Skip to main content

4 Maart 2020 Swartland Joernaal

Page 1

Swartland • Bergrivier 1

Nuus • News

4 Maart 2020

Free • Gratis

Nuus met 'n verskil

Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za

4 Maart 2020

Yzerfontein Spar open deure Die nuwe Yzerfontein Spar van Ashleigh en Jason Nel het Donderdag amptelik sy deure geopen. Sien bladsy 5 vir al die feestelikhede.

Stand van die damme in die Wes-Kaap

Die vlakke van damme in die Wes-Kaap se voorsieningsnetwerk het vanaf 65.9% verlede week tot 64.3% hierdie week gedaal. In 2019 was die damvlak op hierdie tyd van die jaar 53.6%. Die Voëlvleidam, die Swartland se enigste bron van water, se vlak staan nou op 67.2%,

waar dit verlede week op 65.3% en verlede jaar op 66.5% gestaan het. Die Bergrivierdam het met sowat 3% gedaal vanaf 78.5% tot 75.9%. Verlede jaar was die dam 74.8% vol. Die Laer-Steenbrasdam staan nou op 68.9% in vergelyking met verlede week se 70.4% en

verlede jaar se 52.2%. Die Theewaterskloofdam se vlak staan nou op 59.3%, waar dit verlede week op 60.4% gestaan het en verlede jaar op 41.5%. Bron: www.capetown.gov.za

Hospitaal, sentrum op Malmesbury kry lewe

bl 3


2

4 Maart 2020

Nuus • News

Kanaal bring groot vreugde vir Couttse

Gholf:

Die Malmesbury-gholfklub het hul spelers by 'n prestige-geleentheid vereer vir die jaar se spel. Melichia Basson (links bo) is as die dames liga-speler van die jaar aangewys. Sy ontvang haar trofee van Pieter Kruger (Old Mutual Spies Praktyk). Bo: Peter Willemse het vir die sewende keer die klubkampioenskap gewen. Hy ontvang sy prys van Dr Steyn Neethling, president van die Malmesbury-gholfklub. Links: Die Mans liga-speler van die jaar is opgeraap deur Ian Adams. Hy het in 5 toernooie gespeel, een gehalveer en vier gewen. Hy ontvang sy trofee van Pieter Kruger. Die trofee en geskenkpakke is deur Old Mutual Spies Praktyk geborg.

Leonita en haar man, Ershkine het hul passie deur middel van 'n YouTube-kanaal gevind. Leonita Coutts, inwoner van Malmesbury, en haar man, Ershkine, het hul passie vir die lewe en musiek winsgewend gemaak, deur hul eie YouTube-kanaal te stig. Die Coutts-egpaar se seun, Cavan (15) is met Downs se Sindroom gediagnoseer as kind en Leonita en Ershkine doen alles in hul vermoeë om hom te ondersteun en te bemagtig. "Ons almal kry net een lewe en ek glo juis hierom dat jy jou lewe ten volle moet leef, want jy weet nie of daar 'n môre op jou wag nie," vertel Leonita. Sy het besef dat die jare aanstap en dat sy haar lewe, haar huwelik en haar kinders ten volle wil geniet. "Ershkine het my besluit ondersteun en daarvoor sal ek hom ewig dankbaar wees. "Ek het beplan om op my skryfwerk te konsentreer, want ek het 'n blog op Facebook waar ek drie keer per week inskrywings maak. Ershkine het my aangehits om 'n YouTube-kanaal te begin. Dit gaan net oor die pret en die lekker daarvan." Die kanaal het eers begin as net 'n lekker ge-

