Skip to main content

Swartland Joernaal Uitgawe 49 16 Desember 2020

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

Free • Gratis

16 Desember 2020

Nuus met 'n verskil

Fokus: PepsiCo

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 49

16 Desember 2020

PepsiCo belê in Swartland 'n Splinternuwe rangeerarea, wat reeds jare in beplanning is, is nou tot die beskikking van vragmotorbestuurders wat Malmesbury se Sasko-aanleg besoek. Met die opgradering van die meul- en silokompleks in 2014 het die hoeveelheid tonne wat Sasko hanteer, baie verhoog en so het daar 'n behoefte ontstaan om verhoogte verkeer beter te akkommodeer. Die doel van die rangeerarea is om die vloei en impak van die verkeer in en om die Sasko meule en pakhuis te verbeter. Alle padvervoer, oftewel vragmotors wat rou

materiaal by die aanleg aflewer of produkte by die meul laai, sal voortaan eers by die rangeerarea moet aanmeld. Daarna sal die vragmotors na die meul of pakhuis verwys word. Die perseel beskik oor 'n sekuriteitsgebou, ablusiegeriewe vir die vragmotorbestuurders en 'n area waar die vragmotors van Sasko gewas kan word. Daar is so ver moontlik van hernubare energie gebruik gemaak. So word die speiligte van krag deur die nuutste sonkrag-tegnologie, voorsien en sonkrag waterverwarmers is ook geinstalleer. Die perseel beskik ook oor twee boorgate

wat die ablusiegeriewe en vragmotors se wasarea van water voorsien om sodoende water te bespaar. So word die impak op die natuur ook verminder en is die rangeerarea meer omgewingsvriendelik. Covid-19 het 'n groot impak op die projek gehad en moes die konstruksie uitgestel word. Die nodige boumateriaal was ook nie altyd beskikbaar nie. Nog 'n uitdaging was die grondwater in die omgewing wat baie hoog is, veral in die wintermaande. Vervolg op bladsy 2.

Nuus • News


2

16 Desember 2020

Vervolg vanaf bladsy 1 Dreineringspype moes ondergronds gelĂŞ word om te versker dat dit nie in die toekoms probleme sal veroorsaak nie. Pioneer Foods, wat Sasko besit, is onlangs deur die PepsiCo-maatskappy oorgeneem. Volgens die maatskappy sal hierdie oorname tot voordeel van die streek en land strek, aangesien Sasko nou deel vorm van 'n groot voedselmaatskappy.

Daar sal veral positiewe aanwinste kom in landbou en ook die bevordering van die voedselstelsel. Volgens Bennie Kemp van PepsiCo, is die belangstelling van 'n reuse internasionale maatskappy soos PepsiCo, iets om op trots te wees as 'n besigheid. "Dit beteken ons doen besigheid op goeie beginsels en is dit definitief 'n positiewe bemoediging dat ons land sulke beleggings kan lok."

BEKA SOLAR LED solar lighting solution

Designed and manufactured in South Africa

Various battery technologies available to meet specific customer requirements

www.beka-schreder.co.za +27 11 238 0000

years

Theft and vandal resistant

Nuus • News


Swartland • Bergrivier

Gratis • Free

Nuus • News

Nuus met 'n verskil

3

16 Desember 2020

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 49

16 Desember 2020

'Buite in die strate, bars Jakarandas uit hul nate' Jakarandabome is vol in blom en St Thomasstraat op Malmesbury lyk soos 'n prentjie vanuit Pretoria met die pers laning wat die straat versier.


4

Nuus • News

16 Desember 2020

Die ander kant van Coutts:

Leonita Coutts, inwoner van Malmesbury, het Saterdag haar boek "The Other Side of Me" aan die publiek bekend gestel by 'n geleentheid by Ansha's Villa. Die boek handel oor Coutts se gedagtes en die struweling met geestesgesondheid gedurende inperking, asook motiverings-frases. Haar boek is by Huiswinkels in Biccardstraat op Malmesbury beskikbaar en sal ook vanaf Saterdag by PNA in die De Bron-sentrum teen R100 elk beskikbaar wees. Coutts sal tussen 10:00 en 12:00 by die winkel beskikbaar wees om eksemplare te teken. "Baie dankie vir almal se ondersteuning en dankie dat julle die tyd geneem het om saam met my die bekendstelling te vier en om my boek aan te skaf."

Leeuwelpies:

Swartland Joernaal se Darren Foot-Lombard en Izélle Fouché is onlangs ingehuldig as lede van Lions Internasionaal se Malmesbury-klub. Hul mentor, Marina van der Merwe, het hul sertifikate aan hulle oorhandig.

Tyd vir Snoek Classic!

Dis weer tyd vir die jaarlikse Snoek Classic wat op die gewilde kusdorp van Yzerfontein aangebied word op 19 of 20 Desember - afhangende van die weer. Besoek www.yzerboatclub. co.za vir meer inlgting.

Atletiekkliniek:

Die jaarlikse atletiekkliniek wat by die Hoërskool Swartland aangebied word, word weer op 30 Januarie by die skool aangebied. Die doel van die kliniek is om atletiek as sportsoort te bevorder en om afrigting en voorligting deur ervare, gekeurde, uitgesoekte vlak 111-afrigters te bied. Die volgende items sal aandag geniet: Naellope, middelafstande, verspring, hoogspring, hekkies, gewigstoot, diskus en spiesgooi. Kostes beloop R60 vir atlete en R150 vir afrigters. Kontak Freek Stander by 084 5119 230 of Elmarie Marais 084 517 4692.

