Nuus • News
Gratis • Free
16 Junie 2021
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 73
Die uitvoerende burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, raadsheer Tijmen van Essen, onderburgemeester Maude Goliath, en lid van die uitvoerende burgemeesterskomitee, Marlene van Zyl, het verlede week hul Covid-19-inentings op Malmesbury ontvang.
Vat so Covid!
16 Junie 2021
1
2
Nuus • News
16 Junie 2021 Die wolke pak saam oor Voëlvleidam, maar die reën bly steeds weg. Foto: Samuel Walters
Stand van die damme Die damme in die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk is 75% vol, in vergelyking met verlede week se 75.5% en 2017 se 21.9%. Die Bergrivierdam was Maandagmiddag 86.5%. Die damvlak het onveranderd gebly oor die afgelope week. In 2017 was die dam 33.8% vol. Die Laer-Steenbrasdam was Maandagmiddag 60.3% vol, in vergelyking met verlede week se 61.6% en 2017 28.8%. Die Theewaterskloofdam is nou 80.5% vol, waar dit verlede week 81% vol was en in 2017
het die dam se vlak op 15.5% gestaan. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, was Maandagmiddag 61% vol. Verlede week het die dam se vlak op 61.1% gestaan. In 2017, toe die Wes-Kaap gebuk gegaan het onder 'n droogte, was die dam 17.6% vol. Reënvalsyfers wat aangeteken is oor die afgelope maand dui dat in die Voëlvleiopvangsgebied slegs 0.5mm neerslag gemeet is. Die langtermyn gemiddeld vir Junie is 115.6mm. Bron: www.resource.capetown.gov.za
Slimsun se harte klop warm vir Jo Dolphin
Die Jo Dolphin-sentrum vir persone met gestremdhede het onlangs 'n groot skenking van SlimSun Solar Park ontvang. By die Jo Dolphin-sentrum vir persone met gestremdhede op Malmesbury is daar talle uitdagings. Maar, net soos die uitdagings, is daar ook talle hoogtepunte. So 'n hoogtepunt was die skenking wat die sentrum onlangs van SlimSun Solar Park ontvang het. Hulle het 'n skenking van ongeveer R15 000 aan die sentrum gemaak en ook tyd saam met die lede van Jo Dolphin spandeer. Hierdie sentrum beywer hom vir die versorging en bemagtiging van persone met gebrekke. Hulle sien om na leerders wat aan seldsame
sindrome, soos Rhett- en Angelman-sindroom, ly. "Hierdie is uiters seldsaam en dit is soms geweldig moeilik om na die pragtige kinders te kyk en te besef waardeur hulle daagliks moet gaan. "Nie net hulle nie, maar ook hul ouers. Dit is vir ons werklik 'n riem onder die hart dat ondernemings soos SlimSun hulle oor ons ontferm en ook so 'n verskil in die lewe van die leerders maak," sê Estrellita Geldenhuys, sentrumbestuurder van Jo Dolphin. Ander sindrome wat by Jo Dolphin te vind is, is outisme, serebrale palsy, down-sindroom, fetale alkohol-sindroom en spina bifida.
Hetta se Huiswinkels kry vlerke weens inperkings
Op Malmesbury het daar 'n juweel oopgemaak Huiswinkels in Biccardstraat. Eienaar Hetta Saunderson, eienaar van M4 Events and Promotions, besit en bestuur die afgelope 13 jaar haar eie besigheid waar sy betrokke was by talle geleenthede en feeste. Teen die einde van Januarie 2020 het sy en haar span na die geleentheidskalender gekyk en besef dat hulle geseënd is met 'n vol program. Min wetende wat om die draai wag. Die naweek voor die eerste inperking is die KKNK, waar Hetta en haar span betrokke is, gekanselleer. Talle ander geleenthede het gevolg. Sy moes haar Skole Kook-televisieprogram ook laat vaar, aangesien die skole gesluit was. "Die eerste ruk was die skok so groot, dat ek skaars kon dink. Ek het nie geweet of ek dit finansieel sal kan maak nie. Ek het nagte wakker gelê en geweet dat daar baie mense is wat in dieselfde bootjie sit as ek en dat hulle nie uit dit kan kom nie. Ek het met die feeste talle uitstallers leer ken en geweet dat hulle na 'n platvorm soek waar hulle hul produkte kan verkoop, aangesien hulle nou ook sonder 'n inkomste was. Met die inperking moes ons almal anders begin dink. So het Huiswinkels.co.za ontstaan," vertel Hetta. Sy het 'n paar uitstallers gekontak en almal was raadop en op soek na hulp. So het sy 'n klompie uitstallers gewerf wat op die platvorm wat sy skep, hul produkte wou
verkoop. Huiswinkels.co.za was die middelman tussen die koper en verkoper. Hier is kwaliteit produkte aangebied teen bekostigbare pryse. Huiswinkels was eers 'n aanlyn-winkel, tot sy eendag 'n oproep ontvang het met 'n navraag oor waar haar 'winkel' op Malmesbury is. Net daar is die saadjie geplant om die winkel te open. Die winkel in Biccardstraat, agter die landdroshof, het vinnig vorm aangeneem, met 'n huis wat omskep is in 'n gemaklike en rustige koffiewinkel, toegerus met 'n deli en verskillende vertrekke met 'n groot verskeidenheid produkte. Hier kan jy ook Body Reallignment laat doen as jy dalk 'n verstelling nodig het! Nie net dit nie, maar Hetta se kombuis verskaf ook aandetes, wegneemetes en vele meer. Hulle beskik ook oor 'n afleweringsdiens om die etes af te lewer. Gedurende die winter is daar daagliks sop beskikbaar en Dinsdae is dit tyd vir melkkos en Vrydag is kerrieafvaldag! Daar is ook twee kamers beskikbaar om te huur. Spyskaarte is te vind op Facebook, onder Huiswinkels.co.za. Kontak 022 487 2000 vir enige navrae of bestellings.
