Skip to main content

Swartland Joernaal 31 Januarie 2024

Page 1

1

Gratis • Free

31 January 2024

Nuus met 'n verskil

W/A en Tel: 061 549 3683 • www.swartlandjoernaal.co.za • Uitgawe 201

31 Januarie 2024

Nuwe steers vir Swartland

Malmesbury se splinternuwe Steers het Maandag amptelik sy deure by die Zwartland Markt-inkopiesentrum geopen. Die winkel is die susterswinkel van Steers in die Prima Sentrum, wat deel vorm van Jannie en Hanno Visser se portefeulje. Hulle is ook die eienaars van die Debonairs pizza-winkel in dieselfde sentrum. Links is die eerste kliënt, Frikkie, van Shelley Point.


2

Rumen- en hoefgesondheid bespreek op inligtingsdag

Octavoscene het verlede week 'n veedieregesondheidsdag by Eensgezind-onthaalsentrum aangebied waar kundiges op die vakgebiede van rumen- en hoefgesondheid, asook Crytosporidium, wat nou in die Wes-Kaap homself laat geld,

die gehoor toegespreek het. Dr Shaun Morris, stigter van Octavoscene, het met die opening gemeld dat dit die eerste van vele inligtingsdae is en dat hulle daarna uitsien om meer kennis en wenke met die landbouers te deel. Dr Liezel Wasserman wat die onderwerp van Crypto bespreek het, is seker dat die meeste Swartlandse bees- en skaapboere nog met hierdie siekte sal kennis maak en dat die voorkoms hiervan die afgelope 10 jaar baie verhoog het. Die kiem versprei maklik deur mis, na spruite en riviere en is 'n ernstige siekte wat mens en dier aanraak. Volgens Dr Wasserman kom die siekte voor in 70% van lammers wat vrek. "Ons gebruik snap-toetse om vinnig vas te stel of die dier wel Crypto het," sê sy. Sy het ook verduidelik hoe maklik die kiem versprei vanaf enige kamp waar besmette diere is, selfs deur die waghond wat saam in die kampe beweeg en dan saam met die landbouer op die

plaas rondbeweeg. "Dit is juis hierom wat bio-sekuriteit so belangrik is. Dit help nie die bakkie waarmee jy ry word afgespuit, maar jy sit binne die bakkie nie. Jy versprei die protosoë deur jou klere en jou skoene ook." Volgens Dr Wasserman is dit noodsaaklik om die siek kalwers te isoleer en te verseker dat hulle genoeg elektroliete ontvang en dat hulle voedingstowwe aangevul word. "Parafor- of Halocur vir sewe dae is 'n goeie opsie." Hoefgesondheid en laminitis is ook aangespreek deur onder andere Professor Sybrand van den Berg, voorheen 'n dossent by Onderstepoort. "Niemand kan presies vir jou sê waar laminitis vandaan kom nie. Ons is nog nie 100% seker nie. Hoefgesondheid is geweldig belangrik. As jy wil sien of jou dier dalk mank is, draai hom of haar kort na die binnekant. Jy sal vinnig sien of die dier dan ongemaklik trap of pyn ervaar."

Dr Mariaan Viljoen het by Professor van den Berg aangesluit. "Kyk na hoe jou koei loop. Kyk hoe sy staan. Hulle steek hulle pyn en mankheid baie goed weg." Sam Hamlet het, 'n hoefsmit het sy ervaringe op plase gedeel waar hy na die hoewe van die diere omsien. "Voorkoming is baie belangrik. Dit is goedkoper om te verhoed dat jou dier laminitis kry, as wat jy moet sukkel om dit gesond te kry." Dr Johan van Rensburg het oor rumen-gesondheid gepraat en die belangrikheid van 'n gesonde rumen in diere vir goeie ontwikkeling en selfs oorlewing. Hy het die voordele van Mega Sphera, oftewel Mega E, aan die gehoor verduidelik. Dr Jarred Morris, seun van Dr Shaun Morris, het ook 'n praatjie gelewer oor die wan-aanpassing van lammers in voerkrale. Hy is tans besig om navorsing te doen vir sy Phd-graad hierin.

