Uitgawe 1 Maart 2023

Page 1

1 Maart 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 156 Gratis • Free
Valentyn
Sokkersterre na Spanje bl 3
Juan Kitshoff en Skye Gelderblom is onlangs aangewys as die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se Mnr en Mej Valentyn.

CK se Koeksister-koning spog met nuwe wiele

Wesley de Klerk (tweede van links) het Vrydag sy fiets in ontvangs geneem by Redlum op Malmesbury. Hier is hy saam met eienaar Connie van Niekerk, Gaylinth Hansen en Henfré Brand van die Flyings Eagles-rugbyklub wat die fiets aan Wesley geskenk het.

Die koeksister-koning van Malmesbury spog nou met wiele...

Die uitgawe van Swartland Joernaal was skaars op die rakke, toe die kantoor 'n oproep ontvang van 'n barmhartige Samaritaan wat oor 'n ekstra fiets beskik en dit graag aan Wesley wou skenk.

Henfré Brand en die Flying Eagles-rugbyklub het dit goedgedink om die fiets aan die jong entrepreneur te skenk.

Hy het dadelik na Redlum gegaan en met Connie van Niekerk, eienaar van die winkel, gesels om 'n samewerkingsooreenkoms met hom te bewerkstellig.

Dis juis toe ook net daardie tyd wat Wesley by die winkel instap.

Hy het na die fietse gekyk en navraag gedoen oor betaalopsies.

"Ek het baie vinnig myself uit die winkel verskoon. Ek het dadelik sy gesig herken en was

bang hy hoor van ons planne," vertel Brand.

Vrydagmiddag na skool is Wesley deur sy ma René aangeraai om saam met haar winkel toe te gaan.

Hy het nie geweet watter verrassing op hom wag by Redlum nie.

Daar het sy nuwe wiele gestaan en wag vir hom.

Met die besef dat die fiets syne is, het hy van oor tot oor geglimlag, terwyl Connie hom touwysmaak oor die slot, die remme, die ratte en meer.

Hy het ook ingestem om die fiets een keer per maand oor te sien, sodat hy seker kan wees Wesley is veilig op die pad soos hy aan sy verkope werk.

* 'n Opregte woord van dank aan die Flying Eagles-rugbyklub, Gaylinth Hansen, Henfré Brand en Connie van Rensburg van Redlum wat hierdie droom vir Wesley bewaarheid het.

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se eerste krieketspan het hul seisoen afgesluit teen die span van Hottentots Holland in 'n 50-beurte-wedstryd. HS Swartland wen die loot en besluit om eerste te kolf. HS Swartland teken 245 aan. Beste kolwers was: Carlo van der Merwe 136 van slegs 118 balle. Joshua Muller 41. Hottentots Holland teken 79/10 aan in 36 beurte. Beste boulers was: Cobus Steyn met 8/12 na 10 beurte. Hy was ook twee keer op 'n driekuns. HS Swartland wen die wedstryd met 166 lopies. Links is Van der Merwe en Steyn na afloop van die wedstryd.

2
Dr Roux Vermeulen het onlangs vir die 225ste keer bloed geskenk. Hier spog hy met sy sertifikaat as erkenning van sy bydrae tot die bloedbank.

Leander en Pietersen op pad na Spanje vir sokker

Lincoln Leander en Blayden Pietersen van Wesbank Sekondêr op Malmesbury is deur BT Football Recruitment Agency in die nasionale sokkerspan opgeneem wat gedurende September in Spanje gaan deelneem.

Hier sal die tweestuks vyf wedstryde saam met hul span speel, teen top-Spaanse jeugspanne en die Real Madrid-klub se stadion, Santiago Bernubeu besoek, asook 'n wedstryd van Real Madrid bywoon.

Hulle sal ook dié klub se museum besoek en so na al hul trofee kan kyk.

Deur aan hierdie kompetisie deel te neem, word hulle sodoende gekeur om professionele sokker te speel en indien hulle gekies word, sal hulle binnekort hul eerste kontrakte in dié sportsoort kan onderteken.

Leander en Pietersen is baie opgewonde en sien uit na die toernooi.

Hulle oefen daagliks om top-fiks te wees en om die kans wat hulle gegun is, met albei hande vas te gryp om so hul drome uit te leef.

