Swartland Joernaal Uitgawe 15 Februarie 2023

Page 1

byeen vir musiek

15 Februarie 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 154 Gratis • Free
Die span van Dirkie G Produksies, onder leiding van Dirkie Gildenhuys, het die naweek 'n suksesvolle "Musiek oppi Platteland" op Môreson-plaas aangebied. Nagenoeg 5000 mense het die musiekfees bygewoon wat name soos Snotkop, Early B, Elandré, Karlien van Jaarsveld en meer op die verhoog gesien het. Foto: Verskaf
5000

William Koch Attorneys welcomes new team members

William Koch Attorneys in Malmesbury now boasts with two new members to the team. The practice has grown since it first opened it's doors in 2020.

Voedseltekort rede vir vrystelling van beurtkrag

Emile Vercuil Elizma Beets William Koch

William grew up in Malmesbury where he matriculated at Swartland High School in 2007. Thereafter he commenced his tertiary education at the University of Stellenbosch where he obtained his BComm (Law) and LLB degrees in 2013.

After completing his articles of clerkship he was admitted as an attorney of the High Court of South Africa in 2016.

Since being admitted as an attorney, William has gained experience in High Court and Magistrate’s Court litigation, labour law, corporate and commercial law, conveyancing, administration of estates, drafting of wills and technology law. William is a firm believer in providing clients with holistic and affordable legal solutions in a professional and expedient manner.

When not in the office, William enjoys the outdoors and socialising with his friends and family. He enjoys giving back to the community and has been involved in many community based initiatives which includes amongst others, being a founding member of the Swartland High Old Boys, more formally known as the Swartland Bond, coaching rugby at Swartland High School and providing voluntary pro bono legal services to deserving organisations.

Elizma grew up on a farm in Mpumalanga and matriculated at Framesby High School in 1998. She obtained her LLB degree from the University of Port Elizabeth in 2002 and her LLM (Commercial Law) degree from UNISA in 2007.

After completing her articles at Pagdens Stultings Inc. in Gqeberha she was admitted as an Attorney, Notary and Conveyancer in 2005.

Since admission, she has gained extensive experience in conveyancing and property law, notarial practice, corporate and commercial law, drafting of commercial contracts, estate law, civil law, High Court and Magistrate’s Court litigation, labour law and insurance law.

When not in office, Elizma enjoys spending time outdoors, nature photography, camping, classical singing, wine tasting, cooking, reading, learning new crafts and socialising.

Emile is an ambitious Candidate Attorney with a diverse skill set.

Born and raised in Malmesbury, Emile matriculated at Swartland High School in 2010. He subsequently went on to study at the University of Stellenbosch, where he obtained his LLB degree.

Upon receiving his LLB degree, Emile decided to study further and thus began reading for a LLM in international criminal law, which degree was conferred in March 2019.

During his LLM studies, Emile dedicated his time to the Law Trust Chair in Social Justice, where he worked directly alongside former Public Protector, Prof Thuli Madonsela, and also while engaging complainants during his tenure as a Legal Consultant at the South African Human Rights Commission.

Pioneer Foods sal voortaan uitgesluit word van die beurtkragskedule.

Die Swartland Munisipaliteit het 'n aansoek ontvang vanaf die maatskappy hiervoor, aangesien die voortdurende beurtkrag die produksie van noodsaaklike voedselprodukte, insluitend meel belemmer en dit veroorsaak tekorte in die voedselketting wat 'n nasionale impak op voedselproduksie het.

Swartland Munisipaliteit het dienooreenkomstig by ESKOM aansoek gedoen om een van die lyne wat die munisipaliteit van krag voorsien uit te sluit van beurtkrag. ESKOM het die versoek goedgekeur

Die netwerk wat geraak word voer die munisipale rioolwerke, Pioneer Foods (Sasko Meule) asook 'n aantal ander klante in die industriële gebied (ongelukkig nie alle klante in die area nie). Die impak van die besluit is dat hierdie klante vir ten minste die volgende twee maande nie meer beurtkrag gaan ondervind nie. Die ooreenkoms vereis egter dat dié klante se totale las op hierdie netwerk met tye tot soveel as 20% verminder sal moet word vir solank as wat ESKOM die verlaging verlang.

