Skip to main content

Uitgawe 41 Swartland Joernaal 21 Oktober 2020

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

Nuus • News

Gratis • Free

21 Oktober 2020

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 41

60cm INGEBOUDE OOND AKP605IX - A Energiegradering - 66L Netto kapasiteit - 5 Multifunksie - Vlekvrye Staal afwerking - 2 Jaar waarborg

was R3 749

3 499

R

21 Oktober 2020

Knortjorre laat waai weer

Geldig tot Saterdag 31 Oktober 2020 Terwyl voorraad hou

www.applianceworld.co.za / B F & W MALMESBURY - 022 100 1040 h/v Rainier & Piet Retiefstraat

Goliath pen eerste reeks neer bl 2 Prokureur open nuwe praktyk

bl 2

Swartlandse swemmers vaar goed op Langebaan bl 8

Die Swartland Oval Karting, die plaaslike knortjor-klub, het Saterdag weer die stof laat spat op hul baan op Malmesbury. Die dag is goed ondersteun deur besoekers en deelnemers.


2

Viljoen voorsitter by Agri Wes-Kaap se Sakekamer

Liam Viljoen, bekende in die landboukringe van Malmesbury, is onlangs verkies tot die Voorsitter van Agri Wes-Kaap se Algemene Sakekamer. Die verkiesing het by die Agri Wes-Kaap se 2020 Jaarkongres plaasgevind.

21 Oktober 2020

•SESSIONS NOU BESKIKBAAR

Nuus • News

Goliath skryf, publiseer en verkoop eie boek 'n Jong skrywer van Malmesbury se eerste boek het onlangs die lig gesien. Mckayla Goliath, wat op plaaslike bodem gebore en grootgemaak is, se toneelspel, is onlangs bekend gestel. "Vir so lank as wat ek kan onthou, was skryf nog al die pad deel van my. Maar dis eers op hoërskool wat ek die moed gekry het om my skryfstukke te begin deel met mense," vertel sy. Alhoewel sy op skool al talle opstelle moes skryf, is daar veral een wat haar bybly. "Ons het 'n Afrikaanse mondeling gehad en ek was gedruk vir tyd. Dit is toe dat ek besluit om my skryf vaardighede in werking te stel en 'n kort gedig oor aborsie te skryf. Ek kan nog duidelik onthou hoe ek voor die klas staan en bewe, bewe lees, maar tog was dit 'n lekker gevoel om te weet dit was my eie skryfstuk. Die klas, asook juffrou Albertus, (AFR onderwyseres) se positiewe reaksie het my laat vergeet van my senuweeagtigheid. Dit het my ook meer selfvertroue gegee om nog van my skryfwerk met mense te deel," sê sy. Sessions, 'n sepie/toneelspel-reeks is die eerste in 'n reeks. Dit handel oor 'n twintigjarige, Scharlett Harris en sessies. Sessies met haar vriende, waar dit soms ingewikkeld kan raak en soos dinge te veel raak, is sy aanbeveel om 'n sielkundige te gaan sien. "Haar sessies met die sielkundige is nie juis so

eenvoudig nie - die sielkundige is eintlik iemand baie na aan haar en Scarlett is nie bewus van die persoonlike konneksie nie. Sy werk deur haar diepste gevoelens en die temas sluit in vriende, liefde, familie bande en alles wat daarmee gepaard gaan. Sessions was al beskryf as 'n 'rollercoaster ride'." Goliath vind haar inspirasie in die lewe. "Dit kan iets wees wat ek self ervaar, maar dit kan ook iets wees wat ek met die oog sien. My verbeelding is ook baie ryk so ek kan van iets klein 'n hele storie maak. Die mense in my lewe inspireer my. Musiek speel ook 'n groot rol." Soos elke skrywer, het Goliath ook haar eie metode van skryf gehad. "Ek sal my laptop neem en eers toelaat dat die musiek my kamer vul. My karakters toelaat om oor te neem sodat ek nooit weg van die storielyn af beweeg het nie. Ek het gewerk ook so ek het soms in my etenstyd aan dit gewerk en dan by die huis net weer dinge ge'tweak'. Dit moes altyd organies gebeur het anders was ek nie tevrede met die eind resultaat nie." Vir Goliath is haar gunsteling boek Bliss deur Michaela Blaney en Shay Mitchell. "Dit is een van die min boeke wat my tot die einde gehou het. As 'n skrywer het ek baie van die storielyn gehou en ek kon ook op sekere maniere met die karakters relate. My gunsteling skrywer moet natuurlik F. Scott Fitzgerald wees. Hy het onder andere vir

