Swartland Joernaal Uitgawe 1 Februarie 2023

Page 1

7's-toernooi: Die jaarlikse Wesbank 7's-rugbytoernooi is die naweek op Malmesbury gespeel. Vanjaar het die klub geskiedenis gemaak deur netbal deel van die kompetisie te maak. Vrouerugby is ook ingesluit by vanjaar se toernooi. Die span van St George's het vanjaar met die Wesbank Malmesbury Superspar 7's-kroon huis toe gegaan.

1 Februarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 152 Gratis • Free

RSA Makelaars: Wenke oor jou versekering en beurtkrag

Lasverligting het oor die afgelope paar maande 'n groot impak op individue en besighede gehad.

Nie net het dit produksieure ingekort nie, maar talle huishoudings en besighede het skade gelei weens masjinerie en huishoudelike items wat onklaar geraak het.

Ons het by Philip Faure van RSA Makelaars op Malmesburg aangeklop vir raad oor versekeringseise weens lasverligting.

• Dek versekeringsmaatskappye items wat onklaar raak weens lasverligting?

A: Lasverligting is nie ‘n ingeslote versekerde gevaar nie. As die krag weer aankom & daar is dan kragstuwing, is dit wel ‘n versekerde gevaar.

• Is daar spesifieke klousules wat by jou versekering onderskryf moet word, sodat jou huishoudelike toestelle gedek kan wees?

A: Nie alle versekeraars sluit kragstuwing outomaties in nie. By van die versekeraars moet die dekking teen ‘n addisionele premie gekoop word. Elke versekeraar het sy eie onderskrywings vereistes. Praat met jou Makelaar.

• Wat moet die polishouer doen om te verseker dat sy eise uitbetaal sal word, indien daar vervangings moet wees? Is daar spesiale proppe wat geïnstalleer moet word? Spesiale maatreëls wat getref moet word?

A: Elke versekeraar het hul eie vereistes, bybetalings, klousules, en meer met betrekking tot die dekking. Die versekerde moet onthou dat daar van hom verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar vir die beskerming van sy eiendom. So kan hy byvoorbeeld maatreëls op die woning se kragbord aanbring, wat sy elektroniese toerusting sal help beskerm teen kragstuwing. Sommige versekeraars vereis dit.

• Hoeveel eise kan 'n polishouer indien, voor die versekering nie meer gaan uitbetaal nie? Vandag kan 'n yskas breek, more kan die vrieskas breek, oormore dalk die warmwatersilinder. Hoe kan die polishouer hom/haarself hierteen beskerm, sodat die eise steeds uitbetaal word?

A: Elke kliënt se situasie verskil. Dit sal afhang van die winsgewendheid van die kliënt se portefeulje. Dit bly die versekeraar se prerogatief van wanneer hulle korrektiewe aksies teenoor ‘n kliënt neem en kyk hulle na byvoorbeeld bedrae van eise, aantal eise, hoeveel premie die kliënt betaal in vergelyking met die eise reeds betaal, frekwensie van eise, ensovoorts Die kliënt kan homself beskerm teen optrede deur die versekeraar deur so vêr dit binne sy

Dorings hou AJV

vermoë is sy eiendom te beskerm én deur nie vir al die klein goedjies te eis nie. Al daardie klein eise tel oor tyd op en mag meebring dat die versekeraar maatreëls teen die betrokke polishouer gaan instel.

• Het julle dit ervaar dat daar meer eise ingedien word, juis weens die kragtoevoer wat aan en afgaan?

A: Daar is wel ‘n styging in die aantal eise. Dit is egter moeilik om dit toe teskryf aan lasverligting aangesien die skadeverslag nie aandui wat die oorsaak van die kragstuwing is nie.

• Hoe gaan dit die polishouer se premie raak?

A: Indien die dekking bygekoop moet word, het elke versekeraar hul eie tariefbepaling. Dit sal ook afhang op die gekose perk, die huidige winsgewendheid van die portefeulje, die aantal persele waar die dekking benodig word, ens.

• Watter items is veral moeilik om te eis, indien dit wel breek weens lasverligting? 'n Gasstoof - waarvan die oond elektries is?

A: Indien die item ‘n elektriese of ‘n meganiese komponent het, sal die item dekking geniet indien die spesifieke polis die dekking voorsien. Soos in die voorbeeld, sal die hele stoof vervang word indien nodig as die gasstoof & elektriese oond, een eenheid is.

