Swartland Joernaal Uitgawe 165 19 April 2023

Page 1

1 26 April 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 165 Gratis • Free MRB Sakekamer byeen oor energie Minister Meyer praat oor landbou Bladsy 3 Bladsy 2

MRB Sakekamer byeen oor energie

Die Moorreesburg Sakekamer het verlede week vergader en die onderwerp van alternatiewe energie is bespreek.

Inligting vanaf Nedbank rakende die finansiering van hernubare energie is aangehoor, asook vanaf Standard Bank wat hul kennis oor die onderwerp met die gehoor gedeel het.

In sy voorsittersverslag het Pieter Visser melding gemaak van Nicolaas Hanekom, Martin Langenhoven en Anel Hanekom wat as voorsitter, onder-voorsitter en sekretaresse uitgetree het.

Hulle word vervang deur Pieter Visser, Fritz Els en Isabel Crous.

Jannie de Bruyn bly aan as tesourier met Jannie Smit, Leonard Thomas, Pieter Botha en Cobus van der Merwe as bestuurslede.

Gedurende die 2022/2023-termyn het die sakekamer insette gelewer op die wysigings van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk van die Swartland Munisipaliteit.

Die Moorreesburg Sakekamer het ook by die Small Business Institute geaffilieer en ook as lid by Swartland

KWARTAALLIKSE VERSLAG

‘n Nuwe GOP en Lekker Water Pryse

Ek wil met die deur in die huis val en u herinner dat u tot 28 April 2023 om 12:00 die geleentheid het om u insette te lewer op die konsepbegroting en Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) Die GOP is basies die Munisipaliteit se besigheidsplan vir die volgende paar jaar en word ook jaarliks gewysig en opgedateer na gelang van die gemeenskap se behoeftes

Die GOP is die plan wat die begroting lei As dit nie in die GOP is nie, is dit nie in die begroting nie Ons werk reeds sedert 2022 aan die plan en het verskeie geleenthede gehad waar inwoners hulle insette kon lewer Hierdie is die laaste geleentheid voor die plan en die begroting vir die nuwe finansiële jaar voor die Raad dien vir finale goedkeuring in Mei Gaan kyk gerus op ons Facebook-blad of op ons webblad (www swartland org za) vir meer inligting

Dit is altyd lekker as die werk wat ons amptenare doen raakgesien word, nie net deur die inwoners van ons dorpe nie maar ook op nasionale en provinsiale vlak Ons was dus baie beïndruk en trots met die pryse en erkenning wat ons rioolsuiweringaanlegte onlangs ontvang het vanaf die Nasionale Departement van Water en Sanitasie Beide die Riebeekvallei en Malmesbury aanlegte het pryse ontvang vir die beste rioolaansuiweringsaanlegte in hul onderskeie kategorieë Daarmee saam het mnr Hendrik Strydom die prys gewen vir beste proseskontroleur in sy kategorie Die toekennings is ‘n groot pluimpie vir Swartland en demonstreer die toewyding, beplanning en kennis waarmee munisipale infrastruktuur bedryf word

Onwettige stortings bly ‘n geweldige groot probleem in ons streek Daar waar ‘n oop stuk grond is, vind ons dat mense hulle huishoudelike vullis, tuinvullis, bourommel of sommer net ongewensde of stukkende huishoudelike items weggooi Ek wil n ernstige beroep doen op alle inwoners om onwettige storting dadelik aan te meld Dit kos die munisipaliteit duisende rande elke jaar om onwettige stortings op te ruim Regoor die hele munisipaliteit kry al ons inwoners dieselfde vullisverwyderingsdiens Daar is dus geen rede vir onwettige stortings nie Indien u nie seker is oor watter dae die vullisverwyderingsdienste in u area is nie skakel gerus die munisipaliteit of gaan kyk op ons webblad

Meld asseblief onwettige stortings aan wanneer u dit sien gebeur Kontak dadelik die wetstoepassingseenheid( 022 487 9479) Daar sal ten sterkste opgetree teen mense wat gevang word wat rommel en vullis onwettig stort Die hulpbronne wat gebruik moet word om hierdie probleem aan te spreek, kan baie beter aangewend word Indien u uitdagings ondervind met die vullisverwyderingsdienste laat ons weet, dan probeer ons om dit aan te spreek Onwettige storting is nie net hou ook gesondheidsrisiko’s in en lok peste en plae Help ons om die skul onwettige stortings stop te sit!

