Swartland • Bergrivier 1
27 November 2019
Free • Gratis
Tel: 022 487 1670 • www.swartlandjoernaal.co.za
Nuus met 'n verskil
In goud getooi
27 November 2019
Oestyd in die Swartland is so te sê op die einde en die lande is gestroop van alle koringare. Die stoppellande tooi die omgewing in 'n goudbruin gloed en die strooibale staan en wag om gelaai te word. Foto: Cor Cronje
Stand van die damme
Ekspo vier 10de jaar met Môreson
bl 2
Met geboorte reeds gebreek
bl 3
Die watervoorsieningskanaal van die Wes-Kaap het die afgelope week met 0.6% gedaal vanaf 83.7% tot 83.1%. Die Bergrivierdam staan nou op die 98.7%merk, in vergelyking met verlede week se 99.8%. Die Voëlvleidam, wat die Swartlanders van water voorsien, is nou 88.5% vol. Verlede week was die dam 89.5% vol en verlede jaar dieselfde tyd 92.1%. Bron: www.capetown.gov.za
511|505|541
was R899 NOU R539
NOU
Wrangler Texas Stretch
vanaf
was R750 NOU R375
R175
NOU
vanaf
R199 NOU
vanaf
R175
Pierce Arrow Denims was R599
NOU R299
NOU
NOW ON!
vanaf
R199 Uitgesoekte voorraad. Voorraad beperk.
Voortrekkerstraat | 022 487 2356
2
NUUS • NEWS
27 November 2019
•UITSTALLERS RUK OP NA MÔRESON
Bespreek jou Kersboodskap vroegtydig teen spesiale tariewe!
Daar is nog net drie koerante oor vir 2019. Kontak Karin om jou plek te bespreek by karin@swartlandjoernaal.co.za of kontak ons by 022 487 1670.
Ekspo vier 10 jaar Gedurende die naweek van 14 tot 16 Februarie 2020 vind die 19de kykNET Buite Ekspo plaas by die Môreson-plaas, 10km buite Malmesbury langs die N7. In 2020 sal die uiters gewilde konsep 10 jaar oud wees. Met die laaste geleentheid het net meer as 20 000 besoekers dit bygewoon, wat dit die grootste ekspo van sy soort in die Wes-Kaap maak en die organiseerders se stoutste verwagtinge oortref het. Vanweë die sukses van die konsep, spog die ekspo ook met baie prominente senior mediavennote, senior borge en diensverskaffers waarsonder hierdie ekspo nie moontlik sou gewees het nie. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly dan ook die heel naweek op hulle uitstalterreine en rig hulleself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer, sou hulle dit aanskaf en self gebruik. Alle uitstalareas het maklike toegang tot krag, water en badkamer fasiliteite. Tesame met die uitstallings word daar ook lekker pret aktiwiteite aangebied vir die hele gesin – André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied gratis Amarok 4x4-hindernisritte aan; dan is daar veldmotorfietse- en ‘quad’fiets-vertonings en ritte, asook helikopterritte om maar ‘n paar te noem. Die ekspo vier hul 10de verjaarsdag, so maak ook seker om nie die kykNET Buite Ekspo Verjaarsdag ‘Jol’, aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET se sepiesterre te mis nie. Daar word gedurende die naweek verskeie ander baie interessante kompetisies en aktiwiteite op die terrein aangebied. Daar word ook weer vanjaar gespog met ‘n kunsmark wat beloof om baie interessant te wees. Ondersteun ook die splinternuwe Swartland Wyntuin met van die lekkerste wyne en heerlike eetgoed beskikbaar. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ‘n
Castle Light-kroeg en biertuin en ‘n baie gewilde ‘slush’-tuin om almal se dors te les. Die kykNET Buite Ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar daar kan uigesien word na ‘n paar uitstekende Hankook-kunstenaars: Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Pieter Smith, Joe F, Cheree, Wicus van der Merwe, Sam en Calla en Melo3 - SA se splinternuwe ‘girl band’ wat die publiek sal vermaak as een van die aktiwiteite by die kykNEThoofarena, terwyl daar lekker afgekoel en gekuier word nadat die uitstallers besoek is. Bring gerus die kinders saam – daar sal meer as genoeg wees vir hulle om te doen by die pretpark, terwyl Ma en Pa die talle buitelewe produk-uitstallings geniet! Maak ook seker om nie Sondag die Lollos-vertoning te mis nie. Naweekkampering raak nou vining vol en kan nog bespreek word deur ‘n e-pos te stuur aan moresonmalmesbury@gmail. com en alreeds opgerigte en toegeruste tent kampering aan admin@you2camp.com. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo.co.za / 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of media navrae en vir Tersia by accounts@ekspo.co.za / 071 659 9915 vir uitstallers navrae. Besoek ons webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.
