Skip to main content

Swartland Joernaal Uitgawe 116 4 Mei 2022

Page 1

1

Gratis • Free

4 May 2022

Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 116

Granate groei goed Ons het die granaat-boerdery op Moorreesburg ondersoek en gaan kersopsteek by die kenners. Lees meer van Cobus van der Merwe se ervaringe op bladsy 2.

4 Mei 2022


2

4 Mei 2022

Granaatboerdery groei goed in die Swartland Moorreesburg is in die hartjie van die Swartland geleë, wat bekend is vir graan produksie, skaap-, wol- en kanola-boerdery. Wingerd-boerdery wissel die graanlande af. Dit was dus vir my ongewoon om te verneem van ‘n intensiewe granaatboerdery net buite Moorreesburg. Moorreesburg is nie naby besproeiingsbronne geleë nie en granaataanplantings benodig genoegsaam water om optimaal te produseer. Ek het by Altus en Marinda de Villiers op hulle plaas, Klein Constantia, buite Moorreesburg, gaan kuier om die storie van hulle granaatboerdery te verneem. Met my aankoms op die plaas Saterdagoggend so teen 08:00, is ek vriendelik ontvang deur Marinda. Hulle is besig om te oes en ek het net mooi in die regte tydgleuf van albei die seisoen en die dag daar aangekom. Oestyd is gedurende April en duur ongeveer drie tot vier weke. Die oes was vanjaar laat en hulle is in hulle laaste week van oestyd. Daar is ‘n drie weke vensterperiode in die mark vir Suid Afrikaanse produkte om optimale pryse te kry. Wanneer dit gemis word, is die markprys aansienlik laer. Die werkers is besig om die granate te sorteer en te klas voordat die vragmotor teen 10:00 die vrag kom laai na ‘n verpakking en verspreiding aanleg in Wellington. Daarvandaan word van die granate verskeep na uitvoermarkte. Van die granate word na Blue Skies in Balfour, Mpumalanga, gestuur, waar dit in “punnets” verpak word saam met ‘n verskeidenheid van ander vrugte soorte. Dit word per vliegtuig versend na die eindverbruiker afsetpunte in Europa, Ghana en Egipte. Daar is nogal heelwat uitskotvrugte. Die naaste sapaanleg wat dit kan verwerk, is op Wolseley. Die koste verbonde aan die huur van die houers en vervoer, maak dit nie lonend om die uitskot te laat versap nie. Die skape op Klein Constantia is dus ook uniek. Hulle word met uitskot granate gevoer en dit akkordeer skynbaar baie goed met hulle. Die werkers verwyder die stuifmeelstingels uit die kroontjies van die granate met ‘n suig masjien wat Altus self ontwerp en gebou het.

In ander streke van die land waar granate geproduseer word, is stinkluise (macchiademus diplopterus) nie ‘n risiko vir die produk nie, maar wel in die Swartland. Deur die kroontjies van die granate skoon te suig, word potensiële stinkluis-infestasie saam met die stuifmeelstingels verwyder en dit dra by tot ‘n verlengde rakleeftyd van die uitvoerproduk. Altus het vir jare lank in die landbousektorgewerk en later sy eie onderneming begin wat betonblaaie giet vir industriële tipe geboue, veral vir landbou-gebruik. Dit is steeds sy primêre besigheid. Ek verneem by Marinda dat Altus vier maande gelede ernstige beserings opgedoen het toe ‘n boomstomp hom raak geval het. Hy was vir bykans drie maande uit aksie en Marinda en haar kinders moes inspring om die boerdery aan die gang te hou. Hy het maar onlangs weer begin raakvat op die plaas. Ongeag die terugslag, is Altus ‘n bedrywige man. Hy is besig om waterfiltreerders te spoel, hy gee instruksies aan die werkers en hy staan ‘n landboubemarkingsverteenwoordiger te woord so tussen my besoek deur, terwyl hy ook nog sy oog op die waterstelsel moet hou. Die plaas is klein in terme van Swartland plase en nie regtig ekonomies doeltreffend vir ander streekverwante boerdery-tipes nie. Daar is egter ‘n baie sterk en standhoudende boorgat, maar die water is brak. Om enigsins die water vir besproeiing te gebruik, was dit nodig om ‘n groot tru-osmose aanleg op te rig. Die gefiltreerde water word in opgaartenks gehou en verryk met bemesting middels soos wat besproeiing na die boorde toegedien word. Tru-osmose is ‘n koste intensiewe proses met ‘n hoë elektrisiteitsverbruik. Water is dus ‘n duur boerderykomponent. Ek ry saam met Altus die boord in en hy vertel my van die plaas en die boerdery. Hy het groot geword op ‘n vee en melkplaas en wou nog altyd graag boer. In 2001 het hy toevallig op die plaas afgekom toe hy ‘n veiling bygewoon het met die doel om iets heeltemal

