De Zwartland Voorhuis coming soon











Die Paddatjies, soos die van Schalkwyks van Weskus Visserye op Moorreesburg bekend staan, is vir baie jare reeds wyd bekend in die Swartland en aan die Weskus.
Die bynaam kom reeds jare lank aan en dit is die rede waarom daar drie paddas geverf is op die hoek muur by die prominente ligging van die winkel by 41 Langstraat, Moorreesburg. Vir baie mense, veral die jonger geslag en nuwelinge in die omgewing, is dit maar net padda prentjies teen die muur.
Die drie paddas simboliseer egter die drie familie vennote (Pa en twee seuns) wat op ‘n tyd saam die besigheid bedryf het.
Weskus Visserye was vir jare lank ‘n welva rende besigheid waaruit drie eienaars en hul werknemers ‘n baie goeie bestaan gemaak het.
Die oorsprong van die besigheid is vanuit die tydperk van die Tweede Wêreldoorlog.
Koos (Jacobus Retief) van Schalkwyk is weens beserings wat hy tydens die oorlog in Egipte opgedoen het, van die front af terug gestuur na Suid Afrika. Koos en sy broer, Tol (Christoffel Johannes) van Schalkwyk het saamgespan en die eerste winkel bekend as Weskus Visserye op Wolseley oopgemaak.
Na die winkel in Wolseley het Weskus Visse rye reeds in 1947 ‘n tweede winkel op Moorrees burg oopgemaak. Na Moorreesburg, is daar ook
‘n winkel in Piketberg geopen. In 1961 het hulle met die Langstraat Kafee direk langs Weskus Vis serye op Moorreesburg begin.
Na 20 jaar van vennootskap tussen Koos en Tol, het Koos gedurende 1967 oorbeweeg na boerdery. Hy het hom by Morestêr, buite Saron gaan vestig. Tol het voortgegaan met die besig hede (kafee en viswinkel) in Moorreesburg.
Terug na die drie paddas.
Tol se oudste seun Dirk het reeds in 1967 by sy pa aangesluit in die besigheid.
Dirk se jonger broer Chris het op die jong ou derdom van 17 jaar ook aangesluit by sy pa en ouer broer.
Die drie manne het as 'n span die familiebe sigheid uitgebou in die Swartland.
Hulle het ‘n verskeidenheid individuele kliënte, besighede en plase van vis produkte, sowel as vleis, groente en vrugte voorsien. Chris vertel dat hulle, benewens ander vis, weekliks sowat sewe ton Maasbankers gesout het. Die drie van Schalkwyks het alom bekend geraak en soos in die plattelandse volksmond die gebruik is, het mense na hulle op hul bynaam verwys as die Paddatjies.
Tol is in 2003 skielik in die ouderdom van 79 jaar oorlede. Daarna het die twee broers Dirk en Chris voortgegaan met die besigheid, totdat Dirk ook onverwags gedurende 2008 in die ouder dom van 56 jaar oorlede is.
Die laaste oorblywende Paddatjie, nl. Chris
het dus alleen voortgegaan met die besigheid. Chris se drie kinders het hom kom help in die be sigheid, maar elkeen van hulle het aan beweeg in hulle eie sake en beroepsrigting.
Soos die tyd aanstap en ‘n mens ouer word, het Chris nou by ‘n punt gekom waar hy groot besluite moet neem. Die jonger generasie het hulle reeds in ander ekonomiese aktiwiteite gevestig. Weens die veranderde ekonomiese en die meer gereguleerde speelveld in die bedryf, raak dit moeiliker om vis voorraad te bekom. Die sakemodel het ook weens veranderende koop patrone van kliënte begin skipbreuk ly.
Weskus Vissery is een van die laaste oud ge vestigde familie besighede in Moorreesburg wat nog ‘n baken in Langstraat / Hoofstraat is. Die tyd het egter aangebreek om vir Weskus Vissery wat oor twee generasies in die van Schalkwyk familie aangekom het, te groet.
Chris het besluit om die prominente sake perseel wat die besigheid vir 75 jaar op die hoek van Langstraat en Royalstraat gehuisves het, te verkoop.
