Mossie Mostert: 'n Seder val Bladsy 3




Flying Eagles klop Voorberg
Bladsy 6

Cobus Edas: Swartlander eerste in tydren Bladsy 3








Berg: 50th finish on horizon for Malherbe Bladsy 8











Mossie Mostert: 'n Seder val Bladsy 3
Flying Eagles klop Voorberg
Bladsy 6
Cobus Edas: Swartlander eerste in tydren Bladsy 3
Berg: 50th finish on horizon for Malherbe Bladsy 8
Mossie (Petrus Johannes) Mostert (71), oftewel Oom Mossie, 'n bekende en geliefde persoonlikheid van Malmesbury, is Vrydagaand oorlede.
Oom Mossie het gesterf ure ná 'n motorfiets hom in Voortrekkerweg, naby FNB, getref het.
Volgens sy seun, Jacques, het hulle die aand laat aan begrafnisbriewe gewerk. Jacques het die pad lughawe toe aangepak om familielede te ontmoet en Oom Mossie het bank toe gegaan en sou daarna terugkeer huis toe.
Op pad terug na sy voertuig het die motorfiets hom getref.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie.
Oom Mossie, wat as Petrus Mostert gedoop is, was vir talle 'n skouer, 'n oor, 'n rots.
Hy is in Alexanderbaai gebore, skoolgegaan by HTS Drostdy en het terug gekeer na Alexanderbaai om sy vakleerlingskap te voltooi.
Hy het onder andere vir Yskor gewerk en het vinnig opgang in die mynbedryf gemaak.
Oom Mossie, wat etlike jare by die Doves-groep betrokke was, het in 1999 na die omgewing verhuis toe hy sy vrou aan kanker verloor het.
Hy het toe by die Paarl-tak van Doves aangesluit. Van hier het hy na die Doves-kantoor op Moorreesburg geskuif waar hy die tak bestuur het.
In 2008 het hy na Malmesbury verskuif om hier die tak vir Doves te bestuur. 'n Groot slag het hom getref toe hy in 2012 moes aftree, weens sy ouderdom.
Dit is toe wat hy besluit het om sy eie begrafnisonderneming te open. Hierop was hy trots en in sy kantoor hang daar koerantknipsels van die opening.
So ook van elke jaar se verjaarsdag van die onderneming.
Die deure van Mossie Begrafnisdienste het in Augustus 2012 sy deure op Malmesbury geopen.
As hy in die winkel gesien is, het hy altyd geselsies aangeknoop en altyd uitgevra na ander se welstand.
'n Omgee-mens in murg en been.
Mossie Begrafnisdienste het onder sy bekwame bestuur en leiding in 'n kort tydperk baie uitgebrei, soveel so dat die
onderneming van perseel moes skuif, sodat hulle nog ekstra dienste kon aanbied.
Oom Mossie was nie baie lief vir talle stokperdjies nie, maar was 'n bo-baas braaier met 'n voorliefde vir biltong en sy unieke varknetpotjie.
"Om te braai was sy ontvlugting as dinge swaar op sy hart gedruk het," vertel Jacques.
Volgens Jacques was Oom Mossie se grootste sukses die dag toe hy sy eie onderneming begin het.
"Hy het oor die jare heen onwetend sy eie handelsmerk begin bou. Dit was sy droom om elke kliënt te dien soos hy dit graag wou doen."
Familie was vir hom baie belangrik en as hy mense kon dien en gelukkig maak, was hy tevrede.
Hy het ook sy kleinseun geleer hoe om mense te fop en hulle onverwags skrik te maak - iets wat sy kleinseun daagliks met hom ook gedoen het.
"Hy wou altyd mense laat lag."
'n Staaltjie wat Jacques vertel is die dag toe hulle rugbybal geskop het. Die bal het op Oom Mossie se vinger beland en die vinger agteroor gebuig. Almal was bang dat die vinger gebreek het, maar Oom Mossie het sommer skielik die vinger teruggedruk in sy lit en wou net verder speel.
Oom Mossie het altyd almal dieselfde behandel.
"Hy het Jesus kom uitleef. Jy kon dit sien in sy leefwyse. Sy naam is nie verniet Petrus, wat rots beteken nie."