"Ons wil die inwoners en alle kragverbruikers die versekering gee dat die aansoek deur ESKOM goedgekeur is met volle inagneming van al die vereistes soos verwag in terme van die NERSA spesifikasies.

"Die voordeel vir alle inwoners is dat die rioolwerke nou weer normaal kan funksioneer. Pioneer Foods (Sasko) sal ook genoeg meel kan maal om die vraag na meel en brood te bevredig."

HOËRSKOOL SWARTLAND

BIED AAD

WP/BOLAND TOUTREKKAMPIOENSKAPPE

» Datum: 4 Maart 2023

» Plek: Hoërskool Swartland, Dirkie Uysstraat

» Tyd: Begin 08h00

» Prys: R10 per voertuig

Kom geniet die dag en ondersteun die Rockies op die toutrekveld. Verskillende kosstalletjies ook beskikbaar.

Facebook Hoërskool Swartland Offisieel | Instagram @hs.swartland

2
#successnothingless

KragDag op Môreson

Besoeker Parkering

KragDag Wes-Kaap sal hierdie naweek talle interessanthede vir besoekers bied.

Besoeker Parkering

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, die hoofborg van KragDag, het genoem dat Sakeliga KragDag reeds ʼn kragstasie is met ʼn besondere energie. Energie om anders te dink oor selfstandigheid. Hy voer aan dat staatsbestande ondernemings staatsbestande sakegemeenskappe met veerkragtigheid toerus om ondanks staatsverval voorspoedige gemeenskappe op te rig en in stand te hou.

Na verskeie versoeke vanuit die Kaap het die KragDag-span besluit om die KragDag-ekspo ook vanjaar na die Kaap te neem.

Volgens HP Steyn, bestuurshoof van KragDag, is KragDag die plek waar

entrepreneurskap en tegnologie saamgevoeg word tot die grootste versameling van selfstandigheidsoplossings op elke denkbare terrein.

Die KragDag-ekspo, bied ʼn leersame dag met ʼn karnavalatmosfeer. Hier is jy egter nie ‘n blote vermaaklikheidstoeskouer nie, maar ʼn deelnemer in interaksie met dinge wat ʼn verskil in jou lewe kan maak.

Kom skakel met mense wat in selfstandigheid belangstel en kry raad by die kundiges wat by die ekspo uitstal, vir jou eie selfstandigheidsplanne. .

KragDag 2023 bied iets vir elke lid van die gesin. Met 100 uitstallers, praktiese demonstrasies, ʼn biertuin, helikopterritte, ʼn pretpark, kuns en kou mark, heerlike kos, landbou uitstallings en selfs

ʼn biogas-aanleg waar jy kan sien hoe die aanleg werk. Kom kry ‘n koppie boeretroos wat op ʼn biogasstofie berei is.

Waar vind Sakeliga KragDag Wes-Kaapplaas?

Die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap vind op die Môreson plaas, ongeveer 11km buite Malmesbury plaas.

Wat beloop die kostes?

KragDag Wes-Kaap se toegangskaartjie kos slegs R50 per volwassene. Dit is 50%-afslag op die normale hekfooi van R100. Die kaartjie gee jou toegang vir een of beide dae om die ekspo by te woon.

Toegang vir kinders tot 18 jaar bly steeds gratis. Vooraf kaartjieverkope sluit op 16 Februarie 2023.

