Gure weer stuit feesgangers nie
Vanjaar se kykNET Buite-ekspo is weer goed ondersteun, ten spyte van die gure weer wat Saterdag geheers het. Sondag se sonskynweer het feesgangers na die terrein verwelkom. Die finale besoekertalle sal later die week bekend wees.Foto: Weskus Distriksmunisipaliteit
29 Maart 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 161 Gratis • Free
Resep vir Paasfees
Smaaklike Kerrievis
Hierdie spasie is moontlik gemaak deur Ocean Processors op Malmesbury.
Bestanddele
4 tot 6 groot uie (in ringe opgesny)
Spice Mecca se kerrievis-mengsel (1 boksie) of jy kan Rajah Hot en Mild-kerriepoeier gebruik.
3 eetlepels suiker na smaak Peper en sout soos benodig ‘n Kwartkoppie asyn (125ml)
2 koppies kookwater (500ml)
Metode
1. Sny uie in ringe en gooi in kastrol.
2. Gooi dan jou asyn (125ml) en jou 500ml kookwater op uie.
3. Gooi dan jou kerrie, sout, peper en suiker by
4. Kook uie op lae hitte vir plus minus 25-30min
METODE OM VIS TE BAK
Sny vis in stukke. Druk vis in opgeklopte eier en dan in meel. Bak dan u vis op in lae olie op ‘n matige plaat stadig. As vis klaar gebak is, gooi klaargemaakte Kerrie-uie oor gaar gebakte vis.
Resep deur: Lidia Miller (gebore Malmesbury) Woonagtig in Jeffreys Baai, afgelope vyf jaar
Rugby: Hierdie leerders van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is gekies vir die Boland Plattelandspan en het Maandag aan die Wes-Boland-proewe op Hopefield deelgeneem. Voor is Ernie Crow, Ruwalton Beukes, Morné janse van Rensburg, Jordan-lee Bester, Jayden Farmer, Canmore America en Tyron Delport. Agter is Johan Mckenzie, Hermann Hartung, Liseko Tuntubele, Schalk Senekal, Louie Swanepoel, JH Kleynhans en Dillion Alexander.
2 Stand van die damme
Sanral invests R12m in Malmesbury project
Through a partnership between the South African National Roads Agency SOC Limited (SANRAL) and the Swartland Local Municipality, the community of Malmesbury and surrounds is getting more than just pedestrian walkways and sidewalks, as the R12 million project also ensures skills development knowledge transfer and job creation.
The scope of works includes the construction of sidewalks and a recreational park in Ilingelethu and Wesbank in Malmesbury, with training for local labour already well underway.
"This project is a great example of the benefits of cooperative governance and what can be achieved when we collaborate in the best interest of our most marginalised communities. It speaks directly to our vision of hope and a dignified life for all people," said Jonhill Spies, Manager for Public Services, at Swartland Local Municipality.
Some 49 residents have already been taken up in job creation opportunities that sees participation prioritised for women, youth and persons with disabilities. Of the local labour pool, there are currently 12 women and 21 youth workers actively busy on site.
"It is indeed heart-warming to witness the change, particularly for young people who have the opportunity to learn new
skills, contribute economically to their families and effectively carve a pathway out of poverty," said David Le Cordeur, SANRAL Project Manager.
As with all SANRAL projects, subcontracting opportunities for small, medium and micro enterprises (SMMEs) are high on the agenda. This includes not only access to project participation, but capacity building, training and development.
I-xe I-xara Projects (Pty) Ltd is one of the targeted enterprises, who is contracted to do kerbing on the project. Khoi San owner, Daniel Smith, explains that the name means diversity.
"I am incredibly grateful to the main contractor for all the support, mentoring, assistance and guidance I get. I can honestly say that they look out for me. I employ around 10 local labourers and when my workers are idle, the contractor points this out and reminds me, that that is money down the drain," said Smith.
SANRAL is committed to meaningful transformation that is geared to not only give emerging black business access to economic opportunities, but also the tools, support and guidance to see them grow, develop and ultimately prosper.
The project, which kicked off in September 2022, is earmarked for completion towards the middle of 2023.
Personeel van Weskus Distriksmunisipaliteit se Rampbestuursentrum het vanjaar se Kyknet Buite-Ekspo buite Malmesbury bygewoon.
Soos altyd was die Gemeenskapsveiligheidshond, Fluffy en Hopsy Copsy, al te gretig om met die feesgangers interaksie te hê en om veiligheidswenke met hulle te deel.
Hierdie inisiatief is deel van Weskus Distriksmunisipaliteit se Gemeenskapsveiligheid intervensies wat poog om veiliger omgewings vir almal te bewerkstellig.
Volgens Joos Engelbrecht, raadslid verantwoordelik vir gemeenskapsveiligheid by die mu-
nisipaliteit, is dit belangrik om bewusmaking te doen by jonk en oud.
“Elkeen van ons het ’n rol te speel met betrekking tot gemeenskapsveiligheid en hierdie interaksies met die publiek help om hulle net weer opnuut te herinner dat hulle ’n groot bydrae kan maak om veiliger omgewings te skep” het raadslid Engelbrecht gesê.
Weskus Distrikmunisipaliteit se Gemeenskapsveiligheid ambassadeurs het verskeie gemeenskapsveiligheids veldtogte in gemeenskappe en by skole en kan gekontak word by 022 433 8701.
29 Maart 2023 3
WKDM-bewusmaking by kykNET Buite-ekspo
Leerders van Hoërskool Swartland ontmoet vir die Veiligheidshond, Fluffy, by die Buite-ekspo.
Hoe gemaak met... ...herfstuine in die Swartland
Ja dit is nou amptelik herfs!
Die oggende en aande is heelwat koeler en die ergste warm dae het ook 'n bietjie gewyk. Kom ons kyk hoe gemaak in ons herfstuine.
Blombolle: As jy nog nie begin plant het nie, is dit nou die tyd om hulle in die grond te kry.
Tuinbomme: Begin nou saai en plant - daar is 'n groot verskeidenheid winter- en lenteplante, soos pronkertjies, bokbaaivygies en namakwalandse madeliefies. Kyk ook na die saadmengsels vir son en skadu, soos die geharde namakwalandse blommengsel.
Saailinge: Wintersaailings wat in ses-pak sakkies kom, is eersdaags beskikbaar.
Gesiggies en violas sal in laat-April beskikbaar wees. Loer dus gereeld by jou kwekery in daarvoor.
Deklaag: Moenie vergeet van 'n goeie deklaag vir jou tuin nie.
Dit verhoed die verdamping van kosbare grondvog en beskerm ook die wortels teen uitermatige koue en ryp.
Vir 'n goeie deklaag kan kompos of boombas gebruik word. Dit blok ook die sonlig en word
ongewensde onkruid beperk.
Grasperke: Die groeiseisoen vir grasperke begin nou stadig afneem. Vir blaargroei in jou grasperk, voed dit met 4:1:1 kunsmis of Blade runner.
Om die grasperk sterk te maak vir die wintermaande, voed dit met 2:3:2.
Jy kan begin met voorkomende onkruiddoders om die wintergras te keer; daarvoor gebruik ons Lawntyl wat gespuit moet word.
Plant in die regte seisoen: In die winterreën valgebied dink ek die beste tyd om te plant, is in die herfs en vroeë wintermaande (Maart tot Junie).
Die weer is meer gematig en die vooruitsig vir lekker reën is altyd daar.
Die plante kry 'n beter kans om hul wortels sterk te vestig, voordat die droë, warm weer begin. Onthou, al groei 'n plant nie sigbaar bo die grond nie, sy wortels bly groei om homself sterk te maak vir die kwaai somer wat voorlê.
Groetnis tot 26 April en lekker tuinmaak.
George Retief
29 Maart 2023 4
Stuur jou nuuswenke na
As jy jou besigheid wil laat groei, kontak vir Karin. karin@ swartlandjoernaal.co.za
29 Maart 2023 5 SPECIALS VALID UNTIL 23 April ‘23 WHILE STOCKS LAST. E&OE mambos.store HEAD OFFICE - 021 911 5555 shop online • WESTERN CAPE: RETREAT - GREEN POINT - PARKLANDS - TABLE VIEW KENILWORTH - CAPE GATE - BELLVILLE - PAARL GEORGE - SOMERSET WEST • EASTERN CAPE: BEACON BAY - VINCENT BAYWEST - FAIRVIEW • BLOEMFONTEIN: VALUE MART - LANGENHOVEN PARK R349 5L - R119 6 pk - R69 12pk - R129 save R50 Chafing Dish 1 or 2 pans SET OF 3 Shoe Box Set R149 Womens Mens R129 R349 11L 26L 56L Clear Storage Set 30L R199 45L R219 Maxi Drawers R289 R389 R499 3 Drawer 4 Drawer 6 Drawer 799 foldable Rectangle R39.99 R169 Heavy Duty Foil 25m x 440mm single R95 BUY 2 Cling Wrap or Foil Wax Paper 30cm x 25m Fine Dining Wine Glasses 590ml R100 BUY 4 it’stim e to SAVE get morevalue & R45 small R75 medium R85 large R79 1.6L Glass Jar Bamboo lid & black clip each save R50 Stellar Chair Black or White R269 R109 Cling Wrap 100m x 300mm single R59 R99 Onyx Chair Black Mug 400ml R45 Plate 20cm R69 R99 Plate 28cm R59 Bowl 630ml Imported Siaki Stone Crockery Venus storage boxes asst cols asst cols BUY 2 get one FREE! Storage Box Combos Storage Box Combo 110L R329 BUY 2 i have wheels single R29.99
29 Maart 2023 6
na
As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.
