Hoede wil hul dra

















































































To all Grade 12 learners, Exams are challenging times for learners These are the times when you need to concentrate on your studies and maintain a healthy mental balance Words of encouragement from your parents, teachers and friends can inspire you and give you hope
Study with dedication and remove all your fears Today’s hard work will be worthwhile in future
“Education is the most powerful weapon which you can use to change the world” Nelson Mandela
Exams do not only test your knowledge, but it will also test your effort, diligence and perseverance I wish to convey my good wishes to you
Give your best and achieve new heights in your life
Best Wishes, Alderman Boffie Strydom, Executive Mayor West Coast District Municipality
Die insameling van plastiekdoppies op Malmesbury, het dit moontlik gemaak dat Willem September nou met 'n splinter nuwe rolstoel spog.
Om hierdie te kon verwesenlik, moes 450kg doppies ingesamel word.
Talle besighede en individue het saam gespan om hierdie droom 'n werklikheid te maak.
Petri Bosch van Bosch Services het die doppies vervoer. Drie individue het ook elk 'n rolstoel geskenk.
Die projek is uitgerol in samewerking met Happy Hearts, die gestremde per soon-afdeling van Sinethemba.
Nie net het Willem 'n nuwe rolstoel gekry nie, maar hy het ook 'n nuwe bril ontvang toe hy sy visie by die Phelop hepa-gesondheidstrein laat toets het.
Hierdie trein wat mediese dienste lewer, het onlangs in die Swartland aan gedoen.
Die Moorreesburg Lionsklub bestuur saam met amptenare van Weskus Distrikmunisipa liteit se Rampbestuursentrum. Regs: Fluffy, die Veiligheidshond, het baie pret met die jongspan gehad by die motorskou.
Weskus Distriksmunisipaliteit se Rampbestuur sentrum is tans besig met verskeie veiligheids bewusmaking intervensies in die streek en op Saterdag, 8 Oktober 2022, het hul die eerste Motorskou op Moorreesburg bygewoon.
In samewerking met die plaaslike Lions-klub het die rampbestuurbeamptes verskeie veilig heidswenke met die gemeenskap gedeel.
Fluffy, die Gemeenskapsveiligheids Hond, het ook sy veiligheidsboodskappe gedeel en hy was beslis 'n gunsteling onder die jongspan.
Die vennootskap tussen WDM se Ramp bestuursentrum en Moorreesburg Lions-klub poog om gemeenskappe by te staan in tye van nood en om veiligheid in gemeenskappe te be vorder.
In tye van nood word die publiek aangeraai om die Rampbestuursentrum se noodnommers by 022 433 8700 of 10177 te skakel.
Of jy ‘n hoërskoolleerder is of besig is om ‘n hoër-onderrig-kursus te studeer, is hierdie die beste studiewenke vir jou sodat jy kan deurkom en jou studie-doelwitte kan bereik.
Organiseer jou werksarea.
Maak ‘n studie-skedule.
Verhoed uitstelling. Bly gesond.
Beoefen tydsbestuur.
Vereenvoudig jou werk. Begin vroegtydig.
1. Organiseer Jou Werksarea Wanneer jy ‘n georganiseerde werksarea
het, is dit makliker om gefokus te bly terwyl jy studeer.
Neem die tyd om jou lessenaar te organiseer deur jou notas en skryfbehoeftes prakties op te stel. Dit is ook belangrik om seker te maak dat jy ‘n werksarea kies waar jy regop kan sit.
As jy gebruik maak van ‘n studie-skedule sal dit jou help om seker te maak dat jy nie alles hoef te studeer oomblikke voor ‘n eksamen nie.
Wees realisties rakende die hoeveelheid tyd wat jy vir jouself allokeer. As jy ‘n skedule maak
vir elke module, sal jy agterkom wat jou stu die-vaardighede is en so sal dit al hoe makliker raak om te besluit hoeveel tyd jy vir elke vak uiteen moet sit.
