Swartland Joernaal Uitgawe 10 Mei 2023

Page 1

Redevelopment of historic icon

1 10 Mei 2023 Nuus met 'n verskil W/A: 061 555 0344 Tel: 076 844 0014 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 167 Gratis • Free
The Percipient Group recently undertook the redevelopment of the historic Kasteelberg Inn into the vibrant new Kasteelberg Place, which was done in accordance with responsible property development best practices. Here is Mark Tame, Sandra Bester and Will Kleinschmidt in front of the historical property. Read more on page 3.

Watter vakkeuses is die beste vir jou kind?

Aan die einde van die graad 9 leerder se akademiese jaar moet hy of sy vakke kies vir die laaste fase van hul skoolloopbaan, naamlik graad 10, 11 en 12.

Die maak van 'n vakkeuse is 'n uitdagende taak en het verreikende gevolge vir daaropvolgende keuses soos die maak van n loopbaankeuse.

Elke tersiêre instansie het spesifieke vereistes vir studieprogramme waaraan die voornemende student moet voldoen vir toelating tot die program.

Indien die vereiste vakke nie geneem is op skool nie, sou hy/sy nie toelating tot so 'n program verkry nie.

'n Verkeerde vakkeuse het dus verreikende gevolge vir beide die skool en die leerder. Die leerder se selfvertroue word ondermyn en dit kan lei tot angs ten opsigte van matrikulasievrystelling en Universiteitstoelating. Dit kan weer lei weer tot ekstra studiejare en so meer wat voorkom kon word.

Dit is uiters belangrik om soveel inligting in te win hieroor ten einde n ingeligte keuse te kan maak. Wat behels die vakke, wat kan ek daarmee doen in die toekoms ens.

Die graad 9 leerder moet ook op die volgende let:

Selfkennis ten opsigte van toekomsvisie,

waarin wil hy/sy verder studeer?

Persoonlikheid en belangstelling

Pligsgetrouheid en ingesteldheid teenoor huiswerk en prestasie.

Leerders moenie net sogenaamde maklike vakke neem nie, dit moet 'n ingeligte keuse wees wat jou toekoms en moontlike loopbaankeuse, belangstellings en persoonlikheid in ag neem.

Om jou by te staan in die proses in die maak van die keuse, kan opgeleide professionele persone van hulp wees. In so 'n assessering word gelet op skoolprestasie, belangstellings en aanleg met moontlike toekomstige beroepsmoontlikhede in gedagte .

Laat jou gerus assesseer, dit kan net tot gemoedsrus en die maak van 'n weldeurdagte keuse lei.

Kontak Sinmarie Pieterse, Opvoedundige Sielkundige by sinmariep@gmail of 083 455 2505, of 021 8520845 om jou hiermee by te staan.

Skoolgereedheid begin reeds voor die geboorte van jou nuweling en strek tot wanneer hy of sy Graad 1 toe gaan. Die eerste 6 jaar van jou kind se lewe berei hom/haar voor vir die groot skool.

Jou kind se omgewing, hulpbronne uit die gemeenskap, jy as ouer en ook die kleuterskool of speelgroep berei hulle voor vir skool van babatyd af.

Jou kind moet ontwikkel op verskillende vlakke om sodoende seker te maak dat hulle wel reg is vir daardie eerste dag in Graad 1.

Groot motoriese vaardighede

Jou kind se motoriese ontwikkeling stel hulle in staat om 'n gesonde en gebalanseerde leefwyse te handhaaf. Wanneer kinders ˈn agterstand in hul motoriese ontwikkeling beleef, kan dit lei tot moegheid. Moegheid kan dan verder aanleiding gee tot aandagafleibaarheid, rusteloosheid, slegte konsentrasievermoë en koördinasie-probleme.

Groot motoriese vaardighede is die samewerking van die groot spiere in die liggaam.

Ontwikkel groot motoriese vaardighede só;

Klim-en-klouter op apparate

Speel met balle en springtoue

Balanseeraktiwiteite soos huppel, spring op een been en op ‘n balk loop.

Fyn motoriese vaardighede

Die samewerking van al die klein spiere in die liggaam.