Die geboue word op Dinsdag 13 Desember 2022 om 12:00 per veiling te koop aangebied.
Besoek http://www.wedoprop.co.za/moor reess573.html vir meer.
Die toerismebedryf bly een van die grootste ekonomiese drywers van die land asook vir die Weskus-streek. Die Weskus, met ’n kuslyn van meer as 400 kilometer lank, bly een van die ge wildste toeristebestemmings in Suid-Afrika en hierdie streek is 'n gunsteling bestemming vir plaaslike en internasionale besoekers. Met sy unieke erfenis en kultuur, ongerepte omgewing, wye oop ruimtes en uitstekende toerisme-infra struktuur is hierdie streek enig in sy soort.
Alhoewel die toerismesektor die afgelope twee jaar groot verliese gely het weens Co vid-19, is die sektor stadig maar seker besig om te herstel. Om die herstel van die sektor aan te help, fasiliteer en koördineer Weskus Toerisme verskeie toerismebemarkingsintervensies. Vanaf 2 – 6 November 2022 het Weskus Toerisme, in samewerking met Saldanhabaai Munisipaliteit, Yzerfontein Akkommodasie, Oppikaai Restaurant en West Coast Distillers, die Namibië Toerisme Ekspo bygewoon om hierdie wonderlike streek en alles wat dit bied te bemark. Behalwe om in ligting oor die streek te deel, het hul uitstallings area 'n bronstoekenning by die ekspo gewen en Weskus Toerisme het goeie dekking in die Nami biese media ontvang.
Volgens Gurshell Abrahams, Bestuurder by Weskus Toerisme, is goeie vennootskappe baie belangrik in die Toerisme bedryf. “ Die
Kaap-Namibiese roete het oor die jare baie bygedra tot die groei van toerisme in die streek. Omdat ons ons lieflike dorpe so goed bemark het al hoe meer mense begin af draai vanaf die N7-hoofweg om die unieke aanbiedinge in die Weskus
te ervaar. Ons koester ons vennoot skappe met Kaapstad Toerisme, Noord-Kaap Toerisme en Namibië Toerisme omdat ons weet wat goeie vennootskappe tussen hier die streke vir toerisme in Weskus beteken” Gurshell gesê.
Award-winning Devmark Property Group has launched De Zwartland Voorhuis as part of their exciting R650 million De Zwartland Werf mul ti-use development, which lies on the northern boundary of Malmesbury, adjacent to the N7 and the town’s Voortrekker Road.
As one of the single biggest investments made in the area, De Zwartland Werf will include a convenience retail centre consisting of approx imately 50 stores, restaurants, entertainment, a Toyota motor showroom and a Crestcare private hospital.
De Zwartland Werk offers office space ranging from 85m² to 277m2, making De Zwartland Werf the ultimate place to live, work and play.
Says Dejane Steyl, Head of Marketing at Devmark Property Group: “De Zwartland Voorhuis will offer a vibrant lifestyle with all the amenities on your doorstep. As part of the 11ha De Zwartland Werf development, the apartments will boast magnificent views of the surrounding area and mountains.”
The 26 apartments will offer studios as well as one and two bedroom apartments with bal conies, ranging between 31m² and 61m² and selling from R795 000 to R1 500 000.
Modern fittings and finishes will be of excel lent quality.
She adds that Malmesbury is an important urban niche in the Swartland and Western Cape.
“It’s fast becoming increasingly popular due to its country lifestyle and central location.
"Its high development potential can be attrib uted to factors such as its relative accessibility along the N7 road/rail corridor, closeness to Cape Town and the airport, as well as its diver sified economic base, which not only includes agriculture but also well-developed industrial
Steyl concludes that De Zwartland Voorhuis promises to be an excellent investment.
“Currently there is high demand for residen tial apartments in Malmesbury and the location and lifestyle De Zwartland Voorhuis offers, is un
surpassed in the greater Swartland area.
"With civil works well underway, the esti mated date of completion is the second half of 2024.
