



Natie en Lenette Coetzer van Malmesbury se droom om 'n vulstasie buite dié dorp op die N7 op te rig, word word vandag amptelik 'n waarheid, wanneer die lint tot die vulstasie en geriefswinkels geknip word.
Die vulstasie, beter bekend as die Astron Energy N7 North-vulstasie, is een van twee, waarvan 'n replika net aan die oorkant van die pad gebou sal word. Die egpaar en hul vennoot, Igor Pinto, beplan reeds sowat sewe jaar aan die
projek. Die Coetzer-egpaar het in Januarie na Malmesbury verhuis.
Dit is nie hul eerste vulstasie nie.
Die egpaar het destyds 'n vulstasie op Burgersfort besit.
Die perseel dek 3.15 hektaar. Die vulstasie kan 16 voertuie op een slag bedien.
Swaar voertuie sal ook hul tenke kan volmaak hier en daar is ook oornagverblyf beskikbaar vir vragmotorbestuurders in die vragmotorhawe.
Congratulations on the construction of the brand new Astron Energy N7 North fuel station. Thank you for making us part of this amazing project. Merry Christmas to all and may 2023 be a prosperous one.
In 2014 het die ‘rescue’-kat Abby in die hande van haar nuwe eienaar beland en sedertdien het haar en haar eienaar se lewe onherroeplik verander.
Nie net het Abby haar ma se hart verower met haar moeilike kat-persoonlikheid en sagte calico-lyf nie, maar sy het ook later haar pa gevind en selfs die naam agter die Riebeek-Westuindienste, Abby’s Gardening, geword.
Abby is as jong kat deur Raise ’n Rescue in Kaapstad gered en in pleegsorg geplaas.
’n Jaar later het die skrywer van hierdie artikel, Jana du Plessis Müller, vir Abby aangeneem en ’n pad van genesing met Abby begin stap.
So het sy ook fisies met Abby begin stap, iets wat mens nie van ’n kat sal verwag nie. Maar Abby was anders.
In 2017 het Abby en haar ma verhuis na Wellington waar hulle vir Jurie Müller ontmoet het. Abby het ook haar pa se hart verower en besluit om hom te vertrou, ten spyte van haar wantroue in mans. Abby het die sentrale punt van die driemanskap geword en in 2018 is Jana en
met Abby’s Gardening begin smaak. Dit was ’n treetjie-vir-treetjie tipe besigheid en elke nuwe kliënt en elke oproep was ’n seën.
Kort voor lank het Duane Fortuin se pad met Abby’s Gardening s'n gekruis, en albei Fortuin en Müller onthou die ontmoeting in Julie vanjaar baie goed.
“Ek was omtrent down and out daardie dag,” vertel Fortuin.
“Dit was my en my vrou se huweliksherdenking die vorige dag en ek het rondgeloop op soek na werk. Enige werk.” Müller het pas ’n kliënt se tuin skoongemaak en was oppad huis toe, toe Fortuin verby hom loop.
“Jurie het gevra hoe dit gaan en ek het geantwoord: sleg,” sê Fortuin.
“Hy het gevra hoekom dit sleg gaan, en toe ek hom vertel ek het nie werk nie, het hy gesê: klim. Net so.” Fortuin het saam met Müller in die motor geklim en van daardie dag het die twee saam gewerk.
“Ek het op daardie stadium nie werk vir Duane gehad nie,” sê Müller, “maar ek het in die motor iets uitgedink wat ek vir hom kon gee om te doen. Ek wou hom help en dit was definitief die Here se plan dat ons mekaar moes ontmoet.”
Müller was op daardie stadium nie seker hoe die besigheid sou groei nie, maar hy het gevoel om vir Fortuin ’n kans te gee en werk te bied, al moes hy die werk self skep.
Oorspronklik van Malmesbury, Fortuin en sy vrou, Annelien, woon sedert 2019 permanent in Riebeek-Wes. Fortuin het ’n geruime tyd vir Rainbow Chicken gewerk en het weens maatskappy afleggings sy werk verloor. Sedertdien moes hy raap en skraap om die pot aan die kook te hou.
Abby’s Gardening doen ’n ding deeglik en met groot hart. Net soos die kat agter die naam, is daar geen werk te groot of te klein vir Abby’s Gardening nie.
“Ons begin elke dag met gebed, maak nie saak watter job ons doen nie,” vertel Fortuin.
“Ons ken die Here in die saak en dit motiveer jou sommer vir die hele dag.
"Dit gee my moed en herinner my aan die bekende woorde van Nelson Mandela: 'It always seems impossible until it’s done'. Saam kan ons enige iets aanpak – dís wat my werk so lekker maak.”
En wat is Müller se raad aan iemand wat ook sit met ’n droom om hulle eie besigheid te begin? “Doen dit net,” antwoord hy.
“Want as jy dit nie gaan doen nie, gaan
iemand anders dit doen. Dis nie maklik nie, maar vertroue, geloof en gebed – met daardie drie elemente kan jy dit maak.”
Müller sê ook dat hy besef hy kyk nie net na sy eie gesin nie, maar dat Abby’s Gardening verantwoordelik is vir ’n ander persoon en sy mense ook.
“Dit is ’n vreugde om as die Here se instrument gebruik te word om so na ander se behoeftes om te sien.”
Wanneer Abby en haar ma en pa gaan stap, bekyk Abby die handewerk van Abby’s Gardening in die tuine van die Riebeekvallei se inwoners. En dié wat weet, vertrou dat daar waar hulle hande gewerk het, sal positiwiteit en produktiwiteit groei en floreer.
Abby sou dit nie anders wou gehad het nie.
