Swartland • Bergrivier
Gratis • Free
1
Nuus met 'n verskil
Nuus • News
3 Junie 2020
Covid19: 97 Gevalle in die Swartland
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
3 Junie 2020
'n Eerste vir SM Lees meer oor die begroting van Swartland Munisipaliteit op bladsy 3.
2
3 Junie 2020
Nuus • News
Discount Boards Malmesbury verhuis na groter perseel
Inlas: Die personeellede van Discount Boards Malmesbury is slaggereed om hul kliënte van hulp en diens te wees. Die winkel spog met 'n splinternuwe perseel in Schoonspruitweg, Malmesbury.
Bo: Discount Boards Malmesbury spog met 'n splinternuwe perseel in Schoonspruitweg. Discount Boards Malmesbury het die afgelope ruk so uitgebrei, dat hulle genoodsaak is om na 'n nuwe en groter perseel te skuif en ook om hul personeel uit te brei. Hierdie is ook nou die onderneming se eie gebou, waar hulle voorheen hul perseel gehuur het. "Ons vorige winkel was so ongeveer 600 vierkante meter en ons nuwe perseel is 1250 vierkante meter," verduidelik Ernes van den Heever, bestuurder van Discount Boards Malmesbury. Hier kan jy alle melamien, superwood, hardebord en saamgeperste borde, sowel as werksoppervlaktes vind, met al die hardeware wat saam met dit benodig word. "Ons sny borde en plak ook die afwerking aan die kante. So, die kliënt kry 'n volledige kas wat hyself aan mekaar kan sit. Ons lewer ook wyd af," vertel Van den Heever. Volgens hom streef hulle daarna om die beste diens te lewer, saam met kompeterende pryse wat groter winkels in groter sakesentrums kan bied. "Ons is baie opgewonde oor die nuwe stoor. Ons wil
graag met die groter perseel 'n groter verskeidenheid voorraad dra en daarom hoef geen kliënt hier weg te stap, sonder om te vind waarna hy of sy soek nie." Discount Boards Malmesbury het op 1 Augustus 2012 hul deure op Malmesbury geopen met Viljoen Human, sy seuns Brink en Pieter, en
sy dogter Charlene Smith as eienaar. Discount Boards Malmesbury se tien personeel staan reg om die gemeenskap van diens en hulp te wees op Maandag tot Vrydag van 07:30 tot 17:00 en Saterdag van 08:00 tot 12:00. Besoek hul nuwe winkel in Schooonspruitweg, Malmesbury.
Nuus • News
3 Junie 2020
3
•SWARTLAND MUNISIPALITEIT
Begroting: Water, dienste styg nie
Tydens 'n virtuele raadsvergadering verlede week, het die Swartland se munisipale-raad sekere tariewe met 0% laat styg. Hierdie verrassing kom te midde die pandemie van Covid19 wat Swartlanders nou in 'n ekonomiese krisis dompel. Daar sal geen verhogings wees op die eerste 10kl water wat verbruik word nie en ook geen stygings in dienste soos riool en vullisverwydering nie. Die tarief van elektrisiteit, wat deur Nersa voorgeskryf word, is verlaag van 7.62% na 6.22%. Eiendomsbelasting, wat vir talle 'n groot kopseer is, is ook aangepas. Die konsepbegroting het gedui dat eiendomsbelasting met 17% vir residensiële eiendom sal styg en dat sake-eiendom met 22% sal klim. Dit is egter verder verhoog met 3% elk en sal residensiële eiendomsbelasting met 20% styg en sake-eiendom met 25%. Hierdie aanpassings is volgens uitvoerende
burgemeester Tijmen van Essen iets wat nie twee keer in 'n mens se lewe gesien word nie en hy hoop Swartlanders is tevrede met die aanpassings wat gemaak is. Hierdie aanpassings sien dat daar 'n afname in die netto-inkomste van die munisipaliteit van R61,79 miljoen is. Die aanvanklike begrote wins het van R40,95 miljoen gedaal na 'n verlies van R20,84 miljoen vir die boekjaar. Die finale bedryfsbegroting vir die boekjaar van 2020/2021 is R810,67. Die finale kapitaalbegroting staan op R212,43 miljoen. Verdere toegewings is deur die munisipaliteit gemaak soos dat geen elektrisiteitsmeters gedurende die grendeltyd gesny sal word nie. Daar is ook 'n eiendomskorting ingestel tot 'n maksimum van R300 000 van die totale waardasie. Dit is egter net van toepassing op senior burgers en gestremde persone. Die korting op eiendomsbelasting het ook geklim van R15 000 tot R50 000.
