











rica, especially in the Western Cape We've decided to combined our expertise and businesses erience within the security sector PACRS has been in the security industry for much over 36 n, and to date one of his sons, Mr Rayno Corlissen, has taken over as the Managing Director over 20 years within the company Echo Sat t/a Echo Protected Services is a well known Lindon Feres, has developed a love for combatting crime since he could remember He is o served in SAPS for over 2 decades Today, we can proudly say we partnered with one of the are extremely honoured and proud to be affiliated with the directors with such influential Security is very well known to the Swartland area, under management of Steven Swart (better n the security sector at the age 18, as a technician and has transformed into a Managing Director of a successful security business within the technician department of the business Together our mission is to work closely with s, to provide a helping hand in combatting crime Our control room and staff are highly trained ervices that our clients deserve
With crime on rise everywhere in South Africa, especially in the Western Cape, we've decided to combined our expertise and businesses into one big umbrella to showcase our experience within the security sector earlier this year. This team has now expanded their services into the Riebeek Valley where they will provide security and safety to the residents and business owners of this magical part of the Swartland. PACRS has been in the security industry for much over 36 years and was started by Mr A.C Carolissen, and to date one of his sons, Mr Rayno Corlissen, has taken over as the Managing Director and stands firm in his father’s shoes, with over 20 years within the company. Echo Sat t/a Echo Protected Services, is a well known satellite business in Malmesbury. Director, Lindon Feres, has developed a love for combating crime since he could remember. He is picking up the pieces of his late father who served in SAPS for over 2 decades. Today, we can proudly say we partnered with one of the best security companies in the Boland. We are extremely honoured and proud to be affiliated with the directors with such influential impact in fighting crime for decades. SSS Security is very well known to the Swartland area, under management of Steven Swart (better known as “Smiley"). He started his career in the security sector at the age 18, as a technician and has transformed into a Managing Director of a successful security business, within the technician department of the business. Together our mission is to work closely with SAPS and the local neighbourhood watches, to provide a helping hand in co
Swartland-streek Werker van die Jaar-kompetisie het die span van Wynkeldershoek weer geskitter Die plaas het as die Beste Presterende Plaas gewen en spog ook t di L db k di J i M l C t
Die pryswenners van Wynkeldershoek.
van der
ByDie Swartlandse deelnemers aan die Werker van die Jaar-kompetisie het vanjaar weer meegeding om as landbou se beste werker aangewys te
Die bes-presterende plaas is ook weer aange-
vanjaar se Swartland-streek Werker van die Jaar-kompetisie
Vanjaar het Marlon Coert van Wynkeldershoek met die trofee as die beste Landbouwerker van die Jaar weggestap. Hy het ook die afdeling vir Junior Bestuur gewen.
het die span van Wynkeldershoek weer geskitter
Die plaas het as die Beste Presterende Plaas gewen en spog ook met die Landbouwerker van die Jaar in Marlon Coert Hy het ook die afdeling vir Junior Bestuur gewen
Die werker met die beste potensiaal is Winston Antas van Quantum Foods.
Wynkeldershoek van die Neethling Broers het die toekenning as Beste Presterende Plaas gewen.
Nigel Jonkers het n tweede plek in die Algemene Werkerafdeling gewen
Johannes van Schalkwyk het ' n tweede plek ingepalm in die Tr ekkerdrywer-afdeling
Dawid du Toit het die afdeling vir Besproeiingspesialis gewen
In die afdeling vir Algemene Werker het Eenboom se Jerieve Lambrechts 'n eerste plek behaal, gevolg deur Nigel Jonkers van Wynkeldershoek en Maxwell Holies van Panorama in die derde plek.
Shawn Pieters is aangewys as die beste tegniese operateur
Elsabee Farao het ' n tweede plek behaal in die Administrasieafdeling
Wynkeldershoek se Dawid du Toit het die afdeling vir besproeiingspesialis gewen, gevolg deur Rowan Bartman van Kloovenburg en Rowan Jansen van Org de Rac.
