1
Gratis • Free
8 Junie 2022
Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 121
'Nuwe begin' vir vallei
bl 2 Build it vier fees
Titelaktes uitgegee
bl 5
8 Junie 2022
CrossFit vir Nel en span
bl 4
bl 8
2
8 Junie 2022
’n Nuwe begin in Riebeek-Wes
Bo: Ella Blom en Willem Coetsee saam met Theo Simon, Erna Simon en Melissa Vermaak.
Die nuwe winkelkompleks op Riebeek-Wes vanuit die lug gesien. Foto: Livia van Schalkwyk
• Jana du Plessis Müller By Voortrekkerstraat 21 is daar ’n nuwe begin te sien in die gestalte van die Twintig 21 Nuwe Begin-sentrum wat eersdaags sy deure vir die publiek open. Die aangrensende besigheid, Riebeek-Wes Garage – insluitende die welbekende Engen vulstasie en motorwerkswinkel – het in 2021 sy vyftigste bestaansjaar gevier met die afskop van die bouprojek. “Die projek simboliseer nie net ’n nuwe begin vir ons nie, maar ook vir Riebeek-Wes en die gemeenskap hier,” sê eienaar Ella Blom. Saam met Willem Coetsee het hulle die pro-
gemeenskap en omliggende boere hulle sake in die dorp kom doen en die koöperasie besoek, en dis hierdie insig wat ons in gedagte gehou het toe ons besluit het met watter besighede en huurders ons hande gaan vat,” sê Coetsee. Dis nie net die besigheidsektor wat aan ’t verander is nie, maar die eiendomsmark sien ook groei. “Daar is heelwat beweging in die vallei; in beide Riebeek Wes en Kasteel kry ons gereeld navraag na eiendom,” sê Rainier Fourie van Pam Golding Riebeek Vallei. “Van Durban tot Dubai het nuwe eienaars onlangs behuising sowel as land aangekoop. Dis mense wat ’n ander lewenstyl soek weg van die stede – die country life wat
jek in 2021 van stapel gestuur met die oorhoofse doel om by te dra tot die transformasie van die dorp. “Die naam van die sentrum spreek vanself oor iets nuut en vars,” voeg Coetsee by. “Met die onlangse verbeteringe in die dorp is die tyd ryp om voort te bou op die ‘nuut-maak’ van die dorp.” Die sentrum beoog nie net ’n nuwe begin vir die onmiddellike huurders en hulle besighede nie, maar ook vir bestaande besighede met die visie om heelwat voete na die aantreklike gebou te lok en sodoende die aandag op Riebeek Wes as dorp in sy geheel te fokus. “Riebeek-Wes is ’n besigheidsdorpie waar die
die vallei bied is vir hulle aanloklik.” Vir Ella Blom en Willem Coetsee is dit belangrik dat die Twintig 21 Nuwe Begin Sentrum besighede lok wat hulle visie deel. “Dit moet dienste of produkte bied wat deur die gemeenskap benodig word, en terselfdertyd moet die besighede die gemeenskap ondersteun deur dít wat hulle bied,” sê Coetsee. Die groot wit gebou, eg aan die country lifegevoel, het soos ’n piek uitgerys in die hartjie van die besigheidskern van Riebeek-Wes – gereed om die gemeenskap te bedien. Volg Twintig 21 Nuwe Begin Sentrum op Facebook vir meer inligting.
Die konstruksiespan is druk besig met die finale afronding. Foto: Livia van Schalkwyk
Riebeek Wes dra binnekort ’n nuwe baadjie… en broek!
Ella Blom en Willem Coetsee, die besigheidsbreine agter die Twintig 21 Nuwe Begin Sentrum-projek wil nie nou al die hele aap uit die mou laat nie… Hulle deel hierdie brokkies van wat besoekers kan verwag.
