Swartland Joernaal 26 Junie 2024

Page 1


Yulle is Kampioen van Kampioene bl 3

LEES BINNE

Rugby: Geen keer aan Lillies bl 2

Tuinkenner gee raad vir winter bl 4

Malmesbury Lions ploeg terug bl 5

Brons vir Daniël in WP-meesters bl 8

Daar is geen keer aan Abbotsdale se Lillies

In 'n baie interessante wedstryd wat op 'n baie hoë tempo begin het, het albei spanne uit die staanspoor gewys dat nie Good Hopes of Abbotsdale hulle aanspraak op die Top 12 sommer net soos mis voor die son gaan laat verdwyn nie.

Die wedstryd is gebaseer op stelskopwerk met albei spanne wat skoppe na die pale verbrou het asook suksesvol was met hul pogings.

Die spanne het vroeg strafskoppe uitgeruil. Good Hopes se voorspelers het gewys waartoe hulle in staat is met Andrew Farao en Johannes Appolis wat die grondslag gelê het om telke male oor die voordeellyn die bal gedra het.

Agterlangs het die kaptein Julian Claasen weer van voor gelei met sy afwisseling van spel wat uitmuntend was. Die senter Caylo Markus was ook weer 'n yster met die bal in die hand en het baie vrae gevra van Abbotsdale se verdediging.

Abbotsdale het op sy beurt die besoekers vroeg onder druk geplaas, maar Good Hopes se verdediging was rotsvas.

Claasen het met goeie taktiese spel die wedstryd dikteer en verseker Good Hopes gaan kuier eerste agter die doellyn met 'n onverdoelde drie. Abbotsdale het onmiddellik terug geslaan met 'n drie van hul eie met Leoniel Pietersen wat gaan druk het.

Die drie was egter ook nie verdoel nie. Ná nog 'n paar drieë aan albei kante het die spanne gaan water drink met die telling 13 – 15 in die guns van Good Hopes. In die tweede helfte met die telling 20 – 18 in die guns van Abbotsdale, het die tuisspan 'n maklike

strafskop verbrou om die telling 23 – 18 te maak.

Good Hopes het gekapitaliseer op hierdie fout deur 'n drie van hul eie te druk om die voortou te neem en sodoende die telling in die guns van die besoekers te swaai na 20 – 25 en Good Hopes kon die oorwinning ruik. Die veteraan Rudewaan April het egter ander planne gehad en het gaan druk in die hoekie vir die tuisspan.

Met 'n moeilik doelskop het Ethan Distin sy senuwees beheer deur die doelskop suksesvol oor te sit om aan die tuisspan die oorwinning te besorg met 27-25.

Vir Abbotsdale het die voorspelers weer uitgestaan met Leoniel Pietersen wat agterlangs uitmuntend was. Vir die besoekers het Lee-Tairo weereens uitgestaan met twee drieë en Regan Matalla het goeie stelskop werk uitgevoer.

werk was van wêreldgehalte en agter die skrum het Solomons Saron laat rondstaan.

Dashton Welman het agterlangs uitgeblink in 3 posisies, eers as losskakel, en toe op senter na Ralton Du Toit met besering gehospitaliseer was en toe as tegniese skuif op skrumskakel. Wellman het in die eerste helfte Saron onkant gevang en 'n vinnige tik skoppie gevat na 'n strafskop en met gemak deur Saron se verdedigers genael om langs die pale te gaan druk. Wesbank se JP Smith het 'n geelkaart ontvang, maar met 14 man op die veld was Wesbank steeds die beter span en weer gaan druk.

Good Hopes speel hierdie komende Saterdag gasheer vir 'n begeesterde Wesbank wie blaas in Abbotsdale se nek op die punteleer. Wesbank het Saterdag gasheer gespeel vir 'n sukkelende Saron. Wesbank het vroeg in die eerste helfte tent opgeslaan in Saron se kwart gebied en elke keer gaan as hulle die doelgebied gesien het punte aangeteken.

Wesbank het die skrums gedomineer en was ook beloon met 'n strafdrie vanaf 'n skrum vyf meter vanaf Saron se doellyn.

Vir Wesbank was Keanan Solomons en Keagan Kortje uitmuntend. Kortje se verdediging en lynstaan-

Wesbank het sy tuisskare verder vermaak met goeie spel en die wedstryd ver gewen en sal met baie selfvertroue na Good Hopes reis om Good Hopes verder te laat wag vir hul eerste oorwinning in die tweede rondte met die besoekers wat sal afreken met Good Hopes met minder as 10 punte.