Nuwe gesig by Huis van Heerde Kinderhuis Message from the Executive Mayor To the Grade 12 class of 2023, I want to congratulate all grade 12 learners who contributed to the excellent national matric results. These exam results are a product of your hard work and dedication. Although the conclusion of the exams marked the end of one chapter in your life, it also marks the start of a new chapter. Continue to chase your dreams and work hard to reach your goals in life. Appreciation to the teachers who contributed to education and learning of the learners. The time and effort which you invested made an immense contribution. Regards

Alderman Boffie Strydom, Executive Mayor West Coast District Municipality

Fredalaine Harmse is die splinternuwe bemarker van die Huis van Heerde Kinderhuis op Moorreesburg en is ook getaak met fondsinsameling. Harmse is oorspronklik van die Overberg en het 15 jaar gelede na Hopefield verhuis toe haar man, Eric, die geleentheid gekry het om sy passie hier uit te leef - die boerdery. Sy was voorheen vir 'n kort tydperk by 'n dagsorg in Hopefield betrokke en het ook haar eie fotografie en babakos-ondernemings bedryf. Sy het smiddae na drie kleuters omgesien en het nog altyd 'n passie vir kinders gehad. Harmse vertel dat sy nog al die jare 'n sagte plek in haar hart vir Huis van Heerde gehad het en dat sy nog altyd graag hier sou wou werk. Sy het een aand 'per ongeluk' gesien dat 'n bemarkingspos beskikbaar is. "Ek het 'n baie onvolledige CV ingestuur en 'n kans gewaag. In dieselfde week het die boetie en sussie waarna ek in die middag omgesien het, die nasorg verlaag en was ek baie moedeloos. Ek is ook getoets om te bly glo en wrintiewaar, daar kry ek die pos by Huis van Heerde." Dit byna 15 jaar ná sy 'n diploma in bemarking voltooi het. Die kinders van Huis van Heerde is haar grootste dryfveer en inspirasie. "Ek kan dalk nie altyd alles vir my eie kind gee nie, maar ek probeer en liefde is altyd in oorvloed. "Huis van Heerde is die plek waar hierdie 70 kinders die meeste van hulle tyd spandeer en dis vir my baie belangrik dat hulle dit sien as 'n veilige hawe en liefdevolle omgewing nes 'n ouerhuis. Hulle moet sien hulle vorm deel van die samelewing, sonder om anders te voel." Harmse het groot planne met die kinderhuis. "Dit is belangrik om Huis van Heerde se naam op almal se lippe te kry, vir die regte redes natuurlik en om so dan te verseker dat ons kan bou aan 'n toekoms vir elke kind in Huis van Heerde. Ons wil vir hulle iets gee om na uit te sien wanneer hulle ons eendag verlaat, maar hulle moet ook met heimwee kan terugkyk na waar hulle groot geword het. Hulle moet trots wees daarop. Elkeen van ons verdien dit om 'n geleentheid in die lewe te kry."

REGISTER NOW ONLINE www.westcoastcollege.co.za

LEARN today LEAD

tomorrow

National Certificate (Vocational) – Grade 9 required • New programmes include: o Transport & Logistics o Finance, Economics and Accounting

Pre-Vocational Learning Programme – Grade 9 requied

Semester Studies (N4 – N6): Business – Grade 12 required • New programmes include: o Farming Management & Mechanisation

Centre for Specialisation – Grade 9 required • Pipe Fitter • Boilermaker *NEW

Trimester Studies (N2 – N3): Engineering • Phased OUT in 2024

CLOSING DATE • 31 JANUARY 2024 BURSARIES AVAILABLE

Fredalaine Harmse, die nuwe bemarker van Huis van Heerde op Moorreesburg. Huis van Heerde bied gereeld spesiale projekte aan waarvoor hulle donasies vra, hetsy goedere of geld. "Ons hou ook spesiale geleenthede soos ons gholfdag en ons waardeer elke deelname. Mense kan ook hul tyd gee. 'n Afgetrede onderwyser kan dalk 'n paar ekstra klasse aanbied, of net kom kuier. Ons kinders geniet dit vreeslik." Hoe kan besighede en persone betrokke raak? Alhoewel die kinderhuis talle finansiële uitdagings het weens minimale staatsbefondsing, is die grootste uitdaging vir Harmse om nie moed te verloor nie, maar om te bly glo, want 'dinge gebeur op die regte tyd'. "Net wanneer jy dink dis nie meer moontlik nie. Nie ons tyd nie, maar God se tyd. Dis al oor en oor bewys in my kort tydjie hier."