Nuus • News
•ROBSTER LOBSTER K0OK IN KOMBUIS
Sjef Robert droom van 'beach bum'-dae
3
16 Junie 2021
Swartland Weer Woensdag, 16 Junie 2021 - Dinsdag, 22 Junie 2021
10/18 08/19 08/22 11/26 11/25 11/25 11/25 Gedeeltelik bewolk met 'n 30% kans op reën
Gedeeltelik bewolk
Lieflike sonskyn dag
Lieflike sonskyn dag
Gedeeltelik bewolk
Gedeeltelik bewolk met 'n 50% kans op reën
Gedeeltelik bewolk met 'n 50% kans op reën
Garth Fransman 076 125 1186 gfransman@pytbyte.co.za
Bo: Robert Moreland (regs) en sy vrou Hesleen. Links: Die eerste spyskaart van die restaurant. Hy verander die naam van sy restaurant na ‘n Fondasie is meer as 30 jaar gelede reeds gelê, en alhoewel hy en sy vrou voortbou, is dit met Barry’s Beef and Barrel en noem grapsgewys dat, alhoewel hy geen verbintenis tot die naam Barry nuwe visie en entoesiasme. Robert Moreland was al vanaf kindsbeen aan het nie, hy dikwels as Barry aangespreek word die voorbereiding van kos blootgestel. Dit was deur kliënte. In die jaar 2000 vind daar nog ‘n goot soos die lug wat hy ingeasem het. Vanaf die ‘Parade’ in Kaapstad, uit ‘n ‘dubbel verandering in Robert se lewe plaas. Hy vind God decker’ bus wat soos ‘n eetplek ingerig was, en kom tot bekering. Sy passie vir die woord is ooglopend. Hy noem tot en met Malmesbury, waar sy pa later ‘n dat dit hom baie emosioneel maak wanneer hy restaurant besit het. Op naweke, asook middae na skool, was hy besef dat sy pad al soveel jare gelede deur God en sy broers verplig om hulle pa in die restaurant uitgelê is. Vanuit moeilike omstandighede, wat ‘n te help. Harde werk en toewyding was aan die orde negatiewe impak op sy lewe kon hê, het hy die deursettingsvermoë gehad en die krag ontvang van die dag want dit was hul brood en botter. Alhoewel hy ‘n passie vir houtwerk en sport om dit te neem en in iets positief te omskep. Robert en sy vrou, Hesleen, wat hy as sy gehad het, het Robert homself vroeg berus by die feit dat hy sy toekoms in die wêreld van kos regterhand beskryf, is nou al 32 jaar in die bedryf om van diens aan ander te wees. Dit is vir hulle en kook sou voortbou. Dit was waar sy sterk punt gelê het, en met sy ‘n fondasie waarop hulle voortbou want daar is dryfkrag was hy gemotiveerd om dit na die beste welbehae in mededeelsaamheid. Oor die jare het hulle klein veranderinge aan van sy vermoë te doen. Robert noem dat hy ten alle tye ‘n pen en die restaurant gemaak, soos die toevoeging van sakboekie op hom gedra het. Sodoende kon hy ‘n deli as ook ‘n kroeg in 2018. Met die uitdagings wat die Covid-pandemie resepte neer pen wanneer hy spreekwoordelik meegebring het was hulle egter verplig om buite met ‘die oog’ gesteel het. Deur die gesels deel hy sy agtergrond asook die boks te dink en bietjie nuwe lewe in die geskiedenis in die restaurant bedryf en dit is besigheid te blaas. Dit was die perfekte geleentheid vir Robert indrukwekkend. Ná skool begin hy werk by Maureen’s in om sy oneindige liefde vir duik, hengel en die see Bloubergstrand, waarna hy by die Tulbagh Hotel, tot die bestaande restaurant toe te voeg. Die nuwe seekos-afdeling, ‘RobsterLobster’, Mount Nelson asook die Mariners Wharf in diens wat baie toepaslik na sy duik naam vernoem was as óf hoof sjef óf sous sjef. In die 80’s kry Robert die geleentheid om ‘n is, spog met sy eie menu. Dit sluit alles restaurant, onafhanklik, in Bloubergstrand te van verskillende vis, kreefstert, prawns, seekosplatters en nog meer in. bestuur. Tans is dit die enigste menu waar ‘n mens Maar as ‘n jong getroude man, het die pendel tussen werk, huis asook