1
Gratis • Free
6 Desember 2023
Nuus met 'n verskil
W/A en Tel: 076 178 8091 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 197
6 Desember 2023
Meals on Wheels se wiele rol Die 'Golden Leaves' van Meals on Wheels op Malmesbury het verlede week besoek afgelê by die nuwe inkopiesentrum, De Zwartland Markt, op Malmesbury. Die groep het die uitstappie onderneem om die nuwe sentrum te verken. Na afloop het hulle by Jo Dolphin aangedoen en hulle dag daar afgesluit.
HIGH TEA
with
DAVE PEPLER
DE ZWARTLAND MANOR
Date: 8th December 2023 Location: Café Myrtledene, Malmesbury Time: 9am until 1pm Dress code: Smart Casual Cost: R100 to book your seat (Limited seats) RVSP: JUANITA BLAAUW 082 438 1369 | juanita.blaauw@kwsa.co.za
2
Kuns vloei in Woolls-are In die Woolls-huisgesin, vloei die liefde en talent vir kuns in elkeen se are. Marlene Woolls, die oudste dogter van die Woolls-egpaar, is 'n bondel energie wat van soggens vroeg tot saans laat haar tyd vul met allerhande werke, ondernemings, gimnastiek en dan leef sy ook haar passie vir die kunste uit deur haar onderneming, Framing Bee. Hier maak sy rame vir allerhande kunswerke, gedenkartikels en vele meer.
Elke raam het 'n spesiale plek in haar hart en sy ken haar eie rame uit wanneer sy hulle teen 'n muur teëkom. Marlene het nog altyd 'n passie vir kinders gehad en wou graag kindersielkunde studeer. Sy het vinnig besef dat sy deur kuns en gimnastiek ook 'n verskil in talle kinders se lewens kon maak, sonder dat sy reeds haar kwalifikasies voltooi het. Marlene se geel motor, dieselfde geel as haar
Marlene en haar ma Gerda Woolls in die opwipwinkel van Framing Bee. kenteken, word vinnig raakgesien, daar waar dit ookal geparkeer staan. Sy het selfs haar jonger suster ook die kuns van raamwerk aangeleer. Haar pa, Hannes, is 'n kranige kunstenaar en help haar met die glassnywerk van haar rame. Haar ma, Gerda, pas bedags hul nuwe winkel in die De Zwartland Martk op. Hierdie winkel het ook per toeval oor hulle pad gekom toe Marlene 'n raam moes maak vir een van die argitekte van die sentrum. Hy was so beïndruk met haar werk, dat hy haar genooi het om 'n opwipwinkel in die sentrum staan te maak. Vandag word hier talle van pa Hannes se skilderkuns, asook ander kunstenaars se werke, uitgestal. Marlene se energie is aantasbaar as sy besoekers tot die opwipwinkel groet en welkom heet met haar breë glimlag. Sy vertel dat sy al amper 300 rame gemaak
29 DESEMBER 2023 YZERFONTEIN
TEN BATE VAN YZERFONTEIN ROUND TABLE
VENUE:SKUINS OORKANT BUILD IT
het sedert sy twee jaar gelede met Framing Bee begin het. Die een wat haar egter bybly, is die raam wat sy vir 'n gevalle brandweerman van Swartland Munisipaliteit gemaak het. Hierin is sy foto, baadjie en eieningskaart verewig en aan sy vrou oorhandig deur die span wat saam met hom gewerk het. Vir Marlene is elke raam wat sy maak 'n nuwe uitdaging. Van rame wat uit 'n 3-meter plank gesny word, tot piepklein rame wat so klein is dat die kunstenaar se naam nie eens op die kunswerk inpas nie. Elkeen is vir haar spesiaal. As jy Marlene se rame van naderby wil bestudeer, besoek die opwipwinkel van Framing Bee in die De Zwartland Markt, of kontak haar op 076 608 7312 of marlenewoolls9@gmail.com.
6 Desember 2023
3
PPC: Handover of two business hubs in Riebeek West
PPC Riebeeck sponsored four lock-up and go Business Hubs to SMME’s in the Riebeek communities as part of its 3rd generation Social and Labour Plan projects; 2 in Riebeek West and 2 in Riebeek-Kasteel. The purpose of the business hubs are to provide formal trading spaces for SMME’s currently operating their businesses from home or for start-up businesses. Construction of the business hubs commenced in March 2023 and was completed on 3 November 2023. An amount of R631 535 was spent on the project. The business hubs were handed-over to the Swartland Municipality for allocation to SMME’s in the Riebeek Valley on 24 November 2023.