’n Meubelwinkel met ’n kinkel: Erna Simon en haar dogter Melissa Vermaak sal verantwoordelik wees vir die tweedehandse meubelwinkel, maar dis nie net ’n meubelwinkel wat antieke items gaan aanhou en verkoop nie. Hulle besoek graag veilings waar hulle items bekom wat deur klante aangevra word, van klein benodigdhede tot groot meubels. Hulle dienste sluit ook aflewering in en hulle fokus op items wat deur die gemeenskap benodig word. Theo en sy gereedskap: Theo Simon bring graag sy vaardigheid met gereedskap en sy vernuf met boumateriaal na die sentrum met Theo’s Toolbox. Van DIY-tipe gereedskap; tot sement en boublokke; en selfs die huur van items – dit alles
word deur Theo behartig. Die deli, die drukkery en die barista-koffiewinkel: “Die drie besighede wat aan die voorkant van die straat gaan intrek is ’n ‘kontrei’ deli, ’n drukkery en ’n koffiewinkel,” vertel Coetsee. “Al hierdie besighede gaan ’n gevoel van nostalgie skep en gaan sover moontlik plaaslik ondersteun en verskaf.” Coetsee lap uit dat die koffiewinkel barista-styl koffie gaan aanbied sowel as etes en disse wat vir almal se smake voorsiening gaan maak. Die verskeidenheid bied ’n aangename ervaring vir besoekers en klante; terwyl jou motor gediens word kan jy gaan asem skep met ’n flat white en vinnige WiFi óf wanneer jy op ’n Vrydag na werk stop vir brandstof kan jy gou die deli besoek vir jou naweek se braaivleisbenodighede en iets uit ouma se kombuis. “Die sentrum is daarop gemik om vir die besige kern van die dorpie ’n mooi en unieke besigheids-ervaring te bied, terwyl ons terugploeg in die gemeenskap,” sê Coetsee.
8 Junie 2022
3
KFC trek kleurvolle baadjie aan
Nuut: KFC op Malmesbury het verlede week sy deure geopen na 'n splinternuwe winkel. Die winkel beskik
nou ook oor 'n selfhelp-kiosk waar kliënte hul eie wegneemete kan bestel en hul ete by die toonbank afhaal. Die span van KFC Malmesbury het Vrydag opgewonde die kliënte verwelkom na dié gewilde kitskosrestaurant se splinternuwe winkel op Malmesbury.
4
Swartland-kadetgroep soek ondersteuning
8 Junie 2022
Swartland Kadetgroep na hul vertoning op die Abbotsdale Sportgronde Die Swartland Gemeenskaps-Kadetgroep is 'n ge- hul hoofdoel is om jeugontwikkelingsprogramme registreerde organisasie sonder winsbejag en be- van stapel te stuur en ook om 'n alternatief te bied vir die sosiale uitdagings wat die jeug in die gesig nodig die hulp en ondersteuning van die publiek. Hierdie organisasie, gestig in Julie 2021, poog staar. "Ons wil deur ons kadetgroep beter geleentom gemeenskapsontwikkeling te bewerkstellig deur jeug te leer om verskeie musiekinstrumente hede vir jeug skep sodat hulle positiewe veranderinge in hul gemeenskappe kan bring. Ek wil graag te speel en te marsjeer. Swartland Gemeenskapskadetgroep is tans met ander organisasies hande vat om 'n groter in Kalbaskraal, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes impak te maak," het Chantel gesê. Besighede en organisasies wie met hulle in werksaam. Die groep beoog om binnekort uit te kontak wil kom kan vir Chantal by 0785477597 brei na ander dorpe soos Abbotsdale. Die stigter van die organisasie, Chantal Snel, sê skakel.
Verjaarsdag: Build it
Malmesbury het verlede week hul 15de verjaarsdag gevier. Die winkel het die afgelope naweek spesiale aanbiedinge gehad en ook talle pryse weggegee om hierdie mylpaal te vier.
Angusveiling behaal 100% verkoopsyfer op Wes- en Suid-Kaap-veiling Regs: Carl Malherbe (afslaer), Jannie Kotze (verkoper duurste bul) en Isak Skippers (hanteerder) by die duurste Angus bul.
Selling Livestock? We buy slaughter ready sheep & Feedlot lambs FREDERICK TRUTER 084 505 0571 frederick@delico.co.za
022 448 1921
info@delico.co.za
Die Wes- en Suid-Kaap Angusveiling is verlede week op Moorreesburg deur BKB aangebied. Altesaam 14 bulle en 14 vroulike diere is te koop aangebied. Daar was ook kommersiële vroulike diere te koop, wat bo verwagting goed gedoen het. Die duurste Angusbul-lot, was Lot 6, wat aan JJ Posthumus van Bethlehem verkoop is vir R100 000. Die duurste rooi Angus, lot 26, is aan Bester
Nooitgedacht Boerdery van Moorreesburg verkoop vir R85 000. Die gemiddelde pryse is soos volg: Angusbulle: R70 000 Rooi Angusbulle: R61 250 Angus Vroulike Diere: R39 750 Rooi Angus Vroulike Diere: R20 714.29. Carl Malherbe het as afslaer opgetree en 'n 100% verkoopsyfer behaal.