die lang ure, dit baie so ‘n groot verskeidenheid van seekos by ‘n restaurant op Malmesbury kan vind. uitdagend gemaak. Hy noem met trots dat hulle altyd gefokus is Die perfekte geleentheid kom egter in 1989 te voorskyn, toe die restaurant wat destyds aan sy op uitstekende diens en uitmuntende kwaliteit kos. Almal maak foute, maar almal verdien ook pa behoort het, in die mark gesit word. Robert koop Barry’s Grill en dit is die oomblik om ‘n tweede kans gegun te word. Robert is gevul met ‘n wysheid wat slegs waar sy lewe onherroeplik verander. Die kennis wat hy oor die jare opgebou het deur lewenslesse asook ‘n kennis van jou Bybel kon hy nou onvoorwaardelik in sy eie restaurant meegebring kan word. Hy sluit af deur te noem dat mense nie bang stort asook belê. Daar is niks ongewoons aan uitdagings op ‘n moet wees om uit hulle gemaksone te tree nie. Moenie jou blindstaar aan jou omstandighede. mens se lewenspad, en 1996 bring so ‘n uitdaging mee. Dit dra by tot die besluit om die eiendom te Kyk liewer na ‘n oplossing en onthou om altyd te beplan. koop waaruit hulle tans bedryf.
Maintenance Solutions
Plaaspompstasies, besproeiing, pype en metaalwerk Martin 061 153 6245
martin@mjmaintain.co.za
4
16 Junie 2021
White kook 'n storm los
Volgens die 29-jarige Crescendo White van Malmesbury, het sy liefde vir bak en brou in sy ma en ouma se kombuis begin. Dié jong sjef se hart het eintlik by onderwys gelê, maar soos gewoonlik het die heelal ander planne vir hom in die vooruitsig gehad. Die geleentheid het hom voor gedoen in 2019, in die vorm van ‘n kook kursus wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds (UIF), in samewerking met Weskus Kollege, aangebied is. Die befondsing en perseel was onderskeidelik deur die twee instansies voorsien. Alhoewel die kursus oor ‘n bestek van 18 maande sou strek was hulle verplig om die teoretiese deel binne 6 maande te voltooi weens die uitbreek van die Covid-19 pandemie. Crescendo het sy prakties by die destydse ‘Marvel Bistro’, huidiglik bekend as Hill View, in 2020 begin. Toe grendeltyd egter in plek gesit word was hy verplig om dit eers op ys te sit. Hy het egter sy prakties intussen voltooi, en is tans die hoof sjef by Peaberry Café in Malmesbury. Sy gradeplegtigheid het op 13 Mei 2021 by ‘The Barnyard Theater’ in Tyger Vallei plaasgevind, waar hy trots deur geliefdes ondersteun is. ‘n Bewonderenswaardige aanvulling tot sy storie is die feit dat Crescendo al vir jare geen
geheim van sy seksuele oriëntasie maak nie. Hy is al vir die afgelope 3 jaar in ‘n baie gelukkige en standvastige selfdegeslag-verhouding. Hy noem dat hy reeds vanaf sy vroeë kinderjare besef het dat hy nie tot die skoner geslag aangetrokke was nie, maar het dit onderdruk en weggesteek. Hy het besluit om homself aan niemand te verbind nie, en tot op die ouderdom van 21 was hy in geen romantiese verhoudings betrokke nie. Crescendo se ouers het egter besluit om die eerste stap te neem. Hulle het met hom gaan sit en meegedeel dat hulle hom oneindig baie lief het, en dat hulle hom aanvaar asook ondersteun net soos hy is. Hy noem dat dit ‘n baie emosionele oomblik vir hom was aangesien hy homself vir soveel jare gekruisig het. Crescendo beoog om nog groot hoogtes te bereik en een van sy drome is om eendag sy eie restaurant oop te maak. ‘n Plek waar hy al die kennis en ervaring wat hy tans opdoen, kan uitleef. Maar vir nou, kan mense sy lekker kos gaan proe by Peaberry Café, waar hy heerlike resepte op die proef stel, en die vryheid geniet om sy kreatiewe gees uit te leef.