sels, maar dit het min reaksie ontlok. "Een aand, met lasverligting, het ek en Ershkine bietjie rondgespeel en musiek gemaak en saam gesing. Ons het dit op Facebook gelaai en dit het groot belangstelling en reaksie uitgelok." Hierna het hulle begin om twee liedjies per week op te laai. Ershkine is geen vreemdeling in die musiekbedryf nie en sing omtrent elke week by die Langsdiebos-mark en het in die verlede 'n paar privaatfunksies gedoen. Vir Leonita was dit egter 'n nuwe ervaring. Die duo het op 22 Februarie hul eerste lewendige optrede by die V & A Waterfront gehad. "'n Suid-Afrikaner, wat nou in Manhattan, New York, woon, het ons vir die geleentheid bespreek, ná hy ons op YouTube raakgesien het. "Die ondersteuning wat ons ontvang vanuit ons kanaal, is regtig ongelooflik en daarvoor is ons baie dankbaar." Diegene wat belangstel, kan die kanaal op YouTube gaan naspoor onder "Leonita Coutts" en inskryf om sodoende weekliks deel van die Coutts-huishouding te wees.


Nuus • News

4 Maart 2020

•PRIVAAT HOSPITAAL, WINKELS, MOTORHANDELAAR, TEATER

Nuwe planne vir 'ou' sentrum opgedis

3

Die sentrum wat reeds vir jare in beplanning is op die Malmesbury-skougronde, sowel as 'n gedeelte van De Grendel-plase, asook munisipale grond, het nuwe lewe gekry met 'n aansoek om erf 11203 te onderverdeel. Die aansoek lui dat daar vir 'n klein besigheid en parkering aansoek gedoen word, so ook 'n sakesentrum van ongeveer 45 119m2, 'n hospitaal van sowat 24 377m2, kantore en konsultasieruimtes van sowat 4940m2, 'n motorhandelaar van 5536m2 en 'n kitskosrestaurant van ongeveer 2934m2. Die aansoeker in die saak is Integrated Development Solutions, wat in Oostersee gesetel is. Na beplanning sal die sentrum in 2022 sy deure open en die hospitaal sal deur Samaritan Healthcare bedryf word.

Rugbytoernooi vir Paasnaweek beplan Vredenburg loods 'n Weskus rugbyen netbal-toernooi oor Paasnaweek 10 tot 13 April 2020. Alle klubs wat aan die toernooi wil deelneem, kan die volgende kontak

per sms of whattsapp. Inskrywingsgelde is R500 per span. • Delia Esau - 0638618627 • John Mitchell - 0824069549

Stuur jou nuuswenke na izelle@swartlandjoernaal.co.za of kontak ons by 022 487 1670. Besoek ons webtuiste by www.swartlandjoernaal.co.za of raak deel van ons sosiale gemeenskap op Instagram by @dieswartlandjoernaal of op Facebook by @SwartlandJoernaal.


4

4 Maart 2020 Hoekom doen ek dit? 55 Jaar oud, 35 jaar in die diens, wat het ek om te wys? Nog 'n oggend van alleen wakker skrik, dit seker beter so, dit gee meer tyd om aandag te gee aan werk en daar is ook dan niemand wat wonder of ek vanaand huis toe gaan kom nie. So dwaal die denke deur Speur-Sersant Marius Cloete se gedagtes. Terwyl hy nog so sit en wonder oor dit en dat lui sy telefoon: "More Bossie, tyd om in te val. Ek stuur die adres en kry jou daar, koffie? "Jansen, jy weet ek ken nie hoe die foon storie werk nie, se net die adres en ja kry vir my koffie, dankie." "Ja jou ou fossiel, dit is daar in die ondergrond parkeer area van die De Molen-Thys gebou. Ou honde wil ook niks leer nie nê," kom dit laggend van Speurder Magnus Jansen, Cloete se regterhand, kollega en vriend. Hulle is nou al 10 jaar saam in die geveg teen misdaad en lei ook die span van die moord en misdaad-afdeling. "Ja-ja Meneer-Ken-Alles, kry jou daar, en onthou, koffie - swart en bitter. Cloete gooi 'n pak klere aan en klim in sy ou Toyota Corolla en trek weg met 'n bolling swart rook agter hom aan. "Jansen, praat met my." "Bossie, dit is Michelle de Hager, sy werk hier op die 19de vloer. Blykbaar het sy laat gewerk en die aanvaller het haar hier onder ingewag, die arme meisie het nie 'n kat se kans gestaan nie, haar keel afgesny en niks anders gevat nie, so die moontlikheid dat dit 'n roof was wat verkeerd verloop het, kan ons uitskakel. Dit is duidelik dat ons aanvaller haar wou doodmaak, maar daar is nog iets." Hy hou 'n sakkie in die lug en wys na die wit bloed bevlekte roos: "Lui dit dalk n klokkie?" "Ja ja ja, die Sandra Smith-moord so paar weke terug, ook 'n wit roos en ook met n skerp voorwerp keel af gesny." Cloete probeer meer onthou van die Smith saak om te kyk of dalk nog meer dinge ooreenstem. "Jansen, kry die Smith lêer, kry al die bewyse van hierdie toneel, ek kry jou by die