5
8 Junie 2022
70 new homeowners receives title deeds Executive Mayor, Harold Cleophas, handed over 24 houses to new beneficiaries in the De Hoop Housing Project. Over the past two months Swartland Municipality has handed over 70 houses. Many of the beneficiaries have waited for more than two decades for a house, a place that belongs to them and they can call their own. “It has not been an easy road to get to here and even now, we are faced with challenges. That is why it is critically important that every new resident take ownership and commit themselves to taking care of their house and community”, said Mayor Cleophas. Mayor Cleophas also emphasised that this is the only opportunity these beneficiaries will get. If they sell it or trade it in any way, they will not qualify for a second opportunity. Beneficiaries are not allowed to sell their properties in the first eight years of receiving it. For many beneficiaries, the handover was a very emotional day. For Magdalena Solomons and Josephine Turner, receiving their homes was a particularly significant. Both ladies have waited more than 20 years for a property to call their own. Mrs Turner, 81, said she cannot wait to move her furniture in and have her children and grandchildren visit. A very emotional Mrs Solomons said that receiving her own house was particularly important as she lost her husband a year ago due to COVID. The Municipality is currently in the first phase of the De Hoop housing project. During the first phase 395 houses will be built. It is the Municipality’s priority to move beneficiaries in as soon
Executive Mayor Harold Cleophas with Josephine Turner. as the houses are complete, to avoid illegal occupation and vandalism. “Take pride in your new house and your community and please take care of your house. There are no second chances for receiving another house. Housing will continue to be a challenge and as we move forward our resources will be restricted. National and Provincial government has indicated on several occasions that the provision of houses will have to change in the future, so take care and invest into what you are getting today” said Mayor Cleophas. The next handover of houses is schedule for the end of June.
Jo Black: Die Afrikaanse sanger, Jo
Black, het Vrydagaand 'n stampvol NG Moedergemeente op Malmesbury aan sy lippe laat hang tydens sy optrede hier. Hy het van sy gewilde en bekende liedjies gesing, asook nuuter materiaal met die gehoor gedeel.
Groot Phesantekraal: Van Olof Berg tot die Brinks Groot Phesantekraal buite Durbanville vier vanjaar hul 324ste bestaansjaar. Hierdie plaas met sy ryk geskiedenis is een wat oor die jare heen aangepas en vernuwe het om by die tye en ontwikkeling te bly. Goewerneur Simon van der Stel het die plaas in 1698 aan Olof Berg gegee. Die Berg-familie het vir die volgende 120 jaar die plaas besit, tot hulle dit in 1818 aan die Louw-familie van Rawsonville-area verkoop het. In April 1897 het Arend Brink die plaas gekoop, alhoewel hy oorspronklik van die Kaap was, was hy vroeër vir ‘n aantal jare ’n transportryer tussen Kimberley en Johannesburg. Met sy terugkeer na die Kaap het hy Phesantekraal gekoop. Vandag boer die Brink-familie op die plaas. "Wat vir my die lekkerste en bevredigendste is van ons boerdery, is dat ons almal saam as een kan saam werk, reg deur ons verskillende afdelings en dat ons elkeen ons eie dinamika het en ook so waarde kan toevoeg. "Ek en my broer is in ‘n baie bevoorregte posisie om saam ons pa te boer en sal dit vir solank as moontlik koester. "Ons is 'n regte familie-besigheid en dit raak 'n skaars opset en ons sal graag dit wil behou en
uitbou," vertel Rennie Brink. Landbouers staar baie uitdagings in die gesig en op Groot Phesantekraal is dit ook geensins anders nie. "Ek dink vanjaar se grootste uitdaging gaan ons hoë inset kostes wees, pryse het met 200300% gestyg. Jou beplanning en bestuur moet nou dubbeld so goed wees. Een groot uitdaging is die koste van nuwe masjinerie, mens kan nie bekostig om agter te raak met vervanging nie, maar dit is n koste wat groot impak maak op n boerdery se marges," vertel Rennie. Groot Phesantekraal is 'n gemengde boerdery, waarvan graan en vee die hoofvertakkings is. Hier word ook met wingerd geboer en bottel hulle hul eie wyn onder die Groot Phesantekraal-naam. Hoe pas die legkaart van die familieboerdery en -besigheid in mekaar? "Huidiglik is my pa, André Brink, hoof van die bestuurspan. Ek is verantwoordelik vir die graanproduksie afdeling asook vir die wingerd en my broer Jeandré vir die bestuur van al die vee. Ons produseer ook ons eie wyn. "My ma, Ronelle, is baie betrokke by die bou van die handelsmerk asook, bemarking en
Trotse besigheidsvennote van Groot Phesantekraal.
Baie geluk met die 324ste bestaansjaar! info@inteligro.co.za | www.inteligro.co.za
Hier is Heike (skoondogter), Rennie (seun), Marizanne (dogter), Melissa (skoondogter), Jeandre (seun), Ronelle en André Brink. uitvoere. Ons het 'n suster, Marizanne, wat in bedryfsingenieur is wat tans buite die landbou werk maar ons voorsien dat sy binnekort haar insette met betrekking tot ons boerdery sal lewer." Hoe begin 'n dag op Groot Phesantekraal vir die Brinks? "Begin met koffie saam my pa by hom in die huis waar die dag se beplanning gedoen word,
daarna kom ons saam ons personeel bymekaar waar die dag se take uitgedeel word, en van daar af beweeg ons maar tussen die spanne rond. Later sal daar bietjie in die kantoor ook gewerk word, ek glo baie sterk daarin om goeie rekord te hou van alles wat gedoen word, so kan mens jouself meet om te verseker dat jy altyd weet waar jy staan."
6
8 Junie 2022
Kopkrapper van die week
Moeilikheidsgraad: BAIE!
Gee terug:
In 'n gebaar om terug te gee aan die gemeenskap en borge wat hulle ondersteun, het die Wesbank-rugbyklub se spelers en bestuur Saterdag by Superspar Malmesbury hand by gesit en gehelp met kruideniersware pak, kliënte bystaan, inkopies na voertuie dra en meer. Hier is die span by Superspar Malmesbury.
7
8 Junie 2022 DIENSTE Services Ek doen House & Petsitting in die Riebeek Vallei en omliggende dorpe. Het nodige verwysings. Kontak my gerus Annelle 0729568436 Te Huur Gesoek To Let Wanted Accommodation wanted. Single retired gentleman requiring small cottage. Police, and co-insugency background. Ideal caretaker. Call O768359330.
Raai wie verjaar op 7 Junie – TOLLIES, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n “gatskop” dag hê. Van: jou mense in Poustraat
GELUKWENSING Congratulations
Raai wie het 11 geword op 2 Junie – MERVYN, baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Ma, Ouma, Monique en Boetie
7 Junie - MCKAYLA OWIES geluk met jou 19de verjaarsdag. Mag jy alle geluk en alle wense geniet wat jou toe kom. Mag jy ‘n wonderlikke dag hê. “May God bless you - We love you”. Liefde - Van: Pa, Ma, Jaylin, Jo-Mari en Marlon
8 Junie – Q-LYNN HENDRICKS – Baie geluk my kind met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n mooi dag hê. Ek is baie lief vir jou. Van: jou Mammie Geluk ons mooi kleinkind. Ons sê dankie vir die Here vir 10 jaar wat Hy jou gespaar het. Mooi dag vir jou. Van: jou Oupa Jan, ouma Sounie en uncle Pietie Geluk my suster met jou verjaarsdag. Ons is lief vir jou. Mooi dag vir jou. Van: jou suster Luzelle, Linique, Marno en Jeandre
Charmaine, Pa en ouma Wiesa --------------------------7 Junie – WHILEM SNYDERS – Geluk met jou 50ste verjaarsdag. Ons dank die Hemelse Vader vir soveel goue jare wat Hy vir jou gespaar het. Geniet die dag. Van: Magdalene, Janine, kinders en ander niggie, neef en Snyders familie ----------------------------JANINE GELDENHUYS – 9 Junie. Geluk met jou 30ste verjaarsdag. Ons is vir die Hemelse Vader so dankbaar vir soveel jaar wat Hy vir jou gespaar het. Ons hoop jy geniet jou dag. Van: jou oudste suster Magdalene, kinders, 2 kleinkinders, 2 susters, niggie en neef ----------------------------MAGDALENE LINKS – 9 Junie – Geluk met u verjaarsdag dat die Hemelse Vader vir u nog ‘n jaar by u lewe gevoeg het. U kan net vir ons God dank vir so ‘n wonbaarlike voorreg. Geniet u dag. Van: Magdalene, Janine, Allister en Janicke ----------------------------JOHANNA SOLOMS – 9 Junie – Geluk met u verjaarsdag. U kan die Here loof en prys vir nog ‘n jaar wat Hy by u lewe gevoeg het. Ons hoop u geniet die dag. Van: Magdalene, Janine, Allister en Janicke
ASHRON NERO - Kyk wie verjaar op 9 Junie. Baie geluk met jou verjaarsdag, Nanna is baie lief vir jou. Van:
SOPHIA MARTINA LOUBSERS – Gebore: 5 Junie 1953. Oorlede: 04 April 2018. Die verlange is baie groot. Jy word elke dag gemis. Ek weet jy is beter waar jy nou is. Sag rus. Van: Sophia Pietersen (Slikkie)
CHRISTINA ARENDSE – 8 Junie het u die aarde verlaat. Ons mis u so baie, maar ons gun u die rus. Rus in vrede. Van: Magdalene, Janine, Allister en Janicke
man-woonstel in die middedorp onmiddellik beskikbaar – R3 000,00 per maand plus deposito. Kontak Marlene 022 48 21101 Jou tweede verjaarsdag in die helmel, en jy vier jou 30ste verjaarsdag saam die engele. Die vermisting is nog baie groot en daar gaan nie ‘n dag verby wat ons nie van jou praat nie. Liefde - Daddy, Mommy, kinders en res van Otto gesin
VAKTURE BULLETIN OPWINDENDE GELEENTHEID VIR MENSE WAT ’N VERSKIL WIL MAAK DEPARTEMENT GESONDHEID EN WELSTAND
SWARTLAND HOSPITAAL
ADMINISTRASIE-KLERK: AANBODKETTINGBESTUUR (VERVOER) Vergoeding: R176 310 per jaar Doen aanlyn aansoek by www.westerncape.gov.za/health-jobs (klik op “online applications”). Die Wes-Kaapse Regering word deur die beginsels van Diensbillikheid gelei. Kandidate wat gestremd is, word aangemoedig om aansoek te doen en ’n aanduiding in hierdie verband sal waardeer word.
DINAH LINKS – 10 Junie is u twee jaar van ons af weg. U was vir ons goud werd. Ons mis u verskriklik elke dag. God troos ons vandag. Rus in vrede. Van: Magdalene, Janine, Allister en Janike
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.
Superintendent (Bestuurderlisensietoetssentrum, Voertuigtoetssentrum en Openbare Vervoer) Malmesbury Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V13/22 • Salarisskaal: R341 580 – R443 376 p.j. (T12)
Ondersoeker van Motorvoertuie (Graad A) Moorreesburg Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verwysingsnommer: V14/22 • Salarisskaal: R217 692 - R282 564 p.j. (T9)
Loodgieter Darling Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V15/22 • Salarisskaal: R245 112 – R318 132 p.j. (T10) Sluitingsdatum: 17 Junie 2022 om 12:00
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
TE HUUR Malmesbury - Een-
MEMORIUM In Memoriam
145497
PO SI T I VE A B OU T PE OPLE WI T H DI S A BI LI T I E S
Sluitingsdatum: 27 Junie 2022
145495 Swartland Joernaal www.ayandambanga.co.za
8
8 Junie 2022
W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 121 • 8 Junie 2022
Nel en span op pad Rugbyvoorskou: Wesbank buig die knie in Lillie-land na CrossFit-spele
Lize Nel, Damian Burns, Jaco Brits en Mariska Smit neem eersdaags in Amerika deel aan die CrossFit-wêreldspele. Lize Nel, oud-Rockie en inwoner van Malmesbury, neem eersdaags aan die CrossFit-wêreldkampioenskappe in Madison, Wisconsin in Amerika deel van 3 tot 8 Augustus. Haar span, wat bestaan uit haarself, haar eggenoot Damian Burns, Jaco Brits en Mariska Smit, is die enigste span van Afrika wat hiervoor kon kwalifiseer. Mariska is ook die kontinent se fiksste vrou. Die kombinasie is die mees ervare span wat Suid-Afrika nog by dié spele verteenwoordig het. Lize het aan dié sportsoort begin deelneem in 2013, toe sy op universiteit was. "Nadat ek ophou aan skoolsport deelneem het, was daar 'n leemte en draf of gewone gym, het nie vir my die satisfaksie gegee nie. Ek het ook 'n paar kilogram opgetel en toe ontdek ek CrossFit. Dit was toe nog 'n nuwe sport in SA, maar ek was onmiddellik mal daaroor. Elke dag was 'n nuwe challenge en ek kon my kompeterende kant uitleef en weer aan spansport deelneem. Damian het op universiteit rugby gespeel en toe liggaamsbou gedoen. Nadat ons ontmoet het in 2018, het ek hom in 2019 uiteindelik oorreed om dit te probeer. Nes ek, was hy onmiddellik mal daaroor en kon weer al sy spansport drome uitleef." Vir Lize is die sport opwindend en uitdagend. "Elke dag is anders. Dit raak nooit vervelig nie. Daar is ook 'n groot sosiale aspek. "Alles vind plaas in 'n klas-formaat, so jy gesels, lag en kry saam swaar met die ander mense met wie jy iets in gemeen het. Almal is ook welkom. "Maak nie saak van jou ouderdom of liggaamsbou nie," vertel sy. Volgens Lize het dit haar geleer hoe om swaar te kry en steeds vas te byt. "Dit het my geleer dat jy enigiets kan regkry as jy die werk insit. Dit het ook vir my baie selfvertroue gegee - ek voel goed oor myself so dit verbeter my sosiale asook my professionele lewe." Die CrossFit-seisoen begin met die Ope wat uit drie oefensessies bestaan wat strek oor drie weke in Februarie. Hier het hulle die eersteplek as 'n span be-
haal. Dit is aanlyn en enigiemand kan daaraan deelneem. Daar was vanjaar 300 000 deelnemers wêreldwyd wat hieraan deelgeneem het. Daarna word slegs die top 10% gekeur om deur te dring na die kwarteindstryd om sodoende te probeer kwalifiseer vir die semifinaal. Hier word slegs die top 20 mans, vroue en spanne toegelaat. Hier het dié span ook die eerste plek behaal. Verlede naweek het die span aan die semifinaal in Stellenbosch op Coetzenburg deelgeneem. Oor die drie dae moes hulle ses oefensessies doen wat fiksheid, krag, gimnastiek, spanwerk en meer getoets het. Die span met die meeste punte aan die einde van die naweek, is die wenner. Wêreldwyd is daar net 40 mans, vroue en spanne wat deelneem vir die wêreldspele. Die sport is nog relatief nuut in Suid-Afrika en geniet nie baie blootstelling nie. Daarom het die span ook nie borge om hul finansieel te ondersteun in hul tog na Amerika nie. Om hier te gaan deelneem, kos elke deelnemer sowat R60 000. "Dit moet uit ons elkeen se eie sak kom, so enige hulp en ondersteuning is baie welkom!" Die groep oefen tans by Time2Train op Malmesbury en CrossFit Commit Okavango in Brackenfell. "CrossFit se doel om fiks, sterk en gesond te word en jou alledaagse lewe te verbeter. Crossfit is 'n krag- en kondisioneringsprogram wat verskillende style in een oefensessie kombineer. Ons kombineer byvoorbeeld die beste van gimnastiek, kettlebell/dumbbell-oefening, Olimpic weightlifting, powerlifting en allerhande uithouvermoë-oefeninge. "Danksy hierdie wye verskeidenheid bewegings verbeter ons al 10 sones van ons fiksheid. Die doel is om nie te spesialiseer nie. Deur die mees algemene fiksheid moontlik ontwikkel, berei jy jouself voor vir watter taak ook al op jou wag," vertel Lize. Die groep word afgerig deur Gerhard van der Merwe van CrossFit PBM in Pretoria.
Die onoorwonne Abbotsdale RVK het Saterdag gasheer gespeel vir Wesbank RVK in Abbotsdale en toeskouers van beide klubs was onthaal met ‘n opwindende wedstryd wat letterlik beskou kan word as ‘n wedstryd van twee helftes. Die wedstryd het teen ‘n reuse tempo begin met veral die voorspelers van beide spanne wat behoorlik onder mekaar ingeklim het. Abbotsdale, met die wind agter hul seile, kon hul gebiedsvoordeel in punte omskep met ‘n strafskop en twee skepdoele deur hul klein Generaal Wiam Syster wie hierdie seisoen kookwater rugby speel. Wesbank het hul hand oorspeel met swak hanteerwerk en swak lynstaanwerk maar het verwoed terug geveg. Gemoedere het ook hoog geloop tussen spanne en Milroy Isaacs van Abbotsdale en Jacquin Fortuin van Wesbank was gestraf met geelkaarte. Dit was egter Abbotsdale wat kort voor rustyd eerste bloed geruik het toe sy nommer 8 Brandon Koopman gaan druk het. Syster het toe die manne gestuur om te gaan rus met ‘n doelskop om die telling 16-0 te maak in die guns van die tuisspan. Na rustyd het Sir Dashton Wellman, Wesbank met slim taktiese spel op die voorvoet gehou. Wesbank was tweede helfte die beter span en het terug geslaan met drie drieë deur Hendrik Mattheusen, Leonell Pietersen en Bryson Albertus en ook ‘n doelskop om die telling 16-17 te maak in die guns van die besoekers. Met die afskop het Abbotsdale egter n strafskop gekry vir onkantspel en Die Generaal Wiam Syster het met die strafskop geslaag om die wedstryd te beklink vir Lillies met 19-17. Abbotsdale het dus sy onoorwonne status behou en sal met groot selfvertroue finaal wil wys dat hul die groot gunsteling is vir die titel hierdie seisoen wanneer hulle die verdedigende kampioen Darling RVK aanvat. Darling moes Saterdag hard veg om Saron op sy tuiste te klop. Die besoekers het ‘n paar benoude oomblikke beleef maar het koelkop gebly en geslaag met drieë deur JP Smith (2), Jaden Lewis, Hubert Cleophas, Gerrit Carolus en Ryle Daniels. Earl Lewis se dodelike skopvoet was egter gemis op die dag nadat slegs twee drieë verdoel was. Saron RVK was baie goed op die dag en die wedstryd was in die weegskaal tot met die einde. Darling het egter ‘n broodnodige 5 punte opgetel wat hom steeds in die wedloop om die gesogde titel plaas. Abbotsdale RVK sal egter hierdie hoop wil beëindig die komende Saterdag en finaal sy stempel afdruk op die Liga deur Darling in ‘n naelskraap wedstryd met minder as 7 punte te klop. Moorreesburg RVK het Saterdag straf uitgedeel op “Die Hof” in Moorreesburg toe hy Porterville RVK met ‘n bonuspunt oorwinning geklop het. Die wedstryd op Moorreesburg was ook ‘n wedstryd van twee helftes en Porterville het vroeg in die wedstryd die druk toegepas op Moorreesburg. Moorreesburg het egter vuur met vuur geveg en ook hul ritme begin vind om Porterville se wiele te laat pap raak. Die tuisspan het die wedstryd voor en agterlangs begin domineer met die voorspelers Wilhelm Oktober, William Adonis en Charlton King wat die grondslag gelê het vir hul agterspelers om te baljaar. Die losskakel Emile Baron het ook die spel goed dikteer en goeie grondgebied vir die tuisspan
bewerkstellig met sy taktiese spel. Die wedstryd was nog tot laat in die tweede helfte in die weegskaal maar ‘n goeie breekslag deur die slot William Adonis, wat sy vaart en kragspel ten toon gestel het, het die momentum in Moorreesburg RVK se guns geswaai. Die vlugvoetige vleuel het laat in die wedstryd Moorreesburg se bonuspunt drie gaan druk. Ander drieë was deur Jehann Bonn, wat week na week uitmuntende rugby speel, en ook Christo Januarie gedruk. Jehann Bonn het 3 van die 4 drieë verdoel en ook ‘n strafdoel behaal. Porterville RVK kan baie uit die wedstryd neem en hulle het hulle goed van hul taak gekwyt. Moorreesburg RVK was egter te goed op die dag en sal Saterdag met groot selfvertroue na Koringberg RVK reis. Koringberg RVK sit tans met sak en as met 7 verlore uit 7 wedstryde nadt hulle die vorige Saterdag teen Wittewater Villagers RVK vasgeval het. Die wedstryd wat op Piketberg gespeel was het met n hoë tempo begin en beide spanne wou gesag afdwing met die houtlepel op die spel. Wittewater het egter eerste gaan druk om momentum te bou en het ook die vaste fasette oorheers. Jaque Adams van Wittewater het egter groot kopsorge aan Koringberg met sy kragspel wat meters vir Wittewater gewen het, voordat die spanne strafskoppe uitgeruil het. Koringberg het kort voor rustyd ook gaan druk om die telling 15-8 te maak in die guns van Wittewater. In die tweede helfte het beide spanne weer hard onder mekaar ingeklim. Beide spanne was egter sterk op verdediging en Wittewater kon slegs slaag met twee strafskoppe om die wedstryd te beklink 21-8. Koringberg se berg raak al hoe groter om te klim en hulle sal weet dat Moorreesburg geen genade sal toon wanneer hulle Saterdag die koring verder van die kaf wil skei. Moorreesburg behoort hul momentum te behou en Koringberg te klop met meer as 10 punte. Good Hopes RVK speel Saterdag gasheer vir Wittewater Villagers en sal wil voortbou op sy wedstryd verlede naweek teen Never Despair toe die besoekers eers laat in die wedstryd vir Good Hopes kon klop met 26-24. Good Hopes se drieë was gedruk deur Alwin Amerika en Ryan Horn en Reagan Matala het geslaag met 1 doelskop en 4 strafskoppe. Die voorspelers het goed opgeweeg teen meka ar en die wedstryd was in die weegskaal tot en met die laaste minute. Die flank Adlo Mentoor en Agsteman Fernando Poedel het weer kookwater rugby opgedis vir Good Hopes en agterlangs het Ryan Horn en Durwin Fortuin gedurig Never Despairs se verdediging aan die raai gehad. Good Hopes sal dus wil opmaak vir hul loesing deur Wittewater Villagers Saterdag te klop met meer as 7 punte. In ander wedstryde speel Wesbank Saterdag teen Saron en behoort weer op die wenpad te kop om Saron te klop met meer as 10 punte. Never Despairs reis na Porterville en behoort ook genoeg skietgoed te om die tuisspan met minder as 10 punte te klop. Hierdie week se wedstryde behoort weer vol aksie en opwinding te wees en toeskouers kan hul gereed maak vir ‘n paar moontlike opskuddings. Veral met 4 spanne wat dit tans uitveg om saam Abbotsdale RVK die eerste rondte in die twee top posisies te eindig en momentum te bou vir die tweede rondte. •Abri Adonis
Uitslae • Results
Duiwe wedvlugte
OMEGA Racing Pigeon Club Laingsburg 1 1 Manuel Lofts 12.42.07; 2 Team Neo Vision 12.43.06; 3 Team Neo Vision 12.44.36; 4 Team Neo Vision 12.44.44; 5 Manuel Lofts 12.45.13; 6 Kasu Family 12.46.18; 7 Kasu Family 12.47.36; 8 Kasu Family 12.48.50; 9 Garrick Hill 12.49.55; 10 Team Neo Vision 12.50.05; 11 Manuel Lofts 12.50.06; 12 Manuel Lofts 12.50.07; 13 Shane Arendse 12.50.36; 14 Shane Arendse 12.50.37; 15 Garrick Hill 12.51.25 RIEBEEK VALLEY Laingsburg 1 Mentoor Hokke 12.35.25; 2 Mentoor Hokke 12.40.21; 3 Adams Hokke 12.48.14; 4 MJ Hokke 12.48.17; 5 Adams Hokke 12.48.31; 6 Pigeons Nest 42 12.48.40; 7 Boltney Hokke 12.50.04; 8 Alex Family 12.51.20; 9 Mentoor Hokke 12.51.16; 10 Mentoor Hokke 12.51.17; 11 Mentoor Hokke 12.51.42; 12 Alex Family Lofts 12.53.32; 13 Adams Hokke 12.54.40; 14
Adams Hokke 12.55.09; 15 Adams Hokke 12.56.24; 16 Kuiler Hokke 12.55.22; 17 Adams Hokke 12.57.32; 18 James Hokke 12.58.08; 19 Alex Family Lofts 12.59.14; 20 MJ Hokke 12.58.32 NETBAL - 4 JUNIE WEDSTRYDE CITRUSDAL UITSLAE: B2 liga Matzis wen Swartland Community Trust 59 -30 Piketberg wen Young Citerians A 46 – 33 Piketberg wen SWartland Community Trust 43 -28 C1 en C2 liga Young Cities A wen Piketberg B 15 -9 Young Blues A wen Piketberg B 11-5 Young Cities A wen Majestics 18 – 13 D-liga Eendekuil B wen Young diggers 26 -2 Langebaan C wen Young Cities B 19 -13 Eendekuil B wen Young Cities B 16 -12 Langebaan C wen Young Blues B 41 – 0 Young Citerians B wen Vanrhynsdorp 17 - 4