The Great Gatsby geskryf maar hy het my met sy kort liefdesverhale gevang. Hy speel 'n groot rol as dit by my skryf/ inspirasie kom." Goliath publiseer en verkoop haar skryfwerk self. "Dit gee my die grootste plesier om deel te wees van elke aspek van die proses. Dit gun my ook die geleentheid om 'n persoonlike verhouding met my lesers te skep. "My langtermyn doelwit is om my eie publishing company te hê sodat ek nie net myself kan, maar ook ander mense met die skryfgogga te help om hul woorde aan die wêreld bloot te stel. My boek, Sessions, (een van vele) kan by my bestel/gekoop word deur 'n epos te stuur aan: (Janestoner95@gmail.com). Dis beskikbaar teen 'n prys van R180 vir die harde kopie en R120 vir die digitale weergawe.

Swartlander wil terugploeg met sy regskennis

William Koch, 'n Swartlander in murg in been, open vandag sy eie regsfirma op Malmesbury, sodat hy die gemeenskap van die omgewing wat hom na aan die hart lê, kan bedien. William is in Kaapstad gebore, maar het van sy eerste dag op Malmesbury gewoon en sy skoolloopbaan aan Laerskool en Hoërskool Swartland voltooi. Daarna, in 2008, het hy die pad na die Universiteit van Stellenbosch aangedurf om BComm LLB te studeer. In 2011 het hy sy BComm (Regte) graad voltooi en in 2013 sy LLB graad bygevoeg. Dit was letterlik ‘n marathon en nie ‘n wedren nie, lag hy. In 2019 het hy 'n sertifikaat van die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool verwerf in Menslike Hulpbronbestuur, om sy kennis van die arbeidsreg aan te vul. William het reeds op skooldae onwetend 'n passie vir die regte begin ontwikkel. "Toe ek op skool was, het ons nie 'n vak "regte" gehad. Ek het ook nie daardie tyd enige familie of vriende gehad wie prokureurs of advokate was nie. Omdat ek nog altyd van nuus gehou het, het ek op Hoërskool weekliks die koerant gelees en was dit basies my enigste blootstelling aan die regte. Ek het die verskillende sake in die media baie interessant gevind en daar gelees van prokureurs en advokate. Ek moes in Graad 11 besluit wat om te gaan studeer en het beroepstoetse ondergaan. Na afloop van die toetse, was die aanbeveling dat ek regte gaan studeer en gelukkig kon ek plek kry by Stellenbosch. "Tydens my studentejare het ek geweet dat ek niks anders as ‘n prokureur wou word nie. Ons dosente en professors op Stellenbosch was uitstekend om ‘n liefde vir die reg in die studente

te vestig. "In my opinie is ek vandag in ‘n bevoorregte posisie om mense met hulle probleme te kan bystaan. "Die regte is ‘n interessante en uitdagende veld, omdat dit konstant ontwikkel, maar die menslike aspek van ons beroep geniet ek die meeste," vertel William. In 2014 het hy sy klerkskap by die plaaslike firma, Terblanche, Slabber, Pieters Prokureurs op Malmesbury begin en op 5 Februarie 2016 is hy as prokureur in die Hooggeregshof in Kaapstad ingesweer. Ná sy klerkskap het William ongeveer drie jaar as prokureur by TSP gepraktiseer en in Maart 2019 besluit om sy vlerke te sprei. Hy het buite die praktyk ondervinding gaan opdoen by Aerobotics, 'n internasionale landbou-tegnologie maatskappy. "Die regte het my egter vinnig teruggeroep en sluit ek toe aan by ‘n regspraktyk in Paarl. Die gedagte van my eie praktyk het een aand oor ‘n braaivleis vuur saam met my ouers opgekom en soos hulle sê, 'the rest is history'." Alhoewel William se kantoor op Malmesbury gesetel sal wees, sal sy dienste landswyd beskikbaar wees. "Ek glo enige firma word op goeie regsadvies en kliëntediens gebou, maak nie saak hoe groot of klein ‘n instruksie is nie. My beplanning is om die praktyk organies te groei wat nooit die voormelde beginsels sal afskeep nie," vertel hy trots. Die firma is “full-service” wat basies beteken dat alle basiese litigasie en kommersiële regsdienste aan kliënte gebied word. 'n Volledige lys van dienste sal op die firma se

