Swartland • Bergrivier 1
5 Februarie 2020
Free • Gratis
Nuus met 'n verskil
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
5 Februarie 2020
Samuel Walters het hierdie foto van die Voëlvleidam vasgevang. Die damvlak staan nou op 71.3%, in vergelyking met verlede week se 73.1%.
Vrede van Vallei vir top-Bok bl 3
Stand van die damme
Die kwik styg en die damvlakke daal in die Swartland en verdere warm weer word vir die volgende paar dae deur die kenners voorspel. Die totale watervlak van die watervoorsieningskanaal van die Wes-Kaap het die afgelope week van 71.9% tot 70.3% gedaal. Dieselfde tyd verlede jaar, het hierdie damvlak op 59.1% gestaan. Die Bergrivierdam se vlak staan nou op 83.9% in vergelyking met verlede week se
85.5% en verlede jaar se 81.8%. Die Theewaterskloofdam se vlak het die afgelope week van 65.4% na 63.8% gedaal. Verlede jaar dieselfde tyd het die damvlak op 45.8% gestaan. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, het vanaf 73.1% verlede week, na 71.3% hierdie week gedaal. Verlede jaar het die damvlak op 74.3% gestaan. Bron: www.capetown.gov.za
Nuus • News
2
5 Februarie 2020
Nuus • News
Nuus • News
3
5 Februarie 2020
•TOP-BOK VEREER OP AAND VAN IKONE SAAM MET BEKENDES
Pieter-Steph ontvang "Vrede van Vallei"
•Izélle Fouché Pieter-Steph du Toit is nou wel die goue seun van wêreld rugby, maar in die Riebeekvallei is hy steeds die plaasseun wat as kaalvoetkannetjie al opspraak gemaak het op die rugbyveld. "Toe al het die ouens aan jou gehang soos vinke, net om jou plat te trek en vandag is dit niks anders nie." So het Henk Bruwer Donderdagaand in 'n volgepakte saal op Delsma-plaas gesê toe hy die Vrede van die Vallei aan Pieter-Steph oorhandig het. "Dit beteken nou nie dat jy nie meer by die stopstrate moet stop nie," het Bruwer gekoggel. Pieter-Steph was een van die ikone van die fondsinsameling van die ACVV Riebeek-Kasteel se "Aand met Ikone", waar Toks van der Linde as seremoniemeester opgetree het en Jannie du Plessis en Kevin Leo die gehoor met hul sangstukke vermaak het. Pieter-Steph se ouers, Annelien en Pieter, sy vrou, Willemien en broer Johan het ook die geleentheid bygewoon. "Hierdie man is nie net vir my die beste speler in wêreldrugby vir 2019 nie, hy is volgens my die beste rugbyspeler wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het," het Van der Linde vertel. Pieter-Steph het staaltjies van die afgelope Rugby Wêreldbeker-toernooi vertel en met die gehoor gedeel hoe hy 'n gat in die long gekry het na 'n akkupunktuur-sessie. Hy het ook die Stormers, waarvan hy en sy broer Johan spanlede is, se oogmerke vir die komende seisoen van Superrugby gedeel.