Gereël deur:

lykshuis." By die lykhuis is dit maar koud en donker, voel alewig of daar dood in die lug hang. Gee my altyd koue rillings as ek hier inkom, dink Cloete terwyl hy homself so 'n skud gee. Hy loer-loer so onder die lakens en trek sy gesig skeef, want wat hy sien is onaangenaam. "So, Dokter, wat kan jy my vertel? "Jy se mos alle korpse vertel 'n storie. Wel ek is reg vir 'n storie." "Laat my werk maar 'n grap wees vir jou Cloete, in elk geval. Hierdie liggaam van Michelle en die een van Sandra vertel definitief dieselfde storie. Die snywond aan die keel van beide was met dieselfde voorwerp toegedoen, van regs na links, van agter af wat aandui dat ons aanvaller regs is. Daar is geen tekens van 'n geveg nie. Ek kan ook se dat dit 'n baie skerp mes is wat gebruik is, verder is daar geen ander bewyse, geen bloed onder die naels en geen hare of iets om te toets vir DNS nie." "Dankie Dok, laat weet as jy nog nuus het." Cloete loop na sy kantoor toe met beide lêers en dink, êrens moet daar 'n konneksie wees, of het ons dalk n reeksmoordenaar in ons midde? Hy glo nie, want daar is geen spesiale gelykhede tussen die twee nie, een is blond en die ander n brunet, tog is dit blykbaar een persoon wat vir hul dood verantwoordelik is. Hy sit aan by sy lessenaar en sien vir Jansen aankom met 'n effe glimlag op sy gesig. "Bossie, ek dink ek het iets. Ek het die twee dames se name deur die databasis gesit en siedaar, daar is wel 'n konneksie. Beide van hulle is oud-leerders van Arend Hoër en hulle was vriende." Hy gooi 'n boek neer op die lessenaar en daar is dit, 'n foto van die twee meisies in die jaarboek, saam met nog drie ander meisies in 'n groepfoto met die opskrif: "Rose van Arend Hoër 1996." Hy het ook 'n dossier by hom van 'n arrestasie van 1996: "Beide Michelle en Sandra was deel van 'n groep meisies wat in '96 gearresteer is vir oproerige gedrag na 'n gekuier by 'n vriend se huis. Blykbaar het hulle n leerder rondgepluk en verneder. Daar is selfs sprake dat hul die leerling onaangename take laat uitvoer het, natuurlik ten aanskouing van talle partytjie-gangers en leerders. Dit is hoe hulle in die sisteem beland

Trotse mediaborg:

Nuus • News

Vervolgverhaal

Die Bloedbevlekte roos

Deel 2 Bradley Arendse het, natuurlik net 'n klap op die hand gekry maar die rekord staan teen hul name. Die leerder het nooit na vore gekom nie en daar was 'geen' getuies nie, en die staat het die saak laat vaar." Jansen sak terug in die sitplek by Cloete se lessenaar en wag vir Bossie se reaksie. Cloete sug en lê agteroor, hy draai sy stoel in die rondte en tik sy vingers op die lessenaar: "Die meisies in die foto, is hulle dieselfde meisies wat geresteer was? Hy gryp na blaaie op sy lessenaar en lees vlugtig een na die ander. "Ja Bossie, dit is, hoekom, het jy iets daar?" Vra Jansen heel opgewonde, wetend dat Cloete soos 'n bloedhond nou snuf in die neus gekry het. "Ek mag dalk net, lees daardie name vir my." Vra hy terwyl 'n pak dossiers uit sy laai uithaal. "Sandra Smith "Michelle de Hager "Violetta Strauss "Paula Viljoen en