webtuiste beskikbaar wees. "Ek het egter besluit om tesame met die tradisionele regsdienste, tegnologie reg tot die firma se dienste te voeg. "In vandag se digitale wêreld is dit noodsaaklik dat kliënte ingelig en beskerm word wanneer dit by die internet, sosiale media en applikasies kom." Besoek William se kantoor in Voortrekkerweg 95, Malmesbury of kontak hom vir ‘n afspraak by 022 125 0610. Hy kan ook gekontak word by admin@kochlaw.co.za of besoek gerus die firma se webtuiste by www.kochlaw.co.za. Met die talle interessante sake wat in die geskiedenis William Koch, oud-Rockie, se regspraktyk open vandag sy deure. afgespeel het, sou William graag betrokke wees en alhoewel die wiele van geregtigheid wou wees by die State Capture Commission stadig draai, dink ek daardie span verdien of Enquiry-span wat korrupsie en bedrog medaljes vir die enorme taak wat hulle verrig ondersoek. "Dit moet ongelooflik interessant onder moeilike omstandighede."


Nuus • News

21 Oktober 2020

3

p Rugbytoernooi vir Paasnaweek

n nou % ge-

gov.za

Mayor elonese

Tourism m.org or

beplan

Vredenburg loods 'n Weskus rugby- en netbal-toernooi oor Paasnaweek 10 tot 13 April 2020. Alle klubs wat aan die toernooi wil deelneem, kan die volgende kontak per sms of whattsapp. Inskrywingsgelde is R500 per span. • Delia Esau - 0638618627 • John Mitchell - 0824069549

Buurtwag: Die nuutverkose bestuur van die Eagle Eye-buurtwaggroep op Malmesbury,

is Mugamat van der Speck (tesourier), Salmon Mouton (ondervoorsitter), Maria Warries (sekretaresse) en Delian Van Schalkwyk (voorsitter). Enige navrae kan aan Delian van Schalkwyk gerig word by 0710716273.

3


4

21 Oktober 2020

Nuus • News

You’ve been burnt by the market – now what? What can you do about a market event, correction or shock after the fact? The best course of action, is to view it as a learning opportunity, and take action to ensure your risk profile, investment strategy and asset allocation have all been determined correctly. It’s important not to approach this in a knee-jerk manner. Rather, it requires you to do the legwork, re-evaluate your portfolio and its objectives soberly, and only make changes where they are clearly called for. It is also a good opportunity to consider changes to your portfolio to preserve capital by controlling downside risk. Research has shown over and over that your own behaviour negatively impacts your returns over the long term. Ask yourself how many of these investment transgressions you are guilty of: • reacting emotionally to market news – selling or buying without proper research or strategy • forecasting the market’s every move • getting greedy and trading for short-term gains based on gossip • starting with a structured portfolio, but soon ending up with a mess due to undisciplined buying • checking your portfolio value daily • hiding in cash when markets get turbulent • forecasting binary event outcomes and structuring your portfolio accordingly • forgetting about the tax consequences of your decisions until it’s too late. The wise investor remembers that long-term investment principles prevail: • Equities (growth assets) outperform inflation over time, despite short-term volatility. • Diversify, diversify, diversify • Cash is not a suitable long-term investment

• No single asset manager has a monopoly on asset management skill • Research pays exponentially. Moreover, the wise investor understands that there are things they can control, like their own behaviour, and things they cannot control, like the ups and the downs of the market. If you find you have been guilty of any of the investment transgressions described above, the best defence is putting a strategy in place to remove the temptation from your investment equation and to ensure you focus on the element you can control: your behaviour. A qualified investment adviser can help you to do so in a disciplined manner by developing a tailored strategy to help you take the emotion out of your investment decisions. We know beyond a doubt that the investment market will have many ups and downs in the future. Use the current opportunity to understand the triggers that make you act impulsively and ultimately cause value-destroying behaviour, and ensure your portfolio is well diversified in line with your risk profile. By taking these steps today with the help of your adviser, you can ensure your portfolio is robust and better able to ride out the next big market event. Source: Jac de Wt CFP MComm Wealth Manager PSG Wealth


Nuus • News

5

21 Oktober 2020

Train your brain!