As u wonder waarmee ons besig is, gaan loer gerus op ons Facebook by https://www facebook com/SwartlandMunicipality

Tot volgende kwartaal Groete

Raadsheer Harold Cleopha

Uitvoerende Burgemeester, Swartland Munisipaliteit

Toerisme aangesluit.

In die vorige termyn is daar ondersoek ingestel oor die moontlikheid van Agro Processing-toekennings om moontlike landbou-ondernemings op so 'n manier na die dorp te lok.

Die sakekamer werk ook nou saam met MURS, die Moorreesburg Urban and Regional Sector ten opsigte van die beplanning vir PTZ/LPR-kameras vir die dorp.

Daar word steeds na besigheidseienaars gesoek om hul geboue aan te bied om kameras teen die geboue te installeer.

Die sakekamer het die Paradyskloof-ontwikkeling oorkant die Gene Louw-sportgronde skoongemaak.

Intussen is die sakekamer ook besig om te woeker met die verf van geboue in die Hoofstraat.

Dit sluit geboue vanaf die verkeerslig tot by HMO Meubels in.

Hulle wag tans vir toestemming om die spoorwegbrug se ses panele in verskillende kleure te verf om so die projek aan te kondig.

Dit sal aansluit by Swartland Toerisme se bemarkingstema.

Visser het in sy voorsittersverslag genoem dat dit sy doelwit is om 'n sterk deelnemende ledetal te bou om alle besighede met mekaar te sinkroniseer om die dorp se ekonomie volhoubaar te laat groei met die uitbrei van bestaande besighede asook die invloei van goeie gesonde nuwe besigheid wat aansluit by die sakekamer se beleidsdokument.

Daar is meer as 180 besighede op Moorreesburg identifiseer, na die dorp in vyf dele verdeel is.

140 eposse is aan bestaande en potensiële lede gestuur.

"Slegs 11 bestaande lede het hul lidmaatskap hernu en 15 nuwe lede het aangesluit.

"Ledegeld is noodsaaklik om die Sakekamer se uitgawes te dek," sê Visser.

Die sakekamer se ledetaldoelwit vir 2023 is 100 lede.

Aansoekvorms is beskikbaar op die Moorreesburg Sakekamer se webtuiste. Besoek www.mrbsake.co.za om jou lidmaatskapvorm af te laai.

2
Stuur jou nuuswenke na of stuur 'n epos na admin@swartlandjoernaal.co.za

Miljoene rande vir elektrisiteit in die landbou geoormerk

Stap saam met Furlo vir Wings for Life

Furlo Theron van Malmesbury daag alle Swartlanders uit om deel te neem aan die virtuele staptop, Wings for Life op 7 Mei.

Wat die resies uniek maak, is dat alle deelnemers vanoor die wêreld, op dieselfde tyd wegspring. Professionele atlete, pretdrawwers en beginners is almal saam teen die Catcher-voertuig.

Die bewegende eindstreep, begin 30 minute na die wegspring en steek drawwers en rolstoel-gebruikers verby een na die ander, tot die resies verby is.

Alle inskrywingsgeld word geskenk aan spinalekoord-navorsing om 'n geneesmiddel vir

hierdie soort beserings te ontwikkel.

Furlo het besluit om vanjaar alle deelnemers uit te nooi om saam aan die dag deel te neem op die nuwe sportgronde agter Schoonspruit Sekondêr. Hy sal ook lekker pryse vir die wenners uitdeel en wil graag hierdeur bewusmaking doen vir die toestand waaraan hy self ook ly.

Diegene wat aan die resies wil deelneem, moet die webtuiste wingsforlifeworldrun.com besoek en registreer. Soek dan ook vir Furlo se span, Grace Adapted.

Vir meer inligting of registrasiehulp, kontak Furlo op 071 682 6107 of stuur 'n epos na graceadapted@gmail.com.