Nanette Wiegelaar." "So wragtig, kyk hier. 'n Lopende saak van 5 jaar gelede, ene Paula Viljoen was gevind in haar woonstel." Cloete staan op en kyk grootoog na die papier in sy hand. "Wat is dit Bossie, praat met my." Jansen raak angstig en nuuskierig ter selfde tyd. "Hoe kon ons dit mis? "Mej Viljoen se keel was afgesny en al wat op die toneel uitgestaan het, was 'n wit bloedbevlekte roos." Hy los die papier en dit val stadig op die grond. Die spanning in die atmosfeer is so hoog tussen hulle jy kan amper hoor hoe tref die papier die grond. "Bossie, dink jy....." "Ja Jansen, lyk my ons dames in hierdie groep is teikens, en ons jagter is nog nie klaar nie. Kry die kontakbesonderhede van Violetta Strauss en Nanette Wiegelaar. Ons moet bietjie met hulle gesels."


Nuus • News

4 Maart 2020

5

KliĂŤnte staan tou by nuwe Yzerfontein Spar

Die splinternuwe Yzerfontein Spar het Donderdag sy deure aan die publiek oopgemaak. Die winkel, wat se dekor deur eienaars Ashleigh en Jason Nel hanteer is, is blinknuut en verskaf 'n inkopie-ervaring uit die boonste rakke. Die sentrum, Ocean Village, is ontwikkel deur Kevin Cahi en Russel Egan van Egan Property Group en Yzerfontein Place, wat saam die eienaars van die Ocean Village-sentrum is. Links bo is Cahi saam met Conway Nesbitt, Direkteur van die Spar Groep.


6

Nuus • News

4 Maart 2020

Tom Orchard, handelaarshoof van Malmesbury Toyota, saam met Die lootjie word getrek. Justus Schoonraad, skoolhoof van Hoërskool Swartland.

Koor-pa van Botswana wen gesogte Toyota in lootjie-projek na Pole

Die koor van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het op Vrydag hul karlootjie-projek afgesluit met 'n elegante Langtafel-geleentheid en suksesvolle wynveiling. Die gelukkige wenner, Gert Krüger, 'n koorpappa van Botswana, se kaartjies het die middag per koerier arriveer, net betyds! Hy was oorstelp van vreugde toe André de

Clerk, projekleier hom bel om in te lig dat sy kaartjie deur Tom Orchard van Malmesbury Toyota getrek is. Die koor bedank die uitgebreide Swartland gemeenskap vir hul inspirerende ondersteuning van hierdie projek, ten bate van die beplande toer na Europa, einde 2020. Spesiale dank aan die vele borge en dona-

teurs, veral aan Malmesbury Toyota, Swartland Joernaal, Mila & Nifty Artworks vir gesigverf, Large Events, Okasi Spyseniering, Delico, Johan Bester Elektries, Carl Malherbe en die donateurs van die spesiale wyne. Ons sien uit om volgende jaar weer so lekker saam te kuier! -Organiseerders

Darling se atlete skitter

Regs: Ruan Ahrends van die Laerskool Darling het 'n goue medalje gewen in die Boland-atletiekkampioenskappe in die o.7-seuns 60m-afdeling. Left: Thea Humphreys from Wes-Boland (Darling College) breaks Boland u/7 female 80m sprint record of 13.35 with a time of 13.33, also a personal best for her. Thea's time is the third fastest in the Boland this year, with Boland Central's- Sherayder Solomons in 2nd place and North Boland's star/ Boland Champ- Zeta George heading the list with a blistering 13.27 that she produced at the Boland Schools Event this weekend at Dal Josafat Stadium in Paarl. These 3 female athletes are young, powerful and just made history at the Boland Champs. You'll want to remember their names! Not only did Thea manage to make third place at the Boland Champs but also set a new record for completing the 80m (14.27) and 60m (10.06) sprint at the Triangular Schools Event between Darling College | CPM | TOPOLINO- in the fastest time in her category of the prestigious sporting event on the 11 February 2020 in Darling. Thea secured her spot in the Wes-Boland squad by snagging second place with a time of 14:03 in Moorreesburg last weekend. Promosie

Die waarheid kom aan die lig met poligraaftoetse

As jy agter die waarheid wil kom, is Belinda Rossouw beslis die persoon wat jy moet nader. Rossouw het verlede jaar na 26 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens bedank, waar sy as Speur Offisier gewerk het. In haar laaste jare in die diens was sy hoofsaaklik betrokke in die Khayelitsha-groep. Sy was waarnemende speurhoof in Lingelethu Wes, asook die Strand en het vir 18 maande 'n taakspan gelei wat uit 12 lede bestaan het. Hulle het die agterstand op onopgeloste moordsake, strafbare manslag-sake, sowel as GDO's verminder. Sy en haar span het in daardie tyd 1536 sake afgehandel. Rossouw is 'n polisievrou in murg en been en het daagliks met die rowwe en lelike kant van die samelewing gewerk. "My besluit om te bedank, was 'n baie moeilike een en dit het soos 'n egskeiding gevoel, maar ek het geweet die omstandighede sou net verder versleg en ek het geen balans in my lewe gehad nie." Sy het begin rondspeel met die idee van poligrafie, aangesien sy nie "kan stil sit nie". "My brein is hopeloos te besig en dit kort stimulasie. Ek het nie kans gesien vir privaat ondersoeke nie," vertel Rossouw. Sy het uiteindelik besluit om 'n poligraaf te word en die nodige kursusse voltooi. "Dit is duur, maar geweldig interessant!" Rossouw is die 222ste geregistreerde poligrafis in Suid-Afrika, opgelei deur SA Polygraph

Academy. Haar spesialisveld sluit spesifieke toetsing in, waar individue getoets word rakende 'n spesifieke insident of oortreding; bevestigingstoetse om die geloofwaardigheid van verklarings te bevestig. Periodieke toetse om die geloofwaardigheid van bestaande werknemers vas te stel. Hierdie word gewoonlik elke drie maande gedoen en is doeltreffend om oneerlikheid en diefstal in die werksplek te verhoed. Daar word ook voor die aanstelling van 'n persoon poligraaftoetse gedoen om die werksgeskiedenis van 'n toekomstige werknemer te bevestig. Hierdie toetse bevestig die betrokkenheid by enige diefstal, kriminele aktiwiteite, dwelms of alkoholmisbruik en help om sodoende probleme in die toekoms te verhoed, indien 'n persoon wel aangestel word. "Hierdie toetse word vrywillig gedoen en ek beskik oor addendums wat werkgewers by hul werkskontrakte kan voeg hiervoor. Die toets word aanvaar deur die CCMA en indien benodig, getuig ek ook in die verhoor. In 'n kriminele hof kan die poligraaf-uitslag gebruik word indien daar ondersteunende getuienis en bewyse is," vertel Rossouw. Sy en haar gesin woon op Langebaan, wat haar in staat stel om te reis na die gebiede waar sy benodig word. Kontak Belinda Rossouw by 084 580 0763 indien jy 'n poligraaftoets benodig.

