1
Gratis • Free
7 Februarie 2024
Nuus met 'n verskil
W/A en Tel: 061 549 3683 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 202
7 Februarie 2024
Potte prut vir Jo Dolphin Hennie Stassen (middel) en Marius Botha, van Darling Cellars, oorhandig hier die opbrengs van die Jo-Pot-kompetisie aan Estrellita Geldenhuys (links), sentrumbestuurder van JoDolphin Swartland APD. Die Jo-Pot-kompetisie is verlede jaar 11 November vir die tweede keer aangebied by Darling Cellars met Jo-Dolphin as begunstigde nie-winsgewende organisasie (NPO). Spanne kon kompeteer vir lekker pryse en het met baie gees en resepte gekook om ‘n span beoordelaars onder aanvoering van Martelize Brink (RSG), te beïndruk. Jo-Dolphin is ‘n dagsorgsentrum wat programme en nasorgdiens aanbied vir persone met verskeie gestremdhede en wil Darling Cellars en elke persoon wat deelgeneem en ondersteun het van harte bedank.