Uitslae Results
Malmesbury Gholfklub Saterdag 1 Februarie 2020 Formaat: Betterball Stableford 1. J. Smit & P February 47 2. I. Adams & C. RInkwest 46 3. E. Lingeveld & R. Mehl 46 4. M. April & F. September 45 5. D. Du Plessis & D. Du Plessis 44 6. G. Sphangenberg & E. Matthysen 44
"Dis ons laaste seisoen op Nuweland en ons kon nog nooit vir ons tuisskare 'n toernooi-oorwinning gee nie. Ons wil graag ons geskiedenis op Nuweland suksesvol afsluit en ons ondersteuners hiermee beloon," het Pieter-Steph vertel. Pieter-Steph was egter nie altyd 'n Stormer nie en het sy rugbyloopbaan by die Haaie in Durban begin, ná hy aan die Hoërskool Swartland op Malmesbury matrikuleer het. "Die gesels was maar moeilik, want dis mos Engelse wêreld daardie. Dit het maar gesukkel, maar daar was gelukkig ander ouens wat van die Vrystaat gekom het, so ons het mekaar so op ons manier verstaan. "Ek het al 'n hele paar keer my naam lekker met 'n plank geslaan as ek Engels moet praat, maar ek moet sê, dit raak darem nou al beter," het hy van die verhoog af geskerts. Alhoewel Pieter-Steph reeds aanbiedinge van oorsese klubs ontvang het, het hy dit nog nie oorweeg om sy land te verruil nie. "Suid-Afrika is my land en die vallei is waar ek wil bly. As jy hier oor die berg gery kom, is daar geen ander prentjie wat so mooi is soos die vallei nie. "As jy eendag 'n legende wil wees, of 'n nalatenskap wil hê, moet jy dit tuis doen. Nie oorsee nie. "My familie is ook die belangrikste deel van my lewe. My familie is hier en ek sal hulle nooit hier los om elders rugby te gaan speel nie. Ja, dit is 'n groot geleentheid en aangesien ons pas 'n baba ryker geword het, wil ek hom hier grootmaak en nie in die verte nie. Ek en ons hoort
hier, want dis hier waar my huis en my hart is," vertel hy. Tiny van Rensburg het as deel van die fondsinsameling 'n rugbytrui, geteken deur Pieter-Steph, asook 'n rugbybal opgeveil. Na 'n ge-tou-trekkery tussen Toks van der Linde en Delico, het hulle besluit om kragte saam te span en het UD Trucks ook deel van die span geword. So is die trui vir R42 500 opgeveil. Die getekende rugbybal het R7000 gehaal. Alles word ten bate van die ACVV Riebeek-Kasteel aangewend. Die ACVV Riebeek-Kasteel bestaan uit drie afdelings: Die dienssentrum, die maatskaplike werkers en die selfsorg-oord van 24 huise. In die afgelope paar jaar het die tak ekstra maatskaplike werkers aangestel en ook hulpwerkers, sodat hulle die gemeenskap kan dien. Die liefdadigheidswinkel vaar ook uiters goed en gaan maandeliks van krag tot krag. "Ons is altyd op soek na enigiemand wat bereid is om 'n bietjie van hul tyd en kennis af te staan aan die ACVV Riebeek-Kasteel. Ons wil ons gemeenskap bemagtig en ophef en ons kan dit net doen met die hulp van ons gemeenskap," vertel Sandra Bester, wat aan stuur van sake staan en ook die geleentheid gereël het. Enige persoon wat bereid is om sy tyd of kennis te skenk, kan Michele Goosen kontak by (022) 448-1424.
Pieter-Steph du Toit, die wêreld se beste rugbyspeler van 2019, het die Vrede van die Vallei van Henk Bruwer vir sy bydrae tot die opheffing en bemagtiging van die Riebeekvallei. By hom is seremoniemeester Toks van der Linde.
4
Gesondheid • Health
5 Februarie 2020 Promosie
Finansies: Is kontant die langtermyn antwoord? • Guillaume Oberholzer Kontant is tans die voorkeur bateklas by menigte beleggers, dié voor hul aftrede sowel as dié na hul aftrede. Risiko bateklasse (aandele en eiendom) word verkoop om veilig in kontant te hou en ’n lae risiko opbrengs te verdien. Die vangplek by bogenoemde is dat rente op kontant nie ’n voldoende na-inflasie
opbrengs oor die langtermyn lewer om ’n groeiende inkomste te bied nie. Talle beleggers sal genoodsaak word om risiko bates terug te koop, teen duurder pryse as waarteen hulle dit verkoop het, om boinflasie groei te behaal. Wat beleggers egter in die bogenoemde logika laat twyfel is die opbrengste die afgelope 5 jaar.