PPC: Handover of two business hubs in Riebeek Kasteel
The business hubs were handed over to the Swartland Municipality to allocate to business owners in Riebeek West and –Kasteel during a hand-over ceremony held on 24 November 2023. The two business hubs in Riebeek West were allocated to Sofia Daniels of RETHA’S DAILY BREAD for her Bakery and to Desiree Hendricks of LEMEUL PROVERBS 31 (PTY) LTD who will host her catering and take-away business. The two business hubs in Riebeek-Kasteel were allocated to Thandisizwe Mnyango of MNYANGO TAKE AWAYS for his fast foods business and to Ntombizodwa Mkuzo of EYOQHAMA FASHION CLOTHING for her clothing business.
4
6 Desember 2023
Swartland Munisipaliteit fokus op padveiligheid die feesseisoen
Verlede week het die Swartland Munisipaliteit sy jaarlikse Feesseisoen-padveiligheidsveldtog bekend gestel. Die veldtog is afgeskop by die N7-weegbrug net buite Moorreesburg. Met die aanvang van die Feesseisoen, word pad- en vervoerveiligheid 'n nog groter prioriteit as gevolg van die toename in die aantal padgebruikers. Sommige van die Wes-Kaap se besigste roetes loop deur die Swartland, insluitend die R27 en die N7, en die munisipaliteit wil moeite doen om 'n veilige Feesseisoen op hul paaie te verseker. "Dit is waarom ons verkeer- en wetstoepassingsbeamptes regdeur die Feesseisoen aan diens sal wees. "Ons Wetstoepassings- en Verkeersdepartement gaan nou saamwerk met ander belanghebbendes in die streek, insluitend die Provinsiale Verkeersdepartement en die SAPD. Ons K-9 eenheid gaan ook help en gaan fokus op die opsporing en voorkoming van die smokkel van onwettige stowwe. "Ons Feesseisoen plan gaan daarop fokus om 19de
21ste sedert 2002
Skilpadsaal , Esperia Straat Vredenburg
13 - 22 Desember 2023 Weeksdae: 10:00-19:00 Saterdae: 10:00–18:00 & Sondae: Gesluit Laaste dag 22 Desember: 10:00–15:00 Oop op 15 & 16 Desember 2023
Besoek ons vir al u Kersgeskenke Almal hartlik welkom!
Kontak Anna Brand
0836097142
Oop tydens beurtkrag!
ons paaie veilig te maak vir voetgangers en motoriste. Daarom gaan ons 'n nul-toleransie benadering hê op ons paaie vir dronk bestuurders of voetgangers. Die formule is eenvoudig: Alkohol en die pad meng nie! Ons gaan ons K-9 eenheid inspan om die vervoer van onwettige stowwe of gesmokkelde goedere te monitor en voorkom. Swartland Munisipale Wetstoepassings- en ons LEAP (Wetstoepassingsvorderingsplan) beamptes gaan ook alle ander wetstoepassingsagentskappe bystaan as kragvermenigvuldigers om genoegsame hulpbronne oral te verseker en sodoende die Fees Seisoen op ons paaie en in ons gemeenskappe veilig te maak. "Namens ons hele gemeenskap wil ek my opregte dank uitspreek aan al ons wetstoepassings- en verkeersbeamptes wat diens gaan doen gedurende die Fees Seisoen. Dankie dat julle tyd saam met jul gesinne en vriende opoffer om die ons paaie veilig te hou. Ek wil ook alle inwoners en besoekers herinner dat veiligheid almal se verantwoordelikheid is," sê Burgemeester Cleophas.
6 Desember 2023
5
Damvlakke in die Wes-Kaap
Partytjie: Anneke Steyn en haar ma, Surietha Steyn van Purple Fidgets bied sedert
Junie-maand vanjaar kunsklasse as vrywilligers by die Goue Aar Ouethuis op Malmesbury aan. Hulle het onlangs 'n Kersfeespartytjie vir die kunsstudente van die ouetehuis aangebied om die jaar op 'n hoë en feestelike noot af te sluit. Hulle het aanvanklik met 6 bejaardes begin en eindig die jaar op 42 wat elke Dinsdagoggend die klas bywoon
7's-toernooi: Alle paaie sal die naweek na die Dieprivier Sportgronde lei in vanjaar se Gammat 7's-toernooi, aangebied deur Never Despair. Die spanne wat kragte sal meet is CK Warriors onder leiding van Alexander Adams, Oubenk Steppers (Wesley Laing), Big Boys (Frederick R Persent), CK Jaguars ( Jan Jaque Goliath), Legacy (Monray Adonis), Fastes Ever (Mathew Samson), Young Rebels (Vitri van der Westhuizen) en CK Harlequins (Cohen Enzlin Goliath). Die eerste wedstryd skop om 09:00 af. Toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders jonger as 13 jaar. Voertuie beloop R10 elk.