Kies jou internet diensverskaffer reg Met soveel verskillende internet-diensverskaffers wat hul dienste beskikbaar stel aan gebruikers, is dit nodig om eers 'n bietjie navorsing te doen, voor jy op 'n pakket en diens besluit. Swartland Joernaal het aangeklop by Corner Gate-internetdiensverskaffer vir inligting. 1. Wat is die verskil tussen optiese vesel en die ou ADSL? Optiese vesel is 'n glasbuis waarin data gestuur word deur middel van lig terwyl die ou ADSL op 'n koperdraad geloop het. Met fiber is 'n baie vinniger data-spoed (mbps of megabits per second) moontlik as met ADSL en dit is ook meer stabiel. 2. Waarna moet huishoudings en besighede kyk wanneer hulle 'n internetdiensverskaffer benodig? Deesdae met optiese vesel, is daar drie tipes verskaffers. •Die wat die optiese vesel in die grond sit. •Die wat die Internet op die optiese vesel verkoop •Die wat albei doen. Die optiese vesel lê en internet verskaf Optiese vesel is baie duur, dit is gewoonlik miljoene rande om dit op 'n dorp te installeer. Dit beteken dus dat optiese sterkstroominstallasies weet wat hulle doen, anders verloor hulle al die insetkoste. Waarna huishoudings en besighede moet kyk is twee dinge: •Hoe goed is die ondersteuning vir wanneer iets verkeerd gaan? •Die vesel wat ingesit is, is dit 'n 'closed fiber' netwerk of 'n 'open fiber' netwerk? o 'Closed network' beteken dat die optiese veselnetwerk aan een maatskappy behoort en net hy plaas sy eie kliënte op dit. o 'Open fiber'-netwerke soos Cornergate sin, behoort aan een maatskappy, maar hy laat enige ander ISP soos byvoorbeeld MWeb toe om internet op sy netwerk te verkoop. Dit beteken pryse is mededingend en as diens met 'n internet verskaffer swak is, het die kliënt meer as net een keuse van diensverskaffer. 3. Wat verskil in jou toerusting wanneer jy optiese vesel het? Die optiese veselnetwerk bestaan uit die volgende: 1. Die vesel wat in die huis in kom. 2. Die vesel word dan ingeprop by 'n mousepad. 3. Aan die mousepad kom 'n ONT-blokkie. Die ONT verander die optiese vesel na die netwerkkabel wat koperdraad is. 4. Die netwerk kabel koppel dan in by 'n wifi router. 5. Die res van die huis word dan of met netwerkkabel of per wifi aan die router gekoppel. 4. Wat is die voor- en nadele van optiese vesel in vergelyking met ADSL? Voordele: • Stabiel • Baie vinniger as enige koper kabel want dit is lig wat die data dra. • Word nie deur elektriese steurings geafekteer nie • Word nie gesteel soos koper kabel nie. Nadele: • Van 'n gebruiker se oogpunt is daar nie nadele nie. • Dit is n meer spesialiteitsfunksie om die optiese vesel se verdeel en te heg. Dit is nie so maklik soos koper draad nie en spesiale gereedskap en instrumente moet gebruik word om dit te las. 6. Wat is satelliet-internet, waar daar nie lyne beskikbaar is nie en hoe werk dit? • Die hardeware lyk soos 'n DSTV-skottel wat geinstalleer word en wat dan opkoppel aan 'n satelliet. • Satelliet-internet is gewoonlik duur en is dus gewoonlik die laaste opsie vir internet Kontak CornerGate by 087 7021962 / 0877021996 / 0788533404 / 0609999514, Maandag tot Vrydag: 08:00 vm tot 10:00 nm Saterdag en Sondag: 09:00 tot 2:00 nm met WhatsApp-bystand na ure of besoek hul webtuiste by www.flynet-isp.com
Nuus • News
Nuwe tegnologie vir beheer van bysiendheid
Bysiendheid, ook genoem miopie, is ‘n oogtoestand wat globaal geweldig toeneem. So sê Neels Hattingh van Hattingh Oogkundiges op Malmesbury. Daar word verwag dat teen 2050, ongeveer die helfte van die wêreld se bevolking bysiende kan wees. Bysiendheid is wanneer ‘n persoon sukkel om ‘n ver voorwerp in fokus te bring. Indien bysiendheid slegs jou visie aantas sou die probleem nie so groot gewees het nie, aangesien bysiendheid maklik met ‘n bril- of kontaklense gekorrigeer kan word. Met verhoging in die bysiendheid neem die voorkoms van katarak, retinale loslating en makulopatie ook toe - dus hoër voorkoms van swaksiendheid en blindheid by bysiende persone later in hul lewe. Sodra bysiendheid eers begin, kan die brilvoorskrif in ‘n baie kort tydperk baie sterker word. Die progressie van bysiendheid gaan gewoonlik aan tot ‘n ouderdom van tussen 18 en 24 jaar. Daar word gepoog om die vordering (progressie) van bysiendheid so jonk moontlik in die persoon se lewe te beheer. Een van die nuutste en mees effektiefste maniere om dit te doen is deur vir ‘n jong persoon die nuwe MiyoSmart-lens voor te skryf. Toetse het getoon dat deur hierdie lens te gebruik, dit die bysiendheidprogressie met 60 % kan verlaag. Sodra die bysiendheid dan begin om te stabiliseer (18 – 24 jaar) sal die resulterende bysiendheid baie laer wees as wat dit sonder die gebruik van die MiyoSmart lense sou wees en die langtermyn effek daarvan aansienlik verminder.
