Swartland Joernaal 4 Oktober 2023

Page 1

Walters, Lesch spog met beste blokke

1 4 Oktober 2023 Nuus met 'n verskil W/A en Tel: 076 178 8091 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 188 Gratis • Free
Wenners: Fanie en Henk Walters het vanjaar se blokkompetisie van Agri Malmesbury se Koringstudiegroep gewen in die koring-afdeling. Dirk Lesch (regs) het die afdeling vir kanola gewen. Hy wen die SOIL-wisseltrofee. Walters het die WKG-trofee huis toe geneem. Lees meer binne.

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

Walters, Lesch spog met beste graan-blokke

Agri Malmesbury se Koringstudiegroep se produsente het onlangs sake uitgespook in die jaarlikse Blokkompetisie.

In hierdie kompetisie skryf die koring- en kanola-produsente 'n blok van hul gewasse in om deur 'n kundige paneel beoordeel te word. 'n Onafhanklike paneel, wat bestaan uit kenners vanuit verskillende afdelings van landbou, besoek elke blok en beoordeel dan hierdie spesifieke blok volgens die voorgeskrewe kriteria.

Donderdag het die produsente vanaf die Malmesbury-skougronde vertrek en ook hierdie blokke besoek.

Veels geluk aan al die wenners van die Agri Malmesbury Koringstudiegroep se Blokkompetisie.

Die SOIL-trofee vir die beste kanola-blok is aan Dirk Lesch toegeken. Johan Smuts was tweede, gevolg deur Paul Truter.

Die beste koring-blok is aan Fanie en Henk Walters gegee, met Johan Smuts tweede en Eben Schellinck in die derde plek.

Walters het die WKG-trofee vir sy wenblok ingepalm.

Veels geluk, met hierdie welverdiende eer!

Agrimark werk trots saam met produsente wat plant en oes, droom en doen, versorg en groei.

Dis ons voorreg om die landboubedryf al vir langer as 100 jaar te bedien en ons ondersteun graag die erkenning en ontwikkeling van produsente en bedryfsleiers.

Agrimark Malmesbury: Voortrekkerweg 65 | T: 022 482 8000 | www.agrimark.co.za

2
Bokomoweg 44, Malmesbury, Tel: 022 482 1817
Fanie en Henk Walters spog vanjaar met die eerste plek in die Koring-afdeling van die Agri Malmesbury se blokkompetisie.

Koring:

Hartlik geluk aan al die deelnemers en wenners van vanjaar se Koringstudie Blokkompetisie. Dankie vir julle passie en bydrae tot landbou in di e Swartland.

Koch Furstenburg: 072 864 1219

4 Oktober 2023 3
Dirk Lesh het vanjaar die eerste plek in die Kanola-afdeling ingepalm en so die SOIL-trofee gewen.
UITSLAE
GELUK!
Baie

Darling children hosts party for Tannie Evita

Tannie Evita, a Darling local, recently celebrated her 88th birthday.

She celebrated this milestone on 28 September, while Pieter-Dirk Uys turned 78 years old.

Tannie Evita was treated by the children of the town to a birthday party to honour the role that she has played in the local community.

Evita's Darlings Preschool opened its doors in 2010 as an Early Learning Development Centre.

It started off with two classrooms with a

playground. The land was made available by the Swartland Municipality and was built to New Town. The 60 children formed a line on Thursday to honour Tannie Evita, who is also the founder and patron of the Darling Trust, that works to uplift and empower the local community.

The children sang different songs in celebration, recited poems and listened to a story, told by Tannie Evita.

Afterwards the children feasted on cupcakes and many book prizes were handed out.

The Darling Trust was established in August 2003 by Pieter-Dirk Uys and was set up to assist the previously disadvantaged communities of Darling.

They aim to empower individuals to help themselves, mainly through participation in the sectors of education, skills development and health.

The party was held at the Darling Pool and Community Centre.

Tannie Evita was delighted to have been welcomed with song and dance by her "little Darlings".

NB Publishers surprised the children by gifting them with children’s books.

4 Oktober 2023 4
Above: Jermaine October, Evita's Crafters, Adri van Aswegen-Janse van Vuuren, Art4Darling and Jacqui van Staden and Evita's Crafters at the party. Tannie Evita singing along with the children of Evita's Darlings Preschool.

HSS spog met eie wingerd

Skoolhoof Justus Schoonraad sit hand by om seker te maak die 1700-wingerstokke word geplant.

Ter viering van Huis van Imhoff, die seunskoshuis van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, se 100ste bestaansjaar, spog die terrein nou met wingerd wat verlede week aangeplant is.

Die wingerdprojek word onder die toesig van die landboudepartement van die skool bestuur en beheer.

Die projek het posgevat toe bemarker Hattingh van Dyk, sportorganiseerder Janco Schutte en Barbara Cronjé, landbouonderwyser van die skool, koppe bymekaargesit het, ná Van Dyk genoem het van 'n suksesvolle wingerdprojek wat by 'n ander skool aangebied is.

Die trio wil die landbou-komponent van die skool verbeter en glo dat die projek baie voordele inhou.