15 Februarie 2023 3 As jy jou besigheid wil laat groei, kontak haar gerus. karin@ swartlandjoernaal. co.za Tema Landbou Opvoedkunde Junior Entrepreneurs Kou- en Kunsmark Verversings Borge, media en organisasies UITSTALRUIMTESLEUTEL 100 m 98 99 101 102 104 112 110 109 108 107 115 117 21 19 18 17 15 12 10 106 105 128 127 126 125 123 119 118 25 28 29 30 137 41 143 145 141 140 43 45 47 148 152 154 155 156 157 158 63 62 60 59 58 56 54 160 161 162 163 164 165 166 167 168 170 171 73 72 71 70 69 68 67 76 77 78 83 84 85 86 87 88 90 192 182 186 190 176 175 180 178 177 501 504 506 508 512 511 509 514 515 524 522 520 518 517 526 527 546 530 532 544 534 542 541 540 539 536 537 500 502 547 554 553 552 560 559 557 556 wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad wandelpad Pretpark Helikoperritte
Ingang Uitstaller Parkering Kroeg Kuierarea

kykNET Buite Ekspo 2023 kruip al nader

Die kykNET Buite Ekspo Wes Kaap vind binnekort plaas by Môreson Plaas net buite Malmesbury van 24 tot 26 Maart 2023.

Die ekspo beloof weer om soos altyd iets vir almal te bied. Die fokus is soos altyd op die talle buitelewe uitstallers wat van die nuutste produkte tans beskikbaar het in die buitelewe- kampeer- en 4x4 mark. Onthou die geleentheid word in ‘n veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik

gebruik sou word deur die koper.

Daar word weer verskeie aktiwiteite aangebied as deel van die ekspo. Hierdie jaar is Action Ford Malmesbury weer aan boord met die splinternuwe Ford Raptor Ervaring en ook Maniac 4x4, waar die publiek GRATIS saam met ervare bestuurders kan saamry en sien waartoe hierdie ongelooflike voertuie in staat is.

Kom ervaar ook die gewilde helikopter ritte en bekyk die Swartland uit die lug. Daar sal weer ‘n lekker braaikompetisie aangebied word saam met Jimmy’s Sauces en kykNET akteurs en moenie vergeet van ons Hankook-kunstenaars wat gaan optree nie, onder andere Irene-Louise van Wyk, West, Tasché, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Rooies, Sone Joubert, Rooiwyn Profeet, Nicky de Kock en Riaan Grobler wat ook die MC vir die naweek sal wees ! Kom ry ook GRATIS saam die immergewilde ‘Mnr 4x4’ – André de Villiers van André 4x4 en aanbieder van Safari 4x4 Roetes op kykNET. Hierdie ervaring is iets wat nie gemis mag word nie en hierdie jaar sal Andre die publiek op ritte neem in verskillende voertuie op die kykNET baan, saam

met kykNET sepie akteurs!

Nog iets nuut die jaar is pret rofstoei vertonings deur Mother City Wrestling, wat beloof om tonne vermaak te verskaf.

Oudergewoonte sal daar nie teleurgestel word met die ‘vloeibare verversings’ nie en dit beloof om weer uit die boonste rakke te wees asook ‘n groot verskeidenheid beskikbaar – enigiets van ‘n verskeidenheid wyne in die Swartland Kelders wyntuin (met heerlike kos wat hierby pas), tot bier en jou gunsteling drankies en nog vele meer. Daar sal ook ‘n groot verskeidenheid kosverskaffers wees en wie kan nou nee sê vir lekker feeskos.

Vir die dames sal daar ‘n kuns- en snuffelmark wees waar daar ‘n groot verskeidenheid van kwaliteit produkte beskikbaar sal wees.

Ons het ook nie vergeet van die kinders nie en

daar sal ‘n lekker groot pretpark wees en Lollos verras weer die Sondagoggend met een van hulle treffer vertonings, Skattejag.

Onthou alhoewel ons baie aktiwiteite aanbied, bly die fokus natuurlik op die top klas buitelewe-produk uitstallings.

Beperkte kampering is beskikbaar op terrein – stuur asb ‘n epos aan admin@moresonmalmesbury.co.za en dan kan ons puik ‘Glamping’ tente bespreek word by ryno@you2camp.com.