Hulle oefen ook saam met die BT Football Recruitement-akademie in Kaapstad, waar professionele afrigters

hul touwys maak. Die twee is ook lid van Wesbank Sekondêr se sokkerspan.

Om hierdie toer te onderneem, beloop R45 000.

Enige persoon wat 'n bydrae wil leker, kan Annelize (Lincoln se ma) kontak by 082 077 169 of Laurie Kay (Blayden se ma) by 072 972 9275.

So lyk die Swartlandse eiendomsmark

Ontwikkelings op Malmesbury sien dat die omgewing nuwe intrekkers vanuit die groter stedelike gebiede lok.

Volgens Nix Seeley van Huizemark, 'n eiendomsagentskap op Malmesbury, is dit nou beslis 'n kopersmark, al het die rentekoers gestyg.

Daar is talle banke wat nou 100% lenings toestaan wat dit vir kopers baie meer aantreklik maak om in eiendom te belê.

Volgens haar het die eiendomsmark, soos oudergewoonte, afgeneem vanaf Desember, maar begin hy nou weer sy kop te lig.

Die huurmark se pryse het ook nie volgens haar die afge-

lope ruk gestyg nie, maar daar is tans ook nie baie huureiendomme beskikbaar nie.

Haar wenke vir verkopers is:

1. Maak seker jou huis is reg geprys

2. Maak ook seker dat jou huis binne en buite in 'n goeie toestand is.

3. Moenie van die tuin vergeet nie. Hou dit netjies en maak seker jou grasperk is so ver moontlik groen en kort gesny en dat die beddings skoon is.

Tans is die gemiddelde tydperk vir 'n huis wat in die mark is, 60 dae, voor dit verkoop word.

1 Maart 2023 3

Deli-Co, die vleisreus wat spog met 'n splinternuwe aanleg op Riebeek-Kasteel, groei steeds, 130 jaar ná die begin van hierdie onderneming.

Deli-Co voorsien meer as 1500 besighede van vleis.

Hulle voer meer as 12 000 lammers per dag.

Honderde aflewerings word daagliks voltooi.

Alles word hanteer en uitgevoer deur 'n personeelkorps van honderde wat permanent in diens is van die Deli-Co-groep.

Die onderneming het klein begin en toe moes slegs drie personeellede die skip stuur.

Die besigheid het gegroei tot die huishoudelike naam wat dit vandag is, met top-bestuurders in die verskillende bestuursposisies, 'n voermeul, 'n slaghuis, 'n koffiewinkel en bistro, 'n slaghuis en 'n produksie-afdeling.

Al groei die onderneming deurlopend, bly die groep se kernwaardes en grondslag steeds dieselfde.

Soos die Deli-Co-familie dit self beskryf: "Ons besigheid is, was en sal altyd gegrond wees in ons passie vir mense, diere, die boerdery en vleis."

1 Maart 2023 4 GELUK MET DIE OPENING VAN JULLE NUWE AANLEG! ONS WENS JULLE BAIE STERKTE TOE DANKIE VIR JULLE ONDERSTEUNING BY UD TRUCKS MALMESBURY. www.westerncape.udsa.co.za l 022 482 1124
1 Maart 2023 5
Die splinternuwe aanleg op die plaas spog met 'n koffiewinkel, 'n volledige winkel, toegerus met allerhande heerlike lekkernye, 'n Biltong Bar en baie meer. Maak gerus 'n draai en geniet 'n heerlike dis vanaf hul spyskaart.

De La Fontaine - where the magic happens

1 Maart 2023 6
Speserye, soetighede, soutighede, gevriesde en varsprodukte is maar van die lekkertes wat jy in die splinternuwe winkel van Deli-Co sal vind.