Minister Ivan Meyer (regs) het onlangs besoeka afgelê by die nuwe aanleg van DeliCo buite Riebeek-Kasteel. Hier is hy saam met hoofuitvoerende bestuurder, Hendri Truter.

Die Wes-Kaapse minister van landbou, Minister Ivan Meyer, het Woensdag Agri Malmesbury se lede toegespreek.

Volgens Meyer is daar 17 000 landbouers in die Wes-Kaap, kommersieel asook op klein skaal.

Hy het beklemtoon dat boere-ondersteuning gelykstaande is aan voedselsekuriteit.

Die departement van landbou het gedurende die 2020/2021-tydperk 4015 plaasbesoeke afgelê, met 3600 besoeke wat beplan is vir kleinboere.

5200 voedseltuine is geïmplementeer op die grondslag van een huis, een tuin.

Volgens Meyer sal daar ook groter fokus geplaas word op die oordrag van tegnologie na landbouers in terme van produksie.

Hy het ook klem geplaas op die konsep van 'n boer is 'n vriend en dat die gemeenskap landbouers nodig het.

Met klimaatsverandering wat kenners laat kopkrap, is dit belangrik om te weet dat SuidAfrika die 50ste droogste land ter wêreld is.

Volgens Meyer het landbou volhoubare bronbestuur nodig.

"Tegniese toepassings word benodig vir beter waternavorsingsbestuur."

As deel van die departement se strategiese prioriteite is die Wes-Kaapse Cannabis-plan einde Maart vanjaar bekend gestel.

Dit voorsien fokusintervensies en bied ondersteuning aan cannabis-produsente in die WesKaap.

Uitheemse plante is ook uitgeroei oor 20 000 hektaar wat 800 werksgeleenthede geskep het.

Die aanbieding van die Energieberaad vind op 22 en 23 Junie vanjaar plaas met insette wat ingewin sal word van verskillende groenenergieverskaffers en -kundiges.

Volgens Meyer het 8 uit 10 van die grootste uitvoerprodukte van die Wes-Kaap 'n land-

bou-grondslag.

Vir elke 5% groei in uitvoere, word 22 951 werke geskep.

'n Totaal van 66% van die waarde van die Wes-Kaap se landbouproduksie word uitgevoer en 55% van Suid-Afrika se landbou-uitvoere kom vanaf die Wes-Kaap.

Die departement ondersoek ook moontlikhede om landbouers minder afhanklik van Eskom-krag te maak.

Die Wes-Kaap se Energie Veerkragtigheidsprogram sluit die volgende in:

R11.1 miljoen is geallokeer vir die vraagbestuursplan, om korttermyn opsies te identifiseer om sommige beurtkrag-fases te versag volgens die vraag.

R444.5 miljoen is geoormerk vir die Nuwe Energie Opwekkingsprogram.

R15.8 miljoen is geoormerk vir die Netwerkontwikkelingsplan om te verstaan waar die huidige munisipale distribusienetwerk gebruik kan word en om te bepaal waar Eskom hul beplande netwerkontwikkelings kan versnel.

Die energiebefondsing sluit ook in:

R95.9 miljoen vir die Departement van die Premier om te lei, te koordineer en om strategiese komponente van die Energieverkragtigheidsprogram te dryf, R148.7 miljoen vir die Departement van Infrastruktuur om onafhanklike kragvoorsieners te dryf.

R60 miljoen aan Wesgro en Freeport Saldanha om die Green Hydrogen-ontwikkeling te verseker;

R55.5 miljoen vir die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme om alternatiewe energievoorsieningsstelsels te implementeer en R57.5 miljoen vir die departement van plaaslike regering om munisipaliteite te ondersteun om hernubare energie-oplossings te ondersteun.

26 April 2023 3 Bokomoweg 44, Malmesbury, 022 482 1817 482 Voorspoed aan al ons landbouers met die komende saaityd. Ons het die regte band vir elke implement, teen die regte prys!

Tuinkenner gee raad... ...my tuin in die herfs

Konstruksie aan De Zwartland Werf steeds goed op dreef

Bouwerk aan die nuwe De Zwartland Werf vorder fluks, 'n jaar ná grond gebreek is.

