Uitgawe 22 Februarie 2023

Page 1

Deli-Co: Van hul familie tot joune

Deli-Co Butchery & Bistro in die Riebeekvallei het oor die afgelope maande vorm aangeneem tot die indrukwekkende aanleg wat dit vandag is. Hier kan jy aansit vir 'n heerlike ontbyt en meer, jou vleis- en vleisprodukte aankoop, alles in om 'n omgewing wat jou na jou asem sal laat snak. Deli-Co is 'n familieonderneming met 'n passie vir mense. 'n Besigheid met 'n groot hart en doen alles met "Ma Susan" se raad wat in hul gedagtes sê "Alles in liefde". Die slaghuis verskaf hul top-gehalte vleis aan talle bekende supermarkgroepe, restaurante en slaghuise oor Suid-Afrika heen. Die vyfde geslag Truters staan nou aan stuur van sake en het 'n brandende liefde vir kwaliteit vleis, boer, diere en hulle sien dit as 'n voorreg om hul vleisprodukte met ander families soos hulle sin te kan deel.

* Volg Swartland Joernaal om oor die komende weke die verhaal van Deli-Co te leer ken en die mense agter die skerms te ontmoet.

22 Februarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 155 Gratis • Free
II

'n

Koeksister-koning droom groot

'n Fiets waarmee hy kan skool toe ry, waarmee hy kan rondbeweeg om koeksisters te verkoop. 'n Fiets.

Dit is wat Wesley-Clyde de Klerk (13) van Malmesbury vir homself met sy eie sakgeld wil koop.

Wesley is 'n seun met 'n unieke uitkyk op die lewe. Sy hande staan vir niks verkeerd nie, hy sal selfs 'n boef agterna sit as dit nodig is.

Wat hom wel anders en uniek op Malmesbury maak, is die feit dat hy die bekende gesig van Yummy Treats is, oftewel die koeksister-seun.

Wesley het gedurende Covid na Malmesbury verhuis saam met sy ma René en jonger broer.

"Ek het alles daar agtergelaat, my kinders gevat en 'n skoon, nuwe begin hier kom maak. Dit was nie maklik nie, maar dit was die beste vir my seuns," vertel sy. Vandag glimlag die twee van oor tot oor as hulle vertel van hul onderneming, Yummy Treats.

Wesley het self te voet van besigheid tot besigheid gegaan en die koeksisters wat sy ouma, Anne-Marie Els, bak, verkoop. Dit het goed gegaan en die besigheid het vinnig gegroei.

René het 'n vaste werk in die tydperk gekry en moes toe slegs op bestellings die soete lekkerte aan kliënte verskaf.

Dit is toe dat Wesley gevra het of hy deel kan word van die span.

"Ek wil self my eie sakgeld verdien. Ek kan nie altyd vir my ma net dinge vra nie. Ek moet my deel doen om te help en om my geld te verdien. Ek wil. Ek wil werk vir dit wat ek het." Vervolg binne...

22 Februarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 155 Gratis • Free
Fiets.

gee raad... …jou tuin in Maart

Ons het lesersvrae ontvang wat ons graag vandag behandel:

Vraag A: My grasperk bly vol geel kolle al kry dit genoeg water. Wat moet ek doen?

George antwoord: In ons warm somermaande kan ‘n grasperk soms wispelturig wees! Geel kolle kan ‘n paar oorsake hê:

Jy sny jou gras te kort of die grasperk is al ‘n bietjie dik en dan gryp die grassnyer sulke wit happe uit die pool van die grasperk.

Daardie kolle word deur die son gelooi en brand dit geel.

Wees versigtig om dit nie te kort te sny nie en moenie dié tyd van die jaar die grasperk se dik pool weg sny nie – dit doen ‘n mens einde Augustus tot begin September, net voor die nuwe groeiseisoen.

Geel kolle kan ook deur (a) grasperk-ruspes en (b) waterkrieke veroorsaak word.

