












As jy jou besigheid wil laat























kontak Karin Neethling.


As jy jou besigheid wil laat
kontak Karin Neethling.
Sedert die 1800's is bloekombome deel van die geskiedenis en strate van Malmesbury.
Die bome het die strate versier en is op byna elke historiese foto van dié dorp sigbaar.
Dié boom val egter nie in almal se smaak nie.
Sommige, wat verstrengel geraak het in die storie-takke van Dalene Matthee se "Kringe in die Bos", is versot op die boom, terwyl ander dit as 'n uitheemse boom van "Down Under", ofte wel Australië beskou.
Let wel, daar word daar sowat 900 verskil lende spesies van dié boom gevind.
Die bome sluk maklik 200 liter water per dag en is baie dors.
Ander geniet weer die bloekombome omdat dit skadu bied in die Swartland-somers waar die kwik maklik tot anderkant 40 grade celsius styg. Hulle gee suurstof af en bied ook skuilplek vir talle diere en voëls.
Die destydse inwoners van die dorp het ge voel dit kikker die omgewing op en verfraai die strate. Volgens die plaaslike historikus, Trevor Rinkwest, het die Kerk van Engeland in die 1800's die plant van hierdie bome op Abbotsdale ver plig toe hulle hierdie dorpie buite Malmesbury gekoop het. Die bome is heel waarskynlik aktief hier aangeplant vanaf die 1850's vir vuurmaak hout, skaduwee asook windbeskerming.
'n Groot hoeveelheid bloekombome moes onlangs op Malmesbury uitgekap word weens veiligheidsredes, brandgevaar, gevaar vir huis beskadiging en meer.
Aangesien die groter meerderheid van die bloekombome by die ingange van dié dorp op munisipale grond geplant is, val dit onder die beheer asook beskerming van die plaaslike owerheid.
Beskadiging van hierdie bome moet dus aan
gemeld word by die munisipale owerhede.
Kontak hulle op 022 487 9411 indien jy ie mand gewaar wat rommel strooi, onwettig tuin afval stort of onwettig bome afsaag.
Verskaf ook die adres, tyd en datum vir flinke optrede.
• As deel van Andries Groenewald, natuurlief hebber en veearts van Malmesbury, se poging om die natuur te bewaar vir almal, bied hy Saterdag om 09:00 die jaarlikse Bloekombos-opruim aan. Bring jou hoed, hond, gesin en meer en kom help vir 'n uur om die Driehoekpad, asook bloekom bos skoon te maak. Geniet die buitelug, sien die kolgansouers en hul sewe kuikens, die rooipens skilpad, bokkies, klein diere en die ryke planteryk wat die gebied jou bied - en moenie vergeet van die Renosterbos nie. Vir meer inligting, kontak Groenewald by Bergzicht Dierehospitaal op 022 482 2399.
Hierdie week vier Swartland Joernaal sy derde bestaansjaar.
Alles het op 29 Oktober 2019 begin toe die onderneming waar drie van die span van vandag se werkgewer se deure agter hulle gesluit is.
Nood het leer bid en binne 'n japtrap is 'n nuwe koerant, nuwe naam en nuwe energie begin.
Net op dreef, tref die Covid-pandemie 'n paar maande later en die publikasie moes werk staak.
Vir 'n klein, nuwe onderneming, was dit so goed soos die begin van 'n skielike einde, maar die span het deurgedruk, vasgebyt en begin kyk na ander moontlike opsies.
Bo alle verwagting het die Joernaal staande gebly, al is daar soms aangehoor "ons kyk maar of julle oor ses maande steeds hier is".
En...hulle is. Drie jaar later staan die maat skappy steeds sterk, geanker in hul geloof en die passie vir dit wat hulle doen.
By Swartland Joernaal sal jy vinnig hoor "jy is deel van 'n groter familie".
Hier word saam met mekaar, saam met kliënte en lesers gelag, gehuil, moed ingepraat, planne beraam, opgebou en fees gevier.
Karin Neethling, bemarker met dekades on
dervinding, sê graag "ons drie girls - ons moet doen wat ons moet doen" - en dis waar.
Die drie permanente lede van die maatskappy is drie vroue wat tussen hulle ses spruite groot maak, vyf seuns en een dogter.
Karin met haar twee seuns, Chrizaan met haar twee seuns en Izélle met haar seun en dogter.
"Ons kla gereeld by mekaar oor ons kinders wat soms 'n handvol raak, ander tye vier ons saam fees as daar goed gedoen word by die werk, of presteer word op universiteit en skool, maar ons is drie ma's en ons ondersteun mekaar ten volle," vertel mede-eienaar Izélle Fouché.
Mede-eienaar Darren Foot-Lombard sal ook gereeld sê hy was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek, met 'n groot glimlag, met ver wysing na hoe hy by die maatskappy betrokke geraak het.
"Dis nie aldag maklik nie en dit is lang ure wat ons insit, maar as ons sien hoe ons groei en die genot wat ons daaruit put, is dit alles die moeite werd."
Die span bestaan uit: Izélle Fouché - mede-eienaar izelle@swartlandjoernaal.co.za
071 860 7888
Toutrek: Die Malmesbury-toutrekkers het onlangs aan die WP-streekkampioenskappe in Valsbaai deelgeneem en in talle WP-spanne opgeneem. Hierna het die spanne verlede week deelgeneem aan die SA-toutrekkampioenskappe op George. Hulle het die volgende prestasies behaal: 580kg gemengde A-span (4 mans en 4 vroue) - brons in die premier-afdeling; 560kg gemeng 0/23(4 mans en 4 vroue) - goud in die presidentsafdeling; 540kg Dames - brons in die presidentsafdeling; 640kg mans - goud in die presidentsafdeling. Die klub se junior-seisoen skop nou af vir enige persoon tussen die ouderdomme van 6 en 13 jaar wat wil deel neem. Kontak Rentia van den Berg op 060 508 5144 vir meer inligting.
CHARMAINE MECRESIA PAPIER – 2
November - Baie geluk Ma se Blom. Baie lief van jou ma
Geluk sussa met jou verjaarsdag. Van: jou boetas, suster en ouma
2 November - RO
CHELLE - Baie geluk met jou 21ste ver jaarsdag. Mag jy ‘n wonderlike daggie hê. Baie lief vir jou. Van: Mammie
Baie geluk met ons ouers se huweliks herdenking op 4 November. God se rykste seën op jul pad, Ons is baie lief vir jul. Van: Anna, Magrieta, Arie, Eben, Sakman, kleinkinders en 3 agterkleinkinders
JOSEPH DOLLIE (Seffie) - 01-11-1971. Oorlede 28-09-2021. My broer, jou 2de verjaarsdag in die hemel en ‘n jaar is jy weg van ons af. Die verlange is nog steeds daar en ons mis jou baie. Van: jou susters, Bokka, Myt, jou swear, Dollie Koopman en Welkom gesin
Malmesbury-krieketklub
Volledige
met