Van Dyk en Schutte vertou dat die projek die leerders wat in landbou belangstel, by die skool sal hou en so sal verhoed dat hulle na ander

skole gaan.

'n Komitee, wat bestaan uit kenners, is gestig en bestaan uit Jaco Geldenhuys, Koch Furstenburg, Johan Retief, Dolfie Walters, Stephan Basson en Alwyn Hanekom.

Die projek het in September afgeskop en 1700 wingerstokke is verlede week in die grond gesteek.

Twee variëteite naamlik chenin blanc en pinotage is hier aangeplant. Hierdie twee is ook uniek en eie aan die Swartland en dit sal volgens kenners goed doen in die grond wat beskikbaar is.

Hierdie stokke is deur Bosman Adama geborg.

Rian Kreuiter het die grondontledings behartig en Dolfie Walters en sy span het die voorbereiding van die grond gedoen.

Volgens skoolhoof Justus Schoonraad is hy baie opgewonde oor die projek, aangesien landbou hom na aan die hart lê.

Sinethema vier 21 jaar:

Sinethemba het onlangs hul 21ste bestaansjaar gevier deur sport en rekreasie. Sinethemba Happy Hearts se program vir volwassenes met gestremdhede het 'n platvorm gedeel waar hul talente ten toon gestel is. Sinethemba bedank die gemeenskap, donateurs en plaaslike sakelui wat hulle ondersteun het om pryse ter waarde

Uitslae • Results

4 Oktober 2023 5
R20
van
000 moontlik te maak.
OMEGA RACING PIGEON Club Kroonstad Board – 29 September 1 F Meintjies & Seuns 13:13:42; 2 Team Neo Vision 13:32:04; 3 Team Neo Vision 13:48:20; 4 Shane Arendse 14:32:42; 5 Splendidior Lofts 14:34:10; 6 F Meintjies & Seuns 14:54:20; 7 F Meintjies & Seuns 15:18:51; 8 Team Neo Vision 15:28:18; 9 Shane Arendse 15:54:32; 10 Shane Arendse 16:28:33 Bloemfontein Board – 30 September 1 Team Neo Vision 07:01:58; 2 Shane Arendse 07:24:28; 3 Team Neo Vision 07:28:12; 4 Shane Arendse 07:33:19; 5 Kasu Family 07:47:45; 6 Splendidior Lofts 08:03:33; 7 F Meintjies & Seuns 08:01:52; 8 Team Neo Vision 08:15:03; 9 Splendidior Lofts 08:20:58; 10 Team Neo Vision 08:19:08 RIEBEEK VALLEI Bloemfontein Road – 30 September 1 Mentoor Hokke 08.35.39; 2 Alex Family Lofts 10.28.38; 3 Mentoor Hokke 10.49.17 MOORREESBURG Britstown JO 2 – 1 Oktober 1 Singleton Hokke 12:49:04; 2 Singleton Hokke 13:08:38; 3 Singleton Hokke 13:09:17; 4 Henna & Melt Smit 13:09:29; 5 Singleton Hokke 13:10:33; 6 Johan v Aswegen 13:10:45; 7 KB en Seun 13:11:51; 8 Johan v Aswegen 13:15:37; 9 Henna & Melt Smit 13:15:59; 10 Boetie & Baron 13:31:28 Ope 2 1 Henna & Melt Smit 12:49:07; 2 Frikkie Bester 12:57:40; 3 Johan v Aswegen 13:07:22; 4 Frikkie Bester 13:08:09; 5 Frikkie Bester 13:10:08; 6 Boetie & Baron 13:27:13; 7 Henna & Melt Smit 13:15:51; 8 Johan v Aswegen 13:16:28; 9 Johan v Aswegen 13:17:47; 10 Singleton Hokke 13:19:20 MALMESBURY POSDUIF VERENIGING Britstown Jo 2 - 1 Oktober 1 Bordeaux A 1485.9471; 2 Splendidior 1481.7712; 3 Limbardi B 1476.5207; 4 Bordeaux A 1469.8185; 5 Limbardi B 1466.4226; 6 Limbardi B 1466.2941; 7 Limbardi 1462.3836; 8 Kotze Familie Hokke 1455.8345; 9 Marais Hokke 1454.2684; 10 Marais Hokke 1454.0735 Britstown Ope 2 1 Splendidior 1476.4875; 2 Limbardi 1466.2298; 3 Marais Hokke 1454.3983; 4 Kotze Familie Hokke 1454.3386; 5 Limbardi 1449.9588; 6 Limbardi B 1449.8960; 7 Limbardi 1449.8331; 8 Limbardi B 1449.8331; 9 Limbardi 1449.5818; 10 Limbardi B 1443.6383
4 Oktober 2023 6

Gelukwensing Congratulations

4 Oktober - Baie geluk met jou verjaarsdag SARITA. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Geniet die verjaardag. Van:

9 Oktober - Happy 10 years bornday, BLADEN ASHTON- LEE LEFLEUR – Ons is baie lief is vir jou. God het by ons kom fluister en gesê dat daar nog baie jare en mooi dinge op jou lewenspad sal en

gaan kom en dat Hy ook baie lief is vir jou geniet jou verjaarsdag ten volle - Van: Mammie, Darra, Al-Kirsten, Kirsty, 2 ouma's, oupa en familie - klompie liefde

As jy jou besigheid wil laat groei, kontak Karin Neethling op 064 557 9183 of stuur 'n epos na karin@swartlandjoernaal.co.za.