Dit is nie ideaal om ‘n deel van een vak en dan ‘n deel van ‘n ander te studeer nie, sit eerder ‘n dag uit vir elke vak sover jy kan.
Dit is baie maklik om een keer iets uit te stel en dan die werk te laat ophoop wanneer dit mak liker raak as om op te vang. Gelukkig is daar talle maniere om dit te verhoed:
Klein doelwitte: Maak seker dat die doelwitte wat jy stel, opgebreek word in kleiner dele wat minder tyd neem om te voltooi.
Gereelde breke: As jy gereelde rustye neem, sal jy nie voel asof jy hoef te rus terwyl jy studeer nie.
Produktiewe breke: As jy nie kan help om dinge uit te stel nie, kan jy daardie tyd spandeer
op iets produktief en nie betekenisloos nie soos oefening.
‘n Gesonde liggaam beteken ‘n gesonde ver stand. Eet gesond, oefen gereeld, drink genoeg water en kry genoeg slaap sodat jy meer effektief kan studeer.
Lees meer hier oor ‘n gesonde liggaam en ‘n gesonde verstand.
As jy goeie tydsbestuur kan beoefen, sal jy leer hoe om jou tyd effektief te beplan.
Die 4 hoofidees rakende tydsbestuur is:
Stel doelwitte elke dag.
Voltooi jou dringendste take.
Stel tyd-limiete vir jou take.
Volg ‘n soortgelyke roetine elke dag.
6. Vereenvoudig Jou Werk
Vereenvoudigde werk is meer verstaanbaar en laat die werk minder uitdagend lyk. As jy ‘n lang hoofstuk sien met baie inligting kan dit mak lik wees om entoesiasme te verloor.
Deur die werk te vereenvoudig, sal jy makliker deur moeilike werk kan kom.
Dit is belangrik om vroeg voor ‘n toets of eksamen te studeer. Wanneer jy meer tyd het om te studeer, sal jy deeglik kan leer en minder spanning voel daartydens.
‘n Goeie reël is om ‘n studie-skedule so vinnig as moontlik op te stel sodra jy weet waaroor jy skryf en wanneer dit plaasvind.
So kan jy lank voor jou eksamendatumms gereed wees en genoeg tyd hê om die werk te hersien.
Outeur: Simoné CoetzeeBron: https://matriek.co.za/
driver’s licence (if applicable for the post), qualifications and/or proof of registration at relevant statutory body, for verification purposes. Failure to adhere to the aforementioned could lead to his/her application being disqualified. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department.
As directed by the Department of Public Service and Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to
on these checks, which include security clearance, qualification verification,
and
are encouraged to apply and an
The WCG is guided by the principles of Employment Equity.
this
would be
Die Malmesbury Sakekamer het pas die finaliste in vanjaar se Diensverskaffer van die Jaar-kompe tisie bekend gemaak.
In die Groot Besighede-afdeling is die finaliste Agrimark, AR24, Malmesbury Superspar, Postnet en Swartland Wynkelder.
In die afdeling vir Medium Besighede is Berg zicht Dierehospitaal, Flynet-ISP, Geard Apteek, Malmesbury Dierehostpiaal en Swartland Ap
teek die finaliste.
In die afdeling vir Klein Besighede is Fair Cape Dairies Fabriekswinkel, Jo Dolphin-sorgsentrum, Koffie, Le Minnie Attorneys en Manie's Halaal Take-Aways die finaliste.
Die gala-dinee vind op 22 Oktober in die Malmesbury-stadsaal plaas en kaartjies is by bestuurslede beskikbaar. Stuur 'n epos na info@ sakekamer.co.za om jou kaartjie te bespreek.
Die Malmesbury-rolbalklub se sake-rolbaltoer nooi skop op 17 Oktober af.
Spel vind vanaf Maandag tot Donderdag plaas oor die volgende twee weke, asook 31 Oktober vanaf 18:00 tot 21:00.
Daar is nog plek vir 12 spanne om in te skryf. Sake word in die semi-finaal op 2 en 3 Novem
ber uitgespook, met drie spanne per aand wat tot hier sal deurdring.