Kopkrapper van die week Stuur jou sportnuus
GELUKWENSING Congratulations
KAYDEN FARRAH BALIE - Happy birthday to my always amazing and forever fabulous daughter. Today I am thankful and blessed for your life. May you grow cuter, wiser, stronger and braver than you are now. My priority will always be to keep and see you happy. Enjoy your day my all-time favourite.
From: Mommy. Shayne. Kaydee and Tyrick
Baie geluk mevrou BOTHA met u verjaarsdag op 29 Maart. Mag God u seën en nog jare by spaar. Van: Chantal, Lee- Ann en u aanstaande Willem
AMANDA ROEMS – 31 March 1968 - 19 June 2022 – It’s difficult to express gratitude for someone who given so much of themselves, throughout the year. Thank you mother and grandmother for all the time you sacrifices for us and for all the lovely memories you’ve given our family. I wish you a happy heavenly birthday Mammie From: your daughter Fredeline, Grandchildren - Guilermo and Tyron, son in law - Ralph
25 Maart - FRANCENE EN ZENDENIQUE SOLOMONS - Baie geluk aan die 2 sussies. Mag God julle baie jare nog seen. Van: Solomons gesin liefde.
29 Maart 2023 7
In
MEMORIUM
Memoriam
Mans rolbalspan vaar 'skitterend' - hou die beste vir laaste
Malmesbury se mansrolbalspan het Saterdag amok gemaak op hul tuisperk deur hulle kompetisie van Goodwood sonder enige punte op die punteleer huis toe te stuur.
Met hierdie oorwinning van 12-0 en 68-31 op die telbord, bespreek hulle dus hul plek in die eerste liga van die WP Vlag-kompetisie.
Alhoewel dit deurgaans afwisselend liggies gereën het, het die manne gefokus gebly, wetende dat drie ander spanne ook wil promoveer.
Daniël Griebenauw, Brian Howell, Peter Hall en Rainier van Zyl se wedstryd verloop soos al hulle vorige wedstryde.
Begin stadig, raak kalm en draai dan die skroewe met mening aan.
Die eerste stel is taai, hulle gee vier skote af op die tweede skof, veg terug en wen dit 8-6. Op die eerste skof van die tweede stel maak Goodwood die telling 8 elk, wat later te blyk hulle laaste stuiptrekkings sou wees.
Met Rainier en Peter wat die opponente dood trek en Brian wat nie 'n
voet verkeerd sit nie, is die tafel gedek vir Daniël wat met aggressiewe spel die doodskis toe spyker met drie keer 3 en 4 skote wat die vonkelwyn solank vanself goed laat koud word het. Hulle wen die tweede stel 11-3, en die laaste stel 13-4.
Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen beleef twee taai stelle om 16-11 voor te loop, nadat hulle met 9-6 en 7-5 hulle neuse kon voor hou. In die derde stel loop hulle op 'n stadium 6-7 agter, maar verseël die wedstryd bo alle twyfel deur een en drie onderskeidelik op die laaste twee skofte op te tel.
Alhoewel Marius en Lodewyk gesukkel het om hulle ritme te vind, het beide op kritieke tye doodskote getrek.
Met Altus wat sy gebruiklike reddingswerk gedoen het net wanneer die opponente dink hulle kan dalk 'n deurbraak bewerkstellig.
Roux kon gereeld daarop konsolideer en die telbord laat aanhou rol.
So nou lê daar harde werk voor om in die eerste liga die span te laat geld.
Volgens Roux bly dit egter weekliks 'n uitdaging om te presteer, want weens talle geldige redes en faktore kon die keurders nooit die beste kombinasie in die veld stoot nie. Dinge kon ook baie anders verloop het as die eerste wedstryd tuis nie so rampspoedig verloop het nie. Dit was een van slegs twee wedstryde wat verloor is.
Die klub se drie verskillende enkelspelkampioenskappe word dié week afgehandel.
Woensdag speel Jeff Petersen en Kobus Groenewald in die mans novice-eindstryd, met June Rickett wat haar titel verdedig teen Tia Petersen in die vroue afdeling.
Donderdag sê Roux, Rainier, Brian, Paul Rossouw, Peter, Daniël, Dawie Horn en Marius mekaar die stryd aan in die ope kwarteindstryde. Daar is nog paar uitslae uitstaande, sodat daar nog nie bepaal kon word wie speel teen wie nie.
Die half- en eindstryde vind Saterdag plaas.
-Dr Roux Vermeulen
29 Maart 2023 8 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 161 • 29 Maart 2023