DIENSTE Services

Malmesbury - Ek is beskikbaar om na u huis en diere om te sien terwyl u weggaan. Eerlik en betroubaar Kontak my gerusHeila - 0826853341

GELUKWENSING

Congratulations

02 Maart – “Happy 11th birthday” JE-NAY MYBURGH - Mag God jou nog vele jare uitspaar. Geniet jou dag. Van: Pa, Ma, Jayden, Mamma en Shelene

gun jou die rus. Liefde - Afreen

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

02 Maart - Jou eeste verjaarsdag weg van ons. KLAASTE, hoop jy geniet jou verjaarsdag daarbo by die engele. Van: Janet en Links familie

27 Februarie – “Happy birthday” CHANTEL –Alles wat mooi is vir jou vorentoe. Hoop jy geniet die dag. Lief vir jou. Van: jou dogter

Keithlinn

JAKOBUS JANSE – 4 Maart. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Van: jou vrou Sharon en 4 kinders

LIONEL JANSE - 27

Februarie - Geluk onse seun met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Van: jou ouers, 2 broers en suster

4 Maart – Gelukkige huwelikssherdenking CHRISTOPHER en LIEZEL – Ons wens is dat God julle huwelik net meer sal seën met liefde, geluk en baie vertroue. Geniet mekaar. Liefde –Hartsmensies

MEMORIUM In Memoriam

EVELINE MATYEKAGeluk met jou 58ste verjaarsdag op 28 Februarie. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Geñiet jou dag. Van: Carey, Blom, Shelene en kleinkinders

OTRIWI CELESTE ARENDSE –2 Maart Jou eerste verjaarsdag weg van ons af. Ons mis jou nog baie, maar

1 Maart 2023 7

Robert mik na Groen en Goud

Robert Moreland, bo-baas sjef en duiker, sal in Mei na KwaZulu Natal reis om daar die WP-span te verteenwoordig in die nasionale visskiet-kompetisie.

Robert was ook verlede jaar deel van die span.

Vanjaar is hy oorgehaal om die Groen en Goud huis toe te bring.

Robert sal ook vanjaar in die ope- sowel as die veteraan-afdeling deelneem.

Hy het in 2019 vir die kompetisie gekwalifiseer, maar weens die Covid19-inperkings, kon die kompetisie nie die beplande jaar plaasvind nie.

Robert sien daarna uit om sy talente te gebruik in 'n sport waaroor hy baie passievol is.

"Dit is alles net die genade van Bo wat my hierdie talent gegee het en die geleentheid om dit te gebruik en te geniet. Dit is die groot lekkerte. As ek Springbok-kleure verwerf, sal dit die kersie op die koek wees," vertel hy.

Om hierdie droom 'n werklikheid te maak, het Robert 'n Back a Buddy-veldtog begin waar

hy fondse insamel om die uitgawes rondom die kompetisie te dek.

Indien jy 'n bydrae wil lewer, kan jy die Back a Buddy-webtuiste besoek en soek na Robert Moreland. Hier sal jy direk 'n donasie kan maak.

Andersins kan donasies aan Robert Moreland direk gemaak word.

Vir meer inligting, kontak hom by 082 677 4506.

"Geen bydrae is te groot of te klein nie," verduidelik Robert.

Wes-Boland: Hierdie leerders van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Wes-Boland-atletiekspan opgeneem wat die afgelope naweek in die Paarl aan die Boland-byeenkoms deelgeneem het. Hier is voor Jacoline Crous, Lara le Roux, Kaylee Mouton, Liebe v Schalkwyk en Miscke Don. Middel: Anka Crous, Jayden Noordeman, Tayron Delport, Johan Mackenzie, Drihan Crous en Jayden Appollis. Agter: Hairo Baron, Keanu Crow, Schalk Senekal, Logan Clarke, Corné Basson, Deacon Irion en JH Kleynhans.

Balle rol reg vir rolbal

Malmesbury se mans rolbalspan wat sake uitspook in die tweede liga van die WP Vlag kompetisie, het die afgelope Saterdag sy momentum behou en op sy goeie spel van die vorige naweek verbeter.

Hulle klop Stellenbosch op hulle tuisveld 5637, en voeg so 11 punte by op die punteleer. Dit laat hulle egter steeds in die tweede plek, met Durbanville wat ook 11 punte kry en met een punt steeds die toon aangee.

Daniël Griebenauw, Brian Howell, Peter Hall en Jeff Petersen het van die staanspoor af die pap dik aangemaak, en wen die eerste stel 12-9, nadat hulle op die sewende skof 'n wind sluk en 5 skote afgee.