CONTACT US Central Office 022 482 1143 Atlantis 021 577 1727 Citrusdal 022 921 2457 Malmesbury 022 487 2851 Vredenburg 022 713 3167 Vredendal 027 213 5673

West Coast College Institution of Excellence @Westcoastcol Westcoastcollege Report Fraud 080 022 2285


3

31 January 2024

Octavoscene: Kundige sprekers deel kennis oor veegesondheid

Octavoscene het Donderdag by die Eensgezind-onthaalsentrum 'n Prodoksiedierseminaar aangebied en kundiges in hul vakgebied het diegene teenwoordig ingelig oor onder andere hoefgesondheid, siektetoestande en rumen-gesondheid. Die dag is deur Dr Shaun Morris (links bo), stigter van Octavoscene geopen. Regs bo is die span van Octavoscene wat hard agter die skerms gewerk het om die dag moontlik te maak. Dr Johan van Rensburg (onder, tweede van links) het oor rumengesondheid gepraat, asook Dr Mariaan Viljoen (derde van links). Dr Liezel Wasserman het haar kennis van Cryptosporidium in lammers en kalwers gedeel, terwyl Professor Sybrand van den Berg oor hoefanatomie en laminitis gepraat het. Dr Jarred Morris het gesels oor die onaanpasbaarheid van diere in voerkraal-omgewing asook voeding.

Dr Johan van Rensburg

Bo: Professor Sybrand van den Berg in gesprek met Fanie Walters.

Dr Mariaan Viljoen

Dr Liezel Wasserman

Bo: Sam Hallet het die Bo: Prof Leon Prozesky gehoor ingelig oor die het by die praatjie van Dr rol van 'n hoefsmidt op Jared Morris aangesluit. melk- en skaapplase.

Prof Sybrand van den Berg

Dr Jarred Morris


4

31 Januarie 2024

Malmesbury se NG Moedergemeente spog met

Die Swartland NG Moedergemeente het Sondag amptelik die nuwe kerksaal in gebruik geneem. Die saal se oprigting het groot historiese gebeurtenisse gesien toe daar met die bouwerk grafte opgegrawe is. Hierdie beendere is van moontlik 44 mense is in 2022 ontdek en is op 23 Julie 2023 weer ter ruste gelê in die kerkterrein. Hulle is in 'n dubbellaaghoutkis van 2.4m lank, 1.2m breed en 80cm hoog onder 'n jakarandaboom begrawe.

Anja Huisamen, toe nog 'n honneursstudent in argeologie, het dié geleentheid bygewoon, ná sy nou betrokke was by die opgrawing van die beendere. Volgens begrafnisrekords is 144 persone op die terrein begrawe. Die nuwe kerksaal is gebou aangesien die lidmate 'n behoefte aan 'n saal reg langs die historiese kerkgebou gehad het. Nou spog die gemeente met 'n splinternuwe kerksaal wat 'n veilige afstand vanaf die kerk is waar hulle hoop om vele samekomste te hou.

Geskiedenis van die gemeente Die NG Gemeente Swartland is die vyfde oudste gemeente van die Nederduits Gereformeerde Kerk. In 1655 het Jan Wintervogel en ses soldate die Swartland besoek. In 1743 is baron Van Imhoff op 'n inspeksiereis deur die omgewing gereis. Hy het aanbeveel dat 'n gemeente hier gestig word. Op 26 Junie 1745 is die Swartland-gemeente

gestig. Ds. Franciscus le Seuer, 'n leeraar van die NG Gemeente Kaapstad het ds. RA Weerman hier bevestig en die gemeente het toe 55 lidmate gehad. Ds. Weerman het begin woel aan die bou van 'n kerk. In 1750 is ds. CB Voltelen as die tweede predikant bevestig en in sy vyf jaar hier is die pastorie en die kerkgebou voltooi.


5

31 January 2024

splinternuwe kerksaal

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Rachelle van Zyl by 022 487 9400.