Hulle lewe net onder die oppervlak en kom snags uit om hul vreetwerk aan die gras te doen en weer eens verskyn geel kolle. Dié twee peste kan behandel word met gifstowwe met die volgende aktiewe bestanddele: (a) Sipermetrien of Karbarli en (b) Koinor of Meridian

In beide gevalle maak jy die gifmengsel aan volgens die voorskrif in ‘n gieter en deurdrenk die besmette areas laataand want hulle kom dan uit om te vreet.

Geel kolle kan ook deur swamme veroorsaak word. Daalderkol is groot sirkelvormige besmettings wat as ‘n klein sirkel begin en dan vinnig groei tot ‘n groot sirkel op jou gras. Bespuit dit met Odeon.

Bruinroes is sulke klein bruin/swart poeieragtige kolle op die gras se blaar en dit sal afgee aan jou vingers wanneer jy daaraan vat.

Dit kan ook baie vinnig versprei in warm en vogtige toestande.

Gebruik ‘n koperoksiedchloried-basis spuitmiddel (soos Virikop of Odeon)

Na hierdie behandelings, sprinkel jy ‘n dun lagie kompos oor hierdie swaarkry-areas en gee dit ‘n lekker ligte kunsmis-toediening: gebruik

4.1.1 of 7:1:3. Daar is ook Atlantic Bio Ganic for Lawns wat

Staan

lekker sal werk. Ons het ook nou ‘n nuwe produk by name “Go Organic” – probeer dit gerus, die resultate is verstommend!

Vraag B: Hoe maak ek kompos in my agterplaas?

George antwoord: Daar is baie metodes: ‘n komposhoop; -gat, ‘n komposhok of –drom; selfs ‘n erdwurmplaas!

Gebruik alles wat plantaardig is en wat kan ontbind, om kompos te maak: Grassnysels, blare, takke (fyngeknip), geskeurde papier en ook sekere kombuisafval. Laasgenoemde sal beter werk in jou wurmplasie.

Plaas die verskillende materiale in jou komposhouer hou dit klam, sprinkel ook kompos-aktiveerder tussen die lae in en bo-oor, om die proses ‘n bietjie aan te help!

Indien jy ‘n groot komposhouer het, is dit goed om af en toe dit om te werk sodat daar weer lug kan inkom. Dit bespoedig die komposteringsproses. Indien jy gelukkig is, kan jy na so ses maande jou eerste kompos uitsif en begin gebruik!

Vraag C: My aalwyne se blare in hul krone is asvaal en daar hardloop sulke klein insekte rond soos malgoed?

George antwoord: Dit is ‘n plantluis wat geweldig vinnig aanteel en dit suig plantsap uit die aalwynblare en die plante sal uiteindelik doodgaan indien dit nie behandel word nie.

Dit is eintlik maklik om van hulle ontslae te raak.

Koop of gebruik sommer ‘n poeier insekdoder soos Sure Death of Blue Death, gooi ‘n klompie daarvan in die kroon en siedaar, hulle verdwyn. Jy kan ook met Supermitrien spuit.

Kontroleer gereeld om te sien of die plaag nie teruggekeer het nie, dan herhaal jy die behandeling

Stuur gerus jou tuinvrae aan info@malmesburykwekery.co.za

Tuingroete tot 29 Maart

George Retief

‘n kans om te wen!

TYD VIR NUWE WIELE

Wees hans en vat ’n kans om ’n Volkswagen Polo Vivo Comfortline 2023 te wen!

Hoe gemaak?

Koop ‘n R100-lootjie ten bate van die opgradering van Hoërskool Swartland se sportfasiliteite.

Besoek ons webtuiste swartlandhs.co.za of volg ons op sosiale media vir meer inligting.

Gaan loer op rolavw.co.za om solank jou droomkar beter te bekyk.

Die gelukkige trekking vind tydens ons jaarlikse interskole op 19 Augustus 2023 te Malmesbury plaas. Kontak Hattingh van Dyk vir meer inligting op 071 224 8730 of bemarker@swartlandhs.co.za

22 Februarie 2023
Tuinkenner
2

Vervolg - Koeksisterkoning droom groot

Vervolg vanaf bladsy 1

Hy is baie trots op sy duurste kopie tot dusver. 'n Paar Nike-tekkies, maar hy weet nie of dit 'n "knock-off" was nie.