0711 33 88 17


Nuus • News

16 Desember 2020

"Virus bekruip jou"

Burgemeester en eggenoot veg teen Covid19

Burgemeester Tijmen van Essen en sy vrou Doedtie, sterk altwee tans tuis aan ná altwee positief getoets het vir die coronavirus. "Ek wonder net waar ek dit gekry het, maar die virus bekruip jou soos 'n dief in die nag, wanneer jy dit die minste verwag." So vertel Swartland se eerste burger.

Volgens Van Essen ervaar hy 'n dowwe gevoel en 'n bietjie lyfseer, maar hy is nou daarop gefokus om ten volle te herstel. President Cyril Ramaphosa het Maandag aangekondig dat strenger inperkings op SuidAfrikaners wag indien hulle nie gehoor gee aan die huidige Vlak 1-maatreëls nie.

Covid19-statistiek in die Swartland

5


6

Kleur my in! Colouring fun!

Nuus • News

16 Desember 2020

Train your brain Grysstof-genot

Swartland Weer Woensdag, 16 Desember - Dinsdag, 22 Desember 2020

14/32 15/32 16/25 17/33 18/32 17/31 15/30 Lieflike sonskyn dag

Lieflike sonskyn dag

Lieflike sonskyn dag

Lieflike sonskyn dag

Lieflike sonskyn dag

Gedeeltelik bewolk maar tog warm

Lieflike sonskyn dag

Garth Fransman 076 125 1186 gfransman@pytbyte.co.za


16 Desember 2020 Nuus • News Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds

14 Desember 1974 – Na 46 jaar stap KAPTEIN en DINA nog die huwelikspaadjie saam. Baie lief vir jou my Dinatjie.

Baie geluk YOLANDA (Landi) met jou geboortedag vieringe op 8 Desember. Mag God jou nog vele jaare spaar, dankie vir die persoon wat jy is, ‘n ma ‘n ouma en vriendin vir almal. Ons steunpilaar, ons rots, en bly so nederig. Ons is onsettend lief vir Mammie. Liefde - van jou 4 dogters, seun, man en kleinseuntjie Noah Baie geluk met jou verjaarsdag Yolanda (Landa) ons liefste suster. Dankie vir alles wat jy vir ons beteken en doen. Mag God jou ryklik seën. Van jou broers Allen en Mendy

moet jou dag geniet. Liefde - jou niggies, Lerisca, Lee-Andre en Ellison

Baie geluk met jou 26ste verjaarsdag op 15 Desember AMY VAN RHEEDE. God se rykste seëninge op jou lewenspad vorentoe. Baie liefde - Willz en Mora

Ek wil net baie geluk sê vir my kleinkind CJ op sy verjaarsdag op 19 Desember. Jy mos nou groot man – drie jaar oud, mag God jou ryklik seën. Ouma Suz is baie lief vir jou. Van: ouma Suz en jou 2susters Meshay en Shona Lee C.J – Baie geluk met jou verjaarsdag. Mooi seënwense vir jou. Jy

MARCIANO BRANDER – 20 Desember – Baie geluk met jou 21ste verjaardag. Mag jy ‘n liefdevolle dag hê. Van: jou Ma en sussies

ARANSHA, baie geluk met jou verjaarsdag op 19 Desember. Mag daar nog vele jare wees vorentoe. Van: jou kollegas by Kekkel en Kraai

Stuur gerus jou familiekennisgewings na

061 555 0344.

Laai ons toep af!

Sterfgevalle Obituary

Besoek Google Playstore op jou Android-selfoon en soek vir Swartland Joernaal. Laai af, installeer en siedaar!

Gawie Skippers (Aubrey): Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van Aubrey ons mede kollega. Ons glo dat die Hemel 'n Engel ryker geword het. Aubs dankie vir wat jy vir ons beteken het. Ons gaan jou Baie mis. Die Peaberry-span. X ----------------------------In 'n kort tydjie het jy ons harte gesteel. Jou vriendelikheid, daardie glimlag en die gasvryheid wat jou uitgestraal het, was aansteeklik. Ons gun jou die rus. Swartland Joernaalspan

BUYING

or

SELLING

FURNITURE WE OFFER THE BEST PRICES

YOU CALL WE COLLECT

CCFMALAUG18

GELUKWENSING Congratulations

Malmesbury 022 482 3788

Getye, Son & Maan Woensdag, 16 Desember -Dinsdag, 22 Desember 2020

KANAAL 460

mytv.co.za

7


8

16 Desember 2020

Nuus • News

Mayor elonese

Tourism m.org or

16 Desember 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670

Smith dra meesters-titel Die Malmesbury Meesters is Saterdag op die Malmesbury-gholfbaan aangebied met 42 spelers wat vir vanjaar se toernooi gekwalifiseer het. Niemand kon egter Natie Smith stop wat met 41 Enkel Stablefordpunte gekroon is as 2020 Meester. Eugene Huyshamer was tweede en Evan Liedeman derde.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Swartland Joernaal Uitgawe 49 16 Desember 2020 by Swartland Joernaal - Issuu