Uitgawe 133 31 Augustus 2022 Swartland Joernaal

Page 1

31 Augustus 2022Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 133 Free•Gratis Darling Cellars het die naweek geskitter by vanjaar se SA Jongwynskou. Hierdie wynkelder spog as die Suid-Afrikaanse kampioen Sémillon met hul Darling Sémillon gehout. Hulle het die Frank Myburgh-trofee hiermee ingepalm. Die kelder het ook die volgende klaswenners: Bes te Gehoute Cinsaut, Beste Gehoute Sémillon, Beste Wit en Rooi-versnit vir hul Sauvignon Blanc/Grenache, Beste Rooi-versnit vir hul Shiraz/ Cabernet Sauvignon/Petite Shiraz. Darling Sémillon 'n SA-kampioen

2 31 Augustus 2022 So lyk die damvlakke van die Wes-Kaap Atlete van die Swartland Atletiekklub het die naweek aan die presteer:deelgeneemComrades-wedloopjaarlikseensoosvolg 1. Herman Engelbrecht 2.09:44:57Hanselie Swarts 3.10:19:58Hannes Pieters 4.10:43:13Hercu Hofmeyr 10:46:40 5. John Loxton 11:39:27 ComradesLangasemsoorseeindstreep Garth Fransman 076 125 gfransman@pytbyte.co.za1186Vrouedag '22 Dankie aan ons borge! Die Swartland NG-gemeente het Saterdag weer hul jaarlikse basaar aangebied. Dit is goed ondersteun en teen vroegoggend was die meeste produkte uitverkoop. Jonk en oud het saamgewerk om vanjaar se basaar 'n sukses te maak.

Cecilia Mackay sheds further light on Ek n Jy

heidswerk.Onshet

Ontmoet vir Cecilia Mackay en Elizabeth (Rosie) de Klerk, die glimlagte agter die nie-winsge wende organisasie Ek n Jy. Met onwrikbare passie en toewydiging aan die gemeenskap het hierdie twee vrouens – saam met ’n span vrywilligers en donateurs – daarin geslaag om ’n waarlike impak in Rautenville op Koringberg te maak. Hulle gesels met ons oor hulle verskeie agtergronde, hoe Ek n Jy begin het en Ek n Jy se toekomstige projekte. Rosie de Klerk aan die woord “Ek is op die plaas Windheuwel in die Swart land gebore en na my geboorte het my ouers na Koringberg verhuis. Ek woon al 59 jaar en 9 maande in Koring berg! Na skool het ek in die Kaap gaan werk as huishulp vir 15 jaar en daarna weer terug gekeer na Koringberg vir ’n paar maande. Dit was nie lank daarna nie, toe is ek terug stad toe waar ek gewerk het vir Chester Williams en sy familie. Dit was ’n wonderlike ervaring en ek het selfs oorsee gereis saam met die familie. Dis iets wat ek altyd sal onthou. Na vyf jaar by die Williams-gesin moes ek terugkeer na Koring berg om na my siek pa om te sien. Die huis waarna ek toe omgesien het, is verkoop en ek is as huiswerker aangestel vir die nuwe eienaars. Dit was 10 jaar gelede. Ek is vandag nog by Cecilia-hulle en deel van die Ek n Jy-familie. Toe ek destyds by Cecilia-hulle begin werk het, het ek betrokke geraak by hulle liefdadig elke jaar ’n Kerspartytjie vir die kleu terskool gehou sowel as broodjies voorsien aan die gemeenskap se kinders met behulp van an derTydensliefdadigheidsorganisasies.dieergsteCOVID-periode

Cecilia Mackay en Elizabeth (Rosie) de Klerk

“I was born in Rhodesia in 1972 and relocated to South African in 1980. Our family home was in Lambton and I attended Convent School through primary and high school. I grew up in a strict and principled home with a headstrong mother, whose motto was: ‘We have enough, so share and always be kind.’ My love and concern for ani mals and those without a voice have been part of my life for as long as I can remember. In 2010 I relocated with my life partner to Koringberg, a village unknown to us at the time, for peace and quiet away from the city. I started community work because I believed – and still believe to this day – that alone I couldn’t save the world, but I could make a small ripple in a pond that could lead to bigger waves. After ten years of community work, the pan demic hit the world and during this time, Ek n Jy was born, as Rosie mentioned. Today it is a registered NPC for the Koringberg community’s children, senior citizens and pets. We are currently running a touch rugby tour nament with a boys’ team between the ages of 8-13 with a volunteer coach who gives his time weekly to train the boys. This has encouraged a great team spirit and a feeling of belonging for everyone involved. Our street cricket programme is scheduled to start 10 October, which will involve boys and girls ages 7-13 and we are so excited about the vibe and unity this programme will deliver. During the icy winter months, we ran a blan ket drive for our senior citizens and also donated food and blankets to Dead Animals Walking, who does absolutely amazing work in our area for animals in need. Our next big drive will be to collect funding to run a spayathon and animal health and education programme with the kids. Teaching kids leads to educating adults, and this is where the change happens. Personally, I can see the impact our work has made, even if it is just a small change. We have also given our wider community the opportunity to contribute to Ek n Jy and share in the pro gress. Professionally, I love the name Ek n Jy. One person cannot change the world, but we can, together.Formore information or to get involved, con tact Ek n Jy on WhatsApp: 083 22 66 099 or visit www.eknjy.co.za.

het ons be sef daar is groot nood in die gemeenskap. Ons het ’n voedselskema aangepak en kospakkies uit gedeel, maskers en beanies aan kinders voorsien sowel as troeteldiere voorsien van kos. Dis toe dat ons Ek n Jy geregistreer het as nie-winsgewende organisasie sodat ons donasies kon neem om groter projekte aan te pak. Wat ek die meeste geniet van my werk is die geleentheid om liefde en gaafheid te kan versprei tussen my mense. Ek en Jy beloon my met ’n gevoel van waarde en ’n plek om te behoort. Dit maak my ongelooflik bly en somtyds hartseer om ons hartswerk te aanskou.”

Dit begin by my en jou – sáám kan ons ’n verskil maak - Cecilia en Elizabeth

Hierdie berig is geskryf deur Jana du MüllerPlessis Indien jy enige fluisternuus het wat jy in haar oor wil fluister, stuur gerus 'n epos na swartlandjoernaal.admin@ co.za, of stuur WhatsApp-bood'n skap na 072 153 5384.

31 Augustus 2022 3

Ontdek en spaar met Winelands Pass

Maar, waar kom hierdie briljante idee van daan? Winelands Pass is die breinkind van beste vriende Izak Oosthuizen en Wesley Stewart. Sowat 20 jaar gelede het hulle hierdie kon sep op Potchefstroom uitgerol om plaaslike ondernemings te ondersteun, terwyl hulle aanloklike wynproe-, akkommodasie en ander inkopie-geleenthede aan inwoners en besoekers konNiebied.net bring hierdie pas voete na die vallei nie, maar met elke pas wat verkoop word, on dersteun Winelands Pass ook die Innovation Hub Africa en die Franschhoek Hospitality Academy and Learning Centre. Maak gebruik van jou pas by Wellington Wi nes, La Fontaine Boutique Hotel, Hari Kitchen Restaurant, Grande Provence, Le Bon Vivant Gar den Restaurant, Pigcasso, Franschhoek-teater, Huguenot Fine Chocolates, Lanzerac, Zorgvliet, Tuk Tuk Franschhoek en soveel meer. Moenie aan die slaap gevang word nie, want die Wynland is prentjiemooi in die lente en hierdie afslagpas sal jou toegang gee tot soveel meer as die gewone. Besoek die webtuiste by www.winelandspass.co.za en snuffel deur al die verskillende opsies en aanbiedinge wat hierdie pas jou bied. Alle transaksies word veilig en aanlyn afge handel.

2 Boë of somerhuisies - Boë kan baie effektief in ‘n tuin aangewend word; by ‘n hek of ingang, by ‘n stel trappe van een tuinvlak na die vol gende, oor ‘n paadjie om ‘n volgende deel van ‘n tuin te gaan verken. - Somerhuisies kan bv ‘n standbeeld beklem toon of ook ‘n fontein of dammetjie of tuinbank huisves.3Watertuine – Daar is min dinge in ‘n tuin wat die aandag so trek soos ‘n stroompie, dammetjie of fonteintjie. Drie van die belangrikste aspekte van wa tertuine, is dat dit in verhouding en skaal moet aanpas by die area en inpas in die grondplan

1 Priële - Dit kan skaduwee verskaf oor ‘n paadjie of ‘n stoep en ‘n vervelige muur of ‘n doodgewone huisie se vooraansig opkikker. Besluit self of daar ‘n immergroen of bladwis selende rankplant daarop moet rank.

Onthou om nie te veel fokuspunte in ‘n klein area in te bou nie, sodat dit teen mekaar meeding vir aandag nie. In enige tuin moet daar een hoof fokuspunt wees en enige ander fokuspunt moet daaraan ondergeskik wees.

4 Tuinmeubels – ‘n Lekker sitplekkie in die tuin kan soveel bevrediging en rustigheid bring. Soek na ‘n lekker tuinbank of –stoel wat sal inpas by jou tuinstyl en wat gemaklik sit. Plaas dit in n beskutte hoekie waar dit jou sal uitlok om te kom sit. Dit kan net suksesvol wees as dit op die regte plek geplaas word.

5 Die keuse van die standbeelde is groot: Gemaak van sement of klip, hout of yster; klassiek, modern, onopvallend of die fokuspunt dit moet altyd in verhouding tot die grootte van die tuin en omgewing wees.

Die lente is môre amptelik hier en dit is nou die gulde geleentheid om die Wynland te ontdek saam met Winelands Pass. Met hierdie unieke pas kan jy die omgewing verken, wynplase besoek en hul wyne proe, sjo kolade op Franschhoek proe, by bekende restau rante aandoen en soveel meer - alles terwyl jy geld bespaar met jou pas in jou sak! Nou kan jy ekstra waarde vir jou geld kry en die natuurskoon van die vallei geniet. Winelands Pass werk soos volg: Besoek die webtuiste by www.winelandspass. co.za. Hier sal jy al die deelnemende onderne mings in die Wynland, asook hul aanbiedinge vind. Jy het ook 'n verskeidenheid van passe om van te kies. Vanaf 'n dag, 'n naweek- tot 'n weekpas en selfs 'n maand-pas! Alles spesifiek aangepas om aan jou behoeftes te voldoen. Met hierdie verskillende passe kan jy tot 50% afslag geniet by deelnemende kelders, restau rante en meer. Elke pas, oftewel koepon, bied verskillende afslagtariewe of spesiale ekstras met jou besoek aan die deelnemende toeristebesienswaardig hede en restaurante. Die webtuiste bied 'n omvattende diens waar jy kan sien watter pas watter aanbiedinge insluit. Nou is dit soveel makliker en goedkoper om die omgewing te verken.

6 Vormbome - Die snoei van bome en struike om iets uit te beeld, is ook beeldhouwerk Veral plante met klein blaartjies en ‘n digte groeiwyse is ideaal hiervoor. Jy kan ‘n mooi hei ning snoei, of ‘n dier naboots, of ‘n lolliepopstok kielekker, selfs ook in houers!

Hoe gemaak met fokuspunte in jou tuin

7 Rotstuine, rotse en boomstompe - Hierdie items kan ook ‘n mooi fokuspunt wees, mits dit reg gebruik word. Plaas jou rotse (verkieslik in verskillende groottes) só dat dit lyk of dit nog altyd daar was! ‘n Mooi stomp verhoog ook die natuurlike voorkoms van jou tuin. Lekker tuinmaak George Retief

4 31 Augustus 2022

Netbal: In die afgelope Wes-Kaap Ont wikkelingsnetbaltoernooi het die volgende plaaslike spelers hul staal gewys en is hulle as deel van die top 10-spelers van die toer nooi benoem: Mane Visser, Jodene Saaiman, Alfarita Liwani, Danel Visser en Khopotso Leutloa. Mané Visser is vereer as die Beste Doel in die A-afdeling en ook die algehele bes te speler van die toernooi. Danel Visser was die beste senterbaanspeler in die A-afdeling. Jodene Saaiman is as die beste verdediger in die A-afdeling aangewys, terwyl Carla Carolus as die beste doel in die B-afdeling aangewys is. Ralgeron Lesch is aangewys as die beste skeidsregter in die Provinsiale B-afdeling.

Gholf: Plaaslike gholfspelers asook talle besoekers het die naweek die mooiweer op Mal mesbury benut en aan die Bar Day Invitational-gholfdag hier deelgeneem. Bo is Pieter le Roux, Jaco Janse van Rensburg, Angelo Dipaola en Christo Lamprecht. Regs is Melichia Bas son, Cornel de Jager en Anneliese en Ben Smit. Die uitslae is soos volg: 1. M Prinsloo, J Kemp, J Smit, B vd Merwe, 2. J Basson, C basson, M Kotze, F vd Merwe, 3 C Lamprecht, P le Roux, A Escorcio, J Janse van Rensburg. Die Meeste Gholf is deur Zardo Stoop gespeel. Beste indivi duele Vertoning is deur Eugene Vermaak gelewer.

31 Augustus 2022 5

6 31 Augustus 2022

Juan Louw arrived at the final Parc Ferme of life on 26 August 2022 but the popular Swartland farmer leaves a motorsport legacy as a very pop ular member of the Somerset West MotorStartingClub. his motorsport career behind the wheel of a much used Alfa Romeo Alfetta 2.0 his love for Alfa Romeo soon saw him acquire the ex-Nico Bianco Gp 1 (raced at Killarney by Charles Waring), turned rally car by Danie van der Merwe (Auto Alfa) and one could feel the emotion as this sweet sounding six cylinder kicked up dust from the Overberg to Montaqu, to Ceres, to Killarney and his home town of Malmesbury in the Swartland with Johann Keyser (Moto Motivo) as navigator. Moving on to the ex-Peter Alter skye / Derek Sturgess class A Toyota Corolla 2.0 Juan and Marthilda Boon stra really became competitive and delivered a number of great results. Their efforts to finish the Swartland national rally minus windscreen in the rain endeared them to rally fol lowers in the Western Cape and the sight of them splashing through the Malmesbury town stage in the rain will always remain a fond memory. Juan and Mariette retired to Yzer fontein and became well known as the owners of the Vygeboom Padstal on the R27. Their boutique wine and Bobotie pastries will remain popu lar!Passionate about the sport of rallying Juan Louw joined the “rally veterans” as spectator at both the 2022 Darling and Porterville rallies and he will always remain “one of the boys” Patrick Vermaak 083 701 8116

Local motorsport legend called to higher service

31 Augustus 2022 7 GELUKWENSINGCongratulations

LORENZO EDAS - 30 Augustus word jy 7 jaar oud. Mag God jou baie jare spaar en God se ryklike seën op jou lewe, Lief vir jouMammie en Daddy Veels geluk met jou verjaardag en mag die Here jou ryklik seen. Baie liefde – Ouma Rensa Baie geluk JOLENE met jou verjaarsdag op 1 September. Mag God jou ryklik seën. Van: jou vriendin Chantal Baie geluk Mammie se blom met jou verjaars dag op 2 September. ASHANTE Jy moet jou dag geniet, Van: jou Ma, broers en susters Baie geluk CHRIZAAN met jou verjaarsdag op 2 September. Mag God jou ryklik seen. Van: Chantal en Ka trina – Geniet jou dag

Raai wie word 3? ZEEK MARTIN - 29 Augustus - Gelukkige verjaarsdag ma se seun ...my woelwater. Mag jy die sprake lende seuntjie bly wat jy is. Mag daar nog vele wees my woelwater. Ons is on eindig lief vir jou. Van: jou Ma, ouma Liss, Terry, ouma Myra, ma Jackie, Jan en Micheal

Uitslae

RIEBEEK KASTEEL Hopetown Board – 27 Augustus 1 Game Over 15.26.22; 2 Group 5 15.29.25; 3 Game Over 15.36.18; 4 Game Over 15.36.18; 5 Game Over 15.38.56; 6 Group 5 16.12.34; 7 Group 5 16.15.11; 8 Group 5 16.20.05; 9 Weilbach Family 16.43.07; 10 Group 5 16.45.17 Malmesbury Posduif Vereniging Beaufort Wes JO 2 – 27 Augustus 1 Kotze Familie Hokke 1329.3412; 2 Team Neo Vision 1312.6510; 3 Limbardi 1288.4663; 4 Team Neo Vision 1288.3902; 5 Limbardi 1288.3266; 6 J Steenkamp 1252.4353; 7 Limbardi 1250.2373; 8 J Steenkamp 1248.6836; 9 Lewisham Lofts 1247.5230; 10 Lewisham Lofts 1246.7980 Beaufort Wes Ope 2 1 Kotze Familie Hokke 1329.2642; 2 Bordeaux A 1299.3986; 3 Team Neo Vision 1288.6780; 4 J Steen kamp 1285.2943; 5 Limbardi 1285.0525; 6 Bordeaux A 1284.3349; 7 Kotze Familie Hokke 1280.3069; 8 G Williams 1262.6068; 9 Marais Hokke 1252.6884; 10 G Williams 1251.1699

Die wedstryd tussen Wesbank en Darling was ‘n tita niese stryd in die Boland en met die afskop van die wedstryd kon mens die fisiese spel onmiddellik aan skou. Wesbank het eerste gaan kuier agter die doellyn in die 7de minuut met Reduaan April wat die telling 5-0 maak. Darling het egter terug geslaan met n strafskop.

RIEBEEK VALLEY Hopetown Board – 27 Augustus 1 Alex Family Lofts 15.13.29; 2 Alex Family Lofts 15.16.58; 3 MJ Hokke 15.22.42; 4 Alex Family Lofts 15.28.21; 5 James Hokke 15.32.39; 6 Alex Family Lofts 15.32.33; 7 MJ Hokke 15.34.25; 8 Alex Family Lofts 15.38.08; 9 MJ Hokke 15.38.05; 10 Mentoor Hokke 15.40.03

Groot Uitdaag-beker wink vir Wesbank

OMEGAWedvlugduiweRacing

Wesbank Sekondêr het die afgelope naweek teen die span van Proteus Sekondêr kragte gemeet. Die uitslae is soos volg: Rugby: o.15 wen 19-5, o.16 wen 12-7, O.19B verkiir 8-25 en die o.19Aspan het 25-8 verloor. Die sokkerspan het 3-0 gewen. Die netbal het Wesbank die onderspit gedelf en sy wedstryde verloor.

8 31 Augustus 2022 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 133 • 31 Augustus 2022

Pigeon Club Hopetown Board – 27 Augustus 1 Kasu Family 15.09.09; 2 Garrick Hill 15.11.24; 3 Team Neo Vision 15.21.38; 4 Team Neo Vision 15.25.14; 5 Team Neo Vision 15.28.24; 6 Team Neo Vision 15.28.49; 7 Shane Arendse 15.34.08; 8 Shane Arendse 15.36.51; 9 Garrick Hill 15.37.00; 10 Team Neo Vision 15.38.15

Results

MOORREESBURG Posduif Vereniging Beaufort Wes JO 2 – 27 Augustus 2022 1 KB en Seun 12:59:42; 2 Singleton Hokke 13:06:00; 3 Singleton Hokke 13:07:33; 4 Henna & Melt Smit 13:12:36; 5 Frikkie Bester 13:18:58; 6 Die Saunderse 13:18:42; 7 Henna & Melt Smit 13:20:52; 8 Johan V Aswegen 13:24:11; 9 Die Saunderse 13:23:49; 10 Frikkie Bester 13:25:46 Beaufort Wes Ope 2 1 Frikkie Bester 13:01:51; 2 Johan V Aswegen 13:18:25; 3 Die Saunderse 13:21:24; 4 Yt & Tuis 13:24:42; 5 Frikkie Bester 13:25:41 ; 6 KB en Seun 13:25:04; 7 Frikkie Bester 13:28:08; 8 Singleton Hokke 13:35:17; 9 Henna & Melt Smit 13:39:58; 10 Frikkie Bester 13:40:12

Wesbank het groot opwinding besorg vir die skare met veral sy senter Gavern Skippers en die 2 vleuels Hend ryke Mathesen en Ettiene van Rooyen aan die spits. Darling se agterlyn was maar stil maar hul voorspelers het sterk bal gedra met veral Henwill Cleophas en Wildon Marsh aan die spits. Wesbank se verdediging moes by tye rotsvas staan. Darling was gestraf met ‘n geelkaart en ‘n strafdrie was toegeken aan Wesbank vir ‘n hoogvat op Ettien van Rooyen om die telling 12 - 3 te maak in die guns van Wesbank. Wesbank het die ekstra man op die veld goed gebruik en bewerkstellig omgekeerde balbesit en die skrumhalf, Gerdwill Le Fleur speel kleinkant met Nelani Gizi wie die bal oor Darling se verdediging skop en binne die vinnige vleuel van Wesbank Hendryke Mathesen se hande skop om onder die pale te gaan druk en die telling 19 - 3 te maak in die guns van die tuisspan. Darling het egter nie gaan lê nie en sy voorspelers het behoorlik onder Wesbank ingeklim en Wildon Marsh het gaan druk om die gaping kleiner te maak. Beide spanne het kliphard rugby gespeel voor rustyd en aanval bo op aanval geloods. Dit was egter Wesbank wat sy kanse beter benut het en weer gaan druk met ‘n drie deur Reduwaan April en die manne het gaan water drink met die telling 26 –8 in die guns van Wesbank. Darling se afrigters het rustyd baie hard gepraat met die besoekers wat vol vuur die tweede helfte begin en ook slaag met n strafskop om die telling 26 – 11 te maak. Darling se agterlyn en voorspelers het ook weer sterk bal gedra. In die 49ste kry Wesbank se Ettiene van Rooyen ‘n geel kaart vir ‘n hoogvat. Darling se voorspe lers het Wesbank se pak begin domineer en verseker dat Wildon Marsh weer vir Darling gaan druk om die telling 26 - 16 te maak. In die 56ste minuut kry Darling egter ‘n rooi kaart wat die span erg onder druk plaas. Darling het egter kop gehou met 14 man en maak weer gebruik van hul rolmaalbewegings en wen meters by meters veld tot in Wesbank se gebied. Darling se voorspelers het weereens die platform gelê om Juwell Samuels oor te stuur vir ‘n drie om die telling 26 - 21 te maak in die guns van Wesbank. Dit is toe dat Wesbank besef dat hy sy sokkies moet optrek en sy voorspelers het begin sterk bal dra. Darling aan die ander kant het nie maklik terug gestaan nie. Wesbank se losskakel Leoniel Pietersen het egter met briljante spel die bal oor die verdediging se koppe geskop en self gevang om te gaan druk en Gavern Skippers wat die drie verdoel om die telling op 33 – 21 te bring. Darling was toe nog nie reg om handdoek in te gooi nie en loods aanval op aanval met hulle 14 man. Darling het veral by die skrums vir Wesbank heel temal domineer. Met al die selfvertroue het Darling se voorspelers weer gesorg vir ‘n verdoelde drie in die 70ste minuut weereens deur Wildon Marsh om die tel ling op 33 - 28 te bring. Met die laaste paar minute van speeltyd kry Darling weer ‘n strafskop en gaan kantlyn toe. Wesbank het egter Darling se lynstaan gewen en die bal was toe uitgegooi deur ‘n Wesbank speler met die skeidsregter wat die wedstryd afblaas om die oor winning aan Wesbank te besorg. Darling sal Saterdag sy aanspraak op die Top 12-po sisie weer op koers wil kry wanneer hulle gasheer speel vir Saron. Saron het Saterdag weereens bewys dat hy kompeterend kan wees in die Swartland Liga toe hy Good Hopes gewen het. Good Hopes wie tans baie goeie rugby speel het net nie die nodige skietgoed gehad om Saron se taktiese spel te stuit nie. Darling sal egter sy tuisveld voordeel beter wil benut en sal sorg vir n bonus oorwinning van meer as 10 punte. Koringberg se treurmare was Saterdag voort gesit toe hy ‘n sterk aanslag van Never Despair moes stuit. Die tuisspan het net nie antwoorde gehad vir Never Despair se aanvallende spel nie. Never Despair se oor winning het gesorg dat die span van Malmesbury nou sterk aanspraakmakers is op die Top 12. Beide spanne was baie goed op verdediging en Never Despair kon eers laat in die eerste helfte twee drieë druk om te gaan rus met die telling 0 – 14 in die guns van Never Despair. In die tweede helfte het die Tier egter sy skerp tande begin wys en Koringberg heel temal onkant gevang met sy taktiese spel. Never Despair het weer twee keer agter die pale van Koringberg gaan kuier en met die telling 0 – 26 het dit gelyk na ‘n lang na middag vir die Korries span. Die Kaptein Jeandre De Wee het egter sy span goed gelei en aanval op aanval geloods. Hanteerfoute was egter Korries se ondergang en hulle kon nie hul goeie spel omskep in punte nie. Koring berg het laat in die wedstryd uiteindelik ‘n drie gaan druk maar nog n drie deur Never Despair aan die einde het Ko ringberg heeltemal begrawe. Koringberg speel Saterdag in ‘n deurslaggewende wed stryd teen Wittewater. Die tuisspan weet dat ‘n loesing hulle kanse om in die Groot uitdaag beker te bly volgende jaar ‘n lelike knou kan gee. Koringberg sal dus alles in hul vermoë doen om die oorwinning te verseker met minder as 7 punte. In ander wedstryde speel Moorreesburg teen Por terville. Moorreesburg behoort Porterville gemaklik te wen met meer as 10 punte. Never Despair reis na Good Hopes en behoort sy goeie seisoen voort te sit met ‘n oorwinning van meer as 7 punte. Dit is nog onduidelik wanneer die wedstryd tussen Wesbank en Abbotsdale gaan plaasvind aange sien die verhoor van Abbotsdale nog nie afgehandel is nie. Abri Adonis

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.