Nuus • News
Cure Daghospitaal vir jou een-dag-oplossing Cure Daghospitaal Paarl vier vanjaar sy 8ste bestaansjaar en is een van nege hospitale in die Cure Groep. Cure Paarl is geleë in Noorder-Paarl wat dit gerieflik maak vir pasiënte van die Swartland. Cure Paarl fokus op dag chirurgie en prosedures sluit die volgende in: Tandheelkunde, Oogchirurgie, Ortopodie, Urologie, Ginekologie, Gastroskopies, Algemene chirurgie, Plastiese chirurgie en Oor-, neus- en keel chirurgie. Cure Paarl het 3 toegeruste teaters met 34 beddens met ‘n pragtige kindersaal waar kinders en hulle ouers gemaklik sal in voel. Wat is die voordele van ‘n daghospitaal? Laer tariewe, korter herstel periode, kindervriendelike omge-
wing, infeksie beheer en beplande toelating en ontslag prosesse. Cure Paarl streef daarna om die beste mediese sorg vir hulle pasiënte te bied in ‘n ontspanne omgewing. Ons gekwalifiseerde verpleeg personeel sorg dat ons pasiënte gemaklik en goed versorg word Cure Paarl is ook ‘n erkende COHSASA (Council for Health Service Accreditation of South Africa) fasiliteit. COHSASA is die enigste mediese vereniging wat internasionale erken word om mediese fasiliteite van hoë standaarde verseker. Besoek gerus ons webblad www.cure.co.za vir meer inligting of skakel ons by 021 200 2309.
Die twee algemeenste kankers onder Suid-Afrikaanse vroue, is servikskanker en borskanker. Vroeë opsporing hiervan beteken 'n groter kans op oorlewing en 'n groter keuse in die behandelingsplan met byvoorbeeld minder ingrypende operasies, waar dit dikwels nie nodig is om die baarmoeder of die bors te verwyder nie. Neem dus deel aan siftingsprogramme om kankers vroeg op te spoor. • Mammogramme vanaf die ouderdom van 50 (WHO-riglyne) of jonger, indien enige risikofaktore byvoorbeeld jong familiegeskiedenis van borskanker • Jaarlikse borsondersoek deur gesondheidswerker • Selfondersoek: Neem notisie van enige veranderinge in die borste, byvoorbeeld 'n knop of velveranderinge en meld dit aan by jou gesond-
heidswerker • Gereelde papsmere. Onthou ook dat daar 'n inenting beskikbaar is teen van die virusse wat servikskanker kan veroorsaak. • Dr Veronica Steenkamp
Dokter maan vroue om ondersoeke te doen Aandele se vyf-jaar gemiddeld tot einde 2019 is 6% per jaar met eiendom op 1,21%. Tesame met die huidige wisselvalligheid in die mark en swak ekonomiese klimaat lyk kontant baie meer aantreklik.
Kyk ons egter na rollende 10-jaar opbrengste sedert 2005 lyk die prentjie anders. Hou in gedagte dat die afgelope vyf jaar se opbrengste, asook 2008 se resessie, ingesluit is in die onderstaande syfers.
Uit bostaande is dit duidelik dat aandele en eiendom kontant uitpresteer oor tyd. Tans is baie beleggers se risiko dat hulle nie genoeg blootstelling het aan risiko bates binne hulle portefeuljes nie en dit dan later van tyd teen duurder pryse aankoop. Historiese prestasie is nie ’n aanduiding van toekomstige prestasie nie, maar siklusse en tendense herhaal hulself. Gaan risiko bates weer opbrengste van
15% per jaar lewer? Niemand weet nie, maar die waarskynlikheid dat hulle kontant gaan uitpresteer oor tyd is baie groot. Pryse vir risiko bates is op langtermyn laagtepunte. Moet nie die uitverkoping mis nie en moet verseker nie op die uitverkoping verkoop nie. Dit is belangrik om ‘n finansiele adviseur te gebruik wat nie emosie aangedrewe is nie en waar ‘n langtermyn strategie gevolg word.
Nuus • News
5 Februarie 2020
Onthou om nie te vergeet!