Ontwikkel fyn motoriese vaardighede só;

Knip en inkleur

Ryg krale in en knyp wasgoedpennetjies vas

Speel met klei Knoop veters

Taal- en spraakontwikkeling

Voor jou kind kan lees en skryf, moet hulle verbaal hul taal en spraak ontwikkel. Die kleuter dink in taal en druk hul gedagtes in taal uit. Jou kind se taal is belangrik vir sosiale ontwikkel, sowel as akademiese prestasies en speel ook 'n rol in hul kognitiewe ontwikkeling.

Ontwikkel taal en spraak só;

Lees vir jou kind 'n boek en laat hulle die storie terug vertel.

Gebruik uitstappies gevolg deur bespreking van die uitstappie om jou kind se woordeskat te ontwikkel.

Leer jou kind rympies en liedjies.

WENK: Graad R-leerders moet effektief kan kommunikeer deur kuns, beweging, musiek en taal.

Perseptuele vaardighede

Dit is die prosessering en begrip/verstaan van inligting wat deur jou kind se sintuie na sy brein gestuur word. Die stimulasie van visuele en ouditiewe perseptuale vaardighede is belangrik by die voorskoolse kind. Hierdie vaardighede is voorvereistes vir effektiewe leer.

Visuele persepsie

Akkurate waarneming en begrip van inligting wat vanaf jou kind se oë na die brein gestuur word.

Ontwikkel hierdie vaardighede só;

Laat jou kind instruksies uitvoer; raak aan jou tone

Identifisering van liggaamsdele aan 'n pop Bou legkaarte Bou blokkies en stapel verskillende items op mekaar

Voltooi prente

Ouditiewe persepsie

Akkurate waarneming en begrip van inligting wat vanaf jou kind se ore na hul brein gestuur word.

Ontwikkel hierdie vaardighede só;

Laat jou kind verskillende geluide naboots.

Vra jou kind met watter klank hul naam begin.

Lees vir jou kind 'n kort storie en laat hulle dit terug vertel.

Sosiale vaardighede

Dit is nodig vir jou kind om sosiale vaardighede aan te leer sodat hulle binne in die groep kan pas.

Groepspeletjies of om jou kind reg te help wanneer hulle byvoorbeeld 'n maat seergemaak het, word tot positiewe sosiale vaardighede bygedra.

Ontwikkel hierdie vaardighede só;

Skakel jou kind in by 'n speelskool en gaan op speelafsprake.

Emosionele vaardighede

Graad R-leerders moet 'n duidelike gedragskode aangeleer word en het geleenthede nodig om suiwer waardes en houdings en 'n sterk morele kode te ontwikkel om verhoudings in die gesin, familie en gemeenskap te bevorder. Kinders het verskeie sosiale ervarings en geleenthede nodig om te leer om effektief in groepe saam te werk.

-Anél van den Berge

2
Maak jou peuter vroeg-vroeg skoolgereed

The Percipient Group lays groundwork for responsible property development & practices in the Swartland

The Percipient Group, which offers development, construction, marketing, and property management services, became a part of the Swartland property landscape early in 2022. Its first project has been the redevelopment of the historic Kasteelberg Inn into the vibrant new Kasteelberg Place, which was done in accordance with responsible property development best practices.

Responsible property development refers to the practice of designing, constructing, marketing, and operating buildings and communities in a way that benefits the community, rather than just the developer or property owner.

As the awareness of the impact that real estate development can have on communities and the environment increases, developers, and property practitioners like the Percipient Group are increasingly recognising their responsibility to develop projects that are sustainable, inclusive, and responsive to the needs of the people who will live, work, and enjoy these spaces.

This is of utmost importance to Mark Tame and Will Kleinschmidt, who stand at the helm of the development and marketing helm of the Percipient Group.

The redevelopment of the historic Kasteelberg Inn into Kasteelberg Place provided the Group with numerous challenges, including the restoration of the old façade, the meshing of old building construction techniques with the latest modern methods, civils challenges and selecting the most appropriate green energy solutions.