Die Piketbergweg en De Grendel-paaie is voltooi en die span is besig met die laaste elemente op die sypaadjies.

Die N7-sirkel vorder ook volgens plan met 'n geskeduleerde voltooingsdatum van Augustus.

Terwyl ek die artikel skryf, reën dit lekker buitekant (laasweek Donderdag). Kom ons hoop en bid dat dit die winter genoegsaam sal reën, en vir baie sneeu op die berge om ons damme en onderaardse waterbronne aan te vul.

Ek het lank terug gelees ‘n tuin is nooit vir altyd nie. Hoe waar is dit nie, want ons wil mos net eenkeer beplan en plant en dan moet dit sommer vir altyd so bly. In die praktyk werk dit nie so uit nie, want behalwe vir ons groot bome en struike, kan die kleiner plante nie vir ewig daar wees nie. Verder kan so ‘n tuin baie vervelig raak, want die tuinier plant alles wat die buurvrou plant en wil nooit ‘n plant uithaal wat al lankal by sy raklewe verby is nie.

Die meeste van jou kleiner struikies en grondbedekkers sal selde vir langer as twee tot drie jaar mooi bly, soos byvoorbeeld magrietjies en laventelbosse.

Jy kan hulle kort-kort terugsny, maar dit is nie baie lank nie dan raak hulle stokkerig en lelik, dan is dit net die komposhoop wat hulle volgende bestemming is.

Sulke regruk werksessies in jou tuin, gee aan jou die geleentheid om jou blom- en tuinakkers lekker oor te beplan en dalk iets heeltemal nuut

te doen. Eers wanneer dit klaar is, kan jy sien hoe gesond dit lyk en hoeveel dit jou gemoedtoestand verfris, so die wagwoord is vernuwing, nie verveling nie.

Verder is die bladwisselende bome besig om hul blare af te gooi, so indien moontlik kan jy dit sommer gebruik as ‘n deklaag, andersins kan jy dit bymekaar maak en dit ook by die komposhoop gooi en lieflike kompos daarvan maak. Jy kan die kompos maak van alle tuin-afval indien jy die spasie het, onthou net dit is ‘n effe uitgerekte proses.

Terwyl ons nou ‘n effens rustiger tyd in die tuin belewe, het jy die geleentheid om jou tuin gereedskap te diens, laat slyp die snoeiskêre, diens die grassnyer, randsnyer en die tuinblare-suier, kyk ook dat alle vurke en grawe in ‘n goeie toestand is.

Indien jy ‘n lentetuin wil hê, sal jy moet begin plant aan jou blombolle, tuinblomme, saailinge en nuwe blomstruikies.

Lekker tuinmaak tot volgende keer, 31 Mei 2023 en onthou die wagwoord …vernuwing … nie verveling nie.

Die ontwikkelingsinfrastruktuur vorder ook volgens beplan met 'n voltooingsdatum van einde Junie.

Konstruksie van die winkelsentrum het Oktober 2022 begin en as alles volgens plan verloop, sal die winkelsentrum teen einde Oktober voltooi wees.

Die bou van die hospitaal het ook begin en die voltooingsdatum hiervan is einde April 2024.

Die Toyota-vertoonlokaal is ook goed onderweg en behoort teen die einde van Oktober voltooi te wees.

Teen Augustus vanjaar sal die kantoor- en residensiële projek afskop.

26 April 2023 4

Liga-kampioenskap: Op die rugbyveld het die spanne van Abbotsdale en Riebeek-Wes mekaar gepak in die Groot Uitdaag-kampioenskap van die Boland Rugby Unie. Abbotsdale se eerste span het met 26-10 oor Riebeek-Wes geseëvier.

Foto: David Howburgh

Die spanne van Wesbank Sekondêr op Malmesbury het die naweek kragte gemeet teen die spanne van Weston. Nie net op die sportveld nie, maar ook oor 'n pot skaak. Die gure weer kon nie die skole se geesdrif demp nie.