Die toekenning as beste tegniese operateur het aan Shawn Pieters van Wynkeldershoek gegaan. Hy is gevolg deur Romeo-Lee Abrahams van Org de Rac en Rayno Cloete van Swartland
Winery.
Dawie Titus van Org de Rac is as die beste trekkerdrywer aangewys, gevolg deur Johannes van Schalkwyk van Wynkeldershoek en Frederico Galawe van Frani's Vineyards.
Jonbenay Prins van Goedgedacht Trust is aangewys as die beste administratiewe personeellid, gevolg deur Elsabee Farao van Wynkeldershoek en Kay-Louise Heynse van Kloovenburg in die derde plek.
In die afdeling vir diereproduksie het Winston Antas van Quantum Foods skoonskip gemaak. Hy is deur Ilisma Nero van Chala gevolg, met Jan Fielies van Org de Rac in die derde plek.
In die afdeling vir Junior Bestuur het Wynkeldershoek se Marlon Coert die eerste plek ingeneem. Hy is gevolg deur Kloovenburg se Lodewyk Louw, met Randall Julies van Paardebosch in die derde plek.In die afdeling vir beste voorman of -vrou het Joseph Jacobs van Slimsun die trofee huis toe geneem. Hy is gevolg deur Elmarie Cleophas van Swartland Winery en Jonathan Meloy van Goedgedacht in die derde plek.
Marise Cloete van Goedgedacht het die afdeling vir Middelbestuur gewen, gevolg deur Rocco Daiber van Paardebosch en Jan Heynse van Kloovenburg in die derde plek.
SWARTLAND PRE PRIMÊRE Skool is sedert 1979 in Malmesbury, op die hoek van PG Nelson en Hospitaalstraat (geleë oorkant Swartland Hospitaal).
Die Malmesbury-gemeenskap het hierdie skool tot stand gebring en het 'n ryk geskiedenis oor 44 jaar opgebou. Oorspronklik was daar net twee klaskamers gebou en later ‘n derde klas en gedurende 2020 is 'n 4de klaskamer aangebou.
Vorige skoolhoofde betrokke by die skool was me Jeanne Stander, Anette Venter en sedert Junie 2017 Marlindie Delport. Tans is hier 9 permanente personeellede en vyf studente (Vlak 4 & 5 )en 105 leerdertjies.
Ons is ‘n onafhanklike skool en geregistreer by Wes-Kaap Onderwys Departement, asook Departement van Sosiale Ontwikkeling.
Ons skool bied / What we offer
• Afrikaanse en Engelse Graad R klasse – Opvoeders - Marlindie Delport & Kim Paulsen
• Tweetalige Pre-Graad R klas vir die 4 tot 5 jariges - Opvoeder - Liezel van Zyl (ook gekwalifiseerde Arbeidsterapeut)
• 2-3 jarige klas (kleuters) - Opvoeder - Jayleen de Lily
• Departementele CAPS Kurrikulum vir ons Graad R en Pre-Graad R klasse
• Beautiful developed and spacious schoolgrounds
• Gelukkige en vrolike kleuters vanaf 2 tot 6 jaar
• Aftercare daily and during school holidays
• Ure wat ouers pas 06:45 tot 17:30
• Qualified teachers and class assistants
• CCTV kamera’s vir u kind se veiligheid (in die klaskamers en op die speelterrein
• Airconditioners in every classroom
• Extra murial activities (included in school fees)
– Netball (coach Christine Bester), Hockey (coach Liezel van Zyl & Tennis (coaches Kitto Arendse & Lyndall Cupido) – they are all qualified coaches.
• Extra murial activities (not included in school fees) – Rugga Roots Rugby
MISSIE – Ons kweek selfvertroue en berei ons leerders informeel en op ‘n ontspanne wyse voor vir hulle formele skoolonderrig en leer hulle selfrespek en om respek vir ander te hê.