Gevra wanneer hy dan tyd kry tussen die skoolsport, huiswerk en lewe deur om die koeksisters te verkoop, is die antwoord eenvoudig: "Jy moet jou tyd beplan. Ek het omtrent nooit huiswerk nie, want ek doen my werk in die skool. Na skool het ek ander dinge wat ek wil en moet doen."

Na skool neem hy sy skaatsplank, gaan laai sy voorraad koeksisters by René op, ry tot by McDonalds se hoek en verkoop daar sy pakkies koeksisters.

Hy hou nie op probeer voor al die pakkies nie verkoop is nie.

"Ek is al een keer 'gerob' Tannie," vertel hy.

Hy het wel die meeste van sy eiendom terug gekry, maar het ook 'n duur les geleer om nie vreemdelinge te vertrou nie.

Volgens hom word hy goed ontvang deur inwoners.

"Daar is soms 'n kwaai oom of tannie, maar ek los hulle maar net uit en gaan aan met wat ek doen. Ek wil net my koeksisters verkoop, sodat ek my fiets kan koop," vertel hy.

Hy is nog nie seker wat hy eendag met sy lewe wil doen nie, maar is seker dat dit in verkope sal wees of hy wil sy eie besigheid begin.

Vir nou is sy gunsteling skoolvakke aardrykskunde, wiskunde en geskiedenis.

Ma René kyk hom met 'n breë glimlag aan, terwyl hy van sy dae as entrepreneur vertel.

"Hy ken die dorp en die mense soveel beter as ek!" Hy vertel van die "prokureur-oom, oom Willem" dink hy, "in Voortrekkerstraat" wat hom altyd ondersteun. Hy ken die ontvangsdame. Hy weet wie waar woon. Hy weet wie is die eienaar van watter besigheid en wat hulle doen.

Skaam is hy glad nie. Gemotiveerd, beslis.

Oorgehaal om daardie blink nuwe fiets te koop, met sy eie sakgeld, wat hy self verdien het.

Rolbal: Altus laat sak son oor Sunningdale

Malmesbury se mansrolbalspan het die afgelope Saterdag hulle beste vertoning tot dusver die seisoen gelewer deur met 9-3 vir Sunningdale, die voorlopers, in hulle agterplaas te troef. Met Altus Myburgh wat knaend die opposisie neutraliseer en skof na skof dit letterlik vir hulle nag maak en hulle moedeloos laat, wat die weg gebaan het vir Roux Vermeulen om verdere sout in hulle wonde te vryf.

Die span van Roux, Altus, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen gee op die 1ste skof drie skote af, herstel gou en wen die stel 7-5 nadat hulle vier optel op die 6de skof. Tydens die 2de skof red Altus hulle telkemale deur die mees onmoontlike skote te trek, terwyl Lodewyk en Marius steeds sukkel om aan die gang te kom. Hulle wen die stel 6-4, Lodewyk en Marius begin druk toe te pas, en hulle wurg die opponente met 11-2 tot oorgawe in die derde stel, en wen 24-11.

Die span van Daniël Griebenauw, Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl is ongelukkig om in die 3de stel die wind van voor te kry en naelskraaps 18-19 te verloor. Hulle wen die 1ste stel 7-6, en staan vier skote af op die laaste skof. Die 2de stel wen hulle gemaklik 10-5, en loop 17-11 voor. En almal sien al 'n groot opskudding is op hande. Maar helaas, niks gaan verder in hulle guns nie, en na 20 skofte trek hulle 18 elk. Wen die laaste skof, en jy vat 11 punte huis toe. Verloor die skof, en Sunningdale kry 2 punte te veel na Malmesbury se smaak. Wat toe ook ongelukkig die geval was. Daniël se laaste bal tref die teiken van twee Malmesbury balle wat ingespeel moet word nader aan die witbal, net om te sien dat hulle weerskante toe sywaarts beweeg, net te veel om nie die skoot te lê nie.

Maar die uitslag plaas Malmesbury nou 2de op die punteleer, een punt agter Durbanville, 'n halwe punt voor Sunningdale, en drie punte voor hulle volgende teenstanders, Stellenbosch in die 6de plek. So dit bly maar taai om bo-aan die leer te probeer kom, en hope-

lik kan hulle komende Saterdag ook vir Stellenbosch in hulle agterplaas tot oorgawe dwing.