Maar dit sit hulle hoegenaamd nie af nie, met Jeff wat deurgaans goeie druk toepas met akkurate spel, waarop Brian goed konsolideer met sy rustige spel.

Hulle wen die tweede stel 11-5, draai die krane toe behoorlik oop, en vermorsel hulle teenstanders 10-2 in die laaste stel. Op die 18de skof skuif Daniël, wat deurgaans goeie spel handhaaf, die witbal met 'n perfekte dryfskoot tot in die sloot, wat 'n moontlike 4 skote af verander na 1 skoot in hulle guns.

Die eindtelling 'n verdienstelike 33-16. Rainier van Zyl moes ongelukkig Vrydag onttrek weens siekte in sy familie, met Peter Hall wat sy terugkeer vier met bestendige spel.

Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen gaan voort waar hulle die vorige week geëindig het met goeie spel, en palm die eerste twee stelle gerieflik in met 7-2 en 11-7 onderskeidelik.

In die eerste stel tel almal een punt per skof op en op die laaste skof verbreek hulle die tendens om drie op te tel. Stellenbosch slaan egter dadelik terug met drie skote, en hou tweede skoot voor Roux sy laaste bal rol. 'n Poging wat later blyk 'n reddingsboei te wees, want hulle tel 7 op deur die opponente se bal uit te speel, en loop 19-9 voor aan die einde van die stel. Maar die Stellenbosch se Boys kom toe wraggies weer. Hulle skud Malmesbury behoorlik met twee viere en 'n drie, om teen die verloop van spel met 20-18 die voortou te neem.

Met Marius en Lodewyk wat meteens uitoorlê word en sukkel om druk toe te pas, en die

opponente wat 'n ywerige huppel in die stap kry, laat val Roux 'n paar harde woorde in die hoop dat sy span weer sal fokus. Wat genadiglik die gewenste uitwerking het.

Hulle maak dit 20 elk, en weer 21 elk na 20 skofte. En toe is dit weer soos die vorige week. Wen die skof, en voeg twee punte by op die telbord.

Verloor die skof, en Stellenbosch kry drie punte in plaas van een. Maar Altus, wat weereens skitter spel lewer, speel Lodewyk se bal in om skoot te lê, Roux trek nog 'n skoot, en die opponente skip begaan 'n fout wat Malmesbury met 23-21 laat koning kraai. Saterdag reis hulle na Old Oak toe in Bellville, en met 'n goeie wen mag dit dalk net die jaar wees dat hulle uiteindelik in die top twee kan eindig.

Die twee spanne bo-aan die punteleer promoveer na die 1ste liga, wat nou al hoe meer waarskynlik lyk, want Durbanville het in beide afdelings reeds spanne, wat die 3de span dus sal laat promoveer.

Tuis het die spanne in die WP Trips Liga albei hulle wedstryde gewen, om met 9,5-2,5 te seëvier oor 'n span van Meadowridge.

Hulle bly egter steeds gestrand in die houtlepel posisie.

June Rickett, Tia Petersen en Madelein Viljoen, wat haar debuut maak vir die klub, ryg die skote behoorlik in, en wen die 1ste en 2de skofte 10-4 en 7-1 onderskeidelik.

Toe raak hulle oor gerus, en tel op die laaste skof 1 op om die stel met 3 elk te deel, en wen 20-8. Hulle verdien 4,5 punte.

Ricardo Rickett, Kobus Groenewald en Zelda Jordaan sukkel in die 1ste en derde stelle en verloor hulle 2-5 en 3-5 onderskeidelik.

In die tweede stel doen hulle genoeg deur 7-1 te wen, wat deurslaggewend is om die wedstryd naelskraaps 12-11 te wen. Saterdag reis hulle weer Pinelands toe om teen nog 'n Pinelands span te speel.

Dit is die eerste keer in 'n baie lang tyd dat al die spanne wen.

Dit behoort almal te motiveer om net die beste uitslae na te jaag in die finale twee wedstryde. Die laaste wedstryde is tuis op 25 Maart vir albei spanne, en wie weet, net dalk kan die vonkelwyn weer 'n slag vir die regte rede vloei vir die Vlagspan. - Roux Vermeulen

1 Maart 2023 8 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 156 • 1 Maart 2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.