Die laaste span wat deelneem, is die organi seerders se keuse.
Die rolbalseisoen het die afgelope naweek afgeskop, met wedstryde wat Saterdae om 14:00 gespeel word.
Boland: Die o.17 Boland Sewesrugbyspan het die afgelope skoolvakansie aan die nasio nale toernooi deelgeneem en 'n tweede plek behaal. In hul pad na die eindstryd het hulle die spanne van WP, die Blou Bulle, Valke en die Bulle Ontwikkelingspan geklop. Hulle het slegs teen die Vrystaat vasgeval. Mighael Oberholzer van die Hoërskool Swartland, Jacques Loubser van Piketberg, Jandro Phuthego van Porterville, asook Brendon September van Porterville het die streek in die Bolandspan verteenwoordig. Die span se fisioterapeut is John-William Dürr, oud-leerder van Swartland, was dié span se fisioterapeut.
Alle munisipaliteite in Suid-Afrika word deur wetgewing verplig om 'n GOP (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) te hê. 'n GOP word ná 'n munisipale verkiesing deur rade goedgekeur en is geldig vir daardie raad se ampstermyn (gewoonlik vyf jaar).
Die nuwe Raad van Swart land Munisipaliteit het begin met die proses om 'n nuwe GOP vir ons munisipale gebied op te stel.
In effek is die GOP die plan wat die Munisipaliteit voren toe neem in die volgende vyf jaar en daarna. Dit bepaal die behoeftes van ons gemeen skappe en prioritiseer die behoeftes van inwoners in die jaarlikse begrotingsproses.
Alle organisasies en maat skappye moet planne in plek hê wat die rigting van die organisasie vir die kort-, medium- en langtermyn bepaal. Dit is die doel van die GOP. Dit is inderwaarheid die Munisipaliteit se plan vir die volgende jaar en jare daarna. Dit bepaal hoe en op wat die begroting spandeer sal word.
Ons gemeenskap speel ‘n baie belangrike rol in die proses. Om ‘n plan saam te stel wat die behoeftes van die gemeenskap aanspreek, word u insette en deelname aan die proses benodig. As inwoners van Swartland, moet u vir ons sê wat u diensleweringsbehoeftes is.
Om die Munisipaliteit te help om die GOP-proses beter aan inwoners te verduide lik, en wat van u as inwoners verwag word, gebruik ons die storie van Thandi, ‘n fiktiewe meisie wat grootword in arm omstandighede. In ons skakelings met die Swartland gemeen skap en belangegroepe vra ons dat u sal dink aan iemand wat u ken wat, soos Thandi, in arm omstandighede in die Swartland woon. Ek is seker almal van ons ken ‘n persoon soos Thandi.
Ons uitdaging aan inwoners is: Wat moet verander in die breë Swartland, en meer spe sifiek, in u area wat Thandi se omstandighede sal verbeter tot so ‘n mate dat sy ‘n beter kans sal hê op ‘n suksesvolle lewe?
Gedurende die GOP-proses bied die Munisipaliteit etlike ge leenthede vir openbare deelname aan deur middel van ‘n verskeie platforms. Inwoners kan die ge leenthede gebruik om te sê hoe hulle graag wil hê die munisipale begroting bestee moet word. ‘n Reeks openbare vergaderings, aanlyn opna mes en fokusgroepvergaderings word gehou. Die gemeenskap kry oop die geleentheid om geskrewe insette te lewer. Inwoners wat suk kel om te lees of skryf kan na die munisipale
kantore kom waar ons GOP-amptenare hulle sal bystaan deur hul bydraes te neer te pen en in te dien. Daar sal ook ope dae wees waar mense die Munisipaliteit kan besoek en met ons praat. Wykskomiteevergaderings sal ook in al 12 wyke gehou word.
Inwoners moet besef dat die GOP die begroting van die Munisipaliteit bepaal, en dat die begrotingshulpbronne baie beperk is. Die Munisipaliteit het ‘n jaarlikse begroting wat vasgestel word en binne die beperkings van die begroting moet dienste gelewer word aan al die inwoners; vanaf Chatsworth regdeur tot in Ko ringberg. Dink aan die begro ting as ‘n koek en elke inwoner en dorp moet ‘n regverdige deel daarvan kry. Dit is ongelooflik moeilik om die koek in so baie stukkies te sny. Daarom is dit belangrik dat behoeftes geïdentifiseer en geprioritiseer word volgens ‘n sinvolle plan.
As die Uitvoerende Burgemeester wil ek ‘n ernstige beroep op ons inwoners doen en vra dat u nie die geleentheid laat verbygaan nie. Ons word dikwels deur individue gekonfron teer wat aantygings maak teen die Munisipa liteit en die leierskap. Wanneer die individue gevra word of hulle ooit formeel hul behoeftes aan die Munisipaliteit gekommunikeer het, is die antwoord amper altyd nee. Die GOP-pro ses is die geleentheid waar u u stem kan laat geld. Help ons om ‘n plan saam te stel wat alle inwoners sal trots maak en by kan baat vind. Gebruik die geleentheid om ‘n aktiewe deelnemer te word aan die demokratiese stel sel en help om meer geleenthede te skep wat ’n verskil sal maak aan ons gemeenskap.
Ons vertrou dat ons ‘n plan sal kan saam stel deur die GOP-proses wat verandering en verbetering teweeg sal bring. Indien u enige vrae of navrae het, kan u ons Strategiese Be stuurskantoor kontak vir meer inligting. Hulle kan gekontak word by 022 487 9400 of u kan ‘n e-pos stuur na idp@swartland.org.za.
Inwoners met internettoegang kan ook ons aanlyn meningsop name voltooi. Dit is beskikbaar in Engels, Afrikaans en Xhosa.
Vir die Afrikaans: https://forms. gle/qEnHqS1cajPq3M1t6
Vir die Xhosa: https://forms. gle/GaM4RjuPzxMFaKF86
Vir die Engels: https://forms. gle/PXtUwKJh67Pjk63o7.
Help ons om ons droom vir die Swartland te verwesenlik: Hoop en ‘n waar dige lewe vir almal.
Swartland Munisipaliteit Raadsheer Harold CleophasSenior Bestuurder:
en Handelsdienste
“Happy birthday” aan my 2 vriendinne –
DELIA 60 jaar en JOY
59 jaar. Mag God julle twee nog baie jare spaar en julle moet lekker verjaar. Van: Theresa en gesin
Baie geluk PAITYN met jou verjaarsdag op 12 Oktober. Mag God jou nog vele jare spaar en jy moet ‘n lekker dag hê. Van: anti Chantal en gesin
Poste beskikbaar: - Rekenmeester - SAIPA klerke - Debiteure, Belasting- en Salaris administrasie-klerk
Besoek ons webwerf by www.bvsa.co.za/careers
EUGENE KLEIN – 13
Oktober - Baie geluk met jou geboortedag mag die volgende lewensjaar gevul wees met vreugde en hoop uit God se hand, Alles wat mooi is, alles wat goed is, alles wat van God af is. Van: jou vrou Adrie en kinders Lechey en Enrique
vir meer info. Stuur jou CV, ID en akademiese geskiedenis na careers@bvsa.ltd
Meer as net syfers!
NANI. Op 11 Oktober is dit nanna se eerste verjaarsdag weg van ons. Ons verlang Nanna so baie, maar gun Nanna die rus. Tot ons weer ontmoet.
Moenie uitmis op hierdie geleentheid nie!
Leeu Gamka
1 Beziek
Leeu Gamka
1 Team
11.10.13;
11.14.56;
Arendse 11.18.06;
11.18.18;
RIEBEEK VALLEY
Leeu Gamka 4
11.12.24;
11.15.44;
11.18.28;
11.18.47
8 Oktober
1 Mentoor Hokke 10.55.33; 2 Mentoor Hokke 10.55.36; 3 Alex Family Loft 10.58.55; 4 Alex Family Loft 11.01.45; 5 Mentoor Hokke 10.59.52; 6 Mentoor Hokke 11.04.07; 7 Alex Family Loft 11.18.29; 8 Mentoor Hokke 11.15.43; 9 Alex Family Loft 11.21.18; 10 Kuiler Hokke 11.20.19
RIEBEEK KASTEEL
Leeu Gamka 4 – 8 Oktober
1 Weilbach Family 11.04.43; 2 Game Over 11.09.49; 3 Game Over 11.23.12; 4 Weilbach Family 11.44.14; 5 Game Over 11.55.30; 6 Game Over 12.25.04; 7 Weilbach Family 12.27.55; 8 Game Over 12.38.26; 9 Game Over 13.12.11; 10 Game Over 13.12.11
Victoria Wes Jo 2 – 8 Oktober
1 G Williams 1452.4474; 2 Bordeaux A 1424.7617; 3 Limbardi 1422.0953; 4 Marais Hokke 1381.8066; 5 Kotze Familie Hokke 1372.8108; 6 LF van Dalen 1372.1997; 7 Marais Hokke 1369.3902; 8 Kotze Familie Hokke 1363.0261; 9 Kotze Familie Hokke 1362.7001; 10 LF van Dalen 1360.0755
Victoria Wes Ope 2
1 Kotze Familie Hokke 1456.7515; 2 Kotze Familie Hokke 1437.4967; 3 G Williams 1382.3734; 4 Kotze Fami lie Hokke 1376.5246; 5 Bordeaux A 1374.7298; 6 Marais Hokke 1371.3011; 7 Marais Hokke 1369.4560; 8 Kotze Familie Hokke 1368.9853; 9 Limbardi 1368.5613; 10 Kotze Familie Hokke 1344.1228
MOORREESBURG POSDUIF VERENIGING
Victoria Wes JO2 – 8 Oktober 2022
1 Johan V Aswegen 11:56:07; 2 Henna & Melt Smit 11:58:22; 3 KB En Seun 11:59:16; 4 Singleton Hokke 12:02:20; 5 Henna & Melt Smit 12:05:38; 6 Frikkie Bester 12:08:34; 7 Henna & Melt Smit 12:08:55; 8 Johan V As wegen 12:17:36; 9 Singleton Hokke 12:18:42; 10 John & Marietjie 12:18:39
Victoria Wes Ope 2 1 Singleton Hokke 11:40:20; 2 Yt & Tuis 11:47:45; 3 Singleton Hokke 11:49:46; 4 John & Marietjie Moor 20 2235 Bb C 11:58:40; 5 Die Saunderse 11:58:10; 6 Henna & Melt Smit 12:01:21; 7 Frikkie Bester 12:03:09; 8 KB en Seun 12:04:34; 9 Henna & Melt Smit 12:05:36; 10 John & Marietjie 12:11:49
Die Malmesbury-krieketspan het Saterdag op hul tuisveld teen die span van Van der Stel te staan gekom. Van der Stel het 270 lopies aange teken in die toegelate 50 beurte. Malmesbury het vasgeval en 110 lopies aangeteken voor al die paaltjies geknikker het. Die beste boulers vir Malmesbury was F Arendse met 25/1 in 7 beurte en P van der Westhuizen met 54/2 in 10 beurte. Krisnan Oosthuizen (in aksie bo) het die beste met die kolf gevaar en 36 lopies aangeteken. Hierdie Saterdag speel die eerste span weg teen Paarl en die tweedespan speel tuis teen die spanne van Paarl. Foto: David Howburg
Die Malmesbury-trompoppies het verlede week aan die Samca Nasionale-kampi oenskappe in Limpopo deelgeneem. Die juniorspan het 'n derde plek behaal van uit die 26 deelnemende spanne vanoor Suid-Afrika, terwyl die seniors 'n agste plek vanuit 16 behaal het. Dit was die groep se eerste deelname aan die nasionale kom petisie en die afrigters is trots op wat hulle vermag het. Hulle spreek ook hul dank uit teenoor elke persoon wat 'n finansiële bydrae gemaak het om die droom 'n waar heid vir die groep te maak.