• Is dit beter om dan eerder jou items te spesifiseer? Of is die oorkoepelende huisinhoud, of kantoorinhoud versekering voldoende?

A: Hang weereens af van die versekeraar se produk. Dit gaan egter aansienlik duurder wees om elke item spesifiek te verseker.

• Wat van die inhoud van yskaste en vrieskaste?

A: Weer, hang dit af van versekeraar tot versekeraar. Van die versekeraars sluit inhoud van ys/vrieskaste in as gevolg van verandering in temperatuur en ander nie. Van die versekeraars se eie onderskeie produkte sal ook verskil t.o.v. of dit ingesluit is of nie.

Laastens moet daar genoem word dat elke individu moet verseker dat hul eie spesifieke versekeringspolis oor die nodige dekking beskik of dan nie. Die kliënt moet ook verseker die versekerde bedrae is korrek; moet weet hoe die bybetaling struktuur werk; moet weet wat uitsluitende voorwaardes, ensovoorts is.

Verder, sal elke eis op sy eie meriete hanteer word. Weens die feit dat elke kliënt se situasie verskil en versekeraars se produkte verskil, beveel ons ten sterkte aan dat die versekerdes liefs met ‘n kundige korttermyn makelaar hieroor praat.

Kry iemand wat spesialiseer in korttermyn versekering om jou van raad te bedien.

Kontak RSA Makelaars by 022 487 9630.

Die Dorings-rugbyklub se algemene jaarvergadering vind plaas op Sondag, 5 Februarie 2023 te Valkstraat 50, Saamstaan, Wesbank, Malmesbury om 15:30. Alle ou en nuwe rugby spelers (lede) wat by die Klub wil aansluit, is welkom om die vergadering by te woon. Vir enige navrae kontak voorsitter Klaas Maarman by 073 570 9429 of sekretaresse Maria Warries by 071 207 1478.

2

Mahindras byeen by Du Vlei

Meer as 100 entoesiaste met bykans 50 Mahindra voertuie het op Sondag 29 Januarie 2023 saamgetrek by Du Vlei Padstal / Restaurant naby Hermon.

Die saamtrek is georganiseer deur die Mahindra Mania Klub van die Wes-Kaap onder leiding van Gideon De Swardt.

Die Mahindra Mania Klub is ‘n nasionale klub met individuele streek organiseerders in die provinsiale streke reg deur die land. ‘n Soortgelyke saamtrek het terselfdertyd in Bloemfontein plaasgevind en twee weke gelede was daar ‘n Mahindra saamtrek in Gauteng.

Die voertuie by die saamtrek was privaat voertuie. Die grootste versamelpunt van voertuie was by Paarlberg Mahindra in die Paarl waarvandaan daar in konvooi ‘n “mass ride” na Du Vlei Padstal / Restaurant plaasgevind het. ‘n Kleiner aantal voertuie het vanaf Moorreesburg na die geleentheid gery.

Van die Mahindra handelaars in die omgewing was ook verteenwoordig by die saamtrek en het ‘n paar demonstrasie voertuie ten toon gestel.

Die parkeer area by Du Vlei was te klein om die voertuie te akkommodeer en gevolglik is die voertuie op die gras area, binne die grenslyn van

Du Vlei langs die R46 pad in gelid parkeer.

Voertuie het gewissel van bakkies, dubbel en enkel kajuit, middelslag SUV’s, groter SUV’s en die Thar (Jeep tipe) voertuie.

Die opwinding en geesdrif onder die klublede was aansteeklik. Almal kon mekaar se voertuie bekyk en idees met mekaar deel. Interessante toerusting aan verskillende voertuie kon besigtig word.

Almal het soos een groot familie saam gekuier. Daar is lekker geëet en gesels. William Robertson het ‘n paar pryse geborg en Du Vlei se personeel het raakgevat om almal te bedien.

Die saamtrek was ‘n groot sukses en die klublede sien reeds uit na ‘n volgende geleentheid.

Mahindra het in 2004 toegetree tot die Suid Afrikaanse motormark.

Volgens NAAMSA was Mahindra die vinnigste groeiende voertuig soort in Suid Afrika gedurende 2022. Mahindra se verkoop volume het gedurende 2022 met 78% toegeneem in vergelyking met hulle verkope in 2021.

Cobus van der Merwe www.westcoastjournal.co.za

Familiedag: Vrydag het amptenare van die Weskus Distriksmunisipaliteit se Rampbestuursentrum die Astron Energy, ’n vulstasie op die N7-hoofweg tussen Moorreesburg en Malmesbury, met hulle familiedag ondersteun. Weskus Rampbestuursentrum doen gereeld bewusmaking-intervensies regoor die distrik om veiliger omgewings vir gemeenskappe te skep. Die gelukbringers Fluffy en Hopsy Copsy was oudergewoonte teenwoordig en het hulle veiligheidswenke met die besoekers gedeel. Asbakkies is aan motoriste uitgedeel met die doel om bewusmaking oor veldbrande te doen en om ’n skoon en rommelvry omgewing te skep. Bo: Die eienaars van die Astron Energy vulstasie, Natie en Lynette Coetzer, saam met Fluffy en Hopsy Copsy.

1 Februarie 2023 3

Gas vir jou geyser?

Met die elektrisiteitstekort wat verbruikers in Suid-Afrika nou mee worstel, is gas 'n alternatief wat al hoe meer gebruik word.

Charl Smit van Gaswise SA is 'n kenner op die gebied van 'n gas-warmwatersilinder, oftewel gas geyser

Volgens Charl is die grootste verskil tussen 'n gas en 'n elektriese geyser dat jou gas geyser net water warm maak wanneer jy die warm kraan oopdraai en nie soos die elektriese geyser permanent water verhit, al word dit nie op daardie oomblik benodig nie.

Volgens hom is die elektriese geyser in jou huis die implement wat by verre die meeste elektrisiteit verbruik.

"Dit kan maklik omtrent die helte van jou elektrisiteitsrekening opmaak."

Hy verseker dat gas installasies baie veilig is, mits dit deur 'n gekwalifiseerde persoon gedoen word wat by LP Gas sy opleiding, eksamens en prakties voltooi het.

"Die persoon sal weet waar om silinders te plaas en alle ander regulasies nakom soos voorgeskryf word. Net so is daar ook regulasies wat bepaal watter tipe gas geysers waar gebruik mag word."

'n Positiewe van 'n gas geyser, is dat dit onmiddellik koue water warm maak, sodra die kraan oopgedraai word. Geen water word voor die tyd verhit nie. Die temperatuur kan ook deur die verbruiker op die toestel gestel word.

Volgens Charl word die gasverbruik bepaal deur die hoeveelheid warm water wat benodig en gebruik word.

"'n Huishouding van vier persone sal dus meer gas gebruik as een met twee persone. Indien soggens en saans gestort word sal dit ook meer gas gebruik as byvoorbeeld net soggens of net saans. 'n Tipiese huishouding sal ongeveer 9 kg gas vir sy geyser gebruik per maand. Dit is sowat R270."

Charl benadruk dat gas baie veilig is as dit reg gebruik en geinstalleer word.

"Indien dit egter deur die eienaar self gedoen word wat geen kennis het van al die regulasies nie, kan daar probleme ontstaan. Ten spyte daarvan dat daar soveel selfdoeners is en persone wat die installasies doen wat nie gekwalifiseerd is nie, hoor mens selde van gas-insidente. Sou daar egter iets gebeur en die installasie is nie deur die regte persoon gedoen en die eienaar nie oor die vereiste COC beskik nie, sal dit gebeur dat die versekering nie die betrokke eis sal uit betaal nie. 'n "Certificate of compliance" is dus 'n moet by enige permanente gasinstallasie."

Charl beveel gas geysers en ander gastoestelle aan in die klimaat van elektrisiteitsonsekerheid waarin Suid-Afrikaners hulself bevind.

"Dit kan jou elektriese rekening baie verlaag. Gas geysers kan nou ook aan jou solar geyser verbind word vir soggens of waar die wintersdae wat die solar geyser nie warm genoeg maak nie. Dit sal net aanskakel indien die water nie warm genoeg is nie. Die gas geyser kan ook op jou gewone elektriese geyser gekoppel word, wat weer op sy beurt van die son panele krag kry."

Vir meer inligting, kontak Charl Smit by .......

Agricon to showcase range at KragDag

The development of the Agricon pellet mill (pellet machine or pellet press) range saw the company growing from a one-man business to an Internationally recognized role player in the pelleting Industry. Agricon Pelleting owns pelletizing technology in the fields of biomass pelleting and feed mills that has no competition in the World. Agricon’s machines can produce pellets from material that have never been pelletized before.

Agricon also designs and manufacture supplementary equipment used in the pelleting process. The development of new markets for

our products lead to the discovery of many application for pelleting technology. This is a service Agricon offers to customers to expand the income potential with their machines.