The following subjects are offered to all our learners in the Foundation Phase on a daily base:
Home Language/ Huistaal
Taal en luistervaardighede word ook bevorder deur liedjies, rympies en vele ander taalspeletjies.
Verder geniet die leerders daagliks kunsvlyt en ander kreatiwiteit wat op ‘n speelse wyse hul vinger- en handspiertjies gereed maak vir formele skryfwerk.
Ons leer deur te speel, en skep wonderlike leerervarings vir elke kind.
Mathematic/ Wiskunde
Learning to count is one thing, but kids need the skills to comprehend numbers and solving mathematical problems. Our concrete and practical approach to mathematics allows the young mind to fully grasp concepts before moving on to the next. Unplugged Coding has been implemented into our curriculum as from 2023.
Hierdie vaardighede help ons leerders in hul skool- en beroepsloopbane om ‘n positiewe bydrae in die gemeenskap te lewer.
‘n Jaarlikse instelling is ons Pretloop/Braai- en Boeresport-dae. Die Graad R Gradeplegtigheid vind aan die einde van die jaar plaas. Gedurende die jaar is daar oueraande met sprekers, asook Oupa-en Ouma dae en ons vier ook Lente- en Erfenisdae – dan trek die leerdertjies aan volgens die dae en tans trek ons Vrydae Groen en Goud aan, om ons Springbok span te ondersteun met die Wêreldbeker toernooi, gedurende September.
Swartland Pre Primêr se bekendstellings aande vir 2024 ouers en leerdertjies vind plaas 12, 13 & 14 September vanaf 17:45 – 19:00 (sien advertensie op blad)
Besoek ons webblad – www. swartlandpp. co.za of op “Facebook” of epos ons na: info.swartlandpp@gmail.com of kontak ons kantoor by 022 482 3140 vir meer inligting.
Gedurende die verslagperiode (17 Augustus 2022 tot 16 Augustus 2023) is die Rooivleisbedryfsforum se bedryfsheffing uitgefaseer en dit het in November 2022 tot ‘n einde gekom, het James Faber in sy voorsittersrede tydens die algemene jaarvergadering van die Rooivleisbedryfsforum gesê.
Die sogenaamde primêre groepering wat bestaan uit die RPO, NERPO, die Rooivleisabattoirvereniging en die SA Voerkraalvereniging het vir ‘n nuwe heffing by die Landboubemarkingsraad aansoek gedoen.
Dit is goedgekeur met effek van 6 November 2022. Dit is gebaseer op ‘n ondersoek wat deur BFAP (Buro vir Landbou- en Voedselbeleid) gedoen is. Dit stel ‘n Visie 2030 in die vooruitsig.
Sekere dienste wat deur diensverskaffers met die heffing van die Rooivleisbedryfsforum gelewer is, word nou oorgeneem deur die primêre groepering, wat ‘n Rooivleisbedryfsdienste gestig het, maar dit is ook so dat sekere funksies van die Rooivleisbedryfsforum uitgefaseer word.
Hy het die lede van die Rooivleisbedryfsforum bedank vir hul deelname aan die forum se hefffings oor verskeie heffingperiodes, asook die rooivleisheffingsadministrateur en die heffingskomitee.
Een van die dienste wat met die forum se heffing gelewer is, was dié van die sogenaamde Compliance Komitee wat oor baie jare goeie werk gedoen het.
In die verslagperiode is daar onder meer ‘n protokol gefinaliseer vir die uitvoer van lewendige slagvee en daar is ook baie goeie werk gedoen in terme van die benaming van die alternatiewe vleisprodukte.
Faber het die primêre groepering wat uit die RPO, NERPO, die Rooivleisabattoirvereniging en die SA Voerkraalvereniging bestaan, baie sterkte toewens met die implementering van Rooivleisbedryfsdienste en die uitrol van hul visie, maar dit is noodsaaklik dat ons altyd die Rooivleisbedryfsforum in plek sal hê sodat ons in die groter waardeketting met mekaar kan skakel en koördineer.