Presidentverkenners: Hierdie Graad 12-leerders van die HoĂŤrskool Swartland

op Malmesbury het Voortrekker Presidentverkenners-toekennings ontvang. Hulle is Albert Bester, Fanie Walters, Joshua Minnaar, Anri Malherbe, Carien Van Wyk, Juan Lourens, Fred Turner en Hugo Becker.

Dorper vir R24k opgeveil Op Donderdag 01 Oktober 2020 het die Weskaaplandse Dorperklub hul jaarlikse veiling aangebied te Steilhoogte Laerskool in die Vredendal distrik. Die aanbod het bestaan uit 130 top Dorper en Witdorper-ramme. Die duurste Dorper-ram op die dag was vir R 26 000 verkoop aan Buks Marais van Citrusdal, die verkoper was Isak Nel van Aliwal-Noord. Die gemiddeld van die 68 ramme was R 10 941

gewees. Die duurste Wit Dorper-ram van die dag is verkoop aan Leadmaster Farming van Lutzville vir 'n bedrag van R 24 000, die gemiddeld van die 62 ramme was R 11 279 gewees, die verkoper was Tromp Cilliers en seuns Witdorpers van Upington. Die veiling is uiters suksesvol aangebied deur BKB Wes-Kaap en Appie Maritz het as afslaer opgetree.

Woord van die week

Special! R450 for 1 pager static website!


6

21 Oktober 2020

Algemene Jaarvergadering: Meals on Wheels Community Services

5 November @ 18:00 op die hoek van Jakarandastraat en Magnolialaan. Kontak: Dolly Naylor by 073 041 5201 met navrae.

Nuus • News

Wen GROOT met Bushman's Cave Swartland Joernaal, saam met Bushman's Cave gee hierdie week lekker pryse weg! Twee dubbelkaartjies is op die spel en sluit die volgende in: • Toegang na die vertoning en steakete • Gratis kampering • Gratis toegang na die 4x4-roetes. Al wat jy moet doen om hiervoor in

aanmerking te kom, is om jou naam en van asook tuisdorp te WhatsApp na 061 555 0344 teen Maandag om 12:00. Wenners sal telefonies in kennis gestel word. Let wel dat die kaartjies na Bushman's Cave in Clanwilliam is - so wees seker dat u beskikbaar is, voor u inskryf.


Nuus • News

7

21 Oktober 2020

Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd Geluk met Ma en Ouma se verjaardag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Al ons liefde. Van jou kind - Katrina, manlief en kinders -----------------------------

Bakkie te huur vir u gemak, Eienaar bestuur self. Niks wat ons nie kan vervoer – van goedere tot ‘n uitstappie Pofadder toe. Verwyder ook tuinvullis. Skakel vandag nog 082 442 8523 GELUKWENSING Congratulations

DIENA PAPIER. 24 Oktober – Geluk met Mamma se 69ste verjaardag. Mamma moet lekker verjaar, mag die Here jou nog vele jare spaar. Dankie vir alles wat jy vir my doen. Baie liefde – Charmaine, Desmond en kleinkinders

HAILLEY-JANE DANIELS – 23 Oktober – Baie geluk met jou verjaardag. Mag Liewe Jesus jou spaar en seën op jou lewenspad. Dankie vir die pragtige mens wat jy is. Ons is baie lief vir jou. Van: Ma, broers, susters, Jayden, Chloe, Jowaan en Cline -----------------------------

Baie geluk met jou verjaarsdag JEANMARQUE. Hoop jy

MEMORIUM IN MEMORIAM

geniet jou dag en mag Liewe Jesus jou behoed, bewaar en beskerm. Met liefde – jou ouers en susters -----------------------------

WILLEM (WILKY) MATTHYSE 1950 – 2019. You left us beautiful memories, your love is our guide, although we cannot see you, you're always at our side. Happy 70th Birthday From: Your Family You may not be with us anymore, but our love for you will never die. Happy 70th Birthday Wilky. From: Mekka and family

HOWARD APRIL. Geluk met jou vyfde vejaarsdag my seun. Mag God jou nog vele jare spaar, Ons is lief vir jou. Van: Mammie, Vante en Haygen -----------------------------

STERFGEVAL OBITUARY

24 Oktober. Happy birthday, may God bless and keep u many more years. Love you. From: Mommy en Beyonce.

THEOPHILLUS ADONIS LEUKES – Gebore: 23 Oktober 1930 en

KENNISGEWING VAN TENDERKANSELLASIE Kennis geskied hiermee dat die volgende tender gekanselleer is:

TENDERKENNISGEWING: T22/20/21 Tenderbeskrywing: Voorsiening en aflewering van een (1) 4x4 dubbelkajuit ligte afleweringsvoertuig met kappie Rede vir kansellasie: Die tender is gekanselleer as gevolg van onvoldoende fondse.

TENDERUITNODIGING TENDERKENNISGEWING: T30/20/21

VOORSIENING EN AFLEWERING VAN EEN (1) 4X4 DUBBELKAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAPPIE Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van een (1) 4x4 dubbelkajuit ligte afleweringsvoertuig met kappie, soos in die amptelike tenderdokumentasie uiteengesit. Tenderdokumente kan by Jo-Maré van der Westhuizen by die Swartland Munisipale Kantore op die hoek van Hill en Piet Retiefstrate (langs Checkers-ingang), Malmesbury (tel. 022 487 9700) verkry word. ’n Nie-terugbetaalbare tenderfooi van R120,00 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van hardekopie tenderdokumente. Die elektroniese tenderdokumente is gratis op aanvraag beskikbaar. Onvolledige dokumente sal nie aanvaar word nie. Kwotasies en alle toepaslike dokumentasie in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T30/20/21: AANKOOP VAN EEN (14X4 DUBBELKAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAPPIE” moet voor 12:00 op Vrydag, 6 November 2020, in die tenderbus by die Swartland Munisipale Hoofkantoor op die hoek van Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury, ingedien word. Geen kwotasies sal elektronies, per faks of laat aanvaar word nie. Tenders sal ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die aangehegte spesifikasies geëvalueer word. Die 80/20-voorkeurpuntstelsel sal gebruik word vir die evaluering van hierdie kontrakte. Die voorkeurverkrygingsbeleid sal gedurende normale kantoorure by die munisipale kantore ter insae lê. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Tenderaars wat wil kwalifiseer vir die voordele van B-BEEE, moet Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi ten einde punte te ontvang. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-geondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees. Tegniese navrae rakende hierdie tender kan aan mnr. Neville Matthys by tel. 022 487 9400 gerig word. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ’n gedeelte van ’n tender of ’n tender in geheel te aanvaar nie. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 20 Oktober 2020

JJ Scholtz Munisipale Bestuurder

www.thecandocompany.co.za 140683

www.ayandambanga.co.za

20X4 PROOF 1

kom tot sterwe op 15 Oktober 2020. Begrafnisreëlings: Saterdag, 24 Oktober - Besigtiging vanaf 08:00 by V.G.K Malmesbury. Happy birthday beloved daddy on your 90th birthday and your first birthday in Heaven. You are our Angel. Love always – your wife, Leukes children and grand children

Stuur gerus jou familiekennisgewings na

061 555 0344.