Kontak ons! Tel: 022 487 1670

Epos: admin@swartlandjoernaal.co.za Redaksie: izelle@swartlandjoernaal.co.za Advertensies: karin@swartlandjoernaal.co.za Rekeninge/geklassifiseerd: accounts@swartlandjoernaal.co.za Facebook: @swartlandjoernaal Web: www.swartlandjoernaal.co.za


erjaar et. Ek u. Van: ers rey, en

Nuus • News GEKLASSIFISEERD

Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds TE HUUR TO LET Malmesbury, 1 Slaapkamer woonstel te huur @ R3000 (enkelpersoon) – eie koopkrag meter, water ingesluit. Beskikbaar vanaf 1 Maart 2020. 1 Maart – JAY-LEIGH OWIES. Baie geluk met Skakel 082 366 7309 verjaarsdag Prinses. 2 Oktoberjou2019 ----------------------------Hoop jy gaan jou dag Ruim 3-slaapkamer geniet. Ons is baie lief woonstel in Badenhof, vir jou. Van: Mammie, Arnaudstraat, MalmesTrotse skoonma en Pappie en AJ bury met motorafdak Ouma. Van: Baby ----------------------------- R5700,00 per maand. November, kinders, Beskikbaar 1 April 2020. kleinkinders en Kontak Marlene Visser Cleophas gesin by 022-4821101. ---------------------------------------------------------STERFGEVAL TE KOOP OBITUARY FOR SALE

--------MS AM

ober

van et jou. nders,

---------

LEY,

p3 God jou spaar. mber en

LLEWELLYN VAN WYK. Nissan Navara 2012 Rus vrede 4&4 in king cab. “Spook”. Prys R153,500.00 Ons gaan jou- 200,000 baie mis –kilometers. Van Wyk Kontak: familie 083 453 7651 of stuur ------------------------------

epos na - heynsradie@ gmail.com ----------------------------Stokvispakke R50 asook snoek en ander produkte te koop. Kontak - 084 Jade 250 2460 --------------------------------Jy moet lekker verjaar GELUKWENSING en Congratulations jou dag geniet. Ek

is baie lief vir jou. Van: Vroulief en kinders – Lushane, Amorey, Kellsea, Aidrian en Shayden -----------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

STOFFEL KAPIRA. 4 Maart. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alle mooi seënwense op jou verjaarsdag. Van: almal wat jou ken -----------------------------

Trotse skoonma en Ouma. Van: Baby November, kinders, 3 CHRISTY CLEOPHAS. kleinkinders en Maart. Die mooiste en Cleophas gesin op jou beste seënwense -----------------------------spesiale dag. Dankie vir STERFGEVAL wat jy vir ons beteken. OBITUARY Ons waardeer jou.

ou ag in rane mis , elke a, Ma, S. en dré ou

en LEAH SOLOMONS met hul 60 huweliksherdenking. Baie liefde – jul kinders MARLENE VAN -----------------------------

LLEWELLYN VAN WYK. Rus in vrede “Spook”. Ons gaan jou baie mis – Van Wyk familie ------------------------------

aie geluk --------ere jou r. Jy het en ‘n Van: JAYLIN PIETERS. 2 Maart. arlo, Baie geluk met jou o en

sewende verjaardag. Ons

------------ rondloper “klimeit”. Baie

ene en

------------

ie) e jaar nreem. T g.jou ‘n

p4 jou dag met liefde

------------

liefde. Van: Ma, tannie, Oupa, Keysa en ousus Michaan ----------------------------DESMOND ANDREW

7

SOLOMONS. 1 Oktober vier jy jou 34ste verjaarsdag in die hemel. Die trane lê nog vlak. Ons mis jou elke minuut, elke sekonde. Van: Pa, Ma, Sebas�aan, Jandré en Devandré ------------------------------

JOHN NOVEMBER. Een jaar van ons weggeneem. Verlange is daar. Koester die mooi herinneringe. Liefde – Vrou, kinders, kleinkinders, Papieren Cleophas gesin ------------------------------

-----------------------------

THEODORE ARENDSE. Raai wie is 70 op 5 Maart 2020? Baie geluk met Oupa se verjaarsdag. Lief vir oubie baie! Kezia & Keeghan Baie geluk met Oupa Theodore se 70ste verjaarsdag. Alle seënwense op u lewe. Baie liefde Imraan & Inshaaf

CARLO BOOYSEN. Kyk wie verjaar op 6 Maart. Baie geluk met jou

----------------------------Beperkte spasie! Stuur jou gelukwensinge na

Volg ons061 op sosiale media onder 555 0344. @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za 7 met jou nuuswenke.