Bielie van 'n bul:
By die onlangse 10de Angus Pioniersveiling van Joyce's, het Hennie van der Weshuizen van Papkuilsfontein (Nederburg Kelders) die duurste bul op die veiling gekoop. Bo is Seymour Currie, verkoper van Joyce’s Angus Stud, Basie Erasmus, hanteerder van Joyce’s Angus Stud, Hennie van der Westhuizen, koper - Papkuilsfontein, Nederburg Kelders, Henry Nelson van Roelcor, Niel Jordaan (BKB), Jaco du Plessies (Afgri Veevoere), Pieter Louw (Afgri Vervoere).
4
3 Junie 2020
Landboukalender: Reënval wissen tussen 12 en 35mm
Met die skrywe van hierdie artikel het die groter Swartland wyd verspreide reën ontvang met neerslae wat gewissel het van 12 tot 35 mm. Die aanvanklike buie was redelik hard maar is opgevolg met sagte deurdringende neerslae. Gemeet aan die langtermyn gemiddeldes is ons nog effens agter. Malmesbury het in die periode April tot Mei sowat 66 mm ontvang. Die sestigjaar gemiddeld staan egter op 94mm met die dertigjaar gemiddeld effens laer op 79mm. Die langtermyn voorspellings lyk belowend en daar word gehoop op 'n "normale" reënval in die groeiperiode van Junie tot September wat 'n sestigjaar gemiddeld van ongeveer 250mm het. Wyndruiwe 1. Inspekteer gereeld vir miere wat 'n aanduiding is van witluis besmettings. 2. Die algemene reël is dat volle areabespuiting moet plaasvind indien daar meer as 10-12% van die stokke geinfekteer is met witluis. Indien hierdie norm gebruik word, moet monitering van hoë gehalte wees. 'n Veiliger benadering is om volle oppervlakte winterbespuitings toe te dien indien daar meer as 5% stokke besmet is. Onder 5% infestasie word slegs die besmette stokke en dié in hul onmiddellike omgewing behandel. Om spuitvolumes te besnoei word aangeraai om eers met bespuitings te begin wanneer klaar gesnoei is. 3. Vroeë kultivars kan reeds in Junie gesnoei word waar laat ryp nie 'n probleem is nie. 4. Beperk snoeiaksies tot sonskyn dae. 5. Seël alle snoeiwonde wat 'n deursnit van groter as 1,5cm het met 'n geskikte wondseëlmiddel. 6. Verwyder en verbrand snoeisels om herbesmetting van siektes en plae te beperk. 7. Begin gronde voorberei vir die aanplant van nuwe wingerde. Kleingraan 1. Die beste resultate word verkry wanneer onkruide beheer word voor of op die 4-blaarstadium van die grane (meeste kompetisie vind plaas in die eerste 3 weke na ontkieming) 2. Let op die mengbaarheid van verskillende middels en hou by die etiket (veral waar breëblaar- en grasmiddels gemeng word) 3. Moenie kontakdoders en grasdoders toedien op grane wat swaar gedou is nie (afloop) 4. Die weerstand van onkruide teen chemiese middels is 'n wesenlike gevaar. Wissel seisoenaal af tussen middels met verskillende werkingsmeganismes (deeglike rekordhouding
noodsaaklik) 5. Let op die potensiaal van wegdrywing tydens onkruiddodertoediening om skade aan aangrensende gewasse te voorkom. 6. Afhangend van weersomstandighede kan swaminfeksie vroeg plaasvind. Siektes soos witroes (Erysiphe), bruinaar en vaalblaar (Septoria spp) kan so vroeg as die 3 tot 4-blaar stadium van die grane reeds die plante infekteer. Oggvlek en blaargedraagde siektes moet dus as twee aparte beheer segmente beskou word. 7. Oogvleksiekte se beste tyd van bespuiting is tussen die eerste en tweede internode van die graan. Die vatbaarheid van die verskillende grane vir die siekte is in volgorde van intesiteit soos volg: Koring; gars; hawer; rog. 8. Deeglike bedekking van die onderste gedeelte van die stam is noodsaaklik vir die beheer van oogvlek (penetrasie) 9. Korrekte kalibrasie van spuittoerusting is noodsaaklik. Maak gebruik van advies. 