NUUS • NEWS
27 November 2019
•'JY MOET JOUSELF HELP, NIEMAND ANDERS SAL'
Siekte laat Nadia "breek"
Die idioom "dinamiet kom in klein pakkies" kry werklik betekenis as jy met Nadia Arendse van Malmesbury kennis maak. Al is Nadia se beendere so bros dat dit op x-straalplate "deurskynend" lyk, is sy stewig geplant en staan sy vir geen uitdaging terug nie. Nadia (33) was by geboorte reeds "gebreek" toe sy haar eerste lewenslig aanskou het met 'n gebreekte been. Dit is eers 'n paar jaar later wat medici haar toestand kon diagnoseer en haar siekte het 'n naam gekry: Oustiogenesis Imperfecta. Dit beteken dat Nadia maklik beenbreuke opdoen en dat sommige dele van haar beenstruktuur nie volkome ontwikkel nie. Dit is dan ook so dat Nadia op 'n kontinentale kussing grootgeword het, want haar ma, Evelyn, was te bang dat sy haarself stamp en dan seerkry of 'n breek opdoen. "Dit is 'n siekte wat oorerflik is en my niggie sukkel met dieselfde uitdagings as ek," vertel Nadia. Ten spyte van haar diagnose het Nadia vir haarself werk geskep en word haar handgemaakte produkte tot so ver as KwaZulu Natal versend. "Ek moes vir myself werk skep. Jy moet jouself help. Niemand anders gaan dit vir jou doen nie," sê sy. "Ons het haar groot gemaak met die wete dat sy op haar eie bene moet staan en dat sy nie agter haar siekte kan wegkruip of skuil nie. En glo my, sy was 'n wilde kind. As ek haar aangeraai het om liefs nie êrens te klim en klouter nie, het sy juis net dit gaan doen," vertel Evelyn. Op die ouderdom van 2 jaar is 'n pen in Nadia se been gesit, op 4 is daar dikker penne ingevoeg en op 6 het sy 'n operasie op haar arm gehad, waar daar vandag 'n plaat, skroewe en penne sit om haar te verhoed om verdere breke op te doen. "Ek het maar baie gebreek, maar vandag gaan dit beter," vertel sy. Nadia het self baie navorsing oor hierdie seldsame siekte gedoen, sodat sy haarself kon bemagtig en weet vandag wat sy moet doen en eet om haarself te beskerm. "Ek moet byvoorbeeld geen kalsiumpille in-
Links: Nadia en haar ma, Evelyn Arendse, is onafskeidbaar en ondersteun mekaar in alles wat hulle aanpak.
neem nie. Ek moet dit op 'n natuurlike manier in my liggaam kry, so ek drink baie melk en eet baie jogurt." Toe Nadia destyds haar werk verloor het omdat die eienaars verhuis het, het sy besef dat sy sal moet inspring om vir haarself 'n lewe te skep, want sy is by talle werke weggewys weens haar siekte. Haar passie vir kuns het haar op die spoor geplaas van haar bekende denim handsakke wat sy van herwinde denimbroeke gemaak het. Dit het later gegroei na 'n "Sleep Buddy"-kussing wat sy met groot moeite self ontwerp. Hierdie slaapkussing het selfs 'n liggie vir kinders wat 'n vrees vir die donker het. "Ek wou nooit 'n entrepreneur wees nie, maar my ma het my geleer dat dit iets is wat ek sal moet bemeester." Vandag bied sy veel meer as handsakke en kussings en laat sy haar liefde vir kuns vir haar 'n inkomste genereer met allerhande dekor-items wat sy self ontwerp en maak. "Jy kan nooit in sak en as gaan sit nie. Jy moet vir jouself sorg, maak nie saak wat met jou gebeur of hoe jou lewe is nie," vertel sy met 'n glinster in die oog.