Oom Mossie se legende sal voortleef deur die diens wat Mossie Begrafnisdienste steeds sal bied.
"Een van my laaste gesprekke met my pa was om te dink aan 'n nuwe slagspreuk. Vir hom was dit maklik - Ons maak kliënte familie. Sy hart was werklik liefde," vertel Jacques.
In die kantoor van Mossie Begrafnisdienste staan die kenmerklike ronde tafel nou bietjie leër.
Hier is families getroos, beplanning gedoen, saam gelag en
saam gehuil. Intussen moet Jacques voortgaan met die onderneming en steeds, onder moeilike emosionele omstandighede, die diens lewer
wat sy pa na gestreef het.
Oom Mossie se diens vind Maandag om 15:00 vanuit die NG Moedergemeente Swartland op Malmesbury plaas.
Ngange Nongogo van Summit Africa het die gehoor toegespreek oor die maatskappy se belegging in die projek
Malmesbury sal in 2024 spog met 'n splinternuwe privaathospitaal, onderskryf deur Crestcare.
Die hospitaal is tans in wording langs die nuwe winkelkompleks wat later vanjaar sy deure sal open.
Die Crestcare Malmesbury Hospitaal sal oor 84 beddens beskik en sal toegerus wees met 'n radiologie-afdeling, vier teaters, 'n apteek, kafeteria, laboratorium en vele meer.
Die hospitaal se beplanning is so uiteengesit, dat daar ruimte gelaat is vir verdere uitbreidings in die toekoms.
Belanghebbendes het Woensdag die ge-
leentheid geniet om die perseel te verken.
Die uitvoerende burgemeester van Swartland Munisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het die ontwikkelaars, beleggers en ander rolspelers bedank vir hul belegging in die Swartland en Malmesbury en hulle verseker dat hulle die beste keuse gemaak het om in die Swartland te belê.
Die infrastruktuur sal in April 2024 oorhandig word en die hospitaal sal na beplanning in Julie 2024 sy deure open. Talle spesialiste sal hier hul spreekkamers huisves. Dit sluit ortopede, uroloë, pediaters, ginekoloë en vele meer in.
Sowat 50 000 mense, waarvan 7000 pasiënte is, word verwag om binne die eerste jaar die hospitaal te besoek.
Uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, en onderburgemeester Anet
Rugby: Cenanto Lakabane van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die o.15 Wes-Kaapspan opgeneem. Die span gaan gedurende Julie aan die DCAS Winterskpele deelneem.
Netbal: Zaida Amerika en Alica Bester van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die o.16 en o.18 Wes-Kaapspan opgeneem. Hulle neem in die vakansie aan die All Ages-kampioenskappe deel.
Cataract Awareness Month is an observance held to raise awareness about cataracts, a common eye condition that affects millions of people worldwide.
Cataracts refer to the clouding of the natural lens of the eye, a condition that usually occurs as we get older.
Symptoms:
• Blurred vision
• Cloudy or dim vision
• Glare sensitivity
• Difficulty seeing at night
• Halos around lights
• Frequent prescription changes
Treatment:
The most effective treatment for cataracts is surgical removal.
If you or any of your loved ones are struggling with any of these symptoms, be sure to book an appointment ASAP:
•022 486 2013
•malmesbury@opticedge.co.za
•https://opticedge.co.za/book-an-appointment/
Stand van die damme in die Wes-Kaap (69.3%)
As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.
Eisteddfod: Die graad 2 tot 7 leerders van St Thomas Primêr op Malmesbury het aan die Wes-Boland Eisteddfod op Langebaan deelgeneem in die afdeling vir voorbereide lees. Hulle is: Amy Esselaar (goud), Faranaaz Allie (Goud), Zahira Carolissen (Goud), Skyla Petersen (Cum Laude), Esmarie Roems (goud), Sheranique Geduld (cum laude), Christian Myburgh (goud), Cassy Cleophas (silwer), Jayden Johnson (brons), Mishay Welkom (cum laude), Maxine Swartz (goud), Rozelle Hendricks (silwer), Riquelme Adams (goud), Linique Swarts (goud), Keisha Moos (silwer), Tythan Liebenberg (goud), Liam Pick (goud), Elnique Swarts (goud), Mee-Shaan van Reenen (goud). Afwesig: Mia Titus (goud), Carlyle Hein (cum laude) en Brunay Daniels (silwer).
