Swartland Joernaal 7 Augustus 2024

Page 1


Radiologie nou op Malmesbury

Die SCP Radiology-afdeling van die Crestcare Hospitaal op Malmesbury het Maandag amptelik sy deure geopen. Agter is Simoné van Niekerk (radiografis), Dr Jaco du Plessis (radioloog, takhoof), Sr Muriell Bekeur en Ryan Owies (ontvangs). Voor is Prashna Naidoo (hoof-radiografis in die Kaapse Metro), Manilinde Maritz (radiografis), Lineve Lategan (algemene assistent) en Nabeelah Stegman (Siemans toepassingspesialis). Heel voor is Charl Hambridge (hoof uitvoerende bestuurder Crestcare Malmesbury) en Carmen Newman (afdelingshoof). Sien bladsy 2.

van

hierdie kompetisie was. Die

Major milestone: SCP opens new in-hospital branch

SCP Radiology is thrilled to announce the opening of a new in-hospital branch in the Western Cape.

SCP Radiology Malmesbury is now co-located with Crestcare Malmesbury, a newly developed private hospital where SCP offers comprehensive medical imaging for admitted patients as well as referred outpatients.

Specialised services include magnetic resonance imaging (MRI), computed tomography (CT), diagnostic ultrasound, mammography, and fluoroscopy.

These will significantly add to the general X-rays SCP had previously offered at its local branch. The team from the existing local branch

is also relocating from Malmesbury’s CBD to join the branch on the Crestcare premises.

Heading SCP Radiology Malmesbury as Branch Manager is Dr Jaco du Plessis, a seasoned radiologist and partner in the practice. “We are honoured to bring our services closer to the Swartland community,” he says.

“SCP is a well-established radiology practice with several branches at major hospitals. As such, we have been serving patients from the Swartland for many years and we are fully committed to continue providing the same imaging technology and standard of services at our new address.”

SCP Radiology is a practice with over 30 ra-

diologists – fully qualified medical doctors with an additional specialist qualification in medical imaging. Many of SCP’s radiologists have also completed fellowships at leading international teaching facilities.

Together with a team of highly experienced radiographers and support staff, they ensure that referring GPs and specialists have access to the technology and expertise they often rely on to make accurate diagnoses.

“We are excited about a location that will make it easier for residents to access our services once their doctor has referred them,” says Dr du Plessis. “That’s because the health and well-being of patients will always be our top priority. We

look forward to serving the local community –locally – for many years to come.”

About SCP Radiology Malmesbury

• Services: MRI, CT, ultrasound, mammography, fluoroscopy, X-rays

• Address: Crestcare Malmesbury, Piketberg Street, just north of De Zwartlant Markt

• Operating hours: Monday to Friday 08:00 to 17:30; Saturday 08:30 to 12:30

• Phone: 022 150 0261

• Email: malmesbury@scp.co.za

More information about SCP Radiology’s services, management, latest news, and informative videos for patients can be found at www. scp.co.za

PROUD SUPPORTER OF WOMEN'S MONTH!

Kampioen
kampioene: Die Malmesbury Majorettes is die naweek gekroon as die Boland se Kampioen van Kampioene. Dit kom na die klub die naweek gasheer vir
klub se junior en senior spanne het hierdie gesogte toekenning ingepalm.

Uit die pen van die ontwikkelaar... Word deel van die Mount Royal-familie

PROMOSIE: Op die eiland van Montreal in die suidweste van Quebec, Kanada, is daar 'n kort berg met 'n wye basis wat 'n area van ongeveer tien vierkante kilometer dek.

Die naam van die berg is Mount Royal, omdat dit bo die omgewing se landskap uitstaan.

Mount Royal, die gholf- en leefstyl-landgoed in die hart van die Swartland wat in 2005 deur Gerry Rehrl gevestig is, staan net soos die kort berg in Montreal, kop en skouers uit bo die heuwels van Malmesbury en word beskou as die juweel van die Swartland.

Geleë langs die N7-hoofpad, staan Mount Royal uit bo die res van die woonbuurte in die area met panoramiese uitsigte van Tafelberg, die omliggende koring- en kanola-lande en die natuurskoon van die renosterveld.

Malmesbury met sy plattelandse leefstyl, is sentraal geleë aan die sentrale kern, suidelike en noordelike voorstede van Kaapstad, die Weskus en die Kaapse wynlande.

Dié landgoed is 'n droom-bestemming vir enige persoon wat vrede vind in die buitelewe.

Mount Royal spog nie net met haar hoë gehalte sekuriteit en moderne infrastruktuur nie, maar ook met interne leefstylaktiwiteite soos 'n bergfietsroete, buitelug hardloop-roete, die besigting van inheemse voëlspesies in die landgoed se renosterveld-natuurreservaat, sowel as vele oop spasies vir families om die natuurskoon van Mount Royal te geniet.

Die ontwikkeling van Mount Royal vind plaas in verskeie fases:

•Alle grootmaat dienste en infrastruktuur van die landgoed is reeds gevestig en voltooi.

•Fase 1, wat bestaan uit 303 voltitel eiendomme is reeds uitverkoop en bestaan uit meer as 250 gelukkige families wat reeds daar woon.

•Fase 2, is 'n totaal van 203 voltitel eiendomme en die ontwikkelaar bied nou enkelresidensiële en kleiner groepsbehuising erwe aan. Die eerste 39 eiendomme is byna uitverkoop en die konstruksie van nuwe huise is in volle swang. Die ontwikkelaar het ook so pas 'n verdere 34 voltitel residensiële erwe beskikbaar gestel en oordrag na die nuwe eienaars begin teen die einde van Augustus 2024.

Huise in fase 2B word volgens die Swartland Vernecular-styl gebou, soos in die meegaande illustrasie van 'n huis in aanbou.

Die ontwikkeling van verdere fases sal in 2025 aanvang neem.

Die ontwikkeling van 'n splinternuwe 18-putjie gholfbaan is tans aan die gang en spelers sal die eerste balle op die nuwe 9-putjie baan vroeg 2025 kan slaan.

Daarna sal die huidige 9-putjie baan wat deur die Malmesbury Golfklub bestuur word, herontwikkel word om deel te word van die nuwe baan. 'n Nuwe 18-putjie-baan kan nie sonder 'n moderne klubhuis en fasiliteite bedryf word nie en die opgradering van die bestaande fasiliteite begin in die komende maande.

Met uitdagende politieke situasies, sukkelende munisipaliteite en stygende misdaad, is die uitdagings van Suid-Afrikaners wat buite die Wes-Kaap woon geen geheim nie.

Maar vir diegene wat Malmesbury hul tuiste noem, kan daar met trots gespog word met 'n

dorp wat regeer word deur die nommer 1 munisipaliteit in Suid-Afrika, volgens Good Governance SA.

Malmesbury is so sentraal geleë dat dit nie veel moeite is om vir die persoon wat in stad werk om te pendel nie.

Die dorp is naby genoeg aan die wynlande van die Boland of die kusdorpies van die Weskus

om 'n dagreis vir jou en familie te beplan en nog betyds te wees om 'n vuurtjie aan te steek vir 'n gesellige braai.

Eiendomme verkoop vinnig en beperkte ruimtes is beskikbaar.

Dus, om teleurstelling te voorkom, maak vandag 'n afspraak met die ontwikkelaar se agente of besoek ons verkoopskantoor om 'n besigtiging van Mount Royal te skeduleer. Kontak gerus vir:

Stewart Halverson: 083 459 3219

Lidia Dittberner: 082 558 5168

Die verkoopskantoor is oop tydens die volgende ure:

Maandae tot Vrydae 09:00 - 17:00

Saterdae en Sondae: 10:00 - 16:00

Borgskap:

Die Flying Eagles-rugbyklub se afrigterskorps spog met splinternuwe baadjies wat hulle teen die winterkoue langs die veld sal warm hou. Die baadjies is geborg deur Terence Arendse Vervoer. Links ontvang Henfré Brand die baadjies.

Derby: Die spanne van Abbotsdale Rugbyklub en Wesbank Rugbyklub het die naweek op Malmesbury kragte gemeet in die Boland Derbydag. Abbotsdale het met 36-22 geseëvier. Gavin Skppers van Wesbank en Wim Syster van Abbotsdale is vereer vir hulle spel. Links onder: Ethan Diston is aangewys as die speler van die wedstryd. Burtron Niemand van Boland Rugby Unie oorhandig onder die tjek. Regs onder: Samkelo Collin is aangewys as die Rainbow Powerhouse Player aangewys.

Muurskildery: In 'n samewerkingsooreenkoms het De Zwartland Markt-winkelsentrum en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury saamgespan om 'n muurskildery te skep in die gang tussen die Volpes en Woolworths Edit-winkels van die sentrum op Malmesbury. Die muurskildery, ontwerp deur Me. Arendse van Schoonspruit Sekondêr en geverf deur die skool se kunsstudente, vang dit die essensie van elke dorp in die Swartland-distrik vas. Die muurskildery dien as 'n visuele verteenwoordiging van eenheid en gemeenskapsgees. Van links na regs: Wikus Snygans van Strive Property Specialists, Liné Knoetze van Dorpstraat (batesbestuurders en mede-eienaars), Celeste Arendse van Schoonspruit Sekondêr, Johan Mouton, sentrumbestuurder van De Zwartland Markt, Bongeka Soni Graad 10 van Schoonspruit Sekondêr, Kaylee Swartz Graad 12 van Schoonspruit Sekondêr, Anel Bower Graad 11 van Swartland Hoërskool.

Tennis: Glenn Fitchet van die Malmesbury Tennisklub neem tans deel aan 'n ITF Wêreld Tennistoernooi van 3 tot 8 Augustus in Lisbon, Portugal. Spelers van 33 lande neem deel oor drie verskillende ouderdomsgroepe. Glenn verteenwoordig SA in die 30+ ouderdomsgroep.

Bloues val vas teen

Oceans

United

Malmesbury Rugbyklub, bekend as die Bloues, het die afgelope naweek 'n teleurstellende nederlaag teen Oceans United gely.

Oceans United, wat tans bo aan die liga staan, het die wedstryd met 'n eindtelling van 39-8 gewen.

Ondanks hul oorheersing van balbesit met byna 80% op Oceans se doellyn, het besluitneming die Bloues duur te staan gekom. Hierdie faktore het bygedra tot die groot verskil op die

telbord, wat 'n ander prentjie kon getoon het as die Bloues hul kanse beter benut het.

Die A-span en B-span se nederlaag van 12-0 was 'n harde slag ná 'n belowende vertonings op die veld. Die Bloues sal hul verloor wil herstel wanneer hulle hierdie komende naweek tuis speel.

Die A-span Speler van die Wedstryd is André Laverlot en B-span Speler van die Wedstryd is Keanu Niemand.

Moorreesburg Sakekamer: Die sakekamer op Moorreesburg het Maandagaand vergader en inligting oor die gebeure op dié dorp met belangstellendes gedeel. Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland Munisipaliteit, en Jacques Bester, president van die Swartland Skou, het onder andere oor ontwikkelings, die astro-baan en die Swartland Skou se 90ste bestaansjaar gepraat. FNB Moorreesburg was die borg van die aand.

5

6

7

8

Riebeek Kasteel Wedvlugklub Strydenburg Board 1 ABRAHAMS FAMILY 1362.3763

2 W HEYNSE 1349.0573 3 ABRAHAMS FAMILY 1260.3353

4 MATTHEE HOKKE 1219.7689

5 MATTHEE HOKKE 1166.3170 6 ABRAHAMS FAMILY 1072.3435

7 MATTHEE HOKKE

Die blomseisoen het amptelik afgeskop en besoekers stroom na die gebied om die inheemse veldblomme te besigtig. Vanaf 1 Augustus tot 30 September sal die Postberg-deel van die Weskus Nasionale Park oop wees vir die besoekers. Vir meer inligting, besoek www.sanparks.org.

Frederich Swarts 9 Augustus 2024 sou Boeta 83 jaar oud wees. Maar God het anders besluit.Vir 2 maande is Boeta by ons Hemelse Vader. Rus in vrede . Liefde Miena en Koela

Sterfgevalle Obituary

Nicholas Daniels: Die 8 Augustus 2010 het God jou kom haal.

Stil verlaat na jou Hemelse woning. Sal jou nooit vergeet.

Vrou, kinders en kleinkinders

Hondsdolheid-waarskuwing vir Yzerfontein-gebied

In 'n onlangse kennisgewing het die Nasionale Instituut vir Kommunikable Siektes (NICD) die Wes-Kaapse gemeenskap ingelig oor die aanhoudende risiko van hondsdolheid langs die kus. Hierdie waarskuwing volg nadat 'n Kaapse rob wat op 22 Mei aan die Big Bay-kus dood is, positief getoets het vir hondsdolheid. Die laboratoriumuitslae wat op 7 Junie ontvang is, het die teenwoordigheid van die virus bevestig. Volgens die NICD geld hierdie waarskuwing vir die hele Kaapse Skiereiland se kuslyn.

Enige persoon wat deur 'n rob gebyt is, moet onmiddellik mediese hulp soek en die relevante owerhede in kennis stel.

Die NICD het gesê: “Na die onlangse bevestiging van hondsdolheid in Kaapse robbe langs die Wes-Kaap se kus, word alle inwoners en reisigers aangeraai om versigtig te wees wanneer hulle die kus besoek.

"Veral dié wat dikwels met robbe te doen het of die kus vir ontspanningsaktiwiteite soos branderplank, duik en watersport gebruik, moet ekstra omsigtigheid aan die dag lê.”

Monsters van robbe wat sedert 2021 deur Sea Search is, word tans ontleed om die omvang en tydlyn van die uitbraak te bepaal.

Die Landbou Navorsingsraad se Onderstepoort Veterinêre Navorsing het al positiewe

gevalle van hondsdolheid in robbe van Melkbosstrand (Oktober 2023), Plettenbergbaai (Januarie 2024), en Die Dam naby Gansbaai (Junie 2024) bevestig. Navorsers van die Universiteit van Pretoria het ook hondsdolheid opgespoor in robbe van Vishoek (Oktober 2023), Pringlebaai (Februarie 2024), Strand (Mei 2024), en Muizenberg (Mei 2024).

Hierdie bevindinge beklemtoon die risiko van hondsdolheid langs die hele kuslyn waar robbe teenwoordig is.

Die NICD het verdere inligting verskaf oor hondsdolheid by mense: “Algemene simptome sluit ongemak of pyn by die plek van die (vorige) wond, koors, kopseer, naarheid, en braking in. Dit kan vinnig voortgaan na neurologiese simptome soos veranderde gedrag, verwarring en opgewondenheid.

Ander tekens sluit gelokaliseerde swakheid en paralitiese sindrome in, wat uiteindelik kan lei tot koma en dood.”

Dit is van uiterste belang om onmiddellik mediese aandag te soek indien daar 'n vermoede van blootstelling aan hondsdolheid is.

Sonder gepaste post-blootstelling profylaxis kan simptome een tot drie maande na blootstelling begin, en in seldsame gevalle selfs meer as ses maande later ontstaan.

Stuur jou nuuswenke na 061 549 3683 of admin@ swartlandjoernaal. co.za

Spertye vir advertensiebesprekings: Maandag 12:00 Materiaal: Maandag 16:30

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.