(Uittreksel uit die boek: “Jou Brein is Joune” – Dr. Nico Allers; Nelia Allers; 130 p; Uitgewers – Groep 7; ISBN NR. 978-1-928327-78-3.) Vergeetagtigheid is ‘n algemene klagte by ouer persone. Jy wil graag vir jou vriende vertel van ‘n goeie rolprent wat jy onlangs gesien het en jy kan net nie die titel van die rolprent onthou nie. Jy staan voor die kitsbankteller en kan net nie jou geheime pinnommer onthou nie. Jy kan nie die naam van ‘n persoon by ‘n herontmoeting onthou wat onlangs aan jou voorgestel is nie. Sulke insidente van vergeetagtigheid kan ‘n verleentheid vir jou skep en soms vernederend wees. By ouer mense gaan hierdie vergeetagtigheid gepaard met ‘n groot bekommernis dat hul in die begin stadium is om demensie of Alzheimer te ontwikkel. Die volgende feite is van belang om onnodige vrese te bestry: Ons liggame (wat die brein insluit) ondergaan fisiologiese veranderinge. Sommige fisiologiese prosesse neem langer om plaas te vind en dit sluit ook seker breinprosesse in. Ons neem dus meer tyd om te onthou. Die brein het die vermoeë om op enige ouderdom nuwe breinbane te vorm. Ons kan dus ons breinvermoeëns verbeter. Net soos met die gebruik van spiere geld die reël vir die brein ook: ‘gebruik dit of verloor dit’ Daar moet egter ook altyd versigtig onderskei word tussen normale vergeetagtigheid; geringe Kognitiewe Aantasting (GKA) en dementia (wat ook Alzheimer's insluit). Hierdie aspekte word deeglik in die boek belig. Oorsake van geheueverlies wat omkeerbaar is: Voordat dementia of geringe kognitiewe aantasting gediagnoseer word, is dit egter belangrik
om omkeerbare oorsake van geheueverlies uit te skakel. Ons lewenswyse, omgewing en gesondheid kan bydra tot geheueverlies. Die volgende kan ‘n rol speel: Alkohol misbruik: Oormatige inname van alkohol is toksies vir die brein en lei tot geheueverlies. Beperk jou alkohol inname tot die minimum. Dehidrasie. Ouer persone is veral vatbaar vir dehidrasie. Ernstige dehidrasie lei tot verwarring, duiseligheid en geheueverlies wat baie kan lyk soos dementia. Drink ten minste 6 tot 8 glase water per dag. Wees veral versigtig as jy waterpille drink, dermkanaalstimulante gebruik of as jy aan diabetes ly. Depressie: Dit is algemeen bekend dat depressie by ouer persone gepaard gaan met geheueverlies. Vitamien B12 te kort. Vitamien B12 beskerm die neurone en is belangrik vir goeie breingesondheid. ‘n Tekort kan selfs permanente skade in die brein veroorsaak as dit nie betyds behandel word nie. Persone wat oormatig alkohol gebruik het ‘n groter risiko vir ‘n tekort aan diè vitamiene. By sommige ouer mense word vitamiene B12 moeiliker geabsorbeer uit die dermkanaal en is maandelikse inspuiting van vitamiene B12 nodig. Tiroied probleme: Tiroied hormoonbeheer jou metabolisme en het ook ‘n invloed op die senuweestelsel. ‘n Tekort aan die hormoon vertraag jou senuwerking en maak jou depressief. Dit kan ook geheueverlies en konsentrasieprobleme veroorsaak. Newe-effekte van medikasie: Baie voorskrifmedisyne sowel as oor-die- toonbank medikasie of sekere kombinasies daarvan, tas jou kognitiewe vermoeë aan en veroorsaak geheueverlies as ‘n newe-effek. Medisyne wat gewoonlik geheue verlies veroorsaak en ‘n afname in
What exactly is the dreaded Coronavirus?
Coronaviruses (CoV) are a large family of viruses that cause illness ranging from the common cold to more severe diseases such as Middle East Respiratory Syndrome (MERS-CoV) and Severe Acute Respiratory Syndrome (SARS-CoV). A novel coronavirus (nCoV) is a new strain that has not been previously identified in humans. Coronaviruses are zoonotic, meaning they are transmitted between animals and people. Detailed investigations found that SARS-CoV was transmitted from civet cats to humans and MERS-CoV from dromedary camels to humans. Several known coronaviruses are circulating in animals that have not yet infected humans. Common signs of infection include respiratory symptoms, fever, cough, shortness of breath and breathing difficulties. In more severe cases, infection can cause pneumonia, severe acute respiratory syndrome, kidney failure and even death. Standard recommendations to prevent infection spread include regular hand washing, covering mouth and nose when coughing and sneezing, thoroughly cooking meat and eggs. Avoid close contact with anyone showing symptoms of respiratory illness such as coughing and sneezing. Protect yourself The standard recommendations for the general public to reduce exposure to and transmission of a range of illnesses are as follows, which include hand and respiratory hygiene, and safe food practices: Frequently clean hands by using alcoholbased hand rub or soap and water; When coughing and sneezing cover mouth and nose with flexed elbow or tissue – throw tissue away immediately and wash hands; Avoid close contact with anyone who has