The first phase yielded a modern retail footprint comprising of 8 units and 4 luxury studio self-catering accommodation units. The retail space has been fully let since November 2022 and the studio accommodation in operation since December 2022.

The retail space hosts several complimentary businesses, including a champagne bar, beauty therapist, candy store, art gallery, bric-a-brac store, and an eclectic clothing outlet that provide employment opportunities and serve the needs of the community by stimulating tourism without needlessly competing with existing businesses.

The luxury studio accommodation is rapidly become a favourite with visitors to the Riebeek Valley and more especially returning patrons of the old Kasteelberg Inn. For more information either call Glenda on 082 845 3511 or visit the website www.kasteelbergplace.co.za

The second phase commenced in December 2022 comprising of four sectional title townhouses. The sectional title offering is being shown by Sandra Bester, local Percipient Properties representative in Riebeek Kasteel.

“This sensitive development showcases our

agency’s commitment to sustainability, with green-powered and loadshedding-proof features. These features help to minimise energy consumption, reduce the carbon footprint, and lower the costs of running the property. The location is also amazingly central, right on the vibrant town square and within walking distance of countless popular restaurants, shops, and activities” says Sandra.

The four stylish sectional title townhouses offer modern living with a touch of traditional charm and the agency’s commitment to sustainability is optimally reflected in these units, with energy-efficient features like solar geysers, insulated roofs, and LED lighting that helps homeowners reduce their carbon footprint.

“The townhouses have been designed and constructed with accessibility in mind, making these units ideal for people of all ages and abilities. We have also preserved green space by incorporating gardens, and other green spaces into the project, Final touches are currently underway and the first show unit will be accessible at the end of May 2023,” says Mark.

“Percipient Properties has taken up the challenge of being a part of the design and construction of properties that reflect a responsible development philosophy.

"Our agency’s commitment to innovation and sustainability is reflected in every aspect of our operations” says Will.

One of Percipient Properties’ key offerings is the Matterport 3D Virtual Tour, which is a free service that provides prospective buyers with a detailed view of a property without having to make the initial trip in person.

“This buyer-centric technology allows potential buyers to take a virtual tour of the property from the comfort of their homes, eliminating the need for physical viewings.

"This approach not only reduces the carbon footprint of the agency but also saves time and effort for both the buyers and the sellers,” explains Will.

In conclusion, the Percipient Group is proud to be laying the groundwork for responsible property development in the Swartland region of South Africa. The agency’s commitment to innovation and sustainability is reflected in every aspect of its operations, and Kasteelberg Place is a prime example of the way in which it seeks to develop communities for the better.

To find out more about this sectional title development in the burgeoning Swartland hamlet of Riebeek Kasteel, get in touch with Sandra Bester at 084 626 0668 or send her an email on sandra@percipientproperties.co.za

10 Mei 2023 3
Above: Mark Tame, Sandra Bester, Glenda Tame, Will Kleinschmidt

Runners compete in 35th PPC Riebeek Bergmarathon

With over 2000 participants in 2019, the PPC Riebeek Bergmarathon is back for its 35th year.

This 100% local race has become a community and family favourite event that welcomes athletes and their families to take a break from the city and enjoy the quaint countryside.

The Riebeek Bergmarathon, a Two Oceans Marathon qualifying race, offers athletes four different race categories.

Experienced runners can tackle the 42.2km marathon or the 21.1km half marathon while novice runners can join in on the spirit of the day at a more relaxed pace, with the 10km run/walk

or 5km fun run/walk.

Details:

Bergmarathon (42.2km) - R150 Start time: 07:00

Half marathon (21.1km) - R120 Start time:

08:00

Run/Walk (10km) - R100 Start time: 08:30

Fun run/walk (5km)- R20 Start time: 08:45

Start & Finish - PPC Riebeek

Closing date for entries: 17 July 2023

Visit ppc.africa or send an email to ppcrbm@ ppc.co.za

Akteur by padstal: Die

Plaasmol Padstal, wat bekend is vir sy heerlikhede buite Hopefield, het nou ook 'n padstal op Riebeek-Kasteel oopgemaak. Met die winkel se eerste dag het die Afrikaanse akteur, Karin van der Laag, onverwags opgedaag en al die lekkertes geniet wat die padstal bied. Hier is sy saam met Fransie Rossouw van Plaasmol.