Jurie getroud, waarna Abby saam met haar ouers na vele plekke verhuis het, onder andere na die Paarl en Stellenbosch. Deur al die verhuisings en veranderinge het Abby bankvas agter haar ouers gestaan en aangepas.
In Februarie 2022 het die Müllers hul tuiste op Riebeek-Wes gevind. Na jare in die sekuriteitsbedryf, het Jurie besluit om sy taktiese baadjie op te hang en die grassnyer nader te trek. Maar wat sou die besighed se naam wees, het die Müllers gewonder? Abby’s Gardening, natuurlik.
Min het die Müllers toe geweet dat die besigheid baie meer sou beteken as net ’n klein besigheid in ’n nuwe area. In die Riebeekvallei het hulle stadig maar seker hulle voete gevind en na vele gebede en slapelose nagte, sukses
“Ek voel uiteindelik of ek weer kan asemhaal sedert ek saam met Abby’s Gardening begin werk het,” sê Fortuin. “Ek kan my rekeninge betaal en ek loop nie meer met my stert tussen die bene nie.”
Müller weer was onseker om die gemaksone van sy voltydse werk in die private sekuriteitsbedryf vaarwel te roep. “Ek was bang, want sekuriteit is al wat ek geken het. Tuinwerk was ’n stokperdjie en ek het nie gedink ek sou dit my voltydse beroep kon maak nie. Dit was skrikwekkend om só geloofsprong te neem.”
Vandag werk Müller en Fortuin hand-aanhand, terwyl Müller soms tydelik ander werkers ook geleentheid bied om saam met hulle te werk aan groot projekte.
Van grassny en tuinrommel wegry, tot tuine uitlê en ongewenste bome verwyder,
Glits & Glam: Die Goue Vlokkies Bewaarskool op Malmesbury het onlangs geskitter by hul Glits and Glam-gradeplegtigheid vir die graad R-leerders. Die personeel (bo) het ook hul beste voetjie voorgesit.
Links is die klassie van 2 en 3-jariges wat die besoek van die Engel aan Maria en Josef uitgebeeld het. Tweede van bo ontvang die graad R-leerders hul diplomas. Onder ontvang die Pre Graad R-klas hul sertifikate. Prinsipaal Christolene Daniels en die opvoeders wens die ouers en leerders 'n geseënde Feesgety toe.
The West Coast District Festive Joint Operations Centre was launched in Moorreesburg on 14 December 2022.
The Joint Operations Centre (JOC) will be a nodal point for collaboration between law enforcement agencies for swift response to incidences. Various safety and security operations will be managed from West Coast District Municipality's Disaster Management Centre in Moorreesburg with objective of creating safer environments for communities during the holiday period.
During his address SAPS Commander in the West Coast, Major General Dyantyi, gave his commitment to ensure that all SAPS resources in the district are deployed effectively in order to serve and protect communities.
"We need to collaborate and work together in order to fight crime. From SAPS side we do not want to work in silos because community safety is everybody's business" said Major Genral Dyan-
tyi.
SAPS, local municipalities, Western Cape Government, NSRI, Emergency Medical Services, Members of West Coast Rural Safety Forum, Neighbourhood Watch agencies and the community safety forums partnered with West Coast District Municipality to launch their Festive Season plans.
Spokesperson for West Coast District Municipality, Heinrich Robertson, underlined the importance of collaboration to create safe spaces for communities.
"Our municipality places a high priority on community safety and social cohesion. Our Community Safety Strategy has a strong focus on partnerships with key stakeholders and our Disaster Management Centre, in Moorreesburg, plays a key role in coordinating various safety interventions in the district," said Robertson.
In case of emergency the public are encouraged to dial 10177 or 112.
SKIPPERS: Baie geluk met jou 9de verjaarsdag. Mag die Here jou ryklik seën Prinses. Altyd vol energie. Onthou, jy bly altyd ons klein happie. Liefde, Mammie, Justine, Zachary, Otavia, Otalia en Decolene.
23 Desember: Raai wie se huweliksherdenking is dit vandag. Ouma Sysie en Oupa Sameul. Baie geluk op julle huweliksherdenking. Mag die Here julle ryklik seën en baie dankie vir julle liefde en opofferinge en geduld. Mag julle dag vol vreugde en liefde wees. Jermia 29:11.
Liefde. Brioné.
WYK - Baie geluk my liefiekind met jou verjaarsdag op 21 Desember. God rykste seën oor jou lewe, bly die pragtige seun. Ons is baie trots op jou en bly altyd by die Here. Ons baie lief vir jou.
Van: jou Mammie, Pa, niggies, neefs, van Wyk- Dreyer- en van der Ventel familieGeseënde dag
het jou baie mooi
Baie geluk KIRSTYLEE met jou 16de verjaarsdag op 25 Desember. Mag God jou ryklik seën en geniet jou dag, Van: jou Ma, broers en susters
Baie geluk metjou verjaardag. Mag jy ‘n geseënde dag hê en lekker verjaar. Baie liefde – antie Katrina en kinders
Baie geluk KIMEIT met jou verjaarsdag op 26 Desember. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: jou vriendin Chantal en Katrina
LISA GEDULD – 27 Desember – My liefste Ma, jou 5de verjaarsdag in die hemel. Die verlange is nog steeds daar en ek mis jou baie.Van: jou enigste seun Stoffel Kapira
JAMES EDAS – Jou eerste Kersfees en Nuwe Jaar weg van ons. Jy is nou op ‘n beter plek by Liewe Jesus. Ons trane loop nog en die hartseer en gemis is daar. Ons gun jou die ewige rus tot ons mekaar weer ontmoet. Liefde – jou vrou Emerenzia Edas, Lorenzo en Lacracia