fever and cough; If you have fever, cough and difficulty breathing seek medical care early and share previous travel history with your health care provider; When visiting live markets in areas currently experiencing cases of novel coronavirus, avoid direct unprotected contact with live animals and surfaces in contact with animals; The consumption of raw or undercooked animal products should be avoided. Raw meat, milk or animal organs should be handled with care, to avoid cross-contamination with uncooked foods, as per good food safety practices. Can pets at home spread the new coronavirus (2019-nCoV)? At present, there is no evidence that companion animals/pets such as dogs or cats can be infected with the new coronavirus. However, it is always a good idea to wash your hands with soap and water after contact with pets. This protects you against various common bacteria such as E.coli and Salmonella that can pass between pets and humans. Does the new coronavirus affect older people, or are younger people also susceptible? People of all ages can be infected by the new coronavirus (2019-nCoV). Older people, and people with pre-existing medical conditions (such as asthma, diabetes, heart disease) appear to be more vulnerable to becoming severely ill with the virus. WHO advises people of all ages to take steps to protect themselves from the virus, for example by following good hand hygiene and good respiratory hygiene. Source: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/advice-for-public
breinfunksie tot gevolg het, sluit in slaappille, antihistamienes, bloeddruk en gewrigsontsteking medikasie, spierverslappers, antidepressante en anti-angs medikasie en sekere pynstillers. As jy bekommerd is oor die effek van jou medikasie op jou breinfunksionering, bespreek dit met jou dokter of apteker, maar moet onder geen omstandighede net jou medikasie stop nie. Voorkoming van geheueverlies: Ons lewensstyl het ‘n geweldige impak op die gesondheid van ons brein. Wat ook al jou ouderdom, daar is baie dinge wat jy kan doen om jou kognitiewe vermoeë te verbeter, geheueverlies te voorkom en om die grysstof in jou brein te beskerm. Leefstyl faktore wat in hierdie boek deeglik onder die soeklig kom, sluit in ‘n gesonde breindieët; aktiewe sosiale interaksie;
Gesondheid • Health
5
Dr. Nico Allers (bo) is die skrywer van "Jou Brein is Joune". breinoefening; kwaliteit slaap; stresvrye lewe en gereelde fisiese oefening. Die boek is saamgestel as ‘n praktiese handleiding om jou te help om jou eie breingesondheid profiel deur middel van vraelyste op te stel; metingstegnieke effektief te gebruik en die belangrikste breingesondheidsinligting te verstaan en toe te pas. Jou brein is joune. Vertrou jouself daarmee! Dit kan bestel word direk vanaf die skrywers by die e-pos adres: nico.allers14@gmail.com. (Prys: R160 + koerierkoste)
Wen:
Jy kan 'n eksemplaar van "Jou brein is joune" wen. WhatsApp jou naam en van en tuisdorp met die slagwoord: BOEK na 061 555 0344 voor Vrydag om 12:00 om hiervoor in aanmerking te kom.
6
Nuus • News
5 Februarie 2020
Wen kaartjies na komende Wen met Valentynsdag! kykNET Buite-ekspo Tien gelukkige lesers sal elk 'n naweekkaartjie na vanjaar se kykNET Buite-ekspo, wat volgende naweek op die Môreson-plaas aangebied word, wen. Stuur 'n WhatsApp met die slagwoord: EKSPO, tesame met jou naam en van en tuisdorp na 061 555 0344 voor Dinsdag om 09:00 om in aanmerking hiervoor te kom. Wenners sal in Woensdag se uitgawe, asook telefonies in kennis gestel word en kaartjies sal by kantoor van Swartland Joernaal op Malmes-
bury afgehaal kan word. Naweekkampering raak nou vinnig vol en kan nog bespreek word deur ‘n e-pos te stuur aan moresonmalmesbury@gmail.com en alreeds opgerigte en toegeruste tent kampering aan admin@you2camp.com. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za / 082 570 5758 vir enige bemarkings- borgskap of media navrae en vir Tersia by accounts@ ekspo.co.za / 071 659 9915 vir uitstallers navrae. Besoek ons webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.
Het jy 'n spesiale persoon in jou lewe? Sê jy gereeld vir daardie beter helfte hoe jy oor hom of haar voel en hoe baie jy hom of haar waardeer? As jy 'n mens is, dan sekerlik nie! Valentynsdag bied die ideale geleentheid om jou geliefde te bederf. En, wat nog beter is, is dat jy dit alles kan doen met 'n geskenk wat een van ons goedgunstige borge aan jou verskaf! Al wat jy moet doen om hiervoor in aanmerking te kom vir een van ons weggee-bederfies, is om in vier sinne vir ons te vertel hoekom jy daardie spesiale persoon so lief het en waardeer. WhatsApp dit na 061 555 0344 voor Maandag om 12:00.
Gereël deur:
Wenners sal in Woensdag se uitgawe bekend gemaak word en geskenke sal by ons kantoor afgehaal kan word. So, moenie wag nie. Laat jou vingers oor die sleutelbord rol en laat weet ons hoekom jou geliefde 'n geskenk verdien!
Trotse mediaborg:
Nuus • News GEKLASSIFISEERD
Februarie2020 2020 55Februarie
Atletiek: Leerders van die Swartland het die naweek op Malmesbury aan die streek se sone-atletiekbyeenkoms deelgeneem. Leerders van skole soos Dirkie Uys, Swartland, Vooruitsig en vele meer het hier kragte gemeet. Die atlete het meegeding in veld- en baanitems. Die top-atlete dring hierna deur na die Wes-Boland-byeenkoms.
Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds TE HUUR To Let
Woonstel te huur – Malmesbury. Enkelpersoon in veilige omgewing – R3 500,00 per Jademaand. Water ingesluit. ----Kontak: 082 801 6992 verjaar Jy moet lekker --------------------------en jou dag geniet. Ek is baieTE liefKOOP vir jou. Van: VrouliefFor enSale kinders Samsung prin– Lushane,CLP325 Amorey, ter te koop vir R900. EY, Kellsea, Aidrian en Kontak: Jade 061 172 0037 Shayden -----------------------------------------------------------GELUKWENSING Jy moet lekker verjaar God jou MEMORIUMS en jou dag geniet. Ek paar. INCongrats MEMORIAM is baie lief vir jou. Van: ber en Vroulief en kinders – Lushane, Amorey, DLEY, Kellsea, Aidrian en ---------u Shayden p3 -----------------------------God jou MEMORIUMS spaar. IN MEMORIAM mber en
MARLENE VAN
------------ ROOYEN. 4 Oktober
is Ma se eerste verjaardag weg van 4ons Februarie. en saam GUImet LERMO BROWN. die engele. Mis jou. MARLENE VAN Geluk met joukinders, vyfde Liefde – Man, ROOYEN. 4 Oktober verjaarsdag. Dus is Ma se eerste kleinkinders en ‘n groot plesierweg omvan vir verjaardag skoondogter jou te hê. Van: Ma, Pa, ons en saam met ------------------------------
u e geluk e jou Jy het S.‘n jou an: aie geluk Ouma, die engele. Mis jou. en Oupa, Elma o, jou ere Liefde – Man, kinders, Tyron enJy het ar. kleinkinders en
Geluk met jou verskoondogter jaardag Gilly. Bly die -----------------------------woelwater. God seën jou. Lief vir jou – Michelle (jou Grenda) ------------ Happy birthday DESMOND ANDREW Gillyy “grenda”SOLOMONS. 1 From: Peetma Gogga Oktober vier jy jou ----------------------------DESMOND ANDREW 34ste verjaarsdag in SOLOMONS. geluk die hemel. Die1 trane vier jy jou t jou lêOktober nog vlak. Ons mis 34ste verjaarsdag in g.ie Ons minuut, elke geluk jou dieelke hemel. Die trane u enjou sekonde. Van: Pa,mis Ma, met lê nog vlak. Ons dag. Ons Sebas� jou elke minuut, elke Van: aan, Jandré en sekonde. Van: Pa, Ma, nejouenen Devandré . Van: Sebas�aan, Jandré en -----------------------------ene en Devandré --------------------------------------------------
vieringe. Hoop jy geniet dit. Van: Amanda, kinders, kleinkinders en skoonseun Ralph ----------------------------2 Oktober 2019
Trotse skoonma en Ouma. Van: Baby November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesin -----------------------------2 Oktober 2019 STERFGEVAL OBITUARY
Trotse skoonma en Ouma. Van: Baby November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesinBaie 5 Februarie. -----------------------------geluk met jou sesde STERFGEVAL verjaardag my OBITUARY pragstukkieVAN mens LLEWELLYN WYK. – LALITHA DREYER. Rus in vrede “Spook”. Maggaan ons Hemelse Ons jou baie mis Vader jou nog vele – Van Wyk familie jare spaar. Baie lief vir -----------------------------jou – Mammie, oom Evan, Ouma enWYK. al jou LLEWELLYN VAN boetas Rus in vrede “Spook”. Ons gaan jou baie mis ----------------------------– Van familie INWyk MEMORIUM -----------------------------In Memoriam
Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel me. R. van Zyl by 022 487 9400.