Die spanne wat in die WP Trips liga speel wen elk een stel, en verloor 2-10. Die span van June Rickett, Peter Hall en Tia Petersen vaar weer die beste, en verloor weer met slegs een skoot 16-17. Die wedstryd is deurgaans taai, en hulle verloor die 1ste en 2de stelle 5-6 en 5-7 onderskeidelik. Na 14 skofte neem hulle die voortou 14-13, en na 16 skofte 15-14. Op die voorlaaste skof staan hulle egter 3 af, en kon op die laaste skof net een optel.

Ricky Rickett, Kobus Groenewald en Zelda Jordaan verloor die 1ste stel 2-11, ruk hulle goed reg deur die 2de stel 7-0 te wen. Maar toe slaan die noodlot toe, en hulle verloor die laaste stel 3-13. Eindtelling 12-24, met vier skofte waar hulle twee keer 3 en 5 onderskeidelik afgee. Hulle speel Saterdag tuis teen 'n span van Meadowridge.

Intussen het Jeff Petersen toe Sondag verder deelgeneem aan die WP Novice enkelspelkampioenskappe. Hy wen sy eerste wedstryd 21-12 teen 'n Mowbray speler, en haal so die laaste agt vir 'n plek in die kwarteinstryde. Daar loop hy toe sy rieme vas met 13-21 teen 'n speler van Constantia. Voorwaar 'n puik prestasie, en 'n bewys dat kleiner klubs se spelers beslis kan saam draf met die groot honde.

Die klub pare-kampioene is verlede Woensdag gekroon. Brian Howell en Jeff Petersen maak die pap dik aan en loop deurgaans gemaklik voor met 23-17 na 19 skofte. Tot Dawie Horn en Rainier van Zyl besluit dis tyd vir die jong manne om hulle stemme goed dik te maak. Presies net mooi wat hulle toe doen. Tel op albei die skofte vier op, en drink heerlik sjampanje uit die silwerware. Waardige kampioene, wat deurgaans die pas aangegee het.

- Dr Roux Vermeulen

Te Huur To Let

Malmesbury: Woonstel met volledige badkamer, kombuis, oopplan sit- en slaap kamer, eie geyser en koopkragmeter. R2750pm asook Munisipale dienste. Kontak: 072 856 4046

22 Februarie 2023
3

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

Smalls • Geklassifiseerd • Smalls • Geklassifiseerd

16 Februarie – LENIE ARENDSE – 6 jaar gelede het God jou kom haal. Ma is baie hartseer vandag, want jy sou nou 50 jaar gewees het. Ons dink aan jou en is lief vir jou. Van: Ma, 2 susters, Sampie en kinders

KATRINA SWARTS -19 Februarie - Nog n jaar weg van ons, maar ek gun ma die nuwe lewe saam met die engele van onse Hemelse Vader. Van: u dogter end kinders en kleinkinders

25 Februarie - Jou eerste verjaarsdag weg van ons. FABIAN, hoop jy geniet jou verjaarsdag daar bo by die engele. Van: jou vrou en kinders

26 Februarie - GERT (OUPA) ARRIES - Reeds 3 jaar van ons geskei, maar voel steeds soos gister. Ons koester alle mooie herinneringe en onthou jou vir die tipe mens wat jy was, dus gun ons jou die ewige rus by ons Hemelse Vader. Sag rus tot ons weer ontmoet. Liefde - Anna en Familie in Hanekamstraat

22 Februarie 2023
4

Ammonia Refrigeration Engineering (Pty) Ltd would like to thank Delico for the wonderful opportunity to work with them on their new facility at Riebeek Kasteel.

We at Ammonia Refrigeration Engineering (Pty) Ltd are grateful for your patronage and look forward to serving you in the future.

22 Februarie 2023
Tel: 021 704 1615 P.O. BOX 107, OTTERY, 7808
AFRICA info@a-r-e.co.za • www.a-r-e.co.za III
SOUTH

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Uitgawe 22 Februarie 2023 by Swartland Joernaal - Issuu