3 April 2024

Page 1

3 April 2024 Nuus met 'n verskil W/A en Tel: 061 549 3683 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 210 Gratis • Free Swartland: See the proposed new tariffs Pieterse en Kriek rol balle reg op MRB Amper tyd vir Swartland Rally pg 3 bl 2 bl 8 Twee nuwelinge in die eiendomsmark, asook die regte, het hul intrek op Malmesbury geneem. Loots Coetzee Inc se Jan Coetzee en Veronica Jordaan (bo), en Advokaat Wim Scheepers (links) is nou te vind in hul nuwe kantoor in Sarel Cillierstraat 3. Advokaat Scheepers bied jou 23 jaar se siviele en kriminele ervaring. Lees meer op bladsy 2. Nuut in die Swartland

Loots Coetzee Inc nou op Malmesbury

In 'n wêreld waar regsdienste soms klinies en onpersoonlik kan voel, bied Loots Coetzee Ing 'n unieke benadering tot Eiendomsreg.

Met hul nuwe kantore in Sarel Cilliersstraat 3 op Malmesbury, is hul toegewyde span gereed om jou op 'n persoonlike en professionele wyse by te staan met Aktevervaardiging, insluitend eiendomsoordragte en verbandregistrasies namens Absa en Standard Bank (die firma het in die verlede verskeie Absa-toekennings ontvang), verbandkansellasies by genoemde banke, sowel as die bemarking en verkoop van jou eiendom deur 'n ervare eiendomspraktisyn werksaam by Loots Coetzee Ing.

Jan Coetzee het gedurende 2002 as Direkteur by die firma aangesluit en kan gekontak word by 082 800 1235 en ook per epos by jan@lootscoetzee.co.za.

Jan is sedert 2010 'n inwoner van Malmes-

bury. Veronica Jordaan is 'n ervare Eiendomspraktisyn (Agent) met 32 jaar ondervinding in die Eiendomsbedryf.

Sy het haar loopbaan gedurende 1992 by Aida begin en was sy later ook prinsipaal/eienaar van haar eie Eiendomsagentskap.

Nadat sy na die Wes Kaap verhuis het, het sy in 2023 by Loots Coetzee Ing aangesluit.

Vir toegewyde, effektiewe en professionele bystand met die bemarking en verkoop en ook koop van eiendom, asook eiendomswaardasies, voorbereiding van dokumentasie teen 'n mededingende kommissiestruktuur, kontak gerus vir Veronica by 079 506 4142 en veronica@lcilaw.co.za.

Die firma glo in die belangrikheid daarvan om persoonlike aandag aan elke kliënt te gee, ongeag die status van die kliënt, of die waarde van die eiendom.

Pieterse en Kriek rol balle beste op Moorreesburg

Die klub het ook na die plaaslike hoërskole uitgereik om die sport aan die jeug bekend te stel. Bo is AE Groenewald van Hoërskool Dirkie Uys wat baie potensiaal toon.

Die Moorreesburg Rolbalklub se Klubkampioenskappe vir 2024 is gespeel op 15 en 16 Maart 2024 en die mans- en dames enkelspelafdelings is onderskeidelik gewen deur Dirkie Pieterse en Lois Kriek. Uitstekende rolbal is gespeel en hulle neem op 12 Mei 2024 deel aan die Weskus Kampioen van Kampioene-kompetisie.

Die plaaslike Pro10-kompetisie is op 22 en 23 Maart afgehandel en die eerste drie plekke is gewen deur die volgende spanne:

1) Johann Smuts en Gerrit Viljoen 294

2) Dirkie Pieterse en Jandré van Wijk 165

3) Jaco Kriek en Lois Kriek 160

Die voorste twee spanne gaan op 1 Junie 2024 deelneem aan die Weskus-uitspeelkompetisie.

Die klub het ook uitnodigings gestuur aan die twee plaaslike hoërskole op Moorreesburg om rolbal aan die leerders bekend te stel.

Gratis afrigting is ook beskikbaar by 'n gekwalifiseerde rolbal afrigter.

Kontak die President Johann Smuts by 076 693 1538 of die Wedstrydsekretaris, Kiewiet van Rooyen op 082 896 5826 met navrae.

2
Dirkie Pieterse en Lois Kriek is aangewys as die mans- en vroue-kampioene van die Moorreesburg Rolbalklub.

Draft budget: Water and electricity tariff spike, but reduced property tax rates

On Thursday, at an ordinary Council meeting of the Swartland Municipality, Executive Mayor Alderman Harold Cleophas presented the draft budget for the next financial year beginning on 1 July 2024 as well as the draft budget for the two following years.

The draft budget indicates the major capital projects that will be undertaken in the coming financial year as well as the planning for the outlying financial years.

The draft budget also presents the community with the rates that will be implemented on 1 July 2024, subject to the final approval of Council.

This draft budget is now available for public participation.

Below are several highlights from the draft budget presented by Mayor Cleophas:

• The earthworks for the new swimming pool in Wesbank, Malmesbury has started, and construction will begin in the new financial year.

• R 80 million has been allocated to build new roads over the next three years. The priority list of roads will be finalised by the end of April 2024.

• Kalbaskraal will get a multipurpose centre with the approximate budget of R7 million. About this project Mayor Cleophas said: "When I took office, I had a few projects on my bucket list and a hall for Kalbaskraal was one of it. Today I can proudly announce that Kalbaskraal will have their multi-purpose centre. We will start with the planning in the new budget year."

• Fire Services will be expanded with a new vehicle and two additional firefighters.

• In the new financial year, the Municipality will roll out the online sale of prepaid electricity for municipal clients. More details and a timeline will be communicated during the Council meeting in May 2024.

For the first time in history, the Swartland Municipality's capital budget stands at R379 million. This is in part due to the 3000 housing opportunities that will be serviced over the next three years. This also means that we must have discussions with the Provincial Department of Infrastructure to make more funds available for

the construction of top structures.

With regards to rates increases Mayor Cleophas had said: "We are all suffering because of the weak economy and yet again this year we managed to keep our rates and tariffs as low as possible."

• Water: Increases with 5,9%, The Municipality buys water from the West Coast District municipality at R 7,18 per kilolitre as from 1 July 2024 and will be sold to consumers at R 6,44 per kilolitre for the first 6 kilolitres.

• Electricity: Eskom will increase their tariff to the municipality with 12,7%. Their tariffs are subject to NERSA approval, and NERSA has not yet given this. What is reflected in the draft budget is therefore subject to change pending NERSA's approval.

• Sanitation: 5,9% increase.

• Refuse removal: 11% due to the service being rendered at a shortfall.

• Property tax rates: reduced by 5,7%

The budget is now available for public participation. Residents can access the budget online or at any municipal office. SUBMISSION OF INPUTS OR COMMENTS - Comments or representations must reach the Municipality in writing on or prior to Tuesday, 30 April 2024 at midday and must be addressed to:

The Municipal Manager

Swartland Municipality

Private Bag X52; Malmesbury : 7299

E-mail address:

swartlandmun@swartland.org.za

Persons who are unable to read or write are encouraged to visit the Malmesbury municipal offices during office hours, where they will be assisted by ms Nicolette Brand to formulate their written comment.

Enquiries can be addressed to:

• Hilmary Papier (2024/2025 draft budget and related documents) at 022 487 9400 or PapierH@swartland.org.za

• Olivia Fransman (IDP, SDBIP and area plans) at 022 487 9400 or fransmano@swartland.org. za.

3 April 2024 3 HOME NURS ING CAREGIVING POST- OPERATIVE CARE PALLIATIVE CARE PERSONAL HYGIENE LIGHT HOUSE WORK MEDICATION ADM INISTRATION We t ake c are of your love d one s Need Home Care? Contact Liesel | 071 395 6994 | liesel@assistedhomenursing.co.za Contact Gavin | 071 395 6994 | gavin@assistedhomenursing.co.za www.assistedhomenursing.co.za www.ahn-swartland.co.za

Kopkrapper van die week

Moeilikheidsgraad: Ongeskik moeilik

Damvlakke in die Wes-Kaap

Wenke: My kind het nie plek in 'n skool gekry nie

Die aanlynaansoeke vir plasing in skole in 2025 sluit eersdaags, maar hoe gemaak as jou spruit nie geplaas word by die skool waar jy aansoek gedoen het nie?

Praat met die skool: Kontak die skool waarby jy aansoek gedoen het en vra of daar enige waglys is of moontlikhede vir latere inskrywing.

Dit is belangrik om inligting direk van die skool te bekom.

Doen navraag by ander skole: Kontak ander skole in jou omgewing en vra of hulle plek het.

Dit is moontlik dat daar ander skole is wat nog oop plekke het.

Besoek die Wes-Kaap Onderwysdeparte-

ment (WKOD): As jou kind nie plek gekry het nie, kan jy die WKOD se kantoor besoek. Hulle kan jou help om 'n alternatiewe skool te vind of jou kind op 'n waglys te plaas.

Oorweeg tuisonderrig: Jy kan oorweeg om jou kind tuis te onderrig. Dit vereis egter 'n goedgekeurde aansoek en bewyse van leeruitkomstes.

Wees positief en ondersteunend: Moedig jou kind aan en verseker hom/haar dat daar ander opsies is. Dit is belangrik om nie ontmoedig te raak nie en saam met jou kind 'n oplossing te vind. Bron: Handleiding vir Ouers - Welkom by graad 1 - Western Cape Education Department1

Kleuters kleur in!

3 April 2024 4
3 April 2024 5
3 April 2024 6

Congratulations

5 April – LEONA

NELL – Baie geluk met jou 20ste verjaardag.

Ons gebed is dat die guns en goedheid van die Here jou porsie sal wees. Geniet en baie seën. Liefde –Mamma, Johnnic en mammie Sandra Ons wens jou net die mooiste en beste toe – Mag Liewe Jesus jou seen en gee jou begeertes na Sy wil –Tannie, Noby, Tristan en Keagan

5 April – WELLENE: Baie geluk my kind met jou verjaardag. Mag die nuwe lewensjaar net vir jou liefde, geluk, vreugde en seëninge van Bo bring. Mooiste seenwense – Lekker verjaar – Ma, Miela, Cylie, Monzy, Alonzo en Rewa

3 April 2024 7 GELUKWENSING
W/A: 061 549 3683 • Tel: 061 549 36831 • Uitgawe 210 • 3 April 2024
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.