp 1481.3615; 12 Bordeaux A 1476.5075; 13 Team Neo Vision 1473.3833; 14 Marais Hokke (Ksd) 1473.3496; 15 J Steenkamp 1472.5134; 16 LF van Dalen 1470.4149; 17 G Williams 1468.9816; 18 Kotze Familie Hokke 1467.5792; 19 Limbardi 1457.7839; 20 Bordeaux A 1457.7550 Leeu Gamka Ope 3 1 Kotze Familie Hokke 1503.3480; 2 Kotze Familie Hokke 1503.2275; 3 Team Neo Vision 1501.6274; 4 Team Neo Vision 1501.1498; 5 Marais Hokke (Ksd) 1500.8260; 6 Marais Hokke (Ksd) 1500.5858; 7 J Steenkamp 1497.1043; 8 Bordeaux A 1494.0000; 9 Bordeaux A 1493.7671; 10 Bordeaux A 1491.2105; 11 Marais Hokke (Ksd) 1483.6079; 12 J Steenkamp 1483.2378; 13 Kotze Familie Hokke 1482.3130; 14 Marais Hokke (Ksd) 1482.2006; 15 Marais Hokke (Ksd) 1479.7443; 16 G Williams 1478.6032; 17 G Williams 1478.2533; 18 Marais Hokke (Ksd) 1477.0634; 19 Limbardi 1476.8349; 20 Limbardi 1476.8349
Tennisster:
Aiden Cupido van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het die afgelope naweek deelgeneem aan die Cavaliers Sportsmans Warehouses-tennistoernooi en het die eerste plek in die seuns o.16-afdeling behaal.
MOORREESBURG Leeu Gamka JO 3 – 15 Augustus 1 Frikkie Bester 12:33:01; 2 Cloete Hokke 12:57:25; 3 Henna & Melt Smit 12:40:16; 4 Henna & Melt Smit 12:40:19; 5 Henna & Melt
Smit 12:40:22; 6 Singleton Hokke 12:41:26; 7 Frikkie Bester 12:42:18; 8 Charles & John12:42:54; 9 Boetie & Baron Hokke 13:07:45; 10 Boetie & Baron Hokke 13:08:43; 11 Frikkie Bester 12:48:04; 12 Singleton Hokke 12:49:09; 13 Singleton Hokke 12:49:20; 14 Singleton Hokke 12:50:17; 15 Henna & Melt Smit 12:50:52; 16 Johan V Aswegen 12:54:53; 17 Cloete Hokke 13:17:19; 18 Charles & John 12:55:58; 19 Henna & Melt Smit 12:57:33; 20 Cloete Hokke 13:19:58 Ope 1 Frikkie Bester 12:33:01; 2 Cloete Hokke 12:57:25; 3 Henna & Melt Smit 12:40:16; 4 Henna & Melt Smit 12:40:19; 5 Henna & Melt Smit 12:40:22; 6 Singleton Hokke 12:41:26; 7 Frikkie Bester 12:42:18; 8 Charles & John 12:42:54; 9 Boetie & Baron Hokke 13:07:45; 10 Boetie & Baron Hokke 13:08:43; 11 Frikkie Bester 12:48:04; 12 Singleton Hokke 12:49:09; 13 Singleton Hokke 12:49:20; 14 Singleton Hokke 12:50:17; 15 Henna & Melt Smit 12:50:52; 16 Johan V Aswegen 12:54:53; 17 Cloete Hokke 13:17:19; 18 Charles & John 12:55:58; 19 Henna & Melt Smit 12:57:33; 20 Cloete Hokke 13:19:58 OMEGA Strydenburg Board Comb – 15 Augustus 1 Manuel Lofts 13:36:05; 2 Team Neo Vision 13:38:13; 3 Leukes &Garth Loft 13:57:34; 4 Leukes &Garth Loft 13:57:34; 5 Manuel Lofts 13:59:08; 6 Kasu Family 14:00:59; 7 Manuel Lofts 14:02:23; 8 Kasu Family 14:04:28; 9 S Zimiri 14:05:32; 10 Shane Arendse 14:06:01; 11 Leukes &Garth Loft 14:04:54; 12 Manuel Lofts 14:08:59; 13 Team Neo Vision 14:09:29; 14 Sheldon Bros 14:12:26; 15 Kasu Family 14:14:47