Moorreesburg het Saterdag gasheer gespeel vir Never Despairs van Malmesbury. 'n Vuurwarme wedstryd het begin met n strafskop deur Arno Fortuin om Moorreesburg vroeg die voortou te gee met 3 - 0. Never Despair het geantwoord met n strafskop deur Dugald Williams om die telling gelyk te bring op 3 – 3. Never Despair het onmiddellik oorgeskakel in die volgende rat en agter Moorreesburg se doellyn gaan

kuier met 'n verdoelde drie om die telling 3 – 10 te maak in die guns van die besoekers.

Never Despair het nie hul voet van die petrol afgehaal nie en verwoed aangeval maar n belangrike steel op die vyf meter lyn van Moorreesburg het 'n goeie teenaanval begin waarna Wilton “Papdik” Isaacs agter die pale gaan kuier het om die telling op 10 – 10 te bring ná Arno Fortuin suksesvol was met die doelskop. Never Despair het voor rustyd weer gaan druk om te verseker die spanne gaan drink water met die telling 10 – 17 in die guns van die besoekers. Moorreesburg het die tweede helfte begin met 'n hoë tempo en goeie spel het verseker Donielle Karolus gaan druk vir Moorreesburg om die telling weer gelyk te maak.

Die kaptein Jaydon Markus het toe sy staal getoon om soos 'n warm mes deur botter, dwarsdeur Never Despair se verdediging te sny om te gaan druk en ook self die bal oor te skop om die telling 24 – 17 te maak. Dissipline was egter toe Moorreesburg se grootste vyand met twee geelkaarte, vir die senter paar Ruan van Rooy, vir 'n professionele fout en toe 'n gevaarlike duikslag deur Arno Fortuin, wat Never Despair die kans gegee het om die telling weer geluk te maak op 24 –24. Met die tyd wat stadig uitgeloop het, wou Moorreesburg nooit handdoek ingooi nie en het verwoed aangeval en goeie hanteerwerk deur die agterlyn het verseker dat Papdik Isaacs oorduik vir sy tweede asook die wendrie vir die tuisspan en sodoende verseker dat Moorreesburg wegstap met 'n welverdiende oorwinning.

Moorreesburg met hul vasberadenheid en deursettingsvermoë het gesorg vir 'n oorwinning in 'n intense en goed betwiste wedstryd.

BELANGRIKE KENNISGEWING

KENNISGEWING VAN VOORGESTELDE BESKIKKING

Hiermee word kennis gegee dat die Departement van Infrastruktuur, Hoofdirektoraat: Bestuur van Onroerende Bate, namens die Wes-Kaapse Provinsiale Regering, beoog om die volgende eiendomme te beskik ingevolge die Wes-Kaapse Wet op Grondadministrasie, 1998 (Wet 6 van 1998) (“die Wet”) en sy Regulasies.

Regsbeskrywing van geaffekteerde eiendom

Erf 308

Omvang van beskikking (m2)

Titelaktenommer

Zeekoevlei 12 313m2 T4727/1927

Erf 106

Riebeek West 1 500m2 T8911/1905

Erf 20582 Cape Town 9 528m2 T10/1940 & T85832/2002

Erf 33822 Strand (a Portion of Erf 18892 Strand)

38m2 T17191/1992

Huidige gebruik Doel van beskikking

Vakante grond

Vakante grond

Vakante grond (verlate gebou)

Grond-restitusie

Grond-restitusie

Maatskaplike ontwikkeling behuising

Opvoed-kundige instelling Padherbelyningsdoeleindes

Sonering Kontakpersoon

Gemeenskapsone 1: Plaaslik (CO1)

Gemeenskapsone 1: Plaaslik (CO1)

Gemeenskapsone 1: Plaaslik (CO1)

Gemeenskapsone 1 (CO1)

Esmé Davis

Esmé Davis

Sam Sikweza

Nkululeko Ntanzi

Belanghebbende partye word hiermee ingevolge artikel 3(2) van die Wet uitgenooi om skriftelike vertoë rakende hierdie voorgestelde beskikking in te dien by: Die Hoofdirekteur: Bestuur van Onroerende Bate, 4de verdieping, Dorpstraat 9, Kaapstad, 8001, of Privaat Sak X9160, Kaapstad, 8000, nie later nie as 21 dae ná die laaste datum waarop hierdie kennisgewing verskyn. Navrae

Volledige besonderhede van die provinsiale staatsgrond hierbo beskryf en elke voorgestelde beskikking kan verkry word van die verantwoordelike kontakpersone in die Hoofdirektoraat: Bestuur van Onroerende Bate, 4de verdieping, Dorpstraat 9, Kaapstad. E-posnavrae kan aan acquisitions@westerncape.gov.za gerig word. Plaas asseblief die regsbeskrywing van die betrokke eiendom in die onderwerplyn sodat jou navraag aan die regte amptenaar gerig kan word. Navrae kan ook telefonies gerig word deur 021 483 6273, Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 15:00, te skakel.

Moorreesburg sal dus oorgehaal wees vir nog 'n oorwinning wanneer hulle Saterdag reis na Porterville. Porterville beleef tans een van hul beste seisoene en het verlede Saterdag goed afgereken het met Villagers Wittewater op die Put. Moorreesburg sal dus lugtig wees, aangesien Porterville ook bekend is vir hul goeie tuisspel en nie maklik oorwinnings uitdeel op 'n skinkbord in Porterville nie. Moorreesburg sal dus hul tempo wil lig en sal momentum wil bou met nog n oorwinning van minder as 7 punte. In ander wedstryde het Darling gemaklik met Riebeek United afgereken. Darling reis Saterdag na Saron en behoort hul aanspraak op die Top 12 te versterk met 'n oorwinning van meer as 7 punte. Riebeek United speel gasheer vir young Eagles en sal die besoekers verder vaspen onder aan die punteleer met 'n oorwinning van meer as 10 punte. In die wedstryd van die naweek speel Never Despair gasheer vir die voorloper Abbotsdale. Wedstryde tussen die betrokke spanne sorg gewoonlik vir groot opwinding en toeskouers kan hul gereed maak vir 'n titaniese stryd. Abbotsdale behoort egter te sterk te wees met 'n oorwinning van meer as 7 punte oor Never Despair. Villagers Wittewater geniet hierdie naweek 'n blaaskans.

-Abri Adonis

Gewigoptel: Die lede van die Malmesbury Gewigoptelklub het presteer by die afgelope SA Gewigoptel-kampioenskappe. Die kampioenskappe is die afgelope naweek op Stellenbosch aangebied. Pihayco Arries het 'n eerste plek in sy afdeling behaal, met Christehano Beukes wat 'n silwer medalje ingepalm het. Yulle Goliath het 'n eerste plek in haar afdeling behaal, asook die trofee as die Kampioen van Kampioene. Saam met Yulle (bo) is die president van SA Gewigoptel, asook hul afrigter Willem Phillips.

Legendes byeen by Dirkie Uys

Die Hoërskool Dirkie Uys bied op 2 Augustus 'n legendesaand met Naas Botha, Dorette Badenhorst en Derick Jordaan aan.

Ryno Velvet en Jacolize van Niekerk sal die gehoor vermaak met Jaco van Dyk as seremoniemeester.

Kaartjies beloop R4500 per tafel van 10 wat die legendes, vermaak, 'n ete, twee bottels gratis wyn per tafel, welkomdrankie en peuselhappie insluit.

Om jou plek te bespreek, kontak Yolanda du Toit op 078 472 8011 of Madelein Groenewald op 082 546 4689 of besoek https://tickets.tixsa.co.za/ event/legendes-met-dietiere om jou kaartjie te bespreek.

Tuinkenner gee raad...

In ons twee vorige artikels (24 April en 29 Mei) het ons al taamlik oor dié onderwerp gesels. Vandag fokus ons op die ONDERHOUD van jou tuin.

‘n Tuin is net soos enige ander bate wat jy

Ek wil ook ‘n mooi tuin hê! (deel 3)

besit: huis, motor of plaas. Indien jy dit nie onderhou nie, gaan dit agteruit en verwaarloos.

VOEDING: Jou hele tuin moet GEREELD gevoed word met die regte produkte. Elke soort plant het sy spesifieke behoeftes en daaroor moet jy met die kweker gesels. Maak altyd seker jy kry die korrekte inligting en regte produkte. Dit help nie jy gee jou tuin een keer per jaar ‘n oordosis voeding en die res van die jaar niks nie! Baie belangrik: Moenie die voedingsdosis oorskry nie, jy gaan jou plante kunsmisbrand laat opdoen en dit is meer skadelik as te min voeding.