3
4
27 November 2019
HUIS EN TUIN
Hoe gemaak met... Desember, goggas en giftige plante Wanneer die Jakarandabome so oorvloedig blom soos nou, dan wonder party van ons of ons nie in Pretoria is nie, dit is net blou waar jy kyk, net jammer dat die boom ook op die indringerlys beland het. Dit beteken jy kan die een wat in jou tuin groei behou, maar ons mag nie meer nuwes plant nie. Dit is nou ook al baie warmer met baie meer winderige dae, wat beteken dat ons grondvog baie vinnig verdamp en ons meer beplanning aan die dag moet lê met die natmaak van ons tuine. Daarom bly die toedien van 'n deklaag (mulching) om jou plante baie belangrik, gebruik kompos en denneboombas vir die doel. Moenie strooi (kaf) of grassnysels gebruik nie, daar kan nadelige gevolge wees, maak eers kompos van dit en gebruik dan in jou tuin. Daar is ook verskeie ander produkte op die mark wat jy in jou grond kan inwerk om waterpenetrasie en waterretensie aan te help; Stockosorb-korrels, Green Cubes; Waterwise 3D Soil Wetting Agent, is maar 'n paar van die produkte. Indien jy oor die feestyd weggaan, sorg dat jy iemand bekwaam kry om 'n ogie oor jou tuin te hou. Net voordat jy met vakansie gaan, moet jy seker maak dat jy alle peste en plae onder beheer kry, veral die volgende 4 sondaars:
• BLAASPOOITJIES (Thrips): Dit is 'n baie klein insek wat die blare en blomme van plante aanval en nogal heelwat skade kan aanrig, die blare trek so op 'n boggel of is soms heel verwronge, blomknoppe wil nie oopmaak nie en lyk of dit sonbrand opgedoen het. •ROOISPINNEKOP (Red Spidermite): Hierdie is ook 'n bitter klein insek (amper mikroskopies) wat plantsap uitsuig en baie skade kan aanrig. Dit kruip gewoonlik aan die onderkant van die blare weg en die blaar kry so 'n "sout en peper" voorkoms op die bokant. Indien die plant oorneem, kan die plant dalk heel toegespin wees, met 'n dun en fyn spinnerakweb. •SNYBEKKEWER/WINGERDKALANDER: Hierdie klein kalant kan nogal groot skade aanrig in 'n kort tydjie. Dit is 'n klein, vaalgrys tot ligswart kewertjie wat bedags in die grond wegkruip en snags uitkom om sy verwoestingswerk te doen. Die plant se blare en soms ook die singels het sulke klein uitkerfmerke en gate wat lyk of dit met donshael getref is. •WITROES EN ROES: Hierdie siektes word veral op rose, krismisrose en wingerd aangetref. Witroes lyk soos of die blaar 'n fyn lagie wit poeier op het, teenoor gewone roes. Dit is gewoonlik bruin of swarterige kolle of vlekke op die blaar. Indien jy met enige van die ander peste en/of plae in jou tuin sukkel, bring vir ons 'n paar blare
of 'n goeie voorbeeld saam na die kwekery en ons gee graag raad. Bring ook 'n lysie saam van die produkte en middels wat jy reeds by die huis het, dan hoef ons nie te dupliseer nie. Ek het ook die laaste tyd navrae ontvang oor giftige plante. Kom ons noem vinnig 'n paar name: Selonsroos, krismisroos, gewone ivy (hedera) klimop, affodille/daffodil, seringboom, boesmangifbos, maanblom, dieffenbaghia, croton en so sal ons kan aangaan. Kyk ons na die name, sien ons dat ons die meeste van die plante in al ons tuine aantref, sommige selfs binnenshuis as plante. Nou voor ons al die plante verban en uitkap, kom ons kyk uit 'n positiewe hoek daarna. Ons as mense eet nie plante nie, ons is so geleer en ons het ons kinders ook so geleer. Sommige van die giftige plante moet jy groot hoeveelhede van inkry, voordat jy iets sal oorkom. Ander is weer baie toksies, maar dit smaak so sleg. Sommige brand soos vuur in jou mond, dat jy dit nie geëet sal kry nie. My standpunt is altyd dat ons nie bang hoef te wees nie, moet net nie goed eet wat nie aan jou bekend is nie. Daar sterf baie minder mense van giftige plante as wat daar in motorongelukke omkom en ons het nog nie motors verban nie. Geseënde Kersfees en voorspoed met 2020. Tuingroete tot einde Januarie. George Retief