"De Zwartland Werf will offer a much needed space to shop, eat, work and play, with De Zwart
land Voorhuis offering modern living in a safe village setting.”
Visit De Zwartland at www.dezwartland.co.za or contact info@devmark.co.za | 021 9483502 or agent Juanita Blaauw on 082 438 1369.
Malmesbury, ons het na julle geluister.
Dit is die boodskap wat Roman’s Pizza Malmes bury aan hul getroue kliënte wil weergee.
Die pizza-konsessie wat hom verlede jaar op Malmesbury in die De Korenvlij-sentrum gevestig het, het retrospektief geneem oor hulle groei, dienslewering, kwaliteit en kliëntetevredenheid.
Die winkel en sy gewildheid het oor dié periode gefluktueer en die bestuur en eienaars het gaan ondersoek instel oor dit waarvan hul kliënte hou en waarmee hulle ontevrede was.
“Soos met enige nuwe besigheid het dinge baie vinnig weggespring, en was daar groei pyne.
"Dit is natuurlik baie belangrik om te weet waar en wanneer dinge skeef loop, sodat ons kan werk maak daarvan en verbeter om seker te maak dat ons kliënte die beste diens en die beste produk kry.”
So vertel FC Rademeyer, direkteur van die Thrive Foods Group.
Wim Meyer is mede-direkteur van hierdie groep.
Die maatskappy besit verskeie ander Roman’s Pizza-konsessies in die Wes-Kaap, Noord-Kaap en
Gauteng, met nog winkels wat in die toekoms be plan word.
“Ons wil al ons kliënte, bedank vir hulle getroue ondersteuning. Dit is vir ons belangrik om ons kliënte tevrede te hou en diegene wat dalk in die verlede teleurgesteld was met ons diens, wil ons vra om Roman's Pizza Malmesbury weer te pro beer. Ons het geluister na alle terugvoer en ons het werk gemaak daarvan” sê Rademeyer.
Die groep het besluit om meer as net 'n belofte te maak. Hulle wil 'n dienswaarborg aan Malmes bury se mense gee.
As jy meer as 25 minute vir jou pizza in die win kel wag, kry jy jou bestelling teen halfprys.
Hierdie belofte en dienswaarborg skop op 28 November 2022 af.
“Dit is ‘n groot belofte om te maak, maar ons is hier om die gemeenskap te wys dat ons hulle terug voer ter harte geneem het. Ons het geluister. Ons is deel van hierdie gemeenskap, en hier om te bly. Ons is hier om julle pizzawinkel van keuse te wees.”
Die boodskap is duidelik: Roman’s Pizza Mal mesbury luister na die gemeenskap en maak werk
Die
En
“Loer
Altyd
2022 was weereens 'n jaar vol VLV vreugdes vir die Malmesbury-tak.
Gedurende Februarie met hul landbou-verga dering het Charlize Dippenaar, wat besig is met haar Meestersgraad in Hortologie, gesels oor al die beroepsvooruitsigte vir vrouens in die land bousektor.
New Life-entrepreneur Ananda van Heerden het haar Micro Greens-onderneming, en die gesondheidsvoordele en die kweek daarvan, uitgestal.
By die Maart-vergadering is die tak se eerste Plaaskuier gehou.
In die Opvoeding-afdeling het die lede meer oor erfenis geleer. Marieta Jooste het die ge dagtes geprikkel rondom kultuur, volk en tradisie en Annerie Sheridan het insae gegee oor die Voortrekker Jeugbeweging. Vir Leefstyl het Furlo Theron en Hilletje Wiehan oor hul besigheid,
Grace - Clothes
oor die uitdagings ten opsigte van klere en toe behore vir fisiese gestremde persone. Die Kunste en Handvlyt-sprekers in Junie was Stefanie Bell en Benita Moreland.
Elke lid het 'n potstaander-grootte houtbord jie en voegbrei, 'n verskeidenheid teëltjies om van te kies, asook gom ontvang.
Vir Augustus se vergadering het hulle na die NG Kerk Swartland Noord se kerksaal geskuif. Vir die huisvergadering was Munisipale Bestuurder Joggie Scholtz die spreker.