Dagbesoeker kaartjies is beskikbaar deur TicketPro by ekspo.co.za en ook by die hekke gedurende die ekspo. Probeer asb aanlyn kaartjies koop deur TicketPro indien moontlik – dit vergemaklik dinge by die hekke vir almal!

Besoek gerus ons webwerf by www.ekspo. co.za en alle navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za.

4 15 Februarie 2023

PACRS and EPS together with SSS has joined forces

With crime on rise everywhere in South Africa, especially in the Western Cape We ve decided to combined our expertise and businesses into one big umbrella to showcase our experience within the security sector PACRS has been in the security industry for much over 36 years and was started by Mr A C Carolissen, and to date one of his sons, Mr Rayno Corlissen, has taken over as the Managing Director and stands firm in his father s shoes, with over 20 years within the company Echo Sat t/a Echo Protected Services, is a well known satellite business in Malmesbury Director Lindon Feres has developed a love for combatting crime since he could remember He is picking up the pieces of his late father who served in SAPS for over 2 decades Today, we can proudly say we partnered with one of the best security companies in the Boland We are extremely honoured and proud to be affiliated with the directors with such influential impact in fighting crime for decades SSS Security is very well known to the Swartland area, under management of Steven Swart (better known as Smiley ) He started his career in the security sector at the age 18, as a technician and has transformed into a Managing Director of a successful security business, within the technician department of the business Together our mission is to work closely with SAPS and the local neighbourhood watches, to provide a helping hand in combatting crime Our control room and staff are highly trained and skilled to offer the premium security services that our clients deserve

Tactical Response Unit Directors Technical Unit SSS Security The combined force of PACRS, EPS and SSS. PACRS Response Unit

Du-wayne doen dit weer

Du-wayne Damon, leerder van Steynville Sekondêr op Piketberg, het die atletiekkringe aan die gons met sy talent.

Die verspringatleet van Moorreesburg het op 4 Februarie aan die Plattelandbyeenkoms deelgeneem en 'n afstand van 6.49m aangeteken. Die afgelope naweek het hy aan die Wes-Bolandbyeenkoms deelgeneem en 'n afstand van 6.24 m gespring. Volgende naweek neem hy aan die Bolandbyeenkoms in die Paarl deel.

Du-wayne word afgerig deur Junior January, ook van Piketberg.

Hy is 'n fiksheidsinstrukteur by Adams

Fitness.

Hy beskryf Du-wayne as 'n nederige persoon wat altyd hard sal werk om sukses te bheaal.

"Hy het 'n sterk persoonlikheid en hy is baie lief vir lag en glimlag!"

Rolbal wen, maar skuif af

Malmesbury se WP Vlag-rolbalspan het Saterdag goed gedoen deur Durbanville met 7-5 met die kous oor die kop huis toe te stuur, maar kon dit nie regkry dat albei spanne wen nie. Hulle sak nogtans een posisie terug op die punteleer na die vierde plek.

Daniël Griebenauw, Brian Howell, Jeff Petersen en Rainier van Zyl is weer die keur van die spanne en wen gemaklik met 29-12, ondanks die feit dat hulle die laaste stel teen alle verwagtinge in 3-8 verloor. Dit ná hulle 0-2 agter loop in die eerste stel, goed terugveg en uiteindelik dit 7-3 wen. In die tweede stel maak hulle amok en wen 19-1 en in die proses tel hulle twee keer 3 en twee keer 5 op op die laaste 4 skofte. Dit is juis hierdie goeie tweede stel wat dit onverklaarbaar maak dat die laaste stel hulle gepootjie het. Die verloor hulle 3-8.

Die span van Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Lodewyk Lesch en Marius Huysamen lewer beter spel as die vorige week, maar kan nie die knoop deurhak nie en verloor 14-19.

Hulle verloor die eerste stel 4-8, ruk hulle reg tydens die tweede stel om 9-1 voor te loop, net om toe te sien hoe die opponente skip met sy laaste bal die prentjie verander van 3 skote af na 3 skote vir hulle. Dit skud die span kwaai en hulle verloor die laaste stel 1-7. Volgens Roux vly die telling die opponente en beskou hy die wedstryd as die taaiste tot dusver die seisoen.