10 Mei 2023 4

Basaar: Die VGK Moorreesburg het die afgelope naweek hul middeljaar basaar aangebied. Hier het die gemeente en hul vriende saamgekuier, gelag en heerlike snuisterye geniet. Bo is Jeffrey Arendse, Enrico Martins, Maria Demingo, Rina Beukes en Elsabe Dirkse. Onder is Henrico le Fleur, Esmene Mentoor en Berindina Japhta.

Skink: Die Skink Swartland het die naweek groot ondersteuning geniet. Hier is talle Swartlandse wyne ten toon gestel en geniet en was daar ook 'n geleentheid waar die Swartlandse wynmakers ontmoet kon word. Hier is René Hornebo, Faai en Leni de Jager en Debra Abrahamse. Links is Hermias Hugo, bemarkingsbestuurder van Pulpit Rock Winery.

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

Saturday, 29 July 2023

The PPC Riebeek Bergmarathon returns for its 35th consecutive year on Saturday, 29 July 2023.

The PPC Riebeek Bergmarathon prides itself in bringing together athletes, families, friends and communities by providing activities for all to participate in. Races available: 42.2km, 21.1km, 10km & 5km Fun run/walk. Join us at this 100% LOCAL event. Enter online at www.peaktiming.co.za & visit www.ppc.africa for more information.

061 919 1003 | www.ppc.africa @PPC Ltd @PPC_Africa

10 Mei 2023 5
CELEBRATING YEARS
Riebeek Bergmarathon
CLOSING DATE FOR ENTRY FORMS: MONDAY, 17 JULY 2023 NO LATE ENTRIES WILL BE ACCEPTED 42,2km 07h30 10km 08h30 21,1km 08h00 5km 08h45
PPC
THE
Damvlakke van die Swartland

Kopkrapper van die week

Moeilikheidsgraad: Baie uitdagend

Riddle of the day...

Question: What goes all around the world but stays in a corner?

Answer: A stamp

Flying Eagles: Die spanne van Flying Eagles het die naweek teen die spanne van Steenberg's Cove te staan gekom. Flying Eagles se eerstespan het met 19-15 gewen, terwyl die B-span met 0-26 verloor het. Bo is Marzé Jeffries in aksie. Foto: David Howburgh

Rugby: Saterdag het die spanne van Wesbank RVK en Good Hopes van Riebeek-Wes mekaar die stryd aangesê op Malmesbury. Wesbank moes die knie buig en het met 19-26 die onderspit gedelf.

10 Mei 2023 6
Foto: David Howburgh

GELUKWENSING

Congratulations

08 Mei - OUMA BAPS

- Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag u ‘n geseënde dag hê. Van: die Boland meat span

Fry skielik het jy ons verlaat, maar ons sal jou nooit vergeet nie. Van: Myre, Wina, Lienkie en Ricky en jou vriend Kakie

Ons gaan jou baie mis Fry. Liefde – Tiffany, Amy, Hadley en Apollis, Jantjies- en Hart familie

“Happy birthday”

RAYDEN met jou verjaarsdag op 11 Mei.

Mag God jou seën my kind en Mamie is baie lief vir jou. Van: jou Ma, broers en susters Happy birthday Rayden, jy moet ‘n lekker dag hê. Van: ant Katrina en kinders MEMORIUM In Memoriam

MARIA TOONTJIES

- Ons eerste moedersdag sonder mamma. Ons sal nooit oor jou dood kom nie, maar ons leer om daarmee saam te leef. Met groot verlange en baie trane worstel ons, maar mamma is beter af in die hemel. Liefde – van: Hazel, Caren, Janine en kleinkinders

STERFGEVAL OBUTIARY

FRIKKIE ENGELBREGH

– BEGRAFNIS-

REëLINGS: Roudiens – Donderdag, 11 Mei te Floksiestraat om 19:00. Begrafnis, 13 Mei – Besigtiging by huis te Floksiestraat om 07:30 tot 8:30.