Foto's: David Howburgh

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak vir Karin. karin@ swartlandjoernaal.co.za

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit

Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Deodat Carolus by 022 487 9400.

Superintendent: Elektriese Konstruksie

Malmesbury

Direktoraat: Elektriese Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V18/23

• Salarisskaal: R358 320 – R465 108 p.j. (T12)

Sluitingsdatum: 9 Mei 2023 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

148028

26 April 2023 5
26 April 2023 6 Damvlakke

GELUKWENSING

Congratulations

24 April - BERENICE - Baie geluk met jou geboortedag vieringe, Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Van: Boland Meat span

April. Mag daar nog vele wees. Baie lief vir julle. Van: jule dogter Pauline en aanstaande skoonseun Piet

vir jou. Van: jou verloofde Pauline, kinders en kleinkinders

Ons as familie is baie lief vir u. Van: die van Wyk-, Dreyer- en van Der Ventel familie en vriende

Te Huur To Rent Rental home in Newclair. R12,000 p/m excl. utilities. Consists of 3 spacious

bedrooms, kitchen, lounge, dining area, 2 bathrooms, single garage plus ample parking. Contact Pearl 0825240248.

Baie geluk OOM JAPIE ROMAN met u 68ste verjaarsdag op die 28ste April. Lekker verjaarsdag Koning. Van: Cinda

26 April – “Happy 67th birthday BEN”. Mag God jou nog baie jare spaar en jy moet lekker verjaar. Van: jou vrou Theresa, kinders, kleinkinders, Van Reens en Daniels families – Lief vir jou

RENE AFRIKA – 30 April- I still can’t believe that it’s been two years since you were born into this world. May God bless you with good health, joy and happiness.

Happy 2nd birthday my “blom”. From: Mom, Dad and big brother

Margaret Dreyer (Mammy) – jou 1ste verjaarsdag weg van ons af. Die gemis is groot. Ons vra nog na jou. “We have a Angel watching over us, and we call her Mammy”. Ons gun jou die rus. Liefde – jou kinders, kleinkinders, susters en broer

Stuur jou nuuswenke na

29 April – BERT (LOEKIE) PIETERSEN - Pa se 3de verjaarsdag weg van ons, ons verlang baie maar gun pa die ewige rus. Pa sal altyd in ons hart voortleef. Van jou geliefde vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

25 April – LEVEARNE - Baie geluk met jou geboortedag. Mag dit geseënd wees en mag God jou nog vele jare spaar. Van: Mammie, Pa, Pat, susters en broers

Happy 16th anniversary on 28 April. May God will be united us forever. Van: die Boland Meat-span

MEMORIUM In Memoriam

VACANCY BULLETIN

EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

Veels geluk RAYN met jou verjaarsdag op die 28ste April. Lekker verjaarsdag. Van: suster en broers

30 April- PIET PIETERSEN - Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele wees en ek is baie lief

Baie geluk MARGARET DREYER met u eerste verrjaarsdag op 28 April in die hemel. Ons harte is seer en die gemis is groot, maar gun u die ewige rus.

DEPARTMENT OF HEALTH

SWARTLAND HOSPITAL ADMINISTRATION CLERK: SUPPLY CHAIN MANAGEMENT (ORDER/ BUYER) (2 POSTS)

Remuneration: R181 599 per annum

To view the advertisement content and how to apply, please visit www.westerncape.gov.za/jobs

The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Baie geluk aan my ouers met julle huweliksherdenking op 26

Closing date: 12 May 2023

148011 Swartland Joernaal www.ayandambanga.co.za

26 April 2023 7
POSITIVE ABOUT PEOPLE WITH DISABILITIES

HSS se Rockies blink uit in sport en akademie

AKADEMIESE TOPPRESTEERDERS:

Ons het vandag erkenning gegee aan kwartaal 1 se akademiese toppresteerders.

Die top drie het die volgende bederf ontvang:

1ste: R150 geskenkbewys van Roman's Pizza Malmesbury

2de: R100 geskenkbewys van Wimpy SA

3de: R50 geskenkbewys van Cherry Lane.

Baie geluk aan hierdie leerders!