Skincare in winter
Winter is here and so is the time of dull, dry and pale skin - all thanks to this cold weather. The condition worsens as we enjoy all the winter 'comforts' like heaters and blowers, being out in the sun and bathing with hot water. A little effort and time can go a long way in getting soft, healthy skin. These simple and natural tips are just what you need to follow for a glowing skin: 1. Moisturise Your Skin Moisturising is one of the most important steps that one must do to have a glowing skin in winters. It helps in keeping our skin hydrated and makes sure that the skin does not lose its natural oil. You can choose a plethora of natural moisturisers like coconut oil, castor oil, olive oil, buttermilk, cucumbers, et al. 2. Drink Water Regularly During winters, we tend to avoid drink water as we feel less dehydrated; however, we lose water from our body in so many ways without realising. Therefore, it is imperative to load up on water even during cold winter days. Refill your system with water and get a glowing skin without having to worry about dullness anymore. 3. Wash Your Face With Lukewarm Water Hot showers in winters may relax your muscles, but nothing can worse for your skin condition than hot water. It makes your skin dry and flaky. The effects are even more adverse if you have a sensitive skin. We cannot switch to cold water bath, of course, but we can definitely save our facial skin by washing it with lukewarm water. This way you wouldn't feel cold and also wouldn't let natural oils slough off easily from your face. 4. Replenish Your Skin At Night If you wish to see a healthy skin, you must not forget to replenish it at night when you are resting for about 7-8 hours. Indulge in deep moisturizing with oils before you sleep so you can wake up with a beautifully supple skin. These handy tips may help you get through the harsh effects of winter and give you a glowing and happy skin. Pick your cues and get the skin you always dreamt of. Source: www.ndtv.com
Nuus • News
• JOU VELSORG, NAALDE EN 'N GESONDE VEL
Microneedling onder die vergrootglas
Botox, naalde, spuitstof, plooie, merke, ouderdom... Dit alles is waarmee 'n mens te doene kry soos jy ouer word. Jy sit en worstel met talle opsies, maar uit onkunde maak 'n mens soms die verkeerde besluit, of jy maak glad nie een nie. Sowat drie maande gelede het gordelroos my getref. In die gesig. Tussen die oë - letterlik. Dit het op my voorkop te voorskyn gekom en tussen my oë geland. Natuurlik 'n lelike merk gelos. Een wat gemaak het dat ek verlang na die enkele diep plooi wat ek wel gehad het. My pad het gekruis met Simply Bee op Hopefield se salon. 'n Nuwe toevoeging tot hulle dienste is microneedling. Dit klink skrikwekkend, maar as die verdowingsroom inskop, is dit net die plooie en merwe wat moet bang wees! Microneedling is 'n relatiewe nuwe konsep in salonne. Met microneedling word jou vel deeglik skoongemaak en 'n verdowingsroom aangewend. Die room neem sowat 30 minute om jou vel te verdoof. Daarna word 'n derma-pen, met 12 naalde in, op jou vel geplaas. Die naalde penetreer die vel en veroorsaak mikro-littekens onder die oppervlak van die vel. Dit veroorsaak weer dat die vel homself van binne begin herstel en selvernuwing vind plaas. Kollageen word weer geproduseer en laat jou vel jonk en soepel voorkom. Een van die grootste bekommernisse met die gebruik van microneedling is die pyn. Is dit seer? Gevoelig? Dit is gevoelig ja. Meer irriterend en jeukerig as seer. Jou vel kry onmiddellik 'n warm gloed en ek het redelik rof gelyk na afloop van die sessie, maar dit het wonderbaarlik vinnig herstel. Soveel so dat ek binne 24 uur geen sensitiwiteit of rooiheid meer gehad het nie. Wat ek wel ervaar het, was 'n bietjie styfheid in my vel, asof jy deur die son geklits is. Ek het egter vanaf die eerste paar uur na die sessie 'n verskil in my vel opgelet. Dit is baie meer soepel, sag, glad en gloei met
die lagplooitjies, litteken tussen my oë, sowel as pigmentasievlekke. As jy hiermee sukkel en skrikkerig is vir iets soos botox, is microneedling beslis die roete om te gaan. Kontak Simply Bee se skoonheidsalon vandag nog by 066 435 6172.
'n gesonde gloed. Alle produkte wat in die sessie gebruik is, word ook deur Simply Bee self vervaardig en is by die salon te koop. So, ek het nog vier sessies om te gaan en daar is reeds 'n 100% verbetering in my vel, so ook
16 Junie 2021
5
6
16 Junie 2021
Grysstof-genot • Train your brain
Nuus • News
Nuus • News GELUKWENSING Congratulations
CLEO – 21 June – Wishing you a birthday filled with sweet moments and wonderful memories to cherish always. Happy birthday. From: Grandma, Aunty Audra, Uncle Ashwin and all the other family.
LIAM (Baas) FREDERICKS – Baie geluk met jou sesde verjaardag. Wens jou emmers vol liefde en kruiwaens vol seëninge, Lekker verjaar – Liefde - Daddy, Mommy, Luke en tietie Lesche MEMORIUM In Memoriam
16 Junie 2021 Happy birthday to a mother /sister/aunt FELICITY. 14 June, a day we all will never forget, you in our hearts and thoughts and never forgotten. Dear God please give her a big hug and bouquet of roses. Happy birthday Vlooitjie in heaven. Love - Cyril (brother) sister in law, children and brother’s daughters
17 Junie, sal ons nooit vergeet om ‘n broer, oom, pa te verloor. Mag jy ‘n vreugdevolle verjaarsdag hê in die hemel. Die gemis is groot elke dag, sekondes en minute. Jy sal altyd in ons gedagte en harte bly ADAM (CORNETTE). Van: jou
7
geliefde broers en susters.
My dearest Uncle, on this special day, we are missing you so very much. As you rejoice and dance amongst the stars, we’re celebrating with you here on earth. Have a blast on your birthday in heaven, Uncle! Have fun, but remember to keep your halo on, From: Chesnay, Carmen, Chantey and Casey
Getye, Son & Maan Woensdag, 16 Junie 2021 - Dinsdag, 22 Junie 2021
VIOLET ADAMS – 19 Junie - Nog ‘n verjaardag in die hemel. Ons mis Ma nog baie, maar weet u is veilig en geliefd in die hemel. Lekker verjaar. Baie liefde – Bettie en kinders
KANAAL 460
mytv.co.za
LUG JOU MENING WERKGEWERS EN WERKNEMERS GEBASEER IN DIE WES-KAAP: WAT IS JOU ERVARING VAN DIE BEFONDSINGSPROSES VAN DIE COVID-19- TYDELIKE WERKGEWER-WERKNEMER-HULPSKEMA (“TEMPORARY EMPLOYER/EMPLOYEE RELIEF SCHEME” OF TERS)?
TENDERKENNISGEWING: T66/20/21 VOORSIENING EN AFLEWERING VAN EEN (1) LIGTE MOTORVOERTUIG Tenders word hiermee aangevra vir die voorsiening en aflewering van een (1) ligte motorvoertuig, soos in die amptelike tenderdokumentasie gespesifiseer. Tenderdokumente kan by Jo-Maré van der Westhuizen by die Swartland Munisipale Kantore op die hoek van Hill en Piet Retiefstrate (langs Checkers-ingang), Malmesbury (tel. 022 487 9700) verkry word. ’n Nieterugbetaalbare kontantfooi van R120,00 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van hardekopie tenderdokumente. Die elektroniese tenderdokumente is gratis op aanvraag beskikbaar. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T66/20/21: VOORSIENING EN AFLEWERING VAN EEN (1) LIGTE MOTORVOERTUIG” moet voor 12:00 op Vrydag, 2 Julie 2021 in die tenderbus by die Munisipale Hoofkantoor, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen kwotasies sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die aangehegte spesifikasies. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Tenderaars wat vir die voordele van die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) wil kwalifiseer, moet Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigersgeondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar vir voertuigverkope, onderdele en instandhouding wees. Tenders mag slegs op die uitgereikte tenderdokumentasie ingedien word. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ’n gedeelte van ‘n tender of ’n tender in geheel te aanvaar nie.
Deel jou ervaring met die Staande Komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme. Dui asseblief die volgende aan: • • • • • • • • • •
Is jy ʼn werkgewer of werknemer wat in die Wes-Kaap gebaseer is? Het jy, as werkgewer of werknemer wat in die Wes-Kaap gebaseer is, ʼn COVID-19-TERSeis by die WVF ingedien? Indien jy ʼn eis ingedien het, brei asseblief daarop uit. Hoeveel COVID-19-TERS-voorleggings het jy, as ʼn Wes-Kaapse werkgewer of werknemer, by die WVF ingedien? (Hier word nie verwys na die getal werknemers vir wie aansoek gedoen is nie.) Het jy enige uitdagings ondervind toe jy aansoek gedoen het om COVID-19-TERSbefondsing of met die uitbetaling van goedgekeurde fondse? Indien wel, brei asseblief daarop uit. Indien jou COVID-19-TERS-eis nog nie afgehandel is nie, verstrek asseblief jou naam, identiteitsnommer, waar jy aansoek gedoen het, die datum van die aansoek en die verwysingsnommer van die eis. Volgens die WVF is vyf dae die gemiddelde getal werkdae wat dit neem om ʼn COVID-19TERS-betaling te maak. Hoeveel werkdae het dit geneem voordat jou goedgekeurde COVID-19-TERS-befondsing uitbetaal is? Indien jy ʼn COVID-19-TERS-uitbetaling ontvang het, namens hoeveel werknemers is aansoek gedoen en hoeveel van hulle het uitbetalings ontvang? Het jy enige reaksie (byvoorbeeld ʼn betalingsadvies) van die WVF ontvang om aan te dui watter werknemers vir die COVID-19-TERS-uitbetaling goedgekeur is? Het jy enige leiding van die WVF oor die COVID-19-TERS-aansoekproses ontvang? Hoe het jy van die COVID-19-TERS-befondsing bewus geword?
Deel jou ervaring en gedagtes met die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement se Staande Komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme per e-pos (zadams@wcpp.gov.za) of as stemnotas en boodskappe op WhatsApp (selfoonnommer: 082 372 7463). Neem asseblief kennis dat hierdie versoek om inligting net betrekking het op werkgewers en werknemers wat in die Wes-Kaap woon. Sluit asseblief jou volle naam en kontakbesonderhede in wanneer jy kommentaar aan die Staande Komitee stuur. Voorleggings moet gerig word aan me Z Adams, Prosedurebeampte. Werkgewers, werknemers en organisasies wat belangstel om persoonlike voorleggings aan die Staande Komitee te maak, moet dit aandui wanneer hulle kommentaar indien. Voorleggings moet die Prosedurebeampte bereik teen nie later nie as Maandag 12 Julie 2021 om 15:00.
Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr. Roman Steyn by tel. 022 487 9400 gerig word.
Verdere inligting sal op die Wes-Kaapse Provinsiale Parlement se webtuiste (www.wcpp.gov.za) gepubliseer word.
MUNISIPALE KANTORE MALMESBURY 15 Junie 2021
Uitgereik deur adv D Baartman (LPP), Voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ekonomiese Geleenthede en Toerisme.
www.ayandambanga.co.za
142803
JJ SCHOLTZ MUNISIPALE BESTUURDER
142711 www.ayandambanga.co.za
8
Nuus • News
16 Junie 2021
Nuus met 'n verskil
SPORTUITSLAE RESULTS
Wedvlugduiwe Malmesbury Posduif Vereniging - 20210612 LAINGSBURG JO 1 1 TEAM NEO VISION 1285.3110; 2 TEAM NEO VISION 1284.5053; 3 TEAM NEO VISION 1284.2369; 4 J STEENKAMP 1282.0177; 5 TEAM NEO VISION 1277.9626; 6 D DE VILLIERS 1272.4848; 7 BORDEAUX A 1272.2602; 8 J.A. LOMBAARD JNR 1266.1123; 9 J.A. LOMBAARD JNR 1265.8643; 10 BORDEAUX A 1265.4655; 11 MARAIS HOKKE (KSD) 1264.6629; 12 BORDEAUX A 1263.8100; 13 J STEENKAMP 1259.7079; 14 D DE VILLIERS 1235.5000; 15 LF VAN DALEN 1234.2657; 16 LIMBARDI 1230.0857; 17 LIMBARDI 1230.0857; 18 LIMBARDI 1229.5006; 19 LIMBARDI 1229.5006; 20 LIMBARDI 1229.2668; LAINGSBURG OPE 1 1 J STEENKAMP 1355.6148; 2 J STEENKAMP 1355.3126; 3 MARAIS HOKKE (KSD) 1352.7873; 4 KOTZE FAMILIE HOKKE 1352.2359; 5 MARAIS HOKKE (KSD) 1351.5856; 6 MARAIS HOKKE (KSD) 1350.0865; 7 J STEENKAMP 1332.7364; 8 TEAM NEO VISION 1331.8167; 9 MARAIS HOKKE (KSD) 1331.4789; 10 MARAIS HOKKE (KSD) 1330.7511; 11 J.A. LOMBAARD JNR 1323.8161; 12 LIMBARDI 1323.2740; 13 KOTZE FAMILIE HOKKE 1321.4132; 14 D DE VILLIERS 1320.5866; 15 TEAM NEO VISION 1320.5156; 16 G WILLIAMS 1318.2372; 17 KOTZE FAMILIE HOKKE 1318.1226; 18 KOTZE FAMILIE HOKKE 1317.8372; 19 J STEENKAMP 1315.7222; 20 J STEENKAMP 1314.4423;
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 73
16 Junie 2021
Petrol heads celebrate the life of Hennie Mostert
Back in 1957 a very brave youngster borrowed the Peugeot 404 family sedan to contest his very first hillclimb on a road known as Bloublommetjieskloof, near Wellington, and the bug bit as said driver would return in 1958 to win his class behind the wheel of his own Renault Dauphine. He also ventured into track racing by participating in a Dauphine vs Beetle race at the Killarney Racetrack, finishing second behind the modified Dauphine of one Brian Peek (legendary Killarney Racing Commentator). In 1959 Stellenbosch Hillclimb appeared on the horizon and Hennie Mostert claimed a class win in his Renault Dauphine on debut. The Renault Dauphine became a Renault Dauphine Gordini in 1960 and another class win followed on the Stellenbosch Hillclimb before a move into proper track racing peaked with a class O victory in the 1963 Kyalami 9 Hour with the Renault Dauphine and 2nd on Index of performance, 1st in class during the 1963 Killarney 2 Hour in a Renault R8. Leading their class during the 1964 Kyalami 9 Hour mechanical maladies forced their retirement and then in 1966 Hennie Mostert unfortunately rolled the Renault R8 in Malmesbury Sweep when a rear tyre burst during the Killarney 3 Hour. Many interesting diversions included four outright victories and all lap records on the Oudt-
shoorn Racetrack (I certainly did not know such a track ever existed) and winning seven heats with fastest lap in each in Port Elizabeth (an airfield circuit before the Aldo Scribante track was built). As a member of the Paarl Motor Club Hennie Mostert was club champion from 1958 winning gymkhana, rallies and even held the outright lap record at the old Paarl Oval Track. His speciality was however the Paarl Hillclimb. An event he totally dominated from 1967 till 1973 when the event unfortunately became a victim of the International Fuel Crisis. Hennie Mostert winning his class with an 1100cc engine in the Renault Gordini in 1967 and then taking overall victory and the track record from 1968 till 1973. Sadly only sections of this road remains visible but it was a well supported event that enjoyed widespread coverage. Hennie Mostert still owns the very first Renault R8 Gordini 1.3 that reached South African shores in 1967. The car still carries it’s original registration plates, has never been rebuilt and led the Renault parade on circuit (26 March 2019). Hennie Mostert closed his long motorsport career as driver of the 0 Car during the International Total Tara Rally Namibia in 2013 / 2014. Thank you to Hennie Mostert – your contribution to South African motorsport will not be forgotten!
Son, Berto, became the 2013 Namibian National Rally Navigators Champion in 2013 with Walvis Bay based Allan Martin in the J&P Hydraulics S2000 VW Polo 4x4 2.0 formerly campaigned by double South African Rally Drivers Champion Hergen Fekken. Condolences to Wife: Reinette Mostert neé Kellerman Daughter: Elzaan Mostert Son: Jacques Mostert Daughter in Law: Rika Mostert Grand Children: Sunell Mostert and Henko Mostert Son: Berto Mostert Daughter in Law: Lize Children: Elizabeth, Zia and Isabel Mostert Patrick Vermaak