Gedurende die September-byeenkoms is daar op gesondheid gefokus toe die voedseltegnoloog Marnelle Prins die tak toegespreek het ook re gulasies en vereistes rakende bestanddele en etikettering in veral maalvleisprodukte. Dr Stella Potgieter het ook 'n praatjie oor die huwelik en intimiteit gelewer.
Die tak het ook 'n kongres gedurende Augustus in Gansbaai bygewoon, asook 'n intertakgeleentheid en 'n sirkeldag in Oktober.
Die lede het die industriële gebied van Malmesbury in die Oktober-uitstappie besoek.
Die klub het as deel van hul projekte kleur volle lapvoorskote aan Aandskemering Tehuis vir Bejaardes geskenk en ook 'n boekeprys aan die beste verbrui kerstudie-leerder van die Hoërskool Swart land.
Die jaar is afgesluit met 'n uitstappie na Nuweplaas Padstal.
ADONIS - Baie geluk met jou verjaarsdag my kind. Jy moet jou dag geniet. Van: jou ma Steffy, pa Lance en Jody
Happy happy birthday ELL-GIN SOLOMONS – 23 November, you are 4 years old. May Lord Jesus grand you a lot more years and may He protect you as you grow. You are our joy, laughter and happiness. From your Mommy, Daddy, boeta Vanté, AJ-DRé and oumie Bettie
“Happy birthday” Ell-gin op jou geboor tedag, Is ‘n voorreg om jou in ons lewe te hé, al die ere aan die Here. Baie lief vir jou. Van: Peetma en Pastor Stoudt
24 November -
geluk my vrou met jou 26ste
baie mense se lewens. Lekker verjaar. Liefdevan jou vrou en seun
Happy birthday Twins met jul verjaardag mag God jul vir vele jare spaar met goed heid en guns en goeie gesondheid op jul pad. Geniet jul dag. Van: Fortuin familie Baie geluk CANDICE en CAMILLA met julle verjaarsdae. Mag daar nog vele jare vorentoe wees vir julle. Van: Chantal
- 26 November : Baie geluk met jou ver jaarsdag Willz . Mag God jou seën met vele mooi en gesonde jare saam met ons. En mag alles waarvoor jy bid waar word. Jy is ‘n blessing in soveel
ENSLIN SOLOMONS, ons kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie. Die 20ste was dit jou 45ste ver jaarsdag en die 23ste is dit alweer `n jaar wat jy weg van ons af is. Ons mis jou en is baie lief vir jou. Jou vrou, kinders, familie en vriende
24 November - ETHAN ROMAN - Happy birt hday my boy we miss you a lot. Your first birthday in heaven. Love you – from: Mom, Dad, your sister and family
27 November – LEON FARAO – 23 jaar wat jy jou aardse woning verlaat het. Ons mis jou nog oneindig. Dankie vir die mens wat jy was en die wonderlike vriend vir baie. Jy sal veraltyd in ons harte bly!!! Lief jou – Mammie, Sandra, Chrizaan, Christopher, Liezel, ons kinders en familie
JOHNN WENN - Ge bore : 9 Augustus 1962, Oorlede: 17 Oktober 2022. Rus in vrede jy is op ‘n veilige plek. Ons gaan jou baie mis. Van: Delia, Wiellie, Clyn, Nettie, Tino, familie en vriende
DREYER – Troosdiens
reëlings: Dinsdag tot Donderdag (22 - 24 November 2022) om 19:00 te Mimosalaan
25. Driveby – Vrydag, 25 November om 18:00 te Mimosalaan
25. Begrafnisreelings: Saterdag, 26 Novem ber. Huisdiens om 08:30 te Mimosalaan 25 en Diens om 10:00 by die Wesbank Ge meenskapsaal (Civic)
Happy second an niversary Mr & Mrs Balie. May God bless you with many more years to come. From: Chantal
along recently (not older than 6 months) certified copies, of Identify Document (ID), driver’s licence (if applicable for the post), qualifications and/or proof of registration at relevant statutory body, for verification purposes. Failure to adhere to the aforementioned could lead to his/her application being disqualified. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service and Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.