6
6 Desember 2023
Kopkrapper van die week
Moeilikheidsgraad: Maklik
Opskop: L&T Sounds het onlangs 'n langarmdans ten bate van die Elkana Kindersorg-
sentrum op Malmesbury aangebied. Daar is behoorlik gesokkie op die maat van die musiek. Onder is Tiaan Kotze, organiseerder en eienaar van L&T Sounds saam met Roché Afrikaner van Elkana en vriende..
7
6 Desember 2023 GELUKWENSING Congratulations
3 Desember - Baie geluk KAY-LEE met jou 5de verjaarsdag. Ons wens jou net die mooiste en beste toe. Dankie vir die liefde en geluk wat jy in ons lewe bring. Van: Oupas, Oumas, Franklin en res van familie
STERFGEVAL OBITUARY
JACOB (Japie) SOLOMONS – Gebore: 18 September 1945. Oorlede: 2 Desember 2023. Begrafnis-reëlings is soos volg Roudiens: Donderdag, 7 Desember om 19:00, Begrafnis op Saterdag, 9 Desember 2023 om 09:00. Beide dienste sal plaas vind by St. Paul's AME Kerk h/v Eike & Jakarandastraat, Malmesbury
BETREKKING VACANCY VAKATURE :OPERASIONELE KOöRDINEERDER LOUW DIGGERS : MALMESBURY Minimum kwalifikasie • Moet oor ‘n naskoolse kwalifikasie in Siviele Ingenieurswese beskik • Moet ten minste oor 5 jaar se toepaslike ondervinding in die bedryf beskik • Moet deeglike kennis hê van i.e. projekbestuur, kwaliteitsbeheer, omgewingsbestuur, beroepsgesondheid • Moet rekenaarvaardig wees in o.a. Word, Excel, Powerpoint ens. • Moet oor deeglike kennis beskik van die Xero Finansiële stelsel • Moet oor ‘n geldige rybewys beskik
Uitsette • Lewer ‘n ondersteunende funksie aan die HUB (CEO) • Skakeling met derde partye m.b.t. diens, onderdele en produkreeks • Skakeling met personeel rakende diens en produk verskaffing • Koördineer en invoer van fakture – Xero Finansiële stelsel • Koördineer kwaliteit sisteme en stelsels • Moet onder druk kan werk • Moet oor goeie mense verhoudinge beskik
Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die HUB (CEO) van Louw Diggers. ‘n Volledige CV en motiverings brief moet Louw Diggers teen 13 Desember 2023 bereik. Geen laat aansoeke sal oorweeg/ aanvaar word nie. E-pos aansoek na ricokruger54@gmail. com of per hand by Louw Diggers Malmesbury. Louw Diggers behou die reg voor om nie te pos te vul nie. Indien u teen 18 Desember 2023 geen terugvoering ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol.
Opportunity to join Swartland Municipality To view the full advertisement, job requirements and response details, please visit www.swartland.org.za or call Deodat Carolus on 022 487 9400.
Head: Financial Statements Directorate: Financial Services • Reference number: V65/23 • Salary scale: R478 764 - R621 372 p.a. (T14) Closing date: 18 December 2023 at 12:00
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za
149650
8
6 Desember 2023
W/A: 076 178 8091 • Tel: 076 178 8091 • Uitgawe 197 • 6 Desember 2023
MKK klop Darling Die Malmesbury Krieketklub het Saterdag op tuisbodem teen die span van Darling te staan gekom. Malmesbury se eerstespan het 196 lopies aangeteken, met 7 paaltjies plat. Darling het geantwoord met 142 lopies, almal uit in die 47.1ste boulbeurt. Malmesbury wen dus die wedstryd met 54 lopies. Die tweedespan het ook oor Darling geseëvier en met 305 lopies gewen.
Corporate Classic: Die Swartland Corporate Classic,
in samewerking met Old Mutual Spies & Associates het die naweek op die Malmesbury-gholfbaan plaasgevind. Die uitslae is soos volg: (Samespel-stableford - Classic 72): C Petersen en M Ledimo 50; S Klasen en C Farao 48; G Spangenberg en A Uys 47; G prinsloo en G Kriek 47; G Agenbag en B de Wet 47;, P Burger en P Otto 47; M Hendrickse en D Coetzee 46;, D Ross en M Coetzee 46; S Pietersen Jr en W van der Merwe 46; M O'Kennedy en H Burger 45.
Geseënde Kersfees
en ‘n voorspoedige 2024 aan al ons getroue ondersteuners.
Tel: 022 482 4644 | E: info@louwdiggers.co.za | www.louwdiggers.co.za
LOUW DIGGERS