Swartland Joernaal 19 April 2022

Page 1

1 19 April 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 164 Gratis • Free
Streekwenner: Wimpy Malmesbury spog nou met nog 'n trofee langs hul naam. Die restaurant is onlangs aangewys as 'n Wes-Kaapse-streekswenner. Eienaar Gey Kriek bedank kliënte vir hulle ondersteuning en dan veral die Wimpy Malmesbury-span vir hulle harde werk.
Wimpy-wenner

Local food and wine at Skink Swartland

We are going to swap out the rolling vineyards of the Swartland for seagulls and salty spray as we head Weskus way once again for this meeting of minds – and wine glasses.

Now in its second year, the event gives visitors a chance to sip on the Swartland’s finest wines whilst sampling true West Coast hospitality and delicious fare on the banks of the Berg River.

Ever enjoyed snoek & patat paired with a Swartland Chenin? Now is your chance – with the Bester family of Velddrif’s Laaiplek Hotel back behind the braai and serving up delicious local seafood and meat dishes to pair with the Swartland region’s finest wines. Sip and savour against a backdrop of colourful fishing boats, bop to the beat of live music by Louis van Lill and take in the unfiltered atmosphere of this unique union!

Included in your ticket:

Damvlakke in die Wes-Kaap

• A wine glass

• 3 meal vouchers to be presented at the food stations (2 x seafood food stations AND 1 x meat food station) to claim your tapas meals

• Wine tasting is offered by +/- 15 different wine producers in the Swartland region

• Live music from local artist Louis van Lill

A limited number of tickets are available via Quicket (https://www.quicket.co.za/ events/183842-skink-swartland/#/ ) at R385 per person. No under 18’s allowed.

Did you know that the Swartland Wine of Origin District includes parts of South Africa's beautiful Cape West Coast? The closest Swartland Wine of Origin vineyards are situated just north of Velddrif.

So, brave a bokkom, swirl a Cinsault and join in the fun as we experience the stories and wines of the Swartland in an iconic West Coast setting.

2

Gemeenskapsveiligheid word gedurende die Paastyd geprioritiseer

Atletiek: Anka Crous, leerder van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die Wes-Kaap-atletiekspan verteenwoordig by die SA Skole-kampioenskappe in Germiston vanaf 2 tot 5 April. Anke het 'n agste plek behaal in die diskus-item.

Tweekamp: Emily Liebenberg van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het op 1 April aan die SA Tweekamp-kampioenskappe deelgeneem op Coetzenburg. Sy het 'n sesde plek behaal.

Van die rolspelers wat Weskus Distriksmunisipaliteit se Veiligheidsbewusmaking program oor die paasnaweek ondersteun het.

As deel van Weskus Distriksmunisipaliteit se bewusmakingsveldtog, gemik op gemeenskapsveiligheid, het personeel van die Rampbestuursentrum verskeie intervensies regoor die distrik oor die Paasnaweek ondersteun en gefasiliteer.

Weskus-rampbestuursentrum het 'n Paasfees Operasiesentrum, by die Rampbestuurdersentrum in Moorreesburg, gekoördineer met die doel om 'n gesentraliseerde en samewerkende benadering tot rampbestuur, wetstoepassing en gemeenskapsveiligheidsingrypings te hê.

Van die intervensies het by die Ganzekraal Vakansieoord plaasgevind waar wetstoepassers en die munisipaliteit se veiligheidsgelukbringers met besoekers en toeriste interaksie gehad het terwyl veiligheidsambassadeurs die Swartland Munisipaliteit ondersteun het tydens 'n padblokkade wat op die N7-hoofweg gehou is.

Weskus Distriksmunisipaliteit, Saldanhabaai Munisipaliteit en New Hope, 'n nie-winsgewende organisasie, het die Kinderpediatersaal by Vre-

denburg Provinsiale Hospitaal besoek waar sagte speelgoed en paaseiergeskenkpakkies uitgedeel is. Die Paasveiligheids-program het tot 'n einde gekom met 'n rit deur Louwville waar geskenke en veiligheidsboodskappe met mense uit die gemeenskap gedeel is.

Raadslid Joos Engelbrecht, Portefeuljehoof vir Gemeenskapsveiligheid by die Distriksmunisipaliteit, het gesê dat samewerking tussen verskeie agentskappe positiewe resultate opgelewer het.

"Die geïntegreerde koördinering wat oor die Paastyd gedoen is, spreek van die gesamentlike pogings waartoe alle rolspelers verbind is.

"Die impak van hul pogings kan regdeur die streek gesien word" het Raadslid Engelbrecht gesê.

Hierdie intervensies vorm almal deel van die munisipaliteit se Gemeenskapsveiligheidstrategie met die doel om 'n risikovermydingskultuur te kweek en om veiliger omgewings vir almal te skep.