URMAN. elukkige is jy rsdag CHRISTINA (Pollie) van nk God NOVEMBER. Drie jaar ssifi advertensies, nge isseerde ou. Mag van ons weggeneem. groot, ngs, memoriums endag. dienrskraag Mis jou elke ‘n ndie veilige holte erus 'n WhatsApp-boodLiefde Davids na 061 555 0344. val

Beperkte

met jou verjaarsdag. Seënwense en geluk. Lekker verjaar. Nogmaals baie geluk. Liefde – Ma, Pa, Sowayda, Elwena, Jonade en Sussa

Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.

Beperkte spasie! Stuur jou gelukwensinge na

061 555 0344.

IN MEMORIUMS In Memoriam

05 March. Mubarak on your birthday GABEEBAH. May Allah bless you with many more In shaa Allah. Love - Imraan & Mom

-----------------------------

SHEENA LATEGAN. 3 Maart. Baie geluk met jou geboortedag vieringe. Mooiste seënwense op jou spesiale dag. Van: Shameez, Shereez, Jordan, Ma en Pa Gelukkige verjaardag. Mag dit jou mooiste en beste lewensjaar ooit wees. Lekker verjaar – Sedeman gesin

eperkte pasie!

ry ------------raak vinnig vol, so spasie odskap en foto vroegtydig!

ELIZABETH (Anne). Baie geluk met jou verjaarsdag op 4 Maart. Alle seënwense. Van: jou man en kinders

Liefde – vroulief Tilla, Chriswill, Jacques, Juan en kleindogter Chriszaan en Devoné

-----------------------------

ROOYEN. 4 Oktober is Ma se eerste verjaardag weg van ons en saam met die engele. Mis jou. Liefde – Man, kinders, kleinkinders en skoondogter ------------------------------

-----------------------------

Baie geluk DE met u geboortedag vieringe. Alle mooi seënwense op die pad vorentoe. Geniet die dag en lekker verjaar. Baie liefde – Van: Vroulief, Adilene, Charlton, Chanique, Celeste, Shaulin, Markum en kleinkinders.

-----------------------------

2 Oktober 2019

6 Maart 1960 - Veels

------------ geluk aan ons ouers JAN

verjaarsdag. Ek is lief vir jou. Van - Charmaine en Carl Roy

-----------------------------

REW

ER. s rlange die nge. nders, ie geluk met pier-jou dag. sin Ons jou en --------. Van:

7

Maart2020 2020 44Maart

JOMAY MICHA HENDRIKS. 8 Maart. Baie geluk ons Engeltjie

ISAK DANIELS (Slice) – Jou eerste jaar weg van my af. Die trane val elke dag my kind. Mis jou in die huis. Leemte sonder jou. Van: ma Koekie, jou stiefpa Willie, jou suster en twee broers

LEE GRANT BASSON. Op 10 Maart sal dit jou vierde verjaarsdag weg wees van ons. Mis jou nog elke dag, maar rus sag vir ewig in ons harte. Geniet jou verjaarsdag in die hemel saam met die engele. Sal jou altyd lief hê. Van: jou Ma, Pa, Sheena, Reezmeez en seun Jordan-Lee

MAGRIETA JACKSON. 8 Maart. Die tyd het so gou gevlieg – sesde verjaardag in die hemel. Wens ons kon vir u ‘n drukkie gee. Mis jou – jou kinders, kleinkinders en agterkleinkinders


8

4 Maart 2020

SPORT

Nuus • News

4 Maart 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670

•SPECTATOR POINTS IN THE HILLS OF SWARTLAND

Action to the max with Darling Rally This weekend will be packed to the max with thrilling entertainment with the CPMCC Darling Rally. Spectators will enjoy good viewing at no less than four spectator points. Competitors will contest four special stages, which will be repeated. The shortest stage being 7.09km and the longest 17.95km. It is somehow fitting to see the second oldest motor club in South Africa organise the opening round of the Western Cape Rally Championship scheduled for Saturday 7 March 2020. Back in the 18th century some 29 farmers lived in an area named Groenkloof and the town of Darling was eventually established on the farm Langfontein in 1853. Sir Charles Henry Darling arrived as the Cape Lieutenant General in 1851 and then two Swedish settlers, Nils Georg Moller and G. Threnstrom established the Darling creamery in 1899, which lasted till 1950. From 1917 the annual Darling Wildflower show is hosted by the Darling Wildflower Society, making this 103 year old flower show something really special. In 1901 Veldcornet C.P. Hildebrand (from Lichtenburg, Transvaal) of the Maritz Commando was buried near Darling and in 1939 a granite needle monument was erected to commemorate the most southern penetration by a commando during the 1899-1902 Anglo-Boer War. The Cape Peninsula Motorcycle Club was established in 1910 (cars were still something of a novelty at the time) and then became the Cape Peninsula Motorcycle and Car Club in 1920. Officially the oldest Car club in the Western Cape and 2nd oldest in South Africa their then 160 members hosted their first event as a 100mile regularity (at an average speed of 16mph) on 5 August 1912. (Would have loved to have seen a Model T sideways with a set of mud & snow tyres). Can you imagine what satarist Pieter Dirk Uys would do with this remark as Evita Bezuidenhout at Evita se Perron, just down the road in Darling? No other area in the Swartland can claim to have hosted a squadron of Lockheed B34 Ventura aircraft. 23 Squadron arrived at the Darling airfield in 1943 to assist in combatting the German U Boat menace and were involved in the eventual 11 March 1944 sinking of the 50 crew Tosi Taranto built Italian Luizzi class diesel electric Alpino Attilio Bagnolini Regia Marina

submarine utilized by the German Kriegsmarine as UIT 22 off the Cape of Good Hope by No 262 Squadron RAF Consolidated PBY Catalina FP 279/D, piloted by Fl Lt Roddick as part of Operation Wicketkeeper. Work on a new iron hangar started on 31 January 1944, on 12 April 1944 Ventura 6457 of 27 Squadron crashed into Dassenberg near Darling with the loss of six lives (the wreck recovered by 22 Sqn Puma 145 on 12 April 1988 – 44 years later) and then the Catalina’s ironically left Darling for Mtubatuba on 25 August 1944. The“Somersveld” runway becoming an emergency landing strip for nearby Langebaanweg. Records also show that Spitfire 5673 was the 8th type MkIX lost, near Darling, on 14 March 1951. On 8 November 1995 the first Pilatus Astra was lost over Somersveld when 2022 and 2018 made contact during a formation prac-

tice and on 17 October 1996 Astra 2054 made an almost perfect “emergency” landing on the gravel road just outside Darling. Somersveld was constructed to serve as an alternate to training specifically the Circuits &Landings part of the syllabus. When the Impalas came into service in the late 1960s, the secondary main runway at LBWG (02R/20L) was a lot shorter than the main runway (02L/20R) and only touch & go circuits for solo pupes was the order of the day ie no PFLs or full-stop landings. Flapless circuits were allowed with an overshoot, no landings. This congested the circuit quite a lot as the practise in the late 60s/early 70s was to have pupes courses in the high 50s low 60s. Hence Somersveld. It also doubled as an emergency airfield. Still used from time to time today. And you thought

this was just another fast asleep little “dorpie” in the Swartland district! Even the national off road championship Nissan 400 was hosted around the Darling Country Club (2003 -2011) for a number of years and the event also ran under the auspices of the 110 year old Cape Peninsula Motorcycle and Car Club. Now the first round of the 2020 Western Cape Rally Championship takes competitors in the strongest regional rally championship back to the Darling district on Saturday 7 March 2020. The town of darling is 167 years old this year and as the opening round of the championship (instead of the fourth round as in 2018) the entire character of this event has changed as the wet conditions will now be replaced by dust and sand. -Patrick Vermaak


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook