Skip to main content

Uitgawe 122 22 Junie 2022 Swartland Joernaal

Page 1

Gratis • Free

1

22 Junie 2022

Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 123

22 Junie 2022

Jeugdag in die Swartland


2

22 Junie 2022

So lyk die damvlakke van die Wes-Kaap

Minister Anton Bredell, regs onder, het met Jeugdag die jongmense van die Swartland toegespreek. Die jongklomp het ook aan talle aktiwiteite deelgeneem op die nuwe veeldoelige sportpark wat ook onlangs geopen is deur Minister Anroux Marais. Onder is onderburgemeester, Anet de Beer, by Bredell.


3

22 Junie 2022

HOPE Youth Malmesbury het met Jeugdag uitgereik na die Swartland Haven en potjiekos gemaak. Regs: Ds Deon Jantjies (Calynse Kerk Malmesbury) het met hulle jeuggroep sop uitgedeel aan behoeftiges in Wesbank, Illingelethu en by Swartland Hospitaal.

New buyers flock to smaller towns Young home buyers, especially first-time buyers, are flocking to smaller, more outlying towns in the Western Cape's Boland and Overberg regions, such as Malmesbury, Wellington, Worcester, Elgin and Grabouw. "Apart from security and an appealing lifestyle, a key element of the attraction of relocating to small towns from metropolitan areas is the proliferation of more affordable freehold homes on larger plots, ideal for young families with small children," said Annien Borg, who heads up Pam Golding Properties in the Boland and Overberg regions. "In Malmesbury, one of the largest towns in the Swartland, which is consistently rated as one of the best-managed municipalities in South Africa, and just over an hour from Cape Town via the upgraded dual carriageway N7 freeway, approximately a third of recent buyers were young adults (18-35 years)“ the bulk most likely first-time buyers. "In addition, an estimated 41% of recent buyers were between 36 and 49 years, which suggests that the town appeals to families and young professionals." Also indicative of heightened demand for homes in Malmesbury are statistics from Lightstone which reveal that over the past decade (2012-2022), freehold prices in the town have risen by a solid 184% to a median price of R1.56 million for the year to date. Sales of freehold homes have remained buoyant over the past 10 years, with particularly strong activity in 2021 when 183 freehold homes across the market in total were sold, which is the highest sales activity in a decade. Furthermore,

the 147 vacant plots sold last year (2021) was also the largest number of sales during the same 10-year period, said Pam Golding. Adding to the appeal of the area as a regional hub is a new 11ha mixed-use development which recently broke ground on the northern boundary of Malmesbury, adjacent to the N7 and the town"s main road. De Zwartland Werf will include a sizeable retail centre, office space, residential apartments, a 102-bed private hospital and motor showroom, the property specialist said. The development will generate significant commercial activity in the area and is expected to boost employment while offering towns in the surrounds a much-needed space to shop, eat, work and play in a scenic setting. According to local Pam Golding Properties area principals, Arno and Elize van der Merwe, the demand for accessibly-priced homes soared after the first, hard lockdown, when many people began working from home, seeking residences “including those in security estates “ranging from R1.4 million to R1.8 million. "Although prices have increased in the past 18 months, Malmesbury still offers great value for money as one can buy a spacious 80sqm, two-bedroom apartment plus a lock-up garage for around R900,000 while similar properties in Cape Town's Northern Suburbs sell for around R1.3 million," said Elize van der Merwe. In Malmesbury two-bedroom entry-level houses sell for under R1.5 million and three-bedroom family homes for under R2 million - which is between R300,000 and R500,000 less than in the city.

"A new secure estate, Olive Place, with two and three-bedroom homes available to purchase off-plan from R1.489 million and offering modern, country living, is selling well, with 70 of the total of 90 homes already snapped up. Phase one is already sold out and phase two is partly sold or under construction," said Arno van der Merwe. "A key attraction in our area is country living - this well-managed town has all the essential amenities and easy access to large shopping malls like Cape Gate while enjoying a more relaxed country-type lifestyle. With the N7 upgraded to a dual road, we see a lot of people who lived in Cape Town's Northern Suburbs and work in the Milnerton/Blouberg area relocating here, as it's now a relaxed 35-minute drive for them from Malmesbury instead of a stressful hour to hour-and-a-half drive to work. "We also have home buyers from upcountry who want to live close to Cape Town but not in the city." Established schools include Swartland Primary in the centre of the town, Christelike Privaatskool Malmesbury on the edge of town close to the N7 and Mount Royal Golf & Country Estate, Schoonspruit Secondary School and Wesbank Secondary School in the suburb of Wesbank, Ilingelethu Secondary School in Ilingelethu and the well-respected Swartland High School close to the centre of town. "Just 35km north of Malmesbury, the small town of Moorreesburg is also attracting high interest and demand for home buyers, with family homes affordably priced below R2 million, with two and three-bedroom homes averaging at