By using engineers, technologists and logistics controllers with specialised theoretical- and practical backgrounds we can offer total service to our customers by developing projects from initial concept to design and production, to installation and commisioning of complete pelleting plants and lines for most types of products to be processed, worldwide. Visit agriconrsa.com for more info.

4 1 Februarie 2023
www.kragdag.co.za 087 231 1644 A l ter n at i e w e e n er gi e e n se l fsta ndigh e id -eks po !
& 18 Februarie 2023
Plaas, Malmesbury, Wes-Kaap KOU & KUNS MARK in samewerking met Solidariteit Helpende Hand 100+ Uitstallers K i nd er s onder 18 G R AT I S .
Uitstallings
ENERGIE Uitstallings 50% Afslag indien vooraf registreer!
Ekspo NUUT! In die Wes-Kaap
17
Môreson
LANDBOU
ALTERNATIEWE
Wes-Kaap

Slim Chery Tiggo 7 al die pad saam met jou

Die Chery Tiggo 7 Pro Executive...

Wat is daar om te sê?

Meesterlik? Gemaklik. Spasieus. Blitsig. Sag.

So kan die woorde in die woordeboek opgenoem word om hierdie wa te beskryf.

Dis dalk 'n vreemde vergelyking om te tref, maar dit voel asof jy die heeltyd jou eie privaat sekuriteitsbeampte het wat na jou veiligheid omsien.

Dis al asof dit die Tiggo se hoofdoel is. Om jou en jou gesin veilig te hou, terwyl julle die gemaklike rit geniet.

Daar is talle alarms wat jou waarsku oor alles en nog wat.

As jy te naby aan die geel- of witlyn beweeg, waarsku 'n alarm jou.

As daar 'n voertuig in jou blindekol inbeweeg, waarsku 'n ander alarm jou.

As jy uitklim, waarsku die monitor dat jy moet onthou om op die agtersitplekke te kyk of jy iets vergeet het.

Die 2D-, 3D-, voor- en agter wyehoekkameras maak dit ook soveel makliker om hierdie groot wa in klein spasies te parkeer.

Om nie eens te praat van die tru-rat-kamera nie.

Een van die uwe se persoonlike gunstelinge, was die skermgreep wat aanskakel as jou vlikkerlig aangeskakel word.

Jy sien jou regte omgewing, met behulp van die goedgeplaaste kameras, so ook 'n replika van jou model, soos die voertuig om die draai beweeg.

Hierdie is nou een baie slim voertuig!

Die sitplekke gee jou 'n drukkie as jy gemaklik agter die verstelbare stuurwiel inskuif.

Selfs vir 'n kort persoon soos ek, is daar 'n verstelling wat net reg is sodat jy baie gemaklik kan wees.

Die stuurwiel is ook toegerus met die verstellingsknoppies vir die radio, die slimboks wat al die inligting van jou rit op die skerm weergee, asook jou ritbeheer.

Dis juis op hierdie skermpie waar daar soms 'n rooi gloed verskyn...

Die Tiggo 7 Executive wat ons uitgetoets het, het twee opsies. Jy ry gerieflik en gemaklik in die Eco-opsie, of jy kan oorgaan na Sport, wanneer die Tiggo se ander persoonlikheid na vore kom.

Dit is werklik soos die sê-ding gaan - met die druk van 'n knoppie het alles verander.

Die voertuig sak. Dit voel of hy vasklou aan die teer onder die bande, want iets gaan nou gebeur.

Soos 'n pyl uit 'n boog versnel die Tiggo en skiet vorentoe.

Die Tiggo is 'n groot voertuig, maar op daardie oomblik voel dit kompleet of jy in 'n sportmotor sit, want om te versnel tot 'n

steeds wettige hoeveelheid, geskied vinnig. Baie vinnig.

Dit was 'n baie aangename ervaring!

En gepraat van slim...

As jy, soos ek, al telke male by die parkeerarea opgedaag het en nie kan onthou waar jy parkeer het nie, maak die Tiggo dit vir jou 'n bietjie makliker.

Soos jy jou voertuig nader, sal spesiale kantliggies aanskakel om jou te nooi om nog 'n rit in die Tiggo te neem.

As jy dalk 'n bietjie hard rem, skakel vlikker die noodligte ook vir 'n paar sekondes om sodoende die motoriste agter jou te waarsku.

Sien, dit is 'n baie slim voertuig!

En moenie vergeet van die groot sondak nie.