Eagles: Die span van Flying Eagles het Saterdag teen die span van Voorberg gespeel. Die eerstespan het met 30-24 geseëvier, terwyl die B-span met 12-25 vasgeval het. Flying Eagles is ook die voorloper in die Boland Swartwes Streekuitdaag met 40 punte. Kort op hul hakke volg Goedverwacht met 38 punte.Foto: David Howburgh
Spairs: Die span van Never Despair het Saterdag tuis teen die spanne van Porterville gespeel. Die eerstespan-wedstryd is afgelas, ná 'n speler van Never Despair op die veld met 'n mes gesteek is deur 'n persoon wat oor die heining gespring het. Die speler sterk tuis aan.
GELUKWENSING Congratulations
7 Junie – TOLLIESBaie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Van: die Poustraat
11 Junie - Baie geluk met jou verjaarsdag TYRONE. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: Mammie, Debbie, susters en kinders
8 Junie – Q-LYNN
HENDRICKS – Geluk my blommie met jou verjaarsdag. Ek dank my God vir 11 jaar wat Hy my kind gespaar het. Mooi dag my kind. Ek is baie lief vir jou. Van: jou mammie Koekie
Geluk my suster met jou verjaarsdag. Ek is baie lief vir jou my sussie. Lekker verjaar. Liefde – jou suster Luzelle, Linque, Jandre en Marno.
Geluk met jou verjaardag ons prinsessie.
Ons is trots op onse
God wat jou deurgedra het vir 11 jaar. Ons is baie lief vir jou. Van: jou Ouma en Oupa, antie Charlene en uncle Pieter
JOHAN (Swys), baie geluk met jou geboorte dag op 12 Junie. God seen. Van: die Poustraat
ASHRON NERO - kyk wie verjaar op 9 Junie - Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons baie lief vir jou. Van: jou ouma Wiesa en Clayton
7 Junie 2014 – JOSEPH (JOUYE) VAN DER SPECK, Vandg is De 9 jaar weg van ons. Die vermisting is groot, maar De’ leef steeds voort in ons harte, tot ons weer ontmoet.
Liefde – Herschelle, Gillian, Joslin, Gavin, skoonseuns, skoondogter, kleinkinders en agterkleinkinders
The 2023 Berg River Canoe Marathon will be significant for a number of reasons, and one will be that the stalwart of the race, Jannie Malherbe will be going for his fiftieth finish when the race reaches Velddrif on Saturday, 9 July.
Malherbe has the second most Berg finishes in history with 49 and is only second to the late Giel van Deventer. This year’s Berg will carry further significance in that it will be the first since Van Deventer tragically passed away in 2022.
The pair paddled many Bergs together and Malherbe knows that this year’s race will be an important tribute to Van Deventer and his influence on the iconic race through the Swartland.
“We will definitely miss Giel a lot this year,” a sombre Malherbe said. “He was like a Berg encyclopaedia and could tell you anything you needed to know about the race and the river.
“I would always follow him for the first few days because he knew where the obstacles were and knew the river better than anyone.
“He will not only be missed by me, but he will be missed by the whole paddling community this year.”
With a 50th Berg finisher’s medal at the finish line for the 84-year-old Malherbe, the numbers
aren’t the motivation.
“50 is just a figure and it’s definitely not why I paddle. I paddle because it’s a way of life for me and the Berg is such an important part of my year.
“The race splits my year in half; and I take four days off in July where I can get away from everything; from work, my cell phone and just enjoy myself.
“I love training in Wilderness and at the moment I’m paddling about four hours a week which should be enough to get me to Velddrif!”
Having finished 49 Bergs in the past Malherbe has seen the river and the race in every different shape and form and he knows how to pick out the significant ones over the years.
“You always remember the difficult ones. The ones with the headwinds and the low rivers because those are the memorable ones.
“The races done on full rivers with four sunny days aren’t memorable, but they do remind you that every Berg is different.
“It’s a special race that has a special place in my heart and as long as I remain fit and healthy, I’ll still be paddling the Berg,” Malherbe explained.