Sekere funksies word deur Rooivleisbedryfsdienste oorgeneem en van dié funksies sal uitgefaseer word in die formaat waarin ons dit geken het. Die RMRD-SA, wat ‘n groot rol gespeel het in navorsing en ontwikkeling, sal byvoorbeeld waarskynlik in ‘n nuwe formaat voortgaan.
Die transformasie binne die rooivleisbedryf word nou oorgeneem deur die RMI-TED (Red Meat industry Transformation and Enterprise Development).
Verbruikersopvoeding en die promosie van skaapvleis met die RPO as diensverskaffer sowel as die promosie van beesvleis deur die SA Voerkraalvereiging sal nou ook in ‘n nuwe formaat binne die RMIS voortgaan.
Promosies gaan meer generies hanteer word en daar sal ook ‘n sentrum van uitnemendheid gevestig word wat verbruikerskwessies sal hanteer.
Bek-en-klouseer-uitbrekings het in die verslagperiode verder toegeneem en in die eerste ses maande het daar ook uitbrekings by twee baie groot voerkrale plaasgevind.
Tans lyk dit asof daar ‘n draaipunt bereik is met dié siekte.
Faber het die Nasionale Dieregesondheidsforum en die nege provinsiale dieregesondheidsfo-
rums bedank vir die baie groot bydrae wat hulle in dié verband gelewer het.
Hierdie werk sal in die toekoms voortgesit moet word en Suid-Afrika sal ook ‘n punt moet bereik waar ‘n besluit oor sy nuwe status-aansoek by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid geneem word. Die Nasionale Dieregesondheidsforum het ‘n spesiale komitee wat die bedryf hieroor sal adviseer.
In die verslagperiode het die minister ook die verslag bekend gemaak van die tegniese taakspan oor biosekuriteit.
Die implimentering van die aksieplanne is nou noodsaaklik.
Dit het in die eerste helfte van die verslagperiode baie sleg gegaan met die beskikbaarheid van entstowwe.
Die benadering is om groter privaat sektor-betrokkenheid te kry en in die laaste gedeelte van die verslagperiode was daar goeie nuus oor die registrasie van entstowwe wat toegestaan is vir produksie in die privaat sektor.
In die verslagperiode het ons die post-COVIDera betree. Dié era was goed vir die bedryf aangesien die vraag na rooivleis aansienlik gestyg het.
Dit het egter nou heeltemal verander en die ekonomiese impak van COVID, beurtkrag en hoë insetkoste het gelei tot die feit dat daar nou baie druk op die ekonomie is weens ‘n lae groeisyfer en ‘n hoë inflasiekoers.
Dit het ‘n negatiewe uitwerking op pryse in die rooivleisbedryf.
Produsentepryse het baie gedaal en beurtkrag het die waardeketting se koste opgejaag, tot nadeel van die bedryf. Kleinhandelspryse het stagneer, wat sekerlik goeie nuus is vir verbruikers.
Dit is steeds noodsaaklik dat die werksaamhede van die Rooivleisbedryfsforum sal voortgaan en dit is van kritieke belang dat ons binne die totale waardeketting as rolspelers inligting sal deel en beleidsbesluite sal formuleer.
In die jaar wat voorlê sal die bedryf ook saam met die staat ‘n punt moet bereik waar ‘n besluit geneem word oor vir watter status ons by die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid aansoek sal doen in terme van bek-en-klouseer.
In die komende periode sal die naspeurbaarheidstelsel ‘n punt moet bereik waar daar praktiese implementering sal wees en Rooivleisbedryfsdienste sal ‘n baie belangrike rol hier moet speel.
Die landboumeesterplan is tydens die verslagperiode gefinaliseer en dit is duidelik dat die oogmerke van die bedryf baie goed koördineer met dit wat in die meestersplan oor die rooivleisbedryf uitgespel word.
In die periode wat voorlê sal dit noodsaaklik wees om die sogenaamde ronde tafel-besprekings van die grond af te kry en in die bedryf te vestig.
Die goeie werk wat die Compliance Komitee in terme van etikettering in die rooivleisbedryf gedoen het, spesifiek met alternatiewe produkte, sal verdere aandag moet geniet.
Verder is dit noodsaaklik dat die rooivleisbedryf sy mark sal verbreed en op uitvoermarkte sal fokus, nie net vir vleis nie maar ook vir genetiese materiaal, het hy gesê.
Bron: RPO
Die jongste verslag van veesiekteneigings soos informeel gerapporteer deur veaartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van SuidAfrika (RuVASA) behoort, het die volgende kwessies uitgelig
Eksterne parasiete
Blou bosluise (Afrika en Asïatiese blou bosluise) kan Afrika en Asïatiese rooiwater, anaplasmose en knopvelsiekte oordra. Beoordeel die weerstandigheid van bloubosluise op jou plaas voor jy bosluiswerende middels aankoop. Jou veearts kan bloubosluise wat vol bloed is versamel en vir weerstandigheid toets.
Hartwater-parasiete word deur bontbosluise oorgedra. Bosluise veroorsaak ook bloedarmoede en skade aan die uier, ore en vel. Dit is die belangrikste om skade aan die uier te voorkom. Bosluise met lang monddele, soos bont- en bontpotige bosluise kan onherstelbare skade aan die spene en uier aanrig. Skroefwurmbesmetting kom algemeen ná bosluisskade voor.
Bosluis-oordraagbare siektes
Asïatiese hartwater is besig om te versprei en dit is een van die dodelikste siektes onder beeste. Mortaliteite kom voor wanneer vatbare diere in gebiede geplaas word waar bosluis-oordraagbare siektes voorkom. Verskeie mortaliteite is aangemeld. Diere moet voor die ouderdom van agt maande ingeënt word en ‘n veearts moet raadgepleeg word.
Anaplasmose-uitbrekings is in sewe provinsies aangemeld. Steekvlieë is die grootste draers van dié siekte. ‘n Ander rede hiervoor is wanneer dieselfde naald gebruik word tydens inenting.
Rooiwater en anaplasmose kan bevestig word as bloedmonsters onder ‘n mikroskoop beskou word. Dit bly van kardinale belang om diere in te ent.
Boere moet versigtig wees om vatbare diere in gebiede te plaas waar daar besmette bosluise is, of wanneer diere met besmette bosluise na siektevrye gebiede verskuif word. Wanneer nuwe diere aangekoop word, moet die veearts in die gebied waarvan die diere afkomstig is geraadpleeg word, sowel as die veearts in die gebied waarheen die diere verskuif word.
Insek-oordraagbare siektes
Insekgetalle het weens die koue weer afgeneem en daarom is daar minder insek-oordraagbare siektes aangemeld. Bloutong-uitbrekings in die Wes-Kaap was die uitsondering.
Knopvelsiekte is in vyf provinsies gerapporteer. Maak seker diere is ingeënt en moenie tydens ‘n uitbreking inent nie. Knopvelsiekte word deur steekvlieë, insekte en sekere bosluise oorgedra. Wanneer ‘n uitbreking op ‘n plaas voorkom, kan die virus ook met ‘n spuitnaald versprei word.
Drie-dae-stywe-siekte is in twee provinsies aangemeld. Daar was ook berigte van lae konsepsiekoerese in kuddes waar die siekte algemeen voorkom.
Bloutong het tot groot probleme gelei omdat geregistreerde entstowwe nie beskikbaar was op die tydstip wat die ooie ingeënt moes word nie. ‘n Nuwe inaktiewe bloutong-entstof is geregistreer en sal binnekort beskikbaar wees.
‘n Vlaag van aborsies mag op Slenkdalkoors dui. Dié virale siekte is ‘n soönose. Moenie in kontak kom met besmette materiaal soos nageboorte en bloed nie. Kontak jou veearts onmiddellik as jy vermoed die siekte kom onder jou diere voor.
Bakteriële siektes
Die meeste van die siektes kan deur inenting voorkom word. Multi-klostridiale inentings moet gebruik word wanneer sponssiekte-uitbrekings steeds voorkom met die gebruik van ‘n inenting wat Clostridium chauvoei bevat. Onthou om ‘n tweede inenting te gee wanneer die ge-inaktiveerde inenting vir die eerste keer toegedien word. Lees die instruksies in die pakkie.
‘n Veearts moet geraadpleeg word wanneer Cryptosporidium/E. Coli-uitbrekings in ‘n gebied voorkom om verliese van lammers en kalwers te voorkom.
Ensoötiese aborsies dra by tot die verdwyning van fetusse in skape en bokke wat in skanderings swanger vertoon het (verdwyningsiekte). Ent vervangingsooie met die lewendige entstof in voor hulle by die ram geplaas word.
Bron : RuVASA
Vandag is die dag wat die rugby- en netbalspanne van St Thomas Primêr en Liebenberg Primêr van Malmesbury mekaar die stryd aansê in die jaarlikse derby-kragmeting. Hier is die skole se eerste rugby- en netbalspanne wat sake sal uitspook.
Voor is Mnr M Philips, Aiden Krynauw, Cowen Solomons, Me S Ziegers, CJ van Rhyn, Trevor Mckenzie en Mnr J Markus. Middel: Ishan Geduld, Dimitri Adonis, Chesley Isaacs, Riduwaan Sheldton, Ayden-Theo van Harte, Mnr K Meyer, Zhaiden Edas, Ashwill Appollis, Kirklynn van Staden en Michael van Zyl. Agter is Lathan Diedericks, Lucio Williams, Gernick Snel, Tyreec Visagie en Sherwin Tamboer.
Liebenberg Primêr o.13A-rugbyspan: Voor is Brunot Pieterse, Mekyle Stuurman, Gurston Dixon, Franco Barends, Indiphile Dlumane en Mahir Kasu. Agter is Jaden Willemse, Eldrigde Levendal, Kur Sauls, Marcus Esau, Benito Swarts, Enslin Papier, Christiano Adams, Xavier Engelbrecht, Jonade Hendricks, Paulwin Adonis en Niyaaz Mackenzie.
Kontak ons op 076 178 8091
admin@swartlandjoernaal.co.za
Unique
Merencia Esau en Calista Josias. Voor is Eunice Wildschut, Me V Isaacs, Donay Visser, Me N van Rooy, Ava Hendricks en Me S Ziegers.
Located in the heart of the Cape Floristic Kingdom, Darling and its surrounding areas are home an astounding variety of unique wildflowers that occur nowhere else in the world!
During the third weekend in September the Darling Wildflower Show shares the botanical beauty of the region in the form of a landscaped wildflower exhibition comprising of renosterveld, vleiland (wetland), sandveld and strandveld plants.
The 2023 Darling Wildflower Show offers visitors an opportunity to see some of the unique wildflowers up close, many endemic and restricted to the area.
There will be a specimen table where you can learn botanical and common names for example
Bobbejaantjie, Kelkiewyn and Snotrosie.
Your ticket also gives you access to the Darling Museum and marketplace where you can grab a snack from one of the food vendors while listening to local music and shop for local produce and indigenous plants.
As an added bonus you will also be contributing towards the conservation of Darlings wildflowers.
This year visitors can make use of the shuttle services with the hop-on-hop-off bus that will take them to all the different destinations on the flower route.
A day pass wil set you back R40 per person and a one-ride ticket will cost R10.
Tickets are available on the mini-bus.
The Darling Wildflower Society is looking for volunteers to assist on the following days:
Building the display layout on 11 Sep
Picking wildflowers in the veld on 13 Sep.
Placing flowers in test tubes on 12-14 Sep
Building the display on 11-14 Sep
Ticket sales / Gate on 15-17 Sep
Interact with visitors at show on 15 - 17 Sep
Breakdown and clean up of display on 18 - 19 September.
If you would like to become involved with one of the oldest wildflower shows in the world you can contact Sue Hooks of the Society at 082 066 6910.
& Melt Smit 13:37:28; 3 Johan v Aswegen 13:37:56; 4 Singleton Hokke 13:43:17; 5 Johan v Aswegen 13:46:17; 6 Boetie & Baron 14:10:50; 7 Singleton Hokke
13:47:22; 8 Singleton Hokke 13:52:46; 9 Boetie & Baron 14:18:27; 10 John en Marietjie 13:57:50
Ope
1 Singleton Hokke 13:38:20; 2 Singleton Hokke
13:38:53; 3 Singleton Hokke 13:44:24; 4 Henna & Melt Smit 13:45:08; 5 Johan v Aswegen 13:45:06; 6 Singleton Hokke 13:46:07; 7 Henna & Melt Smit
13:47:31; 8 Johan v Aswegen 13:48:30; 9 Boetie & Baron 14:18:04; 10 Johan v Aswegen 13:55:26
MALMESBURY POSDUIF VERENIGING
Beaufort Wes Jo 2 – 2 September 1 Marais Hokke 1278.7427; 2 G Williams
1273.0636; 3 Limbardi 1259.0329; 4 Bordeaux A 1234.2567; 5 Marais Hokke 1229.1700; 6 Marais Hokke 1229.1041; 7 Splendidior 1223.5537; 8 Limbardi B 1221.9720; 9 Lewisham Lofts 1213.0909; 10 Marais Hokke 1212.7828
Beaufort Wes Ope 2 1 Kotze Familie Hokke 1277.5422; 2 Marais Hokke 1273.9105; 3 Lewisham Lofts 1264.6176; 4 Limbardi 1240.6792; 5 Limbardi B 1240.2904; 6 Splendidior 1239.8704; 7 Lewisham Lofts 1238.1884; 8 Kotze Familie Hokke 1228.4534; 9 Marais Hokke 1226.9332; 10 Limbardi B 1224.5557
Gelukwensing
Congratulations
8 September - Baie geluk ANITA WITBOOI met jou verjaarsdag (ons eie ouma Sarie) Mag God jou ryklik seën op die spesiale dag. Liefde - Lollie en Beneta
8 September - Baie geluk SHARON VAN BOOM, ‘n suster, vriendin, moeder, tante en ouma met jou geboortedag vieringe.Alle seënwense en voorspoed op die nuwe lewensjaar. Baie liefde. Van: jou susters, kinders en kleinkinders
Tennis: Hoërskool Swartland se tennisspanne het verlede Vrydag vertrek om aan die Gerrie Berner-toernooi in Moorreesburg te gaan deelneem. Die Rockies speel uitstekende tennis en eindig tweede uit tien spanne. Die uitslae is as volg: 1. Stellenbosch; 2. Swartland; 3. HTS Drostdy; 4. Dirkie Uys; 5. Hermanus; 6. DF Malan; 7. Upington; 8. Bellville; 9. Bredasdorp; 10. Hugenote.
WOW-spelkompetisie: ‘Om korrek te spel is die fondasie van geletterdheid. Geletterdheid is die fondasie van kennis.’ ‘n Groep gr.8- en 9 Rockies het deelgeneem aan die WOW-spelkompetisie. Mieke Liedeman (gr.9) behaal ‘n vierde plek by Weskus en Madelé Steyl (gr. 8 )behaal ‘n tweede plek. Hierdie twee dogters dring deur tot die Nasionale rondte wat by die Universiteit van Stellenbosch plaasvind.
Landloop: Baie geluk aan Isabel du Bruyn wat opgeneem is in die Boland Landloopspan.
Fietsry: Leam Cilliers het onlangs aan verskeie MTB-fietswedrenne deelgeneem. • SPRING BREW
MTB RACE: Junior Seuns Afdeling: 6de plek met ‘n tyd van 1:07:34,122: VINES AND VIEWS: 3de plek met ‘n tyd van 1:07:11.
Die hele skool is op 25 Augustus bederf met koek om die Interskole wen behoorlik op ‘n soet noot af te sluit. Dankie aan me. Boutshikaris vir die bak van hierdie beloning. Dit het behoorlik geproe soos ‘n wen.
7's-toernooi: Swartland se 7’s rugbyspanne het op 26 Augustus deelgeneem aan die Montagu 7’s-toernooi. Die Rockies doen goed en doen baie ervaring op. Die uitslae is soos volg: o.17-span: Wen 1 uit 4 wedstryde. o.15-span: wen 3 uit 4 wedstryde. Hulle speel gelykop in die finaal teen Montagu met ‘n telling van 21-21 (na ekstra tyd). Montagu “wen” omdat hulle die 1ste drie gedruk het. Erchel Hanga (inlas) word ook aangewys as speler van die dag. Baie dankie aan Ocean Processors wat die o.17-span geborg het. Dit word baie waardeer deur die seuns en die skool.
Borg: Baie dankie aan Malmesbury Groothandel Kwekery vir die pragtige tuin by ons Rockie pilare, se uitleg, en die borg van die plante en besproeiing.
Gimnas: Jana Bruwer is onlangs in die Wes-Kaap gimnastiekspan opgeneem.
Darling-uitstappie: Die graad 8-groep het 'n uitstappie na Darling Romery en Darling Olives geniet. Hulle was in 2 groepe opgedeel waar een groep na die olyfplaas en die ander ‘n toer van die romery se fabriek gehad het. By Darling Olives het hulle ‘n verskeidenheid van produkte geproe, soos: olyf-tapenade, ingelegte-olywe, olyf-konfyt en olyfolie. By Darling romery het die kinders die prosesse gesien waartydens die onsuiwerhede vanuit melk verwyder word, die bottelering van die melk en yogurt produkte asook die verpakkingsprosesse. Om dit alles te kroon het die leerders elk ‘n bakkie roomys ontvang om die dag op ‘n behoorlike manier af te sluit. Baie dankie aan Darling Romery vir die opvoedkundige-uitstappie.
Manneaand 2023: Hierdie suksesvolle aand het op Vrydag, 25 Augustus plaasgevind. Baie dankie aan elke man wat die aand bygewoon het. Baie dankie ook aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het om die aand moontlik te maak. Ons waardeer die verskil wat u maak. Graag bedank ons die volgende borge: Suzuki Malmesbury (Hoofborg), BPromotions, RSAM, Alwyn Hanekom, JP Truter, DEL Engineering, Malmesbury Kwekery, Multi Scrap, Swartland Joernaal, Roman's Pizza Malmesbury, AECI Plant Health, WenKem Malmesbury, Malnoplate, Malmesbury Roundtable 262, FlyNet, Malmesbury Dierehospitaal, HCS verkoeling, Ultra Liquors Malmesbury, Tyremart, Hi-tec, Cape Dutch Joinery, MSO, Du Plessis en Mostert Prokureurs, Dassen Eiland Charters, William Koch Attorneys, Blake Family Wines, On Tap, Painters Choice, Salon De Bron Malmesbury, AFGRI en John Deere, Malmesbury MSS, Swartland Winery, Lize Signs BK, Mecano, Scaffsure, Creative Grain Cabinetry, Trusc, DNA Kompos, O'kasi Spyseniering & Spitbraai, David Sadie, Babylon's Peak. ‘n Spesiale dank aan ons eregaste: Burre Burger, Naas Botha, Johan Muller, Bismarck du Plessis, Jimmy Stonehouse en Gerrie Scheepers.