Swartland • Bergrivier 1
Nuus met 'n verskil
6 November 2019
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
NUUS • NEWS
Free • Gratis
6 November 2019
Swem Kailen, swem!
Die Swartland Swemklub het die naweek die grootste gala in die Wes-Kaap op Malmesbury aangebied. Vanjaar se Swartland Uitnodigingsgala het 462 swemmers van 24 klubs in die Wes-Kaap gehad wat hul slag in die water gewys het. Met hul ondersteuningspanne het hierdie gala ongeveer 1500 mense na Malmesbury gebring. Swartland het 'n algehele vierde plek uit die 24 behaal. Daar is selfs voorsiening gemaak vir die eindstryd van die rugbywêreldbeker met 'n groot skerm wat al die aksie uitgesaai het. Volgens Thea Lategan, voorsitter van die klub, is hulle dankbaar teenoor elke borg wat die dag moontlik gemaak het. Die klub speel ook volgende jaar gasheer vir die nasionale kampioenskappe. "Ons beplan groot dinge vir volgende jaar en is baie trots op ons lede," sê Lategan. Hier swem Kailen Kotze dat die water spat. Foto: Anelda Bühr
Stand van die damme
Die dae word warmer soos die somer sy kloue in die Swartland slaan, maar die damvlakke van die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk het die afgelope week gestyg met 2.4% vanaf 82.1% na 84.5%. Die Bergrivierdam se vlak staan tans by die 100.2%-merk, terwyl dit verlede week op 101.7% was. Die Laer-Steenbrasdam se vlak staan hierdie week ook op 100.2% in vergelyking met verlede week se 102.1% en verlede jaar se 84.9%. Die Theewaterskloofdam is nou 75.5% vol, in vergelyking met verlede week se 72.3% en verlede jaar se 57.6%. Die Swartland se enigste bron van water, die Voëlvleidam, is nou 89.9% vol. Verlede week het die dam se vlak op die 87%-merk gestaan en verlede jaar dieselfde tyd op 95.6%. Bron: www.capetown.gov.za
'Local is lekker' op Yzerfontein
bl 3
Rolbalkampioene gekroon
bl 8