Diens by Kerk om 9:00 by VGK

Fry na 28 jaar het jy skielik vir my en jou seun verlaat, maar ons sal jou mis – Jou lewensmaat, Koekie

O’mere skielik het jy ons verlaat. Van: suster Fiela en kinders, Meis en Bettie

Stuur jou nuuswenke na

10 Mei 2023 7

Bokradio: Ons is trots op Martin Ras, wat deel vorm van BokRadio se Jeugdag-projek.

Gholf: Hoërskool

Swartland en Hoërskool Dirkie Uys het vandag kragte gemeet op Swartland se gholfbaan. Ons manne maak ons trots en wen Dirkie Uys met 'n telling van 76-33. Die beste spelers was Johandré Theron en Stephan Malherbe.

Baie geluk aan hulle en meneer Brian de Beer!

Baie dankie aan al die borge wat nog 'n ArtHSS moontlik gemaak het:

Bierbman Grobbelaar Oogkundiges

Kloovenburg

Health World

Time to Train

Swartland Winery

Perron FM

Zeedec Automation

Maracor

Ocean Processors

Optic Edge

Malnoplate

Cherry Lane

Waltons

Swartland kroon mooistes: By verlede weekse ArtHSS is Hoërskool

Swartland op Malmesbury se mooistes gekroon. Mnr HSS is Stefan von Wielligh met Benjamin Jacobs as eerste prins en Johan Dippenaar as tweede prins. Mej HSS is Carla Botha, eerste prinses is Kim-Lian Wills en Amy Philips is die tweede prinses.

SPORTUITSLAE VS DF MALAN

NETBALUITSLAE:

14A verloor 3-34 (Miné Kemp)

14B verloor 12-15 (Jané Smit)

14C verloor 11-19 (Mihlali Nguza)

14D verloor 9-13 (Karli Scott)

15A verloor 9-24 (Jana du Toit)

15B verloor 10-21 (Cassidy Syster)

15C verloor 9-12 (Lulu Grootboom)

15 D verloor 5-21 (Mischka Cupido) 15E verloor 1-14 16A verloor 5- 29 (Marelize Batt) 16B verloor 13-16 (Suri Liedeman)

16C wen 21-11(Zeta Jonas)

16D wen 17-7 (Lelanie Jooste)

16E wen 13-6 (Holly Platyes)

16F verloor 8-4 (Zané Botes)

17A verloor 15-10

17B wen 14-12 (Tercia Adams)

18A verloor 13-36 (Lize-Mari Batt)

18B wen 36-8 (Anika Theart)

RUGBY:

14A wen 54-0 (Christian Mocke)

14B wen 21-10 (Wernich de Lange)

15A wen 19-0 (De Wet van Aswegen)

15B wen 17-14 (Gregan Theunis)

Trusc

The Beauty Room

Eden & Co

Izaan Beneke

16A wen 27-10 (Nicholai Miggel)

16B wen 43-17

19A verloor 22-26

19B wen 30-22 (Ashlin Nicholas)

19C wen 19-0 (Shaun Simon)

Baie dankie aan die personeel wat die leerder vergesel het.

Netbal: Ons netbaldogters het gister, 1 Mei, netbalproewe te Dirkie Uys gespeel. Die volgende dogters is deur na die Wes-Kaap sone 1 proewe wat op 13 Mei te Worcester plaasvind: o. 14 - Miné Kemp; o. 15 - Sunelle de Bruyn; o. 16 - Christina van der Merwe; o. 17 - Anike van der Merwe; Janke Kotze; Riané Ligthart; Lize-Mari Batt; o. 18 - Toné Malherbe en Zeté Adams.

Hokkie: Die hokkiedogters het kragte met Hoërskool Vredendal gemeet. Dit was 'n positiewe ervaring en ons waardeer dat hulle so vêr gereis het om teen ons te speel.

Fietsry: Leam Cilliers het deelgeem aan die 35 km MTB Blue Ride Darling 2023. Hy het die afstand in twee ure afgelê en 16de uit 142 ryers geëindig.

10 Mei 2023 8 W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 167 • 10 Mei 2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.