Deur nie die veiligheidstelsels na te gaan en te verseker dat die woonhuis beveilig is nie, stel die huiseienaar hom bloot aan onaangename verassings met sy terugkeer. Nie net mag hy groot skade ly agv inbraak en diefstal nie, maar daar is die nare realiteit dat sy versekeringseis ongeldig verklaar en van die hand gewys kan word! Ons wil graag ‘n paar wenke aan die hand doen: Maak seker dat jy die inhoud van jou versekeringspolis verstaan! Let veral op die volgende: Watter items is verseker deur die polis en tot watter waarde is dit verse-
ker. Waar is hierdie items verseker, byvoorbeeld ‘n sakrekenaar mag dalk dekking verleen in jou woonhuis maar nie by die strandhuis of vakansiehuis nie. Wat is die omvang van die versekering, bv vuur, diefstal, natuurlike rampe, nalatigheid ens Is daar spesifieke bepalings en uitsluitingsklousules wat nadere aandag verdien? Verpligtinge van die Versekerde Huiseienaar ‘n Versekeringspolis stel albei regte en verpligtinge vir beide partye. Is jy as versekerde bewus wat van jou verwag word ten einde jou deel van die ooreenkoms na te kom? Nakoming van jou verpligtinge sal die kanse dat ‘n eis van die hand gewys word, aansienlik verminder! Verpligtinge kan insluit: Om te verseker dat sekuriteitstelsels behoorlik funksioneer en dat die alarmstelsel effektief geak-
tiveer is. Dit sluit in die verpligting om te verseker dat jou premies aan die gewapende reaksie sekuriteitsmaatskappy ten volle betaal is en dat hierdie diens geaktiveer is wanneer jy met vakansie vertrek. Indien jy versuim om die ooreengekome stappe te neem sal jou ”jaareind-bonus” dalk net gebruik word om huisinhoud te moet vervang… Kenners beveel ook aan dat die volgende aspekte die hoogste prioriteit geniet: Dat die alarmstelsel geaktiveer en in werkende toestand is wanneer jy vertrek Alle hekke, diefwering en elektriese heinings in werkende toestand is. Waardevolle items toegesluit is in ‘n kluis. Vensters toegemaak is. Verseker dat alle deure behoorlik gesluit is. Ontkoppel elektriese toestelle wat nie gebruik word nie. Sluit tuinmeubels en ander waardevolle buite items veilig toe. Vertel die bure van jou rondswerwinge en vertrek en vra dat hul ‘n ogie hou. Maak seker dat hul weet hoe om jou in die hande te kry. Probeer dat iemand, al kan die persoon dalk nie in die huis bly nie, van tyd tot tyd die pos kom verwyder of die tuin kom natlei. Sodoende sal verbygangers nie begin vermoed dat die huiseienaars weg is nie. Verwyder bederfbare produkte uit die yskas en vrieskas. Jou huis behoort nou goed beveilig te wees – en jy kan jou vakansie geniet! Onthou om jou versekeringspolis na te gaan en waardevolle items wat nuut aangekoop is gedurende die jaar te spesifiseer. Bron: www. geselsversekering.co.za
Beveilig jou huis as jy met vakansie gaan
HUIS EN TUIN
27 November 2019
5
6
27 November 2019
R229
HUIS EN TUIN
R139
EVA MATS 1m x1mx2cm Asstd Colours
SAVE R30
SAVE R40
R199
R1895 HOUSE OF FUN 130x111x 115h/cm
KILLER DEAL