WATER: Net soos met voeding, is die benatting van jou tuin ook baie belangrik – nie te veel nie en ook nie te min nie!

Probeer jou tuin só beplan dat die plante wat baie water benodig, bymekaar staan en dié met ‘n kleiner behoefte ook bymekaar, maar apart van die eersgenoemdes. Plante in houers/ potte se waterbehoeftes moet gereeld gemonitor word. Wanneer die plant te droog is, kan die wortels skade opdoen weens die hitte in die grond.

Oorbenatting van plante in houers kan hulle wortels laat vrot; pas dus jou benatting daarby aan wanneer dit in die winter ekstra reënwater kry. Verskillende grondtipes

het nie dieselfde water-retensievermoë nie. Sanderige grond sal die water vinniger verloor (uitdroog) as byvoorbeeld kleierige grond. Warm somersdae en ook winderige dae neem baie vog uit die grond.

Daarteenoor sal koel dae asook mistige weer sorg dat die tuin langer klam bly. Daarom moet elke tuinier maar sy tuin goed monitor (krap in die grond) om te sien of die plante water benodig of nie.

SNOEI EN TERUGKNIP: Die meeste plante moet gereeld gesnoei word om ‘n mooi fatsoen te behou. (Ons eet minder en oefen baie om dit self reg te kry)

Onthou net: Snoei stimuleer groei – dit beteken dat hoe meer gereeld jy ‘n struik of boom snoei, hoe mooier word sy vorm, en hoe stewi-

ger word die plant se raamwerk. Plante wat net aan hul eie lot oorgelaat word en nooit ‘n bietjie met die snoeiskêr gevorm word nie, kan baie stokkerig en takkerig lyk. Jou rose, krismisrose en vrugtebome moet elke winter ordentlik en korrek gesnoei word om beter blomme en vrugte te produseer. Hulle snoeityd is vanaf middel Julie tot middel Augustus. Volgende keer (31Julie) gaan ons meer detail gee oor die snoeiproses. Ons gaan ook op Saterdag, 13 Julie 2024 om 10:00 ‘n snoei-demonstrasie aanbied by die kwekery in Reservoirstraat. Dit is gratis, kom verfris jou kennis in verband met die snoeiproses Lekker tuinmaak!

George Retief

SSS Sekuriteit beskerm lewens en bates

SSS-Sekuriteit is gestig deur Smiley Swart en is 'n toonaangewende verskaffer van omvattende sekuriteitsoplossings wat aangepas is om aan

die uiteenlopende behoeftes van hul kliënte te voldoen.

In samewerking met PACRS (Gewapende Reaksie) is hulle verbind tot uitnemendheid en is toegewyd aan die beveiliging van mense, eiendom en bates.

Hulle lewer uitstaande veiligheidsdienste regdeur die Swartland-omgewing en verder, wat gemoedsrus veroorsaak. SSS-Sekuriteit se missie is om ongeëwenaarde sekuriteitsoplossings te verskaf wat hul kliënte se verwagtinge oortref.

Hulle is daartoe verbind om lewens en bates te beskerm deur Innovasie, Integriteit, Uitnemendheid, Betroubaarheid en Professionaliteit.

Geleentheid by Swartland Munisipaliteit

Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel Rachelle van Zyl by 022 487 9400.

Brandweerbeampte x 2

Direktoraat: Beskermingsdienste

• Verwysingsnommer: V17/24

• Salarisskaal: R231 816 – R277 524 p.j. (T08)

Sluitingsdatum: 5 Julie 2024 om 12:00

Toerisme

vier vroue:

Vroue in toerisme is verlede week by die Swartland Toerisme se samekoms op Kloovenburg gevier. Sandra Crafford, onderburgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Nicole Neethling van Flour & Oil, Corne Coch, hoof van Kaapstad en Wes-Kaap Konvensie Buro en Fiona Angelico, adjunk direkteur van Skål International was die gassprekers van die oggend. Links is Lizelle Carstens van Swartland Toerisme, Vernorene Maarman van Weskus Toerisme en Karin Neethling van Swartland Joernaal.