Die uitslag druk Durbanville af na die tweede posisie op die punteleer, met Sunningdale, teen wie die span Saterdag weg speel, die nuwe voorlopers vanaf nêrens met 5,5 punte meer op die punteleer.

Die Trips-span wat ook tuis teen Sunningdale

gespeel het, het gesorg vir bietjie klubgeskiedenis. Vir die eerste keer was 'n getroude paar die skips in dieselfde Malmesbury-span. Die eer kom Ricardo en June Rickett toe. Net om die vrede te bewaar, het June vir ten minste 'n week die spogregte tuis dat haar span gewen het, en sy vir Ricky uitoorlê het. June, Peter Hall en Cobus Vermeulen begin goed deur die eerste skof 8-3 te wen. Tydens die tweede skof veg hulle terug van 'n 3-6 agterstand om 6 elk gelykop te speel. Op die laaste skof van die derde stel, slaag hulle daarin om net 1 skoot af te staan, en sodoende die wedstryd naelskraaps 17-16 te wen. Hulle het wel die stel 3-8 verloor.

Op die baan langsaan is Ricky, Kobus Groenewald en Johan de Kock deurgaans in 'n taai stryd gewikkel. Hulle wen die eerste stel 7-6, verloor die tweede 5-7 nadat hulle 3 skote op die laaste skof optel, en verloor die laaste stel 3-5. Die telling 15-18, en die uitslag tot dusver die beste vir die span. Hulle verloor 4,5-7,5. Hulle gaan speel Saterdag weg teen Pinelands.

Intussen het sewe spelers aan die verskillende WP Enkelspelkpioenskappe gaan deelneem. Jeff Petersen hou steeds die klub se naam hoog in die Novice-kampioenskap en het Sondag op Milnerton deurgedring na die laaste 16. Hy speel komende Sondag op Pinelands teen 'n speler van Mowbray. Die novice-kompetisie is vir spelers wat, wanneer die kompetisie begin, drie jaar of minder rolbal speel.

Dit is Jeff se laaste jaar as novice en die lede hou duim vas vir verdere sukses. Volgens Roux is Jeff 'n baie besadigde en bestendige speler wat gefokus bly en konstante goeie spel lewer, ook onder druk. Hy is dus nie verbaas dat hy so ver gevorder het nie.

6 15 Februarie 2023

GELUKWENSING Congratulations

kersie brand, maar vir Pa nooit vergeet nie. Ons koester ons mooi herinneringe saam. Liefde – kinders en kleinkinders

14 Februarie - CLEONAY MARONIQUE

ROEMS. “Happy 5th birthday” ma se blom. Alle seënwense op jou nuwe lewensjaar. Jy sê jy’s vandag ‘n volle handtjie vol, Onthou pappie Rico kyk vandag af na jou klompie soentjies en drukkies.

Van: jou Ma en Roems gesin Look who is turning 5 on 14 February - Happy birthday Cleonay Roems. May you have a blessed day.

From: granny Pauline, uncle Piet, Marche, Marchall, Steffie, Deonise and Talitha Baie geluk Cleonay mag daar nog vele wees. Van: ouma Atta, oupa Stephan, boeta Heinie en Jenise

JOLIZNA JUANIC OWIES – 19 Februarie

- Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag daar nog vele jare wees en net goedheid op jou pad kom #unlock 21. Van: Mamma, Ouma, jou broers, suster en jou meisiekind Chrislynn

There's nothing more special than the day you were born, because that's the day the whole world became brighter!! Happy 21th. Love- Antie Vonne en Vera

MEMORIUM In Memoriam

17 FebruarieMARICO GERADO

DYASON – “Happy heavenly birthday

Dad” -Vandag is dit jou eerste verjaarsdag weg van ons. My pa ek mis jou nog elke dag, maar ek gun jou die ewige rus, “miss and love you a lot”. Van: mammie Sharnique en jou enigste dogter, Cleonay

17 Februarie - Vandag is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Marico baie geluk met jou verjaarsdag daar in die hemel. Ons mis jou – “fly high”. Van: jou Ma, susters Marche, Steph-Line, Ouma, Oupa, Heinie, Jenice, Marchall, Cleonay, Deonise en Talitha

CHARLENE PATERSON

- Passed on 9 February - will be missed by her friends and family. Rest in peace. We love you

LUKAS NELL – 15

Februarie – Pa vier nog ‘n verjaardag met die engele. Ons sal ‘n

Stand van die damme

15 Februarie 2023 7
STERFGEVAL OBITUARY

Wedvlugklub kroon beste vlieërs

Balle rol weer op Moorreesburg in liga

Die 2022 wedvlugseisoen het weereens vanuit die staanspoor baie sterk en gesonde kompetisie gebied tussen al die lede.

Die duiwe van Kenneth Edas (Team Neo Vision) het baie goed weggespring en hy is bekroon as die Kort Afstand kampioen.

Erlo Kotzé (Kotze Familie hokke) het goed vertoon oor die Middelafstande en het as die wenner uit die stryd getree. Johan Loubser en Rory Lambson (Bordeaux A) het met n uitmuntende poging die Langafstand titel ingepalm. Bordeaux A is ook bekroon as die Algehele Kampioen vir 2022.

Kotze Familie hokke se duiwe het baie konstant gevlieg en het in die algehele 2de posisie ge-eindig. Rudi Lombaard (Limbardi) het in ‘n verdienstelike algehele derde posisie ge-eindig.

Bordeaux A het die meeste wedvlugte gewen met ‘n totaal van 9.

Die verskillende kategorie wenners vir 2022 is soos volg:

Kortafstande (200 tot 400km) :

1ste: Team Neo Vision

2de: Bordeaux A

3de: Kotze Familie hokke

Middelafstande (401 tot 600km):

1ste: Kotze Familie hokke

2de: Limbardi

3de: Bordeaux A

Langafstande (601 tot 935km):

1ste: Bordeaux A

2de: Lewisham lofts (Chris Derby-Lewis)

3de: Limbardi

Jongduif punte :

1ste: Bordeaux A

2de: Kotze Familie Hokke

3de: Limbardi

Ou Duif Punte :

1ste: Bordeaux A

2de: Kotze Familie Hokke

3de: Lewisham lofts

Duif met Meeste Punte:

1ste: Kotze Familie Hokke

2de: Marais Hokke (Kobus en Nadene Marais)

3de: Lewisham lofts

Algehele Kampioen:

1ste: Bordeaux A

2de: Kotze Familie Hokke

3de: Limbardi

Beste Sportmanskap:

Word gedeel deur G Williams en LF van Dalen

Die Bestuur bedank weereens almal vir die goeie en gesonde gees en sportmanskap wat geheers het tydens die seisoen. Die kompetisie tussen die lede was baie goed en beloof om komende seisoen net nog strawwer te wees.

Enige iemand wat belangstel om meer uit te vind oor die sport kan gerus die Voorsitter, Rudi Lombaard, kontak op 084 622 4730

Na talle jare se afwesigheid, het die Besigheidsrolballiga op Moorreesburg weer die plaaslike sakelui aan't balle rol. Die eerste wedstryde het Donderdag plaasgevind.

Altesaam 14 spanne neem aan die liga deel. Die top 5-spanne is soos volg: 1. Yara, 2. La Queens, 3. HCT, 4. Tropical Heat, 5. Dürr and Co. Die volgende wedstryde word op 23 Februarie gespeel.

8 15 Februarie 2023 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 154 • 15 Februarie 2023
Die span van Bordeaux A wat bestaan uit Johan Loubser en Rory Lambson, ontvang hul toekennings van Voorsitter, Rudi Lombaard. Die span van Moorreesburg Sakekamer. Die span van Dürr and Co.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.