10. Doen van vroeg af gereëlde oesskattings opnames vir toekomstige beplanning. 11. Canola wat lank in die grond onder droë kondisies gelê het mag sekondêre dormansie toon wat swak, onegalige ontkieming tot gevolg mag hê. Inspekteer gereeld en doen planttellings om stand te bepaal. 12. Slakskade mag voorkom en moet vroegtydig behandel word. 13. Vroeë onkruidbeheer is, soos in die geval van koring, uiters noodsaaklik. Medics 1. Rooibeensandmyt en erdvlooi kan erge skade aan weidings verrig. Daar word gereken dat 'n populasie van 12,000 volwasse myte per vierkante meter dieselfde hoeveelheid plantmateriaal vreet as wat 'n skaap sou benut. 2. Inspekteer gereeld vir vroeë infestasies. Navorsing het getoon dat laat-winterbespuitings 'n groter impak het op mytpopulasies vir die opvolgjare as vroeë beheer. 3. Vroeë onkruidbeheer (veral grasbeheer) is essensieel. 4. Begin met aktiewe beweiding sodra jong plante nie meer deur die diere uit die grond getrek kan word met die wei-aksie nie. Dit sal groei en saadvorming stimuleer. Frik Potgieter (Onafhanklike Landboukonsultant) Agricure Consult Sel 083 634 9850 agricure.con@gmail.com
Nuus • News
•FOPNUUS, ONDUIDELIKHEID
Skole heropen vir grade 7 en 12
Skole in die Swartland het Maandag hul deure oopgemaak om weer die Graad 7- en Graad 12-leerders te ontvang. Maandag het die leerders opleiding ontvang en is hulle ingelig van die nuwe reëls wat geïmplementeer moet word vir hulle om veilig te kan skool gaan. By Hoërskool Swartland op Malmesbury het dinge seepglad verloop en was die onderwysers op hul poste voor daglig, opgewonde om die Graad 12's terug te ontvang. "Ons is dankbaar om te kan begin werk en dat die Minister van Onderwys in die WesKaap sowel as die WKOD standpunt ingeneem het sodat ons kan begin werk. Die WKOD se organisasie, kommunikasie en leierskap het alles in plek gehad sodat skole kan begin in vergelyking met ander dele van die land waar baie swak bestuur bestaan," sê skoolhoof Justus Schoonraad. Volgens hom is die heropening van skole positief deur leerders sowel as personeel ontvang. "Die kontak wat ek met ouers gehad het, was ook baie positief van aard." Volgens Schoonraad is die gaping tussen die toelating van groepe tot die skool te groot. "Die gaping tussen groepe is te groot en ek sou wou sien dat die tydperk verkort word. Nie alle skole kan e-leer en 'n normale skoolstelsel bestuur nie aangesien talle leerders nie die nodige data of elektroniese toerusting het nie. HSS gaan vort om die nodige e-leer plaforms te gebruik om ons leerders te ondersteun tot hul terugkeer na die skool." Hy glo die akademiese jaar sal suksesvol voltooi kan word in 2020. "Die personeel van HSS sal daarvoor sorg, hulle plaas die leerders eerste en wil seker maak elkeen bereik sy/haar potensiaal. Die ROCKIE-waardes geld ook vir die personeel waar toegewydheid, integriteit en selfdissipline sekerlik gaan uitstaan in die volgende paar weke en maande." Op Moorreesburg het die nuwe kwartaal ook goed afgeskop met leerders wat in groot getalle opgedaag het.
Ons kon vandag begin, aangesien ons aan al die standaarde van die Dept van Onderwys voldoen het. Die matrieks het eers 'n oriënteringsessie gehad. Daarna het 'n vol akademiese dag gevolg tot 14:30. Die leerders is baie bly om terug te wees vir klasonderrig en om weer hulle vriende te kan sien. "Ons sou graag die Graad 11's vroeër wou ontvang, ongeveer twee weke voor die Graad 10's soos oorspronklik beplan, maar sal alles in ons vermoë doen om almal so goed moontlik toe te rus vir die suksesvolle afhandeling van hierdie akademiese jaar. Ons hoop ons leerders sal almal positief bly en ons wens almal 'n suksesvolle kwartaal toe in hierdie onseker tye." By Schoonspruit Sekondêr het daar min leerders opgedaag vir die eerste dag van skool, maar skoolhoof John Stewe skryf dit toe aan die verwarring wat op sosiale media geheers het, asook die onduidelike boodskap vanaf die nasionale minister van onderwys, wat die land Sondagaand sou toespreek, maar toe nie het nie. "Ons as onderwyskorps het hard gewerk om die skool gereed te kry vir die ontvangs van ons 216 matrieks. Alles veiligheidsplanne en oriënterigsplanne was in plek. Om 07:00 was die personeel slaggereed om die matrieks te ontvang. Een leerder het per bus opgedaag, terwyl 11 plaaslike matrieks opgedaag het. 204 matrikulante was afwesig," verduidelik Stewe. Volgens hom wil hulle graag die kurrikulum met die Graad 12's voltooi. "Ek is onseker of die akademiese jaar suksesvol voltooi kan word. Dit is wat skole in plek het om matrieks aan kwaliteit onderrig tydens inperking te ondersteun, wat nou van waarde is." "Schoonies, you have seeds of greatness inside you. You are supposed to go further than the people that raised you. You are supposed to live better, be more successful and set a new standard. Never give up. Stay strong, be kind to yourselve and continue to be the amazing learners that you are. I wish all Schoonies well and all of the best."
Nuus • News
5
3 Junie 2020
Lifestyle Fabrics • Curtains • Linens
OPEN MON - SAT 9am - 5pm OPEN SUNDAY 9am - 3pm Closed Fridays from 12.00 - 14.00
Like us on Facebook
lifestylefabricsparow
LATEX GLOVES SIZE M&L OUR PRICE
105
R 3 PLY DISPOSABLE SURGICAL MASKS MEDICAL GRADE
6
OPEN 7 DAYS A WEEK
00 PER BOX
150
R
R 25
EACH
R
850 R2999 R
PIERRE CARDIN QUEEN QUILTS
179
SOLD PER PACK OF 50
00
R
7
EACH
EACH
EACH
HEAVY WEIGHT JACQUARD CURTAINS UNLINED - 160x218D
99
R
27
99
99
9 R 99 HAND SANITIZER 500ML (65%ALCOHOL) ...... 39 R 99 HAND SANITIZER 750ML (65%ALCOHOL) ...... 49 R 99 HAND SANITIZER 1L (70%ALCOHOL) ............. 59 R 00 HAND SANITIZER 5L (70%ALCOHOL) ......... 200 R 00 HAND SANITIZER 25L (70%ALCOHOL) ....... 990 R 00 ALCOHOL SANITIZING WIPES (500 SHEETS) .. 350 HAND SANITIZER 60ML (60%ALCOHOL) ...........
DISHWASHING LIQUID 1.5L
15
R
29 25LT...R4999 50LT...R9999 12LT .
R
99
DOUBLE MINK BLANKETS
R 99
DISHWASHING LIQUID NOW 5L
OTIMA FLIPTOP DUSTBIN
89 R13999 CHARLIE BLANKETS
3 PLY FABRIC FACE MASK
EACH
R
PER BOX
EACH
EACH
DISNEY & ADULT FACE SHIELDS
00
99
NEW RANGE
THERMOMETERS
NITRILE GLOVES SIZE M&L OUR PRICE
99
99 EACH
29
R
R 99
COMBO RANGE
99
EACH
Tel: 021 9305170/1 | 11/13 Picton Street, Parow, Cape Town, South Africa | www.lifestylefabrics.co.za
FREE SECURED PARKING WITH DIRECT ACCESS OUR ENTRANCE HAS MOVED TO THE BACK OF THE BUILDING BULK BUYERS AND GUEST HOUSES COME AND SEE FOR FURTHER DISCOUNTS E&OE•PICTURES FOR ILLUSTRATION PURPOSES ONLY (CLOSED FRIDAYS FROM 12-2pm)
6
3 Junie 2020
Nuus • News
WCDM leads approach to mitigate COVID-19 spread
Bou jou brein • Train your brain
WCDM Fire Fighters assisting with loading households across the West Coast region. While community screening and testing continues in various towns across the West Coast region the West Coast District Municipality in partnership with local municipalities continue to work towards a safer environment for communities. Swift and collaborative approaches by municipalities to address the humanitarian and social challenges faced by communities are critical to mitigate the spread of the coronavirus. WCDM’s Disaster Management Centre has played a critical role in the coordination of efforts in the district. Collaboration between local municipalities, provincial- and government entities and other strategic partners have healed the desired outcomes. Some of the recent initiatives include: • WCDM will assist the Department of Social Development with the assessment and verification of individuals and households who’ve applied for food parcels. The district municipality will set up a call centre and avail personnel to assist with the backlog of applications which will shorten the waiting period of food parcel deliveries. • With the objective of ensuring a more hygienic environment WCDM Fire Services con-
of food parcels which were distributed to tinue with sanitizing of public spaces. Twenty-six spaza shops were sanitized in Darling while the disinfection of reception areas of local police stations continues. • West Coast District Municipality responded to a request by Western Cape Provincial Traffic to utilise the municipality’s Incident Command bus during roadblocks at Bitterfontein on the N7 highway. The bus will assist officials with an area to have strategic meetings and will supply light when roadblocks take place in the evening. These roadblocks, at the Western Cape/Northern Cape border, will be conducted by various role-players which include Provincial Traffic, South African National Defence Force and the Provincial Health Department to ensure that road users adhere to the lockdown regulations and to curb the spread of the coronavirus. • The vast distances between towns in the West Coast district remains a challenge. To assist the local municipalities with their humanitarian relief projects the Executive Mayor of WCDM, Alderman Harold Cleophas, agreed that the district municipality will transport food parcels to the Matzikama- and Cederberg municipal areas.
Kleur my in! Colour me!
Ons kan wel nou nie meer lekker by maatjies gaan kuier en soggens skool toe gaan nie, maar ons kan steeds leer en inkleur! Kleur hierdie prentjie in en vra vir mamma om 'n foto daarvan te neem en vir ons by die Swartland Joernaal te stuur. Ons wil graag jou prentjie sien! WhatsApp dit na 061 555 0344.
Ons is terug, maar werk van ons huise om almal se veiligheid en gesondheid te verseker! Stuur jou nuuswenke na
061 555 0344 of
izelle@swartlandjoernaal.co.za. Vir advertensies, kontak Karin by karin@swartlandjoernaal.co.za of 064
557 9183.
Nuus • News GEKLASSIFISEERD
11Maart Maart2020 2020 11
Junie2020 2020 33Junie
7
7
Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd sifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds • Geklassifiseerd••Classifieds Classifieds • Geklassifiseerd • Classifieds
nog vele GELUKWENSING re spaar. Baie Congratulations Van: Mammie, Adilene, n Jr ____________
met jou verjaarsdag jouverjaarsdag in die die rus. Van: Issie op 14 Maart 2020. Rus in vrede en hemel. twee dogters Baie liefde – pa Tomtot ons weer ontmoet mie en ma Doreen – Kia en Kyle Geluk Jayda met jou Die gemis is groot, verjaardag. Lekker maar dit wat God verjaar. Van: Amor gedoen het, is welen D.J. gedaan. Van die hele __________________ familie 1 Maart. HENDRIK __________________ CLAASEN. Wens jou ‘n 14 Maart. SOPHIA PIE- geseënde verjaardag TERSEN (Slikkie). BaieSYDNEY toe. DAMONSE Geniet jou dag. geluk met Mammie se Van die Louw familie – 6 Junie. Baie geluk verjaardag. Mag die met jou verjaarsdag e word 21 Here jou seën en nogen mag IN dieMEMORIUM Here jou Maart. Geluk vele jare spaar. Geniet Memoriam nog vele In jare spaar. BABA MEYERS – 1 6 Junie Baie geluk A met jou verdie dag. Ons is baie Dankie vir alles wat jy Junie. Jou eerste met jou 14de . Mammie baie lief vir Mammie Kinvir ons beteken. Van: verjaardag weg van verjaarsdag. Mag di ou en mag jy ders: Rolene, Denzel jou vrou, kinders en ons. Ons mis jou Here jou en vele ënde dag hê. en seën Dominique kleinkinders en koester ons kort jare spaar. Lekker u Ma, s�efpa, Baie geluk met Ouma tydjie saam. Liefde 1 suster enverjaar 3 seBRUNIC. verjaarsdag. Lekker MARIA SAMSON. 13 – mammie Madré, Liefde verjaar – tannie– Kleinkinders: Andine Geniet die dag Maart. Sou u 65ste IN MEMORIUMS Stephnay, pa wees, Steven ____________ en oomTashlynn, Shane Nathan, verjaardag In Memoriam Tesniele, Veels geluk metLemoh, jou maar ons weet u is Denique, Nashwill, 14de verjaarsdag veilig by die engele en Unag 10 Maart. BRAIN Brunic.Donnay Alles wat wat om u waak. Die geluk met jou VAN BOOM. Gister hartseer is nog groot, mooi isBaie op jou nuwe verjaarsdag. Mag die was dit jou 70ste maar berus. Mis jou lewensjaar. Van: jou Here jou seën en nog verjaarsdag gewees. elke dag. Rus in vrede. Ma en Peters familie vele jare spaar. Van: Hoe graag will ons net Van: kinders, man, Geluk met jou Nigel, Glend en suster jou n drukkie gegee kleinkinders en agterverjaarsdag Brunic Baie geluk Slikkie met het. Rus sag. Van: jou kleinkinders - jou neefs: Pikkie, jou verjaardag. Mooi Families. Lario, Shayden, dag verder.niggie Van: Eben, __________________ Beperkte spasie! Amorey en vriend Q. Happy 18th Anna en kinders Aiden __________________ y on 5 March. Stuur jou ah grant you gelukwensinge na e and give you 8 Junie 2020 more years to GWENDOLINE We love you – BOKS. Jou tweede Bahijah, Iza and verjaarsdag weg van �es family ons. Die gemis is 061 ____________ groot maar ek gun
jou di rus. Baie liefde KLAAS VAN STADEN. 3 - Audra
14 Maart. “Happy birthday” PHAYTON CAROLISSEN. Mag jy ‘n lekker dag hê. “Love you” – Mammie en familie Happy __________________ first birthday . Happy 12th SHAYDEN. God’s y. May Godblessings on your u, guide you life. We love you nd you many godparents & Hillario ears. We love Happy birthday to our uma Iza and �es family little boy, Shayden. May God bless you ____________
Ons is terug, maar werk van ons huise om almal se veiligheid en gesondheid te verseker! Stuur jou nuuswenke na
061 555 0344 of
izelle@swartlandjoernaal.co.za. Vir advertensies, kontak Karin by karin@swartlandjoernaal.co.za of
064 557 9183
Besoek ons Facebookblad vir deurlopende nuus en gebeure!
Swartland Joernaal is 'n essensiële diensverskaffer.
Beperkte spasie! Stuur jou gelukwensing na
555 0344.
Naart. Oupa se eerste
BESWARE TEEN ’N NUWE DRANKLISENSIE Die publiek kan beswaar aanteken teen ’n nuwe drank lisensie aansoek.
on this special day. CHANTELLE. 31 May. Love - Grandparents, HOE VIND MENS UIT VAN ’N AANSOEK VIR ’N DRANKLISENSIE? I miss you Mom,• Die aansoeker moet ’n kennisgewing by die perseel op sit waar hy/sy beplan om drank Maritsa, BrunicBERENDSE. and LUCIAN Anine Baie geluk met jou although your soulte verkoop. • Die aansoek moet geadverteer word in ’n plaaslike koerant. is at rest and your mondigwording op 13 • Dit word geadverteer op die webwerf van die Wes-Kaapse Drankowerheid Maart. Mag God jou body free from the(WCLA): https://www.wcla.gov.za nog vele jare spaar. pain. The world would • Dit word geadverteer in die Staatskoerant. Van : mom Suzie, be like heaven if •I Die Aangewese Drankbeampte (Suid-Afrikaanse Polisiediens) moet die naburige inwoners inlig van die Sharon, Japie, Griffy, had you back. I stillaansoek vir ’n dranklisensie. Die gemeenskapspolisie forum word ingelig oor die aansoek. Azalea, Charlton en remember you. •From t 1974 – familie - Shannon Cleophas & ARTHUR __________________ Half of our hearts SE. 46 jaar BESWARE MOET DIE VOLGENDE INSLUIT: lives in heaven now. . Mag God se We love and miss As die goedkeuring van die dranklisensie die volgende negatief sou beïnvloed: eeds julle deel die inwoners van ’n woonbuurt bv. persoonlike veiligheid van inwoners you dearly. Hope• you ulle grondge• die inwoners van ’n ouetehuis of soortgelyke instansie doing fine in heaven vergroot, julle • die leerders van ’n opvoedkundige instelling (bv. skool) wat onder die ouderdom van 18 jaar oud is up above. May angels • die pasiënte van ’n instelling vir dwelm en alkohol verwante afhanklikheid m en onheil die gemeentelede van ’n godsdienstige instelling naby die voorgestelde lisensie perseel. hold you closely •and e weerhou. sing you a happy song kinders, kleinen familie . From : Mammie, Adam and Cleophas ELMECIA HEYNSE - 6 JAYDA. Veels geluk home mates Junie. Baie geluk WENKE OOR HOE OM BESWARE AAN TE TEKEN Vandag is dit jaar• en tjomma met jou Besware is nie beperk tot die bogenoemde voorbeelde nie. Hoe meer spesefiek ’n beswaar is en as die hartseer is nogdit met getuienis ondersteun word, sal dit meer gewig dra. Byvoorbeeld, ’n algemene stelling dat verjaardag. Mag daar daar ’n groot alkoholmisbruikprobleem in die Wes-Kaap is, is nie spesifiek genoeg om ’n bepaalde nig vele geseënde jare steeds baie. Ons mis aaansoek af te keur nie. Die beswaar moet spesifiek wees aan die area en die sienings en jou so baie maar gun wees. Dankie vir jou waarnemings van die inwoners. vriendskap en liefde. • Die beswaar moet die verband wys tussen die spesifieke aansoek, die kanse vir probleme, en dat as die aansoek suksevol is dat dit tot meer probleme sal lei. Van: Hazeldino en • Huidige probleme in die area moet aangemeld word, byvoorbeeld, dat daar statistieke is wat wys dat Hayden misdaad ’n probleem is.
KONTAK ONS 3de Vloer, Sunbel Gebou, 3 Ou Paarl Pad, Bellville, 7530 Tel: 021 204 9805/9700 • E-pos: liquor.enquiries@wcla.gov.za • www.wcla.gov.za
061 555 0344.
8
West Coast Tourism represented at diplomatic brunch with Minister 3 Junie 2020
The Premier of the Western Cape, Mr Alan Winde, hosted his Annual Diplomatic Brunch in honour of the members of the Diplomatic Corps accredited to South Africa. This annual event takes place the morning after the President of the Republic of South Africa delivers the State of the Nation Address. This event provides a strategic platform for the Premier to engage with various stakeholders with the objective to enhance and promote the Western Cape’s key priorities. The tourism sector remains one of the key economy drivers of South Africa and its trade and investment spin-offs creates employment. West Coast District Municipality’s Tourism united represented the West Coast region at this year Diplomatic brunch. Weskus Tourism, the destination marking agency for the West Coast area, showcased the West Coast with an innovative and unique exhibition. The Weskus have a range of diverse offerings for a variety of visitors. From cultural activities to adventure sport coupled with a 400km long coastline renowned for its fishing villages and picturesque scenery. Weskus Tourism also promoted the region at the Pretoria FM show in February and will also
• Delia Esau - 0638618627 • John Mitchell - 0824069549
Nuus • News
SPORT
3 Junie 2020 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
David Joubert (Municipal Manager WCDM); Alderman Harold Cleophas (Executive Mayor WCDM); Gurshell Abrahams (Weskus Tourism Manager); Premier Alan Winde; Melonese Raman (Marketer Weskus Tourism) be attending World Travel Market Africa, the Namibian Tourism Expo and Tourism Indaba later this year.
For more information about Weskus Tourism and its offering visit www.weskustourism.org or call 022 433 8505.
Stap:
Leiers van die verskillende denominasies op Malmesbury het saamgespan en op Nasionale Biddag (31 Mei 2020) gebid teen die Covid19-pandemie. Hierdie inisiatief is onder leiding van Pastoor Moos Jaanse begin en die beplanning is om dit elke week te doen. Hulle wil reeds om 07:00 op ‘n Sondag-oggend begin. Vir enige navrae kan Jaanse gekontak word by 078 671 8014.
Krieket:
Chrismaré Gerber, voormalige leerder van die Laerskool Riebeek-Kasteel, is onlangs opgeneem in die Boland Vrouekrieketspan. Hul volgende uitdaging is die uitspele teen die SA Cobras.