Dit laat 'n TikTok-liedjie by jou opduik en jy sien sommer kans vir nuwe uitdagings as die son heerlik op jou neerskyn.

"I've got my head out the sunroof, blasting my favourite tunes..."

Nie net dit nie, maar ook geweldig ekonomies.

'n Mens is geneig om te dink dat 'n groot, swaar voertuig baie liters brandstof gebruik. Nie die Tiggo 7 nie.

Met my rit het die Tiggo 'n skaflike 10.3 km per liter gebruik, wat glad nie sleg is nie, veral omdat hy die meeste van die tyd in die Sport-opsie was.

Die gemiddeld in Eco is ongeveer 6.8 liter per 100km.

Hierdie voorwielaangedrewe, viersilinder voertuig is beslis een om te oorweeg as jy in die mark is vir 'n nuwe toevoeging tot jou motorhuis.

Die binneruim is groot, maar gerieflik.

Dit is toegerus met die nuutste tegnologie.

Die kattebak is baie ruim. (Jy kan nogal die kattebak toemaak met die druk van 'n knoppie.)

Die voertuig beskik oor ABS, EBD, rembystand, vastrapbeheer, stabiliteitsbeheer, 'n bestuurder lugsak, 'n passasier lugsak en 'n totaal van ses lugsakke deur die voertuig versprei.

Chery is ook so verseker van hul produk, dat hulle die enjin 'n 1 000 000 km waarborg vir die eerste eienaar gee.

So ook 'n diensplan oor 60 000km wat strek oor 5 jaar.

Die afskeid tussen my en die Chery was 'n hartseer een. Dit is beslis 'n voertuig wat altyd weer in my oprit welkom is!

Moenie huiwer om die vriendelike verkooppersoneel van Chery Malmesbury te kontak nie.

Toetsbestuur die Chery Tiggo 7 Pro Executive sommer vandag.

Kontak 022 482 2256 of besoek hulle by Bokomoweg 54, Malmesbury.

6 1 Februarie 2023

GELUKWENSING

Congratulations

SHERWIN PIETERSKyk wie verjaar op 30

Januarie. Baie geluk met jou verjaarsdag. Ek is lief vir jou. Van: Mickyla

MEMORIUM In Memoriam

verjaardag met die engele. Ek wens ons kon nog net een drukkie gee. Ons dink aan jou Pappa en Oupa. Mis en verlang so baie. Baie liefde –jou vrou, kinders en kleinkinders

EKSTERNE STUDIEBEURSE VIR 2023

Die Swartland Munisipaliteit bied beurse vir voltydse studies by goedgekeurde tersiêre instellings aan vir persone wat in die groter Swartland Munisipale Area woonagtig is. Die maksimum beraamde beursbedrag is R60 000,00 per student vir studiegelde (uitgesluit verblyf of enige ander items). Kandidate wat vir ‘n voorgraadse graad (NKR7)/diploma (NKR6) in een van die goedgekeurde rigtings gaan registreer en wat deur ‘n Universiteit of Kollege vir 2023 aanvaar is, word aangemoedig om aansoek te doen.

Goedgekeurde studierigtings:

• Finansies • Ekonomie • Rekeningkunde

• Voorsieningskanaalbestuur • Interne Oudit

• Risikobestuur.

Beurse sal vir registrasie-, eksamen- en klasgelde voorsiening maak.

Minimum vereistes vir beurs:

• Aansoekers moet Suid-Afrikaanse burgers wees, tussen 17- en 35-jaar oud • ’n Minimum slaagsyfer van 60% vir Wiskunde en Rekeningkunde op hoërskoolvlak • Mag oor geen ander beurse beskik nie

• Kandidate uit histories-benadeelde gemeenskappe en/of persone met gestremdhede sal voorkeur geniet.

Aansoekvorms is beskikbaar by die kantore van die Munisipaliteit se Menslike Hulpbronbestuursafdeling gedurende kantoorure (Maandag tot Donderdag tussen 08:00 en 17:00 en Vrydag van 08:00 tot 15:45) en op ons webwerf (www.swartland.org.za/vacancies).

Slegs handafgelewerde of geposte aansoeke sal oorweeg word.

Indien u binne ses (6) weke na die sluitingsdatum vir aansoeke nog niks gehoor het nie, beskou asseblief u aansoek as onsuksesvol. Rig asseblief telefoniese navrae aan Gaynor April by 022 487 9400.

Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie. Ontvangs van aansoeke sal nie skriftelik bevestig word nie en afskrifte van ondersteunende dokumente sal nie teruggestuur word nie. Slegs suksesvolle kandidate sal in kennis gestel word.

Die Munisipaliteit behou die reg voor om beurse nie toe te ken nie.

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2023

Voltooide aansoekvorms, insluitend gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, kan aan die Afdeling Menslike Hulpbronne, Privaat Sak X52, Malmesbury 7299, gerig word. Aansoeke wat per faks of e-pos ontvang word, sal nie aanvaar word nie. Swartland Munisipaliteit is verbind to Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word daarom aangemoedig om aansoek te doen.

1 Februarie 2023 7 147353 www.thecandocompany.co.za
27 Januarie – JAMES LATEGAN – jou 80ste

Hoërskool Swartland in samewerking met Afrikaans oppi Platteland.

Kontak bemarker@swartlandhs.co.za of skakel 071 224 8730.

AFRIKAANS OPPI PLATTELAND KAARTJIES BESKIKBAAR

BY HOËRSKOOL SWARTLAND.

» R350 per volwassene » R150 per skolier

Besoek ons Facebook-blad (Hoërskool Swartland Offisieel) vir meer inligting.

Derde keer is skeepsreg vir

Malmesbury se rolbalklub

Malmesbury se mans rolbalspan het die afgelope Saterdag baie beter gevaar as tydens hulle vorige 2 wedstryde, en stuur die voorlopers met die kous oor die kop terug Milnerton toe. Malmesbury wen 44-34, en wen 8,5-3,5 op die punteleer. Dit plaas hulle nou in die 4de plek.

Die span van Daniël Griebenauw, Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl wen die eerste stel 8-5, nadat hulle wegspring met 3 skote teen hulle op die eerste skof.

Die tweede skof begin net so rampspoedig, en hulle staan 11 skote af op die eerste 4 skofte,

en verloor die stel 4-11. In die derde stel veg hulle goed terug, maar Daniël verspeel die kans om enige skote te trek met sy laaste 2 balle.

Hulle tel 3 op, wen wel die stel 7-4, maar verloor hulle wedstryd 19-20.

Volgens Daniël is hy dankbaar oor die 2 punte wat hulle uit die wedstryd neem, aangesien hulle almal 'n swak dag beleef het.

Die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Peter Hall behaal hulle eerste oorwinning van die seisoen.

Die eerste twee stelle was baie taai, en hulle

wen die eerste 9-7, en deel die tweede 5 elk.

Met die telling 14-13 na 15 skofte, en 'n paar harde woorde deur Roux om sy span te motiveer, het die gewenste uitwerking en lei tot van die beste rolbal tot nog toe die seisoen.

In 5 skofte tel hulle 11 punte op, wat 5 op die laaste skof insluit om behoorlik sout in die wonde te vryf. Hulle wen die stel 11-2, en die wedstryd 25-14.

Volgens Roux het druk deur Peter en Lodewyk deurgaans die opponente mismoedig gehad, met Altus wat sy goeie vorm veral op sy handrug herwin het en aggressiewe skitterspel deur homself op die 17de en 19de skofte het die teenstand finaal geknak.

Nou wag nog 2 tuis wedstryde, Saterdag teen Pinelands, en 11 Februarie die voorlopers Durbanville. Die WP Trips liga span het op Constantia gespeel, en bring 2,5 punte huistoe.

Paul Rossouw, Kobus Groenewald en Tia Petersen trek met 'n vaart weg en wen die eerste

stel 9-0, maar verloor daarna stoom deur 8-13 en 4-9 die knie te buig in die tweede en derde stelle, en verloor naelskraaps 21-22.

Hulle was ongelukkig om in die tweede stel drie keer 4 af te staan, en op die 2de laaste skof 5 skote.

Volgens Paul het Tia 'n uitstekende wedstryd beleef.

Die span van Marius Huysamen, Deon Bosch en Johan de Kock beleef 'n taai eerste stel en deel die stel 3 elk, net om in die tweede die kluts kwyt te raak en 2-11 te verloor.

Met die 11 punte in 4 skofte afgestaan. Hulle raak egter weer gefokus en wen die laaste stel 7-4, en verloor die wedstryd 12-18. Saterdag speel hulle ook tuis teen 'n span van Old Oak.

Die klub se Parespel kwarteindstryde is op 31 Januarie gespeel, en die halfeindstryde vind op 7 Februarie plaas.

- Dr Roux Vermeulen

8 1 Februarie 2023 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 152 • 1 Februarie
2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.