GESOEK WANTED

Kontak my asb by 079 935 1856

GELUKWENSING

Maria Brander, ‘n 43 jarige enkelmamma is op soek na ‘n werk. Skoonmaak, stryk of na baba omsien.
26 Junie – DOREEN. Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag jy ‘n geseënde dag hê. Van: Boland Meat span
30 June – Happy birthday SALOMIE. May you have a splendid day. From: Boland Meat Team

Nog brons vir Daniël ná goue seisoen

Daniël Griebenauw het die afgelope naweek ‘n brons medalje gewen tydens die WP O/30 Meesterstoernooi.

Hy wen vier van sy vyf wedstryde, en sal seker nog lank wonder wat het fout gegaan in sy eerste wedstryd.

Net mooi niks wou in sy guns gaan nie, en hy sluit hom aan by die alom teenwoordige uitgelese groepie wat iewers in hulle sportloopbaan baie sleg verloor, oftewel 'n goeie loesing gekry het.

Maar die 3-21 loesing sit hy egter gou agter

hom, en wen sy ander wedstryde twee keer met tellings van 21-17 en 21-15 onderskeidelik.

Dit plaas hom tweede in sy groep, en deel die derde plek.

Hy kan darem daarmee spog dat hy die uiteindelike wenner, Daniël Vaughan 21-17 afgestof het. Hierdie prestasie volg op sy goeie spel die vorige naweek in die WP enkelspel kompetisie, waar hy ongelukkig nie die laaste 16 kon oorleef nie.

Hy verloor teen Peter Harvey, die uiteindelike kampioen, met 15-21. Intussen is die klub se vierspel eindstryd ook afgehandel.

Daniël, Rainier van Zyl, Jeff Petersen en Zelda Jordaan klop vir Roux Vermeulen, Altus Myburgh, Tia Petersen en Johan de Kock 23-16. Dit nadat hulle 1-6 agter was, en op die tiende skof 5 skote optel om 11-10 hulle neuse voor te kry.

Na 16 skofte is hulle 14-15 agter, maar skakel toe oor na ‘n hoër rat om 23-16 te wen.

Die seisoen is nou amptelik verby, met slegs die WP Pare kompetisie wat komende naweek begin. Roux en Lodewyk Lesch gaan daaraan deelneem.

- Dr Roux Vermeulen

Uitslae • Results

Riebeek Vallei Wedvlug Klub 22 Junie

Beaufort Wes 1 1 Mentoor Hokke 12.38.29; 2 Mentoor Hokke 12.48.39; 3

Mentoor Hokke 12.49.49; 4 Mentoor Hokke 12.50.12; 5 Mentoor Hokke 12.55.42; 6 Alex Family Lofts 13.03.09; 7 Mentoor Hokke 13.01 18; 8 Mentoor Hokke 13.07.18; 9 Mentoor Hokke 13.08.24; 10 Mentoor Hokke 13.11.53

Moorreesburg – 22 Junie

Leeu Gamka – JO 1 1 Singleton Hokke 12:18:55; 2 Singleton Hokke 12:28:52; 3 Joseph Otto 12:33:02; 4 Henna & Melt Smit 12:35:10; 5 Henna & Melt Smit; 12:38:12; 6 Boetie & Baron & Seuns 13:03:56; 7 Singleton Hokke 12:47:09;

8 Boetie & Baron & Seuns 13:12:28; 9 Henna & Melt Smit 12:54:40; 10 John en Marietjie 12:56:18

Leeu Gamka Ope 1 1 Singleton Hokke 12:52:16; 2 Boetie & Baron & Seuns 13:19:03; 3 Mornay Anthony Hokke 13:21:26; 4 Singleton Hokke 13:00:31; 5 Singleton Hokke 13:00:33; 6 Johan v Aswegen 13:01:16; 7 Mornay Anthony Hokke 13:26:35; 8 Mornay Anthony Hokke 13:28:07; 9 Henna & Melt Smit 13:06:50; 10 Henna & Melt Smit 13:07:00

Malmesbury Posduif Vereniging - 22 Junie Leeu Gamka JO 1 Kotze Familie Hokke 1416.0444; 2 Limbardi

1412.3927; 3 Limbardi 1411.7808; 4 Conqueror Lofts 1411.5061; 5 Bordeaux A 1411.3850; 6 Bordeaux A 1404.2506; 7 Limbardi 1338.5507; 8 Kotze Familie Hokke 1336.4299; 9 LF van Dalen 1386.8302; 10 Bordeaux A 1383.3733

Leeu Gamka OPE 1 Limbardi 1439.4301; 2 Marais Hokke 1433.1489; 3 Limbardi 1431.4204;

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.