Malmesbury Departement van die Direkteur: Elektriese Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V3/20 • Salarisskaal: R263 100 – R341 520 p.j. (T11)
PETRUS SCHEEPERS (Oom Piet). 6 Februarie, is dit Pa se tweede verjaarsdag weg van ons. Ons mis Pa nog elke dag. Geniet die verjaarsdag saam met die engele. Liefde kinders en kleinkinders.
Komitee-beampte Malmesbury Departement van die Direkteur: Korporatiewe Dienste • Verwysingsnommer: V4/20 • Salarisskaal: R222 888 – R289 284 p.j. (T10
Lewensredder/Opsigter Moorreesburg Swembad
DONAVON ARENDSE. JOHN NOVEMBER. NOVEMBER. 7 JOHN Februarie. Geluk T Een van nr T Eenjaar jaargeboortedag vanons ons met die weggeneem.Verlange Verlange oujou weggeneem. daar.Koester Koester die die 4p 4 isisdaar. dag mooi mooiherinneringe. herinneringe. oujoudag met liefde Liefde – Vrou, kinders, et liefde Liefde – Vrou,Papierkinders, kleinkinders, kleinkinders, Papier------------ en Cleophas gesin ---------- en-----------------------------Cleophas gesin
eilige ery holte -----------efde alavids
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit
Senior Elektrisiën
en ‘n Van: ---------arlo, o en
URMAN. elukkige is jy rsdag RMAN. van nk ukkige nge is jy God ou. Mag dag groot, an rskraag ndie veilige eGod isholte .Liefde Mag oot, kraag Davids val
7
------------------------------
CHRISTINA (Pollie) NOVEMBER. Drie jaar van ons weggeneem. CHRISTINA (Pollie) Mis jou elke dag. ‘n
NOVEMBER. Drie jaar van ons weggeneem. Mis jou elke dag. ‘n
Beperkte
77
Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V1/20 • Salarisskaal: R197 952 – R256 932 p.j. (T9)
Volg sosiale Volgons onsopop sosiale media onder Kleintoerusting-operateur media onder @HetZwartland.
@HetZwartland. Parke en Geriewe, Malmesbury
Kontak ons by Departement van die Direkteur: 022Kontak 487 2288 ofby Ingenieursdienste Siviele ons stuur epos na of 022 'n 487 2288 • Verwysingsnommer: V2/20 nuus@ stuur 'n epos na • Salarisskaal: R100 092 – R126 192 p.j. (T4) hetzwartland. nuus@ co.za Sluitingsdatum: 14 Februarie 2020 hetzwartland. met jou om 12:00 co.za nuuswenke.
met jou Munisipaliteit • Municipality • Umasipala nuuswenke.
www.thecandocompany.co.za
138746
8
5 Februarie 2020
SPORT
Nuus • News
5 Februarie 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
Die 20ste Darling Sewes-toernooi is die naweek op Darling aangebied. Die dag was volgens organiseerders 'n reuse-sukses met Saldanha-rugbyklub (links) wat die prys van R12 000 gewen het en Darling-netbalklub (bo) die wenners van die netbal-toernooi was. "Darling Rugby wil graag al hul borge bedank aangesien so 'n groot toernooi nie kan plaasvind sonder die finansiële bydrae van die borge nie. Borge: Darling Romery; Departement van Kultuur & Sport; Perdeberg Motors; Darling Engen; Darling Brew; Darling Spar; Yzerfontein Spar; Kirsten Vervoer; Sibathatu Mining; Elsana Quarry; The Little Bookshop; Coke (Peninsula Beverages). Foto's: Maurisha Poceiro Santos/Verskaf