MRB Sakekamer: Kenners gesels oor krag

19 April 2023 3
en kragvoorsiening. Kostes beloop R50 vir nie-lede en lede is gratis. Die vergadering begin om 18:00.
Die Moorreesburg Sakekamer se ledevergadering vind op 19 April by die Mooreesburg-gholfbaan plaas. Sprekers sal die gehoor inlig oor sonenergie

Simply Bee vereer vir omgewingsbewaring

Simply Bee op Hopefield het onlangs 'n toekenning ontvang vir die rol wat hulle speel in omgewingsbewaring.

Die toekenning is ontvang by die LTG Global-toekennings waar Simply Bee as die 2022/2023-wenner aangewys is.

Die handelsmerk word geken aan hul reeks velsorgprodukte wat spesiaal geformuleer is om jou vel te versorg en herstel.

Al die produkte word sorgvuldig met die hand gemaak en bevat slegs 100% Weskusfynbos-byewas en heuning, propolis en plaaslik vervaardigde essensiële olies.

Op Hopefield kan besoekers selfs sien hoe die bye hul werk doen in 'n spesiale vertrek in die winkel.

Hier het hulle 'n fabriek, winkel, dekorwinkel

en spa in Kerkstraat.

Helena van der Westhuizen staan hier aan die stuur van sake.

Haar belangstelling in bye kom vanaf kindsbeen toe haar pa, Derick Hugo, 'n byekorf by sy skoonpa as trougeskenk gekry het.

Sy woorde was: "As jy eendag nie konfyt kan koop nie, sal jou vrou darem heuning hê om op haar brood te smeer."

Die res is, soos die spreekwoord lui, geskiedenis.

Derick het gedurende die vyftiger jare toe met bye begin boer.

Hy het na sy aftrede in 1994 hierdie stokperdjie omskakel in 'n besigheid.

Hy het 'n heuningdepot, Die Byenes, gehad en het hier sy heerlike heuning aan verskaffers

verkoop. Nie net het Derick die bye dopgehou nie, maar ook die ratels wat die korwe oopgebreek het, omdat hulle agter die jongbylarwes in die korf aan was.

Helena het gedurende 1997 na Amerika verhuis, maar sy en haar twee dogters het in 2009 teruggekeer na Suid-Afrika.

Gedurende haar jare in die VSA het sy navorsing gedoen oor die voordele van natuurlike byewas en propolis.

Haar reeks is in 2011 met vyf produkte bekend gestel.

Dit was 'n lipsalf, antiseptiese salf, seep, handeseep en 'n handeroom.

Intussen het hierdie reeks uitgebrei - so baie dat dit nou 'n eie aparte winkel in Kerkstraat het.

Die reeks bestaan nou uit 78 produkte wat

teenveroudering-rome insluit. Dit is ook in meer as 500 winkels landwyd beskikbaar en word ook in Simply Bee se eie spa, ook in Kerkstraat, gebruik.

Die reeks is ook uitgebrei om 'n luukse botaniese reeks in te sluit.

Dit bestaan uit 10 produkte en 75 olies. Dit heet Hugo Apothecary.

Die byeboerdery gaan van krag tot krag daar waar hulle tussen die fynbos, ongeveer 10 kilometer weg van kommersiële monokultuurgewasse, staan.

Die bye word nooit verskuif of vir bestuiwingsdienste gebruik nie.

Helena se mentor, Charl Baard, het 'n groter rol in haar lewe begin speel met die heengaan van haar pa.

Baard het drie reëls waarby daar steeds gehou word:

1. Jy koop niks op skuld nie.

2. Jy sit alles wat jy maak terug in die onderneming.

3. Jy hou jou saak so klein as wat jy kan vir so lank as wat jy kan.

Helena en haar man Pierre het ook eiendom op Koperfontein gekoop waarheen hulle die korf- en uitswaaitoerusting na verskuif het, juis om vas te hou aan die waardes wat Helena by Charl geleer het.

Besoek Simply Bee in Kerkstraat, Hopefield, vir 'n heerlike bye-uitstappie!

19 April 2023 4
Helena en haar pa, wyle Derick Hugo.

CPM hou 20ste jaarlikse wintersportdag

Die Christelike Privaat Skool Malmesbury (CPM) het Saterdag 15 April hul 20ste Wintersportdag op Malmesbury aangebied. Ongeveer 3 500 mense het die dag van netbal en rugby bygewoon.

Willie Taylor, skoolhoof, het almal verwelkom en die eerste Sportdag in 2003 onthou toe slegs ag skole met omtrent 500 leerders deelgeneem het. Saterdag is 13 skole met 56 rugbyspanne en 71 netbalspanne, 1 200 leerders, verwelkom. Skole van so ver soos Vredendal, Vyeboom, Hexrivier en Tulbagh het deelgeneem.

Die CPM o.8-rugbyspan was onoorwonne op die dag en die CPM o.8 en o.11 -netbalspanne het ook al hul wedstryde gewen.