TOWER GYM SAVE & SLIDE 180X85X100h/cm
9 8 R LON N NY G 6 CAOLER BA CO
9 2 1 R
R200
R129
SAVE R200
g n i l z z i S ED LIMIT PER TO 1T0OMER CUS
KILLER DEAL
EACH
R399 SAVE R80
CHELSEA TABLE LIME, CAPPUCCINO & WHITE
VALID FROM 25 NOVEMBER - 15 DECEMBER 2019 OR WHILE STOCK LAST WE RESERVE THE RIGHT TO LIMIT QUANTITIES E&O EXCLUDED
ED LIMIT PER TO 5T0OMER S CU
R499
SAVE R100
R329 PLAY PEN 914x914x600mm
R69 R99 MOBILE KIDS LAP DESK
SAVE R30
SAVE R150
6 FOOT FOLDABLE RECTANGLE TABLE
R159 NAPOLI CHAIR LIME, WHITE & CAPPUCCINO
SPLASH & PLAY 100 x 6.5cm BALLS
R499
STACKABLE KIDS BEDS 144x59x12.5cm
r e m m u S vings Sa R199
PL AYD SA N
SAVE R40
20L
LON N NY G 30 CAOLER BA CO
R49 20kg
SUPERBIKE ASSTD COLS MAX 70 KG
R1699
SUNNY SHELL PIT
ONYX STACK ARMLESS BLACK CHAIR
ELITE 6 SEATER TABLE CAPPUCCINO & WHITE
ambo s &
SAVE R40
ZSA ZSA ARMCHAIR CAPPUCCINO, GRAPHITE & WHITE
R649
MIA HIGH BACK CHAIR CAPPUCCINO & WHITE
STORAGE
R249
HOME
DEALS NOT AVAILABLE AT OUR BAYWEST STORE
LIKE US ON
HEAD OFFICE: 021 911 5555 WESTERN CAPE: RETREAT: 021 701 0566, GREEN POINT: 021 418 7805, GEORGE: 044 887 0476, SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, CAPE GATE: 021 981 2029 , KENILWORTH: 021 671 3114, SOMERSET WEST: 021 852 1605, PAARL: 021 872 7320 FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 EASTERN CAPE: MTHATHA: 047 531 1969 EAST LONDON: 043 726 3679 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA
erjaar et. Ek u. Van: ers rey, en
--------MS AM
ober
van et jou. nders, EY,
--------God jou paar. ber en
----------
REW
ou ag in rane umis e, elke geluk Ma, ea,jou dré en Jy het ‘n --------an: o, en
----------
ER. s rlange die nge. geluk tnders, jou pierg. Ons sin u en --------Van: e en
----------
ie) e jaar eem. g.T ‘n ou 4 ou dag et liefde
GEKLASSIFISEERD Dienste Services
Romano September Konstruksie - Vir al jou bou-, verf-, teël-, plavei-behoeftes en vele meer. Kontak 061 172 0037 met navrae. Verwysings beskikbaar
Te Koop For Sale Baie netjiese Coricraft bank te koop. R1500. Kontak 0645579183
Te Huur To let
28 November. DELMESIA GOEMAS. Happy birthday
2019
Trotse skoonma en Ouma. Van: Baby November, kinders, kleinkinders en Cleophas gesin -----------------------------STERFGEVAL OBITUARY
Begrafnisreëlings: Sondag, 1 Desember 2019 om 12:30 by die Volle Evangelie kerk.
In Memorium In Memoriam MARLENE VAN ROOYEN. 4 Oktober is Ma se eerste verjaardag weg van ons en saam met LEON LUCAS FARAO. 27 die engele. Mis jou. November. Liefstekinders, seun, 20 Liefde – Man, jaar terug is jy weg kleinkinders en geneem my kind. Ek mis jou baie, skoondogter die verlange is swaar maar -----------------------------sal jou altyd lief hê. Liefde -
LLEWELLYN VAN WYK. Rus in vrede “Spook”. Ons gaan jou baie mis – Van Wyk familie ------------------------------
KENNISGEWING VAN TENDERKANSELLASIE Kennis geskied hiermee dat die volgende tender gekanselleer is:
TENDERNOMMER: T20/19/20
Mammie My pandabeer. Tyd het gevlieg, kan steeds nie glo is reeds 20 jaar. Jy word steeds gemis en ons hartjies is seer, maar jy sal altyd in ons harte ‘n ere-plekkie hê. Lief jou altyd – jou sussie, Chrizaan DESMOND ANDREW en kinders SOLOMONS. 1 -------------------------------------
Tenderbeskrywing: Voorsiening en aflewering van een (1) 4x4 dubbelkajuit ligte afleweringsvoertuig met kap Rede vir kansellasie: Die tender is gekanselleer as gevolg van reaktiewe tenders wat nie aan die minimum vereistes voldoen het nie.
TENDERUITNODIGING
7
Oktober vier jy jou 34ste verjaarsdag in die hemel. Die trane lê nog vlak. Ons mis jou elke minuut, elke sekonde. Van: Pa, Ma, Sebas�aan, Jandré en Devandré ------------------------------
JOHN NOVEMBER. Een jaar van ons weggeneem. Verlange is daar. Koester die mooi herinneringe. Liefde – Vrou, kinders, kleinkinders, Papieren Cleophas gesin ------------------------------
TENDERKENNISGEWING: T30/19/20
ssifi seerde advertensies, MAN. kkigememoriums en dienngs, jy dag CHRISTINA (Pollie) an erus 'n WhatsApp-boodNOVEMBER. Drie jaar eGod is .oot, Mag061 555 van ons weggeneem. na 0344. kraag Mis jou elke dag. ‘n eilige spasie raak vinnig vol, so e holte efde odskap en foto vroegtydig! alavids NUUS • NEWS y----------
AANKOOP VAN EEN (1) 4x4 DUBBELKAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAP
Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland.
Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van een (1) 4X4 dubbelkajuit ligte afleweringsvoertuig met ‘n kap, soos in die amptelike tenderdokumentasie gespesifiseer. Dokumente kan gedurende normale kantoorure van Jo-Maré van der Westhuizen by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ‘n Nie-verhaalbare kontantfooi van R110,00 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van hardekopieë van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Onvolledige dokumente sal nie oorweeg word nie.
Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za 7 met jou nuuswenke.
eperkte pasie!
----------
Cuzzie. God’s richest blessings and may He bless you abundantly. Lots of love – Nicole, Wiaan and Kids -------------------------------------28 November. JOSEPHINE DAMONSE, baie geluk met Mammie se verjaarsdag.
CHEVONE THERON. 29 November. Alweer vier jaar dat jy weg is van ons. Die gemis hang soos ‘n wolk oor ons, maar jy is en sal altyd in ons harte wees – Mammie, Daddy, susters en jou Atta
Malmesbury - Klein 3 2 Oktober 2019 Gelukwensing slpkamer huis. Nuwe Congratulations badkamer en komb, sitk en SASHA LEIGH. 1 Desember, enkele motorhuis. Des of Geluk met jou 14de verjaarsJan beskikbaar. R7000 Trotse skoonma enp/m. dag. Liefde – Mommy, Pa, Freddie 082 343 3372 Ouma. Van: Baby Hago en Matty -------------------------------------November, kinders, -------------------------------------TITUS EIENDOMME : kleinkinders en ZHARIA ARENDSE. 27 Wesbank – Cleophas gesin November. “Double digits!” * R12 000 pm. Pragtige 4 – Baie geluk met jou 10de -----------------------------slk huis met mooi kombuis. verjaardag engelkind. Ons is STERFGEVAL Sit-, eet-, tv-kamer en super lief vir jou – Fashlin, braaiareas. Twee badkaOBITUARY Mammie, Daddy, Zayren, ma mers, opwaskombuis, drie Tries, Tashlin en Ashlin motorhuise -------------------------------------*Nuwe 3 slpkamer huis, HEZERON, wishing you a 1½badkamer, oopplan leefblessed 21st birthday on 28 area en motorhuis. Netjies November. With love – Kia omhein. en Kyle Beskikbaar 1 Januarie 2020. -------------------------------------Kontak: 082 780 1380 30 November. EUNICE LLEWELLYN VAN WYK. 2 Oktober ABRAHAMS. Happy crown Sterfgevalle
Rus in vrede “Spook”. Obituary Ons gaan jou baie mis –Jade Van Wyk familie ---------------------------------Jy moet lekker verjaar en jou dag geniet. Ek is baie lief vir jou. Van: Vroulief en kinders – Lushane, WYLE HENDRIKAmorey, BOOIS (beKellsea, AidrianOorlede en kend as Vaaletjie). Shayden op 19 November 2019. Troosdiens – Woensdag, -----------------------------27 November om 19:00 MEMORIUMS by StIN Thomas skoolsaal. MEMORIAM
7
13November November2019 2019 27 birthday bestie. Congratulations to you on celebrating this wonderful milestone. Love you. From: Nicole, Wiaan and kids
Beperkte
Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T30/19/20 – AANKOOP VAN EEN (1) 4X4 DUBBELKAJUIT LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG MET KAP” moet voor 12:00 op Woensdag, 11 Desember 2019 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen kwotasies sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die aangehegte spesifikasies. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar.
Volg ons op sosiale media onder @HetZwartland. Kontak ons by 022 487 2288 of stuur 'n epos na nuus@ hetzwartland. co.za met jou nuuswenke.
Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Tenderaars wat vir die voordele van die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) wil kwalifiseer, moet Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEEstatusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEEgraderingseise te substansieër. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-geondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se regsgebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees. Tegniese navrae rakende hierdie tenders kan aan mnr. Roman Steyn by tel 022 487 9400 gerig word. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Swartland Munisipaliteit Privaat Sak X52 Malmesbury 26 November 2019
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
www.thecandocompany.co.za 138066
www.ayandambanga.co.za
20X4 PROOF 1
8
27 November 2019
SPORT
27 November 2019 • www.swartlandjoernaal.co.za • Tel: 022 487 1670
Uitslae • Results GHOLF
MALMESBURY: Woensdag Sundowner - Woensdag, 20 November – Enkel Stableford: Jacobus Snyders 19, George Prinsloo 18, Tienie du Preez 18, Appie van der Merwe 18, William Matthysen 18 23 November. Maandlikse Houespel – Eben Lingeveldt 63, Dries van Jaarsveld 70, Billy Howburg 70, Frans Destroo 70, Neill Katzeff 70, Tony Goosen 71, Dick Ross 72, Ian Adams 72. Paul Hardcastle 73, Thys Esterhuizen 73
Never Despair vereer spelers Die Never Despair-rugbyklub op Malmesbury het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling gehou en die spelers wat vanjaar uitmuntende spel en toewyding gelewer het, vereer. Die wenners is soos volg: Derde span voorspeler: Donovan Maloly; Derde span agterspeler: Marshall Jacobs; Veelsydigste Derde span speler: Shannin Engelbrecht; Derde span Spelers se speler van die Jaar: Alphonso Adonis. Tweede span voorspeler: Lance Marais; Tweede span agter speler: Jacques Juries; Veelsydige Tweede span speler: Fredren Abraham's; Tweede span Spelers se Speler van die Jaar: Leroy Smit. Eerste span voorspeler: Christiaan Arries; Eerste span agterspeler: Sherwin Dyson; Veelsydige eerste span speler: Alexander Adams; Eerste span Spelers se Speler van die Jaar: Heinrico Fortuin. Maude Goliath Rising Star: Keanu McQuire; Speler van die Jaar: Mathew Samson; Sportman van die Jaar: Alphonso Adonis; Voorsitterstoekenning: Wiaan Appollis; Voorste drie-drukker: Mathew Samson; Uitmuntende prestasie: Dugald Williams Foto's: David Howburgh
Alphonso Adonis is aangewys as Sportman van die Jaar.
Mathew Samson is aangewys as Speler van die Jaar.
Krieket: Die Malmesbury-krieketklub se tweedespan het Saterdag op hul tuisbodem kragte gemeet teen die span van Hermanus-krieketklub. Bo maak Sherman Farao reg vir sy blitsresies na die anderkant van die kolfkamp. Kontak ons by 022 487 1670 om jou nuuswenke te deel of jou advertensie te bespreek. Stuur 'n epos aan izelle@swartlandjoernaal.co.za, karin@swartlandjoernaal.co.za of accounts@swartlandjoernaal.co.za met navrae. Raak deel van ons sosiale media by @swartlandjoernaal op Facebook.