GRAAD 8:

1. Du Preez Erasmus; 2. Felipe van der Spuy; 3. Jani Visagie

GRAAD 9:

1. Seth Smit; 2. Zanike Marshall; 3. Nina Truter

GRAAD 10:

1. Mila Maritz ; 2. Wilné Steyn; 3. Teneal Joubert

GRAAD 11:

1. Anike van der Merwe; 2. Jani Steyn; 3. Jana Steyn

GRAAD 12:

1. Lara Steyn; 2. Talita Engelbrecht; 3. Unè Beneke & Eduard Mostert

Graad 8 Graad 9

Swem: Hierdie leerders het aan die SA Vlak 3-streekkampioenskappe deelgeneem. Baie geluk aan Jani Visagie, Carli Vorster, Emsie Brand, Lelani Buhr en Mark Liedeman wat vanaf 31 Maart tot 3 April by UWC, Bellville deelgeneem het aan die Streekskampioenskappe.

SA JUNIOR NASIONALE KAMPIOENSKAPPE: Aiden Foot en Thomas Orchard het puik gevaar by die SA Junior Nasionale Kampioenskappe van 21-25 Maart te Kings Park-swembad, Durban.

Kalahari

Vasbyt: Niel Albertyn (middel) was van 29 Desember tot 16 Januarie deel van die Kalahari Vasbyt-groep. Hulle het eers Johannesburg toe gevlieg en daarna Zimbabwe toe, waar hulle prettige aktiwiteite soos "bungee jumping" en "river rafting" gedoen het. Daarna het hulle na Botswana gery. Hier is skoolhoof Justus Schoonraad, Niel en Andries Erwee.

Uitslae

HSS VS HERMANUS

NETBAL:

14A verloor 10-19; Rosemary Neethling

14B verloor 6-8; Madele Steyl

14C wen 6-5; Anna-May van Zyl

14D wen 10-3; Ru-Anne Moses

15A verloor 4-13; Iviwe Mazwana

15B wen 6-3; Donarique Ockhuis

15C wen 9-3; Aya Njengaye

15D wen 10-1; Shakira Rührmund

15E verloor 3-4 teen 16F; Cari Walters

16A verloor 1-18; Marelize Batt

16B wen 7-5; Hilande Vrey

16C wen 8-6; Erin Jonkers

16D wen 8-3; Grayleigh Syster

16E gelykop 2-2 teen 16D; Layla de Lange

16F verloor 0-3 teen 15E; Johané Vermeulen

17A wen 17-8; Anke Mouton

17B wen 12-2; Jolene Fortuin

18A wen 22-11; Zeté Adams

18B wen 22-6; Christien Vlok

RUGBY:

14B wen 12-7

15A wen 17-15

15B wen 17-15

16A verloor 24-28

16B wen 12-10; Ezrique Pinto

Tiekies wen 27-17; Kenzo Isaacs

Takke wen 20 - 8; Ashlin Nicholas

Blokke verloor 7 - 3

HOKKIE:

16A seuns gelykop 2-2

19B seuns gelykop 1-1; Johan Jurgens

19A seuns gelykop 2-2; Carlo van der Merwe

19B dogters verloor 0-5

O19A dogters verloor 0-1; Danielle Schwartz

BORGSKAP (bo):

Die Tiekies spog graag met hulle nuwe opwarmingshemde en toksakke.

Die Tiekies is tot dusver onoorwonne. Hulle speel lekker hardlooprugby en die manne se gees loop hoog.

Ons wil dankie sê aan Supaquick Seepunt vir julle betrokkenheid by Hoërskool Swartland, ons waardeer dit opreg!

Spanbou: Die o. 19A-seunshokkie het die naweek hul spanbou te Hermanus gehad. Soos duidelik blyk uit die foto's, was dit 'n naweek van pret, plesier, lekker hokkie en goeie spangees. Dankie aan mee Petro Pienaar en Wanda Lesch, wat die seuns vergesel het. Dankie ook aan die borg, Nova Voere, vir die seuns se splinternuwe baadjies.

26 April 2023 8 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 165 • 26 April 2023
14A
22-14
wen
Graad 10 Graad 11 Graad 12

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.