Altus en Marinda De Villiers op hulle plaas, Klein Constantia.

anders te koop. Hy het na die veiling ‘n aanbod vir die grond gemaak, wat aanvaar is. Die eerste granaatbome is gedurende 2009 op die plaas aangeplant. Aanvanklik het hulle begin deur drie verskillende kultivars aan te plant. Sommige van daardie kultivars lewer pragtige mooi rooi vrugte en dit het ‘n baie lekker soet smaak. Dit is egter nie geskik vir die uitvoermark nie, omdat die rakleeftyd nie lank genoeg is nie. Dit was dus ‘n leerproses wat hulle moes deurgaan met die gepaardgaande skoolgeld daaraan verbonde. Hulle het die meeste van die aanvanklike bome uitgehaal en fokus nou slegs op een kultivar wat optimaal is vir die uitvoermark. Dit duur ongeveer drie jaar vir ‘n granaatboom om bemarkbare gehalte vrugte te lewer. Moorreesburg se klimaatskommelings is ‘n uitdaging vir granaatboerdery. Die geweldige hoë somertemperature en die skielike afkoel, reën en koel weer, veroorsaak dat die granate oopbars. Altus was die eerste boer in Suid Afrika om nette oor granaatbome te sit. Dit behaal uitstekende resultate. Produk oes van bome onder die nette is ongeveer vier keer beter as bome wat nie onder nette is nie.

Dit kom egter nie sonder uitdagings nie. In ‘n meer onlangse blok waar nuwe Italiaanse tipe skuif-nette met groot koste aangebring is, skeur die nette en dit blyk asof die kwaliteit daarvan nie geskik is vir die klimaat toestande nie. Daarteenoor staan ‘n ander verskaffer se nette reeds meer as vyf jaar sonder enige skade. Bye word gebruik om die vrugte bloeisels gedurende September maande te bestuif. Wanneer die bye werk, moet die nette oop wees sodat die bye kan op vlieg. Indien die net bedekking toe bly, vlieg die bye daarteen vas en raak verward. Hulle val dan grond toe en gaan dood. Ek ry saam met Altus terug na die werf en skielik is alles rustig. Die werkers is almal weg en die dag se werk kwota is afgehandel voordat die vragmotor om 10:00 kom laai. Ons stap huis toe en drink ‘n lekker koffietjie saam voordat ek vertrek. Ek ry daar weg en is dankbaar vir die voorreg om te kon kuier by ondernemende mense wat bereid is om te waag en deur te voer waarmee hulle begin het. Hulle verdien sukses. Cobus van der Merwe - FB: Ontdek Moorreesburg / Discover Moorreesburg


4 May 2022

Furlo doen sy deel vir navorsing Sondag is dit weer tyd vir die Wings of Life Wêreldren en Furlo Theron van Malmesbury daag al die Swartlanders uit om aan hierdie virtuele resies deel te neem. Wat hierdie anders maak, is dat al die deelnemers regoor die wêreld op dieselfde tyd wegspring. 'n Halfuur hierna, spring die virtuele najaag-voertuig weg en gaan deelnemers een vir een verby. En dit alles deur middel van jou slimfoon en 'n toep! Alle fondse wat hierdeur ingesamel word, word aan navorsing vir ruggraat-beserings en behandeling geskenk. Na afloop sal jy ook 'n sertifikaat en medalje ontvang. Al is jy 'n gesoute atleet, gebonde aan 'n rolstoel of selfs net 'n sosiale drawwer - dan is hierdie prettige goeie doel net vir jou! Hier hardloop ander vir diegene wat nie kan nie. Deur die toep stel jy vir jouself 'n afstand op wat jy graag wil voltooi. Jou slimfoon sal dan deur GPS-volging jou afstand meet en in die toep plaas. Sodra jy jou afstand bereik het, is jou resies verby. Jy kan al rondom jou huis hardloop of stap, of die hond vat vir 'n lekker stappie, of dit saam met die gesin doen. Dis vir 'n goeie doel. Furlo gaan self vanjaar weer hieraan deel-

neem - in sy rolstoel. "Ek wil graag 'n bydrae lewer tot mense soos ek wat hierdie beserings opgedoen het. Dis nie te sê dat daar iets in my leeftyd daaraan gedoen sal kan word nie, maar dalk in iemand anders se leeftyd sal my bydrae 'n verskil kan maak," vertel Furlo. Hy daag alle Swartlanders uit om die Wings For Life-toep af te laai, hul R200-inskrywingsfooi te betaal - wat alles geskenk word aan navorsing - en so 'n verskil te maak. Besoek www.wingsforlifeworldrun.com of skakel Furlo by 071 682 6107 na 12:30 smiddae, vir meer inligting.

3


4

4 Mei 2022

Die eerste Swartland Sosiaal-wynfees is die naweek op Moorreesburg aangebied. Hier is wyne van verskillende kelders te proe aangebied. Die fees is die eerste van sy soort vir die dorp en die organiseerders voorspel dat daar nog vele sulke nuwe feeste sal plaasvind.

Eagles:

Die rugbyspan van die Flying Eagles het Saterdag met hulle nuwe opwarmingshempde gespog. Die hempde is deur Gustav Erlank van Auto Services Malmesbury aan die ondervoorsitter van die klub, Gaylinth Hasen, oorhandig. Die Flying Eagles het Saterdag teen Broodkraal gespeel. Die A-span het met 36-16 geseëvier en die B-span het met 'n wen van 13-12 van die veld geloop.

So lyk die damvlakke van die Wes-Kaap

Die sportspanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het verlede week kragte gemeet teen die spanne van DF Malan. Die eerste netbalspan het met 34-21 gewen. Onder is die o.19B-rugbyspan in aksie teen DF Malan. Die span het 12-3 gewen.


4 May 2022

5


6

4 Mei 2022

Drawwers vat die pad vir Jo Dolphin Ywerige drawwers, stappers en ander entoesiaste en ondersteuners van die Jo Dolphin-sorgsentrum op Malmesbury, het Woensdag by Meerhof Kelder bymekaar gekom om 'n afstand van 4.6km af te lê in 'n fondsinsamelingsinisiatief ten bate van dié organisasie.

Dr DF Wege het op 89-jarige ouderdom ook die afstand voltooi.

In die volwasse-afdeling het Johan Alberts - middel agter - die afstand in 19.49 minute voltooi, gevolg deur Jason Roodt - links agter - en Jaco Geldenhuys - regs agter. In die afdeling vir die jongspan het JJ Geldenhuys - middel voor - 'n eerste plek behaal met 'n tyd van 21:04. Hy is gevolg deur Tafadzwa Mashizha - regs voor - en Alwyn Esterhuizen - links voor.

Die groep jong drawwers het ook hul ondersteuning getoon.

Jano van der Merwe, wat deel van die Jo Dolphin-sentrum was, is onthou deur stappers wat in sy naam deelgeneem het. Hier is hulle saam met Jano se ouers, Annabelle en Jaco van der Merwe. Furlo Theron, parapleeg van Malmesbury, het ook die inisiatief ondersteun in sy rolstoel. Hier word hy ondersteun deur Hilletje Wiehann. Die duo is die meesterbrein agter Grace Clothing and Aids wat spesialis-klerasie en toerusting verskaf en ontwerp vir diegene wat liggaamlik gestremd is.

Die deelnemers het vroeg op Vryheidsdag byeengekom om hul plek by die wegspring by Meerhof Kelder in te neem vir Jo Dolphin se pretdraf.

Hierdie bladsye is geborg deur:


4 May 2022 TE HUUR To Let Malmesbury - Huis te huur in sentraal dorp - 3 slaapkamers, 2 badkamers, eet- en sitkamer, braaikamer, tuin met motorhuis teen R8500,00 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak eienaar 0646578277 GELUKWENSING Congratulations

26 April - SAMUEL BEUKES - Baie geluk op jou 60ste verjaarsdag. Geniet jou dag – Vrou, kinders. kleinkinders & Lions Domino klub

30 April RENE CHANTALL AFRIKA - Baie geluk met jou eerste verjaardag saam ons. Ons is baie lief vir jou - Mamma, Pappa en Boeta

MEMORIUM In Memoraim

ELWINO CUPIDO Baie geluk met jou verjaarsdag op 2 Mei. Ma is oneindig baie lief vir jou. Ek hoop jy geniet die dag en mag die Here jou seën op die spesiale dag. Van: jou Ma, suster en 3 broers

7 Mei - Baie geluk met jou verjaarsdag KIHARA, ouma se blompot en babbelbekkie. Mag God jou ryklik seën met goeie gesondheid. Baie lief vir jou. Van: Ouma, Oupa en almal in die huis

LUCELLE ADELAIDE VAN ROOY (CAROLUS) 05:05:1971 - 16:07:2003. Vandag vier jy jou 19de verjaarsdag saam met die engele in die Hemel. Die vermisting is nogsteeds baie groot, maar berus ons in die Here se wil. Alles voel nog so onwerklik. Mis die partytjies, jou grappe en glimlag nog elke dag. Rus in vrede, tot ons weer ontmoet. Van: Esterlita, Lu-Hein, Jaydin, Haig

CHESTER STUURMAN – 6 Mei – Ek laat vir jou die trooster na om vir julle te leer en te lei. Jou vyfde verjaarsdag in die hemel. Van: Ma en familie

9 Mei - VERONIQUE BARNES – Baie geluk my blompot met jou 18de verjaardag. Alles wat mooi is. Liefde – Ma Lea

MARGARET PETERS - 4 Mei Jou tweede verjaardag in die hemel

met die engele. Jy wod gemis. Baie liefde - AWF Gemeente Abbotsdale

7


8

4 Mei 2022

W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 116 • 4 Mei 2022

In Malmesbury word die vredespyp weer ter syde gesit vir die week terwyl gemoedere hoog loop tussen vriende, familie, kennisse en kollegas. Dit het alles te doen met een van die grootste Derby wedstryde op die Boland kalender wanneer Wesbank RVK gasheer speel vir Never Despairs RVK. Beide spanne is tans goed op dreef en het in die eerste twee rondtes maksimum punte behaal. Hierdie wedstryd lewer gewoonlik hope vermaak vir die inwoners van Malmesbury asook besoekers. Beide spanne spog met jong talent asook gesoute harde baarde wat vir ‘n groot opskudding kan sorg. Never Despair het verlede Saterdag weereens gewys hoekom hulle hierdie jaar ernstig opgeneem moet word deur Moorreesburg RVK met n bonuspunt te klop. Wesbank het op sy beurt geen genade getoon aan Good Hopes RVK nie. Die wedstryd tussen Wesbank RVK en Good Hopes RVK was baie fisies en in die eerste helfte was beide kante se verdediging topklas en die manne het gaan water drink rustyd met die telling 10 – 5 in Wesbank RVK se guns. Wesbank RVK se afrigters het egter baie hard gepraat rustyd met Wesbank RVK wie die krane oopgedraai het in die tweede helfte met die Swartland Streek se voorste driedrukker Reduwaan April aan die spits. April het elke keer Good Hopes RVK se verdediging laat rontstaan as hy met die bal in die hand gehardloop het. Wesbank was ook baie goed op verdediging met Good Hopes RVK wat geen punte kon aanteken in die tweede helfte nie. Wesbank RVK speel weer goeie hardloop rugby behoort die knoop net net deur te haak teen Never Despair met n oorwinning van minder as 7 punte. Abbotsdale RVK speel Saterdag gasheer vir Porterville wat net nie sy enjin aan die gang kan kry hierdie seisoen nie. Abbotsdale RVK lyk goed op dreef en hulle het ook sover maksimum punte behaal in hul eerste twee wedstryde. Saterdag het hulle weereens gewys dat hulle een van die groot aanspraakmakers is hierdie seisoen deur Koringberg RVK ‘n goeie rugby les op te sê. Koringberg RVK het geen antwoorde gehad vir Abbotsdale RVK se hardloop rugby en inklimspel nie. Dit is moeilik om te sien hoe Porterville hierdie sterbelaaide Abbotsdale RVK span gaan klop op sy tuisveld. Abbotsdale behoort hierdie wedstryd gemaklik te wen met meer as 10 punte. Wittewater Villagers RVK reis hierdie naweek na Moorresburg RVK opsoek na sy eerste oorwinning in die Groot Uitdaag Beker-kompetisie. Moorreesburg RVK is egter vasbeslote om weer op die wenpad te kom na sy nederlaag teen Never Despair die vorige Saterdag. Moorreesburg RVK kon Saterdag in die eerste helfte nie voortbou op sy goeie hardloop rugby van die vorige naweek nie, en het bietjie rigtingloos gelyk met die bal in die hand. Die begin van die tweede helfte kon hulle ook nie baie uitrig op verdediging nie en Never Despairs het hul foute goed uitgebuit. Dit is egter die plaasvervangers Jaydon Markus en Hannes Morris wat Moorreesburg laat in die wedstryd te inspireer met n terugvegpoging.

Groot derby wag

Never Despair van Malmesbury het die afgelope naweek met Moorreesburg afgereken in die Groot Uitdaag-kompetisie van Boland Rugby-unie. Never Despair het met 32-18 koning gekraai. Foto: David Howburg Die uurglas het egter reeds uitgeloop vir die besoekers en Never Despairs kon koning kraai met ‘n bonus punt oorwinning. Moorreesburg RVK kan hulself oor die vingers tik vir hierdie loesing en sal sy frustasies hierdie week op Wittewater Villagers RVK uithaal. Moorreesburg is gewoonlik baie goed op sy tuisveld maar Wittewater Villagers sal goeie kompetisie wil oplewer. Moorreesburg RVK sal egter Wittewater Villagers RVK vir ten minste nog ‘n week laat wag vir hul eerste oorwinning deur die besoekers te klop met meer as 10 punte. Na twee nederlae in hul eerste twee wedstryde, reis die span van Koringberg RVK Saterdag na Saron. Saron het verlede Saterdag hul eerste oorwinning behaal in hierdie kompetisie en sal wil voortbou op hul goeie vertoning teen Wittewater Villagers RVK. Koringberg RVK raak egter desperaat vir hul eerste oorwinning en sal oorgehaal wees om vir n opskudding te sorg. Koringberg RVK sal veral hierdie week hard skaaf aan sy

verdediging wat in die vorige wedstryd teen Abbotsdale RVK uiters swak was. Saron RVK is egter ‘n moeilike kalant op sy tuisveld en die wedstryd behoort in die weegskaal te wees hierdie week. Koringberg RVK het in die vorige seisoen gewys dat hy altyd op enige Saterdag n verrasingspakket kan uitpluk met ‘n opskudding en ek vermoed dat hierdie Saterdag Koringberg RVK se dag sal wees wannneer hulle Saron RVK sal klop met minder as 7 punte. Nog ‘n groot wedstryd word op Darling beslis wanneer Good Hopes RVK besoek gaan aflê by die verdedigende Kampioen. Darling het verlede naweek nog ‘n bonuspunt oorwinning behaal toe hy Porterville RVK op sy tuisveld geklop het. Darling was in beheer van wedstryd in die eerste helfte maar kon nie afrond nie. Met rustyd was Darling met slegs 3 – 14 voor. Porterville het in die tweede helfte baie goed begin en twee vinnige drieë gaan druk om die voortou te neem met 15 – 14. Darling het egter kalm gebly en sy ritme gevind om ‘n verdere vier drieë te gaan druk met die ystermanne

Wildon Marsh wie twee van sy span se drieë gaan druk het, aan die spits. Good Hopes RVK wie opsoek is na sy eerste oorwinning van die seisoen weet dat dit sal baie verg om Darling RVK op sy tuisveld te klop. Good Hopes RVK het verlede Saterdag groot karakter getoon teen Wesbank RVK en sal baie uit die wedstryd neem met sy goeie spel tussen voor en agterspelers en was beloon met n drie deur Caylo Markus. Good Hopes RVK kon egter nie weer Wesbank RVK se goeie verdediging breek nie en Good Hopes RVK het net nie antwoorde gehad in die tweede helfte teen Wesbank RVK nie. Dit gaan baie moeilik wees vir Good Hopes RVK om Darling RVK te stuit en die tuisspan behoort die besoekers te klop met meer as 7 punte. Ons sien weereens uit na n naweek van klipharde rugby in die Swartand Groot Uitdaag Beker. Sterkte aan al die spanne met hul voorbereiding vir die wedstryde. Abri Adonis


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook