Uitgawe 115 27 April 2022

Page 1

1

Gratis • Free

27 April 2022

Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 115

27 April 2022

R3.5m vir baken

Die voorheen International Hotel-perseel in Hoofstraat, Moorreesburg, is een van die statige ou geboue van die omgewing met 'n skatkis van historiese geskiedenis en karakter. Dit wek goeie herinneringe op by sommige ouer Moorreesburgers. Hierdie baken is nou in die mark vir R3.5 miljoen. Die hotel is in die tydperk voor die tweede

wêreld oorlog gebou toe baie Joodse gesinne hulle in Suid-Afrika kom vestig het. Gedurende daardie tyd, het die Joodse gemeenskap 'n aansienlike bydrae gemaak tot die sake-ontwikkeling, veral in die platteland. Die hotel het oorspronklik aan die Joodse sakeman, Mnr. East behoort. Die East- gesin het twee kinders, Norman East en Saul East gehad. Albei van die kinders het op Moorreesburg skool

gegaan. Die jonger East-geslag het nie belang gestel om die besigheid van hulle ouers oor te neem nie. Dit het daartoe gelei dat die hotel in die vroeg vyftiger jare verkoop is aan Sammy en Bertha Katz. Sammy was 'n familielid van Jo Katz. Jo en sy vrou Pearl het die ander hotel op die dorp, in daardie jare bekend as die Royal Hotel bedryf. Vervolg op 3

JUST A BEEP AWAY Contact Us Now To List Your Business

Food, Groceries, Liquor, Butcheries, Pet Shops, Take-Aways & MUCH MORE

Annelize

081-564-1007

www.beepadelivery.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.