4 Oktober 2023 7
Boland Meat Span

Sewes: Net toe ons dink dat die rugbyseisoen die finale fluitjie geblaas het, word daar 'n baie goeie "wildcard" na ons kant gegooi. Swartland se o.17 7's-rugbyspan is uitgenooi om deel te neem aan die nasionale Frogfoot-toernooi wat op 14 Oktober op Loftus Versfeld in Pretoria plaasvind. Natuurlik is daar baie finansiële-uitgawes met so ‘n toer, en daarom kan enige besighede of moontlike borge die skool kontak op sport@swartlandhs.co.za om die rugbymanne te help met vervoeronkostes.

Tygerberg Nasionale

VRL: Die VRL vir 2024 van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is onlangs aangewys. Hulle is: Graad 9 lede van 2024 (tans in graad 8): Sebastian Griffiths, Lara Jackson, Tafadzwa Mashizha. Graad 10 lede van 2024 (tans in graad 9): Dimitri Boutsikaris, Jana du Toit en Leighman Marshall. Graad 11 lede van 2024 (tans in graad 10): William Dias, CJ van Rensburg, Daniël Walters, Annine Beukes, Teneal Joubert en Danielle Schwartz. Graad 12 lede van 2024 (tans in graad 11) Seuns: Deven Bocks, Kallie Boutsikaris, Cyle Daniels, De Wet du Plessis, Iminathi Njozela, Cobus Steyn, JP Truter, CJ van Aarde, Carlo van der Merwe, Thomas van Wyk en De Wet Visser. Dogters: Lize-Mari Batt, Zani da Fontes, Isabel du Bruyn, Emma Hartley, NinkeMaré Knoetzen, Riané Ligthart, Jean-Mari Pienaar, Jana Steyn, Anike van der Merwe, Mila-Mari van Lill en Carli Vorster.

Wes-Boland Eisteddfod: Die Rockies stap weer met die louere weg by die Wes-Boland Eisteddfod as die beste presterende hoërskool. Hier staan twee van ons leerders met die Wes-Boland Eisteddfod skild. Die volgende leerders ontvang medaljes/balkies by die Wes-Boland Eisteddfod as kategorie-wenners: Ruby Naude (Ballet-solo); Ninke-Mare Knoetzen en Madele Steyl (Ballet groep-item); Anike van der Merwe (Onvoorbereide Lees, Unprepared Reading); De Wet Visser (Opstel); Zanike Marshall (Essay); Keisha Petersen (Essay); Jana du Toit (digkuns); Sonja Nel (Poetry Writing); Nina Truter (Voordrag); Jani Visagie (Klavier Konsertprogram); Shuan Beer (Ukulele, Kitaar)

Eisteddfod: Dit is weer daardie tyd van die jaar waar ons kultuurliefhebbers hul talente uitstal. Die Rockies verower ‘n trofee vir beste prestasie in verskeie kategorieë by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod.

• Kerryn Busch (Dans),

• Jean-Mari Pienaar (Skryfkuns en Digkuns),

• Nina Truter (Voordrag),

• JP Truter (Voordrag en Tweespraak),

• De Wet Visser (Recitation of poem en Tweespraak).

Swartland deel die trofee vir HipHop groep dans met The Settlers High School. Die volgende leerders is almal deel van die HipHop dansgroep: Christina van der Merwe, Carmia Rall, Chloe Lottering, Romi Parsons, Line Basson, Grace-Anne Laubscher, Hilandi Vrey, Lisa Theunissen, Valerie de Bruyn, Karli Geyser, Chelsy Smith, Erna Conradie, Dana Adams, Kerryn Busch en Ruby Naude.

Toer na Italië: Die volgende drie seuns en mnr. Martin Dyason is bevoorreg om die komende vakansie saam met die Buffalo-span na Italië te toer. Hulle vertrek Donderdag 28 September en land weer die 7de Oktober. Daar gaan drie wedstryde gespeel word en hulle gaan ook die wêreldbekerwedstryd tussen Suid-Afrika en Tonga kyk.

Boost-aanlynwinkel: Kort jy skryfbehoeftes, skoonmaakmiddels of sporttoerusting teen ‘n fraksie van die prys vir kwartaal 4? Die skool ontvang 7% van alle aankope wat op hierdie aanlynwinkel gekoop word. Volg die onderstaande maklike stappe en gebruik BOOST om jou volgende aankope te doen!

W/A: 061 555 0344 • Tel: 076 844 0014 • Uitgawe 188 • 4 Oktober 2023
Hierdie spasie is met trots geborg deur Hoërskool Swartland.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.