BUYING

or

SELLING

FURNITURE WE OFFER THE BEST PRICES

YOU CALL WE COLLECT

Malmesbury 022 482 3788

CCFMALAUG18

TE HUUR For Hire


8

21 Oktober 2020

Nuus • News

21 Oktober 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670

Sportuitslae •Results • Sportuitslae •Results

Duiwe-wedvlug

RIEBEEK VALLEY - Britstown 1 Alex Fam 14.14.33; 2 Persens Hokke 14.34.12; 3 Persens Hokke 15.03.44; 4 MJ Hokke 15.02.42; 5 Mentoor Hokke 15.24.31; 6 Alex Fam 16.40.58; 7 MJ Hokke 16.48.41; 8 Mentoor Hokke 17.07.01; 9 Abrahams Hokke 17.10.54; 10 Alex Fam 17.33.27; 11 Kuiler Hokke 17.32.04; 12 MJ Hokke 18.25.11; 13 Alex Fam 18.42.00; 14 Mentoor Hokke 18.51.28; 15 Alex Fam 06.17.57; 16 Mentoor Hokke 06.01.00; 17 Mentoor Hokke 19.27.42; 18 Alex Fam 06.17.57;

19 Mentoor Hokke 06.29.09; 20 Mentoor Hokke 06.36.29; 21 Alex Fam 06.50.54; 22 Mentoor Hokke 06.53.33; 23 Alex Fam 07.12.45; 24 Amen Hokke 07.14.44; 25 Mentoor Hokke 07.17.19; 26 Amen Hokke 07.15.23; 27 Mentoor Hokke 07.36.08; 28 Amen Hokke 07.37.51; 29 Mentoor Hokke 07.44.41; 30 Mentoor Hokke 07.59.41 OMEGA – Britstown 1 Hok Edas & Pienaar 14.05.56; 2 Hok Edas & Pienaar 17.07.55; 3 Z & Z Lofts 15.07.28; 4 Shane Arendse 15.14.33; 5 Kasu & Sons 15.18.16; 6 Shane Arendse 15.34.13; 7 Leukes Family 15.36.03; 8 Shane Arendse 15.40.53; 9 D Daniels & Son 15.43.36; 10

Stan the Man 15.49.38 MALMESBURY - Modderrivier Ope 3 1 Kotze Familie Hokke 784.1625; 2 J Steenkamp 782.8023; 3 Bordeaux A 739.2073; 4 LF van Dalen 738.2908; 5 J Steenkamp 736.5227; 6 Kotze Familie Hokke 735.8030; 7 LF van Dalen 734.3705; 8 F Meintjes & Seuns 734.1416; 9 Kotze Familie Hokke 730.1265; 10 Cross Border Lofts 729.7458; 11 Kotze Familie Hokke 722.4161; 12 Kotze Familie Hokke 718.6852; 13 J Steenkamp 700.7138; 14 J Steenkamp 686.3132; 15 F Meintjes & Seuns 679.3298; 16 LF van Dalen 677.1312; 17 Cross Border Lofts 668.1382; 18 F Meintjes & Seuns 664.9954; 19 J Steenkamp 654.4925; 20 Cross Border Lofts 649.1452;

Malmesbury Modderrivier Ope 4

1 LF van Dalen 825.7578; 2 Cross Border Lofts 813.6853; 3 Kotze Familie Hokke 813.4054; 4 Cross Border Lofts 794.5691; 5 D De Villiers 725.5069; 6 J Steenkamp 719.1554; 7 J Steenkamp 715.5251; 8 J Steenkamp 708.3509; 9 Kotze Familie Hokke 696.0423; 10 Kotze Familie Hokke 695.1865; 11 J Steenkamp 693.0674; 12 Cross Border Lofts 685.2758; 13 J Steenkamp 683.3093; 14 F Meintjes & Seuns 667.1412; 15 Cross Border Lofts 652.7805; 16 Bordeaux A 652.0133; 17 J Steenkamp 649.3148; 18 Kotze Familie Hokke 643.0570; 19 F Meintjes & Seuns 638.8347; 20 J Steenkamp 633.9734

Swartland-swemmers laat water op Langebaan spat

Swem: Die Swartland-swemklub het op 17 Oktober aan die Curro Langebaan swemklub se klubgala deelgeneem. Altesaam 41 swemmers van Swartland het deelgeneem en sewe klubs het in die uitdaging kragte gemeet. Swartland het 'n algehele eerste plek behaal met 3102 punte, waarvan die seuns 1485 punte aangteken en die meisies 1617 punte aangeteken het. Al die swemmers het goed gevaar en die meeste het hul persoonlike beste tye geswem. Foto's: Anelda Buhr Photography


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook