Swartland Joernaal 2 Junie 2021 Uitgawe 71

Page 1

Nuus • News

Gratis • Free

2 Junie 2021

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 71

2 Junie 2021

Donkie, maar dis koud

Hierdie donkie staan saam met 'n paar koei-vriende op 'n vlakte buite Moorreesburg op 'n koue wintersoggend. Die winter het die Swartland nou in 'n greep, maar die temperature klim stadig maar seker vir die res van die week. Foto: Ghida Visser

Inentings begin in Swartland Munisipale bestuurder Joggie Scholtz het Donderdag in 'n raadsvergadering bevestig dat die inenting vir persone 60 jaar en teen die Covid-19-virus op 1 Junie in die Swartland sal begin. *Die stasies en datums is voorlopig soos volg: •Malmesbury - Wesbank Gemeenskapsaal op 1-9 Junie

•Abbotsdale - 10 Junie •Riverlands - 18 Junie •Chatsworth - 10 Junie •Kalbaskraal - 18 Junie •Darling - 21-23 Junie •Yzerfontein - 2-5 Julie •Moorreesburg - 11-17 Junie •Riebeek-Wes - 30 Junie

•Riebeek-Kasteel - 25 en 26 Junie •Koringberg - 24 Junie Hierdie is vir die persone wat reeds geregistreer het vir die inenting. Daar word beoog om die 12 346 persone wat wel geregistreer het, met die Pfizer-entstof in te ent. Persone wat dit ontvang, moet binne 42 dae na inenting die tweede entstof ontvang.

1


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.