"So ‘n groot sportdag sou nooit moontlik kon gewees het sonder borge uit die gemeenskap nie. Ons opregte dank gaan aan Tip Trans, Inteligro, AFGRI, FODB, MyRide, De Panne Angus, HCT Konsult, Prima Group (TyreMart), Bundu 4×4 Caravan and Trailer Hire, Checkers, Peninsula Beverages en Superspar Malmesbury."

Die dag is gekenmerk deur goeie sportmanskap en hegte vriendskappe is tussen die deelnemers gevorm.

Gholf:

Sondag het die eerste been van die gholf-derby tussen Malmesbury en Moorreesburg op Malmesbury se gholfbaan plaasgevind. Hier het 38 spelers hul staal getoon. Ná die eerste rondte het Malmesbury voorgeloop op 'n gemiddelde ESF-punte van 33.05 en Moorreesburg op 29.94. Die tweede rondte vind later vanjaar op Moorreesburg plaas, waar die 2023-kampioen gekroon sal word. Annelise Smit (bo regs) was die beste vrouespeler van die dag, terwyl Doppies Coetzee (bo links) vir Malmesbury die beste mansspeler was met Jannie Dürr (middel) wat Moorreesburg se beste mansspeler van die dag was.

19 April 2023 5
CPM se o.8-netbalspan. CPM se o.8-rugbyspan.

Kopkrapper van die week

Moeilikheidsgraad: So-so

19 April 2023 6
Rugby: In die naweek se rugbykragmetings het die spanne van Never Despair en Abbotsdale op Malmesbury kragte gemeet. Abbotsdale het Never Despair geklop met 16 punte teenoor 13. Foto: David Howburg

GELUKWENSING

Congratulations

17 April - DANZEL PIETERSEN - Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Van: ma Sophia, Rolene, Nashwill, Nathan, Tashlynn, Tesnick, Nigel en Pellie

19 April - Baie geluk FRANKLIN met jou verjaarsdag. Mag God jou seën en jou spaar tot in lengte van dae. Geniet elke oomblik daarvan. Van: Ma, Pa, suster, Ouma, Oupa, Oom, Tante en die Conradies

17 April - KARENBaie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: Boland Meat Team

24 April – “Happy birthday” ma se grootseun “#Unlock chapter 13” – God’s rykste seëninge op jou lewenspad vorentoe. Baie liefde - Mammie en Malik

Stuur jou nuuswenke na

19 April 2023 7

W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 164 • 19 April 2023

Tennis: Jani in SA-span opgeneem

Karate: Emma Wynjeterp is verkies om Karate Wes-Kaap by die KSA Cape Town League Championshops te verteenwoordig. Hierdie kompetisie is Saterdag in Lavender Hill, aangebied. Emma het puik gevaar en 'n brons medalje verower.

Tennis: Jani Steyn van die Hoërskool Swartland op Malmesbury (links) is onlangs in die o.19 SA-tennisspan opgeneem. Sy en Aiden Cupido (heel links - o.19) en Christiaan Cupido (tweede van regs - o.15) het vanaf 24 tot 28 Maart aan die Interpro-tennistoernooi in Pretoria deelgeneem. Die o.19 Boland Kavalierspan is as die naaswenners van die toernooi aangewys, terwyl die o.15 Boland Kavalierspan die toernooi in hul ouderdomsgroep gewen het. Aiden en Janie het dus silwer medaljes ontvang, terwyl Christaan 'n goue medalje huis toe gebring het. Du Preez Erasmus (heel links bo) was lid van die o.15 Boland Kavalierspan wat op Grahamstad aan die Synergy-beker deelgeneem het. Sy span het met die goue medalje hier weggestap.

Rockies reis na Worcester Gimnasium

HSS VS WORCESTER GIMNASIUM

Hokkie:

o. 16A seuns 2-6 verloor

o. 16A meisies 2-2 gelyk

o. 16B dogters wen 2-1

o. 19A seuns 0-12 verloor

o. 19A meisies 1-2 verloor

o. 19B seuns verloor 6-0

o. 19B meisies verloor 3-0.

Netbal:

o. 14A verloor 21-3

o. 14B verloor 19-4

o. 14 C verloor 20 - 8

o. 14 D verloor 9 - 3

o. 15A verloor 13-11

o. 15B wen 14-12

o. 15C wen 21-12

o. 15D verloor 6-8

o. 15E verloor 6-8

o. 16A verloor 18 - 10

o. 16 B verloor 11 - 10

o. 16C wen 11-10

o. 16D wen 12-7

o. 16E wen 13-3

o. 16F verloor 11-2

o. 17A verloor 15-20

o. 17B verloor 11-18

o. 18A verloor 25-19

o. 18B wen 26-6

o. 18c wen 23 - 5

Rugby: Blokke verloor 23 - 29

Takke verloor 19 - 32

Tiekies wen 17-3

o. 16A verloor 21-31.

o. 16B verloor 5-3.

o. 15A verloor 38-7

o. 14A wen 14-12

o. 14B verloor 5-19

19 April 2023 8
Uitslae

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.