Nutsman Malmesbury Departement van die Direkteur: Infrastruktuur en Siviele Ingenieursdienste • Verwysingsnommer: V3/24 • Salarisskaal: R133 740 – R172 776 p.j. (T5) Sluitingsdatum: 13 Februarie 2024 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

Anja Huisamen het as argeologiestudent nou saam met die span gewerk wat die opgrawings hanteer het.

Leeraars Jacobus Snyders en Jacobus Maas by die amptelike opening van die kerksaal wat Sondag na afloop van die Sondagdiens gehou is.

149906

Jou laaste kans om te registreer om die Wes-Kaap DA te hou Die

Wes-Kaap Werk Alan Winde vir Premier

Elke persoon wat registreer en stem, verbeter ons kans om die Wes-Kaap DA te hou

Jy word slegs toegelaat om by die stembus te stem waar jy geregistreer is.

Indien jy sedert die laaste verkiesing verhuis het, moet jy herregistreer waar jy nou woon.

Al wat jy nodig het, is jou groen strepieskode ID-dokument, slimkaart-ID of geldige tydelike ID-dokument.

Skandeer hier vir hulp om aanlyn te registreer of besoek jou stemlokaal op 3/4 Februarie 2024. Geen registrasie = geen stem.

Kry hulp met registrasie om te stem by checkstatus.da.org.za Issued and printed by Greg Krumbock, DA Federal Head Office, Gardens, Cape Town.


6

31 Januarie 2024

Hoe gemaak met... Februarie-hitte in my tuin

Malmesbury kroon beste duiweboere Links: Rudi Lombard (Limbardi) wat sy toekennings ontvang vanaf die onder Voorsitter, Kobus Marais.

Hierdie tyd van die jaar is dit BLOEDIG warm en net soos ons mense, kry die tuinplante ook swaar. Wanneer jy tuin natmaak, doen dit deeglik sodat die grond behoorlik diep kan nat raak. Daar is ook in hierdie tyd van die tuinmaakkalender heelwat dinge waaraan ons tuiniers aandag moet skenk; 1.Wees op die uitkyk in jou roostuin (ook elders in die tuin) vir ROOISPINMYT besmetting, die eerste tekens van die plaag is so 'n vaalgrys, gespikkelde, sout en peper voorkoms op die bokant van die blaar en as jy die blaar aan die onderkant bekyk sien jy die mikroskopiese klein insekte beweeg. Soms is daar ook 'n baie fyn spinnerakweb sigbaar tussen die takkies en die blaar. Dié plaag suig plantsap uit die plant en plaas plante onder baie stress en kan op die langeduur die plant heeltemal dood maak. Dit is 'n plaag wat gewoonlik gepaardgaan met warm, droë, stowwerige toestande en kan nogal baie skielik toeslaan en vinnig versprei (veral die tyd van die jaar ). Om dit te beheer moet jy WEEKLIKS 'n baie deeglike bespuiting doen van die plante, veral aan die onderkant van die blare vir ten minste 4-5 weke. Gebruik 'n erkende middel teen rooispinmyte soos; Makhro Seizer 100EC; Seizer

80SC; Samba 20EC of Milbeknock 1%EC. Gebruik ook 'n goeie kleefmiddel /benatter om te help met die efektiewe werking van die produk, dit moet saam met die produk gemeng word in die spuitkan wat gebruik word. 2.Die tyd van die jaar kan jy jou rose ook 'n ligte SOMERSNOEI gee om weer nuwe groei te bevorder, moet net nie te swaar snoei dat daar te min blare oorbly om die stamme teen sonbrand te beskerm nie. 3.Rose benodig baie water en gereelde voeding, moenie kortpaaie vat nie, want dan gaan jy nie mooi gesonde plante met baie blomme hê nie. Daar is 'n verskeidenheid van voeding vir rose op die mark, gebruik die met 'n hoë kalium inhoud vir baie & mooi blomme, maar ook genoeg stikstof vir mooi gesonde blare. (Gewone 3.1.5 ; 8.1.5 ROSE & FLOWER ; Vigorosa 5.1.5 ; Colourburst Rose Food 6:3:5 ; Starke Ayres Rose Food) 4.Huidiglik sukkel ons tuiniers ook weer met 'n taamlike agressiewe besmetting van WIT-WOLLUIS, wat veral suurlemoenbome & sitrus, maar ook ander plant spesies aanval. Die plaag kom veral op die onderkant van die blare voor en die heuningdou wat die goggas afskei maak die blare taai en later raak die boom/ plant pikswart soos die 'black soot' op die blare versamel. Hier moet met 'n kombinasie van verskeie produkte gespuit word, eerste week 1 of 2 keer en daarna nog omtrent vir 4 tot 5 weke, een keer per week, of tot die plaag uitgeroei is. Ons gebruik MALASOL/MALATHION of TRIVOR, plus SK ECO OIL spray of OLEUM in kombinasie (d.w.s. jy meng die twee saam) en weereens moet die boom/plant deeglik onder hul blare gespuit word. 5.Ten slotte: ek sien so baie tuiniers wat hul tuine natspuit met die tuinslang sonder dat hulle 'n ordentlike spuitkop gebruik. Die straal water wat uit die pyp kom spoel dat die grond so spat, party gebruik 'n vinger voor die pyp om kamma die water te breek, maar nog steeds spoel die plante se wortels kaal. Asseblief, vir die plante se onthalwe, gebruik 'n ordentlike spuitkop of sit 'n klein 'skilpadspuit' op die grasperk of langs die bedding sodat die plante 'n lekker sagte sproei kan beleef en die grond sodoende deeglik benat kan word. Tuingroete tot 28 Februarie. George Retief.

Die 2023 wedvlugseisoen het weereens baie sterk en gesonde kompetisie gebied tussendie lede van die Malmesbury Wedvlugklub. Die duiwe van veral Rudi Lombard en Johan Loubser het vanuit die staanspoor goed gedoen. Rudi Lombard (Limbardi) is dan ook bekroon as die Kort Afstand-kampioen. Rudi Lombard het n uitstekende seisoen beleef en is ook as die Middel Afstand-kampioen bekroon. Johan Loubser en Rory Lambson (Bordeaux A) het hulle titel verdedig van 2022 en het met 'n uitmuntende poging die Langafstand-titel ingepalm. Rudi Lombard (Limbardi) is ook bekroon as die Algehele Kampioen vir 2023. Rudi Lombard (Limbardi B) se B-Span het ook goed vertoon en het in die algehele tweede posisie in die klub geëindig. Erlo Kotze (Kotze Familie hokke) het die meeste wedvlugte gewen met ‘n totaal van 9. Die verskillende kategoriewenners vir 2023 is soos volg: Kortafstande (200 tot 400km) : 1ste: Limbardi 2de: Lewisham lofts (Chris Derby-Lewis) 3de: Kobus Marais (Marais Hokke) Middelafstande (401 tot 600km): 1ste: Limbardi 2de: SG Basson (Splendidior)

3de: Limbardi B Langafstande (601 tot 935km): 1ste: Bordeaux A 2de: Limbardi B 3de: Limbardi Jongduif punte : 1ste: Splendidior 2de: Bordeaux A 3de: Limbardi B Ou Duif Punte : 1ste: Limbardi 2de: Kotze Familie Hokke 3de: Limbardi B Duif met Meeste Punte: 1ste: Limbardi 2de: Limbardi 3de: Limbardi Algehele Kampioen: 1ste: Limbardi 2de: Limbardi B 3de: Bordeaux A Beste Sportmanskap: M HIll Die Bestuur bedank alle lede vir die goeie en gesonde gees en sportmanskap wat geheers het tydens die seisoen. Die kompetisie tussen die lede was baie goed en beloof om komende seisoen net nog strawwer te wees. Enige iemand wat belangstel om meer uit te vind oor die sport kan gerus die Voorsitter, Rudi Lombaard, kontak op 084 622 4730


31 January 2024 TE HUUR To let Badenhof - 1 Maart 2024. 3slp dupleks woonstel. Ingeboude kaste en volledige badkamer. Geen troeteldiere. Kontak 0224821101. GELUKWENSING Congratulations

3 Februarie: Baie geluk Tanya met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is. Dankie vir al die liefde. Jy is 'n ware vriendin. Van: Nanna

Stuur 'n epos na admin@ swartlandjoernaal. co.za met jou nuuswenke.

Stuur 'n epos na admin@ swartlandjoernaal. co.za met jou nuuswenke.

7


8

31 Januarie 2024

KITSMURE Plaaslike deskundiges vir die oprig en verskaffing van ‘vibracrete’-mure.

082 059 4325 083 321 9357 W/A: 061 549 3683 • Tel: 061 549 36831 • Uitgawe 201 • 31 Januarie 2024

Rockie-nuus vanaf Hoërskool Swartland

TOUTREK: WESTCLIFF Op Saterdag, 27 Januarie, het Hoërskool Swartland aan 'n toutrek-byeenkoms by die Westcliff Vaardigheidskool in Bellville deelgeneem. Ons is trots op ons 600kg seuns wat 3de in hul afdeling gekom het, asook ons 520kg seuns wat 6de in hul afdeling gekom het. Ons 520kg gemengde span het 3de in hul afdeling gekom. Baie geluk aan hierdie leerders! Van ons Rockies (meisies) was ook deel van die Malmesbury klubspan wat 5de in hul afdeling gekom het. Welgedaan! Ons is opgewonde vir 'n goeie toutrekseisoen wat voorlê en sien uit na die volgende byeenkoms.

Epos: kitsmure@cornergate.com

PIEKNIEK: GR.8 EN GR.12 Op Donderdag, 25 Januarie, het ons graad 12's saam met hulle Klippies hul jaarlikse piekniek gehad. Hierdie word gesien as 'n goeie tyd om mekaar beter te leer ken, en om nóg meer vriende te maak met die ander rondom jou. Die leerders het elkeen hul eie kos voorsien vir dié uitstappie, maar is ook bederf deur mnr. André Smit van Bonathaba plaas se heerlike druiwe! Elke matriekleerder en sy/haar klippie het 2 bakkies druiwe ontvang om saam met hulle kos te geniet. Ons sê baie dankie aan mnr. André Smit vir hierdie bederf. Die leerders, en personeel, het dit baie geniet!

TENNIS Du Preez Erasmus het die naweek deelgeneem aan die Boland Kavaliers O/15proewe en eindig op nommer drie in die Kavaliers Aspan.

TENNIS Hoërskool Swartland het Woensdag, 24 Januarie teen Hoërskool Parel Vallei in Somerset-Wes dubbels en gemengde dubbels gespeel. Ons A-span wen 13-4. Die Bspan verloor 2-14. BERGFIETS Wat ‘n ongelooflike week vir Swartland-sport! Nog 'n toevoeging tot die geleenthede wat dié top skool bied: bergfiets. Die pragtige area waar Malmesbury homself bevind, is die perfekte broeikas vir wêreldklas bergfietsryers. Met die talent wat reeds in Hoërskool Swartland rondry, het ons dit goed besluit om “MTB” as skoolsport by te voeg. Met leerders wat alreeds op soveel vlakke presteer, is dit ‘n ongelooflike voorreg om die Rockies te ondersteun in hulle passie.

KRIEKET Saterdag het ons O/15A-krieketspan teen RPC (gemengde span van Paarl) te staan gekom in 'n T20 wedstryd. Swartland wen die loot en doen eerste veldwerk. RPC word uitgeboul vir 68 lopies. In 'n baie spanningsvolle kolfbeurt, behaal Swartland die wentelling in die laaste boulbeurt met slegs 1 paaltjie oor.

ONDER: WISKUNDE 2023: Baie geluk aan die volgende leerders wat onder die top 10 vir Wiskunde in 2023 in ons distrik was. Graad 10 van 2023: Mila Maritz, Wilné Steyn: Graad 11 van 2023: Jana Steyn, Jani Steyn, Anike van der Merwe, Anrich Cloete, Mila-Mari van Lill.

ZONE 7: EWALD MAASS Sterkte aan Ewald Maass, die vinnigste Rockie op twee wiele, met sy voorbereiding vir sy eerste kompetisie van die jaar wat volgende naweek gaan plaasvind.

GHOLF Hoërskool Swartland het kragte gemeet met Curro Langebaan tydens die gholf liga. Ons gholfspan bestaan uit Johandré Theron, Johan Jürgens, Inus Groenewald, Louis-Gerard Marais, Marcel Basson en Rhuben Malan. Swartland het hul beste gegee tydens die wedstryd, maar het uiteindelik die wedstryd verloor met slegs 8 punte.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Swartland Joernaal 31 Januarie 2024 by Swartland Joernaal - Issuu