around R1.75 million." Wellington, situated in the heart of the Cape Winelands and approximately 45 minutes’ drive from Cape Town, is another town which is benefitting from the ongoing semigration trend and ‘zoom boom’, and is drawing an influx of young and first-time buyers and families attracted by the relative affordability of homes and the lifestyle offering, said Pam Golding. The town enjoys a very stable housing market, with nearly two-thirds (64%) of homeowners having owned their homes for 11 or more years, while nearly a fifth (19%) of homeowners have owned their homes for less than five years, suggesting an influx of new residents. This is reinforced by the fact that 34% of recent buyers (June 2021 to May 2022) were under the age of 35 years, many of whom are likely to be first-time buyers, while a further 34% were between 36 and 49 years of age, supporting the view that the town is attracting an influx of younger people and families. Increased demand for homes in the town is also evident in the strong increase in vacant plot sales last year (2021), with 109 registered sales, which is the highest number of plots sold since 2016 when 115 plots were sold, the property group said. The increased demand for homes in Wellington has resulted in strong growth in the median price of freehold homes in recent years - from a median price of just R1 million in 2018, the median price of freehold homes has risen steadily in recent years, reaching R1.85 million for the year to date. -BusinessTech

NEW! #2nICE ONLY

90

R59

Malmesbury 022 487 2333 T&Cs apply. 120793 Steers Wacky Wednesday May 2022_3x1 Banners.indd 1

R7

+ S E C I L S E S E ADD 2 CHE

2022/05/10 13:18


4

22 Junie 2022

Netbal: Die Velddrif-netbalklub het die onlangse Jeugdag gebruik om die sport onder die

jongmense se aandag te bring en so die gemeenskap te betrek by hulle doen en late en ook om potensiële talent raak te sien. 'n Suksesvolle netbalkliniek is aangebied waar die jeug tou wys gemaak is ten opsigte van netbalvaardighede. Francis Pieters en Courtleigh Behr van die Stings/Tornado-spanne het spesiaal die dag bygewoon.

Teatergroep bring nuwe lewe na Riebeek-Wes Gholfkampioene: Die Moorreesburg-gholfklub het Donderdag hul klubkampi-

oenskappe oor 36 gate aangebied. Jannie Dürr is as die kampioen van die mansafdeling en Annelise Smit as kampioen van die vroueafdeling aangewys.

Ons is aanlyn!

Om die nuutste uitgawe van die Swartland Joernaal aanlyn te lees, skandeer net hierdie QR-kode!

'n Groep aspirant silwerskerm-akteurs, Route2Roots, 'n jeugteater, het onlangs uitgebrei na Riebeek-Wes. GreenAct International en UNI Jeug Koöperatief in samewerking met raadslid Nicolene Smit, bied 'n produksie, Roseline, aan in dié Swartlandse dorp. Chantal Booyse is die produksiebestuurder en Jurgen McEwan is die kreatiewe direkteur. McEwan lewer ook ‘n solo produksie genaamd AKKIE op die aand. McEwan is verder bekend vir sy rol as Clem Pekeur in Arendsvlei, vertolker van die stem van Selim in die Turkse sepie Elif en vele ander teater produksies. Altesaam 18 jongmense tussen die ouderdom van 14 en 24 vorm deel van hierdie produksie. “Ek is so trots op ons wyk se kinders wat so getrou kom oefen, gedissiplineerd en kreatief is.

Hulle trotseer lang ure van repetisies en is trots op hulself. Hul selfvertroue het met rasse skrede verbeter. Hierdie produksie is ‘n uitvloeisel van die Aktiewe Burgerskap en Uitvoerende Kunste-werkswinkels wat in 2019/2020 deur Swartland Munisipaliteit se jeugontwikkelingskantoor aangebied is in alle wyke. "Hierdie produksie is die eerste van vele want daar gaan ‘n volhoubare program ontwerp en uitgerol word om ons Jeug se talent te ontwikkel en hulle verder aan die industrie bloot te stel," sê Smit. Die Produksie vind plaas op 24 Junie 2022 om 19:00 in die Riebeeck- Wes Stad Saal, Kaartjies kos R50. Vir verdere navrae kontak: Chantal Booyse - 061 195 6724, chantal. mdsa@gmail.com of chantalb@apii.org.za.


22 Junie 2022

5

Drukkers: Die Swartland Joernaal het verlede week die voorreg gehad om die rolpers, waar die weeklikse uitgawe gedruk word, te besoek. Senior Produksiebestuurder Ismail Charles, heel regs, het die groep op toer deur die fabriek in Paarden Eiland geneem. Hier is die proses vanaf die plaat, tot die rolpers, tot die verpakte koerante verduidelik en aanskou.

Jeugdag: Die Weskus Distriksmunisipaliteit se rambestuursentrum het Jeugdag op Por-

terville gevier. Die sentrum het die dag op Pella Park se gronde aangebied vir die jeug van die Porterville en groter Bergrivier-area, in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit. Foto's: Ghida Visser


6

22 Junie 2022

Resep vir die week

Aartappel omelet met biltong

Vir 6 • Voorbereityd 10 minute • Gaarmaaktyd 20 minute Dié tradisionele Spaanse omelet is maklik om in 'n pan oor die vuur te maak. Jy kan dit ook in dik skywe sny en inpak vir padkos. JY BENODIG: 3 eetlepels botter 1 ui, fyngekap 1 knoffelhuisie, fyngekap 3 hande vol sagte biltong, dungesny olyfolie 4-6 groot aartappels, gekook en in dun skywe gesny 8 plaaseiers, geklits 1 eetlepel growwe mosterd sout en swartpeper na smaak SO MAAK JY: Verhit die botter in 'n pan oor die kole en braai die uie en knoffel stadig totdat dit sag is, maar nie bruin nie. Skep dit uit die pan en meng dit met die helfte

van die biltong. Gooi 'n bietjie olyfolie in dieselfde pan en sit dit oor matige hitte. Bedek die bodem van die pan met 'n laag van die aartappelskywe en skep lepels van die uie-en-biltongmengsel bo-oor. Herhaal die lae totdat die aartappels op is. Klits die eiers en mosterd saam, gooi sout en swartpeper na smaak by, en giet dit oor die aartappels. Gebruik 'n houtlepel en druk deurentyd die omelet weg van die kant af. Laat die omelet gaar word. Gebruik 'n eierspaan en keer die omelet uit in 'n bord met die rou kant na onder. Gooi 'n bietjie olie in die pan en glip die omelet met die rou kant na onder terug in die pan. Braai dit vir nog 5 minute. Keer die omelet uit en sny dit in skywe. Sprinkel die res van die biltong oor en sit dit voor met 'n Griekse slaai. Bron: Weg Plasing: WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Kopkrapper van die week

Moeilikheidsgraad: So-so


7

22 Junie 2022

GELUKWENSING Congratulations

23 Junie – MARQUIN, baie geluk met jou 10de verjaarsdag. Mag God jou ‘n geseënde dag gee. Ons is baie lief vjr jou. Van: Mammie, Boeta en Sussie

ADONISE APRIL – 26 Junie – “A big happy 21st birthday” Ma se baba. Alle seënwense op jou lewenspad. Baie liefde -Almal in Arendstraat 25, “salad ladies” en Gysman familie

dersdag weg van ons en die 27ste vier jy jou 1ste verjaarsdag in die Hemel. Graag wou ons net ‘n drukkie gegee het. Mis jou baie Leachim, Chantal, Leacim en Liam

IN MEMORIUM In Memoriam

ANDRE GOLIATH (Ouboet). Op 25 Junie 2021 het jy ons op aarde agter gelaat met groot hartseer en leemte in ons harte. Ons mis jou nog elke dag en praat ook nog steeds elke dag van jou, maar ons gun jou die ewige rus tot ons weer ontmoet. Van Landy, Zhane, Zirkea en Zayd

MICHAEL VAN ROOYEN – Sondag, was dit jou 1ste Va-

Accommodation wanted

Single retired gentleman requiring small cottage. Police,

and co-insugency background. Ideal caretaker. Contact Greig Land on 073 520 9001 or 076 835 9330.


8

22 Junie 2022

W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 123 • 22 Junie 2022

Uitslae • Results

Duiwe wedvlugte

OMEGA Racing Pigeon Club Leeu-Gamka 1 1 Team Neo Vision 13.53.16; 2 Shane Arendse 13.53.57; 3 Team Neo Vision 13.59.58; 4 Shane Arendse 13.59.50; 5 Team Neo Vision 14.00.01; 6 Team Neo Vision 14.00.04; 7 Team Neo Vision 14.00.05; 8 Manuel Lofts 13.59.55; 9 Team Neo Vision 14.00.09; 10 Team Neo Vision 14.01.23 RIEBEEK VALLEY Leeu Gamka 1 Mentoor Hokke 13.42.59; 2 Alex Family Lofts 13.50.01;3 Adams Hokke 13.50.26; 4 Kuiler Hokke 13.49.58; 5 Pigeons Nest 42 13.51.30; 6 Alex Family Lofts 13.56.18; 7 Mentoor Hokke 13.54.38; 8 James Hokke 13.54.53; 9 Alex Family Lofts 13.57.23; 10 James Hokke 13.57.10 Malmesbury Posduif Vereniging 19 Junie 2022 - Laingsburg Jo 2 1 Bordeaux A 1307.6302; 2 Marais Hokke 1293.1457; 3 Team Neo Vision 1282.4953; 4 Lewisham Lofts 1279.7627; 5 Marais Hokke 1277.0017; 6 Marais Hokke 1276.3322; 7 Bordeaux A 1275.3610; 8 Kotze Familie Hokke 1275.1838; 9 Marais Hokke 1275.1289; 10 J Steenkamp 1273.0263 Laingsburg Ope 2 1 Limbardi 1296.2034; 2 Marais Hokke 1293.5579; 3 Team Neo Vision 1292.6086; 4 J Steenkamp 1290.8630; 5 Lewisham Lofts 1279.3768; 6 Bordeaux A 1279.1281; 7 Bordeaux A 1278.6072; 8 Limbardi 1276.2382; 9 Limbardi 1276.1122; 10 Marais Hokke 1275.3961 Moorreesburg Posduif Vereniging 19 Junie 2022 - Laingsburg Jo 2 1 John & Marietjie 11:06:31; 2 Singleton Hokke 11:07:38; 3 Singleton Hokke 11:07:39; 4 Henna & Melt Smit 11:07:47; 5 Johan V Aswegen 11:09:21; 6 Singleton Hokke 11:09:30; 7 John & Marietjie 11:09:49; 8 John & Marietjie 11:10:41; 9 Frikkie Bester 11:11:44; 10 Henna & Melt Smit 11:12:23 Laingsburg Ope 2 1 Frikkie Bester 11:06:05; 2 Singleton Hokke 11:06:41; 3 Henna & Melt Smit 11:07:45; 4 Henna & Melt Smit 11:08:05; 5 Henna & Melt Smit 11:09:04; 6 Singleton Hokke 11:10:26; 7 John & Marietjie 11:12:56; 8 KB en Seun 11:12:28; 9 Yt & Tuis 11:12:49; 10 Johan V Aswegen 11:17:06

Die spanne van Never Despair en Saron het die naweek kragte gemeet in die Boland Rugby-unie se Groot Uitdaag-reeks. Never Despair het met 47 - 23 geseëvier. Foto: David Howburgh

Rugby: Wesbank leer Koringberg 'n les Wesbank RVK het Saterdag op Moorreesburg vir Koringberg RVK ‘n behoorlike rugbyles geleer toe hy die tuisspan met 12-59 verniel het. Hierdie oorwinning het ook gedien as wraak vir Wesbank se skok nederlaag in 2019 teen Koringberg. Wesbank het uit die staanspoor uitmuntende rugby gespeel alhoewel daar soms basiese foute was. Dit was ook weer goed om te sien hoe die voorspelers en agterspelers mekaar komplimenteer deur die nodige ruimte te skep om met die bal te hardloop. Wesbank het die telbord geopen met n drie deur Hendryke Mathesen en Korinberg het ook terug geslaan met n drie deur die spoedvraat Monrood Diedericks om die telling gelyk te maak. Wesbank se voorspelers het egter die wedstryd begin domineer en gereeld die voordeel lyn oorgesteek met die Tyreec Liedeman wat 'n doring in Koringberg se vlees was op agsteman. Wesbank het toe nog twee drieë gedruk deur Ralton Du Toit en Leoniel Pietersen. Leoniel het ook ‘n goeie dag met sy skopvoet beleef en altesaam 17 punte vir sy span aangeteken. Wesbank het voor rustyd sy bonus drie gaan druk deur die drieëvraat Reduwaan April, wie tans op 10 drieë staan in die eerste rondte en die spanne het gaan water drink met die telling 05-26. Wesbank het die tweede helfte in ‘n volgende rat oorgeskakel en hulle volgehoue druk het aan hulle 'n strafdrie besorg. Die vlugvoetige skrumskakel Bevan Abrahams het ook Koringberg gereeld aan die raai gehad met sy breekslae en sy agterlyn goed weg gestuur om nog 4 drieë te gaan druk. Koringberg het laat in die wedstryd verwoed terug geveg maar kon nie hul aanvalle in punte omskep nie. Koringberg se Lawrenzo Farao het laat in die tweede helfte 'n troosdrie gaan druk, maar die koeël was reeds deur die kerk vir die tuisspan wie nou 9 uit 9 wedstryde verloor het in die eerste rondte en sal hul sokkies moet optrek in die

tweede rondte indien hulle nog saam die groot honde wil blaf volgende jaar. Darling het Saterdag Moorreesburg se harte gebreek deur hulle te ontneem van ‘n welverdiende oorwinning op Darling. Darling het in die eerste helfte baie takties en in die regte areas gespeel. Moorrreesburg was egter baie goed voorbereid vir die wedstryd en het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Die intensiteit was groot in die eerste wedstryd en beide spanne was baie fisiek en behoorlik onder mekaar ingeklim. Dit was veral die senter Ruan Van Rooy wie soos n Tsunami onder Darling se verdedigers ingeklim het en telkemale moes die tuisspan rondstaan wanneer Van Rooy op die aanval was. Van Rooy was ook beloon met n drie. Darling het eerste gaan druk deur ‘n sagte drie deur Gerrit Carlolus waarna Moorreesburg teruggeslaan het met n drie deur die Formule 1 karretjie Jason Damonz. Die wedstryd was vir beide spanne baie moeilik met gietende reën wat neergeval het. Darling het ‘n verdere twee drieë gaan druk deur Henville Cleophas en Shane Samuels. Moorreesburg het egter nooit tou opgegooi nie en dit was veral die vlugvoetige Jaydon Markus wat vir Darling groot kopsorge besorg het en Markus was ook beloon met twee drieë. Darling was baie goed in die skrums en Moorreesburg het nie antwoorde gehad nie. Laat in die tweede helfte het Darling vir 10 minute geboer in die helfte van Moorreesburg maar kon nie punte aanteken nie. Dit was toe dat die skeidsregter besluit het om na ‘n skrum 'n raaiselagtige strafdrie aan Darling toe te ken om Darling weer die voortou te gee. Moorreesburg het laat in die wedstryd alles gegee om weer punte aan te teken maar Darling het sterk gestaan en kon die oorwinning in die sakkie sit met 30-26. Abbotsdale het die eerste rondte afgesluit as die enigste onoorwonne span in die Swartland Grootuitdaag beker deur Villagers Wittewater ‘n groot

pakslae te gee op sy tuisveld. Daar was uit die staanspoor geen keer aan Abbotsdale nie en Wittewater het geen teenvoeter gehad vir Abbotsdale se aanvallende spel nie. In die nat weersomstandighede het Abbotsdale se vooren agterspelers goed gekombineer en was dit duidelik dat dit ‘n lang Saterdag middag vir Wittewater sou wees. Die groot uitblinkers vir Abbotsdale was Wiam Syster en Junaid Afrika wie elk twee drieë gaan druk het. Alhoewel Wittewater soms goed gelyk het, was hulle heeltemal uitoorlê deur ‘n oorgehaalde Abbotsdale span wie gemaklik met 0-60 die knoop deurgehaak het. Good Hopes van Riebeek-Wes wie se eerste rondte bietjie wankelrig begin het, het hulle weereens goed van hulle taak gekwyt die naweek toe hulle Porterville geklop het. Die wedstryd het teen ‘n hoe tempo begin met veral Porterville se voorspelers wie behoorlik die druk toegepas het en sodoende strafskoppe afgedwing het. Good Hopes het egter hierna wakker geskrik en stadig momentum opgebou met hul voorspel met Andile Farao, Fernando Poedel en Hansie Appollis aan die spits. Agterlangs het Mishaun Arendse, Durwin Fortuin en Anthony Abdol gedurig Porterville se verdediging aan die raai gehad. Never Despair het hulle Goeie eerste rondte op ‘n hoë noot afgesluit deur gemaklik af te reken met Saron. Never Despair het weereens uithaler rugby opgedis om die besoekers gemaklik op Malmesbury met 47-23 te klop en sodoende sterk in die prentjie om die top twee plekke te bly. Spanne sal die volgende paar weke ‘n welverdiende kans geniet na ‘n paar strawwe derby-wedstryde en Boland se Munisipale Kompetisie skop 2 Julie 2022 af wanneer Swartland Munisipale Streek gasheer speel vir die Saldanha Munisipale Streek. -Abri Adonis


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Uitgawe 122 22 Junie 2022 Swartland Joernaal by Swartland Joernaal - Issuu