Swartland • Bergrivier 1
4 Desember 2019
Free • Gratis
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
Nuus met 'n verskil
4 Desember 2019
Moorreesburg 'n see van kleur
Kleur: Moorreesburg is verlede week in reënboogkleure getooi met die Laerskool Dirkie Uys se 'colour run'. Die leerders en ondersteuners het in groot getalle opgeruk na die wegsrping van die resies en was uitgetof in kleurvolle uitrustings. Foto's: Ghida Visser
Stand van die damme
'Ou dame' terug in Sinagoge
bl 3
HCT wen MRB se 6'e-krieket
bl 8
Die vlakke van die Wes-Kaap se watervoorsieningsnetwerk het die afgelope week van 83% tot 81.7% gedaal. In 2018 op dieselfde tydstip, het hierdie vlak op 70.4% gestaan. Die Theewaterskloofdam se watermerk is by die 73.1% merker, in vergelyking met verlede week se 74.5% en verlede jaar se 54.9%. Die Voëlvleidam staan tans op 87.3%, in vergelyking met verlede week se 88.5% en verlede jaar se 91.1%. Bron: www.capetown.gov.za
Nuus • News
2
Nuus • News
4 Desember 2019
•BETONLETTERS VAN 250KG ELK Bespreek jou Kersboodskap vroegtydig teen spesiale tariewe!
Yzerfontein kry sy naam
Daar is nog net twee koerante oor vir 2019. Kontak Karin om jou plek te bespreek by karin@swartlandjoernaal.co.za of kontak ons by 022 487 1670.
Die kusdorp van Yzerfontein is al te spoggerig met hul nuwe baken - die dorp se naam in turkoois kleurige letters, met Meeurots net genoeg in die agtergrond om die drie dimensionele effek van die letters ten toon te stel. Hierdie projek het lewe gekry toe daar in 2016 koppe bymekaar gesit is oor 'n foto-identiteit vir Yzerfontein. Eers is 'n raam oorweeg, maar na baie insette, is daar op die beton letters besluit. Elke letter weeg sowat 250kg en word nou geseël om die kleur te beskerm.
Dankie:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury, wat vandag sy deure vir die vakansie sluit, het onlangs op 'n spoggeleentheid hul dank betuig teenoor diegene wat die afgelope jaar die ekstra myl vir die skool gestap het. Regs is skoolhoof Justus Schoonraad aan die woord.
"Ons gaan ook elke letter uitloot aan sakelui wat dan 'n letter kan borg. "Hierdie letter sal dan 'n plaatjie met die onderneming se naam daarop gegraveer, ontvang," vertel Lin Coetzee van Yzerfontein Toerisme trots en opgewonde. Volgens Coetzee het Yzerfontein as 'n eenheid saamgespan om hierdie projek 'n sukses te maak en het die bestuur van die plaaslike toerismevereniging, sowel as inwoners en sakelui vrywillig betrokke geraak en baie van hul tyd en energie aan hierdie projek bestee.
Nuus • News
4 Desember 2019
Sondeza:
Die jaarlikse Sondeza-jeugkamp, wat deur die Swartland Munisipaliteit, ABSA, die Wes-Kaap Regering en die Sondeza Inisiatief aangebied word, is verlede Woensdag amptelik by die Gaanzekraal-kampterrein geopen. Bruce Walsh, wat 'n slagoffer in die Planet Hollywood-aanval by die Kaapse Waterfront was, het as gasspreker opgetree. Die vier verskillende deelnemende organisasies het elk 'n lig aangeskakel om hul betrokkenheid te toon. Haroon Abrahams van ABSA, raadslid Randal Swarts van die Weskus Distriksmunisipaliteit en raadsheer Tijmen van Essen, burgemeester Swartland Munisipaliteit, het die geleentheid bygewoon. Bo is hulle saam met Theo Steenkamp, Samuel Litu en Ilse Loock.
•DATEER UIT 1903 - GEMAAK IN PAARL
'Ou dame' vind pad terug na Joodse Sinagoge na jare 'n Klavier van die destydse sinagoge op Malmesbury het sy pad teruggevind. In 1992 is die klavier aan Lindy Kaufman geskenk vanaf haar oupa se suster, Joyce Friedman. Sy het die klavier aan Kaufman geskenk, aangesien sy na die afsterf van haar man eers by haar broer in die Paarl en daarna in 'n aftreeoord gewoon het. Friedman het die klavier by haar ouers, wat op daardie stadium in die Agter-Paarl gewoon het, as 'n geskenk ontvang toe sy ongeveer 12 jaar oud was. Volgens haar het haar pa dit tweedehands by 'n boer van die omgewing gekoop. Renée Kaufman het onlangs begin navraag doen oor die klavier en uitgevind dat dit glo uit 1903 dateer. Die klavier is deur die Rocco C de Villiers Music and Pianoforte Warehouse in die Paar gebou, maar hulle kon geen inligting oor die maatskappy bekom nie. Friedman het familie in Malmesbury gehad en sy het as kind gereeld op Malmesbury by die Chorn-familie gekuier. Hulle was van Joodse afkoms en was gemeentelede van die Joodse Sinagoge waar die plaaslike museum vandag gehuisves
word. Volgens Renée het hulle oor die jare probeer om inligting oor die klavier in te samel, maar die mense by wie hulle kon aanklop vir inligting, is reeds oorlede. Lindy woon en werk vir die afgelope 12 jaar in Amerika en volgens Renée is sy bly dat die "ou dame haar regmatige laaste staanplek gevind" het. Sy is veral bly dat dit in die Joodse Sinagoge is, waar haar groot-tante ook as kind saam met die familie spesiale geleenthede gevier het.
3
4
Nuus • News
4 Desember 2019
Malmesbury Lionsklub vier 10 jaar Gaan met trots van krag tot krag Die Jo Dolphin Sorgsentrum se leerders het 'n spesiale plek in die Lions se hart.
Die leerders van die Elkana Kindersorgsentrum word jaarliks bederf.
Verlede jaar was die Malmesbury Lionsklub slegs drie lede sterk weens onvoorsiene omstandighede. Tans bestaan die groep uit 11 lede en gaan hulle van krag tot krag. Die Lions se leuse is om die gemeenskap te dien en die Malmesbury Lions hou sterk hierby. Om fondse te bekom, moet daar hard gewerk word en is die klub ook afhanklik van die plaaslike gemeenskap en sakelui. "Ons is baie dankbaar vir die gemeenskap van Malmesbury wat ons ondersteun. Soos u weet word alles weer teruggeploeg waar daar 'n behoefte is," vertel Marina van der Merwe, president van die klub. Die Lionsklub ondersteun tans vier plaaslike projekte, naamlik Jo Dolphin Huis vir gestremdes wat tans 21 leerders het, die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes met sy 75 inwoners, Welgemeend Primêr, 'n plaasskool met 200 leerders en die nuweling Elkana Kindersorgsentrum met 24 leerders. Verjaarsdae by Jo Dolphin word altyd met
verversings en geskenke gevier. Daar is ook vanjaar spesiaal aandag gegee aan die jaarafsluitng waar hulle trakteer is met heerlike verversings. "Ons skenk gereeld kruideniersware en vrugte wat met groot dankbaarheid ontvang word. Met Paasfees het ons hulle vermaak met Paaseiers en heerlike vis en skyfies. Borslappe was 'n groot behoefte en Sarie van Fonteine Village op Malmesbury het vir almal hiervan gemaak. Dit is ook met ope arms ontvang," vertel Van der Merwe trots. Met Vrouedag is die versorgers op 'n uitstappie na die Herehuis Restaurant geneem waar hulle gesellig verkeer het. Op Mandeladag het Swartland Visserye weer 'n helpende hand verleen en die klub van vis en skyfies voorsien. "Die kinders het dit baie geniet." Die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes word ook altyd met 'n spesiale en smaaklike ete bederf. Vanjaar is daar vir die inwoners 'n spitbraai en potjiekos aangebied. Frikkie het die
vermaak verskaf en elke inwoner het hierdie musiek terdeë geniet. Dit is 'n dag op die kalender waarna almal uitsien. Die Welgemeend Primêre Skool word jaarliks voorsien van skryfbehoeftes. Die skoolhoof en personeel is altyd opreg dankbaar vir hierdie skenking, aangesien dit hul leerders in hul skoolloopbaan help en versterk. Hulle is ook onlangs bederf met worsrolletjies en ander lekkernye in samewerking met M4 Events. Die leerders van Elkana Kindersorgsentrum is ook bederf met 'n uitstappie na die Sabino Canyon Spur op Malmesbury, waar hulle 'n heerlike ete ontvang het en ook bederf is met ballonne en gesigverf. "Dit is met trots wat ons kan sê dat ons vanjaar uitgereik het na die jeug wat ons toekoms is. Die Lions het 'n wisseltrofee geskenk aan die leerder wat die meeste uitstyg deur volharding, uithouvermoë en dryfkrag. Die leerling was Erin Cuttings van Schoonspruit Sekondêr. Ons is ook deur die skoolhoof, John
Stewe geprys vir die gebaar en dit is vir ons 'n riem onder die hart om ook hier deel te kan wees. "Graag wil ons Malmesbury se gemeenskap 'n geseënde Christusfees toewens. Mag ons in die nuwe jaar saam met ons gemeenskap hande vat, want dan sal ons meer opheffing kan doen en diegene wat nie so bevoorreg is soos ons, kan help en bemagtig. "Aan al die lede, dankie vir jul harde werk. Sonder julle as lede sou die klub nie 'n bestaan kon geniet nie. Geniet jul ruskans saam met familie en vriende in die feesgety," sê Van der Merwe. Vir enige navrae, kontak die volgende lede:
Marina van der Merwe 083 283 7897 Marius du Plessis 072 074 8246 José Braga Borges 074 627 4700
"Ons sien uit om van hulp te wees."
Die inwoners van die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes geniet 'n jaarlikse ete en lekkernye.
Die leerders van Welgemeend Primêr word jaarliks bederf met skryfbehoeftes.
Die personeel van Jo Dolphin is ook bederf met 'n ete by die Herehuis Restaurant.
Nuus โ ข News
5
4 Desember 2019
Loubser se liefde vir familie, perde, brand steeds helder gepalm. Om hierdie passie van hom te versorg, het hy met tye dou voor dag opgestaan. Loubser het vir 36 jaar agtereenvolgend die SA Dubbeltuigkampioenskap op Tulbaghskou ingepalm.
Pieter Loubser, wat onlangs sy 91ste verjaarsdag gevier het, is 'n bekende sakeman, familieman en perdeman op Malmesbury. Loubser het vir 36 jaar agtereenvolgend die SA Dubbeltuigkampioenskap op Tulbaghskou ingepalm. Foto: de moZaik
Loubser, die patriarg van die Loubser-familie, het onlangs sy 91ste verjaarsdag gevier en is steeds passievol oor dit wat vir hom belangrik is in die lewe - sy onderneming, sy familie en sy perde.
Bespreek jou Kersboodskap vroegtydig teen spesiale tariewe!
Daar is nog net twee koerante oor vir 2019. Kontak Karin om jou plek te bespreek by karin@swartlandjoernaal.co.za of kontak ons by 022 487 1670. Pieter Loubser, een van Malmesbury se bekendste en geliefde sakemanne en perdekenner, vier nou sy 91ste verjaarsdag. Loubser, ook beter bekend as Pieter (Dag en Nag) is die stigter van die bekende vervoermaatskappy Dag en Nag. Loubser is in 1928 op Soetendal buite Wellington gebore. Hy het reeds vroeg in sy lewe geleer wat dit beteken om hard te werk, toe hy saam met sy pa, Jan, by 'n melkery in Kuilsrivier moes hand bysit. Die seun van 11 het soggens om 04:00 opgestaan en in die pad geval om sy pligte uit te voer. Loubser het nรก sy 21ste verjaarsdag by die span van Harold van der Riet se vervoermaatskappy aangesluit en het sand vervoer. Asof sy dag nie reeds vol genoeg was nie, het hy ook nagskof by die melkvervoeronderneming van Eddie Pienaar begin werk. En dit is juis net hier waar die naam, "Dag-en-Nag" inkom. Hierdie naam is wel bekend onder Swartlanders en die onderneming word deur sy nasate
bestuur. Loubser het nooit weggeskroom vir lang ure nie en het soms met net een uur se slaap oor die weg gekom. Deur sy harde werk het hy vir homself 'n ekstra inkomste gegenereer en kon hy later sy eie tweedehandse vragmotor aankoop. En dit was die begin van "Dag-en-Nag". Volgens Loubser was dit nie maklik om in daardie tye sake te doen nie en is hy net vier sjieling per vrag betaal. Loubser het ook sy merk op Malmesbury gelaat toe hy die boumateriaal van die enkelbaanbrug wat in 1956 op Malmesbury gebou is, verskaf het. Hy het sy kennis en dryfkrag aan twee van sy seuns oorgedra, wat ook vandag hul eie suksesvolle vervoermaatskappye bedryf. Loubser het ook 'n brandende liefde vir perde. Hy het op 34 sy eerste perd aangekoop en hy het in die 60'er jare met swart Vlaamperde begin skou. Vir Loubser is sy swart perde sy passie en het hy en sy perde talle kampioenskappe in-
6
Nuus • News
4 Desember 2019
Voer:
Reserviste:
Swartland Munisipaliteit het op 1 Desember 2019 vier nuwe brandweer reserviste aangestel. Hulle sal diens doen in die Riebeekvallei om dienslewering te verbeter en om die reaksie tyd na brande te verminder. Bo is Thomas Kriel (Riebeek Vallei), Brandweerhoof Roysten Harris, Lorenzo Solomons (Riebeek Vallei), Lerenzo Sovath (Riebeek Vallei), Willem Adams (Riebeek Vallei), en Ryno van Harte.
Op 'n oop stuk gras op Malmesbury staan 'n vragmotor. Nie almal is bewus van die doel van hierdie vragmotor nie en ry verby, sonder om twee keer te kyk. Hierdie vragmotor het egter 'n groter doel - om goedere na die landbouvereniging van die Calvinia-distrik te versamel. Die omgewing ervaar 'n ongekende droogte en op 7 Desember sal hierdie vragmotor na Calvinia vertrek. Perdeberg Isuzu Malmesbury, Citrusdal en Vredenburg is drie punte waar onbederfbare goedere afgelaai kan word. Voer skenkings is ook welkom. Daar is ook 'n Calvinia Droogtehulp-bankrekening, indien kontant-bydrae gemaak word. Vir meer inligting, skakel Jan Steenkamp by Malmesbury Isuzu op 022 482 1158.
Joernaal met die Tandmuis Die "Tandmuis" het by die span van Swartland Joernaal aangeklop om sy finansiële kennis met Swartlanders te deel. Hier is sy 5 basiese beginsels om te volg vir n beter finansiële toekoms. •Begin vandag om 'n maandelikse begroting op te stel en hou daarby. •Sê vir jou geld waarheen om te gaan en nie anders om. Maak seker jy weet waarheen gaan elke sent. •Lewe op minder as wat jy verdien. Hou op die “Joneses” jaag. •Spaar vir noodgevalle. Almal moet 'n noodfonds hê om te verseker jy verval nie in skuld in die geval van 'n noodgeval. •Spaar vir jou toekoms. Mees belangrikste spaar vir jou aftrede, sodat jy finansieel vry kan wees op jou oudag.
Trofee: Danie Malan van Allesverloren
het onlangs die Swartland Wyn- en Olyfroete se voorsitterstrofee ingepalm. Die trofee is 'n spesiale toekenning wat gemaak word aan 'n persoon wat waarde toegevoeg het tot die Swartland Wyn- en Olyfroete. Malan was sedert 2007 tot 2012 die voorsitter van die roete en dra vandag steeds by om die roete te bemark, te vestig en te laat groei.
Geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige nuwejaar! 022 482 3838/9 www.bvsa.ltd | www.bvsa.co.za
erjaar et. Ek u. Van: ers rey, en
--------MS AM
ober
van et jou. nders, EY,
--------God jou paar. ber en
----------
REW
ou ag in rane umis e, elke geluk Ma, ea,jou dré en Jy het ‘n --------an: o, en
----------
ER. s rlange die nge. geluk tnders, jou pierg. Ons sin u en --------Van: e en
----------
ie) e jaar eem. g.T ‘n ou 4 ou dag et liefde
Nuus • News GEKLASSIFISEERD
Desember2019 2019 44Desember
Dienste Services
Vir geklassifiseerde advertensies, gelukwensings, memoriums en dienste, stuur gerus 'n WhatsApp-boodskap na 061 555 0344. Hierdie spasie raak vinnig vol, so stuur jou boodskap en foto vroegtydig!
OPPAS DIENS (MALMESBURY) - Ons sal omsien na u huis, diere, plante ens. tydens naweke of vakansies. Beskikbaar vanaf 24 Desember. Tarief : R100 per besoek (maks. 1 uur). Kontak 083 242 7677. -------------------------------------
Te Koop For Sale
Afrikaanse handboeke (almal) Graad 9 teen R500. Goeie toestand. Kontak: 083 395 5327 --------------------------------------
GEONIEL APRIL. 3 Desember. Kyk wie word twee, ons woelwater. Lekker verjaar – Emmers vol liefde. Van: Mammie, Pa, Oupas, Oumas en Nanna Kaitlynn --------------------------------------
Eiendomme 2 Oktober 2019 Properties
TITUS EIENDOMME: Wes-
bank – Nuwe 3 slp kamer Trotse skoonma en huis in beste Doen Ouma. Van:area. Baby moeite om afspraak te reël – November, kinders, R1,7 miljoen kleinkinders en 3 Slaapkamer huis teen R790 Cleophas 000,00. Vir gesin verdere navrae -----------------------------kontak: 082 780 1380 STERFGEVAL Te Huur OBITUARY
To Let
Eenkamer woonstel (bachelor) in middedorp van Malmesbury teen R2 500,00 per maand. Beskikbaar 1 Februarie 2020. Kontak Marlene by 022-4821101. ------------------------------------LLEWELLYN VAN WYK. TITUSinEIENDOMME : Rus vrede “Spook”. Wesbank – Ons gaan jou baie mis * R10 000 pm (prys drasties –verlaag Van Wyk Jade om u familie sak te pas). ---------------------------------Pragtige 4 slk huis. Kombuis. Sit-, eet-, tv-kamer en Jy moet lekker verjaar braaiareas. badkaen jou dagTwee geniet. Ek mers, opwaskombuis, is baie lief vir jou. drie Van: motorhuise. Beskikbaar 1 Vroulief en kinders Januarie 2020 – Lushane, Amorey, *Nuwe 3 slpkamer huis, Kellsea, Aidrian en 1½badkamer, oopplan Shayden leefarea en motorhuis. Netjies omhein teen R7000. -----------------------------Onmiddellik beskikbaar. MEMORIUMS Kontak: 082 780 1380 IN MEMORIAM
Gelukwensing Congratulations
MARLENE VAN ROOYEN. 4 Oktober is Ma se eerste verjaardag weg van ons en saam met die engele. Mis jou. Liefde – Man, kinders, ARTHUR ARENDSE. kleinkinders en 6 Desember 1949. Veels geluk skoondogter met die 70ste verjaardag. -----------------------------Dankie Pa vir wat jy al die jare vir ons beteken, asook die man wat sy man kan staan. Van: Wilma, kinders en al die familie -------------------------------------
7
DESMOND ANDREW SOLOMONS. 1 Oktober vier jy jou 34ste verjaarsdag in die hemel. Die trane lê nog vlak. Ons mis jou elke minuut, elke sekonde. Van: Pa, Ma, Sebas�aan, Jandré en Devandré ------------------------------
JOHN NOVEMBER. Een jaar van ons weggeneem. Verlange is daar. Koester die mooi herinneringe. Liefde – Vrou, kinders, kleinkinders, Papieren Cleophas gesin ------------------------------
4 Desember – ASHNIQUE GOLIATH. Vandag is jou kroonverjaardag my blompot. Baie geluk en mag die Here jou deurdra en beskerm. Baie liefde – Daddy, Mommy, Nanna, Boeta en 2 Oktober Anwill
In Memorium
In skoonma Memoriam Trotse en Ouma. Van: Baby November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesin -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY
LLEWELLYN VAN WYK. GERALD PETRUS“Spook”. TITUS Rus in vrede (Pietertjie). 7 Desember, jou Ons gaan jou baie mis verjaarsdag weg van –vierde Van Wyk familie ons. Altyd in ons harte – Ma, -----------------------------Shaun en Niaan
Kontak ons! Tel: 022 487 1670 Epos: admin@ swartlandjoernaal. co.za Redaksie: izelle@ swartlandjoernaal. Volg onsco.za op sosiale
media onder Advertensies: @HetZwartland. karin@
swartlandjoernaal. Kontak ons by co.za
022 487 2288 of Rekeninge/ stuur 'n epos na geklassifiseerd: nuus@ accounts@ hetzwartland. swartlandjoernaal. co.za co.za 7 met jou nuuswenke. Facebook: @swartlandjoernaal
eperkte pasie!
----------
ssifi seerde advertensies, MAN. kkigememoriums en dienngs, jy dag CHRISTINA (Pollie) an erus 'n WhatsApp-boodNOVEMBER. Drie jaar eGod is .oot, Mag061 555 van ons weggeneem. na 0344. kraag Mis jou elke dag. ‘n eilige spasie raak vinnig vol, so e holte efde odskap en foto vroegtydig! alavids NUUS • NEWS y----------
2019
Beperkte
Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.
7
8
4 Desember 2019
SPORT
Nuus • News
4 Desember 2019 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
Uitslae • Results GHOLF
MALMESBURY: Swartland Classic Kompetisie-formaat: Vrydag en Saterdag: Vierbal Beterbal Stableford - Split pairs. Vrydag 29 Nov. 1. J. Dippenaar, J. Coetzee, F. Destroo, H.
Sesse:
Treurnich 88 pte. Saterdag 30 November 1. S. Pietersen, M. April, I. Rumboll, G. Neethling. 89 pte. Vrydag en Saterdag saam: Vierbal Stableford Samespel - twee tellings. "Bragging Rights"-trofee. 1. J. Kotze, J. Kotze, N. Katzeff, A. Katzeff. 93 pte.
Die Moorresburg Ses-aan-'n-kant-toernooi is Saterdag op dié Swartlandse dorp beslis en die span van HCT het met die louere weggestap. Foto: Ghida Visser
Swartland Classic:
Kranige gholfspelers het die naweek op Malmesbury se setperke meegeding om die kroon van die Swartland Classic. Onder is Saterdag se wenners: Marwaan April, Saberie Pietersen en Izak Rumboll (afwesig: Gys Neethling). Vrydag se wenners is Johan Dippenaar, Joinel Coetzee, Frans Destroo en Herman Treurnich. Sien uitslae links bo.